• Refine Query
  • Source
  • Publication year
  • to
  • Language
  • 2
  • Tagged with
  • 3
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • About
  • The Global ETD Search service is a free service for researchers to find electronic theses and dissertations. This service is provided by the Networked Digital Library of Theses and Dissertations.
    Our metadata is collected from universities around the world. If you manage a university/consortium/country archive and want to be added, details can be found on the NDLTD website.
1

Onderwyseresse se verwagtinge van tweede of addisionele taal graad R-leerders se kommunikasievaardighede in 'n bepaalde geografiese area van Bloemfontein (Afrikaans)

Harmse, Ottilie Henriette 16 April 2007 (has links)
Abstract in Afrikaans Onderwyseresse is dikwels onseker oor die wyse waarop hulle tweede of addisionele taal graad R-leerders behoort te onderrig. Gevolglik stel hulle dieselfde kommunikasie-eise en op dieselfde wyse aan tweede taal leerders as aan moedertaalleerders. `n Groot aantal Suid-Afrikaanse graad R-leerders se basiese interaktiewe taalvaardighede in Engels as onderrigtaal, is dikwels nie op peil aan die einde van graad R nie, omdat hulle nie Engels magtig is by toetrede tot graad R nie. Gevolglik kan hierdie leerders se kognitiewe akademiese taalvaardighede nie toereikend ontwikkel in Engels nie en beskik hulle nie aan die einde van graad R oor doeltreffende kommunikasievaardighede vir skool-gereedheid nie. Vir die doel van hierdie studie is daar spesifiek gefokus op graad R-onderwyseresse asook op leerders se kommunikasievaardighede vir skoolgereedheid. `n Transformerend-opeenvolgende ontwerp bestaande uit `n gemengde metodiek van kwalitatiewe en kwantitatiewe benaderings in drie fases is vir die uitvoer van die studie geselekteer. Fase een het bestaan uit `n literatuurstudie, vir fase twee is graad R-onderwyseresse as deelnemers geselekteer en by fase drie is data van fases een en twee met mekaar vergelyk. Data-insameling het deur middel van vraelyste, `n onderhoudskedule vir semi-gestruktureerde onderhoude, en `n skedule vir die fokusgroepbespreking geskied. `n Omvattende ontwikkelingsgebaseerde lys voorvereistes van kommunikasievaardighede (die lys), is in die literatuur vir spraak-taalpatologie geïdentifiseer asook kommunikasievaardighede wat deur die amptelike graad R-kurrikulum geïmpliseer word. Resultate van fase twee het getoon dat graad R-onderwyseresse nie al die kommunikasievaardighede van graad R-leerders in ooreenstemming met die lys vereis het nie. Volgens fase drie se bevindinge het die onderwyseresse meer kommunikasievaardighede van leerders verwag as wat deur die graad R-kurrikulum geïmpliseer word. Die kliniese waarde van die studie is geleë in die feit dat riglyne verskaf word vir interaksie tussen graad R-onderwysers en leerders vir die fasilitering van taalontwikkeling by die leerders. Die navorsingsbevindinge beaam vorige bevindinge dat graad R-onderwysers kan baat by addisionele opleiding oor spraak-taalontwikkeling en kommunikasievaardighede vir skoolgereedheid. Hierdie addisionele opleiding kan gesamentlik volgens die model van samewerkende dienslewering deur die onderwysers en die spraak-taalterapeut beplan word. Die navorsingsresultate kan aangewend word as uitgangspunt vir toekomstige navorsing oor die problematiek wat deur hierdie navorsing geïdentifiseer is. Op grond van die gevolgtrekkings is kliniese implikasies en aanbevelings vir toekomstige navorsing geïdentifiseer. Die data wat tydens die navorsing ingesamel is, word as betekenisvol beskou vir die ontwikkeling van `n aanvullende program vir onderwysers om jong kinders se taalontwikkeling te fasiliteer. / Dissertation (Master of Communication Pathology)--University of Pretoria, 2007. / Speech-Language Pathology and Audiology / unrestricted
2

