• Refine Query
  • Source
  • Publication year
  • to
  • Language
  • 51
  • 42
  • 22
  • 14
  • Tagged with
  • 129
  • 129
  • 129
  • 117
  • 85
  • 84
  • 32
  • 31
  • 27
  • 25
  • 23
  • 23
  • 22
  • 21
  • 18
  • About
  • The Global ETD Search service is a free service for researchers to find electronic theses and dissertations. This service is provided by the Networked Digital Library of Theses and Dissertations.
    Our metadata is collected from universities around the world. If you manage a university/consortium/country archive and want to be added, details can be found on the NDLTD website.
51

Die drinkpatroon van Kleurling-plaaswerkers in Wes-Kaapland : die taak van gemeenskapswerk

Kotze, Gerrit Jacobus 12 1900 (has links)
Thesis (PhD)--Stellenbosch University, 1981. / ENGLISH ABSTRACT: No abstract available / AFRIKAANSE OPSOMMING: Geen opsomming beskikbaar
52

Police officers' experiences of policing domestic violence in the Western Cape Province

Retief, Rita Theresa 12 1900 (has links)
Thesis (PhD)--Stellenbosch University, 2013. / ENGLISH ABSTRACT: Domestic violence is one of the most prevalent forms of violence that police officials encounter on a daily basis. The effects of domestic violence are far-reaching and long-lasting. Globally, the police function as “gatekeepers” in terms of domestic violence victims’ access to the criminal justice system. Intervening in domestic violence has become a controversial process, as domestic violence is a very complex issue, which has been compounded by misunderstandings, stereotyping and myths. Since 1998, police officials in the South African Police Service (SAPS) are expected to promote redress and prevent crimes against women and children through multifaceted approaches, including the building of trust between police officials and citizens. Research reports indicate that victims of domestic violence are hesitant to approach SAPS for assistance, for various reasons. Police officers’ personal experiences of policing domestic violence are however largely unexplored. Consequently, the goal of this research was to gain insight into the experiences and perceptions of frontline police officials, who have to provide maximum protection to victims of domestic abuse in terms of the Domestic Violence Act 116 of 1998. To achieve the goal and objectives of the study, a combination approach was followed, in which the qualitative research approach dominated and the quantitative approach was applied to a lesser degree. An exploratory study guided by a literature review and a phenomenological approach was conducted at seven (7) police stations in the Western Cape Province. Twenty-eight (28) frontline police officials’ subjective experiences and perceptions of their policing of domestic violence were determined through in-depth interviews based on a questionnaire. Data were analysed by means of thematic analysis, and presented as narratives focusing on four major themes relating to the phenomenon under investigation. The conclusions drawn from the study indicated that the pervasive police culture, lack of insight by some police officials, and their continuous adherence to an outdated concept of domestic violence contribute to the weakening implementation of current domestic violence legislation, leaving police officials frustrated, hopeless and powerless to effect real change. The overall finding of the study is that, in practice, little has changed because of inconsistencies in the actions of the police and society as a whole in rejecting and condemning the brutalisation and intimidation of women and children. What is most unfortunate, however, is that SAPS has yet to accord the same weight to domestic violence in practice as it does to other violent crimes. In order for law enforcement to be effective, law reforms need to be accompanied by fundamental changes in attitudes, values and behaviours on the part of SAPS and all relevant role players, including the communities SAPS serves. The study concludes with recommendations on how to improve police officials’ ability to provide maximum protection to victims of domestic violence, as well as to provide programme developers and policy makers in SAPS with information on which to base policy decisions regarding training interventions and national instructions aimed at the policing of domestic violence. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Huishoudelike geweld is een van die algemeenste vorme van geweld wat polisiebeamptes daagliks teëkom. Die gevolge van huishoudelike geweld is verreikend en langdurig. Wêreldwyd dien die polisie as “hekwagters” wat slagoffers van huishoudelike geweld se toegang tot die strafregstelsel betref. Ingryping in huishoudelike geweld is deesdae ’n omstrede proses, want huishoudelike geweld is ’n uiters komplekse saak wat deur misverstande, stereotipering en mites vererger word. Sedert 1998 word daar van polisiebeamptes in die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) verwag om deur middel van meervlakkige benaderings, onder meer die opbou van vertroue tussen polisiebeamptes en burgers, herstel te bevorder en misdaad teen vroue en kinders te voorkom. Navorsingsverslae toon dat die slagoffers van huishoudelike geweld om verskeie redes huiwerig is om die SAPD om hulp te nader. Tog is navorsing oor polisiebeamptes se persoonlike ervarings van die polisiëring van huishoudelike geweld baie skaars. Hierdie navorsing was dus daarop toegespits om insig te bekom in die ervarings en opvattings van frontlinie-polisiebeamptes, wat ingevolge die Wet op Huishoudelike Geweld 116 van 1998 maksimum beskerming aan slagoffers van huishoudelike geweld moet bied. Om die doel en oogmerke van die studie te bereik, is ’n kombinasie benadering gevolg waarin die kwalitatiewe navorsingsbenadering hoofsaaklik, en die kwantitatiewe benadering in ’n mindere mate, toegepas is. ’n Ondersoekende studie is aan die hand van ’n literatuuroorsig en ’n fenomenologiese benadering by sewe (7) polisiestasies in die provinsie Wes-Kaap onderneem. Agten- twintig (28) frontlinie-polisiebeamptes se subjektiewe ervarings van, en opvattings oor, hul polisiëring van huishoudelike geweld is deur middel van diepte-onderhoude op grond van ’n vraelys bepaal. Data is met behulp van tematiese analise ontleed en word aangebied as narratiewe wat oor vier hooftemas met betrekking tot die studieonderwerp handel. Die gevolgtrekkings van die studie doen aan die hand dat die heersende polisiekultuur, sommige polisiebeamptes se gebrek aan insig, en hul voortgesette navolging van ’n verouderde konsep van huishoudelike geweld tot die al hoe swakker toepassing van huidige wetgewing oor huishoudelike geweld lei. Dít laat polisiebeamptes gefrustreerd, moedeloos en magteloos om werklike verandering teweeg te bring. Die algehele bevinding van die studie is dat weinig in die praktyk verander het weens teenstrydigheid in die optrede van die polisie en die samelewing in die geheel om geweld en intimidasie teenoor vroue en kinders te verwerp en te veroordeel. Straks méér betreurenswaardig is dat die SAPD nog nie in die praktyk dieselfde gewig aan huishoudelike geweld as aan ander geweldsmisdade heg nie. Wetstoepassing sal slegs doeltreffend wees indien regshervorming gepaardgaan met grondliggende veranderinge in houdings, waardes en gedrag deur die SAPD en alle tersaaklike rolspelers, met inbegrip van die gemeenskappe wat deur die SAPD bedien word. Die studie sluit af met aanbevelings oor hoe polisiebeamptes beter in staat gestel kan word om maksimum beskerming aan die slagoffers van huishoudelike geweld te bied, en oor die bemagtiging van programontwikkelaars en beleidskrywers in die SAPD met inligting as grondslag vir beleidsbesluite oor opleidingsintervensies en nasionale instruksies rakende die polisiëring van huishoudelike geweld.
53

