Spelling suggestions: "subject:"dissertations -- cocial work"" "subject:"dissertations -- bocial work""
31 |
Guidelines for the handling of sexual harassment in the South African Police ServiceRetief, Rita Theresa 03 1900 (has links)
Thesis (MA)--Stellenbosch University, 2000. / ENGLISH ABSTRACT: Sexual harassment is an old problem for the women who are its victims but is relatively new
as a social issue. Studies carried out in South Africa and internationally indicate that sexual
harassment is a problem in virtually every organisation and that a substantial proportion of
working women are the recipients of unwanted sexual attention in the workplace.
A number of misconceptions, myths as well as stereotyping regarding sexual harassment in
the workplace have added to the frustration female employees experience in trying to have
their sexual harassment complaints recognised. Like many organisations, the South African
Police Service (SAPS) knows the problem exists, but is unaware of its full extent or the
destructive effects it has on employees and the workplace.
As sexual harassment usually occurs in private, the women in the SAPS who are being
harassed usually do not know how to react or how to handle the harassing situation and
conseq uently suffer in silence. Most female employees despair of having the traditionally
male dominated management component in the SAPS understand how much sexual
harassment humiliates and frustrates them. They also despair of having the support of
managers in addressing the problem of sexual harassment in the workplace.
Even though the SAPS has a sexual harassment policy, the problem of sexual harassment
continues to occur in the workplace. The only protection for the organisation and its
employees, is prevention, or lacking that, immediate and appropriate action, following
notification of a sexual harassment complaint. Prevention is only likely when the sexual
harassment policy has been well communicated to all parties and enforced consistently and
fairly. Inher capacity as a social worker in the SAPS, the researcher became aware that even
though managers and employees are aware that this type of misconduct occurs, they avoid
addressing this sensitive issue because of a lack of proper guidelines.
Therefore, the aim of the study was to present guidelines for the composition of a training
programme for the implementation of the existing policy document regarding the handling
of sexual harassment in the SAPS. The purpose was to ensure that intervention and
prevention of sexual harassment in the SAPS will be handled more effectively. Existing
literature on the subject of sexual harassment was studied and presented in a theoretical
framework.
The history, legislation and dimensions of sexual harassment in the workplace i.e.
internationally as well as in South Africa and the SAPS, were discussed. The development
and consequences of sexual harassment for the organisation and all employees concerned were
emphasized. Preventative measures and implementation guidelines for addressing sexual
harassment in the SAPS, were explored. The prevalence of sexual harassment in the workplace and the subsequent experience(s) of and effects on female employees regarding
such harassment (in the SAPS) is brought into focus.
Exploratory - descriptive research was done with the aid of a questionnaire as an instrument
for data-collection, at police stations in one area of the West Metropole in the SAPS (Western
Cape) where social workers are rendering services. The opinions and attitudes of female
employees with regard to their experience(s) or knowledge of the occurrence and the handling
of sexual harassment in the SAPS, were determined. Information obtained from the
questionnaire is presented in six categories, namely : demographic characteristics of
respondents, behaviour of male employees toward female employees, the person(s)
responsible for the sexual harassment incident, reactions to the sexual harassment incident,
effects of sexual harassment experience(s) on women as well as on the workplace and the
addressing of sexual harassment in the workplace.
Conclusions and recommendations are made regarding the opinions, knowledge and sexual
harassment experiences of female employees in the SAPS as well as how sexual harassment
should be handled by various parties such as managers and social workers employed by the
SAPS. The implementation of a sexual harassment training programme can be of great value
to the South African Police Service and all its employees, provided the staff at management
level, professional personnel (social workers, psychologists and personnel practitioners) and
all other levels of employees commit themselves to working together on addressing and
preventing sexual harassment in the workplace. Regular evaluations should be done by the
social worker after the sexual harassment training programme has been implemented, in order
to determine the effectiveness of the prevention training programme for addressing sexual
harassment in the SAPS. Social workers in the SAPS should endeavour to clarify the extent
of the problem of sexual harassment and should bring the seriousness of the problem to the
attention of managers and all other employees. Social workers therefore have a crucial role
in assisting with the implementation of the organisation's sexual harassment policy and in
doing further research regarding sexual harassment in the workplace. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Seksuele teistering is 'n ou probleem vir die vroue wie die slagoffers daarvan is, maar dit is
relatief nuut as 'n sosiale kwessie. Studies wat in Suid-Afrika en internasionaal uitgevoer is,
dui aan dat seksuele teistering 'n probleem in feitlik elke organisasie is en dat 'n aansienlike
getal werkende vroue ongewensde seksuele aandag in die werkplek ervaar.
Die bestaande wanopvattings, mites sowel as stereotiperings wat in die werkplek voorkom
rakende seksuele teistering, dra by tot die frustrasie wat vroulike werknemers ervaar in hul
poging om die bestuur hul klagtes oor seksuele teistering te laat insien. Soos baie organisasies,
is die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) bewus dat die probleem voorkom, maar onbewus
van die omvang daarvan of die skadelike gevolge wat dit inhou vir werknemers en die
werkplek.
Aangesien seksuele teistering gewoonlik plaasvind in privaatheid, weet die vroue in die SAPD
wat geteister word gewoonlik nie hoe om te reageer of hoe om die teisterende situasie te
hanteer nie. Gevolglik ly hulle in stilte. Baie vroulike werknemers is in vertwyfeling oor hoe
om die bestuurskomponent in die SAPD, wie tradisioneel oorheers word deur mans, te laat
besef hoe vernederend en frustrerend seksuele teistering vir hulle is. Hulle is ook desperaat
om die ondersteuning van bestuurders te kry ten einde die probleem van seksuele teistering
in die werkplek aan te spreek.
