Spelling suggestions: "subject:"dissertations -- journalism"" "subject:"dissertations -- gournalism""
81 |
Challenges for journalism education and training in a transforming society : a case study of three selected institutions in post-1994 South AfricaDube, Bevelyn 12 1900 (has links)
Thesis (PhD)--Stellenbosch University, 2013. / ENGLISH ABSTRACT: This study investigated the challenges for journalism education and training (JE&T) in a
post-1994 transforming South Africa. Prior to 1994, South Africa had three distinct university
systems with different ideological orientations, namely historically Afrikaans-language
universities, historically English-language universities, and historically “black” universities.
The consequence of these orientations in the university system caused a paradigmatic schism
in the field of JE&T. The advent of democracy in 1994 necessitated the questioning of this
division in higher education. One could assume that there was need to transform the JE&T
curricula so that it could address the challenges of a society in transformation. This study,
therefore, aimed to establish whether JE&T curricula in three selected tertiary institutions in
post-1994 South Africa have transformed in line with the transformation process in the
country. The post-colonial theory, developmental journalism model and Ubuntu philosophy
were deemed the most appropriate theoretical points of departure from which to analyse the
curricula. A collective case study was used as a research design. To collect data, a mixedmethod approach, which utilised both qualitative and quantitative approaches, was used.
Qualitative data were collected through use of programme documents from the selected
journalism tertiary institutions and a semi-structured questionnaire, which was distributed to
programme coordinators. Quantitative data were obtained through the structured
questionnaire which was completed by students in the selected programmes. The qualitative
data obtained were analysed using qualitative content analysis, while quantitative data were
analysed using the statistical package SPSS version 18. The data were then analysed and
discussed in terms of the selected theories. The analysis revealed that the three programmes
are highly dependent on Western epistemologies. The programmes have a close relationship
with the media industry, a relationship which at times can be a double-edged sword. The
findings also show that the programme coordinators of these programmes are not averse to
the transformation of curricula provided the process takes into cognisance Western
epistemologies. The results also showed that in terms of gender and race, transformation has
either been insignificant or non-existent. Lastly, all three programmes do not teach their
students to report in indigenous languages. The final conclusion of the study is that JE&T in
the selected programmes are not yet addressing the challenges of a transforming post-1994
South Africa. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Hierdie studie het die uitdagings aan joernalistieke opvoeding en opleiding (JO&O) in ’n
post-1994, transformerende Suid-Afrika ondersoek. Voor 1994 het Suid-Afrika drie
verskillende universiteitstelsels met verskillende ideologiese oriëntasies gehad, naamlik
historiese Afrikaanse universiteite, historiese Engelse universiteite en historiese “swart”
universiteite. Die gevolg van hierdie oriëntasies in die universiteitstelsel het ’n
paradigmatiese skisma in die veld van JO&O veroorsaak. Die koms van demokrasie in 1994
het die bevraagtekening van hierdie skeiding in hoër onderwys genoodsaak. Die aanname kon
gemaak word dat daar ’n behoefte was om JO&O kurrikula te transformeer sodat dit aan die
uitdagings van ’n samelewing in oorgang kon beantwoord. Hierdie studie het dus beoog om
vas te stel of JO&O kurrikula in drie geselekteerde tersiêre inrigtings in ’n post-1994 SuidAfrika saam met die landgetransformeer het. Die postkoloniale teorie, ontwikkelingsjoernalistiek-teorie en Ubuntu-filosofie is geoordeel om die mees toepaslike teoretiese
vertrekpunte te wees om die kurrikula mee te evalueer. ’n Kollektiewe gevallestudie is as
navorsingsontwerp gebruik. As dataversamelingsmetodologie is ’n gemengde metodesbenadering gevolg, waarin kwalitatiewe en kwantitatiewe metodologieë gebruik is.