Bydrae van maatskaplike werkers tot die aanpassing van die pleegkind in middelkinderjare in 'n pleegsorgplasing

Swanepoel, Santerien 12 1900 (has links)
Thesis (M Social Work (Social Work))--University of Stellenbosch, 2009. / AFRIKAANSE OPSOMMING: „n Beskrywende studie met „n verkennende inslag is in die studie gebruik om meer kennis en begrip oor die bydrae van maatskaplike werkers tot die aanpassing van „n pleegkind in middelkinderjare in „n pleegsorgplasing, te verkry. Die navorser het bewus geraak van die toename in die gebruik van pleegsorg vir „n sorgbehoewende kind in middelkinderjare, sowel as die tekort aan literatuur in Suid-Afrika oor die bydrae wat die maatskaplike werker lewer tot sodanige aanpassing binne „n pleegsorgplasing. Die genoemde aspekte het gedien as motivering vir die studie. Die bydrae wat maatskaplike werkers het tot die aanpassing van „n pleegkind in middelkinderjare in „n pleegsorgplasing is ondersoek. Die doel van die studie is om ʼn beter begrip te ontwikkel vir die bydrae wat maatskaplike werkers tydens pleegsorgplasing tot die aanpassing van ʼn middeljare pleegkind kan maak. Die literatuurstudie het die aard van pleegsorg ten opsigte van die pleegkind in middelkinderjare weergegee, waarna pleegsorg as „n proses beskryf is: van voorkomende dienste tot permanensieplasing. Spesifieke aandag is gegee aan die pleegkind in middelkinderjare se ontwikkelingsproses asook die bydrae wat die maatskaplike werker maak tot die aanpassing van die pleegkind in middelkinderjare in „n pleegsorgplasing. Aangesien die literatuur meestal konsentreer op die maatskaplike werker betrokke by „n pleegsorgplasing van „n pleegkind in middelkinderjare, het die steekproef bestaan uit 22 maatskaplike werkers wat by twee nie-regeringsinstansies in die Wes-Kaap en Suid-Kaap werksaam is. Die deelnemers is ten minste „n jaar reeds as geregistreerde maatskaplike werkers werksaam en het ook ondervinding in pleegsorgplasings. In die studie is daar gebuik gemaak van die kombinasie van ‟n kwalitatiewe en kwantitatiewe navorsingsbenadering, te wete „n geskeduleerde, semi-gestruktureerde vraelys wat beide oop en geslote vrae inhou wat uiteengesit is op inligting wat verkry is uit die literatuurstudie. Die ondersoek het „n bygedra gelewer tot die uitbreiding van kennis en inligting in die maatskaplikewerkpraktyk ten opsigte van die bydrae wat maatksaplike werkers lewer tot die aanpassing van „n pleegkind in middelkinderjare binne „n pleegsorgplasing. Die resultate het grotendeels die literatuurstudie bevestig, te wete dat maatskaplike werkers „n breë spektrum van dienslewering tydens die pleegsorgproses implementer, asook die ouderdom en ontwikkelingsvlak van „n pleegkind in ag neem tydens „n pleegsorgplasing. Eersgenoemde dienste word gerig tot die pleegouers, biologiese ouers, asook die betrokke pleegkinders ten einde dienslewering in die verband te bevorder. Maatskaplike werkers se aandeel in die aanpassingsproses van „n pleegkind in middelkinderjare blyk wisselend te wees. Beperkte tyd en „n groot werkslading verhoed maatskaplike werkers om op „n kontinue basis ondersteuning vir die aanpassing van „n pleegkind in middelkinderjare, sowel as vir die pleegouers in „n pleegsorgplasing te bied. In die aanbevelings is daar gefokus op drie areas insluitende, die bydrae van „n maatskaplike werker, pleegkinders en pleegsouers. Die behoefte aan meer opleiding in die gebied van pleegsorg en ondersteuning in „n pleegsorgplasing, aan maatskaplike werkers, pleegouers en pleegkinders is geïdentifiseer as die sentrale temas. As aanbeveling vir verdere navorsing kan gefokus word op verskeie faktore wat bydraend is tot onsuksesvolle aanpassing binne „n pleesorgplasing met die oog op „n in-diepte beskrywing van hierdie fenomeen, asook die daarstelling van riglyne aan die hand waarvan die aanpassingsproses van pleegkinders en pleegouers tot groter effektiwiteit bevorder kan word. Dit beteken ook dat die rol van die maatskaplike werker met betrekking tot die tersaaklike onderwerp aangepas kan word ten einde sodanige aanpassing meer effektief aan te spreek. / ENGLISH ABSTRACT: