• Refine Query
  • Source
  • Publication year
  • to
  • Language
  • 14
  • 2
  • 1
  • Tagged with
  • 18
  • 18
  • 18
  • 18
  • 17
  • 14
  • 8
  • 8
  • 8
  • 5
  • 5
  • 5
  • 5
  • 4
  • 4
  • About
  • The Global ETD Search service is a free service for researchers to find electronic theses and dissertations. This service is provided by the Networked Digital Library of Theses and Dissertations.
    Our metadata is collected from universities around the world. If you manage a university/consortium/country archive and want to be added, details can be found on the NDLTD website.
11

Essene sectarianism as a Judaic alternative to Pharisaism and Sadduceanism

Botha, P. D. (Pieter Daniël) 03 1900 (has links)
Thesis (MPhil)--Stellenbosch University, 2003. / ENGLISH ABSTRACT: Essenism is, according to the data being discussed in this thesis, closely associated with the Dead Sea Scrolls material and had alienated itself from Second Temple Judaism as manifested through both Pharisaism and Sadduceanism. The problem that presents itself is the fact that Essenism is sometimes seen, with Pharisaism and Sadduceanism, as one of the three major trends within Second Temple Judaism, albeit schismatic in origin and nature. With Sadduceanism deriving its authority from the Temple and written Torah, and with Pharisaism its authority from both the written Torah as well as the oral tradition of the Sages, this thesis attempts to determine the criteria to be applied to cults of the Second Temple period in order for them to be classified as being Judaic. This is done in order to be able to establish what, in their own minds, set the Essenes apart from the other two prominent groups. That their motivation for exclusiveness must have been very strong becomes clear through the fact that, in their writings, the Essenes did not see themselves as just another group within Judaism, but as the only true and legitimate group. The ultimate aims of this thesis therefore are, firstly to find out exactly what constituted mainstream Second Temple Judaism according to certain historical and religious factors as well as Judaic ha/achic interpretation. Secondly, the thesis attempts to ascertain if Essenism met the determined criteria to be regarded as part of mainstream Judaism, and if not, if it can be regarded as sectarian Judaism, or as a separate religion altogether. In view of all the abovementioned criteria discussed, the probable conclusion would be that the sectarians from Qumran never thought of themselves as anything other than Jews within the ha/achic tradition, even though it may have been a ha/acha that may in certain respects have radically deviated from that of their fellow Jews. They can therefore rightly be regarded as part of the Judaic tradition of the Second Temple period. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Essenisme is, volgens die data bespreek in hierdie tesis, nou geassosiëer met die materiaal van die Dooie See Rolle, en die eksponente daarvan het hulself vervreem van Tweede Tempel Judaïsme soos gemanifesteer deur beide Fariseïsme en Sadduseïsme. Die probleem wat homself voordoen, is dat Essenisme, saam met Fariseïsme en Sadduseïsme, somtyds gesien word as een van die drie hoofstrominge binne Tweede Tempel Judaïsme, alhoewelskismaties van aard. Met Sadduseïsme wat sy outoriteit aan die Tempel en geskrewe Tora ontleen, en Fariseïsme sy gesag van beide die geskrewe Tora en die mondelinge tradisie van die Wyses, probeer hierdie tesis die kriteria bepaal wat toegepas kan word op kultusse van die Tweede Tempel tydperk, om sodoende as Judaïsties geklassifiseer te kan word, al dan nie. Dit word gedoen om vas te stel wat, in hul eie oë, die Esseners onderskei het van die ander twee prominente groepe. Uit hul geskrifte kan 'n mens aflei dat die Esseners se dryfveer vir eksklusiwiteit baie sterk moes gewees het, aangesien hulle hulself nie net as nog 'n verdere groep binne die Judaïsme gesien het nie, maar in der waarheid as die enigste ware en legitieme groep. Die uiteindelike doel van hierdie tesis is dus eerstens, om vas te stel presies wat verstaan kan word as Tweede Tempel Judaïsme, aan die hand van sekere historiese en religieuse faktore, asook ha/aehiese interpretasie. Tweedens, probeer dit vasstelof Essenisme aan die vasgestelde kriteria voldoen het om as deel van die hoofstroom Judaïsme gesien te kan word, en indien nie, of dit gesien kan word as sektariese Judaïsme, of as 'n heeltemal aparte godsdiens. In die lig van al die bogemelde bespreekte kriteria, sal die waarskynlike gevolgtrekking wees dat die sektelede van Qumran hulself nooit gesien het as enigiets anders as Jode binne die ha/aehiese tradisie nie, alhoewel dit 'n ha/aeha was wat in sekere opsigte radikaal verskil het van die van hul mede-Jode. Hulle kan gevolglik met reg gesien word as deel van die Judaïstiese tradisie van die Tweede Tempel tydperk.
12

