• Refine Query
  • Source
  • Publication year
  • to
  • Language
  • 2
  • 2
  • 1
  • Tagged with
  • 8
  • 7
  • 5
  • 5
  • 5
  • 4
  • 4
  • 4
  • 3
  • 3
  • 3
  • 3
  • 3
  • 3
  • 2
  • About
  • The Global ETD Search service is a free service for researchers to find electronic theses and dissertations. This service is provided by the Networked Digital Library of Theses and Dissertations.
    Our metadata is collected from universities around the world. If you manage a university/consortium/country archive and want to be added, details can be found on the NDLTD website.
1

'n Vergelykende kwalitatiewe beskrywing van die ontwikkelingstadia van Erik Erikson en Chakra-ontwikkeling (Afrikaans)

Smit, Jeanne 09 November 2004 (has links)
The aim of this study is to investigate the resemblance between the developmental stages and developmental tasks of the seven chakras (Judith, 1996) and Erik Erikson’s developmental theory (Bee, 1996). The researcher aims to describe the similarities between the chakra system and developmental psychology. The discussion of literature was divided into two components. Firstly, Stages 1-8 of Erikson’s developmental theory were discussed. Secondly, the chakra system was discussed. The researcher discussed the following concepts to explain the term chakra system: the human and the body; chakra definitions and associations, chakra names, and the colours associated with the chakras. For the purposes of this study, the functions of the separate chakras and the development of the chakra system were focal points. The study was done at a private yoga organisation in Durbanville, Cape Town, where the participants of the study regularly took part in classes. These participants were chosen because of their reliability (adults and regular participation) and their receptivity for alternative healing. Their age and gender was also relevant to the study, because the researcher used non-probability sampling. The main prerequisites for individuals to participate in the study were regular attendance and the individuals’ status as adults. / Dissertation (MA(Couns Psych))--University of Pretoria, 2005. / Psychology / unrestricted
2

'n Ondersoek na die veranderlike rol van die opvoedkundige tolk / Herculene Kotzé

Kotzé, Herculene January 2012 (has links)
Die rol wat die tolk vervul, is sentraal tot die sukses van die kommunikasie waarby sprekers van verskillende tale betrokke is. Professionele liggame en instellings vereis van ʼn tolk om tydens enige tolkgeleentheid aan etiese kodes en praktykstandaarde te voldoen. Hierdie etiese kodes en praktykstandaarde is rigtinggewend in dié opsig dat dit in ʼn mate voorskryf hoe die tolk sy rol moet benader en vervul. Wat egter opgesluit is in dergelike voorskrifte is die voortdurende ondersteuning van die sogenaamde ‘kanaal’-rol, waarin die tolk as onsigbare ‘masjien’ gesien word. Die uitdaging wat dus aan die tolk gestel word, is om binne sy moontlike unieke omgewing slegs volgens die voorskriftelike kanaal-rolbeskrywing te funksioneer. Wat in die literatuur oor die onderwerp bevind is, is dat die verwagtinge wat deur so ʼn voorskriftelike rolbeskrywing aan die tolk gestel word, nie noodwendig haalbaar is in die praktyk nie. In die lig hiervan bring hierdie studie die rol van die opvoedkundige tolk op die voorgrond. Gemeenskapstolking in die breë verwys na tolking wat alle sosiaal-geörienteerde tolking saamvat, insluitend tolking wat verband hou met opvoeding of opleiding. Hierdie studie ondersoek gemeenskapstolktipes om vas te stel wat die ooreenkomste en verskille tussen die onderskeie tipes gemeenskapstolking is, en bevind dat opvoedkundige tolking uniek van aard is en dus ʼn unieke benadering noodsaak. Dit sluit aan by Mullamaa (2006:25) se siening dat ʼn sosiale ommekeer in tolknavorsing plaasgevind het en dat daar tans ʼn groter bewustheid van die kompleksiteit van tolking gekweek word. Toury (1995:53) en Pym (2010) ondersteun hierdie siening en voer aan dat die taalpraktisyn homself as deel van die sosiale omstandighede van die kommunikasiegeleentheid moet kan handhaaf. Op ʼn teoretiese vlak is Toury (1995:55) se normkonsep ingespan omdat dit kontekssensitief is en die inherente sosiale dinamika waarbinne vertaal- en tolkpraktyke gevestig word, verreken. Geskoei op die teoretiese normmodelle van Toury (1995:55) en Shlesinger (1999:65-77), wat ʼn meganisme daarstel waardeur normatiewe gedrag en rolgedrag gemeet kan word, asook Niska (2002:137-138) se teoretiese tolkrolmodel wat aanvoer dat die gemeenskapstolk homself in ʼn piramiede van betrokkenheid bevind, is bestaande en nuutingesamelde data geanaliseer om vas te stel presies wat die dinamiek is wat verreken behoort te word in die omskrywing van die rol wat opvoedkundige tolk vervul.Daar is bevind dat ʼn definisie van die rol van die opvoedkundige tolk gevind kan word tussen dit wat van die opvoedkundige tolk verwag word en dit wat in die werklikheid geskied. Die studie het bewys dat die rol van die opvoedkundige tolk inderdaad veranderlik is, en dat die wending na ʼn meer sosiaal-dinamiese rolmodel vir tolking ook by die rolvervullingsmodel vir opvoedkundige tolking inpas. Die teorie wat geponeer word, is dat die opvoedkundige tolk homself deurgaans op ʼn dinamiese kontinuum van beweeglikheid bevind waarbinne hy verskeie rolle vervul na gelang die spesifieke behoeftes van die tolkgeleentheid. Aanbevelings word gemaak vir die implementering van ʼn model vir opvoedkundige tolkrolvervulling in Suid-Afrika, asook vir verdere navorsingsmoontlikhede ten opsigte van die tolkrolgesprek. / Thesis (PhD (Linguistics and Literary Theory))--North-West University, Potchefstroom Campus, 2012
3

