• Refine Query
  • Source
  • Publication year
  • to
  • Language
  • 9
  • 8
  • 3
  • 2
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • Tagged with
  • 34
  • 18
  • 18
  • 17
  • 15
  • 13
  • 13
  • 13
  • 11
  • 10
  • 9
  • 8
  • 7
  • 6
  • 6
  • About
  • The Global ETD Search service is a free service for researchers to find electronic theses and dissertations. This service is provided by the Networked Digital Library of Theses and Dissertations.
    Our metadata is collected from universities around the world. If you manage a university/consortium/country archive and want to be added, details can be found on the NDLTD website.
31

Die lewe en werk van Evert Philippus Groenewald in kerkhistoriese perspektief

Terblanche, Sarel Stefanus. 06 1900 (has links)
Summaries in English And Afrikaans / Text in Afrikaans / The biography focused on the life and work of Evert Philippus Groenewald in church historical perspective within the context of the twentieth century. It endeavoured to make a contribution to a period in the history of the Dutch Reformed Church (DRC) against the background of strife in matters related to the church, politics and other areas. Groenewald taught New Testament subjects as professor at the Faculty of Theology (Section 8 - DRC) at the University of Pretoria for 33 years. As one of the first four professors of the new Faculty of Theology he helped to lay a sound foundation. He served as dean of the Faculty for 21 years (1948 - 1969). As administrator and lecturer he played an important role in the establishment, recognition and development of the Faculty. He was a born exegete, the Nestor of New Testament science in SA. He is regarded as a great theologian and the doyen of New Testament research and exegesis in SA. As writer of Afrikaans theological literature Groenewald undeniably fulfilled the role of a pioneer. This was recognised by the award of the Stals-prize for Theology to him, the first time in history. Apart from this he received four honourary doctorates and various other important awards. He made an important contribution to Bible translation and translatory science. As church and cultural leader he strove to find solutions for the problems of his church and people. He made a significant contribution in the ecumenical field. Apartheid was given its biblical foundation by Groenewald during the forties. His intention was to stimulate thought in the search for a solution to the serious racial problem. Further facets of Groenewald's work await research in order to paint a representative theological portrait of him. / Die studie fokus op die lewe en werk van Evert Philippus Groenewald in kerkhistoriese perspektief binne die konteks van die twintigste eeu. Die klem het op die periode tussen die dertiger- en tagtigerjare geval. Daar is gepoog om 'n bydrae te lewer tot 'n tydperk in die geskiedenis van die NGK teen die agtergrond van die stryd wat op vele gebiede gevoer is. Die invloed van vroom ouers, 'n aantal ingrypende gebeurtenisse in sy lewe en die eise van die tyd het hom ge·inspireer. Hy was kind en teoloog van sy tyd, egter ook van sy kerk. Wat hy verwoord het was deel van die NGK se Calvinistiese en gereformeerde historiese erfenis en die NGK se beleid. Hy het sy eie teologiese stempel egter ongetwyfeld daarop afgedruk. Hy onderrig vir 33 jaar (1938 tot 1970) Nuwe Testamentiese vakke as professor aan die Teofogiese Fakulteit (Afd 8) van UP. As een van die eerste vier professore help hy om 'n stewige grondslag te le. Hy was vir 21 jaar (1948-1969) dekaan van die Fakulteit. In 1970 het hy geemeriteer. Hy het nie die akademie as sy enigste roeping beskou nie. Hy het sy kerk, volk en die gemeenskap gedien. Na sy aftrede lewer hy sy belangrikste bydraes tot Bybelvertaling, die NAV (gepubliseer in 1983), en die vertaalwetenskap. Hy het wat sy lewenstaak betref sy belangrikste bydrae as dosent gelewer. As administrateur het hy die Fakulteit help vestig en uitbou. Hy was 'n gebore eksegeet, die Nestor van die Nuwe Testamentiese wetenskap in SA. Hy word beskou as 'n belangrike teoloog, die doyen van die Nuwe Testamentiese navorsing en eksegese in SA. Die tradisie van die N T eksegese wat hy in die beoefening van die teologie gevestig het, kan as sy heel belangrikste bydrae beskou word. Hy word ook as volksteoloog getipeer. As skrywer het Groenewald 'n pioniersrol vervul vanwee sy groot bydrae tot die ontluikende Afrikaanse teologiese literatuur. Hy het die prestasie behaal dat die Stals-prys vir Teologie, die eerste keer in die geskiedenis, aan horn toegeken is. Hy is met vier eredoktorsgrade en verskeie ander belangrike toekennings vereer. As kerk- en kultuurleier het Groenewald se bekwaamhede sterk na vore gekom. Hy het die behoeftes van sy kerk en volk raakgesien en horn beywer om oplossings vir die ingewikkelde vraagstukke te vind. Die NGK, UP, vele instansies en die Staat het gebruik gemaak van sy talente. Apartheid is in die veertigerjare deur hom Bybels fundeer. Sy bedoeling was om teologiese denke te stimuleer in die soeke na 'n oplossing vir die ernstige rassevraagstuk. Hy het apartheid as teologies-praktiese oplossing aangebied. Hy het na 'n eerlike oplossing binne die destydse konteks gesoek wat regverdig teenoor die nieblanke sou wees en van die blanke groot offers sou vra. Die wyse waarop apartheid algaande toegepas is, het meegebring dat daar afgewyk is van wat Groenewald in 1947 beoog het. Dit het in 'n ideologiese monster ontaard wat groot pyn en lyding veroorsaak het. Groenewald was een van 'n klein aantal kerkfigure wat met hul dade in die twintigste eeu van stryd en worsteling die Suid-Afrikaanse kerkgeskiedenis verryk het. Sy bydrae is deur hierdie proefskrif slegs ten dele ontgin en verdere fasette van sy werk wag om nagevors te word ten einde uiteindelik 'n omvattende teologiese portret van hom te skilder. / Christian Spirituality, Church History and Missiology / Th. D. (Church History)
32

