Spelling suggestions: "subject:"dissertations -- mpsychology"" "subject:"dissertations -- bpsychology""
161 |
An investigation of disabled women's perceptions of HIV and AIDS and aspects of sex and sexuality in three South African provincesBasson, Melanie 12 1900 (has links)
Thesis (MA (Psychology))--University of Stellenbosch, 2010. / ENGLISH ABSTRACT:A lack of research on disabled women and HIV and AIDS within the South African context has been identified by various authors. The present research is a qualitative investigation into the lived experience of seventeen disabled South African women. Their knowledge of and attitudes towards HIV and AIDS and sex and sexuality, their lived experience with regards to these issues, as well as to sexual abuse, rape and violence, and their access to HIV related health care services is explored in the present study. Semi-structured questionnaires were employed. Content analysis revealed that most participants knew of HIV and of ways of HIV transmission, and slightly fewer of them knew where to access HIV and AIDS related health services. The vast majority of participants reported that they saw no difference between sexual practices and sexuality of disabled- compared to non-disabled people. Misperceptions of others’ with regard to the sexuality and sexual practices of disabled people were identified as the main barriers to disabled women’s equal access to HIV and AIDS related health services, and to their freedom of choice and expression in terms of sex and sexuality. Almost all of the women had been subjected to rape, sexual abuse and violence. / AFRIKAANSE OPSOMMING: ‘n Tekort aan navorsing oor gestremde vroue en HIV en VIGS binne die Suid-Afrikaanse konteks is deur verskeie outeurs geïdentifiseer. Die huidige navorsing is ‘n kwalitatiewe ondersoek na die lewenservarings van sewentien gestremde Suid-Afrikaanse vroue. Hulle kennis van, ervanrings rondom en houdings teenoor HIV en VIGS, seks en seksualiteit, seksuele mishandeling, verkragting en geweld, en kwaliteit van toegang tot HIV en VIGS-verwante gesondheidsdienste word in hierdie studie ondersoek. Semi-gestruktureerde onderhoude is met die vroue gevoer, en inhoudsanalise is toegepas. Bevindinge sluit in dat die meeste vroue van HIV en van oordragsmetodes bewus was. ‘n Effe kleiner groep van deelnemers was bewus van presies waar om toegang tot HIV en VIGS-verwante gesondheidsdienste te verkry. Die oorgrote meerderheid van die vroue het geen verskil gesien tussen die seksuele praktyke en seksualiteit van gestremde en nie-gestremde persone nie. Die wanopvattings van ander (nie-gestremdes) rakende seksuele praktyke en seksualiteit van gestremde persone is aangedui as die grootste struikelblok tot die vroue se gelyke toegang tot HIV en VIGS-verwante gesondheidsdienste, asook tot hulle vryheid van keuse en uitdrukking in terme van seksuele praktyke en seksualiteit. Bykans al die vroue in hierdie studie is al blootgestel aan verkragting, seksuele mishandeling en geweld.
|
162 |
Die effek van 'n sielkundige inoefeningsprogram op die setwerk van top amateur-gholfspelersBotha, Jan Adriaan Jacobus 12 1900 (has links)
Thesis (MA)--Universiteit van Stellenbosch, 2000. / ENGLISH ABSTRACT: The goal of this research is to establish the effect of a hypnosis programme,
based on the cognitive behavioural-hypnotherapeutical model (Araoz, 1985),
on amateur golfers with a handicap of less than five in tournament golf. A
secondary goal is to establish whether the programme had an effect on their
general golfing attitude towards competing in tournament golf.
In this research the focus is specifically on "putting", because it plays an
important role in tournament golf. It is a part of the game for which there is
no prescribed technique, but which involves heightened concentration, and
therefore psychological preparation is of optimal importance. The
importance of psychological programmes to enhance performance is
confirmed by literature.
The participants were golfers with a handicap of less than five, and they took
part in this research voluntarily. The group was split into an experimental
and control group on an equal basis. Both groups took part in the same five
tournaments prior to and following the intervention. The intervention
consisted of a mental training programme and was supplemented by
interviews, which were held with the experimental group before and after the
programme to ascertain if it had an effect on their putting performances. The
averages of their scores before and after the programme were measuredand
then compared with those of the control group. The results of the
comparison between the two groups indicated a significant difference
between the groups regarding their putting stroke averages. The results of
the control group scores indicated no discernable difference between the
scores. The interviews confirmed this effect and showed the positive
influence of a mental training programme on the general golfing ability and
attitude towards tournament golf, on the experimental group. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Die doel van die ondersoek is om die effek van 'n sielkundige
inoefeningsprogram, gebaseer op die kognitiewe gedragshipnoterapeutiese
model van Araoz (1985),op amateur-gholfspelers met 'n voorgee van minder
as vyf in toernooigholf vas te stel. 'n Newe-doelstelling sal wees om vas te
stelof algemene gholfgedrag en ingesteldheid teenoor kompeterende
toernooigholf gewysig is, al dan nie.
In die ondersoek word spesifiek op die setwerk van gholfspelers gefokus
omdat dit 'n beduidende rol in toernooigholf speel. Setwerk is 'n aspek van
die spel wat baie konsentrasie verg, en omdat daar geen spesifieke tegniek
voorgeskryf word nie, is sielkundige voorbereiding noodsaaklik. Die
belangrikheid van sielkundige programme om sportprestasie te verbeter,
word deur die literatuur bevestig.
Die proefpersone wat aan die ondersoek deelgeneem het, het bestaan uit 'n
vrywillige groep ghOlfspelers met 'n voorgee van minder as vyf. Die
ondersoekgroep is op 'n ewekansige wyse in 'n eksperimentele en 'n
kontrolegroep verdeel.
