1 |
Die lewe en werk van Evert Philippus Groenewald in kerkhistoriese perspektiefTerblanche, Sarel Stefanus. 06 1900 (has links)
Summaries in English And Afrikaans / Text in Afrikaans / The biography focused on the life and work of Evert Philippus Groenewald in church historical perspective within the context of the twentieth century. It endeavoured to make a contribution to a period in the history of the Dutch Reformed Church (DRC) against the background of strife in matters related to the church, politics and other
areas.
Groenewald taught New Testament subjects as professor at the Faculty of Theology (Section 8 - DRC) at the University of Pretoria for 33 years. As one of the first four professors of the new Faculty
of Theology he helped to lay a sound foundation. He served as dean of the Faculty for 21 years (1948 - 1969). As administrator and lecturer he played an important role in the establishment, recognition and development of the Faculty. He was a born exegete, the Nestor of New Testament science in SA. He is regarded as a great theologian and the doyen of New Testament research and exegesis in SA.
As writer of Afrikaans theological literature Groenewald undeniably fulfilled the role of a pioneer. This was recognised by the award of the Stals-prize for Theology to him, the first time in history. Apart from this he received four honourary doctorates and various other important
awards. He made an important contribution to Bible translation and translatory science.
As church and cultural leader he strove to find solutions for the problems of his church and people. He made a significant contribution in the ecumenical field.
Apartheid was given its biblical foundation by Groenewald during the forties. His intention was to stimulate thought in the search for a solution to the serious racial problem.
Further facets of Groenewald's work await research in order to paint a
representative theological portrait of him. / Die studie fokus op die lewe en werk van Evert Philippus Groenewald in kerkhistoriese perspektief binne die konteks van die twintigste eeu. Die klem het op die periode tussen die dertiger- en tagtigerjare geval. Daar is gepoog om 'n bydrae te lewer tot 'n tydperk in die geskiedenis van die NGK teen die agtergrond van die stryd wat op vele gebiede gevoer is. Die invloed van vroom ouers, 'n aantal ingrypende gebeurtenisse in sy lewe en die eise van die tyd het hom ge·inspireer. Hy was kind en teoloog van sy tyd, egter ook van sy kerk. Wat hy verwoord het was deel van die NGK se Calvinistiese en gereformeerde historiese erfenis en die NGK se beleid. Hy het sy eie teologiese stempel egter ongetwyfeld daarop afgedruk.
Hy onderrig vir 33 jaar (1938 tot 1970) Nuwe Testamentiese vakke as professor aan die Teofogiese Fakulteit (Afd 8) van UP. As een van die eerste vier professore help hy om 'n stewige grondslag te le. Hy was vir 21 jaar (1948-1969) dekaan van die Fakulteit. In 1970 het hy geemeriteer. Hy het nie die akademie as sy enigste roeping
beskou nie. Hy het sy kerk, volk en die gemeenskap gedien. Na sy aftrede lewer hy sy belangrikste bydraes tot Bybelvertaling, die NAV (gepubliseer in 1983), en die vertaalwetenskap. Hy het wat sy lewenstaak betref sy belangrikste bydrae as dosent gelewer.
As administrateur het hy die Fakulteit help vestig en uitbou. Hy was 'n gebore eksegeet, die Nestor van die Nuwe Testamentiese wetenskap in SA. Hy word beskou as 'n belangrike teoloog, die doyen van die Nuwe Testamentiese navorsing en eksegese in SA. Die tradisie van die N T eksegese wat hy in die beoefening van die teologie gevestig het, kan as sy heel belangrikste bydrae beskou word. Hy word
ook as volksteoloog getipeer. As skrywer het Groenewald 'n pioniersrol vervul vanwee sy groot bydrae tot die ontluikende Afrikaanse teologiese literatuur. Hy het die prestasie behaal dat die Stals-prys vir Teologie, die eerste keer in die geskiedenis, aan horn toegeken is. Hy is met vier eredoktorsgrade en verskeie ander
belangrike toekennings vereer.
As kerk- en kultuurleier het Groenewald se bekwaamhede sterk na vore gekom. Hy het die behoeftes van sy kerk en volk raakgesien en horn beywer om oplossings vir die ingewikkelde vraagstukke te vind. Die NGK, UP, vele instansies en die Staat het gebruik gemaak van sy talente. Apartheid is in die veertigerjare deur hom Bybels fundeer. Sy bedoeling was om teologiese denke te stimuleer in die soeke na 'n
oplossing vir die ernstige rassevraagstuk. Hy het apartheid as teologies-praktiese oplossing aangebied. Hy het na 'n eerlike oplossing binne die destydse konteks gesoek wat regverdig teenoor die nieblanke sou wees en van die blanke groot offers sou vra. Die wyse waarop apartheid algaande toegepas is, het meegebring dat daar afgewyk is van wat Groenewald in 1947 beoog het. Dit het in 'n ideologiese monster ontaard wat groot pyn en lyding veroorsaak het.