Salomo syn oue goudfelde : op die spoor van die retorika in die Afrikaanse romankuns

Van Zyl, Dorothea Petronella 11 1900 (has links)
Text in Afrikaans / Hoewel die retorika bykans 26 eeue oud is, word die relevansie daarvan vir ons eie tyd toenemend besef - as 'n sleutel tot die wyse waarop mense dinkargumenteer en oorreed. Hierdie studie ondersoek retoriese (oorredende) strategiee in Afrikaanse historiese romantekste, binne 'n historiese konteks en teen die agtergrond van eietydse historiografiese insigte. Die aspekte van die kommunikasiesituasie wat saamhang met die retorika, word verbind met die vernuwende denke daaroor binne die hedendaagse literatuurteorie en historiografie. Die konteks van die outeur en roman word telkens bestudeer, gevolg deur 'n retoriese analise. Aristoteles se idees oor die retorika kry hierby voorrang, vanwee sy nadruk op die inventio of vinding, maar die retorika word eerder geassosieer met 'n dinamiese metode as met rigiede kategorisering. Aandag word veral bestee aan retoriese strategies in S.J. du Toit se Di koningin fan Skeba (1898) en Andre P. Brink se Houd-den-bek (1982), maar ook aan resente historiese romans wat hedendaagse historiografiese en retoriese opvattinge en konvensies ontgin en problematiseer. Beide S.J. du Toit, wat kennelik 'n goeie kennis van die antieke retorika gehad het en Andre P. Brink, met sy romanonderwerp wat aansluit by die geregtelike rede, betree die retoriese terrain op sodanige wyse dat hul romans tipiese produkte van hul eie tyd genoem kan word. Beide die geskiedskrywing en die historiese roman is gemedieerde weergawes, gekenmerk deur 'n subjektiewe seleksie (inventio) van gegewens en die kombinasie daarvan binne eie verbale strukture (dispositio). Dit kan in verband gebring word met nie-tegniese oorredingsmiddele, waar die sender sy informasie van buite kry. Hy gebruik dan sogenaamde empiries-verifieerbare feite as retoriese strategie ten einde 'n waarheids- en I of werklikheidsillusie te skep wat bydra tot die roman se oorredingsskrag. Die keuse vir die skryf van 'n historiese roman, impliseer reeds ook 'n keuse vir die bakens van die geskiedskrywing, maar 'n skeppende skrywer is, anders as 'n historikus, eties vry om nie-tegniese bewysmiddele te transformeer tot tegniese bewysmiddele, in aanpassing by 'n nuutgeskepte argumentatio en 'n eie causa. Na aanleiding van die tekste kom die ontvanger op sy beurt tot 'n eie seleksie en skep sy eie kousale en argumentatiewe strukture / While rhetoric has been part of the history of mankind for nearly 26 centuries, it is increasingly regarded as extremely relevant for our time - as a key to the way in which people think, argue and persuade. This study investigates rhetorical (persuasive) strategies in Afrikaans historical novels. The novels and their authors are first situated in their historical contexts and against the background of contemporary historiographical inquiry, and then analyzed by means of rhetorical concepts. Aspects of communication, which coincide with rhetorical categories, are combined with recent developments in the field of literary theory and historiography. Aristotle's views on persuasion and rhetoric are used as point of departure, but rhetoric is regarded as a dynamic method rather than a rigid categorization. Attention is given to rhetorical strategies in the novel Di konlngin fan Skeba [The queen of Sheba] by S.J. du Toit (1898) and Andre P. Brink's Houd-denbek [translated into English by the author as A chain of voices], but also to recent Afrikaans historical novels which exploit contemporary historiographical and rhetorical conventions. In S.J. du Toit's novel (which illustrates his knowledge of ancient rhetoric) as well as Andre P. Brink's (where the topic can be linked to litigation) rhetorical strategies are employed in such a manner that their texts can be regarded as products of their historical contexts. Both historiography and historical novels are mediated representations, characterized by a subjective selection (inventio) of data and its combination in verbal structures (dispositio). This can be related to 'extrinsic' or 'inartificial' proofs, which are not contrived by the author. The author exploits the so-called empirically verifiable facts as rhetorical strategies to create an illusion of truth or verisimilitude, which greatly contributes to the persuasiveness of the novel. The decision to write a historical novel implies a choice to keep to the historical 'facts', but the writer, in contrast to the historiographer, is ethically free to transform the inartificial proofs into artificial proofs, in combination with his own invented argumentatio and causa. Prompted by these texts the reader, in his turn, makes his own selection and creates his own causal and argumentative structures / Afrikaans and Theory of Literature / D. Litt. et Phil. (Afrikaans)
33

