• Refine Query
  • Source
  • Publication year
  • to
  • Language
  • 11
  • 2
  • 1
  • Tagged with
  • 14
  • 14
  • 14
  • 14
  • 14
  • 14
  • 7
  • 7
  • 6
  • 4
  • 4
  • 4
  • 3
  • 3
  • 3
  • About
  • The Global ETD Search service is a free service for researchers to find electronic theses and dissertations. This service is provided by the Networked Digital Library of Theses and Dissertations.
    Our metadata is collected from universities around the world. If you manage a university/consortium/country archive and want to be added, details can be found on the NDLTD website.
11

Ani and its semantic domain in the Psalms

Rhode, Rubin Frank 12 1900 (has links)
Thesis (MA)--Stellenbosch University, 1991. / ENGLISH ABSTRACT: One of the most vexing questions in the exegetical research on the Psalms has been the establishing of the identity of the suppliant who refers to himself as the cani. Many scholars have endeavoured to study the meaning and significance of this word, but it is still not satisfactorily resolved. The weakness of these studies can be traced back to two factors: (1) an exaggerated over-confidence in the etymological method of analysis, and (2) the implementation of inadequate and incomplete semantic methods. This investigation starts out with the hypothesis that the meaning of cani must be determined in terms of both its macro and micro leve~. Thus, the meaning of this designation will be established synchronically, as well as in terms of an associative field. In this way the semantic field of cani can be .demarcated in light of its immediate lexical, as well as its wider associative field. A close reading of the Psalms in which cani appears, reveals that a triangular relationship is depicted between certain actants. The drama tis personae occupying the following roles in this triangle are: (1) Yahweh asjudge and saviour, (2) the cani as suppliant and victim, and (3) .the antagonist as oppressor and blasphemer. In order to establish the identity of the cani it was necessary to investigate its synonyms and antonyms within this complex triangular structure. Within such a semantic framework it has been determined that the stereotype translation equivalent "poor" is both inadequate and misleading. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Een van die mees kwellende vrae in die moderne Psalmeksegese is die raaisel aangaande die identiteit van die cani. Baie geleerdes het gepoog om die betekenis van hierdie woord te bepaal, maar tot nou toe is die prableem nog nie bevredigend opgelos nie as gevolg van: (1) te swaar klem wat op die etimologie van die woord geplaas is, of (2) onvoldoende semantiese metodes wat gebruik is in die ondersoek van hierdie term. Hierdie studie gaan uit van die hipotese dat die betekenis van cani op beide makro- en mikrovlak vasgestel moet word. Die betekenis moet sinkronies sowel as in terme van 'n assosiatiewe veld bepaal word. Op hierdie wyse kan die semantiese veld afgebaken word op grand van die onmiddellike leksikale sowel as die wyere assosiatiewe veld. Verder is daar ook vasgestel dat in die Psalms waarin cani voorkom, daar gewoonlik sprake is van 'n driehoeksverhouding. Die dramatis personae is: (1) Jahwe as rigter en redder, (2) die cani as aangeklaagde/smekeling en slagoffer en (3) die antagonis as onderdrukker en aanklaerllasteraar. Om die identiteit van die cani vas te stel, was dit nodig om die sinonieme sowel as die antonieme van hierdie term binne so 'n driehoekige struktuur te ondersoek. Binne so 'n semantiese raamwerk is vasgestel dat die stereotipe vertalingsekwivalent "arm" beide onvoldoende en misleidend is.
12

Semantics, world view and Bible translation : an integrated analysis of a selection of Hebrew lexical items referring to negative moral behaviour in the book of Isaiah