A descriptive study with an exploratory design has been used in order to obtain more information and insight on the contribution that social workers make with regards to foster children in their mid-childhood years‟ adjustment within foster care placements. The researcher became aware of the increase in the use of foster care for vulnerable children in their mid-childhood years, as well as the shortage of literature in South Africa with regards to the contribution that social workers make towards these children adjusting to a foster care placement. The abovementioned aspects lead to the motivation for this study. The contribution that social workers make towards foster children in their mid-childhood years‟ adjustment within foster care placement was studied. The aim of this study is to gain insight into the contribution that social workers make towards foster children in mid-childhood years, adjusting within foster care placements. The literature study gave a description of the nature of foster care with regards to a foster child in his/her mid-childhood years. Foster care was described as a process: from preventative services to permanency placement. Specific attention was given to the foster child in mid-childhood years‟ development process as well as the contribution that social workers make towards a foster child in mid-childhood years‟ adjustment within a foster care placement. As the literature focused mainly on the social worker‟s contribution to the foster child in mid-childhood years‟ adjustment within a foster care placement, the sample consisted of twenty-two social workers working at two non-government organisations in the Western- and Southern- Cape regions. The participants have been registered as social work practitioners for at least one year and have had at least one year of experience in the process of foster care. A combination of both a qualitative and quantitative research methodology design was used in this study that consisted of a scheduled, semi-structured questionnaire which held both open- and closed ended questions. These questions were based on information retrieved from the literature study. The study made a contribution to the expansion of insight and knowledge in the social work practice with regards to the social workers‟ contribution to foster children in mid-childhood year‟s adjustment within foster care. The results of the literature study relatively confirmed the results of the study with regards to social workers‟ broad scale of service delivery during a foster care placement, as well as the consideration for the age and developmental phase of a foster child during the process of a foster care placement. First mentioned services are focused on the foster parents, biological parents as well as the foster children in order to enhance service delivery. Social workers‟ contribution to the adjustment of a foster child in mid-childhood years within a foster care placement seems to vary. Limited time and work overload prevent social workers to continuously support foster children in mid-childhood years as well as their foster parents. The recommendations focused on three areas including the contribution of a social worker, foster children and foster parents. The need for more training in the field of- and support in the area of foster care with regards to social workers, foster parents and foster children was identified as the fundamental themes. It is recommended that future research should focus on several contributing factors to ineffective adjustment within foster care placements with the aim of in-depth description of this phenomenon. Furthermore, the creation of guidelines concerning the enhancement of the adjustment process of foster children and foster parents that will lead to successful foster care placement is also recommended. This means that the role of the social worker with regards to the subject matter should adapt accordingly in order to enhance the adjustment within foster care placements.
54

The social support systems and quality of life indicators of Jewish seniors living in Milnerton and surrounds