Alhoewel die SAPD oor 'n beleidsdokument vir seksuele teistering beskik, kom die probleem
van seksuele teistering steeds voor in die werkplek. Die enigste beskerming vir die
organisasie en die werknemers, is voorkoming of indien dit ontbreek, onmiddellike en gepaste
optrede nadat 'n klagte van seksuele teistering aangemeld word. Voorkoming kan slegs
geskied indien die beleid ten opsigte van seksuele teistering, goed bekend gemaak word aan
alle partye en dit konsekwent en regverdig toegepas word. Die navorser het in haar kapasiteit
as maatskaplike werker in die SAPD bevind dat alhoewel bestuurders en werknemers bewus
is dat hierdie tipe misdryf voorkom, hulle die hantering van die sensitiewe probleem ontwyk
as gevolg van 'n gebrek aan behoorlike riglyne.
Die doel van die studie was gevolglik om riglyne daar te stel vir die samestelling van 'n
opleidingsprogram vir die implementering van die bestaande beleidsdokument vir die
hantering van seksuele teistering in die SAPD. Die doel was om te verseker dat intervensie
en voorkoming van seksuele teistering meer effektief hanteer sal word in die SAPD.
Bestaande literatuur ten opsigte van die onderwerp van seksuele teistering is bestudeer en
aangebied in 'n teoretiese raamwerk. Die geskiedenis, wetgewing en omvang van seksuele teistering op internasionale vlak, sowel
as in Suid-Afrika en die SAPD is bespreek. Die ontwikkeling en gevolge van seksuele
teistering vir die organisasie en al die betrokke werknemers is beklemtoon.
Voorkomingsmaatreëls en riglyne vir die implimentering van die bestaande beleidsdokument
oor seksuele teistering in die SAPD is verken. Die voorkoms van seksuele teistering in die
werkplek en die gevolglike ervaring(s) en effek daarvan op vroulike werknemers in die SAPD
is in fokus gebring.
'n Verkennende-beskrywende studie is gedoen met behulp van 'n vraelys, as instrument vir
data-versameling, by polisiestasies in een area van die Wes-Metropool in die SAPD (Wes-
Kaap) waar maatskaplike werkers dienste lewer. Die opinies en houdings van vroulike
werknemers met betrekking tot hul ervaring(s) of kennis is bepaal ten opsigte van die
verskynsel en die hantering van seksuele teistering in die SAPD. Inligting verkry vanaf die
vraelys, is aangebied in ses kategorieë naamlik: demografiese kenmerke van respondente,
gedrag van manlike werknemers teenoor vroulike werknemers, die persoon verantwoordelik
vir die seksuele teisterende insident, reaksies ten opsigte van die seksuele teisterende insident,
effekte wat die seksuele teistering ervaring(s) vir die vroue en die werkplek inhou asook die
aanspreek van seksuele teistering in die werkplek.
Gevolgtrekkings en aanbevelings is gemaak rakende die opinies, kenmerke en ervarings van
vroulike werknemers ten opsigte van seksuele teistering in die SAPD, asook ten opsigte van
die hantering van seksuele teistering deur die verskeie partye soos, byvoorbeeld bestuurders
en maatskaplike werkers in diens van die SAPD. Die implementering van 'n
opleidingsprogram ten opsigte van seksuele teistering kan waardevol wees vir die Suid-
Afrikaanse Polisiediens en al die werknemers mits die bestuurders, professionele personeel
(maatskaplike werkers, sielkundiges en menslike hulpbronbestuur) hulself verbind tot
samewerking ten opsigte van die aanspreek en voorkoming van seksuele teistering in die
werkplek. Gereelde evaluerings deur die maatskaplike werker moet gedoen word na die
implementering van die seksuele teistering opleidingsprogram, ten einde die effektiwiteit van
die voorkomingsprogram te bepaal vir die aanspreek van seksuele teistering in die SAPD.
Maatskaplike werkers in die SAPD moet hulself beywer om duidelikheid te verkry oor die
omvang van die probleem van seksuele teistering en moet die erns van die probleem onder
die aandag bring van bestuurders en alle ander werknemers. Maatskaplike werkers het dus
'n beslissende ondersteuningsrol om te vervul ten opsigte van die implimentering van die
organisasie se beleid vir seksuele teistering, asook om verdere navorsing ten opsigte van
seksuele teistering in die werkplek aan te moedig.
|
32 |
Identification and assessment of intentional physical injuries to hospitalised preschool childrenHartweg, Janine 12 1900 (has links)
Thesis (MA)--Stellenbosch University, 2000. / ENGLISH ABSTRACT: This research investigates the indicators, different role players and the assessment
process of intentional physical injuries to children who are hospitalized.
The basic premise for this research is the importance of professionals working with
children in acquiring skills and knowledge on handling physically abused children.
Physical abuse affects and requires the involvement of the entire family of the
physically abused child. It is therefore necessary to consider the physically abused
child as a part of the larger family system, and not assessed or treated in isolation.
The purpose of this research is to broaden the theoretical knowledge of professionals
working with children, and specifically social workers, in identifying and assessing
physically abused children.
This research report includes an investigation of risk factors, consequences and the
adjustment process of physically abused children. Knowledge of these indicators of
physical abuse will increase the awareness and the ability of the social worker or other
professional to identify the injury as intentional. The assessment process by the
multi-professional team in the hospital is also examined, focusing on the central role
of the social worker in managing cases of physically abused children. The phases of
the assessment process, the role of each team member, the various techniques applied
as well as factors influencing assessment are described.
