Spelling suggestions: "subject:"etheses -- distory"" "subject:"etheses -- 1ristory""
141 |
Die invloed van 'n historiese ontwikkelingspatroon op hedendaagse wetgewing en grondhervorming : die wet op landelike gebiede (Wet 9 van 1987) en sy historiese problemeBoonzaaier, Igor Quinton 12 1900 (has links)
Thesis (MA)--Stellenbosch University, 2001. / ENGLISH ABSTRACT: Nobody can deny the need which prevails among black South Africans of gaining
access to land. In South Africa, just like elsewhere, the land issue plays an equally
important role to economic and political issues. However, the land issue is much
more emotional, and has the potential to unleash forces which could impact
negatively on the economy and the political situation.
Bearing this in mind, the ANC-government placed the issue of land reform on the
national agenda after assuming power in 1994. Within the broad framework of the
program provision is made for previously disadvantaged people to be given access
to agricultural land. However, the focus on new entrants to the agricultural sector
diverts the attention somewhat from the fact that there are people and groupings
who were also disadvantaged under apartheid, but who have had a degree of
access to land.
This study focuses on the 23 so-called Rural Areas which are scattered over four
provinces (Western Cape, Northern Cape, Eastern Cape and the Free State) and
which are administered in terms of the Rural Areas Act, Act 9 of 1987. Since the
study is no more than an overview, a synopsis is given of contributing factors
which relate to the origins of each of the areas. Of importance is the role which
was played by missionary societies and others in establishing these communities.
The mam focus of the study is the manner in which the Rural Areas were
administered. Reference is made to relevant legislation since 1909, and
specifically to Act 9 of 1987. The importance thereof lies in the fact that the
existence and continued application of the Act has particular constitutional
implications. Furthermore, the Minster of Land Affairs, who is responsible for the
implementation of the land reform program, is the (unwilling) trustee of these areas. Apart from the fact that trusteeship recalls paternalism of years gone by, the
South African reality also necessitated reflection on the existence of Act 9.
The rest of the study discusses the consultation process undertaken by the
department of Land Affairs with the communities concerned, and the writing of
legislation to replace Act 9. The Transformation of Certain Rural Areas Act, Act
94 of 1998, will replace Act 9 when certain conditions mentioned therein, have
been met. The Act will end trusteeship and ensure that the communities receive
ownership of their land. This will be a movement towards the ideal of the land
reform process of giving access to land to all inhabitants of the country. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Niemand kan die behoefte aan toegang tot grond ontken wat onder swart Suid-
Afrikaners heers nie. Nes elders, speel die grondkwessie in Suid-Afrika 'n ewe
belangrike rol as ekonomiese en politieke kwessies. Die grondkwessie is egter baie
meer emosioneel, met die potensiaal om kragte los te laat wat nadelig op die
ekonomie en politiek kan inwerk.
Gedagtig hieraan het die ANC-regering na bewindsaanvaarding in 1994
grondhervorming op die nasionale agenda geplaas deur 'n
grondhervormingsprogram van stapel te stuur. Binne die breë raamwerk van die
program is onder andere ruimte geskep vir die verlening van toegang tot
landbougrond aan voorheen benadeeldes. Dié klem op "nuwe toetreders" tot
landbou trek egter 'n mens se aandag af van die feit dat daar ander persone en
groeperinge bestaan wat ook deur apartheid benadeel is, maar wat wel 'n mate van
toegang tot grond gehad het.
Hiedie studie fokus op die 23 sogenaamde Landelike Gebiede wat oor vier
provinsies (Wes-Kaap, Noord-Kaap, Oos-Kaap en Vrystaat) van die land versprei
is, en wat ingevolge die Wet op Landelike Gebiede, Wet 9 van 1987,
geadministreer word. Weens die oorsigtelike aard van die studie word slegs 'n
sinopsis gegee van bydraende faktore wat relevant is tot die spesifieke
ontstaansgeskiedenis van elk van die gebiede. Veral van belang hier is die rol wat
sendinggenootskappe en andere gespeel het in die totstandkoming van
gemeenskappe.