Ani and its semantic domain in the Psalms

Rhode, Rubin Frank 12 1900 (has links)
Thesis (MA)--Stellenbosch University, 1991. / ENGLISH ABSTRACT: One of the most vexing questions in the exegetical research on the Psalms has been the establishing of the identity of the suppliant who refers to himself as the cani. Many scholars have endeavoured to study the meaning and significance of this word, but it is still not satisfactorily resolved. The weakness of these studies can be traced back to two factors: (1) an exaggerated over-confidence in the etymological method of analysis, and (2) the implementation of inadequate and incomplete semantic methods. This investigation starts out with the hypothesis that the meaning of cani must be determined in terms of both its macro and micro leve~. Thus, the meaning of this designation will be established synchronically, as well as in terms of an associative field. In this way the semantic field of cani can be .demarcated in light of its immediate lexical, as well as its wider associative field. A close reading of the Psalms in which cani appears, reveals that a triangular relationship is depicted between certain actants. The drama tis personae occupying the following roles in this triangle are: (1) Yahweh asjudge and saviour, (2) the cani as suppliant and victim, and (3) .the antagonist as oppressor and blasphemer. In order to establish the identity of the cani it was necessary to investigate its synonyms and antonyms within this complex triangular structure. Within such a semantic framework it has been determined that the stereotype translation equivalent "poor" is both inadequate and misleading. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Een van die mees kwellende vrae in die moderne Psalmeksegese is die raaisel aangaande die identiteit van die cani. Baie geleerdes het gepoog om die betekenis van hierdie woord te bepaal, maar tot nou toe is die prableem nog nie bevredigend opgelos nie as gevolg van: (1) te swaar klem wat op die etimologie van die woord geplaas is, of (2) onvoldoende semantiese metodes wat gebruik is in die ondersoek van hierdie term. Hierdie studie gaan uit van die hipotese dat die betekenis van cani op beide makro- en mikrovlak vasgestel moet word. Die betekenis moet sinkronies sowel as in terme van 'n assosiatiewe veld bepaal word. Op hierdie wyse kan die semantiese veld afgebaken word op grand van die onmiddellike leksikale sowel as die wyere assosiatiewe veld. Verder is daar ook vasgestel dat in die Psalms waarin cani voorkom, daar gewoonlik sprake is van 'n driehoeksverhouding. Die dramatis personae is: (1) Jahwe as rigter en redder, (2) die cani as aangeklaagde/smekeling en slagoffer en (3) die antagonis as onderdrukker en aanklaerllasteraar. Om die identiteit van die cani vas te stel, was dit nodig om die sinonieme sowel as die antonieme van hierdie term binne so 'n driehoekige struktuur te ondersoek. Binne so 'n semantiese raamwerk is vasgestel dat die stereotipe vertalingsekwivalent "arm" beide onvoldoende en misleidend is.
13

Semantics, world view and Bible translation : an integrated analysis of a selection of Hebrew lexical items referring to negative moral behaviour in the book of Isaiah