4

Mentorskap as metode van menslikehulpbronontwikkeling : met spesiale verwysing na die toepassing daarvan binne die Nasionale Biblioteek van Suid-Afrika

Botha, Deonie Francesca 06 1900 (has links)
Text in Afrikaans / Summary in Afrikaans and English / Die Nasionale Biblioteek van Suid-Afrika ervaar 'n behoefte aan 'n metode van menslikehulpbronontwikkeling waarvolgens die vaardighede van werknemers ontwikkel kan word sodat die organisasie kan aanpas by plaaslike en globale veranderinge. Gestruktureerde mentorskap is vervolgens geidentifiseer as 'n geskikte metode om in die bestaande behoefte te voorsien, aangesien mentorskap se loopbaan- en psigo-sosiale funksies die ontwikkeling van die professionele en persoonlike vaardighede van die werknemer moontlik maak. Daarby is mentorskap nie net voordelig vir die betrokkenes nie, maar dit hou ook besliste voordele in vir die organisasie en die sektor waarbinne die organisasie werksaam is. Die suksesvolle toepassing van gestruktureerde mentorskap is egter daaraan onderhewig dat die kontekstuele omgewing waarbinne dit toegepas gaan word, geskik moet wees, en werknemers moet bereid wees om betrokke te raak by so 'n program. 'n Konseptuele raamwerk vir die bestudering van mentorskap soos opgestel deur David Marshall Hunt en Carol Michael is derhalwe aangepas om die verskynsel "mentorskap" deur middel van 'n verkennende literatuuroorsig te bestudeer. Die bevindinge van die literatuuroorsig word ondersteun deur 'n empiriese ondersoek van die geskiktheid van die Nasionale Biblioteek van Suid-Afrika as kontekstuele omgewing vir die toepassing van mentorskap en die bereidwilligheid van die werknemers van hierdie biblioteekorganisasie om betrokke te raak by die mentorskapproses. Die data wat ingesamel is, word ontleed en die gevolgtrekkings wat gemaak word oor bogenoemde twee vereistes vir die suksesvolle toepassing van mentorskap word uiteengesit. Die studie word afgesluit deur aanbevelings wat gemaak word oor aspekte van die toepassing van mentorskap wat verdere navorsing regverdig, maar wat nie binne die bestek van hierdie studie na behore aangespreek kon word nie. / Structured mentoring was identified as a method to develop the professional and personal skills of the employees of the National Library of South Africa in order to adjust to local and global changes. A conceptual framework for the study of mentoring, as developed by Hunt and Michael, was therefore critically adapted in order to investigate fully the phenomenon of "mentoring" by means of an exploratory literature review. The findings of the literature review are supported by an empirical survey to test the suitability of the National Library of South Africa as contextual environment for the application of mentoring, as well as the willingness of its employees to participate in mentoring. This culminated in an analysis and interpretation of the findings and formulation of conclusions regarding the two abovementioned requirements for the successful application of mentoring. The study ends with recommendations for further investigation into aspects of mentoring which could not be covered in this study. / Information Science / M. Inf.
5