Daar word in hoofsaak gekyk na die manier waarop die Landelike Gebiede met
verloop van tyd geadministreer is. Hier word verwys na die relevante wetgewing
sedert 1909, met spesifieke verwysing na Wet 9 van 1987. Die belang hiervan lê in die feit dat die voortbestaan en voortgesette toepassing van die Wet bepaalde
grondwetlike implikasies inhou. Daarmee saam die feit dat die Minister van
Grondsake, wat verantwoordelik IS vir die implementering van die
grondhervormingsprogram, die (onwillige) trustee is van die Landelike Gebiede.
Benewens die feit dat trusteeskap sterk herinner aan die paternalisme van die
verlede, het die nuwe Suid-Afrikaanse werklikheid vereis dat herbesin word oor
die voortbestaan van Wet 9.
Die res van die studie bespreek die konsultasieproses van die departement van
Grondsake met die betrokke gemeenskappe, en die skryf van wetgewing om Wet 9
te vervang. Die Wet op die Transformasie van Sekere Landelike Gebiede, Wet 94
van 1998 sal Wet 9 vervang wanneer aan sekere vereistes voldoen word. Die Wet
het ten doelom trusteeskap te beëindig en te verseker dat die betrokke
gemeenskappe seggenskap oor hul grond verkry. Sodoende sal nader beweeg word
aan die ideaal van die grondhervormingsproses, naamlik die verskaffing van vrye
toegang tot grond aan alle inwoners van die land.
|
142 |
'n Ondersoek na die bewarenswaardigheid van die Elandsvlei-gebouekompleksVan Zyl, Annemarie 04 1900 (has links)
Thesis (MA)--Stellenbosch University, 2003. / ENGLISH ABSTRACT: The farm Elandsvlei, situated approximately halfway between the towns Ceres and
Calvinia in the Ceres-Karoo, was originally the eighteenth-century pioneer farm
Elandsdrift. The farm initially had a number of owners in quick succession, after which
Barend Lubbe received it as loan farm. His family grew rapidly and his son Frans
eventually received Elandsdrift. Frans' daughter Johanna Adriana married Jacobus Petrus
Hough, the son of a poor tailor who came to the Cape as a soldier of the DEIC and
became a free burgher some years later. This was the first in a series of marriages
between Lubbe women and Hough men and the result was that Elandsdrift, later to
become Elandsvlei, became Hough property. Elandsvlei became an important centre for
the community of the Ceres-Karoo. Among other things, the farm had a school and even
a postal agency.
The buildings on pioneer farms during the eighteenth century were generally very simple
and primitive due to the circumstances under which the farmers were scraping together a
living. A century later the situation has changed and the farmers were becoming more
settled. Approximately in the period between 1830 and 1890 a number of interesting
buildings were erected on Elandsvlei. Some of these were built with gracious Cape Dutch
gables from the outset while others had gables added on at a later stage, so that the farm
currently boasts a unique collection of buildings in the Cape Dutch style. The most
important buildings were documented as part of this study by means of description,
architectural drawings and photographs.
Some buildings on the farm have already disappeared completely while others are in
various stages of decay, mostly due to the fact that they are not utilised any more. It is
essential that measures be taken immediately to save these buildings. Complete
restoration is not called for seeing that, especially in the current financial climate, it is a
problem to secure the necessary finances. The farm is already running a successful
tourism business and it will be possible to incorporate the restored buildings into this
business in a meaningful way. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Die plaas Elandsvlei, geleë halfpad tussen Ceres en Calvinia in die Ceres-Karoo, het sy
ontstaan in die middel van die agtiende eeu gehad as die pioniersplaas Elandsdrift. Na 'n
aantal eienaars mekaar redelik vinnig opgevolg het, het Barend Lubbe die plaas as
leningsplaas ontvang. Sy familie het snel uitgebrei en sy seun Frans het Elandsdrift
ontvang. Frans se dogter Johanna Adriana is getroud met Jacobus Petrus Hough, die seun
van 'n arm kleremaker wat as soldaat van die vac na die Kaap gekom het en slegs 'n
paar jaar later vryburger geword het. Dit was die eerste van 'n reeks huwelike tussen
Lubbe-vroue en Hough-mans, en die uiteinde was dat Elandsdrift, later Elandsvlei, in
Hough-besit oorgegaan het. Elandsvlei het mettertyd 'n belangrike gemeenskapsentrum in
die Ceres-Karoo geword en daar was selfs 'n skool en posagentskap op die plaas.