Parton, S. 12 1900 (has links)
Thesis (M Social Work (Social Work))--University of Stellenbosch, 2007. / The motivation for this research study was the lack of available literature on Jewish seniors and the social support systems which enabled independent living. The aim of this research study is to provide guidelines for social work intervention with Jewish seniors by gaining a better understanding of the social support systems which promote the quality of their lives and independent living. To this end, both quantitative and qualitative research approaches were used. The research design was a non-experimental design using a survey research strategy. The knowledge purpose of the research design was exploratory/descriptive. The literature study gives an overview of demographic trends with special emphasis on population ageing and its influence on social policy and legislation within the South African context. In addition to describing the quality of life indicators and well-being in the older person, the literature study seeks to identify and describe the function of social support systems from a systems theory approach. This small scale social survey used a simple random sample of 30 Jewish seniors who were aged 60 years and above. The response rate was 80%. All were members of a volunteer-based community centre, Cape Jewish Seniors Association, Milnerton. The research instrument was a face to face interview using both closed and open ended questions. All but one interview took place in the participants’ homes. The results of the survey showed that the majority of Jewish seniors have matriculated and were financially independent. Most owned their own homes and were satisfied with their living arrangements. The majority of seniors lived independently and did not want to live with their children. Business/financial reasons and traumatic events were reasons for moving from an area while family and downsizing were reasons for moving to an area (push/pull factors). Most aged in place. Women outnumbered men and change in marital status was linked to increasing age. The majority of the participants enjoyed a high degree of social contact with, family and friends. The primary and secondary support systems of Jewish seniors and types of social support, showed few disparities to findings in the literature study. Most seniors did not use formal support systems. Financial independence, involvement in community organisations and having good health were perceived as enabling older persons to live independently within the community. Being very active in organisations, ageing in place and ownership of property are determinants of a very good quality of life. Having a state pension, widowhood and advancing age are factors that have the most negative impact on the older person’s quality of life. In light of the above, it is recommended that social work interventions with older persons take cognisance of the following: social participation in civic organisations vs. social isolation; ageing in place vs. long distance migration; financial independence vs. state pension grant; the marital status and age of the older person. As there is limited data on Jewish seniors, it is recommended that a national social survey of the Jewish senior population is undertaken.
55

'n Ondersoek na die emosionele behoeftes en probleme van die seksueel misbruikte adolessent wat betrokke is by die hofsisteem

Ras, Semantha 03 1900 (has links)
Thesis (M Social Work (Social Work))--University of Stellenbosch, 2009. / This research concentrates on the development of guidelines for the social worker who works with the sexual abused adolescent that is involved in the court. The research was executed according to the quantitative descriptive design. The first part (Chapter 2, 3 & 4) focus on the problem analysis and information gathering linked to the development of a theoretical stage for the develop of guidelines. Adolescence as developmental stage is discussed and suggestions are made as to how this information can be used by the social worker during the preparation of the child that is involved in the court. Different forms and consequences of sexual abuse are discussed. The law system and testimony are discussed as well as the process and problems that occur in the law system. The second part of the research (Chapter 5 & 6) is related to conducting of a pilot study and the results of the empirical research are presented (A questionnaire was handed to twenty respondents). The focus is on the problems and needs of the sexually abused adolescent. The study concludes with conclusions and recommendations. Recommendations for the social worker as well as the court system that work on a daily basis with sexually abused children have been outlined. These recommendations can be used as a support for effective service delivery.
56

The support and training of foster parents

Durand, Bronwyn Kohler 03 1900 (has links)
Thesis (M Social WOrk (Social Work)--University of Stellenbosch, 2007. / This research provides an overview of foster care and investigates the support and training of foster parents as well as the issues foster parents need to manage on a regular basis. The basic premise for this research is the importance of social workers becoming aware of the issues foster parents manage on a regular basis as well as the support and training needs of foster parents. It is important for foster parents to receive support as well as social workers and family care organisations to develop and implement appropriate training programmes for foster parents on an ongoing basis. Fostering affects and requires the involvement of the entire foster family as well as relevant role players and professionals. It is therefore necessary to consider the foster parents and foster family as part of the larger fostering arena, and not to be supported and trained in isolation. The nature of the foster placement will inevitably influence the development of the foster child, meeting the needs of the foster child as well as the effect that the placement has on the foster family. The purpose of this research is to broaden the theoretical knowledge of professionals working with foster parents, and specifically social workers and family care organisations, in identifying foster parent’s training and support needs. This research report includes an investigation of the issues foster parents and foster families manage on a regular basis as well as the nature of and benefits of support and training for foster parents. Knowledge of these issues foster parents manage while fostering will increase the awareness and the ability of the social worker or other professionals to provide training and support to the relevant foster parents.
57

The social worker as facilitator in inclusive education

Clark, Karin 03 1900 (has links)
Thesis (M Social Work(Social Work))--University of Stellenbosch, 2007. / The study emanates from the social worker’s intervention as facilitator for learners with disabilities in inclusive education. The aim of the study was to explore and explain the role of the social worker as facilitator in inclusive education. When learners with disabilities are placed in mainstream schools, there should be some means whereby the mainstream school system provides specialised support for their needs. An exploratory research design together with a qualitative research approach was chosen in order to obtain knowledge, insight and understanding regarding the role of the social worker as facilitator for learners with disabilities in inclusive education. A literature review was conducted to obtain a perspective of research done in this field. Much research has been documented regarding inclusive education. However no research has been done regarding the role of the social worker as facilitator for learners with disabilities in inclusive education. The empirical investigation consisted of case studies of two boys during middle childhood that were included in inclusive schools with the help of a facilitator. The findings of the investigation were in line with what was found in the literature study, namely that learners with disabilities can function successfully in inclusive schools with the help of a facilitator. Throughout the discussion it seemed clear that the social worker does not need new skills to be able to facilitate learners with disabilities in inclusive schools. The social worker can draw on already existing skills as discussed in the study.
58