Soziale Netzwerke im frühen Christentum nach der Darstellung in Apg 1-12 / Social networks in Early Christianity in Acts 1-12

Dörpinghaus, Jens 03 1900 (has links)
Text in German with summaries in German and English / Includes bibliographical references (leaves 197-211) / Biblical studies in New Testament are generating considerable interest in the investigation of historical groups, for example by using prosopographic approaches. This thesis presents a new approach to reconstruct the early Christian network in Acts 1-12. We consider the social network analyses (SNA), critical spatiality and Proximal Point Analyses (PPA). Although these approaches show interesting results, they suffer from a global distance measure. Thus, we introduce a novel approach combining SNA and critical spatiality to analyse geographic and social distances. This method represents a valuable alternative to traditional theological tools for answering exegetical questions concerning the social network in Acts 1-12 offering ways for re-thinking and re-interpretation. The network represents the first fulfillment of the promise given in Acts 1:8. Moreover, it allows us to distinguish between protagonists and their influence. Using different distance measurements, we were not only able to describe the high level of solidarity in this network but could also find strong evidences for Peter, Philip and Barnabas being key figures. Acts 1-12 describes mission as led by God and performed by different people with Jerusalem as the centre of activity. This mission is both peripheral and open to people with diverse social, religious and geographic backgrounds. In the novel network of people belonging to the body of Christ human leadership is not important. It was not possible to apply this method to all exegetical questions due to the fact that there are only limited historic sources available. / In der neutestamentlichen Wissenschaft wurden verschiedene Methoden wie die Prosopographie zur Erforschung bestimmter Personenkreise verwendet. Diese Arbeit beschäftigt sich mit der Rekonstruktion des frühchristlichen sozialen Netzwerks nach der Darstellung in Apg 1-12. Dazu wird die Methode der sozialen Netzwerkanalyse (SNA), der critical spatiality sowie die Proximal Point Analyse (PPA) verwendet. Dabei werden die methodischen Ansätze von verschiedenen historischen Netzwerkanalysen zusammengetragen und durch eine Verknüpfung von SNA und critical spatiality eine einheitliche Herangehensweise hergeleitet, die auch geographische wie soziale Distanzen darstellen kann. Dabei finden sich in Apg 1-12 sowohl exegetische Fragestellungen, auf die diese Methode aufgrund der schlechten Quellenlage nicht angewendet werden kann, als auch Fragestellungen, die mit dieser Methode unter neuen Gesichtspunkten interpretiert werden kann. So lässt sich im rekonstruierten Netzwerk von Apg 1-12 der erste Abschnitt der Erfüllung der Verheißung aus Apg 1,8 erkennen. Außerdem hilft die SNA, die einzelnen Akteure und ihr Handeln in der Apg besser zu würdigen. So ist ein eigenes Kapitel nicht nur Petrus, sondern auch Philippus und Barnabas gewidmet. Apg 1-12 stellt eine Mission dar, deren alleiniger Urheber Gott ist und die von verschiedensten Menschen mit der Stadt Jerusalem als Zentrum überwiegend dezentral und offen für verschiedene soziale, religiöse und geographische Hintergründe ausgeführt wird. Sie zeichnet ein besonderes Bild vom urchristlichen sozialen Netzwerk, das wenig menschliche Leitung beinhaltet und sich qualitativ unterscheidet. Die Analyse mit verschiedenen Zentralitätsmaßen zeigt ebenfalls die starke Verbundenheit der urchristlichen Gemeinschaft und den signifikanten Beitrag mehrerer Personen / New Testament / M. Th. (New Testament)
34