Beide groepe het aan dieselfde toernooie voor en na die intervensie
deelgeneem. Die eksperimentele groep is aan die sielkundige
inoefeningsprogram blootgestel. Daar is voor- en na-onderhoude met die
eksperimentele groep gevoer om vas te stelof die program 'n effek op hulle
spel of gedrag gehad het. Die voor- en na-toetsgemiddeldes van die
eksperimentele groep (blootgestel aan 'n sielkundige inoefeningsprogram) en kontrolegroep (geen inwerking van 'n onafhanklike veranderlike nie) is
met mekaar vergelyk.
Na die ingreep het dit geblyk dat die eksperimentele groep nie 'n beduidende
verbetering ten opsigte van setwerk getoon het nie. Waar die resultate van
die eksperimentele groep met die kontrolegroep vergelyk is, is 'n
betekenisvolle verskil tussen die twee groepe gevind. By die kontrolegroep
is daar geen beduidende resultate ten opsigte van enige veranderlike gevind
nie. Uit die onderhoude het dit geblyk dat die sielkundige
inoefeningsprogram 'n beduidende wysiging in die algemene gholfgedrag en
ingesteldheid van die eksperimentele groep teenoor kompeterende gholf tot
gevolg gehad het.
|
163 |
Die invloed van kroonaarhartomleidingchirurgie op die huweliksverhouding en gesinsfunksionering van die pasiëntVan der Poel, Alette 12 1900 (has links)
Thesis (MA)--University of Stellenbosch, 2000. / ENGLISH ABSTRACT: It is well known that coronary bypass graft surgery influences the psycho-social
adjustment of the patient, but little is known about the effect of bypass surgery on
the family members of the patient. The primary aim of this study was to assess the
effect of coronary bypass graft surgery on certain aspects of the marital
relationship and family functioning of the patient. The secondary aim was to
determine which coping strategies families used during the two months after the
operation. An experimental pre-test and post-test research design was used. Data
during the first measure was collected by means of Biographical, Enriching and
Nurturing Relationship Issues, Communication and Happiness (ENRICH)- and
Family Adaptability and Cohesion Evaluation Scale-II (FACES II)-questionnaires,
which were completed by the patient, the spouse of the patient and the eldest
child still living with the parents. ENRICH-, FACES 11-and Family Crisis Oriented
Personal Evaluation Scales (F-COPES)-questionnaires were used during the
second measure which was conducted two months after the operation. The
results indicated that bypass surgery affected the patients' marital satisfaction and
communication negatively and changed their attitudes toward the division of new
roles in the marriage and family. Bypass surgery had a further negative influence
on the emotional bonding of the patients and their spouses with other members of
the family. The patients' adaptability regarding new challenges facing the family
was also negatively affected. The patients in the experimental group who were still
working also showed a greater decline than the retired patients with regards to
some of the measured variables. The coping strategies most often used by the
families were the seeking of spiritual support and the reframing of the problem.
Correlation coefficients between changes in the marital and family variables of the
patient and the coping strategies used indicated that if passive appraisal was
used, the patients' marital satisfaction would decrease and if reframing of the
problem was used, the patients' adaptability regarding new challenges facing the
family would increase. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Alhoewel kroonaarsiektes die psigo-sosiale aanpassing van die pasiënt beïnvloed,
bestaan daar min inligting oor die invloed wat kroonaarhartomleidingchirurgie op
die huweliksverhouding en gesinsfunksionering van die pasiënt het. Die doel van
hierdie ondersoek is om te bepaal hoe kroonaarhartomleidingchirurgie sekere
aspekte van die pasiënt se huweliks- en gesinslewe beïnvloed. Verder het die
ondersoek ten doelom te bepaal watter coping-strategieë die gesin post-operatief
gebruik. Daar is van 'n eksperimentele voor- en na-metingnavorsingsontwerp
gebruik gemaak. Data is ingesamel met Biografiese, Enriching and Nurturing
Relationship Issues, Communication and Happiness (ENRICH)- en Family
Adaptability and Cohesion Evaluation Scale-II (FACES II)-vraelyste wat
gedurende 'n voormetingsgeleentheid deur die pasiënt, huweliksmaat van die
pasiënt en oudste kind wat nog in die huis bly, voltooi is. Die na-meting, wat
bestaan het uit die voltooing van ENRICH-, FACES 11-en Family Crisis Oriented
Personal Evaluation Scales (F-COPES)-vraelyste, het twee maande na die
operasie plaasgevind. Die resultate toon dat kroonaarhartomleidingchirurgie die
pasiënte se huwelikstevredenheid en -kommunikasie nadelige beïnvloed het en 'n
veranderinge in hul houding oor die rolverdeling in die huwelik en gesin teweeg
gebring het. Verder het die operasie 'n nadelige effek op die pasiënte en hul
huweliksmaats se gevoel van emosionele binding met ander gesinslede gehad.
Die pasiënte se vermoë om by nuwe eise en uitdagings wat aan die gesin gestel
word aan te pas, is ook nadelig beïnvloed. Verder is bevind dat die werkende
pasiënte 'n groter verandering as die afgetrede pasiënte ten opsigte van sekere
van die gemete veranderlikes getoon het. Die coping-strategieë wat die meeste
deur die gesinne gebruik is, is die soeke na geestelike ondersteuning en die
herdefiniëring van die probleem. Die resultate het ook aangedui dat as passiewe
waardering as coping-strategie gebruik word, die pasiënte se tevredenheid met
hul huwelik sal afneem. Verder sal gesinne se vermoë om by nuwe eise en
uitdagings wat aan die gesin gestel word aan te pas, toeneem indien
herdefiniëring van die probleem as coping-strategie gebruik word.
|
164 |
Knowledge of aids in Southern Africa, with special emphasis on South Africa : a critical reviewOliphant, Mandisa Julenda 12 1900 (has links)
Thesis (MA)--University of Stellenbosch, 2000. / ENGLISH ABSTRACT: AIDS is a killer disease which is spreading like wildfire in all sectors of the
population of Southern Africa, in spite of AIDS prevention programmes that
are implemented in these communities. Why does this state of affairs exist?
