• Refine Query
  • Source
  • Publication year
  • to
  • Language
  • 85
  • Tagged with
  • 86
  • 86
  • 86
  • 85
  • 85
  • 85
  • 85
  • 53
  • 52
  • 29
  • 20
  • 20
  • 17
  • 15
  • 14
  • About
  • The Global ETD Search service is a free service for researchers to find electronic theses and dissertations. This service is provided by the Networked Digital Library of Theses and Dissertations.
    Our metadata is collected from universities around the world. If you manage a university/consortium/country archive and want to be added, details can be found on the NDLTD website.
31

“Improving the existing public sector strategic planning guidelines towards integrated provincial and local government strategic planning processes : lessons learned from Eastern Cape"

Maxegwana, Malusi 03 1900 (has links)
Thesis (MPA)--Stellenbosch University, 2012. / ENGLISH ABSTRACT: The practice of public-sector strategic planning has gained dominance in public sector management in imitation of the concept of strategy in military science and later of the practice of strategic planning in the private sector. Its institutionalisation in the public sector should be welcomed as a positive development. The policy and regulatory framework instils a culture of cooperative governance through the promotion of effective intra- and inter-governmental relations that assume a developmental approach to planning. It is this culture that sets parameters within which the practice of strategic planning should be managed in the public sector. Strategy alignment is critical in achieving cooperative governance in strategic planning, as is shown in this study. The study sought to establish the extent to which the existing strategic planning guidelines could be manipulated to achieve alignment between the provincial and local spheres of government. A qualitative study was performed. It relied on both a non-empirical literature review and an empirical investigation to generate its data. Interviews were conducted with representatives of a sample of four Provincial Departments and seven different Municipalities drawn from the three categories of Local Government, namely metropolitan, local and district Municipalities. The Eastern Cape Provincial Government structure with its composite Municipalities constituted the case selected for this study. The study revealed that strategic planning in the province assumes different formats ranging from basic and medium-term to comprehensive and long-term, as well as sector- and project-specific strategic planning processes. The public sector strategic processes are politically influenced, taking their tone from political directives, but driven mainly by administrators. Whereas the active participation of politicians in shaping integrated development plans (IDPs) as the principal strategic plans for Municipalities is acknowledged, the concern that politicians at a provincial level are playing a limited role in shaping Provincial Departments’ strategic plans remains relevant. It is vital that the political governance centre in the province; namely the premier’s office, should take charge of coordinating strategic planning and should be responsible for the alignment efforts of the government structures in the province. Strategic planning plays a significant role in defining the organisational growth path of every public-sector organisation, as well as the management of public resources, financial and non-financial. This study advocates for learning as a central organisational value and recommends that the existing strategic-planning guidelines be improved to embody a cooperative governance approach. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Die toonaangewende posisie wat strategiese beplanningspraktyk in die openbare sektor, binne die kader van bestuur in die openbare sektor, verwerf het, het beslag gekry weens die nabootsing van strategiese beplanningskonsepte eie aan die militêre wetenskapsmilieu. Dit is later versterk deur navolging van strategiese beplanningsmodelle uit die privaatsektor. Die institusionalisering van strategiese beplanning in die openbare sektor moet as ’n positiewe ontwikkeling verwelkom word. Beleidstelling en ’n reguleringsraamwerk vestig ’n sterk korporatiewe verantwoordelikheidsin. Dit word bewerkstellig deur die bevordering van effektiewe intra- en interregeringsvehoudinge, wat ’n ontwikkelingsbenadering tot beplanning veronderstel. Hierdie kultuur omskryf die raamwerk vir die toepassing van strategiese beplanning in die openbare sektor. Soos hierdie ondersoek aandui, is ’n voorvereiste vir deelnemende bestuur, wanneer daar strategies beplan word, koördinering van strategie. Die ondersoek het ten doel gehad om te bepaal tot watter mate bestaande strategiese beplanningsriglyne aangepas kon word om gerigdheid tussen provinsiale en plaaslike regeringsfere te bewerkstellig. ’n Kwalitatiewe ondersoek is gedoen, gebaseer op navorsingsdata verkry uit sowel ’n nie-empiriese literatuurstudie as ’n empiriese ondersoek. Onderhoude is gevoer met verteenwoordigers van ’n monster werknemers, saamgestel vanuit vier provinsiale departemente en sewe verskillende munisipaliteite. Die volle spektrum van plaaslike regeringsinstellings is gedek, naamlik metropolitaanse, plaaslike en distriksmunisipaliteite. Die provinsiale regeringstruktuur van die Oos-Kaap en sy saamgestelde munisipaliteitstrukture vorm die basis vir hierdie gevallestudie. Die ondersoek het aangedui dat strategiese beplanning in hierdie provinsie verskeie vorme aanneem; dit wissel in formaat van basies en mediumtermyn tot omvattend en langtermyn, asook sektorale en projekspesifieke strategiese beplanningsprosesse. Die strategiese proses van die openbare sektor word polities beïnvloed deur die politieke ondertoon teenwoordig in direktiewe, maar dit is hoofsaaklik administrateurs wat die agenda bepaal. Alhoewel die aktiewe betrokkenheid van politici in die daarstelling van geïntegreede ontwikkelingsplanne (GOP’s), die hoof strategiese planne vir munisipaliteite, erken word, is daar steeds rede tot kommer dat politici op provinsiale vlak slegs ’n beperkte rol vervul as dit kom by die skep van die provinsiale departemente se strategiese planne. Dit is van kritieke belang dat die kern van politieke bestuur, naamlik die kantoor van die premier, in beheer van die koördinering van strategiese beplanning moet wees en verantwoordelikheid sal aanvaar vir die koördineringspogings van regeringstrukture in die provinsie. Strategiese beplanning speel ’n betekenisvolle rol wanneer die organisatoriese ontwikkelingspad vir elke openbare sektor instelling uitgestippel word, asook by die bestuur van openbare bronne; sowel finansieel as nie-finansieel. Hierdie ondersoek maak voorspraak vir die beklemtoning van kennisontwikkeling as ’n sentrale organisatoriese noodsaak en beveel aan dat bestaande strategiese beplanningsriglyne sodanig aangepas word dat dit ’n koöperatiewe bestuursplan vir beter deelnemende bestuur beliggaam.
32

Assessing the readiness for the implementation of Generally Recognised Accounting Practice (GRAP) in the Department of Transport and Public Works in the Western Cape

Solomons, Yolanda M. 03 1900 (has links)
Thesis (MPA)--Stellenbosch University, 2012. / ENGLISH ABSTRACT: IMPLEMENTATION OF GENERALLY RECOGNISED ACCOUNTING PRACTICE (GRAP) IN THE DEPARTMENT OF TRANSPORT AND PUBLIC WORKS IN THE WESTERN CAPE. The research project was undertaken to explore one of the major obstacles in South Africa’s public sector, namely shifting the basis of accounting from modified cash accounting to accrual accounting. Contrary to cash accounting, which recognises expenditure only when cash is paid and income is received, accrual accounting recognises expenditure when the goods and services are received and income is recognised when services are rendered. Given the condition of financial reporting within departments with no accrual accounting compliant systems, no processes and policies in place to comply with accruals and lack of relevant capacity and skills, the purpose of the study was to determine the capability of the department to implement accrual accounting (mainly Generally Recognised Accounting Practice (GRAP)) in the public sector context. What needed to be determined was the readiness of the department for the implementation and the challenges and conditions that hampered the implementation of accrual accounting. The literature review explores the existing information for correlation with the implementation of GRAP and recommendations are made to departments within the public sector to ensure an approach and conversion plan that would be relevant and practical in the current environment and address all challenges and concerns identified within a reasonable time frame. The importance of the research for the public sector resides in the recognition of the need for better understanding of the implementation of accrual accounting, so that significant risks and challenges of the accrual accounting implementation may be determined within departments in the public sector. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Hierdie navorsingsprojek is onderneem om die gereedheid van die Departement van Vervoer en Openbare Werke ten opsigte van die implementering van die toevallingsgrondslag van rekeningkunde (GRAP) in die publieke sektor te bepaal. Ondersoek is ingestel na een van die grootste struikelblokke in Suid-Afrika se publieke sektor, naamlik die verskuiwing vanaf die kontantgrondslag van rekeningkunde na die toevallingsgrondslag van rekeningkunde. Ooreenkomstig die kontantgrondslag van rekeningkunde word transaksies en ander gebeure erken wanneer kontant ontvang of betaal word. Volgens die toevallingsgrondslag van rekeningkunde word transaksies en ander gebeure egter erken wanneer dit aangegaan word en nie wanneer kontant ontvang of betaal word nie. Gegewe die toestand van finansiële verslagdoening binne die departemente, met geen voldoening aan toevallingsgrondslagrekeningkundige stelsels nie, geen prosesse en beleide in plek nie en 'n gebrek aan kapasiteit en vaardighede in die publieke sektor, was die doel van die studie om te bepaal tot watter mate die departement oor die vermoë beskik om toevallingsgrondslagrekeningkunde binne die departemente in die publieke sektor te implementeer en om die gereedheid vir die implementering en die uitdagings en struikelblokke wat die implementering kan belemmer, te identifiseer. ‘n Literatuurstudie is onderneem om die beskikbare inligting met die implementering van toevallingsgrondslagrekeningkunde (GRAP) te gekorreleer en aanbevelings word aan die departemente in die publieke sektor gemaak om te verseker dat die benadering en die omskakelingsplan hiervoor die huidige situasie toepaslik en prakties sal aanspreek en alle uitdagings en probleme binne 'n redelike tydperk die hoof sal bied. Vir die publieke sektor is die belangrikheid van die navorsing daarin geleë dat 'n beter begrip van die toepassing van toevallingsgrondslagrekeningkunde in departemente nodig is sodat die beduidende risiko's en uitdagings wat met die implementering van toevallingsgrondslagrekeningkunde binne departemente in die openbare sektor vasgestel kan word.
33