Kwalitatiewe data is deur’n analise van die programdokumente van die geselekteerde tersiêre
instellings versamel, asook deur ’n semi-gestruktureerde vraelys aan die
programkoördineerders. Kwantitatiewe data is verkry danksy ’n gestruktureerde vraelys wat
deur studente in die onderskeie programme voltooi is. Die kwalitatiewe data is geanaliseer
deur kwalitatiewe inhoudsanalise, terwyl die kwantitatiewe data geanaliseer is deur die
statistiese pakket SPSS weergawe18. Die data is daarna aan die geselekteerde teorieëgetoets
en daarvolgens geëvalueer. Die analise het getoon dat die drie programme sterk steun op
Westerse epistemologieë. Die drie programme het stewige verhoudings met die mediabedryf,
’n verhouding wat soms ’n tweesnydende swaard kan wees. Die bevindinge toon ook dat die
koördineerders van die programme nie onwillig oor die transformasie van kurrikula is nie,
met dien verstande die proses neem Westerse epistemologieë in aanmerking. Die resultate het
ook aangetoon dat transformasie onbeduidend of nie-bestaande was in terme van geslag en
ras. Die drie programme bied ook geen onderrig in inheemse Afrika-tale aan nie. Die finale
slotsom van die studie was dat JO&O in die geselekteerde programme nog nie die uitdagings
van ’n transformerende post-1994 Suid-Afrika aanspreek nie. / University of Venda
|
82 |
Dispatches from the front : war reporting as news genre, with special reference to news flowBotha, Nicolene 12 1900 (has links)
Thesis (MPhil (Journalism))--Stellenbosch University, 2007. / ENGLISH ABSTRACT: During Gulf War II, the American government implemented new media policies which,
due to their potentially manipulative impact, became a subject of concern to academics,
social commentators and the media alike. Key to these policies was the Department of
Defense's Embedded Media Program which allowed hundreds of selected reporters to
accompany US forces to the war front. The US openly tried to win international support
for the war, and critics felt that this policy was designed to saturate the media with
reports supporting the American point of view. This study examines these policies, the
history of war reporting as a separate news genre, as well as the fluctuating relations
between the US military and the media. Because of the US media policies, the fact that
only one South African newspaper reporter was in Iraq during Operation Iraqi Freedom
phase of the war and South African newspapers' consequent reliance on foreign news
sources, there was a real possibility that the American position would be propagated in
the local press. To test whether this was the case, the way the war was reported on in
four leading South African newspapers is examined in terms of gatekeeping,
agendasetting and framing. Using an adapted version op Propp's fairytale analysis as a
standard, it compares the slant and content of the South African coverage to the way
four senior US government officials presented the war. Also, the coverage of the
newspapers is compared to one another. The analyses indicate that while most of the
information published by the newspapers came from American sources, the news
reports generally did not mirror the US standpoint, but instead criticised President Bush
and the war on Iraq. Neither the frequency of the newspapers, nor its cultural
background showed any correlation with the way the war was depicted by the different
newspapers. It is therefore concluded that while the US might have been successful in
their attempt to "occupy the media territory" in terms of sources cited, they were not
able to sway the opinion of the South African press in their favour. However, the US is
aware of these failures and plans to rectify the mistakes made in Gulf War II by means
of proactive global operations started in times of peace. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Tydens die Tweede Golfoorlog het die Amerikaanse regering 'n nuwe mediabeleid
ingestel wat weens die potensieel manipulerende impak daarvan ’n bron van kommer
vir akademici, sosiale kommentators en die media self geword het. Sentraal tot hierdie
nuwe beleid was die Departement van Verdediging se sogenaamde "Embedded Media
Program" wat honderde uitgesoekte joernaliste toegelaat het om Amerikaanse magte na
die oorlogsfront te vergesel. Die VSA het openlik probeer om internasionale steun vir
die oorlog te werf en kritici het gevoel dat dié beleid ontwerp is om die media met
nuusberigte wat die Amerikaanse standpunt steun, te versadig. Hierdie studie ondersoek
dié beleid, die geskiedenis van oorlogsverslaggewing as afsonderlike nuus-genre, asook
die wisselvallige verhouding tussen die Amerikaanse weermag en die media. Weens die
Amerikaanse mediabeleid, die feit dat slegs een Suid-Afrikaanse koerantverslaggewer
tydens die Operation Iraqi Freedom fase van die oorlog in Irak was en Suid-Afrikaanse
koerante gevolglik van buitelandse nuusbronne afhanklik was, was daar 'n werklike
moontlikheid dat die Amerikaanse posisie deur die plaaslike pers gepropageer kon
word. Om te toets of dit die geval was, is die manier waarop in vier vooraanstaande
Suid-Afrikaanse koerante oor die oorlog berig is, ondersoek in terme van
hekwagterskap, agendastelling en raamskepping. Deur 'n aangepaste weergawe van
Propp se feëverhaalanalise as maatstaf te gebruik, is die neiging en inhoud van die Suid-
Afrikaanse dekking vergelyk met die manier waarop vier senior Amerikaanse
amptenare die oorlog voorgehou het. Die koerante se dekking is ook met mekaar
vergelyk. Die analises wys dat hoewel die meeste van die inligting wat deur die
koerante gepubliseer is van Amerikaanse bronne kom, die nuusberigte oor die algemeen
nie die Amerikaanse standpunt weerspieël nie, maar eerder krities teenoor President
Bush en die oorlog teen Irak is. Nie die frekwensie van die koerante of die kulturele
agtergrond daarvan het enige korrelasie getoon met die manier waarop die oorlog deur
die verskillende koerante uitgebeeld is nie. Die gevolgtrekking word gemaak dat hoewel
die VSA moontlik daarin geslaag het om die "mediaterrein te okkupeer" in terme van
aangehaalde bronne, het hulle nie daarin geslaag om die Suid-Afrikaanse pers se opinie
in hul guns te swaai nie. Die VSA is egter bewus van die foute wat tydens die Tweede
Golfoorlog gemaak is en beplan om dit deur middel van proaktiewe globale operasies
in vredestyd reg te stel.