Conflicting views exist about the origin of AIDS and about the knowledge of
different racial groups with regard to the disease. A number of researchers
have argued that knowledge or information dissemination is not a necessary
condition for behavioural change, as is evident from historical efforts to
combat sexually transmitted disease. However, this thesis shows that
knowledge is a variable or component that has frequently been used in almost
all studies done on AIDS in Southern Africa. The present author thus
searches for the rationale for the phenomenon that knowledge of AIDS does
not necessarily result in preventative behavioural change. In this regard the
importance of effective communication strategies and cognisance of the
nature of target groups are highlighted, because negligence regarding these
factors can serve as an impediment to behavioural change. The whole social
fabric of the target community and basic individual needs are important
elements that should also be major considerations before preventative
programmes are implemented. / AFRIKAANSE OPSOMMING: VIGS is 'n dodelike siekte wat snel versprei in aile sektore van die bevolking
van Suider- Afrika, ten spyte van VIGS-verkomingsprogramme wat in hierdie
gemeenskappe qermplementeer word, Waarom gebeur dit? Botsende
menings bestaan oor die oorsprong van VIGS en oor die kennis van die
verkillende rassegroepe ten opsigte van die siekte. 'n Aantal navorsers is
van mening dat kennis of informasieverspreiding nie 'n noodsaaklike vereiste
is om gedrag te verander nie, soos blyk uit die geskiedenis van vorige
pogings om seksueel oordraagbare siektes te beveg, In hierdie tesis word
egter ge'illustreer dat kennis 'n veranderlike of komponent is wat dikwels
gebruik is in byna aile vorige studies oor VIGS in Suider-Afrika. Die huidige
skrywer ondersoek dus die rasionaal vir die verskynsel dat kennis van VIGS
nie noodwendig tot voorkomende gedragsverandering lei nie. In hierdie
verband word die belangrikheid van effektiewe kommunikasiestrategiee en
kennis van die aard van die teikengroep beklemtoon, aangesien
verwaarlosing van hierdie faktore as struikelblok in gedragsverandering kan
dien Die totale sosiale struktuur van die teikengemeenskap en basiese
individuele behoeftes is belangrike elemente wat ook in ag geneem moet
word voordat voorkomingsprogramme ge'implemeteer word,
|
165 |
n Ondersoek na die bronne van werksatisfaksie en werkstres onder middelvlakbestuurders in die Wes-KaapStrydom, Sonja Catherine 12 1900 (has links)
Thesis (MA)--University of Stellenbosch, 2000. / ENGLISH ABSTRACT: Owing to the dramatic change in the South African political and economic
environment during the last few years, it seems more important than ever for
upper level management in organizations to be aware of the sources which
encourage and discourage their middle level managers to strive to implement the
organizational goals. The focus of this study is on male and female middle level
managers, and as no documented South African study based on such a sample
group could be found, the study is largely investigativeby nature.
The general aim of the study is to investigate the different attitudes and
perceptions of men and women with regard to sources of job satisfaction,
sources which contribute to job dissatisfaction, and job stress. In this regard it
was decided to make use of triangulation by which qualitative and quantitative
research methods are used. Thematic analysis is used on the qualitative level to
identify the possible sources of job satisfaction, dissatisfaction and job stress.
This method is quantitatively supported by a determination of the frequencies
and percentages of subject responses by means of semi structured interviews.
Although certain limitations are identified in the study, significant differences were
found in the quantitative data with regard to the causes of job satisfaction and
dissatisfaction between men and women. The causes of job stress seems to be
similar for both sexes. On a qualitative level it was found that the experience of
success is rated as the most important source of job satisfaction and that
interpersonal relationships are the most significant source of job dissatisfaction.
Further it seems that work expectations / demands are the major source of job
stress for the subjects. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Omdat die Suid-Afrikaanse politieke- en ekonomiese omgewing die afgelope
paar jaar geweldig verander het, blyk dit noodsaakliker as ooit te wees dat die
topbestuur van organisasies bewus sal wees wat hul werkers - in die besonder
middelvlakbestuurders- aanmoedig, maar ook ontmoedig om organisatoriese
doelwitte na te streef en te implementeer. Die fokus van hierdie studie is op
manlike en vroulike middelvlakbestuurders. Aangesien daar geen
gedokumenteerde studies rakende die bronne van werksatisfaksie én werkstres
by middelvlakbestuurders in die bedryf onderneem is nie, is die studie tot 'n groot
mate ondersoekend van aard.
Die algemene doelstelling van die studie is om ondersoek in te stel na die
verskillende houdings en persepsies van mans en dames rakende
werksatisfaksie, bronne wat bydra dat werksatisfaksie nie ervaar word nie, en
werkstres. In dié verband is besluit om van triangulasie gebruik te maak, dit wil
sê van kwalitatiewe- en kwantitatiewe navorsingsmetodes. Op die kwalitatiewe
vlak word tematiese analise gebruik om potensiële bronne van werksatisfaksie,
dissatisfaksie en werkstres te identifiseer. Hierdie metode word verder
kwantitatief ondersteun deur 'n bepaling van frekwensies en persentasies van
subjekte se response wat uit semi-gestruktureerde onderhoude verkry is.
Alhoewel daar heelwat beperkings in die studie geïdentifiseer is, is daar uit die
kwantitatiewe data gevind dat daar 'n verskil is in die bronne van werksatisfaksie
en dissatisfaksie by mans en dames. Die bronne van werkstres is egter
dieselfde vir beide geslagte. Op 'n meer kwalitatiewe vlak blyk dit dat die
ervaring van sukses die grootste bron van ....werksatisfaksie is en dat
interpersoonlike verhoudings die bron is wat die meeste bydra tot dissatisfaksie.