Developing a sourcing strategy in the South African Police Service Garages

Vanto, Zacharia 03 1900 (has links)
Thesis (MPA)--Stellenbosch University, 2012. / ENGLISH ABSTRACT: research study was about finding the right sourcing strategy that would work effectively for the South African Police Service (SAPS) garages. Its purpose was to help the SAPS garages deal strategically and effectively with their work load while repairing the SAPS vehicles, as the current evidence indicated that the garages might not have sufficient capacity to cope with the volume of repairs they were receiving. The research was structured as a case study design, in which personal interviews were held with SAPS garage managers, SAPS strategy drivers (Head Office) and executive managers at the City of Cape Town, Western Cape Provincial Government Fleet, and Passenger Rail Agency of South Africa (PRASA). To follow up on these initial one-on-one interviews, a further questionnaire comprising similar, information-gathering questions was sent out to various SAPS garage managers to elicit more detailed information on the circumstances of their individual garages. A literature review, which formed the basis of the study, explains the sourcing strategy, and explores different sourcing options including how to make the best sourcing decision. In this study, three models of sourcing strategy were considered, and were supported by the case study of the City of Cape Town, Western Cape Provincial fleet management, and PRASA. This study has proved that what the different authors have written and recommended about in-sourcing and outsourcing can still be considered in conjunction with the current legislative and policy framework. The cost analysis was conducted in order to be able to assess which option would be the more expensive between in-sourcing and outsourcing. The fundamental finding of this research was that the SAPS garages could not handle all the work they were receiving, as they did not have the capacity, for various reasons, to deal with the volume of vehicle repairs that were coming in, and that the variety of sourcing strategies at the different garages were not effectively reducing the backlog. There was no clear sourcing strategy in place from the National office to guide the garages. From these findings, the recommendation is that the big garages should handle all the services and minor repairs including some major repairs, with the majority of the major repairs being outsourced to service providers, while the smaller garages should focus on services and minor repairs only, and outsource all major repairs. The vehicles that are not within a 30km radius of the SAPS garages must be directly outsourced to providers using the RT46 contract, or similar arrangement. Further research studies are needed regarding the demographic structure of the garages, and also regarding the effectiveness and efficiency of the actual running of the garages. A balance then needed to be found between in-sourcing and outsourcing, whilst ensuring that the garages were operating efficiently and outsourcing responsibly. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Die navorsingstudie is gedoen om die effektiefste en geskikste verkrygingstrategie vir die voertuigwerkswinkels van die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) te bepaal. Die doel was om die werkswinkels te help om strategies en effektief te werk gegewe hulle werkslading, aangesien huidige bewyse getoon het dat hulle nie voldoende kapasiteit daarvoor het nie. Die navorsing is gestruktureer as ’n gevallestudie, waartydens persoonlike onderhoude met SAPD-werkswinkelbestuurders, SAPD- strategiese drywers (Hoofkantoor), en uitvoerende bestuurders van die Stad Kaapstad, die Wes-Kaapse Provinsiale Regering-vloot en die passasier-spooragentskap van Suid-Afrika (PRASA) gevoer is. Ter opvolging van die oorspronklike individuele onderhoude is ’n verdere vraelys gebruik waarin soortgelyke vrae aan SAPD-werkswinkelbestuurders gestel is om meer inligting aangaande die toestand van hulle werkswinkels te bekom. ’n Literatuuroorsig, wat die basis gevorm het van die studie, verduidelik die verkrygingstrategie en ondersoek verskillende verkrygingsopsies, asook hoe om die beste verkrygingsbesluite te neem. In hierdie studie is drie verkrygingstrategiemodelle oorweeg, wat ondersteun is deur die gevallestudie van die Stad Kaapstad, die Wes-Kaapse Provinsiale Regering-vlootbestuur en PRASA. Die studie het bewys dat dít wat die onderskeie outeurs oor in- en uitkontraktering bevind en aanbeveel het, steeds oorweeg behoort te word, aangevul deur die bestaande wetgewing en beleidsraamwerk. Die kosteontleding is gedoen om te bevestig watter in- of uitkontrakteringsopsies die effektiefste sou wees. Die fundamentele bevinding van hierdie navorsing is dat die SAPD se voertuigwerkswinkels tans nie al die werk wat hulle ontvang, kan hanteer nie, omdat hulle om verskeie redes nie die nodige kapasiteit het om die groot aantal voertuie wat inkom, te herstel nie. Die uiteenlopende strategieë wat die onderskeie werkswinkels volg sover dit uitkontraktering betref, verminder ook nie die agterstand nie. Daar is nie ’n duidelike verkrygingstrategie van die nasionale kantoor wat riglyne aan die werkswinkels verskaf nie. Die aanbeveling na aanleiding van hierdie bevindinge is dat die groot werkswinkels al die versienings en kleiner herstelwerk, met inbegrip van sekere groot herstelwerk, moet hanteer, terwyl die kleiner werkswinkels moet fokus op versienings en kleiner herstelwerk, en alle groot herstelwerk moet uitkontrakteer. Indien voertuie buite ’n 30 km-radius van ’n SAPD-werkswinkel is, moet sodanige herstelwerk uitgekontrakteer word deur gebruik te maak van die RT46-kontrak, of ’n soortgelyke reëling. Verdere navorsingstudies is nodig oor die demografiese struktuur van die werkswinkels, asook die doelmatigheid en effektiwiteit betreffende die werklike bedryf van die werkswinkels. ’n Balans moet gevind word tussen in- en uitkontraktering, terwyl daar verseker moet word dat die werkswinkels effektief bedryf word en uitkontraktering op ’n verantwoordelike wyse geskied.
34

An evaluation of e-government within the Provincial Government Western Cape (PGWC)