Die geboue op die pioniersplase gedurende die agtiende eeu was oor die algemeen baie
eenvoudig en primitief weens die omstandighede waaronder die pionierboere 'n bestaan
moes maak. 'n Eeu later het die situasie egter verander en die boere was al meer gevestig.
In die periode tussen ongeveer 1830 en 1890 is daar 'n aantal besondere geboue op
Elandsvlei opgerig. Sommige geboue is van meet af aan met sierlike Kaaps-Hollandse
gewels gebou terwyl ander later gewels bygekry het, sodat daar tans 'n unieke
versameling geboue in die Kaaps-Hollandse styl op die plaas staan. Die belangrikste
geboue is deur middel van hierdie studie so volledig moontlik gedokumenteer deur
beskrywings, argitekstekeninge en foto's.
'n Aantal van die geboue op die plaas het alreeds vergaan en andere is in verskeie stadia
van verval, hoofsaaklik as gevolg van die feit dat dit nie meer benut word nie. Dit is
noodsaaklik dat opknappingswerk onmiddellik aangepak word om die geboue te red.
Volledige restourasie is nie nodig nie aangesien dit veral in die huidige tydsgewrig
problematies is om die nodige fmansies te bekom. Daar bestaan alreeds 'n toerismebedryf
op die plaas en dit sal moontlik wees om die opgeknapte geboue sinvol by die bestaande
bedryf in te sluit.
|
143 |
Sarah Goldblatt : letterkundige administratrise van C.J. LangenhovenVan Zyl, Leonie 04 1900 (has links)
Thesis (MA)--Stellenbosch University, 2003. / ENGLISH ABSTRACT: In 1932 the well-known Afrikaans writer and politician, C.J. Langenhoven,
died in Oudtshoorn in his home, Arbeidsgenot. In his testament he appointed
Sarah Goldblatt as the person responsible for the administration of his literary
works. Sarah, a Jewish woman, immigrated to the Cape together with her
family in 1897. The aim of this research was to find the possible reasons why
Langenhoven chose an English speaking Jewish woman as his administrator.
Jews were not accepted with open arms into the South African community,
especially not Jews from Eastern Europe, the area where Sarah and her
family came from. Anti-semitic feelings amongst the Afriaans population were
especially strong during the thirties and forties. It was during this time, in
1932, that Sarah received the job as administrator.
The period of research stretches from 1889 to 1975, from Sarah's birth to her
death. A look is taken at the changing South African attitude towards Jews
during Sarah's life. The role and position of the Afrikanerwomen during this
time is also investigated. Oudtshoorn, the town in which Langenhoven lived
and where the friendship between him and Sarah started, will also be put
under the spotlight. Many Jews settled in this town and played an active part
in the Oudtshoorn community.
Not only the South African attitude towards Jews and women will be
discussed, but also Langenhoven's and Sarah's personal perspectives on
these subjects. Both their friendship and work relationship will be discussed.
Their philosophy of life and their relationship will cast light on the reasons why
Langenhoven finally decided to appoint Sarah as the administrator of his
literary works.
Sarah's greatest achievements were directly involved with Langenhoven.
Opinions differ about the influence Sarah had on the way the South African
community saw Langenhoven. The work as administrator for the literary works was not all Sarah did. Therefore a review on Sarah's contribution to the
Afrikaans language and culture is also provided. / AFRIKAANSE OPSOMMING: In 1932 is die bekende Afrikaanse skrywer en politikus, C.J. Langenhoven, op
Oudtshoorn in sy huis Arbeidsgenot oorlewe. In sy testament het hy vir Sarah
Goldblatt as administratrise van sy letterkundige nalatenskap aangewys.
Sarah, 'n Joodse vrou, het in 1897 saam met haar gesin na die Kaap
geïmmigreer en die in die studie word ondersoek ingestel na die redes
waarom Langenhoven hierdie vrou as sy administratrise aangewys het.
