Spelling suggestions: "subject:"detienne van heerden"" "subject:"detienne van abeerden""
1 |
'n Eiesoortige Afrikaanse magiese realisme na aanleiding van die werk van Andre P. Brink en Etienne van Heerden.Alberts, Maria Elizabeth 06 December 2007 (has links)
Various Afrikaans novels published since the late 1980s have been described as “magical realism”. In this dissertation the possibility is explored whether this magical realism is a uniquely Afrikaans mode or if it can be seen as merely an imitation of a South American mode. The term “magical realism”, the background and function of magical realism and the literary connotations associated with the mode are discussed. Comparisons are made between magical realism and its function in the literature of Latin America and West Africa. The Afrikaans novels are compared to texts from Latin America andWest Africa, focussing on the aim and function of magical realism in these Afrikaans novels in order to determine the likelihood of the existence of a “unique” variation of magical realism in Afrikaans. The influence of traditional Afrikaans folktales and oral narratives is explored against the backdrop of magical realism. The study also concentrates on the role of magical realistic texts in exploring the past in a postcolonial situation. The study aims to make a contribution to the approach to a growing body of texts in Afrikaans that are associated with magical realism. The study also examines the possible role played by magical realistic texts in forming identity within the context of a fast changing social and political order in South Africa. / Prof. Willie Burger
|
2 |
Die grens tussen lewe en dood : 'n studie van spookkarakters in die roman-oeuvre van Etienne van Heerden / Mariëtte van GraanVan Graan, Mariëtte January 2015 (has links)
Hierdie studie stel ondersoek in na die voorkoms en funksie van spookkarakters in die roman-oeuvre van Etienne van Heerden, een van Afrikaanse letterkunde se mees bekroonde skrywers. Die doel van hierdie studie is om vas te stel watter funksies die spookkarakters in onderskeidelik Toorberg (1986), Die Stoetmeester (1993) en Die swye van Mario Salviati (2000) vervul, en ook of die spookkarakters in hierdie romans ʼn groter funksie buiten dié in hul onderskeie tekste vervul wat nuwe lig kan werp op Etienne van Heerden se hantering van identiteit (ʼn tema wat deurlopend in sy oeuvre na vore kom). Die ondersoek word hoofsaaklik aan die hand van teks- en romananalise gedoen. Die spookkarakters in die betrokke romans word geklassifiseer aan die hand van teorie uit die paranormale wetenskap. Alhoewel die spookkarakters en die tersaaklike romans nie genregebonde gelees word nie, word teorie uit karakterstudies, identiteitstudies, spookstories, die Gotiese, die magiese realisme, die postkolonialisme, die historiese roman en liminaliteitsteorie in die bespreking betrek. Dit word geargumenteer dat die spookkarakters in Toorberg die prototipiese, manlike Afrikaneridentiteit vergestalt en dit deur middel van uitsluiting (eksklusiwiteit) in stand hou; dat die spookkarakter in Die Stoetmeester ʼn liminale figuur in ʼn liminale historiese tydperk vergestalt, en derhalwe ʼn liminale weergawe van Afrikaneridentiteit uitbeeld; en dat die spookkarakters in Die swye van Mario Salviati ʼn meer inklusiewe (Suid-)Afrikaanse identiteit uitbeeld deur identiteite in die Suid-Afrikaanse verlede wat voorheen misken is, in spesifieke spookkarakters te vergestalt. Deur die individuele spookkarakters as verteenwoordigend van groepsidentiteite te lees binne die bepaalde historiese konteks waarin die romans afspeel en gepubliseer is, word daar ten slotte aangevoer dat die spookkarakters in die roman-oeuvre van Etienne van Heerden ʼn evolusie van Afrikaner- na Suid-Afrikaanse identiteit uitbeeld. / PhD (Afrikaans and Dutch), North-West University, Potchefstroom Campus, 2015
|
3 |

4 |
Kamee - Die Vergestalting van skuld en vergifnis in 30 nagte in Amsterdam (Etienne Van Heerden)Hattingh, Roela January 2013 (has links)
Skuld en vergifnis is komplekse konstrukte wat deur die eeue in verskillende
religieuse, sosiologiese, psigologiese, wetlike en private sfere ontwikkel het
en steeds ontwikkel. Hierdie konstrukte word gesien as deel van die menslike
kondisie.
Hierdie mini-verhandeling lewer ’n ondersoekende literêre oorsig na die
ontwikkeling van die konstrukte skuld en vergifnis, met spesifieke verwysing
na:
• bestaande perspektiewe en post-strukturele teorieë aangaande skuld
en vergifnis;
• aspekte van skuld en vergifnis wat neerslag vind in die politieke,
sielkundige, sosiale, filosofiese en religieuse domeine;
• die metodiek en ritueel rondom die gee en ontvang van vergifnis.
