Return to search

Geloofsvorming in tradisioneel Afrikaans-christelike skole : 'n prakties-teologiese evaluering van die rol van onderwysers, Jeugwerkers en liturgiese elemente teenwoordig in die skoolkonteks

In hierdie studie word aandag gegee aan die invloed wat onderwysers, jeugwerkers en
Liturgiese elemente teenwoordig in die skoolkonteks, op die geloofsvorming van
kinders in Tradisioneel Afrikaans-Christelike skole uitoefen.
Die kerk staan voor krisis wat vir jare reeds aan die kom is. Die kerk is nie meer die
middelpunt van die samelewing nie en mense sien nie meer die kerk as noodsaaklike
sosiale en geestelike bemiddelaar nie. Dit het tot gevolg dat al hoe minder mense kerk
toe gaan met potensieël katastrofiese gevolge. Die kerk kan egter nie op sy louere rus
nie, want ons het opdrag om die goeie nuus aan almal te verkondig om sodoende
die Koninkryk van God te laat kom in mense se lewens en in die samelewing.
Geloofsvorming vind tradisioneel plaas binne die veilige ruimte van die ouerhuis. Die
realiteit is dat vele kinders nie meer geloofswaarhede by hul ouers leer nie en ook nie
aan voorbeeldige Christelike lewenswyse blootgestel word nie.
Om die leemte aan te spreek, behoort die kerk in vennootskap met die skool te staan
om kinders bloot te stel aan konteks wat geloofvorming bevorder en fasiliteer. Die
skoolkonteks bied geleentheid vir die kerk om kinders in hul vormingsjare te bereik,
wat die beste tyd is om lewensveranderende lewenswater aan hulle te bring. Kinders
het eksistensiële behoefte daaraan om blootstelling aan geloofsvormende stimuli te
ontvang. Skoolkonteks, waarin voorbeeldige volwassenes en doeltreffende
liturgiese elemente teenwoordig is, blyk van groot waarde te wees om die behoefte
van kinders aan te spreek en die geleentheid vir kerk en samelewing te bied om
noemenswaardige positiewe impak op die individu en die samelewing as geheel te
voltrek. / Dissertation (MTh)--University of Pretoria, 2013. / gm2014 / Practical Theology / unrestricted

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:up/oai:repository.up.ac.za:2263/40362
Date January 2013
CreatorsVan der Merwe, Gert Jacobus Petrus Johannes
ContributorsWepener, Cas, 1972-, gert@novitge.co.za
PublisherUniversity of Pretoria
Source SetsSouth African National ETD Portal
LanguageEnglish
Detected LanguageUnknown
TypeDissertation
Rights© 2013 University of Pretoria. All rights reserved. The copyright in this work vests in the University of Pretoria. No part of this work may be reproduced or transmitted in any form or by any means, without the prior written permission of the University of Pretoria.

Page generated in 0.0027 seconds