Exploration of male gang members' perspectives of gangs and drugs

Wijnberg, Marcelle 03 1900 (has links)
Thesis (M Social Work)--Stellenbosch University, 2012. / ENGLISH ABSTRACT: The Western Cape is notorious for its high prevalence of gangs and resulting gang violence. This is confirmed in the multitude of frequent reports of homicides attributed to gangs. This area of South Africa further has elevated substance abuse statistics. Literature clearly states that gangs and drugs are inextricably linked. The nature of the interaction is however unclear, although the effects of the interaction is significantly apparent as the consequences of gang activities is often felt by innocent bystanders. It is concerning that gangsterism and drug usage is normalised and ceases to be viewed as deviant in some communities. The consequences of the interaction between gangs and drugs has ramifications for community safety and further places much strain on the health, social welfare, as well as defence sectors. Effective interventions need to be informed by insight into the interaction between gangs and drugs. The best source of reliable information in this regard would be gang members. A dearth of research with regards to the gang members‟ perspective on the connection between gangs and drugs thus motivated the study. The study was conducted with male gang members within the setting of a substance treatment centre, where drug usage is normalised. An empirical study with a combination of a qualitative and quantitative approach was used, where a semi structured questionnaire was administered with individual participants as well as a focus group. The study illustrated that gangs attract members through their ability to meet the individuals‟ needs. These needs are linked to those indentified within motivational theory. Gangs met physiological needs through access to drugs, safety needs through providing protection, and self esteem needs through the provision of money and status. Significantly, gangs were identified as meeting individuals‟ belonging needs. Commonality was established in risk factors for involvement in a gang and as well as in the usage of substances. The study showed unstable home environments with absent fathers and multiple stressors such as exposure to high levels of violence and abuse. Disconnectedness within families was further highlighted. The participants were exposed to elevated levels of substance misuse within their families as well as elevated levels of familial involvement in the sale of drugs. Familial involvement in gangs was also high within participants. The findings of the study indicate that drugs are enmeshed within gang activities. Drug usage occurs before and after going out and committing crimes. Drugs were used to heighten gang members‟ fortitude, diminishing inhibitions. Participants spoke about being incapable of undertaking violent acts, without first using drugs. Gang members used drugs to quieten the conscience and in self medicating after completing a task, in order to cope with flashbacks and intrusive thoughts and images. Gang norms with regards to the sanctioning of drugs is a complex issue. The study demonstrated that gangs make a distinction between drugs, for example heroin usage is not encouraged by all gangs due to the associated tolerance and severe withdrawal symptoms. Gangs tread a thin line between condoning and discouraging drug usage. Supporting drug usage may benefit the gang, as it encourages and motivates gang activities. Gang members who become dependent on drugs are however a risk for the gang, as they become unreliable and disloyal, as their absolute devotion to the gang is challenged by their physiological needs. Gang members however perceive the gangs‟ prohibition of certain drugs, as motivated by a concern for their wellbeing rather than self interest. The temporal order of drug usage and gang membership illustrated that drug usage preceded involvement in a gang. Drug usage however significantly increased and progressed after inclusion in a gang. Recommendations emphasised a need to acknowledge the link between drugs and gangs. Insight provided by gang members is needed in order to inform effective interventions. Within the substance dependence field, the gang member presents with unique treatment needs, which must be understood in order to gain optimum results. Ill-informed, generic treatment is ineffective, irresponsible and costly for service providers, communities affected by gangsterism, and those gang members with some willingness to change. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Die Wes-Kaap is berug vir dié provinsie se hoë voorkoms van bendes en gepaardgaande bendegeweld. Dít word bevestig deur die menigte gereelde berigte van moord waarby bendes betrek word. Hierdie gebied van Suid-Afrika toon boonop verhoogde middelmisbruik-statistieke. Literatuur stel dit onomwonde dat bendes en dwelmmiddels op onlosmaaklike wyse verbind is. Die aard van hierdie wisselwerking is onduidelik, hoewel die uitwerking daarvan onmiskenbaar is: Veral onskuldige omstanders word dikwels deur die gevolge van bendebedrywighede geraak. Dit is kommerwekkend dat bendes en dwelmmisbruik oënskynlik genormaliseer en in sommige gemeenskappe nie meer as afwykend bestempel word nie. Die wisselwerking tussen bendes en dwelms hou ernstige gevolge in vir gemeenskapsveiligheid, en plaas daarbenewens heelwat druk op die gesondheid-, maatskaplikewelsyn- sowel as verdedigingsektor. Doeltreffende intervensies moet gerig word deur insig in die wisselwerking tussen bendes en dwelms. Die beste bron van betroubare inligting in hierdie verband is natuurlik bendelede self. Tog is daar ‟n gebrek aan navorsing oor bendelede se eie beskouings van die verband tussen bendes en dwelms, en dít het dus as beweegrede vir hierdie studie gedien. Die studie is onder manlike bendelede in ‟n behandelingsentrum vir middelmisbruik onderneem, waar dwelmgebruik genormaliseer word. ‟n Empiriese studie met ‟n kombinasie van ‟n kwalitatiewe en kwantitatiewe benadering is gebruik, en ‟n semigestruktureerde vraelys is onder individuele deelnemers sowel as ‟n fokusgroep afgeneem. Die studie toon dat bendes lede werf deur hul vermoë om in die individu se behoeftes te voorsien. Hierdie behoeftes stem ooreen met die behoeftes wat in motiveringsteorie uitgewys word. Bendes voorsien in sielkundige behoeftes deur toegang tot dwelms te bied; hulle voorsien in veiligheidsbehoeftes deur beskerming te verleen, en hulle voorsien in selfbeeldbehoeftes deur geld en status beskikbaar te stel. In die besonder is bevind dat bendes in individue se behoefte voorsien om iewers tuis te hoort. Daar is ‟n gemeenskaplikheid uitgewys in die risikofaktore vir bendebetrokkenheid en vir middelmisbruik. Die studie lewer bewys van onstabiele huislike omgewings met afwesige vaderfigure en veelvuldige stressors, soos blootstelling aan hoë vlakke van geweld en misbruik. ‟n Gebrek aan familiebande kom voorts aan die lig. Die deelnemers is in hulle families aan verhoogde vlakke van middelmisbruik sowel as verhoogde vlakke van betrokkenheid by dwelmhandel blootgestel. Familiebetrokkenheid by bendebedrywighede blyk ook algemeen te wees onder deelnemers. Die bevindinge van die studie toon dat dwelms en bendebedrywighede ineengevleg is. Dwelmgebruik vind plaas voor sowel as nadat misdaad in bendeverband gepleeg word. Dwelms word gebruik om bendelede moed te gee en hul inhibisies te laat verdwyn. Deelnemers noem dat hulle nie geweld kan pleeg sonder om eers dwelms te gebruik nie. Bendelede gebruik dwelms om hul gewete te sus en hulself ná die voltooiing van ‟n taak te behandel om terugflitse en aanhoudende gedagtes aan die gebeure te kan hanteer. Bendenorme met betrekking tot die goedkeuring van dwelms is ‟n komplekse saak. Die studie toon dat bendes tussen verskillende soorte dwelms onderskei: Alle bendes moedig byvoorbeeld nie heroïengebruik aan nie weens die verwante toleransie en ernstige onttrekkingsimptome. Vir bendes is daar ‟n baie fyn lyn tussen die kondonering en ontmoediging van dwelmmisbruik. Die ondersteuning van dwelmgebruik kan tot voordeel van die bende wees, want dit dien as aansporing en motivering vir bendebedrywighede. Tog hou dwelmafhanklike lede ook ‟n gevaar vir die bende in, aangesien hulle onbetroubaar en ontrou raak wanneer hulle absolute toewyding aan die bende teen hul fisiologiese behoeftes te staan kom. Bendelede beskou egter die bende se verbod op sekere dwelms as ‟n teken van hul besorgdheid oor hulle lede se welstand eerder as selfbelang. Die tydsorde van dwelmgebruik en bendelidmaatskap toon dat dwelmgebruik bendebetrokkenheid voorafgaan. Dwelmgebruik het egter beduidend toegeneem en verhewig ná insluiting by ‟n bende. Aanbevelings beklemtoon die behoefte om die koppeling tussen bendes en dwelms te erken. Insigte wat van bendelede bekom word, is nodig ten einde doeltreffende intervensies te rig. Op die gebied van middelafhanklikheid het die bendelid unieke behandelingsbehoeftes wat verstaan moet word ten einde optimale resultate te behaal. Generiese behandeling sonder die nodige agtergrondinligting is ondoeltreffend, onverantwoordelik en duur vir diensverskaffers, gemeenskappe wat deur bendebedrywighede geraak word, sowel as daardie bendelede wat wél bereid is om te verander.
59

