Return to search

Maät : die god wat in elkeen is

Thesis (MPhil)--Stellenbosch University, 2003. / ENGLISH ABSTRACT: The concept of Ma'at is crucial to Ancient Egyptian culture. In Ancient Egypt, Ma'at
has two closely related manifestations: the cultural principle and the goddess.
Ma'at as general cultural principle relates to the perfect order that was present at the
moment when the cosmos came into being. This order eliminated chaos and created
perfect balance in every aspect of the cosmos: nature, mankind, the gods, life and
death. According to Ancient Egyptian literature, people ordered their lives in terms of
the principle to do Ma 'at. This principle amounted to living honestly and justly. In
this way, order was maintained and chaos prevented.
In religion, which should be considered a subdomain of culture, Ma'at functions as an
Ancient Egyptian goddess. As a goddess, Ma'at was considered a being in her own
right, with a characteristic appearance, a history, and a cult which was performed by
the pharaoh and the priests.
Though the conception ofMa'at developed considerably in the long history of
Ancient Egypt, the idea was present at the beginning of Egyptian civilization, as is
attested by a great variety of inscriptions. The concept played a significant role in this
culture from beginning to end.
Ma'at was of particular importance to Ancient Egyptian royalty. Royal office
included the realization of Ma'at and the consequent destruction ofIsfet. This
function was performed by the pharaoh as chief of all cults - by daily sacrifice for
Ma'at --, as well as in his role as ruler - by ensuring that public office was performed
according to the principle ofMa'at.
The Ancient Egyptians maintained that Ma'at functioned not only in life but also in
death. In the alternative reality that Ancient Egypt made of death, order obtained, just
as in life. Hence Ma' at was present also in death. The essence of Ancient Egypt is not its structures, such as the pyramids, which never
cease to fascinate. This essence has to be sought in the way Ma'at gave unity to this
remarkable culture. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Die begrip Ma'at is rigtinggewend vir die kultuur van Antieke Egipte. In hierdie
kultuur het Ma'at twee verskyningsvorme wat ten nouste met mekaar saamhang: die
kultuurbeginsel en die godin.
Ma'at as algemene kultuurbeginsel het te doen met die volmaakte orde wat tot stand
gekom het in die ontstaansoomblik van die kosmos. Hierdie orde hef chaos en
wanorde op en skep volkome ewewig in elke aspek van die kosmos: die natuur, die
mensdom, die godedom, die lewe en die dood. Die Antieke Egiptiese literatuur bring
aan die lig dat mense hulle lewe ingerig het volgens die beginsel om Ma'at te doen.
Waarop dit neergekom het om Ma'at te doen, was om eerlik en regverdig te handel.
Op hierdie manier is die orde bewaar en die chaos verhoed.
Op die terrein van die religie, wat as 'n besondere aspek van die kultuur in die breë
beskou moet word, funksioneer Ma'at in Antieke Egipte as 'n godin. Hierdie godin
was 'n veronderstelde wese in eie reg, met 'n kenmerkende voorkoms, 'n
geskiedenis, en 'n kultus wat deur die farao en die priesters bedien is.
Hoewel die siening van Ma'at in die loop van die lang geskiedenis van Antieke Egipte
aansienlik ontwikkel het, was die idee van die begin van die Egiptiese beskawing
aanwesig, soos 'n groot verskeidenheid inskripsies laat blyk. Die begrip het in hierdie
kultuur van begin tot end 'n bepalende rol bly speel.
Tussen Ma'at en die koningskap in Antieke Egipte was daar 'n besonder nou band.
Ma'at was van wesenlike belang vir die uitvoering van die koninklike amp: dit was
die opdrag van die farao om Ma'at te verwesenlik en daarmee Isfet te vernietig.
Hierdie taak het die farao uitgevoer as hoof van alle kultusse -- deur die daaglikse
offer wat hy in die belang van Ma'at gebring het --, maar ook in die
staatsadministrasie -- deur toe te sien dat amptenare hulle werk doen volgens die
beginsel van Ma'at. In Antieke Egipte is daarvan uitgegaan dat Ma'at nie net in die lewe nie, maar ook in
die dood funksioneer. In die alternatiewe werklikheid wat Antieke Egiptenare van die
dood maak, heers daar ook orde. Ma'at is dus ook daar teenwoordig.
Die wese van Antieke Egipte is nie die strukture, soos die piramides, wat nou nog die
belangstelling gaande maak nie. Dit moet veel eerder gesoek word in die wyse waarop
Ma'at eenheid aan hierdie merkwaardige kultuur gegee het.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:sun/oai:scholar.sun.ac.za:10019.1/53490
Date03 1900
CreatorsPonelis, I. A. (Isabella Annanda)
ContributorsCornelius, I., Stellenbosch University. Faculty of Arts & Social Sciences. Dept. of Ancient Studies.
PublisherStellenbosch : Stellenbosch University
Source SetsSouth African National ETD Portal
Languageaf_ZA
Detected LanguageUnknown
TypeThesis
Format64 p.
RightsStellenbosch University

Page generated in 0.0028 seconds