|
83 |
A comparative analysis of the coverage of the South African electrical energy crisis during the period 2005-2010 by Cape Town newspapersHoltzhausen, Jacobus Petrus 03 1900 (has links)
Thesis (MPhil)--Stellenbosch University, 2012. / ENGLISH ABSTRACT: Electrical energy has become an indispensable part of the modern world, supporting
industries and economic systems. Any disruption of supply is felt immediately in all spheres
of life. The operation of a power system is a complex process involving rotating machines that
may fail from time even though they are maintained regularly. The overhead transmission
system is likewise prone to faults caused by environmental factors such as pollution and
lightning. Power authorities therefore operate their systems in such a way that they have
sufficient reserve capacity available to allow for contingencies. In the last decade of the
previous century a condition developed, for various reasons, that the reserve margin was too
small in the South African electricity supply system. At the end of 2005, a spate of failures
occurred at Koeberg power station and later in 2007 serious coal supply problems developed
at the large power stations in Mpumalanga, aggravating the situation.
This research project focuses on the complexity of the task of the reporter when
reporting on occurrences such as these. It is required to convey the factual situation to the
readers, avoiding alarmism and sensationalism. At the same time the reporter also has a role to
play in educating the readers. It was a difficult task, seeing that the reporters were not
necessary versed in the technical field. They therefore had to rely on Eskom’s spokespersons.
In this project newspaper clippings of various Western Cape newspapers containing the
word Eskom were analysed. The method of analysis was content analysis. Firstly the
quantitative content analysis was used to obtain distribution of articles over the period and
among newspapers. Thereafter the topics covered and the types of article were obtained for
the various newspapers and years. Next articles for 2006 and 2008 were investigated using
qualitative content analysis. Certain attributes in the articles were detected manually and a
profile was obtained for each newspaper for each year period.
Questionnaires were sent to reporters responsible for some of the articles and to a
technical expert who was consulted regularly by the news reporters.
It was found that the number of articles and style of presentation vary among the
newspapers. There is evidence of framing of Eskom as incompetent. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Elektriese energie het ¢n onontbeerlike deel van die moderne wêreld geword wat nywerhede
en ekonomiese stelsels ondersteun. Enige onderbreking van toevoer word onmiddellik in alle
lewensfere gevoel. Die werking van kragstelsel is komplekse proses met roterende
masjiene en ander toerusting wat onderworpe aan faling is, selfs al word dit in stand gehou.
Die oorhoofse transmissiestelsel is ook onderworpe aan foute wat deur omgewingsfaktore
soos besoedeling en weerlig veroorsaak word. Kragvoorsieners bedryf daarom hul stelsels
so dat hulle voldoende reserwekapasiteit het om toe te laat vir gebeurlikhede. In die laaste
dekade van die vorige eeu het die toestand, om verskeie redes, ontwikkel dat die
reserwemarge in die Suid-Afrikaanse stelsel te klein geword het. Teen die einde van 2005
het reeks falings by Koeberg kragstasie plaasgevind en later in 2007 het ernstige
steenkoolvoorsieningsprobleme by die groot kragstasies in Mpumalanga ontstaan en dus die
situasie vererger.
Hierdie navorsingsprojek fokus op die kompleksiteit van die taak van die verslaggewer
as oor sulke gebeure verslag gedoen word. Dit word vereis om die feitelike situasie oor te dra
sonder alarmisme en sensasie. Terselfdertyd moet die verslaggewer ook rol speel om die
lesers op te voed. Dit is moeilike taak daar die verslaggewers nie noodwendig belese in die
tegniese vakgebied is nie. Hulle moes dus staatmaak op Eskom se spreekbuise.
In hierdie projek is koerantuitknipsels van verskeie Wes-Kaapse koerante wat die woord
Eskom bevat, ontleed. Die metode wat gebruik is, is inhoudsanalise. Eerstens is kwantitatiewe
inhoudsanalise gebruik om die verspreiding van artikels oor die tydperk en tussen die koerante
te verkry. Daarna is die onderwerpe wat gedek is verkry vir die onderskeie koerante en jare.
