• Refine Query
  • Source
  • Publication year
  • to
  • Language
  • 57
  • 38
  • 11
  • 6
  • 4
  • 2
  • 2
  • Tagged with
  • 147
  • 131
  • 107
  • 86
  • 78
  • 73
  • 50
  • 49
  • 47
  • 34
  • 32
  • 31
  • 28
  • 28
  • 26
  • About
  • The Global ETD Search service is a free service for researchers to find electronic theses and dissertations. This service is provided by the Networked Digital Library of Theses and Dissertations.
    Our metadata is collected from universities around the world. If you manage a university/consortium/country archive and want to be added, details can be found on the NDLTD website.
41

'n Holistiese perspektief op die missio Dei : 'n evaluering van die sendingwerk van die Christelijke Gereformeerde Kerken in KwaNdebele (RSA) / Andre Jansen

Jansen, Andre January 2015 (has links)
Gedurende die afgelope 50 jaar het rolspelers in Sendingwetenskap binne die Evangeliese en Reformatoriese tradisie steeds meer oortuig geraak dat Skrifgetroue sendingwerk ’n integrasie moet behels van teologiese visie en suiwer toegepaste Woordverkondiging waarin die kern van die evangelie steeds sentraal bly. Hierby geld dade van liefde, die najaag van geregtigheid en verligting van armoede asook vermindering van lyding om die verkondiging van die evangelie van Jesus Christus prakties te maak. Deur God se genade was die Christelijke Gereformeerde Kerken in Nederland se sendingwerk in die KwaNdebele-omgewing in Suid-Afrika ’n belangrike instrument in die uitbreiding van God se koninkryk. Die huidige studie evalueer die integrasie van Woord en daad in hierdie kerke se sendingwerk binne die genoemde gebied in die lig van die missio Dei-motief. Hieruit kan belangrike insigte verwerf en ’n bydrae gelewer word tot Missiologie en Skrifgetroue sendingwerk in die Reformatoriese tradisie uit te bou. Die doel is om 'n model vir integrale sending binne ʼn missio Dei-perspektief daar te stel deur Bybelse beginsels en praktiese lesse te integreer. Hierdie studie voeg ‘n teoretiese en praktiese benadering saam om ‘n verantwoordbare en toepasbare model daar te stel. ʼn Bybels-eksegetiese begronding van integrale sending gebaseer op die missio Dei en 15 Bybelse sleutelbegrippe hieroor toon die onlosmaaklike eenheid van die motiewe hart, mond en hande. Dit bied ‘n verantwoorde basis vir integrale sending. Hierdie beginsels word getoets aan twee internasionale toepassingsvoorbeelde: die Miga Netwerk en die Lausanne-verklaring 2010, wat waardevolle insigte bied oor ʼn model vir integrale sending. Daarna word die gevolge en uitwerking van geïntegreerde Woord- en daadbediening in die CGKN se sendingwerk binne KwaNdebele ontleed. In die lig van literatuurstudies, ‘n argivale ondersoek en persoonlike onderhoude met sendelinge en kerkleiers in KwaNdebele volg waardevolle gevolgtrekkings in die lig van die missio Dei. Deur na beide die CGKN en die kerkleiers in KwaNdebele te luister, is ‘n balans gevind om ʼn operasionele denkraamwerk vir integrale sending op te stel. Verwante literatuur uit die teologie en wêreldwye sendinggebiede gee aan hierdie eksegetiese en empiriese studie verdieping. Die kern van die studie se bevindings is tweërlei: * Die CGKN het geïntegreerde sendingwerk in KwaNdebele verrig. Tog het ʼn onvolledige fundering van en visie op integrale sending in missio Dei-perspektief gelei tot ’n bediening wat ’n versnipperde beeld van integrale sending weergee. Hierdie leemtes hou waardevolle aanwysers in vir sending met hart, mond en hande. * Daar is wel voldoende teologiese, teoretiese en praktiese beginsels en hulpmiddels wat die ontwerp van ‘n bruikbare model vir geïntegreerde sending aanhelp. Só ʼn model kan meehelp om die lewensgehalte van die mense in KwaNdebele en ander wêrelddele tot eer van God te verhoog, terwyl dit steeds deeglik met die konteks en kultuur rekening hou. Die navorsing mond uiteindelik uit in ‘n operasionele denkraamwerk wat prinsipiële en praktiese besinning begelei vir integrale sending in KwaNdebele en diverse kulturele kontekste wêreldwyd. / PhD (Missiology), North-West University, Potchefstroom Campus, 2015
42