Verder blyk dit dat werksverwagtinge / -eise die grootste bron van werkstres vir
die subjekte is.
|
166 |
'n Vergelyking tussen die prestasiemotiveringsvlakke van verskillende rasse- en geslagsgroepeBraxton, William Thomas Frederick 03 1900 (has links)
Thesis (MA)--University of Stellenbosch, 2000. / ENGLISH ABSTRACT: The primary purpose of this study was to determine whether there was a significant difference
between the achievement motivation levels of male and female subjects, and those of white
and black subjects. Gender and race are, according to research, two key factors in
determining the achievement motivation level of people. These two factors will also, as the
result of legislation, play an increasingly significant role in the future in determining the
career progress of employees in South African organisations.
The secondary aim of the present study was firstly to determine what effect gender, race, age
and education had on the achievement motivation level of subjects. Secondly, the present
study focussed on the relationship between achievement motivation, work performance and
salary progression.
A stratified sample of 240 subjects was selected from the clerical staff employed by an
Insurance company. The sample reflected the composition of the company in respect of
gender and race. The Indian, coloured and black subjects were grouped together under the
classification of "black subjects".
The 89 subjects utilised in the research around the relationship between achievement
motivation, work performance and salary progression, were a part of the total sample of 240
subjects. The 89 subjects were not selected in a specific manner. They were, however,
employees for whom salary information and supervisor assessment of work performance were
available.
The Work Preference Questionnaire was used to assess the achievement motivation of
subjects. Work performance of subjects was assessed by supervisors on a four point scale.
Salary progression was calculated by expressing subjects' 1994 salary as a percentage of their 1992 salary. Information in respect of educational level and age was provided by subjects
themselves.
Correlation coefficients between the variables were calculated to determine the existence and
direction of any relationships between the variables. Multiple regression analysis was then
used. The significance of the difference between the averages of white and black subjects in
respect of achievement motivation scores was calculated.
The most important findings can be summarised as follows:
A significant difference was found between the achievement motivation scores of white (X =
10,95) and black subjects (X = 9,6), t(238) = 3,5736, p<O,OOl.
The difference between the achievement motivation scores of men and women was not
significant.
Multiple regression analysis indicated that the effect of race on achievement motivation was
significant after the effect of age, education level and gender was eliminated, F(I,235) = 4,425,
P < 0,05. Multiple regression analyses in respect of the effect of gender, age and educational
qualifications on achievement motivation, indicated that the effect of each of these variables
on achievement motivation was not significant after the effect of the other variables was
eliminated.
A significant relationship was found to exist between achievement motivation and salary
progression, r(89) = 0,21, P < 0,05.
Decisionmakers and policymakers involved with affirmative action in the company where the
research was undertaken, should take note of a finding of the study which suggests that the beneficiaries of affirmative action (blacks, coloureds and Indians) do not have the same level
of achievement motivation as the people they have to replace. If one accepts that
achievement motivation contributes significantly to the economical growth of society and that
economic prosperity could play an important role in determining the success of affirmative
action, it is obvious and essential that the development of the achievement motivation of
these people should receive attention.
Another finding which decisionmakers in business enterprise should take note of, is that
women in the present study do not have a lower level of achievement motivation than men.
The reasons for the slow progress of women in the business world, when compared to men,
should probably rather be ascribed to factors outside the control of women. These factors will
include company policy, company politics and management practices resulting from
perspectives based on stereotypes of women.
The results of the research suggested that management rewards employees financially in
accordance with their levels of achievement motivation. This practice could be seen as a
calculated attempt on the side of management to maintain the services of employees who
contribute constructively to company results. At the same time, this practice serves as an
incentive to employees who do not contribute to the same extent to company results, to try to
do so. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Die hoofdoelstelling met hierdie ondersoek was om te bepaal of daar 'n beduidende verskil
tussen die prestasiemotiveringsvlakke van manlike en vroulike subjekte, en tussen dié van
blanke en swart subjekte was. Geslag en ras wat volgens navorsing twee sleutelfaktore is in
die bepaling van die prestasiemotiveringvlak van persone gaan, as gevolg van wetgewing, in
die toekoms 'n toenemende belangrike rol in die beroepsvordering van persone in Suid-
Afrikaanse organisasies speel.
Die newedoelstellings met die ondersoek was eerstens om te bepaal wat die effek van geslag,
ras, ouderdom en opvoedkundige vlak op die prestasiemotiveringsvlak van subjekte was.
Tweedens het die ondersoek ook gefokus op die onderlinge verband tussen
prestasiemotivering, werksprestasie en salarisprogressie .
'n Gestratifiseerde steekproef van 240 subjekte is uit die klerklike personeel van 'n
lewensversekeringsmaatskappy geselekteer. Die steekproef is so saamgestel dat dit die
komposisie van die maatskappy in terme van geslag en ras weerspieël het. Die Indiër, bruin
en swart subjekte is saamgegroepeer onder die klassifikasie van "swart subjekte".
Die 89 subjekte wat betrek is by die navorsing rondom die onderlinge verband tussen
prestasiemotivering, werksprestasie en salarisprogressie, was 'n deel van die totale steekproef
van 240 subjekte. Die 89 subjekte is nie op 'n spesifieke wyse uit die steekproef geselekteer
me. Hulle was egter werknemers vir wie inligting ten opsigte van salarisprogressie en
toesighouerbeoordeling beskikbaar was.
Die Werkvoorkeurvraelys is gebruik om 'n meting van die prestasiemotiveringsvlak van elke
subjek te verkry. Werksprestasie van subjekte is deur toesighouers op 'n vierpuntskaal
beoordeel. Subjekte se 1994-salaris is uitgedruk as 'n persentasie van hul 1992-salaris om 'n aanduiding van salarisprogressie te verskaf. Inligting ten opsigte van opvoedkundige vlak en
ouderdom is deur subjekte self verstrek.
Korrelasiekoëffisiënte tussen die onderskeie veranderlikes is eers bereken sodat enige
moontlike verwantskappe tussen die veranderlikes en die rigting daarvan bepaal kon word.