Vervolgens is artikels van 2006 en 2008 ondersoek deur kwalitatiewe inhoudsanalise te doen.
Sekere kenmerke is in die artikels opgespoor en profiel is verkry vir elke koerant en elke
jaarperiode.
Vraelyste is aan verslaggewers wat sommige artikels geskryf het en ook aan tegniese
deskundige wat gereeld deur verslaggewers genader is, gestuur.
Dit is bevind dat die getal artikels en die styl van aanbieding wissel tussen die koerante
Daar is ook tekens van raming van Eskom as onbekwaam.
|
84 |
Human stem cell research : tracking media attention in time from 1998-2005Morrison, Christa (De Swardt) 12 1900 (has links)
Thesis (MA (Journalism))--University of Stellenbosch, 2006. / Moral questions arising from advances in science and technology are proliferating exponentially. Much controversy surrounds the ways in which biotechnology is used to eradicate a vast range of diseases and injuries. Stem cell research is one such way.
Throughout the world stem cell research has been met with varying responses that range from opposition and criticism to approval and advocacy. As a result, it has attracted significant attention from the news media.
The media have been accused of bias by focusing only on the controversial aspects of the research as opposed to reporting fully and fairly on the remarkable scientific advances.
In this study I look at the patterns of media attention paid to stem cell research in the international weekly magazine Time between November 1998 and September 2005 inclusive.
Contrary to the results expected on the basis of my literature study which pointed out the notion that the media tend to focus on sensational news more than non-controversial issues, I found that Time did a fair job in reporting on the scientific aspects of stem cell research. The percentage content of articles by year, focusing on scientific information of stem cells, dominated other news frames. The two years following the 2000 and 2004 American presidential elections, are however marked by the dominance of policy frames.
This study found that Time covered controversial issues like embryonic stem cell research, public funding debates and political policy development in direct relation to their rise and fall on the political agenda in the United States.
|
85 |
Beyond the barriers : HIV prevention and treatment in South African public sector - a Western Cape Science Communication StudyYeager, Valerie (Valerie Ann) 04 1900 (has links)
Thesis (MPhil)--Stellenbosch University, 2005. / ENGLISH ABSTRACT: This work provides a comprehensive overview of the South African HIV/AIDS epidemic. It
examines the historical and social background of the HIV/AIDS situation and looks at the
importance of the media and science communication in combating the effects of the epidemic
on society. This research explores the different forms of health communication and the varied
benefits of each. Overall, it highlights positive media efforts that have helped redirect the
HIV/AIDS epidemic within the social and political context of the HIV epidemic in South
Africa. The second half of this work covers the challenges experienced in gaining publicsector
antiretroviral treatment and the roles the media have played in informing and
mobilizing society for these efforts. Through a community clinic ethnographic case study this
work explores the current state of treatment clinics, social challenges experienced in the
Usapho Lwethu Clinic of Gugulethu and the future of the HIV/AIDS epidemic in South
Africa. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Hierdie werk verskaf ‘n omvattende oorsig van die Suid-Afrikaanse HIV/VIGS epidemie. Dit
ondersoek die historiese en sosiale agtergrond van die HIV/VIGS toestand en belig die
belangrikheid van media en wetenskaplike kommunikasie in die bestryding van die effek van
hierdie epidemie op die samelewing. Hierdie navorsing verken die verskillende vorms van
gesondheidskommunikasie en die onderskeie voordele van elk. In sy geheel beklemtoon dit
die positiewe pogings van die media wat gehelp het met die herkanalisering van die
HIV/VIGS epidemie binne die sosiale en politieke konteks in Suid-Afrika. Die tweede helfte
van die werk gee 'n oorsig van die rol wat die media speel in die beskikbaarstelling van
inligting en die mobilisasie van die publiek en die stryd rondom die verkryging van
antiretrovirale behandeling vir die algemene publiek. ‘n Etnies-grafiese gevallestudie van ‘n
plaaslike gemeenskapskliniek word gebruik om die huidige toestand in behandelingsklinieke
toe te lig asook die sosiale uitdagings in die Usapho Lwethu Kliniek in Gugulethu en die
toekoms rondom die HIV/VIGS epidemie in Suid-Afrika.