Van Steenbergen, Gerrit Jan 12 1900 (has links)
Thesis (PhD)--Stellenbosch University, 2002. / Tot op hede is die studie van die semantiek tot 'n groot mate bëinvloed deur die taalkundige perspektiefvan die navorser. Dit het dikwels gelei tot resultate wat skeefgetrek is deur die voorveronderstellings van die navorser. Sommige aspekte van betekenis wat van primêre belang is vir die semantiese beskrywing van bepaalde taalkundige konstruksies is in die proses nie genoegsaam, of glad nie, aan die orde gestel nie. Semantiek as 'n interdissiplinêre wetenskap het 'n komplekse karakter aangesien taalkunde, antropologie, kognitiewe sielkunde en, afhangend van die doel van 'n bepaalde semantiese analise, ander verwante dissiplines daarin 'n rol kan speel. Om die rede is daar 'n behoefte aan 'n omvattende benadering in terme waarvan die verskillende faktore verreken kan word. In die semantiese analise van Bybel-Hebreeuse konstruksiesvorm die kulturele agtergrond van leksikale items 'n integrale deel van die semantiese inhoud van hierdie items. In die lig van die beduidende historiese en kulturele verskille tussen die konteks(te) van die Ou Testament en die konteks(te) van hedendaagse lesers is dit dus belangrik om die kulturele dimensie van 'n semantiese analise van Bybels-Hebreeuse leksikale items sistematies aan die orde te stel. So 'n benadering is van groot belang vir Bybelvertaling wat by uitstek 'n proses van interkulturele kommunikasie is. Bybelvertalers het 'n behoefte aan analitiese instrumente wat al die fasette van die semantiese inhoud van Bybels-Hebreeuse lekseme verdiskonteer. Die doel van hierdie studie is om 'n semantiese model te ontwerp wat vir die doel gebruik kan word. Die vertrekpunt van die studie is die teorie van komponensiële analise. Die geskiedenis en ontwikkeling van die model word krities bespreek. Die moontlikhede wat hierdie teorie bied vir 'n meer omvattende model word ondersoek. Besondere aandag word gegee aan die nut wat hierdie benadering het as heuristiese instrument vir die semantiese analises. Die komponensiële analise van betekenis word op hierdie manier geïdentifiseer as 'n benadering wat nie te gou afgeskiet moet word as synde te eng strukturalisties nie. Inteendeel, dit kan ook as 'n buigsame instrument ontwikkel word wat nie net betekenisrelasies in terme van dichotomieë kan beskryf nie. Dit kan ook gebruik word om 'n wye verskeidenheid semantiese verhoudings te analiseer wat insigte van die kognitiewe taalkunde insluit. Daar is verder bevind dat die konsep "semantiese universalium" wat 'n belangrike komponent is van sommige benaderings tot leksikale semantiek weinig waarde het vir 'n semantiese analise wat 'n bydrae wil maak tot vertaling as interkulturele kommunikasie. Die universele kategorieë is meestal so generies dat hulle weinig bydrae tot die beskrywing van die fyner nuanses van lekseme wat tot dieselfde semantiese veld behoort. Daar moet eerder gepoog word om in soverre dit moontlik is 'n instument te ontwikkel wat taal en kultuur spesifiek is. Die kategorieë en kriteria vir die semantiese analise moet verder aan die hand van die brontaal en - kultuur self ontwikkel word. Die navorser moet baie versigtig wees dat sy ofhaar eie teoretiese voorveronderstellings nie op die ondersoek-instrument afgedruk word nie. In die ondersoek is gevind dat die kulturele dimensie van die leksikale items nie genoegsaam verreken kan word, sonder om die wêreldbeeld te analiseer wat ten grondslag lê van die tekste waarin die leksikale items voorkom nie. Vir die doel is 'n analitiese modelontwikkel. Hierdie buigsame model gebruik 'n stel veranderlikes om die tipiese wêreldbeeld te identifiseer wat ten grondslag lê van 'n bepaalde korpus van tekste. Nadat die onderliggende wêreldbeeld van die boek van Jesaja beskryf is, word die leksikale items in hierdie boek, wat behoort tot die semantiese veld "negatiewe morele gedrag" geanaliseer. Op grond van die resultate word 'n aantal aanbevelings gemaak oor die wyse waarop hierdie items in 'n Hebreeuse leksikon beskryf kan word. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Tot op hede is die studie van die semantiek tot 'n groot mate bëinvloed deur die taalkundige perspektief van die navorser. Dit het dikwels gelei tot resultate wat skeefgetrek is deur die voorveronderstellings van die navorser. Sommige aspekte van betekenis wat van primêre belang is vir die semantiese beskrywing van bepaalde taalkundige konstruksies is in die proses nie genoegsaam, of glad nie, aan die orde gestel nie. Semantiek as 'n interdissiplinêre wetenskap het 'n komplekse karakter aangesien taalkunde, antropologie, kognitiewe sielkunde en, afhangend van die doel van 'n bepaalde semantiese analise, ander verwante dissiplines daarin 'n rol kan speel. Om die rede is daar 'n behoefte aan 'n omvattende benadering in terme waarvan die verskillende faktore verreken kan word. In die semantiese analise van Bybel-Hebreeuse konstruksies vorm die kulturele agtergrond van leksikale items 'n integrale deel van die semantiese inhoud van hierdie items. In die lig van die beduidende historiese en kulturele verskille tussen die konteks(te) van die Ou Testament en die konteks(te) van hedendaagse lesers is dit dus belangrik om die kulturele dimensie van 'n semantiese analise van Bybels-Hebreeuse leksikale items sistematies aan die orde te stel. So 'n benadering is van groot belang vir Bybelvertaling wat by uitstek 'n proses van interkulturele kommunikasie is. Bybelvertalers het 'n behoefte aan analitiese instrumente wat al die fasette van die semantiese inhoud van Bybels-Hebreeuse lekseme verdiskonteer. Die doel van hierdie studie is om 'n semantiese model te ontwerp wat vir die doel gebruik kan word. Die vertrekpunt van die studie is die teorie van komponensiële analise. Die geskiedenis en ontwikkeling van die model word krities bespreek. Die moontlikhede wat hierdie teorie bied vir 'n meer omvattende model word ondersoek. Besondere aandag word gegee aan die nut wat hierdie benadering het as heuristiese instrument vir die semantiese analises. Die komponensiële analise van betekenis word op hierdie manier geïdentifiseer as 'n benadering wat nie te gou afgeskiet moet word as synde te eng strukturalisties nie. Inteendeel, dit kan ook as 'n buigsame instrument ontwikkel word wat nie net betekenisrelasies in terme van dichotomieë kan beskryf nie. Dit kan ook gebruik word om 'n wye verskeidenheid semantiese verhoudings te analiseer wat insigte van die kognitiewe taalkunde insluit. Daar is verder bevind dat die konsep "semantiese universalium" wat 'n belangrike komponent is van sommige benaderings tot leksikale semantiek weinig waarde het vir 'n semantiese analise wat 'n bydrae wil maak tot vertaling as interkulturele kommunikasie. Die universele kategorieë is meestal so generies dat hulle weinig bydrae tot die beskrywing van die fyner nuanses van lekseme wat tot dieselfde semantiese veld behoort. Daar moet eerder gepoog word om in soverre dit moontlik is 'n instument te ontwikkel wat taal en kultuur spesifiek is. Die kategorieë en kriteria vir die semantiese analise moet verder aan die hand van die brontaal en - kultuur self ontwikkel word. Die navorser moet baie versigtig wees dat sy of haar eie teoretiese voorveronderstellings nie op die ondersoek-instrument afgedruk word nie. In die ondersoek is gevind dat die kulturele dimensie van die leksikale items nie genoegsaam verreken kan word, sonder om die wêreldbeeld te analiseer wat ten grondslag lê van die tekste waarin die leksikale items voorkom nie. Vir die doel is 'n analitiese model ontwikkel. Hierdie buigsame model gebruik 'n stel veranderlikes om die tipiese wêreldbeeld te identifiseer wat ten grondslag lê van 'n bepaalde korpus van tekste. Nadat die onderliggende wêreldbeeld van die boek van Jesaja beskryf is, word die leksikale items in hierdie boek, wat behoort tot die semantiese veld "negatiewe morele gedrag" geanaliseer. Op grond van die resultate word 'n aantal aanbevelings gemaak oor die wyse waarop hierdie items in 'n Hebreeuse leksikon beskryf kan word.
13