'n Holistiese perspektief op die missio Dei : 'n evaluering van die sendingwerk van die Christelijke Gereformeerde Kerken in KwaNdebele (RSA) / Andre Jansen

Jansen, Andre January 2015 (has links)
Gedurende die afgelope 50 jaar het rolspelers in Sendingwetenskap binne die Evangeliese en Reformatoriese tradisie steeds meer oortuig geraak dat Skrifgetroue sendingwerk ’n integrasie moet behels van teologiese visie en suiwer toegepaste Woordverkondiging waarin die kern van die evangelie steeds sentraal bly. Hierby geld dade van liefde, die najaag van geregtigheid en verligting van armoede asook vermindering van lyding om die verkondiging van die evangelie van Jesus Christus prakties te maak. Deur God se genade was die Christelijke Gereformeerde Kerken in Nederland se sendingwerk in die KwaNdebele-omgewing in Suid-Afrika ’n belangrike instrument in die uitbreiding van God se koninkryk. Die huidige studie evalueer die integrasie van Woord en daad in hierdie kerke se sendingwerk binne die genoemde gebied in die lig van die missio Dei-motief. Hieruit kan belangrike insigte verwerf en ’n bydrae gelewer word tot Missiologie en Skrifgetroue sendingwerk in die Reformatoriese tradisie uit te bou. Die doel is om 'n model vir integrale sending binne ʼn missio Dei-perspektief daar te stel deur Bybelse beginsels en praktiese lesse te integreer. Hierdie studie voeg ‘n teoretiese en praktiese benadering saam om ‘n verantwoordbare en toepasbare model daar te stel. ʼn Bybels-eksegetiese begronding van integrale sending gebaseer op die missio Dei en 15 Bybelse sleutelbegrippe hieroor toon die onlosmaaklike eenheid van die motiewe hart, mond en hande. Dit bied ‘n verantwoorde basis vir integrale sending. Hierdie beginsels word getoets aan twee internasionale toepassingsvoorbeelde: die Miga Netwerk en die Lausanne-verklaring 2010, wat waardevolle insigte bied oor ʼn model vir integrale sending. Daarna word die gevolge en uitwerking van geïntegreerde Woord- en daadbediening in die CGKN se sendingwerk binne KwaNdebele ontleed. In die lig van literatuurstudies, ‘n argivale ondersoek en persoonlike onderhoude met sendelinge en kerkleiers in KwaNdebele volg waardevolle gevolgtrekkings in die lig van die missio Dei. Deur na beide die CGKN en die kerkleiers in KwaNdebele te luister, is ‘n balans gevind om ʼn operasionele denkraamwerk vir integrale sending op te stel. Verwante literatuur uit die teologie en wêreldwye sendinggebiede gee aan hierdie eksegetiese en empiriese studie verdieping. Die kern van die studie se bevindings is tweërlei: * Die CGKN het geïntegreerde sendingwerk in KwaNdebele verrig. Tog het ʼn onvolledige fundering van en visie op integrale sending in missio Dei-perspektief gelei tot ’n bediening wat ’n versnipperde beeld van integrale sending weergee. Hierdie leemtes hou waardevolle aanwysers in vir sending met hart, mond en hande. * Daar is wel voldoende teologiese, teoretiese en praktiese beginsels en hulpmiddels wat die ontwerp van ‘n bruikbare model vir geïntegreerde sending aanhelp. Só ʼn model kan meehelp om die lewensgehalte van die mense in KwaNdebele en ander wêrelddele tot eer van God te verhoog, terwyl dit steeds deeglik met die konteks en kultuur rekening hou. Die navorsing mond uiteindelik uit in ‘n operasionele denkraamwerk wat prinsipiële en praktiese besinning begelei vir integrale sending in KwaNdebele en diverse kulturele kontekste wêreldwyd. / PhD (Missiology), North-West University, Potchefstroom Campus, 2015
43