Meervoudige regressieanalise is daarna uitgevoer. Beduidendheid van verskille tussen die
rekenkundige gemiddeldes van swart en blanke subjekte ten opsigte van
prestasiemotiveringstellings is bepaal.
Die belangrikste bevindinge kan soos volg opgesom word:
Daar is 'n beduidende verskil gevind tussen die prestasiemotiveringstellings van blanke (X =
10,95) en swart subjekte (X = 9,6), t (238) = 3,5736, P < 0,001.
Die verskil tussen die prestasiemotiveringstelling van mans en vroue was nie beduidend nie.
Meervoudige regressieontleding het getoon dat die effek van ras op prestasiemotivering
beduidend was, nadat die effek van ouderdom, opvoedkundige vlak en geslag verwyder is,
F(I,235) = 4,425, P < 0,05. Meervoudige regressieontledings ten opsigte van die effek van
geslag, ouderdom en opvoedkundige kwalifikasies op prestasiemotivering, het daarop gedui
dat die effek van elk van hierdie veranderlikes op prestasiemotivering nadat die effek van die
ander veranderlikes verwyder is, nie beduidend was nie.
Daar is 'n beduidende verband gevind tussen prestasiemotivering en salarisprogressie, r(89) =
0,21, P < 0,05.
'n Belangrike bevinding van die ondersoek waarvan besluitnemers en beleidmakers wat
betrokke is by regstellende aksie binne die organisasie waar die navorsing onderneem is,
behoort kennis te neem, is dat die persone (swartmense, bruinmense en Indiërs) wat die begunstigdes van hierdie aksies is, nie oor dieselfde vlak van prestasiemotivering beskik as
die persone (blankes) wat hulle moet vervang nie. Indien aanvaar word dat
prestasiemotivering 'n beduidende bydrae lewer tot die ekonomiese welvaart van
gemeenskappe, en dat ekonomiese welvaart 'n belangrike rol kan speel in die bepaling van die
sukses van regstellende aksie, is dit vanselfsprekend en noodsaaklik dat die ontwikkeling van
prestasiemotivering by hierdie persone aandag moet geniet.
Nog'n bevinding waarvan besluitnemers in sakeondernemings spesifiek moet kennis neem, is
dat vroue in hierdie ondersoek nie oor 'n laer prestasiemotiveringsvlak as mans beskik nie.
Dieredes vir die stadige vordering van vroue in vergelyking met mans in die sakewêreld, moet
waarskynlik eerder toegeskryf word aan faktore buite beheer van vroue, soos byvoorbeeld
maatskappybeleid, maatskappypolitiek en bestuurspraktyke gebaseer op stereotipe
aannames oor vroue.
Die resultate van die ondersoek het ook getoon dat werknemers finansieel beloon word na
gelang van hul vlak van prestasiemotivering. Hierdie benadering is waarskynlik 'n berekende
poging deur bestuur om deur middel van die verlening van erkenning, werknemers wat 'n
positiewe bydrae tot maatskappy resultate lewer, te behou. Terselfdertyd dien dié praktyk
ook as 'n aansporing vir werknemers wat nie dieselfde mate van positiewe bydrae tot die
maatskappy lewer nie, om dit wel te probeer doen.
|
167 |
Sosiodramatiese spel : ''n formaat vir geletterdheid?' binne Suid-Afrikaanse konteksArendse, Rone Rosemary 12 1900 (has links)
Thesis (MA)--Stellenbosch University, 2000. / ENGLISH ABSTRACT: This study duplicates the research done by Vedeler (1997) in which she investigates
dramatic playas a format for" literate language". Particular attention is given to the
limitation she identified in her study, namely that the same results might not be obtained
in studies using children from other cultures/ socio-economic environments.
This study using children from another cultural! socio-economic environment, in this
case a particular South African environment, was undertaken to determine whether or not
her postulation that, sociodramatic play elicits literacy, was true. The extent to which
Vedeler' s findings are transmittable to a third world context was also investigated. In this
study Vedeler's methodology was implemented as far as possible.
The results of this study partially confirm Vedeler' s postulation that studies usmg
different participants could produce different results. They also partially contradict her
postulation. The present study confirms that cultural context probably affects the results
obtained in duplicating Vedeler's experiment. However, sufficient evidence was found to
confirm Vedeler' s hypothesis that participation in sociodramatic play results in the use of
more advanced syntactic language by children. The conclusion can be drawn that,
although the findings in her research can be generalised to different contexts, strong
account will have to be taken of various factors. These factors are the nature of the
cultural context in which the experiment is conducted, the development of the child in
this context and the influence this context has on the child's language development. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Die studie is il duplisering van Vedeler (1997) se studie wat ondersoek ingestel het na
dramatiese spel as il formaat vir "geletterde taal". Die doel van die huidige studie was
om die leemte wat Vedeler in haar studie geidentifiseer het, naamlik dat die resultate met
kinders van ander kulture/ sosio-kulturele omgewings as deelnemers mag verskil van
haar resultate, aan te spreek.
Die huidige studie waarin kinders van il ander kulturele/ sosio-ekonomiese omgewing, in
hierdie geval il spesifieke Suid-Afrikaanse omgewing, gebruik is, was onderneem om
vas te stelof haar postulasie, naamlik dat sosiodramatiese spel aanleiding gee tot
geletterdheid, korrek is. Daar is ook ondersoek in hoe h mate Vedeler (1997) se resultate
binne il derdewêreld konteks veralgemeenbaar is. Die huidige studie het so na as wat
moontlik was die metodiek van Vedeler gevolg.