6

Exploring the nature of South African translatorial prefaces

Meier, M. 02 1900 (has links)
Text has abstracts in English, Afrikaans and isiZulu / Translators give us access to texts written in other languages, yet they remain mostly invisible to us. The translator’s preface therefore becomes the most important paratext where their voices are heard and where the text is identified as a translation. Research on South African paratexts is scarce and the study contributes to filling this gap. The aim of this study was to explore the nature of South African translatorial prefaces by determining the characteristics, content and functions of the prefaces and describing how translators are visible in their prefaces. A qualitative study was done where Genette’s (1997) conceptual framework was fitted into the overarching theory of Descriptive Translation Studies, making use of thematic analysis as described by Braun and Clarke (2013) to analyse the data. The data consisted of 65 South African literary texts with translatorial prefaces, published between 1945 and 2016 in the official South African languages. The study found that South African translators are mostly invisible through the absence of translatorial prefaces, but when they do write prefaces, they become highly visible and write about a wide variety of topics that make their prefaces a rich documentary source of valuable information for readers, translation studies students and scholars. The study provides a foundation for further research on South African translatorial prefaces. Translatorial prefaces should be included in the curricula for Translation Studies students and in a multilingual country like South Africa, no translation should be without a preface. Translators are encouraged to write comprehensive prefaces that will increase their visibility and situate translations in the polysystem of South African literature. / Vertalers gee ons toegang tot tekste wat in ander tale geskryf is, maar tog bly hulle meestal onsigbaar vir ons. Die vertalersvoorwoord word dus die belangrikste teks waar hul stemme gehoor kan word en waar die teks as ’n vertaling geïdentifiseer kan word. Navorsing oor Suid-Afrikaanse parateks is skaars en die studie dra daartoe by om hierdie leemte te vul. Die doel van die studie was om die aard van Suid-Afrikaanse vertalersvoorwoorde te ondersoek deur die kenmerke, inhoud en funksies van die voorwoorde te bepaal en te beskryf hoe vertalers sigbaar is in hulle voorwoorde. ’n Kwalitatiewe studie is gedoen waar die konseptuele raamwerk van Genette (1997) in die oorkoepelende teorie van Beskrywende Vertaalstudies toegepas is, met behulp van tematiese analise soos beskryf deur Braun en Clarke (2013) om die data te ontleed. Die data bestaan uit 65 Suid-Afrikaanse letterkundige tekste met vertalersvoorwoorde, wat tussen 1945 en 2016 in die amptelike Suid-Afrikaanse landstale gepubliseer is. Die studie het bevind dat Suid-Afrikaanse vertalers hoofsaaklik onsigbaar is deur die afwesigheid van vertalersvoorwoorde, maar wanneer hulle wel voorwoorde skryf, word hulle hoogs sigbaar en skryf hulle oor ’n wye verskeidenheid van onderwerpe wat hul voorwoorde ’n ryk dokumentêre bron van inligting vir lesers, studente in vertaalstudies en vakkundiges maak. Die studie bied ’n basis vir verdere navorsing oor Suid-Afrikaanse vertalersvoorwoorde. Vertalersvoorwoorde behoort opgeneem te word in die kurrikula van vertaalstudie studente en in ’n veeltalige land soos Suid-Afrika behoort geen vertaling sonder ’n vertalersvoorwoord te wees nie. Vertalers word aangemoedig om omvattende voorwoorde te skryf wat hul sigbaarheid sal verbeter en hul vertalings in die polisisteem van Suid-Afrikaanse letterkunde sal plaas. / Abaguquli beelwimi basenza sikwazi ukufikelela kwiimbalo ezifumaneka ngezinye iilwimi, kodwa bahlala befihlakele kuthi. Iimbulambethe zabaguli zilwimi ngoko ke ziba yingcaciso ebaluleke kakhulu ethi ibaveze ivakalise amazwi abo, kwaye yenza iimbalo ezo zibe nokuphawulwa okanye zichazwe njengeenguqulelo. Uphando malunga neembulambethe okanye iingabulazigcawu eMzantsi Afrika lunqabile kungoko olu phando lunegalelo ekuvaleni esi sikhewu. Injongo yolu phando kukuphonononga ubume beembulambethe zeenguqulelo ezifumaneka eMzantsi Afrika ngokufumanisa iimpawu zazo, umxholo kunye nemisebenzi yeembulambethe, kwakunye nokuchaza indlela abazibonakalisa ngayo abaguquli kwiimbulambethe zabo. Kwenziwe uphando lohlobo oluchazayo (qualitative), apho kuysetyenziswe inkqubosikhokelo yengqiqo kaGenette (1997) ndawonye nethiyori esisikhokelo yeziFundo zoGuqulo loLwimi eziChazayo (Descriptive Translation Studies), nolusebenzisa uhlahlelo lwethematiki njengoko luchaziwe nguBraun noClarke (2013) ekuhlalutyeni idatha. Idatha iqulathe iimbalo zoncwadi ezingama-65 zaseMzantsi Afrika ezineembulambethe zeenguqulelo ezapapashwa phakathi konyaka ka-1945 no-2016 ngeelwimi ezisemthethweni eMzantsi Afrika. Olu phando lufumanise ukuba abaguquli beelwimi ikakhulu, ababonakali ngenxa yokungabikho kweembulambethe zezi nguqulelo, kodwa xa bathe bazibhala iimbulambethe, bayabonakala kakhulu kunjalonje batsho babhale ngenqwaba yezihloko ezahlukeneyo nezenza iimbulambethe zabo zibe ngamaxwebhu angoovimba abaqulethe ubutyebi bolwazi olubalulekileyo kubafundi zincwadi, abafundi bezifundo zoguqulo kunye nezifundiswa. Olu phando lwakha isiseko solunye uphando olunokwenziwa ngeembulambethe zeenguqulelo zaseMzantsi Afrika. Ngolu phando kuhlatyw’ ikhwelo lokuba iimbulambethe zeenguqulelo zibe yinxalenye yekharityhulam yabafundi beziFundo zoGuqulo kananjalo, kwilizwe elineelwimi ngeelwimi njengoMzantsi Afrika, makungabikho nguqulelo ingenambulambethe. Abaguquli bayakhuthazwa ukuba babhale iimbulambethe ezityebileyo eziya kubatyhila ngakumbi babonakale kubafundi neziya kubeka iinguqulelo kwisixokelelwano soluhlu loncwadi lwaseMzantsi Afrika. / Linguistics and Modern Languages / M.A. (Linguistics)
7