Jantjies, Stephan Omar 12 1900 (has links)
Thesis (MPA (Public Management and Planning))--University of Stellenbosch, 2010. / ENGLISH ABSTRACT: Electronic government or e-Government has become a global phenomenon and is seen as a tool to strengthen the performance of government and public administration. An efficient and effective state administration is a necessary requirement for economic and social development. This study describes to what extent the e-Government policy of the PGWC compares with other e-Government policies internationally and in particular the Australian e-Government policy. South Africa as a young democracy can use the transformational power of the e- Government approach to the benefit of government, business and the citizens of the country if this approach is applied appropriately. e-Government offers the opportunity to improve public services and can even reduce the gap that exists between those who are computer literate and those who are not. E-Government in the PGWC is still in the beginning phases compared to e- Government in Australia, which has developed rapidly over the last decade. The PGWC can learn from the Australian e-Government development process, with Australians being regarded as one of the leading e-Government nations in the world, according to the United Nations Organisation. Even though the e-Government policy of the PGWC and the Australian e- Government policy use a comparatively similar approach within the demographic boundaries in which they exist, it was found that the socio-economic challenges of South Africa as a developing country, still have an enormous influence on the optimal application of the e-Government policy. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Elektroniese regering of e-Regering het ‘n wêreldwye verskynsel geraak en kan gesien word as ‘n maatstaf vir die versterking van regeringsoptrede en publieke administrasie. ‘n Effektiewe en doeltreffende staatsadministrasie is ‘n noodsaaklike vereiste vir ekonomiese en sosiale ontwikkeling. Hierdie studie beskryf tot watter mate die e-Regeringsbeleid van die Wes-Kaapse Provinsiale Regering met ander internasionale e-Regeringsbeleide vergelyk, veral met betrekking tot die e- Regeringsbeleid van Australië. As ‘n jong demokrasie kan Suid-Afrika die transformerende invloed van die eregerings benadering tot die voordeel van die regering, besigheid en die burgers van die land gebruik indien hierdie benadering korrek toegepas word. e-Regering bied die geleentheid om publieke dienste te verbeter en kan selfs die bestaande gaping vernou tussen diegene wat rekenaargeletterd is en diegene wat nie rekenaargeletterd is nie. e-Regering in die Wes-Kaapse Provinsiale Regering is nog in ‘n betreklike vroeë stadium vergeleke met e-regering in Australië waar dit oor die laaste dekade snel ontwikkel het. Die Wes-Kaapse Provinsiale Regering kan vanuit die ontwikkelingsproses van die Australiese e-Regering leer, daar Australië deur die Verenigde Volkere-organisasie as een van die voorste e-Regeringnasies in die wêreld beskou word. Selfs al toon die beleide van die Wes-Kaapse Provinsiale Regering en die van Australië ‘n relatief eenderse benadering tot e-Regering binne die demografiese grense waarin hulle bestaan, is gevind dat die sosio-ekonomiese uitdagings van Suid-Afrika as ‘n ontwikkelingsland steeds ‘n enorme invloed op die optimale aanwending van e-Regering het.
35

Integration of African traditional health practitioners and medicine into the health care management system in the province of Limpopo

Latif, Shamila Suliman 12 1900 (has links)
Thesis (MPA (Public Management and Planning))--University of Stellenbosch, 2010. / ENGLISH ABSTRACT: The Department of Health estimates that 80 percent of South Africans consult traditional healers before consulting modern medicine. The aim of this study is to investigate the extent of the use of traditional medicine in local communities in the Limpopo Province, and add value to a draft policy that was introduced by the Minister of Health. (South Africa, Department of Health 2007a) Traditional healers are regarded as an important national health resource. They share the same cultural beliefs and values as their patients. They are respected in their communities. In South Africa, traditional healers have no formal recognition as health care professionals. Despite the advantages of modern medicine, there is a dramatic evolution in traditional medicine developing and developed countries. In recognition of the value that traditional medicine has added to people’s health needs, government organisations have realised the gap and needed to embark on public participation to bring to light the solution, by implementing a relevant policy (Matomela 2004). According to research done by Pefile (2005), positive outcomes that resulted from the use of traditional medicine include a more holistic treatment, a wider choice of health care that suits people’s needs, and scientific advancement, this paves a way forward for a policy to be put into place for the legal recognition of traditional medicine. New legislations have been brought about in regulating traditional medicine and practitioners. This paper provides a synopsis of government initiatives to close the gap and address the concerns of integrating traditional and modern medicine. The thesis addresses the challenges involved in incorporating the two disciplines for the best possible impact of local communities in accessing their rights as vested in the constitution. The study is a qualitative study where relevant practicing traditional healers, users, Western doctors, nurses, managers and government policy makers were interviewed regarding the draft policy on traditional medicine. This was to obtain information on the challenges, gaps and possible solutions regarding the integration of African traditional medicine into the health care system of Southern Africa. Findings show the following: a majority of traditional healers do not agree to scientific trialling and testing on the herbs that they prescribe, and Western doctors feel that traditional healers should only treat patients spiritually unless they have a scientifically tested scope and limitations on their field. The study also found that traditional healers want to be registered and integrated into the health care system, but do not agree to have regulated price fixing. Other conclusions included that the communities seek traditional help for cultural reasons and more benevolent purposes, but are changing their focus towards seeking medical help from clinics where it is provided for them. However, people within the communities are still confused whether to seek traditional or western medicine and therefore seek both. It was found that medications are not readily available in district clinics and hospital waiting times force people into seeking traditional help. Nurses, doctors and caregivers acknowledge that traditional healers are hampering the health care of patients by delaying hospital treatment of patients hence progressing illnesses. However, they also state that traditional healers help people spiritually and mentally. Therefore policy makers have found solutions to educate healers and create regulatory boards to limit and create a scope of practice for traditional healers. Recommendations and solutions for the relevant policy are as follows: It is recommended that traditional health practitioners should only be allowed to practice and train over the age of 21. They must be prohibited from certain procedures, for example: drawing blood, treating cancers, and treating AIDS/HIV. They should only be allowed to practice midwifery if they have had training. They should be prohibited from administering injections and supervised drugs, unless trained at a tertiary level traditional healers can be used as home caregivers, spiritual healers, and traditional advice counselling entities in the communities. Traditional healers must be prevented from referring to themselves as a ‘doctor’ or ‘professor’. This misleads people into believing that they are allopathic doctors. ‘Traditional health practitioners’ must realise that they are holistic healers, and must be addressed as such. A strong recommendation is to rename ‘traditional health practitioners’ as ‘spiritual practitioners’. With regards to regulations, it must be imperative that every practicing traditional health practitioner be registered annually with the relevant board. A good suggestion is for traditional health practitioners (THP) to attend formal training courses, under an experienced herbalist, and it should be documented on paper. A written record of the location of practice, and specialty must also be documented. There must be policies on health and safety, hygiene and sterility that need to be in place. It is suggested that training on patient confidentially must be taught and implemented. A code of conduct and a standard of professional ethics must also be implemented. Health and safety regulations pertaining to the profession and the citizens must be listed. Efforts towards dispelling myths and making people aware, thereby filtering out the positive side of the traditional medicine (e.g. medical benefits with some herbs), and rooting out the ‘quack’ practices (e.g. the use of amulets around a patient’s body to cure diseases) should be practiced. Pertaining to co-operative relationships between modern medical doctors and traditional practitioners, it is recommended that the use of exchange workshops between the two professionals needs to be developed. Also scientific information and technology must be available to traditional healers. A continued professional development (CPD) programme should be a mandatory requirement, as for all other health care professionals. It seems the development of traditional hospitals, in which a scope of practice is defined, can be used as a recovery ward and a spiritual guidance centre. The above recommendations will encourage a healthier, safer and transparent health care system in South Africa, where all disciplines of medicine co-exist in one National Health Care System. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Nadat navorsing deur die Departement van Gesondheid gedoen is, is daar gevind dat 80 persent van Suid-Afrikaners tradisionele genesers besoek. Die doel van hierdie navorsing is om ondersoek te doen na die gebruik van tradisionele medisyne deur landelike gemeenskappe in die Limpopo Provinsie, en om ook ‘n bydrae te lewer tot die konsepbeleid wat deur die Minister van Gesondheid bekendgestel is (South Africa, Department of Health 2007a). Tradisionele genesers kan beskou word as ‘n belangrike hulpbron in die nasionale gesondheidsdiens. Hulle deel in kulturele gelowe en waardes van hulle pasiente en word ook gerespekteer in hulle gemeenskappe. Suid-Afrika egter, gee geen erkenning aan tradisionele genesers of die feit dat hulle in die gesondheidsdiens is nie. Ondanks die feit van moderne geneesmiddels, is daar ‘n dramatiese evolusie wat besig is om plaas te vind in die Westerse Wêreld. Die erkenning en waarde van tradisionele medisyne wat bydra tot mense se gesondheidkwaliteit, het daartoe gelei dat Staatsorganisasies begin insien het dat daar ‘n gaping is en dat publieke peilings gedoen word om ‘n oplossing te vind en ‘n beleidsdokument saam te stel wat tradisionele genesers insluit (Matomela 2004). Die ondersoek wat Pefile (2005) gedoen het, het positiewe resultate getoon by die gebruik van tradisionele medisyne wat ‘n holistiese behandeling in ‘n wyer verskeidendheid van medisyne insluit by gebruikers. Ook die wetenskaplike vooruitgang van tradisionele medisyne het daartoe bygedra dat ‘n beleidsdokument in plek gesit word vir die wettige erkenning daarvan. Nuwe wetgewing is in werking gestel om beheer uit te oefen oor tradisionele genesers en tradisionele medisyne. Hierdie dokument verskaf ‘n sinopsis van die Staat se inisiatiewe om die gaping tussen moderne medisyne en tradisionele medisyne aan te spreek en ook om landelike gemeenskappe toe te laat om hulle reg uit te oefen soos wat in die Grondwet vervat is. Die studie is kwalitatief waar relevante praktiserende tradisionele genesers, verbruikers, Westerse dokters, verpleegkundiges, bestuurders en staatsdiensbeleidvormers ondervra is oor ‘n konsep beleidsdokument oor tradisionele medisyne. Dit was gedoen om informasie rakende die uitdaging , gapings en 'n moontlike oplossing te vind vir die integrasie van Afrika se tradisionele medisyne in die gesondheidsorgsisteem van Suidelike Afrika. Belangrike bevindings sluit die volgende in: die meerdeerheid tradisionele genesers stem nie saam dat wetenskaplike toetse gedoen word op kruie wat hulle voorskryf nie; tradisionele genesers will geregisteer en geïntegreer word in die gesondheidsorgsisteem maar stem nie saam oor prysregulering en prysvasstelling nie; Westerse dokters is van mening dat tradisionele genesers net pasiënte geestelik moet kan behandel tensy hulle ‘n wetenskaplik getoetse doel en beperkings in hulle veld het; Westerse dokters glo dat tradisionele genesers dwarsboom die gesondheidsorgsisteem deurdat hulle behandeling vetraag; die gemeenskap soek tradisionele hulp op vir kulturele redes en ander welwillendheidsredes maar gaan soek mediese hulp by klinieke waar dit aan hulle verskaf word; mense van gemeenskappe is verward en raadpleeg beide tradisionele genesers en Westerse dokters vir hulp; sommige medisyne is nie altyd by klinieke beskikbaar nie en mense sien nie kans om in lang rye te wag by hospitale nie en dit noop dat hulle tradisionele medisyne gebruik; verpleegkundiges en gesondheidswerkers erken dat tradisionele genesers mense vertraag om gesondheidsorg en behandeling by hospitale te kry, maar verstaan ook dat tradisionele genesers aan mense geestelike hulp verleen; en besleidskrywers moet oplossings vind om tradisionele genesers op te voed en om komitees te stig wat tradisionele genesers se ruimte van praktisering in toom te hou. Die volgende word as voorstelle tot aanpassing van die genoemde beleidsdokument geïdentifiseer:- Tradisionele genesers mag alleenlik praktiseer en opleiding verskaf na die ouderdom van 21 jaar. Hulle moet verbied word om sekere prosedures, byvoorbeeld die trek van bloed; behandeling van HIV/VIGS; om voor te gee dat hulle mediese praktisyns is; om vroedvroue te wees slegs indien gekwalifiseer daartoe; om inspuitings toe te dien en medisyne uit te reik slegs indien hulle tersiëre opleiding gehad het. Tradisionele genesers se dienste kan gebruik word as gemeenskapsgesondheid hulpwerkers, geestelike genesers, en kan tradisionele advies en begeleiding aan die gemeenskap lewer. Tradisionele genesers moet belet word om die titels “Dokter” en “Professor" te gebruik. Tradisionele genesers moet daarop let dat hulle holistiese genesers is en moet daarvolgens aangespreek word. Hulle moenie pasiënte mislei deur voor te gee dat hulle allopatiese geneeshere is nie. “Tradisionele genesers” moet hernoem word na “geestelike genesers”. Tradisionele genesers moet by ‘n erkende organisasie geregistreer word en moet so-ook jaarliks registrasie hernu. Formele onderrig wat deur ‘n ervare kruiegeneser aangebeid word moet bygewoon en gedokumenteer word. ‘n Geskrewe rekord van die ligging van die praktyk en betrokke spesialisering moet bygehou word. Beleidsvoorskrifte wat verband hou met gesondheid en veiligheid, hygiene en sterilisasie moet in die tradisionele gesondheidgeneserspraktyk geïmplementeer word. Opleiding in pasiëntkonfidensialiteit moet aangeleer en toegepas word. Samewerking en werkswinkels tussen moderne mediese dokters en tradisionele gesondheidgenesers moet geïmplementeer en ontwikkel word. Mediese wetenskapsinligting en tegnologie moet aan tradisionele genesers bekendgemaak word. Voorts moet ‘n voortgesette professionele ontwikkelingsprogram (POP) aan alle gesondheidswerkers voorgeskryf word. Dit blyk wenslik te wees om tradisionele hospitale tot stand te bring waar die bestek van praktyk gedefinieer word. Sulke hospitale kan dien as plekke waar pasiënte aansterk en geestelike onderskraging geniet. ‘n Etiese kode en standaard vir professionele etiek moet geskep word vir tradisionele genesers. Gesondheids- en sekureitsregulasies moet van toepassing wees en geïmplementeer word. Pasiënte moet ingelig word oor die wegdoen van mites en fabels. Daardeur kan die positiewe sy van tradisionele medisyne (byvoorbeeld mediese voordele van kruie), en uitroei van “kwakke” (byvoorbeeld dra van gelukbringers om die lywe), verdryf word. Dit sal die aanmoediging van ‘n gesonder, sekuriteitbewuste en deursigtige gesondheidsorg sisteem bewerkstellig in Suid-Afrika waar alle dissiplines van medisyne saam bestaan in die Nasionale Gesondheidsorgsisteem.
36

