Return to search

Die effek van leierskap op verandering in 'n nie-winsgewende organisasie

Summaries in English and Afrikaans / Hierdie studie is onderneem om die effek van leierskap op verandering in 'n nie-winsgewende
organisasie te bepaal. 'n Literatuur- en 'n empiriese studie is onderneem. Literatuur beklemtoon
dat verandering 'n realiteit in 'n organisasie is, 'n veranderingsagent die proses meet dryf en dat
die transformasieleierskapstyl die gewenste styl vir veranderingsbestuur is. Navorsing toon dat
verandering vanwee eksterne invloede wel voorkom. Verwarring ten opsigte van wie die rol en
verantwoordelikheid as veranderingsagent moet vertolk kom egter in die navorsing na vore. Die
wyse en frekwensie waarop kommunikasie ten opsigte van verandering plaasgevind het, word oor
die algemeen positief deur die respondente ervaar, maar respondente toon egter ook positiewe en
negatiewe gedragsreaksies aan ten opsigte van verandering. Respondente toon dat die
transformasieleierskapstyl met leierskapsgedrag/-kenmerke wat verband hou met integriteit
toeganklikheid en objektiwiteit hul tot deelname aan verandering motiveer. Navorsing toon ook
dat leierskapspotensiaal en die behoefte aan leierskapsontwikkeling by respondente teenwoordig
is. Navorsing het bevestig dat leierskap 'n effek op verandering in 'n nie-winsgewende organisasie
het. / This research aims to establish whether leadership has an effect on change in a not-for-profit
organisation. A literature and empirical study were conducted. Literature indicated that change in
organisations is a reality and that organisations need to appoint change agents in order to facilitate
the change process. Research has shown that change in noHor-profit organisation was caused by
external influences and indicated that confusion exists as to whom the role and responsibility of
change agent belongs to. Respondents indicated that they were generally positive about the
frequency and way in which change was communicated but they indicated both positive and
negative behavioral reactions to change. The transformational leadership style is highlighted as
the best leadership style to manage change. The transformational leadership style with leadership
behavior such as integrity, approachability and objectivity motivates respondents to participate in
the change process. Research also indicated that respondents have leadership potential and have
a need for leadership development. This study confirmed that leadership has an effect on change
in a not-for-profit organisation.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:unisa/oai:uir.unisa.ac.za:10500/940
Date30 November 2002
CreatorsViljoen, Aletta Magrietha
ContributorsMalherbe, Blanche Regina
Source SetsSouth African National ETD Portal
LanguageEnglish
Detected LanguageEnglish
TypeDissertation

Page generated in 0.0015 seconds