Suid-Afrika het nie altyd die Jode met ope arms ontvang nie, veral nie Jode
vanuit Oos-Europa, die gebied waarvan Sarah en haar gesin afkomstig was,
nie. Spesifiek gedurende die dertiger- en veertigerjare was daar 'n sterk antisemitiese
gevoelonder Afrikanergeledere teenwoordig. Dit was juis in 1932
wat Sarah die taak as administratrise opgelê is.
Die tydperk waarna daar gekyk word is breedweg vanaf 1889 tot 1975, Sarah
se lewensjare. Op hierdie manier word daar na die veranderende Suid-
Afrikaanse houding teenoor Jode gekyk gedurende Sarah se lewe. Daar word
ook na die rol en posisie van die Afrikanervrou gekyk om dieselfde rede
gekyk. Oudtshoorn, die dorp waarop Langenhoven homself gevestig het en
waar sy en Sarah se vriendskap begin het word onder die soeklik geplaas. 'n
Groot getal Jode het hulleself in die dorp gevestig en hulle het 'n daadwerklike
impak op die Oudtshoornse gemeenskap uitgeoefen. Hierdie ondersoek is
nodig om te sien waarom dit so vreemd was vir In Joodse vrou en In Afrikaner
man, om so In spesiale vriendskap te kon deel.
Nie alleen die Suid-Afrikaanse houding teenoor die Jood en die vrou word
ondersoek nie, maar daar word ook na Langenhoven en Sarah se onderskeie
houdings teenoor die sake gekyk. Beide hulle werks- en
vriendskapsverhouding word ondersoek. Altwee se lewensuitkyk en hulle
verhouding werp lig op die redes waarom Langenhoven uiteindelik sou besluit
om Sarah as sy administratrise aan te stel. Sarah se grootste werk hou verband met Langenhoven. Opinies verskiloor
die uitwerking wat sy op sy nagedagtenis gehad het. Haar werk as
administratrise was egter nie al wat Sarah verrig het nie. 'n Oorsig oor Sarah
se bydraes tot die Afrikaner taal en kultuur word dus ook blootgelê.
|
144 |
Die kerklike werksaamhede van Abraham FaureHeyns, H. A 12 1900 (has links)
Thesis (MA) -- Stellenbosch University, 1946. / No Abstract Availble
|
145 |
Die geskiedenis van die wingerdkultuur in Suid-Afrika tydens die eerste eeu 1652-1752Janse van Rensburg, Jacobus Ignatius 03 1900 (has links)
Thesis (MA)--Stellenbosch University, 1930. / VOORWOORD: Gedurende die voltooiing van hierdie ondersoek het dit al hoe meer geblyk dat werke oor die geskiedenis van die Wingerdkultuur in Suit-Afrika maar baie skaar is: enkele artiekels het in verskillende blaaie en boeke hulle verskyning gemaak, maar sulke stukkies is blykbaar bloot bedoel gewees om in die verbeaan 'n bietjie interessante leesstof aan te bied. Van 'n grondige ondersoek vandie saak kan daar op hirdie stadium dus nog geen sprake wees nie. Nogtans is so 'n studie van belang daar die wingerdkultuur - naas die koringbou - sedert die vestiging vandie volksplanting aan die Kaap 'n geensins geringe rol in die landbou-bedrywighede gespeel nie.
|
146 |
Die geskiedenis van wynbou en wynhandel in die Kaapkolonie, 1753-1795Jooste, G. J. (Gideon Jacobus) 12 1900 (has links)
Thesis (MA) -- Stellenbosch University, 1973. / See item for full text.
|
147 |
'n Ondersoek na die bewarenswaardigheid van die Kaaps-Hollandse herlewingstyl-geboue in GeorgeStander, Okert Petrus Jakobus 03 1900 (has links)
Thesis (MA)--University of Stellenbosch, 2011. / ENGLISH ABSTRACT: George is considered the capital of the Southern Cape and is situated in the Western Cape
Province of South Africa. It has a very mild climate and the region receives above average
rainfall. Centuries ago several Khoi tribes were present in this area and the first Europeans
settled here around the middle of the 18th century. After the foundation of the town of
George in 1811 more people moved to this region. Khoi, and later coloured people, lived at
the Pacaltsdorp Mission station.
