• Refine Query
  • Source
  • Publication year
  • to
  • Language
  • 2
  • 2
  • Tagged with
  • 4
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • About
  • The Global ETD Search service is a free service for researchers to find electronic theses and dissertations. This service is provided by the Networked Digital Library of Theses and Dissertations.
    Our metadata is collected from universities around the world. If you manage a university/consortium/country archive and want to be added, details can be found on the NDLTD website.
1

'n Model vir korporatiewe-sosialeverantwoordelikheidskommunikasie : 'n toepassing in die landbousektor / Elizabeth Maria Kloppers

Kloppers, Elizabeth Maria January 2015 (has links)
In hierdie studie word betoog dat korporatiewe sosialeverantwoordelikheid (KSV) minstens twee funksies het: om tot volhoubare ontwikkeling by te dra; en om strategiese voordeel vir die maatskappy te skep. Doeltreffende kommunikasie word as noodsaaklik beskou om beide bogenoemde funksies te vervul. Gevolglik word betoog dat maatskappye oor (om strategiese voordeel te trek) en in (om tot volhoubare ontwikkeling by te dra) KSV behoort te kommunikeer. Daaruit volg dat ʼn model vir KSV-kommunikasie beide soorte KSV-kommunikasie moet insluit. Die teoretiese veld van KSV-kommunikasie is tans ontoereikend en daarom word teorieë uit ander velde geraadpleeg om ʼn teoretiese begronding voor te stel. Daar word geredeneer dat kommunikasie oor KSV aan die uitgangspunte van drie kommunikasiebestuursbenaderings behoort te voldoen, aangesien hierdie benaderings dieselfde doelwitte as kommunikasie oor KSV nastreef. Die benaderings sluit in: simmetriese tweerigtingkommunikasie, die reflektiewe benadering asook strategiese kommunikasiebestuur. Betreffende kommunikasie in KSV word betoog dat hierdie vorm van kommunikasie aan die uitgangspunte van die deelnemende benadering tot ontwikkelingskommunikasie behoort te voldoen, aangesien dit volhoubare ontwikkeling as doelwit nastreef. Op grond van ʼn literatuurstudie oor bogenoemde kommunikasiebenaderings, word ʼn teoretiese model vir KSV-kommunikasie in die huidige studie voorgestel. Die empiriese deel van die studie fokus op die landbousektor en die teoretiese KSV-kommunikasiemodel word in die landbousektor toegepas om vas te stel hoe nuttig dit is. Hierdie studie stel voor dat ondersteuning aan opkomende boere die hooffokus van landboumaatskappye se KSV behoort te wees. Daar word gevolglik aanvaar dat landboumaatskappye met opkomende boere (as bevoordeeldes) in KSV behoort te kommunikeer, terwyl hulle met kommersiële boere (as kliënte, verskaffers en soms aandeelhouers) oor KSV behoort te kommunikeer. Die huidige studie het twee landboumaatskappye – Senwes en NWK – se KSV-kommunikasie ondersoek. Die empiriese deel van die studie is kwalitatief benader en die navorsingsmetodes is semigestruktureerde onderhoude, fokusgroepe en kwalitatiewe inhoudsanalise. Kwalitatiewe inhoudsanalise is ook ingespan om die resultate te ontleed wat deur die ander navorsingsmetodes bekom is. Daar is bevind dat kommunikasie tussen die betrokke werknemers van die landboumaatskappye en opkomende boere in KSV grootliks aan die uitgangspunte van die deelnemende benadering tot ontwikkelingskommunikasie voldoen. Die opkomende boere was oor die algemeen heel tevrede met kommunikasie soos dit tans geskied. Daarteenoor wil dit voorkom asof die landboumaatskappye so ver moontlik vermy om oor hulle KSV-inisiatiewe met kommersiële boere te kommunikeer. Geen van die kommersiële boere wat aan die studie deelgeneem het, was bewus van die maatskappye se betrokkenheid by ontwikkelende landbou nie, en was uiters negatief oor hierdie gebrek aan kommunikasie. Uit die voorgestelde model vir KSV-kommunikasie blyk dat die kommunikasiekanale, aard van kommunikasie en kommunikasiebeginsels grootliks dieselfde is vir kommunikasie in en oor KSV. Die doelwitte van hierdie twee soorte KSV-kommunikasie stem gedeeltelik ooreen, maar dit kan ook uiteenlopend wees. Die integrasie van kommunikasie in en oor KSV in een model word egter bemoeilik deurdat die metateoretiese raamwerke wat die relevante basisteorieë vir die ondersoek onderlê, oënskynlik uiteenlopende beskouings oor die doel van kommunikasie huldig. / PhD (Communication Studies), North-West University, Potchefstroom Campus, 2015
2