A critical narrative analysis of the deployment of corporate arrangements in the conduct of government employee pension fund

Kekana, Makabelo Ephraim 12 1900 (has links)
Thesis (MPA (Public Management and Planning))--University of Stellenbosch, 2010. / ENGLISH ABSTRACT: The South African (SA) government is experiencing problems with regard to its service delivery mandate in public institutions. These problems have resulted from a number of factors, such as SA’s history of unequal distribution of resources; the introduction of remedial legislations and programmes when the new government took office in 1994; incorrect implementation of these legislations and programmes with the accompanying departure of skilled managers accompanied by the influx of new and inexperienced managers. Deliberate interventions were introduced to address this service delivery problem however, many public institutions remain unsuccessful in fulfilling their mandate to service delivery. In this study, the Government Employees Pension Fund (GEPF) is used as a case study to learn more about the effect of corporate governance in addressing service delivery problems in public institutions. As a government entity, the GEPF experienced some service delivery problems with regard to its mandate. Like any other public entity in SA, the GEPF is governed by all legislative provisions governing public entities and is equally affected by challenges such as scarcity of resources (financial; equipment and skills). The objectives of the study is to identify major principles and techniques related to corporatisation as an approach to management practice; to identify major challenges encountered by GEPF prior to corporatisation; and to analyse the deployment of corporate arrangements in the conduct of the GEPF in relation to these techniques and principles. The basis of this research is a thorough literature study and interviews with managers of the GEPF. The major finding of this study is that the GEPF has entrusted basic duties and responsibilities affecting its mandate to employer institutions (EIs). These basic yet sensitive functions have been left arbitrarily to EIs, hence the GEPF is unable to execute its duties in its benefits administration in line with its vision. Other findings include internal processes are incorrectly applied, thus hampering effective and efficient benefits administration; there is lack of, or limited use of a performance management system; there is an inability to deal with predictable problems; and the organisation of resources does not support the vision of the GEPF. Achievements in terms of the corporatisation process to improve performance were noted. The enrolment of the services of consultants to assist the GEPF to improve its performance led to the following: approval of the organisational structure that supports the GEPF’s vision; empowerment of managers in terms of skills capacity; conversion of contract workers to permanent; and taking an aggressive approach to performance and risk management. It is therefore concluded that although challenges still exist, the GEPF has embarked on a systematic process to rid itself of the challenges it faces. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Die Suid-Afrikaanse Owerheidsektor ervaar tans probleme ten opsigte van sy diensleweringsmandaat. Die probleme met swak dienslewering kan toegeskryf word aan faktore soos Suid-Afrika se geskiedenis van wat betref die onbillike verdeling van hulpbronne, die daarstel van ʼn nuwe regering in 1994 wat gelei het tot regstellende wetgewing en programme, die onoordeelkundige implementering van hierdie nuwe wetgewing en programme, en die gepaardgaande verlies van bekwame bestuurders en die aanstelling van nuwe en onervare bestuurders. Ten spyte van doelbewuste ingrypings om die diensleweringprobleem aan te spreek, bly owerheidsinstellings steeds in gebreke om aan hul diensleweringsmandaat te voldoen. Die Government Employees Pension Fund (GEPF) is as ʼn gevallestudie gebruik om die effek van korporatiewe bestuur op die hantering van diensleweringsprobleme in owerheidsinstellings te bepaal. Die GEPF as ʼn owerheidsinstelling ervaar ook probleme wat sy mandaat van dienslewering betref. In vergelyking met ander owerheidsinstellings ervaar die GEPF soortgelyke uitdagings ten opsigte van hulpbronverdeling (op finansiële vlak, en wat toerusting en vaardighede betref). Die doelwit van die studie is om die hoofbeginsels en -tegnieke verbonde aan korporatisering as ʼn bestuursbeleid te identifiseer, om die hoofuitdagings vir die GEPF voor intervensie op ʼn objektiewe en onbetrokke wyse te identifiseer, en om die tegnieke en beginsels aangewend sedert die implementering van die intervensie te analiseer. Hierdie studie is op ʼn deeglike literatuurstudie en die voer van onderhoude met bestuurslede van die GEPF geskoei. Die vernaamste bevinding van die studie is dat die GEPF sy basiese verpligtinge en verantwoordelikhede rakende sy mandaat aan die werkgewersinstellings toevertrou. Die basiese, dog sensitiewe funksies wat arbitrêr aan die werkgewer oorgelaat word, kniehalter die GEPF om sy administratiewe pligte volgens sy visie uit te voer. Ander bevindings sluit in dat interne prosesse op ʼn ondoeltreffende manier toegepas word, wat dan doeltreffende administrasie kortwiek. Dit sluit in die gebrek of beperkte gebruik van ʼn prestasiebestuurstelsel, die onbevoegdheid om ooglopende probleme te identifiseer en beperkte hulpbronne, wat nie die visie ondersteun nie. Die aanwending van korporatiewe prosesse om dienslewering te verbeter blyk suksesvol te wees. Die aanstelling van konsultante om behulpsaam te wees met dienslewering het gelei tot die goedkeuring van ʼn organisatoriese struktuur wat die visie van die GEPF ondersteun, die bemagtiging van bestuurders omdat hul vaardigheid verbeter is, die aanstelling van kontrakwerkers in permanente poste en ʼn aggressiewe benadering tot prestasie- en risikobestuur. Die gevolgtrekking is dat alhoewel daar nog uitdagings bestaan, die GEPF ʼn sistematiese proses onderneem het om die uitdagings te oorkom.
37

