Return to search

Kognisiewerkwoorde in Afrikaans / Cognition verbs in Afrikaans

Text in Afrikaans, abstracts in Afrikaans and English / This is a study of the broad scope of cognition verbs in Afrikaans. Firstly, the nonmetaphorical
cognition verbs [e.g. ken (= know), weet (= know), dink (= think), verstaan
(= understand)] are discussed and then the metaphorical cognition verbs which are
subcategorized in metaphorical verbs of vision [kyk (= look), sien (= see)] and
metaphorical manipulation verbs [vorm (= form), gryp (= grab), voel (= feel), vat (= take)
etc.]. The study is embedded in the cognitive linguistic stance of embodiment which
inter alia implies that our neurological functioning is based on feeling (which includes
our sense of touch), and that the way our bodies are structured also determines the way
we express our thoughts.
This extensive descriptive study of Afrikaans cognition verbs, metaphorical and nonmetaphorical,
indicates that visual lexemes in Afrikaans express subtle abstract thought,
while manipulation lexemes express less subtle, yet still abstract result-driven thought.
Synthesis is an important factor in this study because the non-metaphorical cognition
verbs as well as the metaphorical cognition verbs are linked to the basic cognitive
principle of embodiment. Also, the two metaphorical verb types can by seen in
synthesis when the stage frame ( = vision) and the workshop frame ( = manipulation)
are merged. The synthesis of the stage frame and the workshop frame eventually
provides us with another perspective, namely that vision and manipulation (which
includes touch and feeling) are in a state of interacting nurturing symbiosis. / In hierdie studie word die breë kader van Afrikaanse kognisiewerkwoorde ondersoek.
Eers kom die nie-metaforiese kognisiewerkwoorde (ken, weet, dink, verstaan) onder die
vergrootglas, en daarna die metaforiese kognisiewerkwoorde wat gesubkategoriseer
word in visueel-metaforiese werkwoorde (kyk, sien ens.) en manipulatief-metaforiese
werkwoorde (vorm, gryp, voel, vat ens.). Hierdie studie is ingebed binne die kognitieflinguistiese
uitgangspunt van beliggaamdheid wat onder andere behels dat ons
neurologiese funksionering sterk gevoelsgefundeerd (o.m. op tassintuiglike vlak) is,
maar ook dat ons liggaamlike gestruktureerdheid 'n rol speel by die uitdrukking van
denke.
Die uitvoerige deskriptiewe studie van Afrikaanse kognisiewerkwoorde, metafories en
nie-metafories, dui aan dat visuele lekseme in Afrikaans vir fyn abstrakte denke gebruik
word, terwyl manipulasielekseme vir minder fyn, maar steeds abstrakte
resultaatgedrewe denke gebruik word.
Sintesevorming speel 'n belangrike rol in hierdie studie in dié sin dat die nie-metaforiese
kognisiewerkwoorde sowel as die metaforiese kognisiewerkwoorde tot die basiese
kognitiewe uitgangspunt van beliggaamdheid teruggevoer kan word. Ook wat die twee
metaforiese werkwoordtipes betref, kan daar 'n sintese gevorm word indien die
verhoograam (= visie) sáám met die werkswinkelraam (= manipulasie) beskou word.
Die samevoeging van die verhoograam met die werkswinkelraam bied uiteindelik nog 'n
perspektief, naamlik dat visie en manipulasie (waarby tassintuiglike gevoel ingesluit is)
simbioties en voedend op mekaar inwerk. / Linguistics and Modern Languages / D. Litt. et Phil (Linguistics)

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:unisa/oai:uir.unisa.ac.za:10500/5725
Date03 1900
CreatorsRoux, Adriaan Johannes Gerhardus
ContributorsZawada, Britta
Source SetsSouth African National ETD Portal
LanguageAfrikaans
Detected LanguageUnknown
TypeThesis
Format1 online resource (ix, 237 leaves) : illustrations, application/pdf

Page generated in 0.0023 seconds