Outo-etnografie, apologie en belydenis in outobiografieë van Elsa Joubert, André P. Brink en Koos Kombuis

Rothmann, Jan-Ben 02 1900 (has links)
Text in Afrikaans / ’n Merkbare opbloei in die publikasie van literêre niefiksietekste wêreldwyd het gelei tot die klassifikasie van sodanige tekste as ’n vierde genre. Die politieke oorgang in Suid-Afrika in 1994 het gelei tot ’n soortgelyke toename in outobiografiese tekste waarin kommentaar gelewer word op die Suid-Afrikaanse politieke werklikheid deur die vertel van sowel persoonlike as kollektiewe geskiedenisse. Daymond en Visagie (2012) identifiseer outo-etnografie, apologie en belydenis as kenmerke van die Suid-Afrikaanse outobiografie ná 1994. In hierdie navorsingsverslag word enkele resente skrywersoutobiografieë van onderskeidelik Elsa Joubert (’n Wonderlike geweld: jeugherinneringe (2005); Reisiger (2009)), André P. Brink (’n Vurk in die pad (2009)) en Koos Kombuis (Seks & drugs & boeremusiek: die memoirs van ‘n volksverraaier (2000); Die tyd van die Kombi’s: ‘n persoonlike blik op die Afrikaanse rock-rebellie (2009)) gemeet aan die kriteria wat deur Daymond en Visagie voorgestel word. Die beskrywing en interpretasie van verskeie outo-etnografiese merkers lei daartoe dat hierdie outobiografieë as ’n vorm van kulturele introspeksie beskou kan word. / A marked proliferation in the publication of literary nonfiction globally led to the classification of such texts as a fourth genre. The political transition in South Africa in 1994 caused a similar increase in autobiographical texts in which commentary is offered on the South African political reality through the telling of both personal and collective histories. Daymond and Visagie (2012) identify autoethnography, apologia and confession as characteristics of post-1994 South African autobiographies. In this research report some contemporary writers’ autobiographies, respectively those of Elsa Joubert (’n Wonderlike geweld: jeugherinneringe (2005); Reisiger (2009)), André P. Brink (’n Vurkin die pad (2009)) and Koos Kombuis (Seks & drugs & boeremusiek: die memoirs van ‘n volksverraaier (2000); Die tyd van die Kombi’s: ‘n persoonlike blik op die Afrikaanse rock-rebellie (2009)) are evaluated using the criteria proposed by Daymond and Visagie. The description and interpretation of various autoethnographical markers confirm that these autobiographies can be considered a form of cultural introspection. / Afrikaans and Theory of Literature / M.A. (Afrikaans)

Page generated in 0.0334 seconds