Die resultate in die huidige studie verskaf gedeeltelike bevestiging van Vedeler (1997) se
postulasie dat die resultate met ander deelnemers van háár resultate mag verskil. Dit
verskaf ook gedeeltelike weerlegging van haar postulasie. Die huidige studie bevestig dat
die kulturele konteks waarskynlik die resultate wat vanuit die duplisering van Vedeler se
eksperiment verkry is, geaffekteer het. Voldoende bevestiging is egter gevind vir Vedeler
se hipotese dat deelname in sosiodramatiese spel aanleiding gee tot meer gevorderde
sintaktiese taal in kinders. Die gevolgtrekking kan gemaak word dat, alhoewel die
bevindings van haar navorsing binne verskillende kulturele kontekste veralgemeenbaar
is, daar met die invloed van verskillende faktore noukeurig rekening gehou sal moet
word. Hierdie faktore behels die aard van die kulturele konteks, die ontwikkeling van die
kind binne hierdie konteks en die invloed wat die konteks op die kind se
taalontwikkeling het.
|
168 |
The judgement of risk in traumatised and non-traumatised emergency medical service personnelRoberts, Craig Brendan 03 1900 (has links)
Thesis (MA) -- University of Stellenbosch, 2000. / ENGLISH ABSTRACT: Judgement of risk for negative events in certain situations was investigated in a
group of emergency medical service (EMS) personnel with a diagnosis of
posttraumatic stress disorder (PTSD; n = 27) and a group without PTSD (n = 74).
Participants completed the PTSD Symptom Scale: Self-Report version (Faa, Riggs,
Dancu, & Rothbaum, 1993), an EMS work experiences questionnaire, the Beck
Depression Inventory (Beck, Rush, Shaw, & Emery, 1979), and an event probability
questionnaire designed to assess judgement of risk. Participants with PTSD
overestimated amount of risk involved in comparison to participants without PTSD,
thereby demonstrating a judgement bias for risk related events. The present study
found that the judgement bias in PTSD participants extended to include not just
external harm related events but also general negative events (without potential
threatening/harmful consequences), negative social events, and negative workrelated
events. Of the posttraumatic symptomatology assessed, avoidance
symptomatology was found to be the best predictor of judgement bias. The results of
the present study are discussed in terms of the cognitive clinical psychology theories
of PTSD, which predict the manifestation of judgement bias in PTSD, and cognitive
experimental psychology explanations of the effect of negative emotional states on
judgement processes. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Oordeeloor risiko vir negatiewe gebeurtenisse in sekere situasies is ondersoek by "n
groep mediese nooddienspersoneel met "n diagnose van posttraumatiese
stresversteuring (PTSV; n = 27) en "n groep sonder PTSV (n = 74). Deelnemers het
die PTSD Symptom Scale: Self-Report version (Foa, Riggs, Dancu, & Rothbaum,
1993), "n mediese nooddiens werkservaringe-vraelys, die Beck Depression Inventory
(Beck, Rush, Shaw, & Emery, 1979), en "n gebeurtenis-waarskynlikheidsvraelys wat
opgestel is om oordeeloor risiko te meet, voltooi. Deelnemers met PTSV het die
mate van risiko betrokke oorskat in vergelyking met deelnemers sonder PTSVen
sodoende "n beoordelingsydigheid vir risiko-verbandhoudende situasies
gedemonstreer. In die huidige studie is gevind dat beoordelingsydigheid by PTSV
deelnemers nie beperk was tot eksterne skade-verbandhoudende gebeurtenisse nie,
maar dat dit ook veralgemeen het na algemene negatiewe gebeurtenisse (sonder
potensieel skadelike gevolge), negatiewe sosiale gebeurtenisse, en negatiewe
werksverwante gebeurtenisse. Daar is gevind dat, wat PTSV-simptomatologie betref,
vermyding die beste voorspeller van beoordelingsydigheid was. Die resultate van die
huidige studie word bespreek in terme van kognitiewe klinies-sielkundige teorieë van
PTSV, wat die aanwesigheid van beoordelingsydigheid voorspel, en kognitiewe
eksperimentele-sielkunde verklarings van die effek van negatiewe emosionele
toestande op beoordelingsprosesse.
|
169 |
Clinically significant change after cognitive restructuring for adult surviviors of childhood sexual abuseBrandt, Sheldon 12 1900 (has links)
Thesis (MA) -- University of Stellenbosch, 2001. / ENGLISH ABSTRACT: This study investigated the outcome of cognitive restructuring for adult survivors of childhood
sexual abuse in terms of clinically significant change. Twenty-six participants were assessed for
depression, State anxiety, State anger, State guilt and self-esteem before and after 10 weekly
sessions of group Rational-emotive behaviour therapy and at follow-up after 8 weeks. In contrast to
a previous analysis of the data in terms of statistical significance indicating significant
improvements on all variables from pre- to post-treatment, an analysis based on clinically
significant change showed a differentiated treatment effect. Cognitive restructuring was found to be
highly effective in facilitating recovery on measures of anxiety, depression and anger, but less
effective for guilt and self-esteem. Only 3 participants (11.54%) recovered on all five variables,
while 10 participants (38.46%) showed recovery on at least four variables. Relationship to
perpetrator and pre-treatment irrational evaluative beliefs (measured by means of the Survey of
Personal Beliefs) were found to be the best predictors of treatment outcome. A poor response to
treatment was associated with the perpetrator being a close family member and with more Otherdirected
Shoulds, while recovery was associated with the perpetrator being a friend or stranger and
with more Awfulizing, Self-directed Shoulds and Negative Self-worth beliefs. / AFRIKAANSE OPSOMMING: In hierdie studie is die uitkoms van kognitiewe herstrukturering, as behandelingsprosedure VIr
volwasse slagoffers van kindermolesteuring, in terme van kliniese betekenisvolheid ondersoek. Sesen-
twintig deelnemers is voor en na behandeling (10 weeklikse groepsessies van Rasioneelemotiewe
gedragsterapie) en by opvolg na 8 weke in terme van depressie, Staat-angs, Staat-woede,
Staat-skuldgevoelens en selfwaarde geassesseer. In 'n vorige analise van die data in terme van
statistiese betekenisvolheid is betekenisvolle verbetering na behandeling op al die veranderlikes
gevind. 'n Heranalise van die data in terme van kliniese betekenisvolheid toon egter 'n
gedifferensieerde behandelingseffek. Daar is gevind dat kognitiewe herstrukturering hoogs effektief
was om herstel in terme van angs, depressie en woede te fasiliteer, maar minder effektief was ten
opsigte van skuld en negatiewe selfwaarde. Slegs 3 patiente (11.54%) het klinies betekenisvol op al
vyfveranderlikes verbeter, terwyl 10 pasiente (38.46%) op minstens vier veranderlikes herstel het.