Die rol van die konsultant in die gemeentebouproses

Meyer, Lukas Johannes 11 1900 (has links)
Text in Afrikaans / In teenstelling met die buiteland, bestaan daar tans weinig indien enige voltydse gemeenteboukonsultante in Suid- Afrika. Daar bestaan ook weinig indien enige literatuur wat op Suid- Afrikaanse bodem verskyn het wat handel oor die werksaamhede van die gemeenteboukonsultant in die christelike kerk/gemeente. Die gebrek aan 'n voltydse professionele gemeenteboukonsultant word as 'n ernstige leemte beskou in die verskillende fases van gemeentebou. In die studie word literatuur wat handel oor hierdie belangrike onderwerp, asook literatuur vanuit die bestuurswetenskap, teologies en krities bestudeer. 'n Aantal bestaande modelle word uiteengesit en teologies evalueer. Uit hierdie bestudering word op teologies-hermeneutiese wyse 'n voorbeeld-model voorgestel waarvolgens die gemeenteboukonsultant binne die Suid-Afrikaanse konteks die gemeente-analise, gemeenteprofiel en langtermynbeplanning in samewerking met die leiers en lidmate van die kerk/ gemeente kan afhandel. / At present, South Africa, in contrast with countries abroad has a serious disposition regarding the availability of literature dealing with churchgrowth as such. Due to a lack of professional churchgrowth consultants, churchgrowth had been neglected and a gap of deficiency has occured thus hindering the different stages in churchgrowth. This study is an in - depth, theological and critical study of churchgrowth as well as the managerial aspects thereof. Much devotion has been endeavoured upon this thus delivering a model example with which churchgrowth consultants could embark upon congregational analysis and profiling. In colaboration with leaders and members of congregations, long - term planning can be done. All this in a South Africa which had been deprived from this valuable service for so long. / Practical Theology / D. Th. (Practical theology)
3

Die rol van die konsultant in die gemeentebouproses

Meyer, Lukas Johannes 11 1900 (has links)
Text in Afrikaans / In teenstelling met die buiteland, bestaan daar tans weinig indien enige voltydse gemeenteboukonsultante in Suid- Afrika. Daar bestaan ook weinig indien enige literatuur wat op Suid- Afrikaanse bodem verskyn het wat handel oor die werksaamhede van die gemeenteboukonsultant in die christelike kerk/gemeente. Die gebrek aan 'n voltydse professionele gemeenteboukonsultant word as 'n ernstige leemte beskou in die verskillende fases van gemeentebou. In die studie word literatuur wat handel oor hierdie belangrike onderwerp, asook literatuur vanuit die bestuurswetenskap, teologies en krities bestudeer. 'n Aantal bestaande modelle word uiteengesit en teologies evalueer. Uit hierdie bestudering word op teologies-hermeneutiese wyse 'n voorbeeld-model voorgestel waarvolgens die gemeenteboukonsultant binne die Suid-Afrikaanse konteks die gemeente-analise, gemeenteprofiel en langtermynbeplanning in samewerking met die leiers en lidmate van die kerk/ gemeente kan afhandel. / At present, South Africa, in contrast with countries abroad has a serious disposition regarding the availability of literature dealing with churchgrowth as such. Due to a lack of professional churchgrowth consultants, churchgrowth had been neglected and a gap of deficiency has occured thus hindering the different stages in churchgrowth. This study is an in - depth, theological and critical study of churchgrowth as well as the managerial aspects thereof. Much devotion has been endeavoured upon this thus delivering a model example with which churchgrowth consultants could embark upon congregational analysis and profiling. In colaboration with leaders and members of congregations, long - term planning can be done. All this in a South Africa which had been deprived from this valuable service for so long. / Philosophy, Practical and Systematic Theology / D. Th. (Practical theology)

Page generated in 0.0498 seconds