The empirical research involved the use of both qualitative and quantitative methods
in order to explore the theoretical part of the research. This section can be divided
into three phases. The first phase included setting up a profile, over a period of four
months, of physically abused children under the age of five, who were admitted to the
hospital and their families (N = 24). Of this sample, the characteristics and
circumstances of four parents/perpetrators (n = 4) were investigated in the form of
interviews, which formed part of the second phase of the empirical research. The
third phase included conducting a survey with the social workers (n = 5) that assessed physically abused children in the hospital. This was done III the form of
questionnaires, which included closed and open-ended questions.
The findings and responses of the respondents were analyzed and compared with the
findings from previous studies undertaken by various authors. The findings of this
research can be used as guidelines for professionals in general who work with
children, and more specifically social workers in a hospital that assess children
presenting with intentional physical injuries. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Hierdie navorsing ondersoek die aanduidende faktore, die rolspelers en die
asseseringsproses van fisies mishandelde kinders wat gehospitaliseer word.
Die uitgangspunt is die noodsaaklikheid van professionele persone wat met kinders
werk, en veral maatskaplike werkers, om kennis en vaardighede te hê, ten einde
kinders wat fisies mishandel is te kan hanteer. Omdat die hele gesin van die
mishandelde kind geaffekteer word en betrokke is, is dit belangrik om die fisies
mishandelde kind nie in isolasie, maar as deel van die familie sisteem te kan benader.
Die navorsingsondersoek het ten doel om die teoretiese kennis basis van professionele
persone wat met kinders werk, en spesifiek maatskaplike werkers, oor die
identifisering en assesering van fisies mishandelde kinders uit te brei.
Ten einde maatskaplike werkers se kennis van die probleem onders aandag uit te bou,
vervat die navorsingsverslag 'n bespreking van die risiko faktore, gevolge en
aanpassingsproses van die fisies mishandelde kind. Kennis van hierdie aanduiders sal
die bewusdheid asook die vermoë van professionele persone om die fisiese
mishandeling te identifiseer, verhoog. Die asseseringsproses deur die multiprofessionele
span in die hospitaal word ook ondersoek, met fokus op die sentrale rol
van die maatskaplike werker in die hantering van fisies mishandelde kinders. Die
fases van die asseseringsproses, die rol van elke spanlid, verskeie tegnieke en faktore
wat assesering beïnvloed, word bespreek.
Die teoretiese doel van die verslag word uitgebrei in die empiriese ondersoek, deur 'n
bespreking van die bevindinge wat deur veskeie metodes verkry is. Kwalitatiewe
asook kwantitatiewe metodes is benut tydens die drie fases van die empiriese
ondersoek. Die eerste fase was die opstel van 'n profiel wat oor 'n tydperk van vier
maande geneem is, van fisies mishandelde kinders wat toegelaat is in die hospitaal en hul gesinne (N = 24). Vanuit hierdie streekproef, is die eienskappe en omstandighede
van vier ouers/oortreders (n = 4) ondersoek deur middel van onderhoude, wat die
tweede fase van die ondersoek bevat. Die derde fase was om 'n opname te doen met
die maatskaplike werkers (n = 5) wat die fisies mishandelde kinders in die hospitaal
asseseer.
Die bevindinge en response van die respondente is geanaliseer en vergelyk met die
bevindinge van vorige studies wat deur verskeie outeurs onderneem is. Die
bevindinge van hierdie navorsing kan as 'n riglyn gebruik word deur professionele
persone wat oor die algemeen met kinders werk, en meer spesifiek maatskaplike
werkers wat fisies mishandelde kinders in 'n hospitaal asseseer.
|
33 |
Multi-disciplinary teamwork in an admission unit of a psychiatric institutionGanyaza, Thulisile Zioner 04 1900 (has links)
Thesis (MA)--Stellenbosch University, 2000.
|
34 |
Die rol van maatskaplike faktore in die werksafwesigheid van vroulike fabriekarbeidersVenter, Frederika Magdalena 03 1900 (has links)
Thesis (MSocialWork)--Stellenbosch University, 2001. / ENGLISH ABSTRACT: Workers absenteeism is a problem for many companies in South Africa. The
absenteeism of workers affects the productivity of companies. The social
worker in the industry plays a key role in the managing of workers
absenteeism. One of the goals of social work in the industry is to enhance the
productivity of workers. Consequently there is a lack of specifically South
African research on the social factors that influence worker absenteeism and
the role of the social worker to manage worker absenteeism.
A survey of international literature forms the starting point for the research
undertaken to fill this gap. The influence of social factors on worker
absenteeism is described. Three worker absenteeism approaches, namely
economical, psigological and sociological approaches are being used to
describe the social factors that influence worker absenteeism. The literature
view also offers management strategies to help combat worker absenteeism.
In the study there is being focused on the female worker because the
empirical study takes place at a company that manufactures clothes.
The empirical study describes the social factors that influence the
absenteeism of female workers working in the manufacturing company.
Proposals are made concerning ways to combat worker absenteeism, taking
into account the important role the social worker in the industry plays in
managing worker absenteeism. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Werknemerafwesigheid is vir baie fabrieke en firmas in Suid-Afrika 'n ernstige
probleem. Die werksafwesigheid van werknemers veroorsaak dat die
produktiwiteit van fabrieke en firmas beïnvloed word. Die maatskaplike
werker in die bedryf kan 'n belangrike rol speel in die hantering van
werknemerafwesigheid, omdat dit 'n doelstelling van maatskaplike werk in die
bedryf is om die produktiwiteit van werknemers te verhoog. Derhalwe is daar
'n gebrek aan spesifieke Suid-Afrikaanse navorsing oor die maatskaplike
faktore wat werknemerafwesigheid beïnvloed, en wat die maatskaplike werker
se rol is om werksafwesigheid te beperk.