Groenewald was een van 'n klein aantal kerkfigure wat met hul dade in die twintigste eeu van stryd en worsteling die Suid-Afrikaanse kerkgeskiedenis verryk het. Sy bydrae is deur hierdie proefskrif slegs ten dele ontgin en verdere fasette van sy werk wag om nagevors te word ten einde uiteindelik 'n omvattende teologiese portret van
hom te skilder. / Christian Spirituality, Church History and Missiology / Th. D. (Church History)
|
2 |

3 |
Bybel as problematiese teks: ’n kritiese ontleding aan die hand van polemieke in die Nederduitse Gereformeerde Kerk: van Johannes du Plessis tot Ferdinand Deist en Willem Vorster (1920–2000) / The Bible as a problematic text: a critical analysis based on controversies in the Dutch Reformed Church: from Johannes du Plessis to Ferdinand Deist and Willem Vorster (1920–2000)Conradie, A. F. 05 1900 (has links)
Text in Afrikaans, with summaries in Afrikaans and English / Includes bibliographical references (leaves 383-403) / Die woordestryd oor goddelike inspirasie van alles wat in die Bybel staan, as gevolg van die uitgesproke stellings van Johannes Du Plessis, het tot ‘n krisis gelei wat as baken in die annale van die Ned. Geref. Kerk beskou word. Die meeste van sy standpunte word
vandag as waarheid aanvaar en hy het bygedra tot die intellektuele debat oor die Bybel as Woord van God wat vandag nog aangaan.
Du Plessis se herkoms, opleiding en verdienste as predikant en saakgelastigde van die Kerk word kortliks bespreek. Hy was die talentvolle seun en enigste kind van 'n Afrikaanse predikant en 'n Engelse vrou, die dogter van 'n sendeling van die LMS. Hy word professor aan die Kweekskool en met kennis opgedoen tydens verdere studie oorsee, het hy gewys op dele van die Bybel wat nie aan goddelike inspirasie toegeskryf kan word nie. Hy het dit ook duidelik gestel dat hy as teoloog en leermeester nie kon glo sonder om te probeer verstaan nie.
Hy het sy bevindinge bekend gemaak in Het Zoeklicht, 'n maandblad wat bedoel was om as soeklig te dien om verskillende vorms van “duisternis” in beide godsdiens en die politiek, betref, aan die lig te bring. Oortuig van die waarde van die Hoër Kritiek, het hy dit as sy plig geag om wat hy deur wye leeswerk en kritiese ondersoek rakende die
oorsprong, vorm en inhoud van die Ou Testamentiese boeke bekom het, bekend te maak. Artikels van dié aard, eers in De Kerkbode en daarna in Het Zoeklicht, het gelei tot beroering onder behoudende lesers wat gekant was teen enige veranderinge in die prediking. Hulle was veral ontstoke oor sy siening dat die belydenisskrifte wat spruit uit
die dae van die Hervorming 500 jaar tevore, oop was vir herformulering. Klagtes dat Du Plessis op 'n gevaarlike pad was, was die begin van wat gelei het tot 'n krisis in die Kerk, en uiteindelik tot 'n buitengewone sinode in 1930 toe hy van sy pos onthef is.
Die behoudende reaksie van die meerderheid was dat die Bybel die onfeilbare Woord van God is. Die gevolg was dat 'n groot aantal van die leiers van die Kerk, aanhangers van die Nasionale Party wat in 1948 aan bewind gekom het, tekste uit die Bybel gebruik het om die beleid van Apartheid Skriftuurlik te begrond.
Ná byna veertig jaar van 'n onkritiese benadering tot die Bybel, is die geloof in 'n foutlose Bybel weer bevraagteken. Tussen die eerlike teoloë wat dit gewaag het om te wys op foute en inkonsekwenthede, was Ferdinand Deist en Willem Vorster. Albei het hulle opleiding as predikante voltooi maar het hulle nie beroepbaar gestel nie omdat
hulle met verdere studie voortgegaan het en hulle openlik uitgespreek het teen die misbruik van Bybelse gegewens om apartheid te regverdig.