Die inkleding van die liturgiese ruimte van As-Woensdag tot Paassondag : 'n prakties-teologiese besinning

Groenenstein, Susanna Elizabeth 12 1900 (has links)
Thesis (M. Div.)--University of Stellenbosch, 2006. / ENGLISH ABSTRACT: In hierdie studie word daar gefokus op sommige moontlikhede wat ‘n post-moderne samelewing aan die inkleding van die liturgiese ruimte binne die gereformeerde erediens kan bied, ten tye van die liturgiese jaar (meer spesifiek Lydenstyd en Paastyd). Sommige gebruike binne die liturgiese ruimte, veral in die Nederduits Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika word bevraagteken en sommige alternatiewe voorstelle word gebied vir ‘n vernuwende inkleding van ‘n gereformeerde liturgie, juis aangesien die liturgie ‘n lewenswyse is. / AFRIKAANSE OPSOMMING: In this thesis the focus will be on some of the possibilities that our modern society presents to the presentation of the liturgical space church within the reformed worship services. The specific focus is on the liturgical year, more specifically Lent and Easter. Some of the customs or habits in the liturgical space, within the Dutch Reformed Church are questioned and some alternative suggestions are presented for the renewal of a reformed liturgy, because liturgy can be seen as a way of life.
44

Die Nederduits Gereformeerde Gemeente Stellenbosch-Noord : 'n skuiwende identiteit

Henn, Theunis Johannes 12 1900 (has links)
Thesis (MTh (Practical Theology and Missiology))--University of Stellenbosch, 2009. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Die hipotese van hierdie studie is dat die identiteit van die NG Kerk Stellenbosch-Noord geskuif het van gemeente wat gerig was op haar voortbestaan as ideologies-gedrewe gemeenskap binne bepaalde bevolkingsgroep, na gemeente wat missionaal begin dink het op grond van nuwe verstaan van wie God is, en in die lig hiervan, wat kerk behoort te wees. Sy het haar roeping nuut ontdek in en deur haar betrokkenheid met ‘die ander’ wat in haar omgewing in nood verkeer. Drie teologiese konstrukte is gekies om die besluitnemingsproses in die tydlyn van die gemeente teologies te evalueer, naamlik: • die onderskeiding van wie die Drie-Enige God is, bepaal die manier van kerkwees; • die werking van die Heilige Gees in die onderskeiding van die missio Dei; en • die inkarnasie van Jesus as riglyn vir die uitleef van die missio Dei. Die bespreking van die tydlyn van die gemeente vorm sentrale deel van die studie. Die teologiese konstrukte sowel as die makro- en mesokontekste is bespreek en dan in verband gebring met die tydlyn om te evalueer in hoeverre die besluitnemingsproses ideologies of missionaal gedrewe was. Verder is etnografiese studie in die gemeente gedoen om die identiteit van die gemeente aan die einde van 2007 te bepaal. Hierdie studie het methodologies konstruktiewe replikasie verskaf vir die bevindinge in die tydlyn, en die hipotese dat daar wel paradigmaskuif plaasgevind het, as waar bewys. Die skuif hét plaasgevind: van ideologies-gedrewe gemeente, na gemeente wat die missio Dei onderskei om die missiones ecclesciae te vorm. / ENGLISH ABSTRACT: The hypotheses of this study is that the identity of the Dutch Reformed Church Stellenbosch North shifted from a congregation focusing on her existence as an ideologically driven community within a specific population group, to a congregation starting to think missionally from a new understanding of the Triune God. In the discernment thereof, she discovered what the church should be. She discovered her vocation anew through her involvement with the need of the ‘other’ in the neighbourhood. Three theological constructs were chosen, namely: • the discernment of who the Triune God is defines the manner of being church, • the work of the Holy Spirit in the discernment of the missio Dei; and • the incarnation of Jesus as guideline for the praxis of the missio Dei. The three theological constructs were used to evaluate the decision making processes in the congregation. The discussion of the timeline of the congregation forms a central part of this study. The three theological constructs as well as the macro and meso contexts are discussed, and then related to the timeline to evaluate if the decision making processes were ideologically or missionally driven. Furthermore, an ethnographic study was conducted in the congregation to establish her identity towards the end of 2007. This study gave a methodological constructive replication of the findings from the timeline and further proved the hypotheses correct that a paradigm shift did take place. The paradigm did shift from an ideologically driven congregation to one that discerned the missio Dei and became the missions ecclesiae.
45