'n Literatuurstudie word aangebied as vertrekpunt vir die navorsing wat
onderneem is om genoemde leemte aan navorsing te vul. Die invloed van
maatskaplike faktore op werknemerafwesigheid word bespreek. Drie
benaderings tot werknemerafwesigheid, naamlik ekonomiese, sielkundige en
sosiologiese benaderings word geondersoek waaronder die maatskaplike
faktore wat werknemerafwesigheid beïnvloed, bespreek word. Die
literatuuroorsig bied ook bestuurstrategieë om die werksafwesigheid van
werknemers te bekamp. Daar word spesifiek op die vroulike werknemer
gefokus omdat die empiriese ondersoek by 'n klerevervaardigingsfabriek
plaasvind.
Die empiriese ondersoek handel oor die maatskaplike faktore wat die
werksafwesigheid van vroulike fabriekarbeiders beïnvloed. Na aanleiding van
die bevindinge van die ondersoek word aanbevelings vir die hantering van
werknemerafwesigheid gemaak. Dit geskied met inagneming van die
belangrike rol wat die maatskaplike werker in die bedryf kan speel in die
hantering van werknemerafwesigheid.
|
35 |
Die geboorte van 'n baba met 'n kongenitale deformiteit van die lip en/of harde en sagte palatum : psigo-sosiale implikasies vir die gesinDe la Rey, Lezanne 03 1900 (has links)
Thesis (MSocialWork)--Stellenbosch University, 2002. / ENGLISH ABSTRACT: In this study an explorative and a descriptive design has been implemented with the
aim of obtaining knowledge, insight, and understanding of the psycho-social
implications of a cleft lip and/or cleft palate for the individual child as well as the
family. The motivation for this study was a result of the lack of knowledge on the
psycho-social adjustments of an individual/child with a cleft lip and/or cleft palate and
his/her family. The researcher became conscious of this lack during a full preliminary
inquiry and this lack has been confirmed by the Department of Social Work as well as
the Department of Maxillo-Facial-and Oral Surgery at Tygerberg Hospital. The aim of
this study is therefore to create guidelines concerning social welfare interference in
families after the birth of a baby with a cleft lip and/or cleft palate, in order to improve
psycho-social functioning.
The literature study included occurrence and incidence, embryological development,
etiology of cleft lip and/or cleft palate as well as the psycho-social implications for the
individual/child and the family. The medical aspects, namely the etiological and
embryological development of cleft lip and/or cleft palate only serves as a
background for the medical social worker that forms part of the interdisciplinary team
of a cleft palate/lip clinic. This research focuses primarily on the psycho-social
implications of a cleft lip and/or cleft palate on the individual/child as well on the
family. The literature study also included the theoretical perspectives which
determine the social worker's task and the system and strength perspective has been
focused on. These perspectives have been implemented according to the
development-aimed approach.
The researcher decided to involve ten pre-school children with congenital deformity,
between the ages of one month to six years as well as their mothers, who are from
the service area of the Tygerberg Hospital in the research. The study was determined
by a combination of qualitative as well as quantitative research methods, namely
structured interviews as well as structured questionnaires. The results of this
research confirmed the results of the literature study to a great extent, namely that
individuals/children with a congenital deformity, as well as their families, are a highrisk
group for psycho-social problems. These psycho-social problems indicate
relationship problems in the family, cognitive problems for the individual/child as well as social adjustment problems for the individual/child and the family. Therefore the
results gave an indication of what the content of intervention programmes for this
target group should be.
The recommendations focused on three areas, namely general recommendations
concerning prenatal clinics where the cleft lip and/or cleft palate should be identified,
general recommendations concerning guidelines for the social worker before
intervention in the target group starts and recommendations with the aim of creating
guidelines for social welfare intervention, in order to limit the psycho-social
implications on the individual/child. The recommendations include further research in
order to address society's ignorance concerning cleft lip and/or cleft palate. This
research should focus on the development of social welfare programmes which, by
primary prevention, aim at improved informing the society of this deformity. / AFRIKAANSE OPSOMMING: 'n Verkennende sowel as 'n beskrywende ontwerp is in hierdie studie
geïmplementeer ten einde kennis, insig en begrip oor die psigo-sosiale implikasies
van 'n gesplete lip en/of verhemelte vir individu/kind sowel as die gesin te verkry. Die
motivering vir hierdie studie het na vore gekom weens die leemte rakende kennis oor
die psigo-sosiale aanpassings van 'n individu/kind met 'n gesplete lip en/of
verhemelte en sy/haar gesin. Die navorser het van hierdie leemte bewus geword
tydens 'n volledige voorondersoek en hierdie leemte is deur die Departement
Maatskaplike Werk sowel as die Departement Kaak- en Mondchirurgie te Tygerberg
Hospitaal bevestig. Die doel van hierdie studie is dus om riglyne daar te stel ten
opsigte van maatskaplike intervensie met gesinne ná die geboorte van 'n baba met 'n
gesplete lip en/of verhemelte, ten einde psigo-sosiale funksionering te verbeter.
