Spelling suggestions: "subject:"inklusion"" "subject:"inklusions""
1 |
ʼn Ondersoek na die ondersteuning aan ongeletterde ouers wie se kind ʼn leerinperking ervaarCilliers, Debbie January 2014 (has links)
Tesis voorgelê ter verwerwing van die graad Magister in Opvoedkunde
in die Opvoedkunde Fakulteit van die Cape Peninsula University of Technology / Suid-Afrikaanse leerders vaar teleurstellend in lees en wiskunde gemeet aan leerders van ander lande. Die Departement van Basiese Onderwys se deurvoersyfer is baie swak en bykans die helfte van die leerders wat met hul skoolopleiding begin het, voltooi dit nie. Verskeie programme en aksies word deur die Departement van Onderwys, asook nieregeringsorganisasies geloods om hierdie probleem te bowe te kom en ook om die leerders se vordering te meet. Landelike gebiede in Suid-Afrika ondervind die grootste voorkoms van armoede en ongeletterdheid. ʼn Groot aantal leerders in landelike skole ervaar leerinperkings en benodig ekstra ondersteuning. Die internasionale en nasionale beginsel van Inklusiewe Onderwys as onderwysstelsel beveel onderwys vir almal en ouerbetrokkenheid ten sterkste aan. Hierdie studie ondersoek die ondersteuning aan ongeletterde ouers wie se kind ʼn leerinperking ervaar. ʼn Vennootskap tussen skool en huis het ʼn positiewe impak vir al die rolspelers – die skool, die leerder en die ouers. Die doel van hierdie studie is om die aard en die mate van ondersteuning, as deel van so ʼn vennootskap met ongeletterde ouers, vas te stel wanneer hul kind ʼn leerinperking ervaar, om hulle in staat te stel om hul kind tuis te kan ondersteun met sy akademie. Binne ’n interpretatiewe navorsingsparadigma is ʼn kwalitatiewe navorsingsbenadering gebruik. Data is ingesamel deur ʼn literatuuroorsig, semi-gestruktureerde individuele en fokusgroep-onderhoude, publieke dokumentasie en veldnotas. Data-analise het deur middel van ʼn induktiewe proses plaasgevind.
Die navorsingsbevindinge dui daarop dat ongeletterde ouers in landelike skole beperkte ondersteuning ontvang oor hoe om hul kind met die leerinperking te help met sy struikelblok tot leer. Verskeie aanbevelings na afloop van die navorsingsbevindinge het ten doel om ongeletterde ouers van landelike skole te bemagtig om hul kind met die leerinperking te ondersteun.
|
2 |
Die verskuiwing van leerders na klasse vir leerders met spesiale onderwysbehoeftes : 'n oorgangsteoretiese ondersoek / Johanna Gertruida LouwLouw, Johanna Gertruida January 2014 (has links)
Die erkenning van verskille tussen alle leerders en die strewe om te bou op die ooreenkomste is die grondslag waarop inklusiewe onderwys berus. Verder word daar altyd in ag geneem dat alle leerders op die een of ander tydstip ondersteuning benodig om volle waarde uit onderwys te put.
Die onderwysstelsel in die inklusiewe bestel is reeds besig met aanpassings om hierdie ondersteuning aan te spreek, soos dat spesiale skole as hulpbronne dien vir ander hoofstroomskole in hul omgewing. Die skep van voldiensskole is ook ’n aanpassing aan die stelsel.
Suid-Afrika beweeg na ’n meer inklusiewe onderwysstelsel, terwyl leerders terselfdertyd ook tussen verskillende stelsels beweeg, naamlik die hoofstroomonderwysstelsel wat merendeels inklusief is in soverre dit lae en matige vlakke van leerderondersteuning betref, en die spesiale onderwysstelsel wat voorsiening maak vir hoër vlakke van leerderondersteuning. Sommige leerders bevind hulle dus in ’n oorgang tussen stelsels. Derhalwe het ek die teoretiese raamwerke van die oorgangsteorie en die liminaliteitsteorie gebruik om die oorgang van leerders van een stelsel na ’n ander stelsel te ondersoek.
Oorgang word beskryf volgens die rigting waarin die oorgang beweeg – horisontaal tussen spesifieke omgewings in dieselfde tydperk, en vertikaal tussen verskillende omgewings en oor ’n tydperk. Die oorgang van leerders van ’n hoofstroomklas na ’n klas vir leerders met spesiale onderwysbehoeftes (LSOB-klas) in ’n spesifieke voldiensskool is ’n horisontale beweging, aangesien dit in dieselfde omgewing (dieselfde skool) geskied en dit geskied in dieselfde tydperk waartydens hulle portuurgroep in die hoofstroomklas bly.