The reception of Genesis 1-3 in Nguni culture

Gwala, Mzonzima 10 August 2011 (has links)
Thesis (DLitt)--University of Stellenbosch, 2004. / ENGLISH ABSTRACT: This dissertation looks at the reception of Gen. 1-3, one of the most controversial parts in the Hebrew Bible. How was it interpreted by the Nguni speaking communities (e.g. Xhosa, Zulu, siSwazi and siNdebele) taking into consideration their background, culture and religious belief system? The reception approach is followed in the research because of its emphasis on the role of the reader in understanding texts. Sources that are utilized are Nguni Bible translations, selected preached sermons (which the researcher attended himself), Nguni stories and folk tales and reviews undertaken among selected Nguni groups. A close-reading of the texts under discussion is undertaken in order to determine the basic content and issues of interpretation involved. The central concepts of cosmogony as contained in Gen. 1-2 are studied, as well as the story of the Garden of Eden and the concept of the “fall” in Gen. 3. The map of the Nguni language group is described and the culture and belief system of the Nguni speaking communities. Central concepts to this belief system are the worship of ancestors, marriage, circumcision, and among the Swazis the incwala (annual national feast) Legends and folk tales were used as sources for the Nguni belief system. It was determined that the Nguni speaking people worshipped one God in their traditional way, but always through their ancestors as a sign of respect. The role of the missionaries is analyzed by describing the history of the various missionary societies and their influence on the Nguni peoples. A very short discussion is devoted to preached sermons by Nguni pastors in the Seventh-day Adventist Church.Bible translations have always played a very important role among Nguni speakers (both Christians and non-believers). The need for translations using understandable contemporary terms is emphasized. This is the challenge to the Bible societies and Bible translators. Qualitative reviews were undertaken under selected Nguni speaking groups (Xhosa, Zulu, siSwati and siNdebele). Some of the results obtained from these reviews (full transcripts are included) are: (1) that there is a common understanding of the origin of the universe between the Hebrew Bible and the Nguni religious culture. (2) Serpent (Gen. 3): among the Zulus this concept is understood in terms of sexuality, but it can also be linked with the ancestors. (3) Both communities (Hebrew Bible and the Nguni) were tainted with the concept and ideology of patriarchalism. The crucial question in the research was: “what happens when a cosmogonic myth is transferred from one community to another?” In the case of Gen. 1-3 an ancient Hebrew text was transmitted to African cultures via missionaries and Bible translations. Nguni people react differently. Whereas some accept Gen. 1-3 (cosmogonies and the “fall”) as a detailed explanation of how creation and the “fall” came about, others reject it. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Hierdie proefskrif kyk na die resepsie van Gen. 1-3, een van die mees kontroversiële dele in die Hebreeuse Bybel. Hoe word dit geïnterpreteer deur die Ngunisprekende gemeenskappe (Xhosas, Zoeloes, Swazi’s en Ndebele-groepe), met inagneming van hulle agtergrond, kultuur en stelsel van godsdienstige oortuigings? Die resepsiebenadering word in hierdie navorsing gevolg weens die klem op die rol van die leser in hoe tekste verstaan word. Die bronne wat aangewend is, is Ngunibybelvertalings, geselekteerde preke (wat die navorser self bygewoon het), Ngunistories en -volksverhale, en onderhoude wat met geselekteerde Ngunigroepe gevoer is. 'n In-dieptestudie van die betrokke tekste is onderneem ten einde die basiese inhoud en interpretasiekwessies te bepaal. Die sentrale konsep van kosmogonie, soos vervat in Gen. 1- 2, is bestudeer, asook die storie oor die Tuin van Eden en die konsep van die “sondeval” in Gen. 3. Die kaart van die Ngunitaalgroep word beskryf, asook die kultuur en geloofstelsel van die Ngunisprekende gemeenskappe. Sleutelkonsepte in hierdie geloofstelsel is die aanbidding van voorvaders, die huwelik, besnydenis, en onder die Swazi’s, die incwala (jaarlikse nasionale fees). Legendes en volksverhale is gebruik as bronne vir die Ngunigeloofstelsel. Daar is vasgestel dat die Ngunisprekende mense altyd een God aanbid het op hulle tradisionele manier, maar altyd deur voorvaders as 'n teken van respek. Die rol van die sendelinge word ontleed deur die geskiedenis van die verskeie sendinggenootskappe te beskryf, asook hulle invloed op die Ngunimense. 'n Baie kort bespreking word gewy aan preke gelewer deur Ngunipastore in die Sewendedaagse Adventistekerk.Bybelvertalings het nog altyd 'n baie belangrike rol gespeel onder Ngunisprekers (beide Christene en nie-gelowiges). Die behoefte vir vertalings wat verstaanbare, kontemporêre terme gebruik, word beklemtoon. Dít is die uitdaging wat aan die bybelgenootskappe en bybelvertalers gestel word. Kwalitatiewe onderhoude is afgelê onder geselekteerde Ngunisprekende groepe (Xhosas, Zoeloes, Swazi’s en Ndebele-groepe). Resultate wat verkry is van hierdie evaluerings (waarvan volledige transkripsies voorsien word) sluit in: (1) dat daar 'n gemeenskaplike begrip is van die oorsprong van die heelal by die Hebreeuse Bybel en die Ngunigeloofskultuur; (2) dat die konsep van die slang (Gen. 3) onder die Zoeloes in terme van seksualiteit verstaan word, maar dat dit ook met die voorvaders in verband gebring kan word; en (3) dat beide gemeenskappe (Hebreeuse Bybel en die Nguni) tekens dra van die konsep en ideologie van patriargisme. Die kernvraag in die navorsing was: “Wat gebeur wanneer ’n kosmogoniese mite oorgedra word van een gemeenskap na 'n ander?”. In die geval van Gen. 1-3 is 'n ou Hebreeuse teks oorgedra na Afrikakulture via sendelinge en bybelvertalings. Ngunimense reageer verskillend. Waar sommige Gen. 1-3 aanvaar (kosmogonieë en die “sondeval”) as 'n gedetailleerde verduideliking van hoe die skepping en die “sondeval” plaasgevind het, word dit deur ander verwerp.
14