Die literatuurstudie het die voorkoms en insidensie, embriologiese ontwikkeling,
etiologie van gesplete lip en/of verhemelte sowel as die psigo-sosiale implikasies vir
die individu/kind en die gesin ingesluit. Die mediese aspekte, naamlik die etiologiese
en embriologiese ontwikkeling van gesplete lip en/of verhemelte dien slegs as
agtergrond vir die geneeskundige maatskaplike werker wat deel vorm van die
interdissiplinêre span van 'n gesplete verhemelte/lip kliniek. Hierdie navorsing fokus
primêr op die psigo-sosiale implikasies van gesplete lip en/of verhemelte op die
individu/kind sowel as op die gesin. Die literatuurstudie het ook die teoretiese
perspektiewe wat die maatskaplike werker se taak rig, ingesluit en daar is op die
sisteem- en sterkteperspektief gefokus. Hierdie perspektiewe is aan die hand van die
ontwikkelingsgerigte benadering geïmplementeer.
Daar is besluit om tien voorskoolse kinders met kongenitale deformiteit, dus tussen
die ouderdomme van een maand tot ses jaar sowel as hul moeders, wat vanuit die
Tygerberg Hospitaal se diensarea afkomstig is, by die ondersoek te betrek. Die
ondersoek is deur 'n kombinasie van kwalitatiewe sowel as kwantitatiewe
navorsingsmetodes, naamlik gestruktureerde onderhoude sowel as gestruktureerde
vraelyste, gerig. Die resultate van hierdie ondersoek het tot 'n groot mate die
bevindinge van die literatuurstudie bevestig naamlik dat individue/kinders met 'n
kongenitale deformiteit, sowel as hul gesinne, 'n hoë risikogroep vir psigo-sosiale
probleme is. Hierdie psigo-sosiale probleme dui byvoorbeeld op verhoudings-probleme in die gesin, kognitiewe probleme vir die individu/kind sowel as sosiale
aanpassingsprobleme vir die individu/kind en die gesin aan. Die resultate het dus 'n
aanduiding gegee van wat die inhoud van intervensieprogramme vir hierdie
teikengroep behoort te wees.
Die aanbevelings het op drie areas gefokus naamlik algemene aanbevelings ten
opsigte van voorgeboorteklinieke waar gesplete lip en/of verhemelte geïdentifiseer
moet word, algemene aanbevelings ten opsigte van riglyne vir die maatskaplike
werker voordat intervensie met die teikengroep begin en algemene aanbevelings ten
einde riglyne daar te stel vir maatskaplike intervensie, sodat die psigo-sosiale
implikasies op die individu/kind beperk word. Die aanbevelings sluit in verdere
navorsing ten einde die onkunde van die samelewing ten opsigte van gesplete lip
en/of verhemelte aan te spreek. Hierdie navorsing moet fokus op die ontwikkeling
van maatskaplikewerk-programme wat deur primêre voorkoming die samelewing
beter aangaande die deformiteit inlig.
|
36 |
Die hoof maatskaplike werker in die Departement Maatskaplike Dienste se kennis van en vaardighede in maatskaplike konsultasieBrink, Keith Neil 03 1900 (has links)
Thesis (MSocialWork)--Stellenbosch University, 2002. / ENGLISH ABSTRACT: An exploratory study relating to the knowledge of and skills in social work
consultation of chief social workers in the Department of Social Services was
undertaken. The absence of a written policy pertaining to consultation in social work
is one reason for consultation not being optimally practiced and utilised. This
negatively influences the standard of service delivery to the client system. The study
aims to serve as a guideline for the Department of Social Services with regards to the
possible formulation of a policy document on consultation within social work
practice.
An empirical study supported by the literature study was performed on a test sample
comprising of six service officers of the Department Social Services, Cape Peninsula.
The empirical study examined and described the respondents opinions, skills,
knowledge and shortcomings regarding social work consultation. The utilization and
application of consultation in social work by chief social workers in the Department
of Social Services was determined through the usage of interview questionnaires.
The empirical study enabled the researcher to draw certain conclusions. The
respondents were confused and uncertain about the term consultation in social work.
A clear and definite need for a written policy that could serve as a guideline in the
utilization of consultation was identified. Selection criteria for social workers to
progress from supervision to consultation should form part of a consultation policy.
Most of the respondents identified a need for training in social work consultation and
half of the respondents experienced problems in the use of consultation.
A number of recommendations stem from the findings and conclusion. The chief
social workers theoretical knowledge regarding consultation needs to be updated.
This knowledge should be implemented practically. The Department of Social
Services needs to create clear guidelines for consultation in social work and these
should be reflected in a policy document that promotes and compels the use of
consultation. / AFRIKAANSE OPSOMMING: 'n Verkennende studie is onderneem om te bepaal oor watter kennis van en
vaardigheid in maatskaplike werk konsultasie hoof maatskaplike werkers in die
Departement van Maatskaplike Dienste beskik. Die gebrek aan 'n geskrewe beleid
vir konsultasie in maatskaplike werk het tot gevolg dat konsultasie nie optimaal
uitgevoer en benut word nie. Derhalwe word die gehalte van dienslewering aan die
kliëntsisteem negatief beïnvloed. Die studie het ten doel om 'n raamwerk vir die
Departement Maatskaplike Dienste op te stel wat as riglyn vir konsultasie in
maatskaplike werk en kan dit aangewend word om 'n beleidsdokument saam te stel.
'n Empiriese studie gesteun deur 'n literatuurstudie is gedoen te opsigte van 'n
steekproef bestaande uit ses dienskantore van die Departement Maatskaplike Dienste
in die Kaapse Skiereiland. Die empiriese studie het die respondente se opinies,
vaardighede, kennis en leemtes ondersoek en beskryf. Die benutting en toepassing
van konsultasie in maatskaplike werk deur hoof maatskaplike werkers in die
Departement Maatskaplike Dienste is deur middel van vraelyste vasgestel.
Die empiriese studie het eerstens bevind dat verwarring en onsekerheid voorkom ten
opsigte van respondente se begrip van die term konsultasie in maatskaplike werk.