Missio Dei en versoening : 'n fokus op die bydrae van missio Dei perspektiewe op die verheldering van die NG kerk se versoeningsrol in getuienis-lewering binne die konteks van rassisme in Suid-Afrika vandag

Redelinghuys, Werner 03 1900 (has links)
Assignment (M.Div.)--University of Stellenbosch, 2007. / ENGLISH ABSTRACT: This research was done from the viewpoint that because of different reasons believers and congregations of the Dutch Reformed Church in South Africa are struggling to make a significant contribution to processes of reconciliation in this country and thereby to a certain extent fail to live out the church’s witness in this regard. Therefore the question was asked how this church can be guided to play a bigger part in processes of reconciliation in the midst of phenomena like race-prejudice, race-discrimination and subtle and blatant forms of racism in South Africa today. By focusing on few of the causes of these phenomena as well as certain perspectives on missio Dei theologies, an attempt are made to guide the Dutch Reformed Church towards involvement in processes of reconciliation, the transformation of broken relationships between people of different races and the eradication of racism. A number of hermeneutical processes are being emphasized in order to guide the church towards a miss ional praxis of reconciliation. The essence of this praxis entails the eradication of stereotypes regarding ‘the other’, by focusing on an inculturation approach in the light of missio Dei theology. By focusing on an interpretation of missio Dei as God’s reconciliation through the poor, an attempt was made to guide the church towards involvement in processes aiming at economic justice. This research is therefore an attempt to guide the church towards the discernment of her role as the witnesses of Christ within this context in South Africa today. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Hierdie navorsing is vanuit die uitgangspunt gedoen dat gelowiges en gemeentes van die NG Kerk in Suid-Afrika om verskeie redes in ‘n mindere mate daarin slaag om ‘n daadwerklike (getuienislewerende) bydrae tot versoeningsprosesse in Suid-Afrika te lewer. Na aanleiding van hierdie stelling word die vraag gevra na hoe die NG Kerk ‘n groter rol kan speel in prosesse van versoening en die transformering van verhoudinge tussen verskillende mense in Suid-Afrika, veral te midde die realiteit van rassevooroordeel, rassediskriminasie en subtiele en blatante rassisme vandag. Deur te let na enkele oorsake van rasseskeiding en rassisme, asook verskeie perspektiewe op missio Dei teologieë, word daar derhalwe gepoog om die NG Kerk hierdeur tot betrokkenheid in die transformering van gebroke rasseverhoudinge en die uitwissing van rassisme in Suid-Afrika vandag te begelei. Verskeie hermeneutiese prosesse word in die proses benadruk ten einde die kerk by te staan in die onderskeiding van ‘n missionale versoeningspraksis binne hierdie konteks. Die essensie van hierdie praksis, wat op verskeie hermeneutiese prosesse steun, bestaan daaruit om stereotipes aangaande ‘die ander’ uit die weg te ruim deur op ‘n inkulturasie-benadering tot missio Dei te fokus. Daar word ook voorstelle gemaak oor hoe om versoening tussen mense te bevorder deur die nastreef van ekonomiese geregtigheid. ‘n Aanvullende benadering tot missio Dei, nl. missio Dei as God se versoening asook God se sending deur die arme dien as basis hiervan. Op hierdie manier het hierdie navorsing ‘n bydrae gelewer oor wat die NG Kerk kan doen om versoening tussen mense groepe in Suid-Afrika te kan bewerkstellig en om haar getuienis i.t.v. hierdie konteks te oriënteer.
46