Van Steenbergen, Gerrit Jan 12 1900 (has links)
Thesis (PhD)--Stellenbosch University, 2002. / Tot op hede is die studie van die semantiek tot 'n groot mate bëinvloed deur die taalkundige perspektiefvan die navorser. Dit het dikwels gelei tot resultate wat skeefgetrek is deur die voorveronderstellings van die navorser. Sommige aspekte van betekenis wat van primêre belang is vir die semantiese beskrywing van bepaalde taalkundige konstruksies is in die proses nie genoegsaam, of glad nie, aan die orde gestel nie. Semantiek as 'n interdissiplinêre wetenskap het 'n komplekse karakter aangesien taalkunde, antropologie, kognitiewe sielkunde en, afhangend van die doel van 'n bepaalde semantiese analise, ander verwante dissiplines daarin 'n rol kan speel. Om die rede is daar 'n behoefte aan 'n omvattende benadering in terme waarvan die verskillende faktore verreken kan word. In die semantiese analise van Bybel-Hebreeuse konstruksiesvorm die kulturele agtergrond van leksikale items 'n integrale deel van die semantiese inhoud van hierdie items. In die lig van die beduidende historiese en kulturele verskille tussen die konteks(te) van die Ou Testament en die konteks(te) van hedendaagse lesers is dit dus belangrik om die kulturele dimensie van 'n semantiese analise van Bybels-Hebreeuse leksikale items sistematies aan die orde te stel. So 'n benadering is van groot belang vir Bybelvertaling wat by uitstek 'n proses van interkulturele kommunikasie is. Bybelvertalers het 'n behoefte aan analitiese instrumente wat al die fasette van die semantiese inhoud van Bybels-Hebreeuse lekseme verdiskonteer. Die doel van hierdie studie is om 'n semantiese model te ontwerp wat vir die doel gebruik kan word. Die vertrekpunt van die studie is die teorie van komponensiële analise. Die geskiedenis en ontwikkeling van die model word krities bespreek. Die moontlikhede wat hierdie teorie bied vir 'n meer omvattende model word ondersoek. Besondere aandag word gegee aan die nut wat hierdie benadering het as heuristiese instrument vir die semantiese analises. Die komponensiële analise van betekenis word op hierdie manier geïdentifiseer as 'n benadering wat nie te gou afgeskiet moet word as synde te eng strukturalisties nie. Inteendeel, dit kan ook as 'n buigsame instrument ontwikkel word wat nie net betekenisrelasies in terme van dichotomieë kan beskryf nie. Dit kan ook gebruik word om 'n wye verskeidenheid semantiese verhoudings te analiseer wat insigte van die kognitiewe taalkunde insluit. Daar is verder bevind dat die konsep "semantiese universalium" wat 'n belangrike komponent is van sommige benaderings tot leksikale semantiek weinig waarde het vir 'n semantiese analise wat 'n bydrae wil maak tot vertaling as interkulturele kommunikasie. Die universele kategorieë is meestal so generies dat hulle weinig bydrae tot die beskrywing van die fyner nuanses van lekseme wat tot dieselfde semantiese veld behoort. Daar moet eerder gepoog word om in soverre dit moontlik is 'n instument te ontwikkel wat taal en kultuur spesifiek is. Die kategorieë en kriteria vir die semantiese analise moet verder aan die hand van die brontaal en - kultuur self ontwikkel word. Die navorser moet baie versigtig wees dat sy ofhaar eie teoretiese voorveronderstellings nie op die ondersoek-instrument afgedruk word nie. In die ondersoek is gevind dat die kulturele dimensie van die leksikale items nie genoegsaam verreken kan word, sonder om die wêreldbeeld te analiseer wat ten grondslag lê van die tekste waarin die leksikale items voorkom nie. Vir die doel is 'n analitiese modelontwikkel. Hierdie buigsame model gebruik 'n stel veranderlikes om die tipiese wêreldbeeld te identifiseer wat ten grondslag lê van 'n bepaalde korpus van tekste. Nadat die onderliggende wêreldbeeld van die boek van Jesaja beskryf is, word die leksikale items in hierdie boek, wat behoort tot die semantiese veld "negatiewe morele gedrag" geanaliseer. Op grond van die resultate word 'n aantal aanbevelings gemaak oor die wyse waarop hierdie items in 'n Hebreeuse leksikon beskryf kan word. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Tot op hede is die studie van die semantiek tot 'n groot mate bëinvloed deur die taalkundige perspektief van die navorser. Dit het dikwels gelei tot resultate wat skeefgetrek is deur die voorveronderstellings van die navorser. Sommige aspekte van betekenis wat van primêre belang is vir die semantiese beskrywing van bepaalde taalkundige konstruksies is in die proses nie genoegsaam, of glad nie, aan die orde gestel nie. Semantiek as 'n interdissiplinêre wetenskap het 'n komplekse karakter aangesien taalkunde, antropologie, kognitiewe sielkunde en, afhangend van die doel van 'n bepaalde semantiese analise, ander verwante dissiplines daarin 'n rol kan speel. Om die rede is daar 'n behoefte aan 'n omvattende benadering in terme waarvan die verskillende faktore verreken kan word. In die semantiese analise van Bybel-Hebreeuse konstruksies vorm die kulturele agtergrond van leksikale items 'n integrale deel van die semantiese inhoud van hierdie items. In die lig van die beduidende historiese en kulturele verskille tussen die konteks(te) van die Ou Testament en die konteks(te) van hedendaagse lesers is dit dus belangrik om die kulturele dimensie van 'n semantiese analise van Bybels-Hebreeuse leksikale items sistematies aan die orde te stel. So 'n benadering is van groot belang vir Bybelvertaling wat by uitstek 'n proses van interkulturele kommunikasie is. Bybelvertalers het 'n behoefte aan analitiese instrumente wat al die fasette van die semantiese inhoud van Bybels-Hebreeuse lekseme verdiskonteer. Die doel van hierdie studie is om 'n semantiese model te ontwerp wat vir die doel gebruik kan word. Die vertrekpunt van die studie is die teorie van komponensiële analise. Die geskiedenis en ontwikkeling van die model word krities bespreek. Die moontlikhede wat hierdie teorie bied vir 'n meer omvattende model word ondersoek. Besondere aandag word gegee aan die nut wat hierdie benadering het as heuristiese instrument vir die semantiese analises. Die komponensiële analise van betekenis word op hierdie manier geïdentifiseer as 'n benadering wat nie te gou afgeskiet moet word as synde te eng strukturalisties nie. Inteendeel, dit kan ook as 'n buigsame instrument ontwikkel word wat nie net betekenisrelasies in terme van dichotomieë kan beskryf nie. Dit kan ook gebruik word om 'n wye verskeidenheid semantiese verhoudings te analiseer wat insigte van die kognitiewe taalkunde insluit. Daar is verder bevind dat die konsep "semantiese universalium" wat 'n belangrike komponent is van sommige benaderings tot leksikale semantiek weinig waarde het vir 'n semantiese analise wat 'n bydrae wil maak tot vertaling as interkulturele kommunikasie. Die universele kategorieë is meestal so generies dat hulle weinig bydrae tot die beskrywing van die fyner nuanses van lekseme wat tot dieselfde semantiese veld behoort. Daar moet eerder gepoog word om in soverre dit moontlik is 'n instument te ontwikkel wat taal en kultuur spesifiek is. Die kategorieë en kriteria vir die semantiese analise moet verder aan die hand van die brontaal en - kultuur self ontwikkel word. Die navorser moet baie versigtig wees dat sy of haar eie teoretiese voorveronderstellings nie op die ondersoek-instrument afgedruk word nie. In die ondersoek is gevind dat die kulturele dimensie van die leksikale items nie genoegsaam verreken kan word, sonder om die wêreldbeeld te analiseer wat ten grondslag lê van die tekste waarin die leksikale items voorkom nie. Vir die doel is 'n analitiese model ontwikkel. Hierdie buigsame model gebruik 'n stel veranderlikes om die tipiese wêreldbeeld te identifiseer wat ten grondslag lê van 'n bepaalde korpus van tekste. Nadat die onderliggende wêreldbeeld van die boek van Jesaja beskryf is, word die leksikale items in hierdie boek, wat behoort tot die semantiese veld "negatiewe morele gedrag" geanaliseer. Op grond van die resultate word 'n aantal aanbevelings gemaak oor die wyse waarop hierdie items in 'n Hebreeuse leksikon beskryf kan word.
14