Die behoefte aan ondersteuning van vroue in landelike gebiede wat by intiemepaargeweld betrokke is : 'n ekologiese perspektief

Van Breda, Edna Elizabeth 03 1900 (has links)
Thesis (M Social Work)--Stellenbosch University, 2012. / ENGLISH ABSTRACT: Intimate partner violence is world wide and in South Africa an increasing social problem that leads to life-threatening history of injuries and psychosocial problems. Intimate partner violence is a global phenomenon prevalent in all socio-economic, race, religion, cultural and geographical boundaries. Although women with a lack or low income is more at risk of intimate partner violence and this reinforces their dependency of the intimate partner violence relationship. The largest percentage of South Africa’s poor population lives in rural areas that make them more vulnerable for social problems because of their lack of adequate resources. Women in rural areas involved with intimate partner violence are physically isolated from a supportive social network and must travel far distances to gain access to formal support resources. The goal of the study is to gain an understanding of the support needs of women in rural areas that are involved in intimate partner violence from an ecological perspective. To achieve this goal, the objectives are: to explain the nature, extent and origin of intimate partner violence as a social problem; to discuss the relevance of the ecological perspective as a theoretical framework regarding the analyses of intimate partner violence; to describe the support needs of women in rural areas that is involved in intimate partner violence; to investigate the experience of women in rural areas that is involved in intimate partner violence regarding the availability of support; and to offer recommendations regarding the promotion of the support needs for women in rural areas that is expose to intimate partner violence. Combinations of a quantitative and qualitative research approach were used in the study. The study further assumed an exploratory and descriptive research design due to the lack of information on support that is available to women in rural areas that are involved in intimate partner violence. A purposive sampling method was used to select the participants. Data was gathered by means of a semi-structured questionnaire, which was administered during 20 individual interviews. This allowed for a holistic view of the participants beliefs about, or perceptions of the topic. The design of the questionnaire was based on the information obtained from the literature review. The findings of the empirical investigation mainly confirmed the findings of the literature study that those women in rural areas that are involved in intimate partner violence support needs, from multiple levels of the ecological perspective. This support entails both informal and formal support resources which vary from concrete, informational to emotional support in order to cope with stressful life situations. The most important recommendations resulting from the study indicate that social workers must use an ecological approach during service rendered to women in rural areas that are involved in intimate partner violence. This approach can be used to identify and strengthen support resources on a micro, meso, exo and macro system level. The study further indicate that social workers must collaborate with different government sectors such as health care, police and law enforcement in order to create a multi professional team that focus on the social functioning of families and the community as a entity. Social workers that render intervention services to women in rural areas that are exposed to intimate partner violence should focus on all levels of social work intervention. The recommendation emphasises the importance of women and the communities’ awareness regarding intimate partner violence to promote women independency and to promote and facilitate support groups. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Intiemepaargeweld is wêreldwyd asook in Suid-Afrika ‘n toenemende sosiale probleem wat ‘n geskiedenis van ernstige beserings en psigososiale probleme vir vroue tot gevolg het. Die universele gebeurtenisse van intiemepaargeweld vind plaas binne alle sosio-ekonomiese, ras-, geloofs-, kulturele en geografiese grense. Alhoewel vroue met gebrekkige of lae inkomste hulle ‘n groter risiko vir intiemepaargeweld maak, versterk dit ook vroue se afhanklikheid van die intiemepaargeweldverhouding. Die meerderheid van Suid-Afrika se arm populasie woon in landelike gebiede, wat hulle meer kwesbaar maak vir maatskaplike probleme weens die gebrek aan genoegsame hulpbronne. Vroue in landelike gebiede wat by intiemepaargeweld betrokke is, is fisies geïsoleerd van ‘n ondersteunende sosiale netwerk en moet ver afstande reis om toegang tot formele ondersteuningshulpbronne te kry. Die doel van hierdie studie is om met behulp van die ekologiese perspektief die behoefte aan ondersteuning van vroue wat by intiemepaargeweld betrokke is, beter te verstaan. Om hierdie doel te bereik, is die doelwitte: om die aard, omvang en oorsprong van intiemepaargeweld as ‘n maatskaplike probleem te verduidelik; om die relevansie van die ekologiese perspektief as teoretiese raamwerk vir die ontleding van intiemepaargeweld te bespreek; om die ondersteuning wat nodig is vir vroue in landelike gebiede wat by intiemepaargeweld betrokke is, te omskryf; om ondersoek in te stel na die ervaring van vroue in landelike gebiede wat by intiemepaargeweld betrokke is, ten opsigte van die beskikbaarheid van ondersteuning; en om aanbevelings te maak ten opsigte van die bevordering van die ondersteuning vir vroue in landelike gebiede wat aan intiemepaargeweld blootgestel word. ‘n Kombinasie van kwantitatiewe en kwalitatiewe navorsingsbenaderings is in hierdie studie gebruik. Tydens hierdie ondersoek is ook beide ‘n verkennende en beskrywende navorsingsontwerp benut, aangesien die beskikbare literatuur ‘n gebrek aan inligting aangaande ondersteuning wat beskikbaar is aan vroue in landelike gebiede wat by intiemepaargeweld betrokke is, toon. ‘n Doelbewuste streekproefmetode is geselekteer om deelnemers te verkry. Die data is ingevorder deur die gebruik van ‘n semi-gestruktureerde vraelys tydens 20 afsonderlike individuele onderhoude. Sodoende kon ‘n geheelbeeld van die deelnemers se oortuigings en persepsies aangaande die onderwerp van die studie verkry word. Die samestelling van die vraelys berus op inligting wat uit die literatuurstudie verkry is. Die resultate van die ondersoek het hoofsaaklik die bevindinge van die literatuurstudie bevestig dat vroue in landelike gebiede wat by intiemepaargeweld betrokke is, ‘n behoefte aan ondersteuning op veelvoudige vlakke van die ekologiese perspektief het. Hierdie ondersteuning behels beide informele en formele ondersteuningsbronne en varieer vanaf konkrete, informatiewe tot emosionele ondersteuning ten einde stresvolle lewensituasies te kan hanteer. Die belangrikste aanbevelings van hierdie studie dui daarop dat maatskaplike werkers die ekologiese perspektief moet gebruik tydens dienste wat aan vroue in landelike gebiede wat by intiemepaargeweld betrokke is, gelewer word. Hierdie perspektief kan die nodige ondersteuningshulpbronne identifiseer en versterk om die nodige ondersteuning aan hierdie vroue op ‘n mikro-, meso-, ekso- en makrosisteemvlak te bied. Die aanbevelings dui ook aan dat maatskaplike werkers saam met verskeie regeringsektore, naamlik gesondheidsorg-, polisie- en wetstoepassingsdienste, ‘n multi-professionele span vorm sodat daar op die sosiale funksionering van gesinne en gemeenskap as ‘n geheel gefokus word. Maatskaplike werkers wat intervensiedienste lewer aan vroue in landelike gebiede wat aan intiemepaargeweld blootgestel word, moet op alle maatskaplikewerk-intervensievlakke fokus. Die aanbevelings beklemtoon die noodsaaklikheid van vroue en die gemeenskappe se bewustheid rakende intiemepaargeweld om sodoende vroue se onafhanklikheid te bevorder en ondersteuningsgroepe te bevorder en te fasiliteer.
60