Leerders met leerhindernisse in so ’n voldiensskool word, as gevolg van die graad van hulle hindernisse, onder sekere voorwaardes by sekere skole na ’n LSOB-klas in hulle skool verskuif. Hierdie klasse dien as ’n tussentydse maatreël totdat leerders weer in ’n hoofstroomklas teruggeplaas kan word. Die vraag hoe leerders die oorgang na sulke klasse ervaar, is in hierdie navorsing ondersoek.
Die navorsing is gedoen by ’n voldiensskool in Potchefstroom in die Noordwesprovinsie, wat as gevolg van die graad van sommige leerders se leerhindernisse drie LSOB-klasse het.
Onderhoude is gevoer met nege huidige en nege vorige onderwysers van nege geselekteerde deelnemers wat leerders in die LSOB-klasse (drie deelnemers uit elke klas) in die voldiensskool was. Onderhoude is ook met die ouers van die nege deelnemers gevoer.
Drie fokusgroeponderhoude is met elke LSOB-klas se geselekteerde leerders gevoer. Alle onderhoude is getranskribeer, gekodeer en ontleed deur middel van tematiese analise.
Die bevindings van die empiriese studie is verdeel in intrapersoonlike en interpersoonlike faktore. Hierdie faktore is verder in verskillende temas verdeel.
Die intrapersoonlike faktore het die volgende temas ingesluit: Emosionele ontwikkeling; groepsdruk; selfbeeld en selfvertroue; gevoel van verlies; ’n oorgang wat traumaties, senutergend, verwarrend en vol spanning en angs was en aggressie ontlok het; vlak van sekuriteit; en vermoë om sy of haar man te staan in moeilike situasies.
Die interpersoonlike faktore het die volgende ingesluit: Sosiale vaardighede, verlies van vriende, verlies van sosiale status, en die gevoel dat die oorgang na ’n LSOB-klas net tydelik is.
Hierdie studie het ’n belangrike bydrae gelewer tot die bestaande kennisbasis betreffende die verskuiwing van leerders na LSOB-klasse en die aspekte wat ’n invloed het op hierdie oorgang. / MEd (Learner Support), North-West University, Potchefstroom Campus, 2015
|
3 |

4 |
Die role van die leerondersteuner binne inklusiewe onderwysVan Graan, Mariette 12 1900 (has links)
Bibliography / Thesis (MEd))--University of Stellenbosch, 2010. / Bibliography / AFRIKAANSE OPSOMMIMG: Die transformasie vanaf ʼn tradisionele onderwysstelsel na ʼn inklusiewe stelsel het ʼn perspektiefverandering tot gevolg gehad. Die verandering in perspektief het ʼn verskuiwing weg van ʼn klem op individuele diagnose en voorskriftelike terapeutiese intervensies deur professionele persone, na ʼn groter klem op die ontwikkeling van samewerkende en konsulterende verhoudings tussen onderwysers, professionele persone en ouers meegebring. Hierdie verandering in denke het ʼn invloed gehad op die rolle van onderwysers, skoolhoofde en ondersteuningspersoneel. In hierdie studie word daar spesifiek gefokus op die rol- en praktykomskakelings van die eertydse remediërende onderwysers na leerondersteunende onderwysers (leerondersteuners).
Navorsingstudies het getoon dat die rol van die leerondersteuner tans baie meer omvattend is as vroeër, met die gevolg dat die volgende navorsingsvrae ontstaan het: Wat is die rol van leerondersteuners binne inklusiewe onderwys en watter ervarings het hulle gehad tydens hul rol- en praktykomskakelings?
Die doel van hierdie generiese interpretatiewe navorsingstudie was om vier leerondersteuners wat voorheen as remediërende onderwysers gewerk het se ervarings van hul rol- en praktykomskakelings te analiseer, te beskryf en te verduidelik. Die studie is gedoen vanuit die interpretatiewe paradigma wat die kwalitatiewe navorsingsontwerp gerig het. Data is deur middel van semi-gestruktureerde en fokusgroeponderhoude asook dokumente van die Wes-Kaap Onderwysdepartement gegenereer. Die onderhoudsdata is getranskribeer en verwerk.