|
86 |
The South African Media’s coverage of the Abu Ghraib Prisoner abuses: an ethical case study of two selected newspapersBuchinger, Christine 03 1900 (has links)
Thesis (MPhil (Journalism))--University of Stellenbosch, 2006. / Abstract: This study analyses the reporting of the Iraqi prisoner abuse issue at Abu Ghraib as reported upon by two South African newspapers from an ethical point of view. The focus falls on the issue of accuracy. Accuracy in war reporting of geographically distant conflicts as exemplified with this case study is a delicate and important matter, the media often being the only window for the public to learn of and about a conflict. In this case study, the two South African newspapers Cape Times and Mail&Guardian will be analysed to show the extent of their adherence to codes of conduct and exemplify the problematic practicalities in ethical reporting on international news. With the main focus of the study being on the ethical issues concerning accuracy, other relevant topics, such as ‘objectivity’, balance, fairness and truth telling, as well as more practical concerns will also be partially considered. The selected case studies are contextualized within the South African media environment so as to yield a better insight into the choices made on an editorial and/or newsroom level. As case studies, selected articles from the Cape Times and the Mail&Guardian during a three-month time-span are analysed using Day’s Situation/Analysis/Decision (SAD) model. Each article will further be analysed from the point of view of the newspaper’s own code of conduct and overarching ethical codes such as the South African Press Ombudsman’s Code of Conduct as well as in terms of the South African laws relevant to the media industry.
|
87 |
A cross-section survey of health information-seeking practices among young adults on a South African university campusVan Niekerk, Estelle 03 1900 (has links)
Thesis (MPhil)--Stellenbosch University, 2012. / ENGLISH ABSTRACT: Health information-seeking is a complex and dynamic construct. This study attempted
to quantify and explain the use of interpersonal communication, media and related
technologies as health information sources among first year university students on the
campus of Stellenbosch University (SU), using a cross-sectional survey design. The
questionnaire and web-based survey intended to measure and document important
research constructs at a single point in time. Data from this survey provide exploratory
information on patterns of health information-seeking practices and preferences
encountered among the research target group. Measures of the reasons for health
information-seeking on specific topics; health information sources/channels and
frequency of source/channel use; information source credibility and quality as well as
the outcomes of the health information-seeking process were used as secondary
research aims in this study. Health communication and health management needs of
the research population were also important research variables to establish.
Results from this research indicate that the health status of the study cohort was good.
The mean of the BMI kg/m² for the current study cohort lies at the higher end of the
BMI kg/m² continuum for this age group, which indicates that the lifestyle of the study
cohort is at risk. The use of health information sources among the research cohort was
diverse. This research confirms that interpersonal communication is an important
information medium through which young adults receive health information. The
concept of an ecological context to health communication and its effects are therefore
supported by these results. Use of media sources and related technology was common
and diverse among the study cohort, mirroring patterns of media use for other young
adult groups. Results further support the theory of effect-studies in communication (the
media), where the provision of certain types of information through the media, indicate
to have an impact on people’s thinking and behaviour. A behaviour change as result of
the health information-seeking process was reported among the research cohort.
Health communication literature refers to small numbers of studies conducted on
health information-seeking among young adults (student populations). The current
research has attempted to add to the body of knowledge on health information-seeking
and its outcomes among a student population group in a South African university setting. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Die soektog na gesondheidsinligting is 'n dinamiese en komplekse proses. Hierdie
navorsing het gepoog om die gebruik van interpersoonlike kommunikasie, media en
verwante tegnologieë as inligtingsbronne oor gesondheid onder eerstejaar-studente op
die kampus van die Universiteit van Stellenbosch (US) te kwantifiseer en te verklaar.
'n Dwarsdeursnitopname is as studieontwerp gebruik. Die web-gebaseerde vraelys het
gepoog om belangrike navorsingskonstrukte tydens 'n enkele tydgleuf te probeer meet.
Data van hierdie opname verskaf verkennende inligting oor die patrone van die soeke
na gesondheidsinligting en gesondheidsinligtingvoorkeure van studente. Redes vir die
soek na gesondheidsinligting; mediums/metodes waardeur inligting verkry word;
frekwensie van soektogte; geloofwaardigheid van mediums en die kwaliteit daarvan;
onderwerpe waarna gesoek word en die uitkomste van hierdie gesondheidsinligtingsoektog,
is as sekondêre navorsingsuitkomste van belang geag. Gesondheidskommunikasiebehoeftes
onder die navorsingsteikengroep was belangrik om vas te stel.
Resultate van die navorsing dui aan dat die gesondheidstatus van die navorsingsgroep
goed was. Die gemiddelde BMI kg/m² vir die groep was egter aan die bokant van die
BMI kg/m² kontinuum vir die ouderdomsgroep en dui op moontlike leefstylrisiko’s vir
die groep. Die gebruik van gesondheidsinligtingsbronne was baie divers. Hierdie
navorsing ondersteun die feit dat interpersoonlike kommunikasie, as gesondheidsinligtingsbron,
nog 'n belangrike rol speel onder jong volwassenes. Die konsep van 'n
ekologiese konteks vir gesondheidskommunikasie en die uitwerking daarvan, word
ondersteun deur die huidige navorsingsresultate. Die gebruik van media en verwante
tegnologieë, as inligtingsbronne vir gesondheid, is as baie divers gerapporteer. Dit
bevestig patrone van mediagebruik wat onder ander jong volwassenes gevind is.