Huweliksverryking vir plaaswerkers

Viljoen, Coralie 03 1900 (has links)
Thesis (M Social Work)--Stellenbosch University, 2008. / ENGLISH ABSTRACT: Marriage enrichment was developed to equip couples with the necessary skills and knowledge to help them achieve a happy marriage. It is successful with respect to the improvement of the marriage relationship and the encouragement of marital satisfaction. The marriage enrichment programmes that were developed up till now, were developed for the use of residents of First World countries. The goal of this study was to identify farm workers’ experience of marriage and their needs with respect to marriage, in order to make recommendations with regard to elements that could be included in a marriage enrichment programme for farm workers. A qualitative research design was used, as semi-structured interviews with the help of an interview schedule were conducted with thirteen farm workers who live and work on two farms in different geographical areas around Stellenbosch. Information was gathered by separately interviewing marriage partners, in order to ensure that conversations were not influenced by the presence of the marriage partner. Participants not only consisted of legally married couples, but also couples who were involved in a long-term relationship. The literature study focused on the circumstances of farm workers in the Western Cape. It also focused on theories underpinning current marriage enrichment programmes, and discussed and described the content of selected current marriage enrichment programmes. General challenges facing couples and which are typically included in marriage enrichment programmes were also discussed. Three themes emerged during findings and conclusions of the study. These include various sub-themes arising from the alcohol abuse of farm workers, and distinctive qualities of happy and unhappy couples. Recommendations were made with regard to these themes, while the theories on which current marriage enrichment programmes were based, as well as its exercises and elements were kept in mind. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Huweliksverryking is ontwikkel om egpare met die nodige kennis en vaardighede toe te rus ter bereiking van ‘n gelukkige huwelik. Dit is doeltreffend ten opsigte van die verbetering van die huweliksverhouding en die bevordering van huwelikstevredenheid. Die huweliksverrykings-programme wat egter wel ontwikkel is, is vir die gebruik van inwoners van Eerste Wêreld-lande ontwikkel. Die doel van hierdie studie was om plaaswerkers se ervaring van die huwelik en hul behoeftes ten opsigte van die huwelik te identifiseer, sodat aanbevelings gemaak kan word ten opsigte van elemente wat ingesluit kan word in ‘n huweliksverrykingsprogram vir plaaswerkers. ‘n Kwalitatiewe navorsingsontwerp is benut, aangesien semi-geskeduleerde onderhoude aan die hand van ‘n onderhoudskedule gevoer is met dertien plaaswerkers wat woon en werk op twee plase in verskillende geografiese areas buite Stellenbosch. Onderhoude met huweliksmaats het apart van mekaar plaasgevind, om te verseker dat gesprekke nie deur die teenwoordigheid van die huweliksmaat beïnvloed kon word nie. Deelnemers het nie net bestaan uit wettiglik getroude egpare nie, maar ook paartjies wat in ‘n langtermynverhouding betrokke is. Die literatuurstudie het gefokus op die omstandighede van Wes-Kaapse plaaswerkers. Dit het ook gefokus op teorieë waarop bestaande huweliksverrykingsprogramme gebaseer is, en het verskeie geselekteerde bestaande huweliksverrykingsprogramme se inhoud bepaal en omskryf. Algemene uitdagings waarmee egpare te doen kry, en wat tipies in huweliksverrykingsprogramme bespreek word, is ook bespreek. Tydens bevindinge en gevolgtrekkings van die studie het drie temas na vore gekom. Dit sluit in verskeie sub-temas ten opsigte van alkoholmisbruik tussen plaaswerkers en die onderskeie eienskappe van gelukkige en ongelukkige egpare. Die aanbevelings is ten opsigte van hierdie temas gemaak, met inagneming van bestaande huweliksverrykingsprogramme se elemente, oefeninge en die teorieë waarop dit gebaseer is.

Page generated in 0.1377 seconds