Josephus' reasons for the Jewish War

Benson, Derrick 12 1900 (has links)
Thesis (MA)--Stellenbosch University, 2001. / ENGLISH ABSTRACT: In this thesis I will examine and discuss the reasons given for the Jewish War of AD 66 - 70. Reasons put forward by modern scholars specializing in the study of the works of Flavius Josephus are examined and discussed. However, the bulk of my study centres on the reasons that Flavius Josephus supplies for the war as found in his major work Bellum Judaicum. One is lead to the conclusion that he firmly believes that reasons on the human and transcendent planes contributed to the catastrophic events that lead to the destruction of Jerusalem and the Temple. The worldview of this Jewish priest, general and accomplished historiographer was strongly influenced by the religious tenets of the Torah and the past history of the Jewish nation. He cannot countenance the wicked and evil deeds committed shamefacedly by his people against the clear standards that God had given to the nation, and believes that retribution by God will follow. He cannot forget occasions on the past when God intervened in the affairs of his nation by using a pagan world power to accomplish the purposes of God. He sees a similar recurrence of the events that lead to the destruction of the Jerusalem and the Temple in 587/6 BC being manifested in the Jewish War of AD 66 - 70. / AFRIKAANSE OPSOMMING: In hierdie tesis word die redes wat vir die Joodse Oorlog van AD 66-70 aangebied word, ondersoek en bespreek. Veral die redes wat moderne geleerdes wat in die bestudering van Flavius Josephus se werk spesialiseer, word nagespeur en bespreek. Die grootste deel van die studie fokus egter op die redes wat Flavius Josephus self vir die gebeurtenis voorhou, soos wat hy dit in sy belangrike werk, Bellum Judaicum, uiteensit. 'n Mens kom tot die gevolgtrekking dat hy met groot oortuiging glo dat die redes wat tot die katastrofiese gebeure rondom die vernietiging van Jerusalem en die Tempel 'n bydrae gelewer het, op die vlak van sowel die menslike as bomenslike te vinde is. Die wêreldbeskouing van hierdie bedrewe geskiedskrywer en Joodse priester is deur beide die Torah se godsdienstige voorskrifte en volksgeskiedenis sterk beïnvloed. Hy kan nie sy steun aan die blatante en bose dade van sy volksgenote teen die duidelike standaarde wat God gegee het, toesê nie. Volgens hom moes God se vergelding volg. Hy kan ook nie vergeet hoe God in sy volk se verlede ingegryp het deur om goddelose wêreldmagte aan te wend om sy Goddelike doelwitte te bereik nie. Hy gewaar 'n soortgelyke herhaling van gebeurtenisse wat tot die vernietiging van Jerusalem en die tempel in 587/6 vC gelei het, in die aanloop tot die Joodse Oorlog van AD 66-70.

Page generated in 0.0935 seconds