Return to search

Faktore wat die effektiewe bestuur en kontrole van skoolfinansies in openbare skole beïnvloed

AFRIKAANS : Voor 1994 was die skoolhoof aanspreeklik vir die beheer van die finansies van die skool. Met die instelling van die Suid-Afrikaanse Skolewet no. 84 van 1996 het die aanspreeklikheid ten opsigte van finansies drasties verander deurdat selfbestuur by skole geïmplementeer is. Daar bestaan groot onduidelikhede by departementele amptenare sowel as by skoolhoofde en beheerliggaamlede oor wie aanspreeklik vir die finansies van die skool is. Skole se begrotings het sedert 1994 van `n paar honderd duisend rand na `n paar miljoen rand toegeneem; meer personeel word aangestel wat deur die skoolbeheerliggaam vergoed word en dit alles plaas ekstra belading op die skoolhoof. Dikwels is die skoolhoofde en skoolbeheerliggaamlede nie opgelei om hierdie ekstra finansiële lading te hanteer nie. Daar word van die skoolbestuurspan verwag om kennis van finansiële bestuur te hê om hulle taak effektief te kan uitvoer, nie alleenlik vir hulle eie oorlewing nie maar ook tot die voordeel van die skool en die gemeenskap. Die doel van hierdie studie is om te bepaal watter faktore die beheer en bestuur van skoolfinansies in `n openbare skool beïnvloed en om `n model daar te stel wat die beheer en bestuur van skoolfinansies in `n openbare skool sal rig. ENGLISH : Before 1994 the principal of a school was accountable for the control of the school`s finances. Since the introduction of the South African Schools Act no. 84 of 1996 and the implementation of self management of schools, the accountability regarding finances has changed dramatically. Schools’ budgets have increased from thousands of rand to millions of rand since 1994; more teachers are being appointed and paid by the school governing body. Departmental officials, principals and school governing body members have no experience to handle the extra financial burden. Principals and school governing body members have no experience of carrying this extra financial burden. It is expected of school managers to have knowledge of financial management to enable them to execute tasks effectively, not only for their own survival but also in the best interest of the school and the community. The purpose of this study is to determine factors that influence the control and management of public schools’ finances and to present a model that will guide the control and management of a public school’s finances. Copyright / Dissertation (MEd)--University of Pretoria, 2009. / Education Management and Policy Studies / unrestricted

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:up/oai:repository.up.ac.za:2263/25896
Date27 June 2009
CreatorsJordaan, Johannes Cornelius
ContributorsVan Rooyen, Jean Wilhelm, jjordaan@kempies.co.za
PublisherUniversity of Pretoria
Source SetsSouth African National ETD Portal
Detected LanguageUnknown
TypeDissertation
Rights© 2009, University of Pretoria. All rights reserved. The copyright in this work vests in the University of Pretoria. No part of this work may be reproduced or transmitted in any form or by any means, without the prior written permission of the University of Pretoria.

Page generated in 0.0026 seconds