Bevindinge het getoon dat al die leerondersteuners unieke ervarings gehad het. Daar was egter ʼn ooreenkoms in die ervaring van ʼn klemverskuiwing wat plaasgevind het vanaf remediërende onderwys na leerondersteuning. ʼn Belangrike aspek wat uit die data voortgespruit het, was dat leerondersteuners se daaglikse take en verantwoordelikhede by hul spesifieke skole grootliks van mekaar verskil het, vanweë die verskillende skoolkontekste.
Daar is verder bevind dat daar ʼn leemte is in die ondersteuning wat leerondersteuners aan onderwysers bied. Voorstelle is gemaak om ondersteuningsnetwerke te vorm binne die verskillende sisteme van die leerder se konteks, sodat skole omgeskakel kan word na inklusiewe gemeenskappe. / ENGLISH ABSTRACT: The transformation from a traditional education system to an inclusive education system implies a change in perspectives. Perspectives in education support that have traditionally focused on the so-called medical deficit approach have since changed to a model that focuses on inclusive education. An inclusive education system moves away from an approach that focused on diagnosis and treatment, to a system where the removal of stumbling blocks within society and the participation of all people, especially those with differences, in the everyday life of society, are recognised. The change in perspective requires the transformation in the roles of education support professionals. This study focuses specifically on these role conversions that the former remedial teachers have to make in becoming learning support teachers.
Research has shown that the role of learning support teachers is more comprehensive within an inclusive system. This led to the following research questions: How do learning support teachers experience their role conversion? Because studies proved it to be problematic to define the role of the learning support teacher, due the influence of the context on their work, a second question arose: What is the role of the learning support teacher within an inclusive education system?
The purpose of this generic qualitative study was to analyse, describe and explain the experiences of four remedial teachers during their role conversion to learning support teachers. The study was conducted within an interpretive paradigm which guided the qualitative research design. Data was generated by means of semi-structured and focus group interviews and included relevant documents from the Western Cape Education Department regarding the role of learning support teachers and inclusion. The interview data were transcribed and analysed.
The findings show that all the learning support teachers had unique experiences during the role conversion. An important aspect that resulted from the data was that the day-to-day operations and responsibilities of learning support teachers differed from one another, due to the difference in the school contexts.
vi
An additional outcome of the analysis identified a lack of support for teachers. Recommendations are made to create support networks within the different systems of the learner‟s context to ensure that schools are converted to inclusive communities
|
5 |
Opvoeders se ervaring van aangepaste assessering in 'n inklusiewe klaskamerCoetzee, Sarah Johanna 03 1900 (has links)
Thesis (MEdPsych)--University of Stellenbosch, 2011. / ENGLISH ABSTRACT: Assessment in the inclusive classroom poses specific challenges to the educator. Due to the diversity of learners' needs, a need exists for adapted assessment. One standard type of assessment does not adequately satisfy the individual needs which exist due to the influence of various barriers on learners. The pursuit of human rights, democratic principles and the promotion of equality acknowledges that learners' differences need to be taken into consideration, also during the assessment process. The Education White Paper 6 for Inclusive Education (Department of Education, 2001, p.49) states that the principle of inclusion is applicable to the assessment process in: considering special circumstances, the adaptation of assessment tasks, the adaptation of the time allocated for the completion of a task, individual assessment strategies and techniques, and the provision of extended opportunities. This study therefore aimed to understand educators' experiences of adapted assessment in the inclusive classroom and to gain insight into the challenges encountered and the support needed.
The researcher worked from an interpretive paradigm. An action research design was used, as action research attempts to actively involve participants in the research process. A qualitative research methodology was followed and included the following: purposive sample selection to identify research participants, open questionnaires, individual and focus group interviews and field notes to generate data, and content analysis to analyze data.
Research findings indicate that educators experience the use of adapted assessment positively, because of the space it provides to meet individual needs and address barriers to learning in the inclusive classroom. Furthermore, it became evident that educators need support and guidance to adapt assessment to the individual needs of learners appropriately. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Assessering in 'n inklusiewe klaskamer stel bepaalde uitdagings aan die opvoeder. Daar ontstaan 'n behoefte vir die aanpassing van assessering as gevolg van die diversiteit van leerderbehoeftes. Een standaardvorm van assessering voldoen nie aan die individuele behoeftes wat weens die invloed van verskillende hindernisse op leerders bestaan nie. Die strewe na menseregte, demokratiese beginsels en die bevordering van gelykheid is juis gelee binne die erkenning dat die verskille van alle leerders in ag geneem moet word, ook tydens die proses van assessering. Met verwysing na Onderwys-witskrif 6 vir Inklusiewe Onderwys (DoE, 2001, p.49), moet die beginsel van inklusie tydens die assesseringsproses geld: die inagneming van spesiale omstandighede, die aanpassing van assesseringtake, die aanpassing van die tyd wat toegelaat word vir die voltooiing van take, individuele assesseringstrategiee en -tegnieke en die daarstelling van uitgebreide geleenthede. Daarom het hierdie studie gepoog om die opvoeder se ervaring van aangepaste assessering in 'n inklusiewe klaskamer te verstaan en insig te bekom met betrekking tot die uitdagings wat hulle ondervind en die ondersteuning wat hulle benodig.