Lay leadership development in the Reformed Church in Zimbabwe

Rutoro, Rangarirai 12 1900 (has links)
Thesis (DTh (Practical Theology and Missiology))--University of Stellenbosch, 2007. / ENGLISH ABSTRACT: The dissertation explores lay leadership developments in the Reformed Church in Zimbabwe by investigating the leadership history of the Reformed Church in Zimbabwe (RCZ) from 1891 when it was founded in Zimbabwe, to the present. Chapter 1 introduces the problem statement, i.e. the exclusion of laity and women in the broader church structures, dominated by male clergy. It currently blocks transformation. The hypothesis of this study is that lay leadership is not sufficiently represented in the leadership structures of the Reformed Church in Zimbabwe. Reasons for this can be that the influence of the clerical paradigm model of leadership, or the hierarchical Shona culture structures, adopted by the missionaries of the RCZ are still haunting the leadership of the church. The methodological framework for the study is practical theology, used by Hendriks (2004). Some important working concepts are explained and a short historical background of the Reformed Church in Zimbabwe is laid out. In Chapter 2 different views on church offices are discussed. Methodologically, the Word of God provides the normative basis from which the problem statement is addressed. In Chapter 3 some aspects of the historical background of the Reformed Church in Zimbabwe are described. The Shona cultural background and its hierarchical structures are discussed in order to determine how the Shona culture influenced the leadership structures of the church to exclude laity and women. In Chapter 4 the history of leadership in the Reformed Church in Zimbabwe is explored and the position of the lay people from 1891 to the present is discussed. This is done to determine whether there have been developments in the area of laity inclusion in the broader leadership structures of the church and to prove or disapprove the statement that the broader leadership structures of the church were dominated by male clergy. Chapter 5 presents the empirical part of the study. Attitudes towards women in the Reformed Church in Zimbabwe are analyzed through qualitative research methods. The data was gathered through interviews that assessed the relation between laity and clergy and men and women in the church. Negative and positive attitudes have been noted from the different groups that were interviewed. Chapter 6 describes the Zimbabwean situation which influences the church leadership due to the pressure of the political, economic, education and health situation in the country. The influence of modernism and postmodern megatrends towards church leadership styles are discussed. These trends seek participation of every individual member for transformation to take place. In Chapter 7 the focus is on five strategies to empower lay leadership to participate in all the broader structures of the RCZ. It also focuses on the applicability of lay leadership development in the RCZ. Finally, the overall summary, conclusion and recommendations are given in Chapter 8. The recommendations need to be considered by the Reformed Church in Zimbabwe in order to strengthen the inclusion of laity and women in the broader structures of the church. The research proved that lay leadership development is gradually taking place in the RCZ, but empowerment of laity and women is still needed. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Hierdie proefskrif is 'n verkennende studie oor ongeskoolde leierskapontwikkelings in die Gereformeerde Kerk in Zimbabwe. Leierskap geskiedenis van die Gereformeerde Kerk in Zimbabwe word ondersoek vanaf 1891 toe dit tot stand gekom het in Zimbabwe tot huidiglik. Hoofstuk 1 omskryf die probleemstelling, naamlik die uitsluiting van ongeskooldes en vroue in breë kerk strukture wat gedomineer word deur manlike klerke. Huidiglik stuit dit transformasie. Die hipotesis van die studie is dat ongeskoolde leierskap nie voldoende verteenwoordig word in die leierskapstrukture van die Gereformeerde Kerk in Zimbabwe nie. Redes hiervoor kan wees dat die invloed van die klerklike paradigma model van leierskap of die hierargiese Shona kultuur, wat deur die sendelinge van die Gereformeerde Kerk in Zimbabwe aangeneem is, steeds die leierskap van die kerk oorheers. Die metodologiese raamwerk van die studie is praktiese teologie, soos gebruik deur Hendriks (2004). Van die belangrike konsepte word verduidelik en 'n kort historiese oorsig van die Gereformeerde Kerk in Zimbabwe word uiteengesit. In Hoofstuk 2 word verskillende standpunte van kerkkantore bespreek. Metodologies verskaf die Woord van God die normatiewe basis vanwaar die probleemstelling aangespreek word. In Hoofstuk 3 word sekere aspekte van die historiese agtergrond van die Gereformeerde Kerk in Zimbabwe beskryf. Die Shona kulturele agtergrond en sy hierargiese strukture word bespreek sodat daar bepaal kan word hoe die Shona kultuur die leierskapstrukture van die kerk beinvloed het om ongeskooldes en vroue uit te sluit. In Hoofstuk 4 word die geskiedenis van leierskap in die Gereformeerde Kerk in Zimbabwe verken en die posisie van ongeskoolde mense, vanaf 1891 tot huidiglik, word bespreek. Dit word gedoen om te bepaal of daar enige ontwikkelings in die area van die insluiting van ongeskooldes in die breë leierskapstrukture van die kerk was en om te bepaal of die stelling dat die breë leierskapstrukture van die kerk gedomineer is deur manlike klerke waar of onwaar is. Hoofstuk 5 behels die empiriese deel van die studie. Houdings teenoor vroue in die Gereformeerde Kerk in Zimbabwe word geanaliseer deur middel van kwalitatiewe navorsingsmetodes. Die data is versamel deur middel van onderhoude wat die verhouding tussen ongeskooldes en klerklikes en mans en vroue in die kerk assesseer. Negatiewe en positiewe houdings is genotuleer komende vanaf die verskillende groepe wat deelgeneem het aan die onderhoude. Hoofstuk 6 beskryf die Zimbabwiese situasie wat die kerkleierskap beïnvloed deur middel van die druk wat die politieke, ekonomiese, onderwys en gesondheidsituasie in die land daarop plaas. Die invloed van modernisme en postmodernistiese mega-neigings teenoor kerkleierskap style word bespreek. Hierdie neigings streef na die deelname van elke individuele lid sodat transformasie kan plaasvind. Hoofstuk 7 fokus op vyf strategieë om ongeskoolde leierskap te bemagtig om deel te neem aan die breë strukture van die RCZ. Dit fokus ook op die toepaslikheid van ongeskoolde leierskapontwikkeling in die Gereformeerde Kerk in Zimbabwe. Die algehele opsomming, slot en aanbevelings word in Hoofstuk 8 bespreek. Die aanbevelings moet deur die Gereformeerde Kerk in Zimbabwe oorweeg word sodat die insluiting van ongeskooldes en vroue in die breë strukture van die kerk versterk kan word. Hierdie navorsing bewys dat ongeskoolde leierskap ontwikkeling geleidelik besig is om plaas te vind in die Gereformeerde Kerk in Zimbabwe, maar dat bemagtiging van ongeskooldes en vroue steeds nodig is.
47

