Return to search

Waarde-aktiverende grondwetuitleg : vergestalting van die materiele regstaat

af / Suid-Afrika is sedert 27 April 1994 'n materiele regstaat, wat deur beide uitdruklike en
'ongeskrewe' fundamentele waardes onderskraag word. Dit is juis hierdie fundamentele
waardes wat 'n blote formele konstitusie (as grondslag van 'n relative democracy) van 'n
oppermagtige grondwet (as basis van 'n materiele standard-setting democracy) onderskei.
Alhoewel daar 'n lewendige debat oor die toepaslikheid van die talle tradisionele grondwetuitlegmetodes
gevoer word, is daar nietemin tans geen oorhoofse waardebaseerde
paradigma vir grondwetuitleg nie. Soms wil dit voorkom asof fundamentele grondwetlike
waardes net as normatiewe retoriek, in stede van materiele riglyn, by grondwetuitleg gebruik
word.
Die owerheidsgesag is aan hoer normatiewe regsbeginsels gebonde wat grotendeels in die
fundamentele regte-akte (as deel van 'n oppermagtige grondwet) vervat is. Die gewaarborgde
fundamentele regte dien derhalwe as konkretisering van beide die regstaat en die demokrasie:
die materiele regstaatbegrip is die basis van _die grondwetlike staat. Die materiele regstaat, as
geregtigheidstaat, kan dus gesien word as die eindbestemming van die grondwet as lex
fundamentalis in die regsorde. 'n Oppermagtige grondwet is egter onlosmaaklik verbind aan die
materiele regstaat. Daarom behels grondwetuitleg noodwendig die aktivering van die
grondwetlik-gepositiveerde waardes. Hierdie normatiewe regsbeginsels en fundamentele
waardes wat in die grondwet as grundnorm van die geregtigheidstaat beliggaam is, moet dan
deur 'n onafhanklike regbank gehandhaaf en afgedwing word. In beginsel is grondwetuitleg
gemoeid met die identifisering, handhawing en aktivering van die fundamentele waardes wat
'n oppermagtige grondwet onderskraag.
Waarde-aktiverende grondwetuitleg is nietemin nie 'n bloudruk waarmee aile praktiese
uitlegprobleme opgelos kan word nie, maar 'n oorhoofse waardebaseerde paradigma: 'n
dwingende, normatiewe verwysingsraamwerk waarvandaan, waarbinne en waarheen
grondwetuitleg op pad is. Die tradisionele grondwetuitlegmetodiek is bloat aanvullende tegnieke
wat 'n waarde-aktiverende paradigma van grondwetuitleg ondersteun. Aangesien fundamentele
waardes onlosmaaklik deel van die materiele regstaat is, moet grondwetuitleg nie net
waardebaseer nie, maar ook waardegerig wees; nie net waardes handhaaf nie, maar ook
bevorder en aktiveer; nie net waardes weerspieel nie, maar ook aktief vestig. 86 'n raamwerk
vir grondwetuitleg behels die 'animering' en konkretisering van fundamentele waardes, ideale
en standaarde wat die materiele regstaat onderle, kortom, waarde-aktiverende grondwetuitleg
as vergestalting van die materiele regstaat. / On 27 April1994 South Africa became a constitutional state (Rechtsstaat), underpinned by both
express, and 'unwritten' fundamental constitutional values. These values represent the
distinction between a formal constitution (ie the basis of a relative democracy), and a supreme
constitution (the foundation of a material standard-setting democracy). Although the merits of
various methods of constitutional interpretation are hotly debated, no general value-based
paradigm for constitutional interpretation has yet been established. At times it seems as if
fundamental constitutional values are merely invoked as normative rhetoric during constitutional
interpretation, rather than as substantive guidelines.
Government institutions are bound by these higher normative legal principles, which in a
supreme constitution are articulated primarily in the bill of fundamental rights. The guaranteed
fundamental rights are a concretisation of both the constitutional state and democracy: the
material law state principle (Rechtsstaatprinzip) as the foundation of the constitutional state.
The Rechtsstaat as 'just state' is the ultimate goal of a supreme constitution as lex
fundamentalis in the legal order. A supreme constitution is inextricably linked to the
Rechtsstaat. As a result, constitutional interpretation inevitably involves animating and activating
values positivised within the constitution.These normative legal principles and fundamental
values must be maintained and enforced by an independent judiciary. In principle, constitutional
interpretation deals with the identification, maintenance and animation of the fundamental
values underlying a supreme constitution.
Value-activating constitutional interpretation is not a blueprint for resolving all practical
interpretive problems, but it is a general value-based paradigm: a peremptory, normative frame
of reference from which, within which and towards which all constitutional interpretation should
be directed. The traditional methodologies of constitutional interpretation are merely ancillary
techniques supporting a value-activating paradigm of constitutional interpretation. Since
fundamental values undeniably form part of the Rechtsstaat, constitutional interpretation should
not only be value-based, but also values-directed; should not merely uphold the values, but also
promote and activate them; should not only reflect the values, but also actively establish them.
Such a framework for constitutional interpretation involves the animation and concretisation of
the fundamental values, standards and ideals underlying the constitutional state: valueactivating
constitutional interpretation as embodiment of the Rechtsstaat. / Law / LL.D. (Law)

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:unisa/oai:umkn-dsp01.int.unisa.ac.za:10500/15624
Date11 1900
CreatorsBotha, C. J. (Christo J.)
ContributorsWiechers, Marinus
Source SetsSouth African National ETD Portal
LanguageAfrikaans
Detected LanguageUnknown
TypeThesis
Format1 online resource (viii, 328 leaves)

Page generated in 0.0027 seconds