3

Relevansie van kultuurgebonde onderwys vir die verwesenliking van behoorlike volwassewording : 'n studie in tydsperspektief

Liebenberg, Barend Frederik 11 1900 (has links)
Summaries in English and Afrikaans / In die verlede het matrikulante van Tswanaskole in die Noord-Kaap oor die algemeen nie goeie uitslae verkry nte. Politieke onstabiliteit wat tot klasboikotte aanleiding gegee het, was as een van die hoofredes aangevoer. Die hoofoorsaak van hierdie navorsing is om die rol van kultuur wat tot swak prestasie lei, te bepaal. Met behulp van literatuurstudie is bepaal dat daar 'n noue verband tussen onderwys/opvoeding, volwassenheid en kultuur bestaan. Geen mens kan volwassenheid bereik sonder opvoeding nie en verskillende kulture het verskillende kriteria vir volwassenheid. Die skole in Suid-Mrika is oop vir alle rassegroepe en die gevolg is dat 'n verskeidenheid van kultuurgroepe in een klaskamer onderrig ontvang. Om kontlik en misverstande in die klaskamersituasie te voorkom, kan van multikulturele onderwys gebruik gemaak word. Met die empiriese ondersoek is deur middel van vraelyste en onderhoude probeer vasstel watter kultuuraspekte 'n rol speel in die swak akademiese prestasies onder Tswana-matrikulante. Die medium van onderrig is 'n probleem in 'n multikulturele land waar dit soms, tot nadeel van die kind, onprakties is om moedertaalonderrig toe te pas. Wat Engels as medium van onderrig betref, is dit problematies vir baie Tswanas in die Noord-Kaap wat voorskools min met Engels in kontak kom. Wat die kultuur-historiese aspekte betref, is die Tswanas trots op hulself en wil graag kontak maak met ander kultuurgroepe en meer van hulle leer. Sosiaal-ekonomies woon baie Tswanas as uitgebreide gesinne in klein huise. Onderwysers sal professioneel moet optree in die uitvoering van hulle pligte. Leerlinge sal verantwoordelikheid moet erken vir hulle dade en saam sal beide onderwysers en leerlinge moet bou aan die skep van 'n leerkultuur by die skool. / Matriculants from Tswana schools in the Northern Cape generally have been achieving poor results. Political instability leading to class boycots has been regarded as one of the main reasons. The main reason for this research is to determine the role played by culture in the achievement of poor results. A literature survey has indicated that there is a close interrelationship between education/ upbringing, adulthood and culture. A human being cannot reach adulthood without education and different cultures have different criteria for maturity. Schools in South Africa are open to all race groups which results in a variety of cultural groups receiving education in the same classroom. To avoid misunderstandings and conflicts in the classroom, multicultural education may be used. With the empirical investigation by means of questionnaires and interviews an attempt is made to determine which cultural aspects play a role in the poor academic results achieved by Tswana matriculants. The medium of instruction is a problem in a multi-cultural country where it is sometimes impractical to apply mother tongue education. As far as English as medium of instruction is concerned, it is problematic for many Tswanas in the Northern Cape as they are seldom exposed to it during their pre-school years. As far as the cultural-historical aspects are concerned, the Tswana is a proud people who gladly make contact with and want to learn from other cultures. Socio-economically many Tswanas live as e..'Ctended families in small dwellings. Educators will have to act professionaly in the execution of their duties. Pupils will have to accept responsibility for their actions and build, with the teachers, a cultUre of learning at every school. / Educational Studies / D. Ed. (Historiese Opvoedkunde)
4

Page generated in 0.058 seconds