The reception of Genesis 1-3 in Nguni culture

Gwala, Mzonzima 10 August 2011 (has links)
Thesis (DLitt)--University of Stellenbosch, 2004. / ENGLISH ABSTRACT: This dissertation looks at the reception of Gen. 1-3, one of the most controversial parts in the Hebrew Bible. How was it interpreted by the Nguni speaking communities (e.g. Xhosa, Zulu, siSwazi and siNdebele) taking into consideration their background, culture and religious belief system? The reception approach is followed in the research because of its emphasis on the role of the reader in understanding texts. Sources that are utilized are Nguni Bible translations, selected preached sermons (which the researcher attended himself), Nguni stories and folk tales and reviews undertaken among selected Nguni groups. A close-reading of the texts under discussion is undertaken in order to determine the basic content and issues of interpretation involved. The central concepts of cosmogony as contained in Gen. 1-2 are studied, as well as the story of the Garden of Eden and the concept of the “fall” in Gen. 3. The map of the Nguni language group is described and the culture and belief system of the Nguni speaking communities. Central concepts to this belief system are the worship of ancestors, marriage, circumcision, and among the Swazis the incwala (annual national feast) Legends and folk tales were used as sources for the Nguni belief system. It was determined that the Nguni speaking people worshipped one God in their traditional way, but always through their ancestors as a sign of respect. The role of the missionaries is analyzed by describing the history of the various missionary societies and their influence on the Nguni peoples. A very short discussion is devoted to preached sermons by Nguni pastors in the Seventh-day Adventist Church.Bible translations have always played a very important role among Nguni speakers (both Christians and non-believers). The need for translations using understandable contemporary terms is emphasized. This is the challenge to the Bible societies and Bible translators. Qualitative reviews were undertaken under selected Nguni speaking groups (Xhosa, Zulu, siSwati and siNdebele). Some of the results obtained from these reviews (full transcripts are included) are: (1) that there is a common understanding of the origin of the universe between the Hebrew Bible and the Nguni religious culture. (2) Serpent (Gen. 3): among the Zulus this concept is understood in terms of sexuality, but it can also be linked with the ancestors. (3) Both communities (Hebrew Bible and the Nguni) were tainted with the concept and ideology of patriarchalism. The crucial question in the research was: “what happens when a cosmogonic myth is transferred from one community to another?” In the case of Gen. 1-3 an ancient Hebrew text was transmitted to African cultures via missionaries and Bible translations. Nguni people react differently. Whereas some accept Gen. 1-3 (cosmogonies and the “fall”) as a detailed explanation of how creation and the “fall” came about, others reject it. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Hierdie proefskrif kyk na die resepsie van Gen. 1-3, een van die mees kontroversiële dele in die Hebreeuse Bybel. Hoe word dit geïnterpreteer deur die Ngunisprekende gemeenskappe (Xhosas, Zoeloes, Swazi’s en Ndebele-groepe), met inagneming van hulle agtergrond, kultuur en stelsel van godsdienstige oortuigings? Die resepsiebenadering word in hierdie navorsing gevolg weens die klem op die rol van die leser in hoe tekste verstaan word. Die bronne wat aangewend is, is Ngunibybelvertalings, geselekteerde preke (wat die navorser self bygewoon het), Ngunistories en -volksverhale, en onderhoude wat met geselekteerde Ngunigroepe gevoer is. 'n In-dieptestudie van die betrokke tekste is onderneem ten einde die basiese inhoud en interpretasiekwessies te bepaal. Die sentrale konsep van kosmogonie, soos vervat in Gen. 1- 2, is bestudeer, asook die storie oor die Tuin van Eden en die konsep van die “sondeval” in Gen. 3. Die kaart van die Ngunitaalgroep word beskryf, asook die kultuur en geloofstelsel van die Ngunisprekende gemeenskappe. Sleutelkonsepte in hierdie geloofstelsel is die aanbidding van voorvaders, die huwelik, besnydenis, en onder die Swazi’s, die incwala (jaarlikse nasionale fees). Legendes en volksverhale is gebruik as bronne vir die Ngunigeloofstelsel. Daar is vasgestel dat die Ngunisprekende mense altyd een God aanbid het op hulle tradisionele manier, maar altyd deur voorvaders as 'n teken van respek. Die rol van die sendelinge word ontleed deur die geskiedenis van die verskeie sendinggenootskappe te beskryf, asook hulle invloed op die Ngunimense. 'n Baie kort bespreking word gewy aan preke gelewer deur Ngunipastore in die Sewendedaagse Adventistekerk.Bybelvertalings het nog altyd 'n baie belangrike rol gespeel onder Ngunisprekers (beide Christene en nie-gelowiges). Die behoefte vir vertalings wat verstaanbare, kontemporêre terme gebruik, word beklemtoon. Dít is die uitdaging wat aan die bybelgenootskappe en bybelvertalers gestel word. Kwalitatiewe onderhoude is afgelê onder geselekteerde Ngunisprekende groepe (Xhosas, Zoeloes, Swazi’s en Ndebele-groepe). Resultate wat verkry is van hierdie evaluerings (waarvan volledige transkripsies voorsien word) sluit in: (1) dat daar 'n gemeenskaplike begrip is van die oorsprong van die heelal by die Hebreeuse Bybel en die Ngunigeloofskultuur; (2) dat die konsep van die slang (Gen. 3) onder die Zoeloes in terme van seksualiteit verstaan word, maar dat dit ook met die voorvaders in verband gebring kan word; en (3) dat beide gemeenskappe (Hebreeuse Bybel en die Nguni) tekens dra van die konsep en ideologie van patriargisme. Die kernvraag in die navorsing was: “Wat gebeur wanneer ’n kosmogoniese mite oorgedra word van een gemeenskap na 'n ander?”. In die geval van Gen. 1-3 is 'n ou Hebreeuse teks oorgedra na Afrikakulture via sendelinge en bybelvertalings. Ngunimense reageer verskillend. Waar sommige Gen. 1-3 aanvaar (kosmogonieë en die “sondeval”) as 'n gedetailleerde verduideliking van hoe die skepping en die “sondeval” plaasgevind het, word dit deur ander verwerp.
15