Aspekte van uitbranding by predikante van die Nederduitse Gereformeerde Kerk

05 September 2012 (has links)
M.Phil. / This research focuses on aspects of burnout amongst ministers of religion in the Dutch • Reformed Church ("NG Kerk") Synod of Southern Transvaal. Burnout is a common metaphor for a state of mental exhaustion, usually work-related. It is described as a syndrome of emotional exhaustion, depersonalization and reduced personal accomplishment that can occur among individuals who do 'people work' of some kind. Research literature describes the general symptomatology of the syndrome, its preconditions, as well as the domain in which it occurs. From the literature it becomes apparent that burnout is a persistent, negative, work-related state of mind in 'normal' individuals that is primarily characterised by exhaustion, which is accompanied by distress, a sense of reduced effectiveness, decreased motivation, and the development of dysfunctional attitudes and behaviours at work. This psychological condition develops gradually but may remain unnoticed for a long time by the individual involved. It results from a misfit between intentions and reality at the job. Often burnout is selfperpetuating because of inadequate coping strategies that are associated with the syndrome. The research design can be typified as exploratory, descriptive and quantitative. The central hypothesis of this study is that burnout is the product of specific factors in the person-work environment interaction of ministers in the Dutch Reformed Church. With the aim of the study in mind, the following research process was followed: A literature review as theoretical grounding for burnout in general, as well as the analysis of literature specifically on burnout amongst ministers of religion. The development of a questionnaire, based on the review of literature, as self-report measure for burnout amongst ministers. After a field investigation, with the questionnaire as a method of data collection (on two occasions, 20 months apart), the data were analysed, consolidated, displayed and interpreted. The consolidated data were also interpreted in the broader perspective of the theoretical framework and recommendations were made about aspects of burnout amongst ministers in the Dutch Reformed Church. Possible causes, negative outcomes, ways of coping, interventions and support were explicated. The most important findings on aspects of burnout amongst ministers of the Dutch Reformed Church, as shown in this study, are: low horizontal mobility, quantitative work overload, time pressure, negative personal experience of the work situation, a negative evaluation of training and the negative evaluation of personal well-being because of the work situation. It can be concluded that ministers of the Dutch Reformed Church are at risk of burnout, caused by unique stressors in their work environment.
48

Suggestie as faktor in die christelike erediens met besondere verwysing na die gereformeerde-, pentekostalistiese- en neo- pentekostalistiese tradisies.

Lehmkuhl, Carl Wilhelm. January 1990 (has links)
The aim of this study is to examine the communication models with which the church works and if necessary, to create an alternative model. The criticism of the worship service requires that the church rethinks her activities. The target of the study is the Christian worship service as seen in the main stream of Protestant thinking in South Africa. In particular it looks at the Reformed-, Pentecostal- and Neo-pentecostal churchgroups. Church history shows that the church often gets involved with heresy, and that God ever so often brings His church back through specific reformations. In the light of this, the church should ask the right questions now to be able to give the right answers in the twenty first century. The liturgical crisis requires that ministers should lead worship with honesty and enthusiasm. Ministers will have to be careful not to try and produce or imitate God's work, but through the interaction between the people themselves and between God and his people, to be an instrument in God's hand. Therefore this study suggests principles which governs the communication in the worship service. The importance of this study lies in the fact that it tries to understand the very complex situation of communication in the Christian worship service. These peculiar dynamics is both unique and general. Unique, in the sense that the Lord Jesus Christ is present amongst His children, that God through grace intervenes in the lives of people and by this makes the most ideal communication possible. Generally, in the sense that it is through common everyday communication skills, that the worship service is experienced. The individual who attends the service will come to a specific understanding of the situation, through the normal human communication process. This study also designed a measuring device in the form of questionnaires to identify what people experience during the worship service. It comes to the conclusion that ministers must set up the most ideal situation for effective communication during services. / Thesis (Ph.D.)-University of Durban-Westville, 1990.
49

Zwischen Beharrung und Veränderung die Nederduitse Gereformeerde Kerk im Umbruchsprozess Südafrikas (1990 - 1999)

Gensicke, Matthias January 2006 (has links)
Zugl.: Hamburg, Univ., Diss., 2006
50

A missiological evaluation of the Nederduitse Gereformeerde Kerk's new social theology (Church and society 1990)

Kreitzer, Mark Robert. January 1997 (has links)
Thesis (D. Miss.)--Reformed Theological Seminary, 1997. / Abstract. Includes bibliographical references (leaves 296-321).

Page generated in 0.0931 seconds