Tweedens is bevind dat 'n behoefte aan 'n geskrewe beleid wat kan dien as riglyn vir
die benutting van konsultasie in maatskaplike werk deur hoof maatskaplike werkers
verlang word. Derdens, dat keuringskriteria vir die oorgang van supervisie tot
konsultasie deel moet vorm van staatsinstansies se konsultasie beleid. Laastens is 'n
behoefte aan opleiding in maatskaplike werk konsultasie deur die respondente
geïdentifiseer aangesien die helfte van die respondente probleme ondervind tydens die
benutting van konsultasie.
Aanbevelings na aanleiding van die bevindinge en gevolgtrekkings sluit in dat hoof
maatskaplike werkers se kennis oor konsultasie aangevul moet word en dat hierdie
kennis prakties benut moet word. Riglyne vir konsultasie in maatskaplike werk in die
Departement Maatskaplike Dienste moet opgestel word en in 'n beleidsdokument
saamgevat word. Hierdie beleid moet die gebruik van konsultasie aanmoedig of selfs
verplig.
|
37 |
Riglyne vir die ontwikkeling van 'n intervensieprogram gerig op die jeugoortreder in die gevangenisCelliers, Cindy 03 1900 (has links)
Thesis (M Social Work)--Stellenbosch University, 2002. / ENGLISH ABSTRACT: Juvenile offenders have certain characteristics, which separate them from the law
abiding young people. These characteristics, together with the subcultures inside
prison in which they become socialized, can cause dysfunctional development, which
in turn can lead to recidivism. To approach this client system and plan intervention
according to the ecological perspective, the social worker needs to be equipped with a
certain knowledge base. Firstly, knowledge is necessary about the profile of the
juvenile offender. Secondly, the social worker has to understand the impact that a
prison environment can have on the juvenile. Thirdly, it is also important that the
worker knows how these factors can influence the intervention process and also be
aware of different methods to strengthen the social functioning of the juvenile in
pnson.
This study endeavours to create a scientifically based framework for the development
of a strategy for intervention with the juvenile offender, in order to bring about
appropriate social functioning and by doing this, reduce recidivism. The research
includes aspects of all three the recognized types of research, namely: exploratory,
descriptive and explanatory. The profile of the juvenile offender, as well as ways in
which the prison environment impacts on his development was determined by means
of interviews and described in terms of the effect it might have on the intervention
process. The respondents consisted of 11 ex juvenile offenders.
Conclusions and recommendations were made which focussed, amongst others, on the
various phases in the group work process and the development of knowledge
regarding the juvenile offender. This research report can be utilized by social workers
for effective intervention with juvenile offenders in prison. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Jeugoortreders het sekere karaktereienskappe wat hul van wetsgehoorsame jeugdiges
onderskei. Hierdie karaktertrekke, tesame met die gevangeniskultuur waarbinne hul
gesosialiseer word, veroorsaak disfunksionele ontwikkeling wat weer na residivisme
kan lei. Om volgens 'n ekologiese perspektief intervensie met hierdie kliëntsisteem te
benader, is dit eerstens noodsaaklik dat die maatskaplike werker die profiel van die
jeugmisdadiger ken. Tweedens is dit nodig dat die werker die impak van die
gevangenisomgewing op die jeugdige verstaan. Derdens is dit belangrik dat die
werker weet hoe hierdie faktore op die hulpverleningsproses kan impakteer en ook
bewus moet wees van verskeie metodes om die jeugdige in die gevangenis se
maatskaplike funksionering te beïnvloed.
Hierdie studie bevat kenmerke van al drie die erkende navorsingsdoelstellings,
naamlik verkenning, beskrywing en verklaring. Die ondersoek het ten doel om 'n
wetenskaplik gefundeerde raamwerk daar te stel vir die ontwikkeling van 'n
intervensiestrategie ten opsigte van jeugmisdadigers in die gevangenis, ten einde
funksionele maatskaplike funksionering mee te bring en sodoende residivisme te
verminder. Die profiel van die jeugmisdadiger en die impak van die omgewing op sy
ontwikkeling is deur middel van onderhoude bepaal en beskryf in terme van die
invloed wat dit op die intervensieproses kan hê. Respondente in die navorsing het uit
elf vrygelate jeugmisdadigers bestaan.
Gevolgtrekkings en aanbevelings is gemaak wat onder andere gefokus het op die
verskeie fases in die groepwerkproses en ontwikkeling van kennis oor die betrokke
kliëntsisteem. Hierdie navorsingsverslag sal deur maatskaplike werkers benut kan
word vir effektiewe hulpverlening aan jeugdiges in die gevangenis.
|
38 |
Multikulturele aanneming : 'n maatskaplike werk perspektiefBruwer, Esna 03 1900 (has links)
Thesis (MA)--Stellenbosch University, 2003. / Some digitised pages may appear illegible due to the condition of the original hard copy. / ENGLISH ABSTRACT: Multicultural adoption became a reality in South Africa in 1994, after the abolition
of the apartheid legislation. This is therefore a relatively new and unfamiliar
terrain for those social workers that specialise in adoption.
A gap was identified with regard to a sufficient theoretical foundation and the
absence of guidelines regarding this phenomenon in South Africa. This study
was undertaken in an attempt to address this shortcoming and in order to gain
more direction and clarity regarding multicultural adoption. Through a literature
study an attempt was made to determine how legislation on adoption in South
Africa is interpreted as well as to establish the role played by the social worker
during adoption. A historical overview of adoption in South Africa is discussed as
well as the current legislation that relates to multicultural adoption.