Divine assemblies in early Greek and Mesopotamian narrative poetry

Petrella, Bernardo Ballesteros January 2017 (has links)
This thesis charts divine assembly scenes in ancient Mesopotamian narrative poetry and the early Greek hexameter corpus, and aims to contribute to a cross-cultural comparison in terms of literary systems. The recurrent scene of the divine gathering is shown to underpin the construction of small- and large-scale compositions in both the Sumero-Akkadian and early Greek traditions. Parts 1 and 2 treat each corpus in turn, reflecting a methodological concern to assess the comparanda within their own context first. Part 1 (Chapters 1-4) examines Sumerian narrative poems, and the Akkadian narratives Atra-hsīs, Anzû, Enûma eliš, Erra and Išum and the Epic of Gilgameš. Part 2 (Chapters 5-8) considers Homer's Iliad, the Odyssey, the Homeric Hymns and Hesiod's Theogony. The comparative approaches in Part 3 are developed in two chapters (9-10). Chapter 9 offers a detailed comparison of this typical scene's poetic morphology and compositional purpose. Relevant techniques and effects, a function of the aural reception of literature, are shown to overlap to a considerable degree. Although the Greeks are unlikely to have taken over the feature from the Near East, it is suggested that the Greek divine assembly is not to be detached form a Near Eastern context. Because the shared elements are profoundly embedded in the Greek orally-derived poetic tradition, it is possible to envisage a long-term process of oral contact and communication fostered by common structures. Chapter 10 turns to a comparison of the literary pantheon: a focus on the organisation of divine prerogatives and the chief god figures illuminates culture-specific differences which can be related to historical socio-political conditions. Thus, this thesis seeks to enhance our understanding of the representation of the gods in Mesopotamian poetry and early Greek epic, and develops a systemic approach to questions of transmission and cultural appreciation.
16