Bemagtiging van SAPD maatskaplike werkers deur die ondersteuningsfunksie in supervisie: `n sterkteperspektief / The empowerment of SAPS social workers through the supportive functions in supervision : a strenght perspective

Goliath, Brian Athur 30 November 2004 (has links)
Text in Afrikaans / The purpose of this research study is to determine how Police Social Workers experience the supportive function in supervision, and how they can be empowered through the strenghts perspective. The respondents were fifteen (15) Police Social Workers in the Western Cape. The findings of the empirical study proved that Police Social Workers also experience the profession to be stressful in nature. The respondents do have inherent strenghts, that can be utilised optimally during supervision, to enhance service delivery to their different client systems. It is recommended that all SAPS social workers be exposed to supervision / consultation, as a stress management mechanism. SAPS supervisors must be empowered, eg. Inservice training, to develop an effective supervion programme. / Die doel van die navorsing is om vas te stel hoe Polisie Maatskaplike Werkers die ondersteuningsfunksie in supervisie ervaar, en hoe hulle bemagtig kan word deur die sterkteperspektief. Die respondente was vyftien (15) maatskaplike werkers indiens van die SAPD in die Wes Kaap. Die empiriese studie het getoon dat Polisie Maatskaplike Werkers ook die professie as stresvol ervaar. Die respondente beskik almal oor inherente sterkpunte en vaardighede, wat optimaal benut kan word tydens supervisie om sodoende 'n effektiewe diens aan hul onderskeie klientsisteme te lewer. Daar word aanbeveel dat alle SAPD maatskaplike werkers aan supervisie / konsultasie blootgestel word, en dat supervisie / konsultasie as 'n streshanteringsmeganisme benut moet word. SAPD supervisors moet ook bemagtig word, deur byvoorbeeld indiensopleiding, om 'n effektiewe supervisie program te ontwikel. / Social work / M.Diac. (Social Work)
8

Page generated in 0.0616 seconds