An assessment of South African housing co-operatives : the case of Ilinge Labahlali housing co-operative, Nyanga, Cape Town

Herbst, Adriana 12 1900 (has links)
Thesis (MPA (Public Management and Planning))--University of Stellenbosch, 2010. / ENGLISH ABSTRACT: Co-operatives as a form of business have a long history in South Africa. The successes of agricultural co-operatives are well known. Housing co-operatives, however, are a relatively unfamiliar concept as a form of business to provide tenure, and for those who are involved in it, a frustrating and long process to obtain housing. This study examined the issue of housing co-operatives as part of addressing the housing crisis in South Africa taking into consideration that this specific model (housing development co-operatives) does not fall under the Social Housing sector anymore. It involves a comprehensive literature study of the history of co-operatives internationally and in South Africa as well as analysing different models implemented internationally and in South Africa; a review of legislation; policies affecting housing co-operatives; analysis of data and information and surveys of housing co-operatives. The specific aims of the research were: • To determine the different models of successful housing development cooperatives internationally; • To determine the viability and sustainability of housing development co-operatives in Third World Countries; • To determine the current status of the registered housing co-operatives in South Africa; • To determine the different models implemented in South Africa; • To evaluate the housing development co-operative sector in South Africa; • To determine the viability and sustainability of a registered housing development co-operative in Cape Town, (Ilinge Labahlali Housing Co-operative, Nyanga, Cape Town, South Africa); and • To determine the challenges faced by the co-operative and how they foresee these challenges being overcome. The study followed a survey design, including both qualitative and quantitative aspects. The qualitative approach related to the views and opinions of co-operative members with regards to the socio-economic impact that the co-operative have had and the quantitative approach relates to statistical and measurable data obtained from the Department of Trade and Industry in terms of a number of variables such as: type of co-operatives, categories indicated and Province representation. For the purpose of this study, only housing co-operatives were contacted and research was conducted on the state of housing co-operatives and if each housing co-operative meet the selection criteria of the Housing Development Co-operative Model. In critically assessing housing co-operatives in South Africa, it was determined that the unacceptable level of support from all three tiers of Government, was the prime problem experienced by housing co-operatives. Several reasons can explain this, the most prominent as follow: 1. The Department of Trade and Industry’s lack of proper record keeping and administration; 2. Housing development co-operatives do not benefit from the Social Housing sector in South Africa; 3. Department of Housing’s lack of knowledge with regards to the housing cooperative sector; 4. No synergy between different Government departments with regards to housing cooperatives; 5. Municipalities do not have the know-how regarding co-operatives and/or display an unwillingness to assist housing co-operatives; 6. Housing co-operatives established by outside agencies/Government departments receive no follow-up and support; 7. No proper Government housing co-operative department focusing on housing delivery with the necessary knowledge and support mechanisms in place. It is clear that in the late nineties, the co-operative principle was promoted by the Department of Housing, Social Housing Foundation and community workers alike as the new brain child of international agencies (Rooftops Canada, Norwegian Government, Swedish Government) to secure housing for communities building on the concept of “ubuntu”. Afterwards the emphasis were shifted to Social Housing Institutions and rental tenure and the few housing co-operatives registered, were left in the cold with no support structures available to them. With no support from international agencies, national-, provincial- and local Government the future of these housing co-operatives are bleak. Co-operative members are community driven, but without the necessary capacity-building and institutional support, community members become despondent and the co-operative principles of “working together to achieve more” are seen as just another scheme which failed in the delivery of housing. This study found that the grass root housing co-operative with the support of all levels of Government can be successful providing that community structures such as saving groups and hostel committees are in place. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Koöperasies as bedryfsvorm het ’n lang geskiedenis in Suid-Afrika. Die welslae van landboukoöperasies is wel bekend. Behuisingskoöperasies is egter ’n relatief onbekende konsep as bedryfsvorm om eiendomsreg te verskaf en vir diegene wat daarby betrokke is, is dit ’n frustrerende en uitgerekte proses waarvolgens behuising bekom kan word. Dié studie het die behuisingskoöperasie-aangeleentheid as deel van die aanspreek van die behuisingskrisis in Suid-Afrika onder die loep geplaas met inagneming daarvan dat hierdie spesifieke model (ontwikkelingsbehuising-koöperasies) nie meer onder die Maatskaplike Behuisingsektor ressorteer nie. Dit het ’n omvattende literatuurstudie van die geskiedenis van koöperasies internasionaal en in Suid-Afrika behels, asook ’n analise van verskillende modelle wat internasionaal en in Suid-Afrika toegepas word; ’n oorsig van relevante wetgewing; beleidsrigtings wat behuisingskoöperasies raak; analise van data en inligting, en opnames van behuisingskoöperasies. Die spesifieke doelwitte van die navorsing was: • Om die verskillende modelle van geslaagde ontwikkelingsbehuising-koöperasies internasionaal te bepaal; • Om die lewensvatbaarheid en volhoubaarheid van ontwikkelingsbehuisingkoöperasies in lande van die Derde Wêreld te bepaal; • Om die huidige status van die geregistreerde behuisingskoöperasies in Suid-Afrika te bepaal; • Om die verskillende modelle wat in Suid-Afrika toegepas word, te bepaal; • Om die behuisingsontwikkeling-koöperasiesektor in Suid-Afrika te evalueer; • Om die lewensvatbaarheid en volhoubaarheid van ’n geregistreerde behuisingsontwikkeling-koöperasie in Kaapstad (llinge Labahlali Behuisingskoöperasie, Nyanga, Kaapstad, Suid-Afrika) te bepaal, en • Om die uitdaging wat deur die koöperasies in die gesig gestaar word, te bepaal en hoe daar gemeen word dié uitdaging te bowe gekom gaan word. Dié studie is aan die hand van ’n vooropgestelde opnamepatroon uitgevoer wat kwalitatiewe en kwantitatiewe aspekte ingesluit het. Die kwalitatiewe benadering was gerig op die sieninge en menings van koöperasielede met betrekking tot die sosioekonomiese impak van die koöperasie, en die kwantitatiewe benadering het te make gehad met die statistiese en meetbare data rakende ’n aantal veranderlikes, soos soorte koöperasies, aangeduide kategorieë en provinsiale verteenwoordiging, wat van die Departement van Handel en Nywerheid bekom is. Vir die doel van hierdie studie is daar net met behuisingskoöperasies geskakel en navorsing is gedoen op die stand van behuisingskoöperasies en of iedere so ’n koöperasie aan die keuringskriteria van die model van die ontwikkelingsbehuising-koöperasie voldoen. Na kritiese beskouing van behuisingskoöperasies in Suid-Afrika, is daar vasgestel dat die onaanvaarbare mate van ondersteuning wat van die drie vlakke van regering ontvang word, die vernaamste probleem is waarmee behuisingskoöperasies te kampe het. Onder die talle redes wat as verduideliking kan dien, is die volgende die mees prominente: 1. Die Departement van Handel en Nywerheid se gebrek aan deeglike rekordhouding en administrasie; 2. Ontwikkelingsbehuising-koöperasies vind nie baat by die Maatskaplike Behuisingsektor in Suid-Afrika nie; 3. Die Departement van Behuising se gebrek aan kennis met betrekking tot die behuisingskoöperasiesektor; 4. Gebrek aan sinergie tussen verskillende regeringsdepartemente met betrekking tot behuisingskoöprasies; 5. Munisipaliteite beskik nie oor die kundigheid ten opsigte van koöperasies nie en/of toon onwilligheid om behuisingskoöperasies by te staan; 6. Behuisingskoöperasies, wat deur buite-ondernemings/regeringsdepartemente gestig word, ontvang geen onderskraging nie en daar is ook ’n gebrek aan enige voortgesette belangstelling in hulle doen en late. 7. Daar is geen geskikte behuisingskoöperasie aan regeringskant wat fokus op die voorsiening van behuising en wat oor die nodige kennis en ondersteuningsmeganismes beskik nie. Dit is duidelik dat die beginsel van koöperasies in die laat jare negentig deur die Departement van Behuising, die Maatskaplike Behuisingstigting, gemeenskapswerkers, en dies meer, as die nuwe breinkind van internasionale agentskappe soos Rooftops Canada, die Noorweegse regering, die Sweedse regering bevorder is om behuising vir gemeenskappe te verseker wat op die konsep “ubuntu” gebou het. Daarna is die klem na Maatskaplikebehuisingsondernemings en huurbesit verskuif en die enkele geregistreerde behuisingskoöperasies is sonder enige ondersteuningstruktuur aan hulle eie lot oorgelaat. Met geen ondersteuning van die kant van internasionale organisasies, nasionale, provinsiale of plaaslike regering nie, is die toekoms van dié behuisingskoöperasies maar bra droewig. Koöperasielede is gemeenskapsgedrewe, maar sonder die nodige kapasiteitsbou en institusionele onderskraging, het lede van die gemeenskap wanhopig geraak en word die beginsel van “saamwerk om meer te bereik” bloot beskou as net nog ’n plan wat ten opsigte van behuisingvoorsiening gefaal het. Dié studie het bevind dat die voetsoolvlak-behuisingskoöperasie – met die onderskraging van alle vlakke van regering – wel geslaagd kan wees, mits gemeenskapstrukture soos spaargroepe en hostelkomitees in plek is.
38