Die navorser het binne 'n interpretivistiese paradigma gewerk. 'n Aksienavorsingsontwerp is gebruik, omdat dit ten doel het om die deelnemers aktief betrokke te maak by die proses van navorsing. 'n Kwalitatiewe navorsingsmetodologie is gebruik en het die volgende ingesluit: doelbewuste seleksie om te bepaal wie die deelnemers was, oop vraelyste, individuele onderhoude, fokusgroeponderhoude en veldnotas om data te genereer, en inhoudsanalise om die data te analiseer.
Navorsingsbevindinge dui daarop dat die opvoeders se ervaring van die gebruik van aangepaste assessering positief was, juis omdat dit voldoen aan die individuele behoeftes wat in 'n inklusiewe klas ontstaan. Uit die studie was dit egter duidelik dat opvoeders leiding en ondersteuning benodig om die assessering toepaslik aan te pas by die behoeftes van die individu.
|
6 |
Educators' experiences of their training for the implementation of screening, identification, assessment and support strategy at a full–service school : a case study / Roberts J.J.Roberts, Johannes Johny January 2011 (has links)
The purpose of the research was to explore the experiences of educators regarding the
training for the implementation of inclusive education in a Full Service school. A qualitative
research design was chosen, using a case study. Three methods of gathering data were
used, namely individual interviews, focus group interviews and observations. The study was
conducted in a primary schools in the North West province that was converted into a fullservice
school in 2008. The findings indicated that educators demonstrated
misunderstanding of the Screening, Identification, Assessment and Support strategy. The
misunderstanding can be ascribed to the kind of training educators received. The training
lacked in–depth content and practical demonstration. Recommendations on the content and
the dynamics of the training process are made. The overarching recommendation on the
dynamics of the training indicated that the training should be revisited for improved methods
of training. / Thesis (M.Ed.)--North-West University, Potchefstroom Campus, 2011.
|
7 |

8 |
Opvoeder as leermediator en die haalbaarheid van die nodige kompetensies soos omskryf in die Norme en Standaarde vir OpvoedersFrolicks, Fred 12 1900 (has links)
Thesis (MEd (Education Policy Studies))--University of Stellenbosch, 2009. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Die beleid van Norme en Standaarde vereis dat sekere kompetensies bereik word. Met ander woorde, die opvoeder as leermediator word bemagtig deur die Norme en Standaarde om sekere kompetensies te bereik. Onder Norme en Standaarde kyk hierdie studie na die verskillende ratio‟s wat op onderwys betrekking het. Hierdie ratio‟s vorm „n sameloop wat Inklusiewe Onderrig tot so „n mate strem, dat die gewenste kompetensies nie bereik kan word nie. Hoewel Inklusiewe Onderrig nie die enigste faktor is wat Norme en Standaarde bepaal nie, is dit wel „n belangrike een, en hierdie studie fokus dus daarop. Saam met Norme en Standaarde is daar ook sosio-ekonomiese faktore wat Inklusiewe Onderrig strem, en dit word ondersoek.
In die lig van die probleme ten opsigte van die leerder:opvoeder-ratio, die leerder:m²-ratio, die woonpersele:skoolperseel-ratio, norme- en standaarde-toekenning, ongelykhede (ekonomiese, ouderdoms- en emosionele en fisiese ontwikkeling), enkelouerskap en fetale alkoholsindroom (FAS), word daar in die verhandeling gekyk na die haalbaarheid van die realisering van die drie kompetensies naamlik die praktiese, fondasionele en refleksiewe kompetensies.