Geskool aan die Kweekskool in Stellenbosch, het Deist hom onderskei as geleerde wat sy drang na dieper ondersoek gepaar het met 'n piëtisme waarop hy uiting gegee het in 'n stortvloed van akademiese en populêre geskrifte ― wat nie altyd gestrook het met sy stelling dat die Woord van God nie met 'n gelyk-aan-teken aan mekaar verbind kan
word nie. Vorster, wat sy opleiding aan die Universiteit van Pretoria ontvang het, het ewe bekend geraak en het internasionale erkenning geniet vir sy toepassing van die semantiek op studies van die Nuwe Testament. Daarby het hy sy kennis van die Nabye Oosterse tale toepaslik gevind in sy bydrae tot The New Quest om meer te wete te kom oor die historiese Jesus, 'n Jood en Galileër wat vir 'n kort periode opgetree het as leermeester en eskatologiese profeet.
In die studie van bydraes van die drie geleerdes tot ons verstaan van die Bybel, is ook aandag geskenk aan 'n ander aspek van die Bybel as problematiese teks: Die nadruk wat skrywers en redaktors van die Bybelse gebeure, geplaas het op mans as vaders en seuns ten koste van vroue, moeders en dogters. Die gevolg was dat meeste van die
sogenaamde Kerkvaders genoeg in die Bybel kon vind om hulle te identifiseer met die neerhalende beeld wat in Die Openbaring (14:3-4) geskep word van vroue, opvallend in stryd met die inhoud van Genesis 1:26-31. / The controversy started by Johannes Du Plessis over the question whether everything in the Bible was inspired by God, caused a crisis in the Dutch Reformed Church, which is listed as a beacon in its history. Most of the points he raised are accepted as truth today, and started an intellectual debate that is still going on.
Information relating to Du Plessis’ origins, training, and achievements as a minister and church official is briefly noted. He was the talented son, and only child of an Afrikaner father and minister of religion, and an English mother, the daughter of an LMS missionary. He became a professor at the Seminary in Stellenbosch, after his studies overseas had caused him to question parts of the Old Testament text that could not be regarded as divinely inspired. He also made it quite clear that believing without trying to understand was not possible for him as a theologian and teacher.
He proclaimed his findings in Het Zoeklicht, a monthly magazine intended to serve as a searchlight and an organ to reveal the “darkness” that was still prevalent in both religion and politics. Aware of the value of Higher Criticism of the Old Testament, he regarded it
his duty to make known what he had found in reading widely and in critical research on the origins, form and content of the books of the Bible. Articles to this effect published first in De Kerkbode and then in Het Zoeklicht, caused an outcry from conservative readers who were opposed to any changes in the teaching of the church. They were
especially enraged by his view that the confessions drawn up by Reformers 500 years earlier, were open for review. Complaints that Du Plessis was on a dangerous path, marked the beginning of what was regarded as a crisis in the Church, and in the end led to Du Plessis being relieved of his post by a special Synod convened in 1930.
The views of the conservative majority, however, prevailed. As a result, a large number of leading ministers and theologians, who openly supported the Nationalist government that came into power in 1948, provided assurance that the concept of separation of racial groups was in accordance with Scripture.
After nearly forty years of an uncritical approach to the Bible, the belief in in-errancy was again questioned. Among the few theologians who dared to point out errors and inconsistencies in various texts, were Ferdinand Deist and Willem Vorster. Both trained as ministers, they chose to continue their studies and openly expressed themselves
against the abuse of Biblical texts to support the ideology of apartheid.
Trained at the Seminary in Stellenbosch, Deist turned out to be a noted scholar who combined his urge for honest critical study with a pietism expressed in a flood of academic and popular publications ― which were not always consistent with his own statement that The Word of God could not be connected to Scripture with an is-equal-to
symbol. Vorster, who received his education at the University of Pretoria, became equally well known as a scholar and gained international recognition for his application of semantics in the study of the Gospels. He also applied his knowledge of languages in what came to be known as The New Quest for the historical Jesus who, as a Jew and a Galilean, distinguished himself during a brief period as a teacher and eschatological prophet.
In the study of the contributions of these three outstanding men to our understanding of the Bible, another major aspect of the Bible as problematic text is addressed: The emphasis the authors and redactors of the Scriptures placed on the roles of men, fathers and sons, patently to the exclusion of women, mothers and daughters. As a result many of the so-called Church Fathers found in the Bible sufficient material to look down upon women ― the verdict expressed in Revelations 14:3-4 being one of numerous texts pointing to women as objects of derision in glaring contradiction to the contents of Genesis 1:26-31. / Biblical and Ancient Studies / D. Phil. (Biblical Studies)
|
Page generated in 0.215 seconds