Return to search

Opvoedersekuriteit en sportafrigting by skole : onderwysregtelike perspektief / Doubell T.B.

Sport by skole is n verlengstuk tot die opvoeding van die kind, en in die meeste
goed funksionerende openbare skole vind sportafrigting wel plaas. Sekere
kommerwekkende gebeure rakende die onderwysers se regsaanspreeklikheid
tydens die afrigting van sport het hierdie studie genoodsaak. Die klem van
hierdie studie fokus op die sekuriteit en veiligheid van nopvoeder, veral tydens
die afrigting van sport. In die studie is daar na opvoeders verwys in hulle rolle as
sportafrigters, wedstrydbeamptes en administrateurs by skole.
Hierdie navorsing val binne die vakgebied Onderwysreg en die opvoeders se
sekuriteit en veiligheid word onder andere vanuit n gemeenregtelike perspektief
bespreek. Om die studie geldig te maak, is al die rolspelers wat by sportafrigting
by die skole betrokke is, by die studie ingesluit.
Die Grondwet, onderwyswetgewing, beroepsveiligheid en –gesondheidswetgewing,
tersaaklike regspraak en die gemene reg is as regsdeterminante
ontleed. Daar is veral in die bespreking van die gemene reg gefokus op
deliktuele aanspreeklikheid as regsdeterminant.
In die studie is n kwalitatiewe ondersoek na opvoeders se persepsies gedoen.
Daar is gefokus op deelnemers in die onderwys in n spesifieke geografiese area
is, en die hele spektrum van rolspelers is betrek. Een prominente bevinding van
die studie is dat opvoeders gretig is om meer inligting oor die regsaspekte
rakende sportafrigting te bekom. Dit is vir die meeste deelnemers n onbekende
veld en hulle is van mening dat indien hulle meer ingelig is, dit n groot bydrae sal
lewer tot hulle eie veiligheid en sekuriteit, sowel as dié van leerders.
Die sentrale tema van die studie is die sekuriteit en veiligheid van die opvoeders.
Die deelnemers is daarvan oortuig dat daar in die opleiding van afrigters groter
klem geplaas moet word op die uitbou van regskennis. Opvoeders het n passie
vir die afrigting van sport en die klem is op die ontwikkeling van die leerder. / Thesis (M.Ed.)--North-West University, Potchefstroom Campus, 2012.

Identiferoai:union.ndltd.org:NWUBOLOKA1/oai:dspace.nwu.ac.za:10394/7367
Date January 2012
CreatorsDoubell, Thomas Burton
PublisherNorth-West University
Source SetsNorth-West University
Detected LanguageUnknown
TypeThesis

Page generated in 0.0016 seconds