With reference to the purpose of the research, the literature study also focused
on a practice perspective, multicultural intervention and theories that are
applicable. Furthermore the profile of parents that adopt children of another
culture and the motives surrounding this, were examined during the literature
study. An exploratory study was undertaken to establish the needs of parents
who adopt children of another culture as well as to determine the cultural skills
that social workers require in order to successfully facilitate multicultural
adoptions. The ultimate purpose of the study was to formulate guidelines for
social workers for multicultural adoptions.
The empirical study was aimed at parents that have already adopted children of
another culture and was limited to the Western Cape. The results of the empirical
study confirmed the researcher's supposition that social workers should master
multicultural skills in order to successfully facilitate multicultural adoptions and
that a cultural awareness is imperative.
Based on the study and the results, recommendations for a policy framework
with regard to multicultural adoptions was formulated and guidelines and
proposals for the implementation of multicultural intervention and adoption were
laid down. The recommendations of this study can be used by all social workers
and parents that are involved in multicultural adoptions and also by other welfare
organisations and social workers. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Multikulturele aanneming het in 1994, na die afskaffing van apartheidswetgewing,
'n werklikheid in Suid-Afrika geword. Hierdie is dus 'n redelik nuwe en
onbekende terrein vir maatskaplike werkers wat in aanneming spesialiseer.
'n Leemte ten opsigte van voldoende teoretiese fundering en afwesigheid van
riglyne rakende hierdie verskynsel in Suid-Afrika, is geïdentifiseer. In 'n poging
om hierdie leemte aan te spreek en meer rigting en duidelikheid oor
multikulturele aanneming te verkry, is hierdie ondersoek onderneem. Met die
literatuurstudie is gepoog om die interpretering van wetgewing oor aanneming in
Suid-Afrika te bepaal en ook die rol wat die maatskaplike werker tydens
aanneming speel, vas te stel. 'n Historiese oorsig van aanneming in Suid-Afrika
is bespreek en ook die huidige wetgewing wat met multikulturele aanneming
verband hou.
In aansluiting by die doel van die navorsing is daar ook tydens die
literatuurondersoek gefokus op 'n praktykperspektief, multikulturele intervensie
en teorieë wat van toepassing is. Voorts is die profiel van ouers wat kinders
vanuit 'n ander kultuur aanneem en ook die motiewe daarrondom, tydens die
literatuurstudie ondersoek. 'n Verkennende studie is onderneem om die
behoeftes van ouers wat kinders vanuit 'n ander kultuur aanneem vas te stel,
asook om te bepaal watter vaardighede vir multikulturele-intervensie
maatskaplike werkers nodig het om multikulturele aannemings suksesvol te
fasiliteer. Die uiteindelike doel van die ondersoek was om riglyne vir
maatskaplike werkers tydens multikulturele aannemings te formuleer.
Die empiriese ondersoek was op ouers wat reeds kinders vanuit 'n ander kultuur
aangeneem het gerig en beperk tot die Wes-Kaap. Die resultate van die
empiriese ondersoek bevestig die navorser se aanname dat maatskaplike
werkers vaardighede vir multikulturele-intervensie moet bemeester vir die fasilitering van suksesvolle multikulturele aannemings en dat 'n kulturele
bewustheid onontbeerlik is.
Op grond van die ondersoek en resultate, is aanbevelings vir 'n beleidsraamwerk
ten opsigte van multikulturele aanneming geformuleer en riglyne en voorstelle vir
sodanige uitvoering van multikulturele intervensie en aanneming neergelê. Die
aanbevelings van hierdie ondersoek kan deur maatskaplike werkers en ouers
wat betrokke is by multikulturele aannemings en deur ander welsynsorganisasies
en maatskaplike werkers gebruik word.
|
39 |
'n Behuisingsopname van nie-blanke plaasarbeiders werksaam by 102 uitvoerdruiwe boere in die distrik PaarlKirsten, Annalene J. 12 1900 (has links)
Thesis (MA)--Stellenbosch University, 1953. / No Abstract Available
|
40 |
An ecological perspective of adolescents' need for support during pregnancyParker, Lorien 03 1900 (has links)
Thesis (M Social Work (Social Work))--University of Stellenbosch, 2011. / ENGLISH ABSTRACT: According to South African policy documents, social welfare services, health care providers
and schools should place special focus on supporting pregnant adolescents to avoid the
possible deleterious effects of early unplanned pregnancies. This implies that pregnant
adolescents require support, from multiple levels, in order to adjust positively to their
pregnancy so as to promote their well-being and the well-being of their unborn child.
This study explores and describes the support needs of pregnant adolescents in three lowincome
communities. This was done by examining the support that was currently available
and utilised by pregnant adolescents, as well as identifying areas that required improved
support. By adopting an ecological approach to the study, the need for support could be
investigated on multiple levels.
A combination of a quantitative and qualitative research approach was used in the study. The
study further assumed an exploratory and descriptive research design in order to provide a
detailed description of the phenomenon being studied, namely adolescent pregnancy. Data
was gathered by means of a semi-structured questionnaire, which was administered during an
individual interview. This allowed for data to be collected that was both measurable as well
as rich in description. The design of the semi-structured questionnaire was based on the
information obtained from the literature review.
The findings of the empirical investigation reveal that adolescents have limited knowledge of
formal support services, particularly social welfare services, support groups and health care
services, which results in poor utilisation of these services. Consequently, limited support is
attributed to these particular services.
The findings further indicate that informal sources of support, such as family, friends and
partners, were relatively supportive during the adolescent’s pregnancy. However, the
adolescents’ relationships with their parents and partners were particularly strained during the
pregnancy, especially the relationship with their father. Of significance is the finding that
fathers were considered those who offered the adolescents the least amount of support during
the pregnancy.