Die navorsing stel voor dat skuld en vergifnis as ideologiese raamwerke kan
dien om die wêreld, samelewing en letterkunde te analiseer.
In die ontleding van die roman 30 nagte in Amsterdam, deur Etienne van
Heerden (2008), word aangetoon hoe aspekte van skuld en vergifnis verbeeld
word deur die gebruik van die volgende narratiewe struktuurelemente:
karakters en karakterisering, plot of intrige, verteller en perspektief, tyd en
ruimte. / Dissertation (MA)--University of Pretoria, 2013. / gm2014 / Afrikaans / unrestricted
|
5 |
Die spelende mens in KLIMTOL (Etienne van Heerden), AFSTANDE (Dan Sleigh) en SIRKUSBOERE (Sonja Loots) / (The playing person in KLIMTOL (Etienne van Heerden), AFSTANDE (Dan Sleigh) and SIRKUSBOERE (Sonja Loots))Viljoen, Elizabeth Susanna 12 1900 (has links)
Text in Afrikaans / Abstracts in Afrikaans, English and seSotho / Die ikoniese konsep van die spelende mens (homo ludens) - soos verwoord deur Johan
Huizinga – verkry opnuut trefkrag weens ʼn hedendaagse bekoring met virtuele spel. Nel
(2014; 2015a; 2015b), Burger (2013), Viljoen (2011; 2013), Anker (2011) en Barnes (2014)
bevind dat die eietydse fassinasie met ludieke spel uitdrukking vind in die narratiewe
struktuur van verskeie Afrikaanse literêre tekste.
Hierdie navorsingsverslag fokus op drie kritieke ontwikkelingsfases van spel: pre-Huizinga,
Huizinga en post-Huizinga. Rigtinggewende antieke Griekse spelkonsepte van Heraklitus en
Plato, waarop voortgebou is deur Huizinga (1949; 1951), asook die revisionistiese idees van
Caillois (1961) word benut as teoretiese steierwerk vir ʼn lesing van die literêre speldiskoers
in Klimtol (Van Heerden 2013); Afstande (Sleigh 2010) en Sirkusboere (Loots 2011). Die
beskrywing en interpretasie van spelmerkers lei daartoe dat nie net die narratiewe struktuur ín
die romans nie, maar ook die romans sélf, as vorm van kultuurskeppende spel beskou kan
word. / Due to contemporary fascination with virtual games, the seminal concept of the playing
person (homo ludens) − as articulated by Huizinga – has regained prominence. Nel (2014;
2015a; 2015b), Burger (2013), Viljoen (2011; 2013), Anker (2011) and Barnes (2014)
observe a preoccupation with ludics in the narrative structure of various Afrikaans literary
texts.
This report focuses on three critical developmental stages of play: pre-Huizinga, Huizinga
and post-Huizinga. Classic hypotheses by Heraclitus and Plato that manifested in Huizinga's
(1949; 1950) notions on the play-element in culture as well as revisionist ideas by Caillois
(1961) will be utilised as theoretical framework for an exploration of the ludic discourse in
Klimtol (Van Heerden 2013), Afstande (Sleigh 2010) and Sirkusboere (Loots 2011). The description and interpretation of various play markers signify that not only the narrative
structure of the novels, but the novels themselves, might be regarded as ludic play that shapes
culture. / Ka ntlha ya kgatlhego ya ga jaana ya metshamekopono, mogopolo wa boitshimololedi wa
motho yo o tshamekang (homo ludens) - jaaka o tlhalositswe ke Huizinga – o boetse o
botlhokwa. Nel (2014; 2015a; 2015b), Burger (2013), Viljoen (2011; 2013), Anker (2011) le
Barnes (2014) ba ela tlhoko metshamekwane ya popego ya puo mo dikwalong di le mmalwa
tsa Afrikaans.
Pegelo eno e totile dikgato di le tharo tsa botlhokwa tsa go gola ga motshameko: pele ga
Huizinga, ka nako ya Huizinga le morago ga Huizinga. Tiori ya tlelasiki ya ga Heraclitus le
Plato e e tlhageletseng mo megopolong ya ga Huizinga (1949; 1950) e e malebana le
elemente ya motshameko mo setsong gammogo le megopolo ya poeletso ya ga Caillois
(1961) di tlaa dirisiwa jaaka letlhomeso la tiori go sekaseka puisano e e ka ga
motshamekwane mo Klimtol (Van Heerden 2013), Afstande (Sleigh 2010) le Sirkusboere
(Loots 2011). Tlhaloso le thanolo ya batlhami ba ba farologaneng ba metshameko e bontsha
gore fa se fela popego ya kanelo ya dipadi e e bopang setso, mme dipadi ka botsona di ka
tsewa e le metshamekwana e e bopang setso. / Afrikaans and Theory of Literature / M.A. (Afrikaans)
|
Page generated in 0.0705 seconds