Evaluation of the Western Cape Provincial Government’s land provision programme for new state health facilities

Conradie, Hendrik Francois 03 1900 (has links)
Thesis (MPA)--University of Stellenbosch, 2011. / ENGLISH ABSTRACT: The research was undertaken during 2009/2010 and focused on the Western Cape Department of Transport & Public Works (DPW) programme for the provision of land for the construction of new state health facilities (hospitals, community health centres, clinics) in the province. The purpose of the study was to determine whether the Department has instituted proper policy to deliver the required land, and whether this policy is implemented successfully. The study was thus, in essence, an evaluation of a government policy programme. The following are the overall findings and conclusions, per chapter: •Chapter 1 provides an introduction, with reference to the main research question and related questions. •In Chapter 2 important theory on policy evaluation is presented, and a Policy Documentation Template (PDT) developed, capturing the essential principles and elements for effective public policy documents. •In Chapter 3 important selected sections of the existing conceptual/theoretical body of knowledge on policy implementation are explored and analysed by the researcher, leading to identification of critical implementation principles/lessons as well as the Policy Implementation Monitor (PIM). •In Chapter 4 the DPW‟s set of policy documentation related to land provision for new state health facilities is studied, described, analysed, and compared with the PDT. It is found that an effective and enforceable annual operational plan does not exist, rendering successful policy implementation and monitoring impossible. •In Chapter 5 the implementation of the policy documents is described, and critically analysed. The PIM and lessons learnt from policy implementation theory are applied to DPW‟s implementation practice. Serious shortcomings are found in the implementation of the land provision programme – especially regarding ineffective cooperation between the Provincial Departments of Public Works and Health – resulting in delayed delivery of land for new state health facilities. •Chapter 6 contains the researcher‟s conclusions and policy recommendations. The researcher produces the following recommendations for consideration by the Minister, to address the problems in the DPW land provision policy programme: A. Appointment of a policy think tank (group of independent expert professional individuals with high-order management skills) with the following tasks: •Facilitate the establishment of a Health Facilities Partnership Contract (HFPC) between DPW and the Provincial Department of Health by 31 March 2011. •Ensure that the HFPC contains the essential elements on functioning of the partnership, and includes the mutually agreed new state health facility projects, of which construction must start over the next three financial years (2011/12 – 2013/14); also initiate an electronic management cockpit to be used by the Minister for real-time (24 hr) monitoring of progress with the priority land/facility projects. •Document a broad policy and strategic framework for innovative asset management approaches and models that will maximise revenue streams for DPW, and increase the value of the asset base of the Western Cape Provincial Government; this policy framework should include reference to inner city renewal in Cape Town, as well as asset-based urban regeneration and economic development in other larger towns of the Western Cape (e.g. George, Mossel Bay, Oudtshoorn, Hermanus, Paarl/Wellington, etc.). •Make recommendations regarding updating of the asset register of DPW, including reference to effecting and conclusion of the transfer of various real estate properties that have not been transferred to DPW yet, and regarding sophisticated information/communication technology (ICT) solutions that will modernise DPW‟s asset management to international best practice standards. B. The „policy think tank‟ (Ministerial advisory group) should have experts from outside DPW as members, but will have to engage with the DPW top management (Head of Department; Chief Director of Property Management; Director of Property Development) in a partnership context in order to have the HFPC established. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Die navorsing is onderneem gedurende 2009/2010 en fokus op die Wes-Kaap Departement van Vervoer & Openbare Werke program vir die voorsiening van grond vir die konstruksie van nuwe staatsgesondheidsfasiliteite (hospitale, gemeenskap gesondheidsentrums, klinieke) in die provinsie. Die doel van die studie was om vas te stel of die Department behoorlike beleid ingestel het om die vereiste grond te lewer, en of hierdie beleid suksesvol geimplementeer word. Die studie was dus, in wese, 'n evaluering van 'n regeringsbeleidsprogram. Die volgende oorhoofse bevindinge en gevolgtrekkings word gemaak, per hoofstuk: •Hoofstuk 1 beslaan die inleiding, met verwysing na die hoof navorsingsvraag en verwante vrae. •In Hoofstuk 2 word belangrike teorie oor beleidsevaluering voorgehou, en 'n Beleid Dokumentasie Patroonplaat (BDP) word ontwikkel, wat die wesenlike beginsels en elemente vir effektiewe openbare beleidsdokumente bevat. •In Hoofstuk 3 word belangrike geselekteerde dele van die bestaande konseptuele/teoretiese kennispoel oor beleidsimplementering ondersoek en ontleed deur die navorser, wat lei na die identifikasie van kritiese implementering beginsels/lesse, asook die Beleid Implementering Monitor (BIM). •In Hoofstuk 4 word die Departement se stel beleidsdokumente rakende grondvoorsiening vir nuwe staatsgesondheidsfasiliteite bestudeer, beskryf, ontleed en vergelyk met die BDP. Dit word bevind dat geen effektiewe en afdwingbare jaarlikse operasionele plan bestaan nie, wat suksesvolle beleidsimplementering en monitering onmoontlik maak. •In Hoofstuk 5 word die implementering van die beleidsdokumente beskryf en krities ontleed. Die BIM en lesse uit die beleidsimplementering teorie word toegepas op die Departement se implementeringspraktyk. Ernstige tekortkominge word gevind in die implementering van die grondvoorsiening program – veral rakende die oneffektiewe samewerking tussen die Departemente van Openbare Werke en Gesondheid – met vertraagde lewering van grond vir nuwe staatsgesondheidfasiliteite die gevolg. •Hoofstuk 6 bevat die navorser se gevolgtrekkings en beleidsaanbevelings. Die navorser produseer die volgende aanbevelings vir oorweging deur die Minister, om die probleme in die Departement se grondvoorsiening beleidsprogram aan te spreek: A. Aanwysing van 'n beleid denkgroep ('n groep onafhanklike deskundige individue met hoë orde bestuursvaardighede) met die volgende take: •Fasiliteer die vestiging van 'n Gesondheidsfasiliteite Vennootskap Kontrak (GFVK) tussen die provinsiale Departemente van Openbare Werke en Gesondheid, teen 31 Maart 2011. •Verseker dat die GFVK die wesenlike elemente bevat betreffende funksionering van die vennootskap, asook die wedersyds ooreengekome projekte vir nuwe staatsgesondheidfasiliteite waarvan konstruksie 'n aanvang moet neem oor die volgende drie finansiële jare (2011/12 – 2013/14); inisieer ook 'n elektroniese bestuurskajuit vir gebruik van die Minister in die konstante (24 uur) monitering van vordering met die prioriteit grond/fasiliteite projekte. •Dokumenteer die breë beleid en strategiese raamwerk vir innoverende batebestuur benaderings en modelle, wat die inkomste strome vir die Departemente sal optimaliseer, en die waarde van die bate basis van die Wes-Kaap Provinsiale Regering sal vergroot; hierdie beleidsraamwerk moet verwysing na middestad-vernuwing in Kaapstad insluit, asook bate-gefundeerde stedelike en ekonomiese ontwikkeling in ander groter dorpe in die Wes-Kaap (soos George, Mosselbaai, Oudtshoorn, Hermanus, Paarl/Wellington, ens.). •Doen aanbevelings rakende die opdatering van die bate register van die Departement, insluitende verwysing na die uitvoer en afhandeling van die oordragte van verskeie vaste eiendomme wat nog nie oorgedra is na die Departement nie, asook rakende gesofistikeerde informasie/kommunikasie tegnologie (IKT) oplossings wat die Departement se batebestuur sal moderniseer tot internasionale beste-praktyk standaard. B. Die „beleid denkgroep‟ (Ministeriele adviesgroep) moet deskundiges van buite die Departement as lede hê, maar sal in gesprek moet tree met die Departement se topbestuur (Hoof van Departement; Hoof Direkteur van Eiendomsbestuur; Direkteur van Eiendomsontwikkeling) in 'n vennootskapskonteks, sodat die GFVK tot stand kan kom.
39