Resultate van hierdie navorsing ondersteun ook die teorie van effek-studies in
kommunikasie (die media), waar die verskaffing van inligting deur die media 'n impak
op mense se denke en gedrag aandui. 'n Gedragsverandering is wel deur die
navorsingsgroep aangedui as resultaat van die soeke na gesondheidsinligting.
Gesondheidskommunikasieliteratuur verwys na enkele studies wat oor gesondheidsinligtingsoektogte
onder jong volwassenes (studente-populasies) gedoen is. Die
huidige navorsing het gepoog om 'n bydrae te maak tot hierdie kennis en die uitkomste
daarvan onder studente op 'n Suid-Afrikaanse universiteitskampus.
|
88 |
Social media in the newspaper newsroom : the professional use of Facebook and Twitter at Rapport and The Mail & GuardianJordaan, Marenet 03 1900 (has links)
Thesis (MPhil) -- Stellenbosch University, 2012. / ENGLISH ABSTRACT: In a time of uncertainty for newspapers due in part to dwindling circulation, loss of
advertising revenue and declining readership, Internet-based technologies have continued to
grow. The unprecedented rise of social media, of which Facebook and Twitter are wellknown
examples, has not gone unnoticed by the newspaper community. Despite their initial
misgivings about the credibility of the information disseminated on these media, mainstream
journalists worldwide have gradually started to adopt social media as professional tools.
Social media serve as channels that help to funnel information towards journalists. Some
newspaper journalists also use these media to broadcast news and promote their personal
brands.
The continued use of social media on a professional level will arguably have an
impact on the daily routines and cultures within a newsroom. Academic research in this area
is limited, especially within the South African context. This study explores whether the
professional use of social media, with specific reference to Facebook and Twitter, influences
the processes and cultures of news selection and presentation at the South Africa newspapers
Rapport and the Mail & Guardian. A newsroom study within a social constructionism
paradigm employed a combination of quantitative and qualitative research methodologies,
including self-administered questionnaires, semi-structured interviews and ethnography.
The main findings of this study were that the majority of journalists at Rapport and
the Mail & Guardian used Facebook and Twitter actively on a professional level – mainly for
trend tracking. The newsroom cultures were open and encouraging towards social media use.
Journalists were also aware that social media create opportunities for their audiences to
challenge the traditional roles of journalists and the realities constructed by the mainstream
media. According to the journalists from Rapport and the Mail & Guardian the professional
use of social media had not significantly altered their processes of news selection and
presentation. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Terwyl koerante ’n onsekere tyd beleef, deels weens dalende sirkulasiesyfers, ’n verlies aan
advertensie-inkomste en ’n afname in lesertalle, het Internetgebaseerde tegnologieë aanhou
groei. Die ongekende groei van sosial media, waarvan Facebook en Twitter welbekende
voorbeelde is, het nie ongesiens by die koerantgemeenskap verby gegaan nie. Ondanks hul
aanvanklike bedenkinge oor die geloofwaardigheid van inligting wat op dié media versprei
word, het hoofstroomjoernaliste wêreldwyd geleidelik begin om sosiale media as
professionele hulpmiddels te aanvaar. Sosial media dien as kanale waardeur inligting na
joernaliste vloei. Sommige koerantjoernaliste gebruik ook die media om nuus uit te saai en
hul persoonlike handelsmerk te bemark.
Die volgehoue gebruik van sosial media op ’n professionele vlak sal bes moontlik ’n
impak op die daaglikse roetine en kulture binne ’n nuuskantoor hê. Akademiese navorsing op
die gebied is beperk, veral binne die Suid-Afrikaanse konteks. Hierdie navorsing ondersoek
of die professionele gebruik van sosiale media, met spesifieke verwysing na Facebook en
Twitter, ’n invloed het op die prosesse en kulture van nuusseleksie en
-aanbieding by die Suid-Afrikaanse koerante Rapport en die Mail & Guardian. ’n
Nuuskantoorstudie, binne ’n sosiale konstruktivisme paradigma, het ’n kombinasie van
kwantitatiewe en kwalitatiewe navorsingsmetodologieë ingespan, insluitende:
selfgeadministreerde vraelyste, halfgestruktureerde onderhoude en etnografie.