As a result of their pregnancy, the adolescents were stigmatised on multiple levels. There was
stigmatisation from their friends and peers at school, which had an impact on their social
adjustment. Stigma experienced at health care services led to chastising experiences, which
deterred the adolescents from utilising such services. Furthermore, pregnant adolescents are
stigmatised by their community, and the widespread judgement leads to increased tension and
apprehension when seeking formal and informal support.
The most important recommendations resulting from the study indicate that many resources
of support would be better utilised during pregnancy if adolescents had greater knowledge of
the support available to them. This is of particular significance with regard to social welfare
services, which play a key role in educating adolescents, their parents and the community
about sexuality, adolescent pregnancy and the significance of support.
In addition, the recommendations emphasise the importance of promoting and facilitating
peer education and support services, which could be of great value for pregnant adolescents.
Receiving support and education from peers can be highly effective, but also allows pregnant
adolescents to make a valuable contribution to other adolescents in similar situations. In
doing so, pregnant adolescents are empowered and encouraged, which is much needed in an
environment where they are typically shunned and branded as failures. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Volgens Suid-Afrikaanse beleidsdokumente moet maatskaplike welsynsdienste,
gesondheidsdiensteverskaffers sowel as skole ʼn spesiale fokus plaas op die ondersteuning
van swanger adolessente om sodoende die nadelige gevolge van vroeë, onbeplande
swangerskappe te beveg. Dit veronderstel dat swanger adolessente hulp benodig uit vele
vlakke ten einde ʼn positiewe aanpassing tot hulle swangerskap te maak om sodoende hulle
eie welstand en dié van hulle ongebore kind te bevorder.
Hierdie studie ondersoek en beskryf die ondersteuningsbehoeftes van swanger adolessente in
drie lae-inkomste gemeenskappe. Dit is gedoen deur die huidige ondersteuning wat wel
beskikbaar is en deur swanger adolessente gebruik is, te ondersoek, asook om aspekte te
identifiseer wat meer ondersteuning benodig. Deur die gebruik van ʼn ekologiese benadering
tot hierdie studie kon die behoefte aan ondersteuning dus op veelvoudige vlakke ondersoek
word.
ʼn Kombinasie van kwantitatiewe en kwalitatiewe navorsingsmetodes is in hierdie studie
gebruik. Die studie veronderstel verder ʼn verkennende en beskrywende navorsingsontwerp
om sodoende ʼn uitvoerige beskrywing van die verskynsel wat ondersoek word, naamlik
adolessente swangerskap, te verskaf. Data is ingevorder deur die gebruik van ʼn semigestruktureerde
vraelys wat tydens individuele onderhoude toegedien is. Dit het toegelaat dat
data ingevorder kon word wat beide meetbaar sowel as ryk in beskrywing was. Die ontwerp
van die semi-gestruktureerde vraelys is gebaseer op inligting verkry uit die literatuurstudie.
Die bevindinge vanuit die empiriese ondersoek dui daarop dat adolessente beperkte kennis
het oor die formele ondersteuningsdienste, veral maatskaplike welsynsdienste,
ondersteuningsgroepe en gesondheidsdienste, wat dan swak gebruik van bogenoemde dienste
tot gevolg het. Gevolglik word beperkte ondersteuning aan hierdie dienste toegeskryf.
Die bevindinge dui verder dat informele bronne van ondersteuning, soos familie, vriende en
metgeselle, relatief ondersteunend was tydens die adolessent se swangerskap. Nietemin was
die adolessente se verhoudings met hulle ouers en metgeselle besonder gespanne, veral dié
met hulle vaders. Van aansienlike belang was die bevinding dat veral vaders beskou is as dié
persone wat die minste ondersteuning tydens die swangerskap gebied het.
Daarbenewens word adolessente as gevolg van hulle swangerskap op veelvoudige vlakke
gestigmatiseer. Daar is stigmatisering deur vriende en portuurgroepe op skool, wat ’n impak
het op die adolessent se sosiale aanpassing. Stigmatisering deur gesondheidsdienste het gelei
tot tugtigingsondervindings wat die adolessente daarvan weerhou het om hierdie dienste te
gebruik. Verder word adolessente ook deur hulle gemeenskappe gestigmatiseer, waar die
algemene veroordeling lei tot verhoogde spanning en vrees wanneer hulle formele of
informele ondersteuning benodig.
Die belangrikste aanbevelings van hierdie studie, dui daarop dat vele bronne van
ondersteuning beter gebruik sou geword het tydens swangerskap indien die adolessente meer
kennis van die beskikbare ondersteuning gehad het. Dit is veral opmerklik ten opsigte van
maatskaplike welsynsdienste, wat ʼn vername rol speel in die opvoeding van adolessente,
hulle ouers en die gemeenskap aangaande seksualiteit, adolessente swangerskap en die
belangrikheid van ondersteuning.
Daarby benadruk die aanbevelings die belangrikheid van die bevordering en fasilitering van
portuurgroepopvoeding en ondersteuningsdienste, wat van groot waarde vir adolessente kan
wees. Om ondersteuning van portuurgroepe te ontvang, kan nie slegs hoogseffektief wees
nie, maar ook toelaat dat swanger adolessente ʼn positiewe bydrae aan ander adolessente kan
maak wat hulle in dieselfde situasie mag bevind. Sodoende word swanger adolessente
bemagtig en bemoedig, wat noodsaaklik is in ʼn omgewing waar hulle tipies vermy en as
mislukkings beskou word.
|
Page generated in 0.1656 seconds