Josephus' reasons for the Jewish War

Benson, Derrick 12 1900 (has links)
Thesis (MA)--Stellenbosch University, 2001. / ENGLISH ABSTRACT: In this thesis I will examine and discuss the reasons given for the Jewish War of AD 66 - 70. Reasons put forward by modern scholars specializing in the study of the works of Flavius Josephus are examined and discussed. However, the bulk of my study centres on the reasons that Flavius Josephus supplies for the war as found in his major work Bellum Judaicum. One is lead to the conclusion that he firmly believes that reasons on the human and transcendent planes contributed to the catastrophic events that lead to the destruction of Jerusalem and the Temple. The worldview of this Jewish priest, general and accomplished historiographer was strongly influenced by the religious tenets of the Torah and the past history of the Jewish nation. He cannot countenance the wicked and evil deeds committed shamefacedly by his people against the clear standards that God had given to the nation, and believes that retribution by God will follow. He cannot forget occasions on the past when God intervened in the affairs of his nation by using a pagan world power to accomplish the purposes of God. He sees a similar recurrence of the events that lead to the destruction of the Jerusalem and the Temple in 587/6 BC being manifested in the Jewish War of AD 66 - 70. / AFRIKAANSE OPSOMMING: In hierdie tesis word die redes wat vir die Joodse Oorlog van AD 66-70 aangebied word, ondersoek en bespreek. Veral die redes wat moderne geleerdes wat in die bestudering van Flavius Josephus se werk spesialiseer, word nagespeur en bespreek. Die grootste deel van die studie fokus egter op die redes wat Flavius Josephus self vir die gebeurtenis voorhou, soos wat hy dit in sy belangrike werk, Bellum Judaicum, uiteensit. 'n Mens kom tot die gevolgtrekking dat hy met groot oortuiging glo dat die redes wat tot die katastrofiese gebeure rondom die vernietiging van Jerusalem en die Tempel 'n bydrae gelewer het, op die vlak van sowel die menslike as bomenslike te vinde is. Die wêreldbeskouing van hierdie bedrewe geskiedskrywer en Joodse priester is deur beide die Torah se godsdienstige voorskrifte en volksgeskiedenis sterk beïnvloed. Hy kan nie sy steun aan die blatante en bose dade van sy volksgenote teen die duidelike standaarde wat God gegee het, toesê nie. Volgens hom moes God se vergelding volg. Hy kan ook nie vergeet hoe God in sy volk se verlede ingegryp het deur om goddelose wêreldmagte aan te wend om sy Goddelike doelwitte te bereik nie. Hy gewaar 'n soortgelyke herhaling van gebeurtenisse wat tot die vernietiging van Jerusalem en die tempel in 587/6 vC gelei het, in die aanloop tot die Joodse Oorlog van AD 66-70.
17

Magic in the ancient Near East with special reference to ancient Israel

Liedeman, Gwendolene Caren 12 1900 (has links)
Thesis (MA)--Stellenbosch University, 2002. / ENGLISH ABSTRACT: In this investigation an anthropological and comparative approach was employed in the study of magic in the ancient Near East. Firstly, a survey was presented with regard to anthropological theories throughout the nineteenth and twentieth centuries. This forms the background against which evidence on magic with respect to the cultures of the ancient Near East is investigated. Secondly, examples of magic in the Ancient Near East was discussed, with reference to Egypt, Mesopotamia and Hittite Anatolia. Reference was made to categories such as magic spells, objects, rituals and magical experts (magicians) and various examples were discussed. Thirdly, an analysis was made about the phenomenon of magic in ancient Israel. In this context magic plays a somewhat different role in comparison to its other ancient Near Eastern neighbours. It was shown that so-called miraculous actions, miracle workers (prophets) and other religious actions (curses and blessings) in the Hebrew Bible could definitely be associated with magic. The frequent prohibitions against magical practises furthermore suggest that magic was indeed been practiced in ancient Israel. / AFRIKAANSE OPSOMMING: In hierdie ondersoek met betrekking tot magie in die ou Nabye Ooste word gebruik gemaak van 'n antropologiese en vergelykende benadering. Eerstens word 'n oorsig aangebied van antropologiese teorieë met betrekking tot magie in die negentiende en twintigste eeue. Dit vorm die agtergrond waarteen die verskynsel van magie in die ou Nabye Ooste ondersoek word. Tweedens word voorbeelde van magie in die ou Nabye Ooste ondersoek, met verwysing na Egipte, Mesopotamië en die Hetiete. Spesiale aandag word gegee aan kategorieë soos magiese spreuke, magiese objekte, rituele en magiese spesialiste. Dit word toegelig met verskillende toepaslike voorbeelde. Derdens word 'n ondersoek gedoen na die aard van magie in Oud-Israel. In hierdie konteks het magie ietwat van 'n ander rol vervul in vergelyking met die ander ou Nabye Oosterse bure. Daar word aangedui dat sekere wonderdade, wonderwerkers (profete), en ander religieuse aksies (vervloekinge en seënuitsprake) in die Hebreeuse Bybel met magie geassosieer kan word. Die vele verbiedinge teen die beoefening van magie is 'n duidelike aanduiding dat magie inderdaad in Israel gepraktiseer is.
18

The impact of a change in political constitution on early Palestinian Judaism during the period 175-161 B.C.E.