Die hoofbevindinge van die studie was dat die meerderheid van die joernaliste by
Rapport en die Mail & Guardian Facebook en Twitter aktief op ’n professionele vlak gebruik
het – hoofsaaklik om tendense dop te hou. Die nuuskantoorkulture was oop en aanmoedigend
teenoor die gebruik van sosiale media. Joernaliste was ook bewus daarvan dat sosiale media
geleenthede skep vir hul gehore om die tradisionele rol van joernaliste, sowel as die realiteite
wat deur die hoofstroommedia geskep word, te betwis. Volgens die joernaliste van Rapport
en die Mail & Guardian het die professionele gebruik van sosiale media nie hul
nuusinsamelings- en aanbiedingsprosesse noemenswaardig beïnvloed nie.
|
89 |
Media as agenda setters : a study of the infected and affected living with HIV/AidsNgam, Theophilus Mamnkeli 03 1900 (has links)
Assignment (MPhil)--University of Stellenbosch, 2007. / ENGLISH ABSTRACT: The media, in its ongoing task to inform and educate South Africans, seemingly set the agenda in such a way that depicts poor black African people as the only racial group that is affected and infected by HIV/Aids. Photographs of poor black Africans are also used to inform and educate the public about the pandemic. In short, the media has set an agenda that has given HIV/Aids a black African face: vulnerable, helpless and living in squalid conditions. The hypothesis of this research is that it is racial stereotyping of poor black Africans, and that it is perpetuated by the Daily Dispatch and other media.
It is also important to note that the voices of the affected and infected are not prominent in news reports about the pandemic. Their stories are either told by the journalists themselves or someone else as a spokesperson. The media must begin to give space to the heroes and heroines who are affected and infected by the HIV/Aids pandemic to tell their stories in their own words.
Qualitative content analysis of the Daily Dispatch from 1 to 31 December 2004 was conducted. News stories, photographs, headlines and captions were analysed.
This analysis shows that the voices of the affected and infected are still lacking in news reports and that poor black African people are used as the only visuals in HIV/Aids news stories.
This study recommends that more attention should be given to upholding and respecting the rights of the affected and infected by the disease. The media should also allow their voices to be heard, not through spokespeople, but from their own mouths. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Dit lyk of die media in sy voortgaande taak om Suid-Afrikaners in te lig en op te voed, die agenda op so ’n manier stel dat dit arm swart Afrikane as die enigste rassegroep voorstel wat deur MIV/Vigs geaffekteer en geïnfekteer word. Foto’s van arm swart Afrikane word ook gebruik om die publiek oor die pandemie in te lig en op te voed.
In ’t kort, die media het ’n agenda gestel wat MIV/Vigs ’n swart, Afrika-gesig gee: een wat arm, ontvanklik en hulpeloos is, en wat in haglike toestande leef.
Die hipotese van hierdie navorsing berus daarop dat dit rasse-stereotipiering is van arm swart Afrikane, en dat die Daily Dispatch en ander media dit perpetueer.
Dit is ook belangrik om daarop te let dat die stemme van die geaffekteerde en geïnfekteerde nie so prominent in nuusberige oor die pandemie is nie. Hul stories word vertel deur die joernaliste self, of iemand anders wat ’n segspersoon is. Die media moet begin om hierdie helde en heldinne wat deur die siekte geaffekteer en geïnfekteer is, self hul storie te laat vertel, in hul eie woorde.
Kwalitatiewe inhoudsanalise van die Daily Dispatch van 1 tot 31 Desember 2004 is uitgevoer. Nuusstories, foto’s, opskrifte en onderskrifte is geanaliseer.
Hierdie analise toon dat die stemme van die geaffekteerde en geïnfekteerde steeds in ons nuusberigte ontbreek en dat arm swart Afrikane die enigste visuele onderwerpe in MIV-Vigs nuusstories is.
Hierdie studie beveel aan dat meer aandag gegee moet word om die regte van die geaffekteerde en geïnfekteerde te bewaar en te respekteer. Die media moet ook toelaat dat diegene se stemme gehoor word, nie deur segspersone nie, maar uit hul eie monde. / ISISHWANKATHELOL: Kubonakala ngathi amajelo eendaba kwinzame zawo zokufundisa nokwazisa uluntu loMzantsi Afrika ngesifo sikaGawulayo neNtsholongwane yaso, abonakalisa abantu abaMnyama beli njengohlanga ekukuphela kwalo oluthi luchatshazelwe sesi sifo. Nkqu nemifanekiso ethi isetyenziswe kumabalili athetha ngesi sifo, yileyo yabantu abaMnyama abazimpula zikalujacu ezingathathi ntweni. Ngokufutshane amajelo eendaba anika isizwe umzobo osengqondweni othi, uGawulayo neNtsholongwane yakhe uchaphazela ze ubulale abantu abaMnyama abahluphekileyo nabaphila phantsi kweemeko zobugxwayiba.