Economic development, decoupling and urban infrastructure : the role of innovation for an urban transition in Cape Town

Hyman, Katherine 03 1900 (has links)
Thesis (MPhil)--University of Stellenbosch, 2011. / ENGLISH ABSTRACT: This thesis investigates the case of the Cape Town Central City Provincial Government Revitalisation Initiative (CCPGRI) as a means to further understanding of socio-technical transitions. The departure point for this research is the recognition that the current economic growth and development trajectory is unsustainable. Despite this, deeply institutionalised frames of reference for decision-making reinforce and perpetuate the utilisation of (incumbent) sociotechnical systems which diminish finite resources and deteriorate eco-system services. The theoretical notion of decoupling, however, offers an alternative economic development paradigm. Decoupling has been identified, within this thesis, as the guiding framework through which adaption strategies should be carried out. This was indentified through a comprehensive literature review and an assessment of Cape Town's critical networked infrastructure. Networked infrastructure conveys flows of resources across vast urban spaces, in a linear configuration, thus conditioning resource flows and consumption. The case of Cape Town, however, illustrates that a linear configuration of infrastructure is both financially and environmentally unsustainable. Moreover, the case provides the empirical evidence for decoupling, reinforcing the argument for the adoption of the notion as an alternative development paradigm. Networked infrastructure has furthermore been identified as a socio-technical system, and therefore is considered as the component requiring a system transition and the subsequent intervention point for decoupling economic growth from resource consumption. From an implementation perspective, socio-technical system transitions, achieved through innovation, are the necessary component for realising sustainable urban development. It is argued that innovation, necessary for socio-technical system transitions, should be the product of sustainability-orientated innovation systems (SOIS's). SOIS's are implicitly linked to decoupling through the shared goal of enabling greater sustainability. The Cape Town CCPGRI has been extrapolated onto the multi-levelled perspective (MLP) model and is used to further understanding about how socio-technical system transitions are achieved. Findings indicate that socio-technical systems transitions are possible in urban areas that have multiple niche innovations developing simultaneously. Of significance is the presence of an intermediary, who is able to facilitate and manage the development of niche innovations emerging from SOIS's. It is therefore argued that high quality networking is critical for achieving socio-technical transitions which emerge from SOIS's. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Hierdie tesis ondersoek die geval van die "Cape Town Central City Provincial Government Revitalisation Initiative" (CCPGRI) as 'n manier om die begrip van sosio-tegniese oorgange te bevorder. Die vertrek punt vir hierdie navorsing is die insig dat die huidige verloop van ekonomiese groei en ontwikkeling onvolhoubaar is. Ten spyte hiervan versterk en verleng geïnstitusionaliseerde verwysingsraamwerke vir besluitneming die gebruik van (opgelegde) sosiotegniese sisteme wat uitputbare bronne verminder en ekosisteem dienste laat agteruitgaan. Die teoretiese idee van ontkoppeling bied nogtans 'n alternatiewe paradigma vir ekonomiese ontwikkeling. Hierdie tesis identifiseer ontkoppeling as die rigtinggewende raamwerk waardeur aanpassing strategië uitgevoer behoort te word. Dit is geïdentifiseer deur 'n omvattende literatuurstudie en 'n beoordeling van Kaapstad se kritiese infrastruktuur netwerk. Netwerke van infrastuktuur vervoer die vloei van bronne in 'n liniêre konfigurasie oor wye stedelike ruimtes en kondisioneer daardeur die vloei en verbruik van bronne. Die geval van Kaapstad illustreer egter dat 'n liniêre konfigurasie van infrastruktuur beide finansieel en omgewingsverwant onvolhoubaar is. Verder voorsien hierdie geval die empiriese bewyse vir ontkoppeling en versterk daardeur die argument vir die aanvaarding van die idee as „n alternatiewe paradigma vir ontwikkeling. Infrastruktuur netwerke is verder geïdentifiseer as 'n sosio-teniese sisteem en word daarom geag as die komponent wat 'n sisteem oorgang vereis en die gevolglike punt van ingryping om ekonomiese groei van bron verbruik te ontkoppel. Uit „n implemetering oogpunt is die oorgang van sosio-tegniese sisteme, voltrek deur innovering, die noodsaaklike komponent om volhoubare stedelike ontwikkeling te realiseer. Daar word geredeneer dat innovering – noodsaaklik vir sosio-tegniese sisteem oorgang – die produk behoort te wees van volhoubaar georiënteerde innovering sisteme. Hierdie sisteme is implisiet verbind aan ontkoppeling deur die gedeelde doel om groter volhoubaarheid moontlik te maak. Die Kaapstadse CCPGRI is op die meervlakkige perspektief model ge-ekstrapoleer en is aangewend om begrip te bevorder van hoe sosio-tegniese sisteem oorgang bereik word. Bevindings dui daarop dat sosio-tegniese sisteem oorgang moontlik is in stedelike gebiede waar meervoudige niche innoverings gelyktydig ontwikkel. Die teenwoordigheid van 'n tussenganger, wat die ontwikkeling van niche innoverings wat voortspruit uit die volhoubaar georiënteerde innovering sisteme kan fasiliteer en bestuur, is belangrik. Daar word dus geredeneer dat hoë kwaliteit netwerk daarstelling krities is vir die uitvoer van sosio-tegniese oorgange wat uit volhoubaar georiënteerde innovering sisteme voortspruit.
40