Die pasient se verhouding tot die molesteerder en irrasionele kognisies voor behandeling (gemeet
met die Survey of Personal Beliefs) was die beste voorspellers van behandelingsuitkoms. 'n Swak
respons op behandeling het verb and getoon met 'n naby familielid as molesteerder en met meer
Ander-gerigte Eise, terwyl herstel geassosieer het met 'n vriend of vreemdeling as molesteerder en
met die irrasionele kognisies van Katastrofering, Self-gerigte Eise en Negatiewe Selfbeoordeling.
|
170 |
Die konstruksie van makrostrukture : die ontwikkeling van graad 10-leerders se vermoe om makrostrukture te konstrueer en proposisies te herroep deur die verbetering van hul struktureringsvaardighede en vraagstellingsvaardighedeVan Niekerk, Daniel Malan Emmanuel 03 1900 (has links)
Thesis (MA)--University of Stellenbosch, 2001. / ENGLISH ABSTRACT: The construction of macro-structures.
Four reading-improvement courses were offered to grade ten pupils in an attempt to
improve their general reading skills and more specifically their ability to abstract the gist
(macrostructure - Van Dijk and Kintsch, 1983) of texts as well as their ability to recall
detail about texts.
The macro-structures that learners constructed and the number of propositions recalled
from a specific section of the text during a pre-test were compared to the macrostructures
they formulated and the number of propositions that they recalled during a
post-test.
The courses were presented in Afrikaans to four of the five grade 10 classes in a Western
Cape school. (The course was also presented in English to the fifth class but that course
was not taken into consideration.) The courses were conducted over eight periods of
approximately 40 minutes. The content of the first three periods were the same for all
four courses. During the first period the learners did a reading exercise in order to
determine their reading speed and reading index. During the second and third periods
they were taught skimming and study skills respectively. The first course focused on
questioning skills in the last five sessions. The second course was presented in order to
improve learners' structuring skills. The third course was a combination of the first two
courses. A conventional speed reading course was presented to learners who did the
fourth course.
Multiple regression analyses were conducted to determine whether (1) the construction of
macro-structures and (2) the recall of propositions from the texts could be ascribed to
questioning skills, structuring skills or the combination of those skills. This was done
after variance in the dependant variables brought about by differences in intelligence was
controlled statistically.
The results of this study indicate a statistically significant improvement to construct macro-structures for the learners who completed the courses aimed at improving
structuring and questioning/structuring abilities. This improvement can be ascribed to the
skills that they acquired during the courses. Traditional schema theories regard schemas
or schemata as pre-fabricated structures that need only to be activated by readers. In
these courses, however the emphasis was placed on the formation of a structure by the
reader; on the activity performed by the reader. Hence it was referred to as a structuring
course. During the courses the learners were encouraged not only to "chunk" the content
of the texts, but to generalize and to construct the structure of the texts. They were
encouraged to use their own words or categories.
Several studies indicated that an improvement in the ability to structure texts lead to an
improvement in text comprehension. There are five other reasons why structuring the
content of texts will facilitate the construction of macro-structures. The first is that when
subjects are given the task to remember unorganized material they structure the material
to be remembered spontaneously. The second is that the semantic organization of
material facilitate recall and the third that normal perception is highly structured. The
fourth argument is that experts make effective use of schemes. The fifth argument is that
the activity of structuring forces the reader to process the text at a deeper level of
processmg.
Since it was assumed that top achievers are good readers who have mastered the ability to
construct macro-structures efficiently, it was argued that they would benefit more from a
course that aimed at improving their question-generating skills. Thus, the fact that there
was not a statistically significant improvement in their ability to construct macrostructures
can be attributed to the fact that they have already mastered that ability
sufficiently. It is also possible to attribute the fact that there was not a statistically
significant improvement to the fact that they did not master the question-generating
activities.
The results of this study also indicated that learners who did the structuring, questioning
and questioning/structuring courses improved their ability to recall propositions from the texts in a pre-test to a post-test. Their improved ability to recall propositions, can be
ascribed to the fact that detail can be inferred from a hierarchical structure since detail
facts are subsumed under thematic propositions. Put differently, micro-propositions can
be inferred from macro-propositions. The improvement in the ability of subjects who did
the questioning course can be ascribed to the fact that questioning helps to focus attention
and that the activity of questioning leads to deeper levels of processing.
Three assumptions concerning macro-structures were made in this study. It was assumed
that the construction of macro-structures is an automatic and integral part of the (normal)
reading process. Readers do not construct macro-structures only when they are required
to do so. Good readers construct better macro-structures than poor readers. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Die konstruksie van makrostrukture.
Vier leesverbeteringskursusse is vir graad 10-leerders aangebied ten einde hul
leesvaardighede te probeer verbeter; meer spesifiek, hul vermoe om die kern (die
makrostrukture - Van Dijk en Kintsch, 1983) van tekste te kan konstrueer en ook om
proposisies van die tekste te kan herroep.
Die makrostrukture wat leerders gevorrn het en die getal proposisies wat hulle kon
herroep oor 'n spesifieke teksgedeelte nadat 'n leeskursus vir hulle aangebied is, is
vergelyk met die makrostrukture wat hulle gevorrn het en getal proposisies wat hulle kon
herroep, voordat die kursus vir hulle aangebied is.