Kusenjalo olu hlalutyo lubonakalise ukuba amazwi abantu abanesifo sikaGawulayo nabo bachaphazelekayo awakho kupapasho lweendaba. Kwakhona iingxelo ngesi sifo zinika ingqwasela kubantu abaMnyama abahluphekileyo neminifanekiso yabo kuphela. Akukho nto ithethekayo ngezinye intlanga.
Okokuqala, olu phando ngoko ke lucebisa ukuba makuhlonitshwe umGaqo Siseko weli ngokubhekiselele kumalungelo abantu ingakubi abo banesifo sikaGawulayo neNtsholongwane yaso.
Okwesibini, amajelo eendaba mawaqinisekise ukuba abantu abagula sesi sifo nabo sibachaphazelayo bayazithethela ngemilomo yabo kuba ngabo abajamelene neentlungu umhla nezolo.
|
90 |
South African tabloid newspapers’ representation of black celebrities: A social constructionism perspectiveMatsebatlela, Emmanuel Mogoboya 03 1900 (has links)
Thesis (MPhil (Journalism))--University of Stellenbosch, 2009. / ENGLISH ABSTRACT: This study examines how positively or negatively as well as how subjectively or objectively the South African tabloid newspapers represent black celebrities. This examination was primarily conducted by using the content analysis research technique. The researcher selected a total of 85 newspapers spread across four different South African daily and weekend tabloid newspapers that were published during the period February to September 2008. The results from the data collected reveal that tabloid newspapers tend to overemphasize negativity when reporting about black celebrities. The findings also reveal a clear differential in the representation of black female celebrities vis-à-vis male celebrities. Unlike male celebrities whose roles were mainly defined in terms of political activities and personal disputes, female celebrities’ roles were largely confined to relationships and sex. The language used by the four newspapers in their representation of celebrities appears to be humiliating and, in some instances, downright disparaging. There is little doubt that media representations of celebrities, whether positive or negative, serve as mirrors to how some members of society behave. To this end, there needs to be a shift from the current preoccupation with sensationalizing negative news when South African tabloid newspapers report on black celebrities. Tabloid newspapers should judiciously use their greater focus on celebrities’ private lives to report on more positive personal stories that focus on the achievements of celebrities, including how some celebrities are living positively with HIV/AIDS. Since this study only focused on South African tabloid newspapers’ representations of black celebrities, and only employed the content analysis method, further research is recommended on the impact of celebrities’ representations on the South African society. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Hierdie studie ondersoek hoe positief of negatief, asmede subjektief of objektief, daar oor swart beroemdes in Suid-Afrikaanse ponie- of skinderkoerante verslag gedoen word. Die ondersoek is primêr met behulp van die inhoudsanaliseondersoekmetode uitgevoer. Die navorser het 85 koerante uit vier verskillende Suid-Afrikaanse dagblaaie en naweekponiekoerante gekies uit die tydperk Februarie tot September 2008. Die resultate toon ‘n tendens in die poniekoerante dat oorwegend negatiewe verslagdoening oor swart beroemdes vooropgestel word. Die bevindinge toon ook ’n duidelike verskil tussen die verslagdoening oor beroemde swart vroue teenoor dié oor swart mans. In teenstelling met die mans wie se rolle hoofsaaklik ingevolge hulle politieke aktiwiteite en persoonlike dispute gedefinieer word, word beroemde swart vroue se rolle hoofsaaklik beperk tot verhoudings en seks. Die taalgebruik in die verslaggewing oor beroemdes in die vier poniekoerante blyk uiters vernederend, en in sommige gevalle, selfs degraderend en wrang te wees. Daar bestaan min twyfel dat verslaggewing oor beroemdes in die media, hetsy positief of negatief, weerspieël hoe sommige lede van die samelewing lewe. Om hierdie rede is ’n verskuiwing in die huidige beheptheid met die sensasionalisering van negatiewe nuus in die verslaggewing oor swart beroemdes nodig. Poniekoerante wat op die persoonlike lewens van beroemdes fokus behoort na meer positiewe verslagdoening oor hul prestasies te strewe, insluitend, hoe sommige beroemdes positief met MIV/Vigs lewe. Aangesien hierdie navorsing net op verslagdoening oor swart beroemdes in Suid-Afrikaanse poniekoerante kragtens die inhoudsanalisemetorde gefokus het, word verdere navorsing aanbeveel oor die impak van verslagdoening oor beroemdes op die Suid-Afrikaanse samelewing.
|
Page generated in 0.147 seconds