Enhancing resilience between people and nature in urban landscapes

Schaffler, Alexis 03 1900 (has links)
Thesis (MPhil)--University of Stellenbosch, 2011. / ENGLISH ABSTRACT: The particular global context that is fundamentally altering the world is one in which the combined resource requirements of cities are unprecedented. This thesis communicates the thoughts, ideas and research observations on contemporary urbanisation dynamics through a synthesis of various perspectives. This conceptual fusion, as an attempt to provide a holistic overview of contemporary urban dynamics, forms the basis for developing a framework from which the multiple dimensions of cities can be addressed. This theoretical framework, which includes empirical analyses on the state of cities, is then applied to Johannesburg as a case study for deepening the understanding of urban dynamics and to assess implementation of the theoretical framework in reality. Despite being guided by the general aims of investigating current urban growth trends and the conceptual frameworks with which urban systems could be better understood, the complexity of the task at hand defied a static and linear research process. The ideas that emerged through the research journey, as opposed to a process, were synthesised using a literature review from which the framework of managing complex social-ecological systems was developed. Central to this framework is the metaphor of resilience, which through the idea of systemic adaptability, prioritises the need for both social and ecological opportunity to be enhanced. This is critical in the face of cross-cutting global challenges and in terms of cities as archetypical complex social-ecological systems. In reviewing literature on contemporary urbanisation dynamics, it was found that the socio-economic, spatial and ecological tensions characterising developing country cities, require strategies to enhance urban resilience rooted in local social and ecological capabilities that differ from developed nations’ contexts. These practical concerns were the catalyst for suggesting green infrastructure as a framework in which the joint social and ecological values of green assets are valued equally. This in line with the logic of enhancing a system’s overall systemic adaptability. The theoretical frameworks included in the literature review, therefore, emerged through the weaving back and forth of thoughts, debates and practical concerns about creating resilience between people and nature in the urban landscapes of developing countries The methodological implications of a green infrastructure framework resulted in the need to determine the total economic value of ecosystem services, as the benefits that society accrues through ecosystem functioning. Valuing both the social and ecological benefits of such ecosystem derivatives, not only relates to the concept of mutual resilience building, but makes the economic case for investment in natural assets. Through experience with this methodology, it emerged that valuation exercises of ecosystem services require primary research that connects physical data on ecosystem functioning to tangible economic values. In the chosen case study, however, this original research is yet to take place and methodologies for valuing Johannesburg’s green assets had to unfold based on data availability. The development of a methodology within a methodology is a major feature of this paper, which is guided by the logic that for overall systemic resilience to be sustained, investment in natural assets needs to explicitly account for the total economic values of ecosystem services. The conclusions suggest that Johannesburg is nevertheless in a unique position to capitalise on the concept of green infrastructure, from which social and ecological opportunity can be mutually enhanced. In a paradoxical way, the city’s tree-planting boom that resulted in the construction of the world’s largest urban forest in natural savannah grassland, has created inventories of ecological and social resilience that represent the multifunctional value of green assets, if valued explicitly. Recognition of these values shows that ecological assets extend beyond publicly delineated open space and that Johannesburg’s culture of greening is potentially playing a significant role in sustaining the resilience between its people and nature. However, until the detailed base research is conducted on the connections between Johannesburg’s green assets and their associated social and ecological dividends, these assets remain potential inventories of resilience whose values are yet to be fully determined. The recommendations of this thesis are therefore largely to strengthen the research and data bases on Johannesburg’s green assets. Original research is needed so that precise valuation exercises of Johannesburg’s ecosystem services can take place. This research is also the foundation from which a more robust and empirically sound case can be made for motivating investment in Johannesburg’s strategically unique green infrastructure, in the context of social-ecological challenges and the global movement towards green economies, jobs and cities. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Die spesifieke globale konteks wat die wêreld ten diepste verander, is ’n konteks waarin die gekombineerde behoeftes van stede ongekend is. Deur ’n samevatting van verskeie perspektiewe bied hierdie tesis gedagtes, idees en navorsingswaarnemings oor die hedendaagse stadsdinamika. Hierdie samevoeging van konsepte, as ’n poging om ’n holistiese oorsig van hedendaagse stadsdinamika te bied, vorm die grondslag vir die ontwikkeling van ’n raamwerk van waaruit die veelvuldige dimensies van stede benader kan word. Hierdie teoretiese raamwerk, wat empiriese analises van die stand van stede insluit, word dan toegepas op Johannesburg as ’n gevallestudie om die stadsdinamika beter te verstaan en die gebruik van die teoretiese raamwerk in die praktyk te evalueer. Die gedagtes wat uit die navorsing voortgespruit het, word saamgevat deur ’n oorsig te gee van literatuur waaruit die raamwerk vir die bestuur van komplekse sosio-ekologiese sisteme ontwikkel is. Die kern van hierdie raamwerk is die metafoor van weerstandsvermoë (“resilience”) wat, deur die gebruik van die konsep sistemiese aanpasbaarheid, die behoefte aan sowel meer sosiale as ekologiese geleenthede as die belangrikste prioriteite identifiseer. Dit is deurslaggewend in die lig van deursnee- globale uitdagings en in terme van stede as argetipiese komplekse sosio-ekologiese sisteme. In die oorsig van literatuur oor die hedendaagse stadsdinamika is daar gevind dat die sosio-ekonomiese, ruimtelike en ekologiese spanning wat stede in ontwikkelende lande kenmerk, strategieë vereis wat stadsweerstand, wat uit plaaslike sosiale en ekologiese vermoëns spruit, sal verhoog. Hierdie praktiese kwessies was die katalisator om ’n groen infrastruktuur voor te stel as die raamwerk waarbinne die gesamentlike sosiale en ekologiese waardes van groen bates ewe veel waarde dra, wat in pas is met die logiese gedagte om ’n sisteem se algehele sistemiese aanpasbaarheid te verhoog. Die teoretiese raamwerk wat ingesluit is in die literatuur wat bestudeer is, het dus na vore gekom deur die uitruil van gedagtes, debatte en praktiese benaderings tot hoe weerstandigheid geskep kan word tussen mens en natuur in die stedelike landskappe van ontwikkelende lande. Die metodologiese implikasies van ’n groen infrastruktuur-raamwerk het dit noodsaaklik gemaak om die totale ekonomiese waarde van ekosisteemdienste, as die voordele wat die samelewing deur ekosisteme ontvang, te bepaal. Die belangrikste navorsing om letterlike inligting oor Johannesburg se ekosisteemdienste aan tasbare ekonomiese waardes te verbind, moet egter nog gedoen word, en metodologieë om die stad se groen bates te evalueer moet ontwikkel word afhangende van die beskikbaarheid van inligting. Die ontwikkeling van ’n metodologie binne ’n metodologie is ’n belangrike kenmerk van hierdie tesis, wat gelei word deur die logiese gedagte dat belegging in natuurlike bates baie duidelik die totale ekonomiese waarde van ekosisteemdienste moet bepaal as algehele sistemiese weerstandsvermoë gehandhaaf wil word. Die gevolgtrekkings dui daarop dat Johannesburg nietemin in ’n unieke posisie is om finansiële voordeel uit die konsep van ’n groen infrastruktuur te trek. Op ’n teenstrydige manier het die stad se grootskaalse poging om bome aan te plant, wat gelei het tot die wêreld se grootste stedelike woud in ’n natuurlike grasvlakte, inligting gebied oor ekologiese en sosiale weerstandigheid, en dit verteenwoordig die multifunksionele waarde van groen bates as daar uitdruklik waarde daaraan geheg word. ’n Erkenning van hierdie waarde wys dat ekologiese bates verder strek as ’n openbare afgebakende oop ruimte en dat Johannesburg se groen kultuur moontlik ’n deurslaggewende rol speel om die weerstandsvermoë tussen sy mense en die natuur volhoubaar te maak. Voordat noukeurige grondnavorsing oor die verband tussen Johannesburg se groen bates en hulle gepaardgaande sosiale en ekologiese voordele egter nie uitgevoer is nie, bly hierdie bates potensiële beskrywings van weerstandsvermoë waarvan die waarde nog nie ten volle bepaal is nie. Die aanbevelings van hierdie tesis is daarom hoofsaaklik dat navorsing voortgesit word, en dat die kennisgrondslag van Johannesburg se groen bates verbreed word sodat ’n presiese evaluering van ekosisteemdienste gedoen kan word as die grondslag van sterker en empiries gestaafde redes om in die stad se groen infrastruktuur te belê.

Page generated in 0.136 seconds