Die kursusse is in Afrikaans aangebied vir vier van die vyf graad 10-klasse van 'n
skiereilandse skool. (Die kursus is ook in Engels aangebied vir die vyfde klas, maar hul
resultate is nie in berekening gebring nie, aangesien die inhoud van die tekste verskil het.)
Die kursusse het bestaan uit agt lesure van 40 minute. Die inhoud van die eerste drie
·lesure was dieselfde vir al vier kursusse. Tydens die eerste lesuur het die leerders 'n
leesoefening gedoen en daarna het hulle hul leesspoed en leesindeks uitgewerk. Tydens
die tweede en derde lesuur is vlugleesvaardighede vir die leerders aangeleer. In die
eerste kursus IS die klem tydens die laaste vyf lesure geplaas op
vraagstellingsvaardighede bene wens vlugleesvaardighede en studievaardighede.
Leerders is geleer om kemvrae en detailvrae te forrnuleer. Tydens die tweede kursus is
struktureringsvaardighede vir leerders aangeleer in die laaste vyf lesure. Die derde
kursus was 'n kombinasie van die eerste twee kursusse. Tydens die vierde kursus is 'n
konvensionele spoedleeskursus vir die leerders aangebied.
Deur middel van meervoudige regressie-ontledings is vasgestel of vraagstelling,
strukturering of die interaksie tussen vraagstelling en strukturering variansie in (1) die
konstruksie van rnakrostrukture en (2) die herroep van proposisies of feite verklaar. Dit
is gedoen nadat daar statisties gekontroleer is vir die variansie in die afhanklike
veranderlikes wat opgewek is deur verskille in intelligensie. Uit die resultate het dit geblyk dat daar 'n statisties beduidende verbetering was by die
leerders wat die strukturering-kursus gevolg het en ook by die leerders wat die
vraagstelling/strukturering-kursus gevolg het om makrostrukture te konstrueer.
Hierdie verbetering sou toegeskryf kon word aan die vaardighede wat hulle tydens die
kursus aangeleer het. In teenstelling met skema-teoriee wat van die veronderstelling
uitgaan dat skemas vaste strukture is wat slegs deur lesers geaktiveer word, is die klem in
hierdie ondersoek geplaas op die aktiewe strukturering van teksinhoude. Dit is die rede
waarom na die kursus verwys word as die "strukturering' -kursus. Tydens die kursus is
die leerders aangemoedig om nie net die afdelings van die tekste te groepeer nie, maar
om te veralgemeen; om die teksinhoude self te struktureer deur hul eie woorde te gebruik. Benewens die feit dat dit uit verskeie ander ondersoeke geblyk het dat die strukturering
van tekste deur lesers hulle leesbegrip verbeter het en hulle gehelp het om meer
proposisies van 'n teks te kon herroep, sou nog vyf ander argumente ook aangevoer word
waarom strukturering die vorming van makrostrukture vergemaklik. Die eerste is dat
toetslinge ongestruktureerde geheuemateriaal spontaan struktureer; die tweede dat
semantiese organisasie die herroep daarvan vergemaklik; die derde dat ("alledaagse")
persepsie hoogs gestruktureerd is en die vierde dat deskundiges skemas effektiewer benut
as beginners. Die vyfde argument is dat die aktiwiteit van strukturering dieper
prosessering van leesinhoude sal meebring as gewoonlees; wanneer lesers tekste
struktureer, word hulle verplig om dit uitvoerig te prosesseer. Die vraagstelling-kursus is aangebied vir die leerders in die klas wat die beste presteer
het, aangesien daar van die veronderstelling uitgegaan is dat hulle goeie lesers is en dat
goeie lesers alreeds daartoe in staat is om goeie makrostrukture te kan konstrueer. Die
feit dat diegene wat die vraagstelling-kursus gevolg het, se vermoe om rnakrostrukture te
vorm, nie 'n statisties beduidende verbetering getoon het nie, sou dus moontlik daaraan
toegeskryf kon word dat hulle die vaardigheid om goeie makrostrukture te vorm, alreeds
in 'n groot mate bemeester het. 'n Ander moontlikheid waarom hul vermoe om
makrostrukture te konstrueer, nie 'n statisties beduidende verbetering getoon het nie, is dat hulle nie die vraagstelling-aktiwiteite deeglik bemeester het rue.
Uit die resultate van hierdie ondersoek het dit ook geblyk -dat daar 'n statisties
beduidende verbetering was in die vermoe van leerders wat die vraagstelling-,
strukturering-, asook die vraagstellinglstruktureringkursus gevolg het om na afloop van
die leeskursusse meer proposisies oor die betrokke tekste te kon herroep. Die rede
waarom die strukturering-kursus effektiewer herroepprestasie in die hand gewerk het, sou
toegeskryf kon word aan die feit dat iemand wat 'n struktuur gekonstrueer het, detail kan
herroep na aanleiding van die gekonstrueerde raarnwerk. Anders gestel,
mikroproposisies sou afgelei kon word van makroproposisies. Die rede waarom die
vraagstelling-kursus 'n verbetering van leerders se herroepvermoens meegebring het, sou
waarskynlik daaraan toegeskryf kon word dat vraagstelling 'n leser se aandag fokus of
rig. Daarby verplig die vraagstelling-aktiwiteit lesers om tekste uitvoerig te prosesseer.
Hierdie vraagstelling-aktiwiteit verplig dieper prosessering van leesinhoude as die meer
oppervlakkige prosessering wat tydens gewoonlees plaasvind.
In hierdie ondersoek is van die verondersteIling uitgegaan dat die vorrmng van
makrostrukture 'n outomatiese en integrale deel van die leesproses is. Lesers konstrueer
nie net makrostrukture wanneer die leestaak dit vereis nie. Hoewel aIle lesers
makrostrukture konstrueer, vorrn goeie lesers beter rnakrostrukture as swak lesers.
|
Page generated in 0.1333 seconds