Die studie bevind dat die bereiking van kompetensies haalbaar is, mits daar aan die ratio‟s en die sosio-ekonomiese omstandighede gewerk word. Na aanleiding van my navorsing kan die meeste opvoeders verslag doen van hul werksaamhede, maar dit is egter nie die positiewe, progressiewe verslag wat van ‟n leermediator verwag word nie. Norme en standaarde is na my mening nog haalbaar omdat daar bewys is dat leerders, ondanks die negatiewe effek van die ratio‟s, asook die ontoereikende voorsiening (geld, menslike hulpbronne en voorrade) en die ekonomiese en ouderdomsverskille en FAS, tog die potensiaal toon om te leer. Die probleem is egter dat te veel leerders onderpresteer, uit die onderwys- en opvoedingstelsel verdwyn en nie deel raak van die ekonomiese hoofstroom nie. Deur dus aandag te gee aan die stremminge wat ek nagevors het, kan verseker word dat Inklusiewe Onderwys tot sy reg kom, kompetensies bereik word en die opvoeder ‟n suksesvolle leermediasie fasiliteer.
SLEUTELWOORDE: Opvoeder, leermediator, Norme en Standaarde, Inklusiewe Onderwys, konseptuele / ENGLISH ABSTRACT: The Norms and Standards for Educators policy states that certain competencies must be achieved. To this end the policy empowers the educator as learning mediator. With reference to the Norms and Standards, this study explores the different ratios applicable to education. These ratios form a combination which hamper Inclusive Education to the extent that the competencies cannot be achieved. Although Inclusive Education is not the only aspect which affects Norms and Standards, it is a very important one, and this study thus explores Inclusive Education. Together with Norms and Standards, there are also socio-economic factors that hamper Inclusive Education, which this study also explores.
In the light of the problems with the learner:educator ratio, the learner:m² ratio, the residential erven:school erf ratio, the allocation of norms and standards, unequal economic circumstances, unequal development phases (emotional, physical and age), single parenthood and fetal alcohol syndrome, this thesis explores the feasibility of the realisation of the three competencies namely the practical, foundational and reflexive competencies.
This study finds that, providing that attention is paid to the ratios and socio-economic factors, the achievement of competencies are feasible. My research shows that, while most of the educators can report on their activities, it is not the positive and progressive report which one expects from a learning mediator. Norms and Standards, in my view, is feasible since there is evidence to suggest that learners, despite the negative effect of the ratios and inadequate resources (finances, human resources and supplies), economic and age differences, Fetal Alcohol Syndrome (FAS), still displays the potential to learn. The problem, however, is that too many learners underperform, and then leave the school and education system. They then fail to become part of the main economic system. I conclude that, by giving attention to the hindrances I researched, it can be ensured that Inclusive Education reaches its full potential, that competencies are achieved, and that educators facilitate a successful learning mediation process.
vi
KEY WORDS: Educator, learning mediator, Norms and Standards, Inclusive Education, conceptual analysis, ratios, urbanisation, norms- and standards allocation, migratory labour, single parentwood, migratory labour, urbanisation, and Fetal Alcohol Syndrome.
|
9 |
Die verpligting van die staat met betrekking tot gestremde leerders se reg op basiese onderwys / Lizelle Juané van Dalen.Van Dalen, Lizelle Juané January 2012 (has links)
Section 29(1) of the Constitution of the Republic of South Africa, 1996 states that everyone has the right to basic education. ―Everyone‖ includes disabled learners. The purpose of this study is to determine to what extent the state complies with its constitutional and international obligations to realise disabled learners‘ right to basic education.
To reach the purpose firstly it has to be ascertained which legislation apply to disabled learners (whether direct or indirect) and how this legislation define disability (Chapter 2). Secondly the relevant constitutional sections have to be investigated. Sections 9, 28, 29 and 36 of the Constitution will be examined in particular. The purpose of the investigation of the constitutional sections is to determine what basic education entails and if there is a uniform definition thereof. Paired with the right to education, the meaning of inclusive education has to be determined and to what extent the state realises this (Chapter 3). A further purpose with the investigation of the constitutional provisions is to determine whether there is an infringement of disabled learners‘ right to equality and whether the possible infringements of the right to education and equality can be justified by the state (Chapter 4).
Thirdly, the state‘s international obligations with regard to disabled learners‘ right to education and equality has to be investigated (Chapter 5) before reaching a conclusion as to what extent the state complies with its constitutional and international obligations to realize disabled children‘s right to basic education (Chapter 6). Disabled children‘s need for basic education has led to the research question. quality, process quality, manufacturing process flow, principles of quality, factor analysis, multiple regression. / Thesis (LLM)--North-West University, Potchefstroom Campus, 2013.
|
10 |

Page generated in 0.0445 seconds