Molyneaux, M. E. 03 1900 (has links)
Thesis (MA)--Stellenbosch University, 2002. / ENGLISH ABSTRACT: This study looks at a watershed period in the history of Judaism. In 175 B.C.E. a group of Jews sought to break Judaea out of the isolation in which it had stood since the Persian period. They wished to develop closer ties with their neighbours in Coele-Syria and Phoenicia and the Greek world in general. Since the Persian period the people of Judaea had been governed by high priests according to the 'ancestral laws' i.e. the Torah and its interpretation by Ezra. This 'ancestral law' had been confirmed as binding on all Jews by Antiochus III in his decree of 198 B.C.E. In order to move beyond the restrictions placed on contact between Jews and other peoples, it would be necessary to have the political status of Judaea changed. A change of political status could only be brought about by the king or one of his successors. In 175 B.C.E. a group of Jews requested Antiochus IV to permit them to transform Judaea from an ethnos into a polis. He agreed and the transformation was begun. It is these events of 175 B.C.E. that form the base of this study. The writer uses the model of Cultural Anthropology to form a framework in which these and subsequent events can be analysed. In this way we can get a better understanding of how events progressed. How a political reform ended in a religious suppression and persecution and finally a successful revolt against the Seleucid kingdom. The Torah and its interpretation stood at the center of Jewish life. Each group interpreted the law in their own way and understood events in relation to this interpretation. Therefore no analysis of this period can be undertaken without taking the law and its various interpretations into account. The law is the thread that holds all facets of this work together. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Hierdie studie handeloor 'n tydperk van waterskeiding in die geskiedenis van die Judaïsme. In 175 ve. wou 'n groep Jode in Palestina wegbreek uit die isolasie waarin hulle hulleself bevind het sedert die oorname deur die Persiese ryk. Hulle wou graag nouer bande met hulle buurstate en die Griekse wêreld aanknoop. Sedert die Persiese tydperk is die mense van Juda deur hëepriesters regeer, volgens die 'voorvaderlike wette', dws die Torah en sy vertolking volgens Esra. Alle Jode was gebind deur hierdie 'voorvaderlike wette' deur Antiogus III se dekreet van 198 ve. Indien die mense die beperkings teen kontak met ander volke sou wou ophef, sou dit nodig wees om die politieke status van Juda te verander. Net die koning of een van sy opvolgers kon die politieke status van Juda verander. In 175 ve. word Antiogus IV deur 'n groep Jode gevra om verlof om Jerusalem in 'n Griekse polis te omskep. Hy het ingestem en die omskepping het begin. Hierdie gebeurtenisse van 175 ve. vorm die basis van hierdie studie. Die skrywer gebruik die kutuur-antropologiese teoretiese model as raamwerk vir die ontleding van hierdie en opvolgende gebeurtenisse. Hierdie model stelons in staat om die ontwikkelinge in Juda beter te verstaan en meer spesifiek 'n antwoord op die volgende vraag te kry: "Hoekom het politieke hervorming tot godsdienstige verdrukking en vervolging aanleiding gegee en in die finale instansie tot 'n suksesvolle opstand teen die Seleukied koninkryk gelei?" Die Torah en sy vertolking het die sentrum van die Joodse lewe gevorm. Elke groep in Juda het die 'wet' op sy eie manier vertolk en ontwikkelinge in verband daarmee probeer verstaan. Daarom is dit nie moontlik om hierdie tydperk te bestudeer sonder 'n erkenning van die waarde van die 'wet' en sy verskillende vertolkings nie. Die 'wet' is die goue draad wat hierdie studie byeen hou.

Page generated in 0.092 seconds