Initially the town developed very slowly and it was only after 1920 that growth accelerated.
With regard to architecture, the Cape Dutch Revival style started appearing since 1900, but
it was only from 1920 onwards that many new buildings were erected in this style. Up untill
then architecture reflected the successive styles current during the 19th century. However
very few of these buildings survived in George.
The Cape Dutch architectural style that was used until the late 19th century in the rural
areas, was the first indigenous South African style that revived. This revival was initiated by
sir Herbert Baker, and after 1910 it was applied increasingly by other architects. Several
characteristics of the Cape Dutch style were incorporated in the Revival Style, but the
eclectic approach of the style resulted in a variety of styles being represented. In other
towns of the Southern Cape and Little Karroo the same trends appeared, putting the
architecture of George in perspective.
In South Africa the theories on conservation are not applied satisfactorily. In George
specifically there are no attempts by local authorities to conserve the architectural heritage
systematically and judiciously. Some local conservation bodies have attempted to create
awareness, but had little success. As the Cape Dutch Revival style is the oldest style of
which a number of buildings are still in existence, it is from a conservational point of view of
the utmost importance that they are being cared for in a circumspect way. / AFRIKAANSE OPSOMMING: George word beskou as die hoofstad van die Suid-Kaap en is geleë in die Wes-Kaap Provinsie van Suid-Afrika. Die klimaat is gematigd en die streek kry 'n bogemiddelde reënval. Verskeie Khoi-stamme is reeds eeue gelede in hierdie streek aangetref en die blanke
vestiging het rondom die middel van die 18de eeu begin. Na die stigting van George in 1811
het meer mense daarheen getrek. Van die bruin gemeenskap het by die sendingstasie in
Pacaltsdorp saamgetrek.
Die dorp het aanvanklik baie stadig gegroei en eers sedert 1920 het die ontwikkeling
vinniger toegeneem. Sedert 1900 het die Kaaps-Hollandse Herlewingstyl in die argitektuur
posgevat, maar dit was veral na 1920 dat baie van die nuwe geboue in die styl opgerig is.
Tot op daardie stadium is daar gebou in die opeenvolgende style wat in die 19de eeu
kontemporêr was. Van hierdie geboue het baie min in George oorgebly.
Die Kaaps-Hollandse boustyl wat tot in die laat 19de eeu nog op die platteland toegepas is,
was die eerste Suid-Afrikaanse inheemse styl wat herleef het. Die herlewing is in die 1890's
geïnisieer deur sir Herbert Baker, en na 1910 is dit toenemend deur ander argitekte
aangewend. Verskeie kenmerke van die Kaaps-Hollandse styl is in die Herlewingstyl
opgeneem, maar die eklektiese benadering by laasgenoemde het tot gevolg gehad dat 'n
groot verskeidenheid style daarin verteenwoordig word. Ander dorpe in die Suid-Kaap en
Klein-Karoo het dieselfde tendense geopenbaar, wat die argitektuur van George in
perspektief plaas.
Die teorie van bewaring word in Suid-Afrika nog nie goed toegepas op erfenis nie. In George
spesifiek is daar van owerheidsweë geen pogings om die geboue-erfenis sistematies en
oordeelkundig te bewaar nie. Enkele bewaringsorganisasies wend pogings tot bewusmaking
aan, maar het nog min sukses gehad. Omdat die Kaaps-Hollandse Herlewingstyl die oudste
styl is waarvan daar nog 'n groep geboue in George behoue gebly het, is dit noodsaaklik dat
daar uit 'n bewaringsoogpunt in die toekoms met groot omsigtigheid daarna omgesien word.
|
148 |
A socio-environmental history of water in the Karoo c.1762-2012, with specific focus on Prince Albert and WillistonKruger, Nina 03 1900 (has links)
Thesis (MA)--Stellenbosch University, 2013. / ENGLISH ABSTRACT: This study examines the history of water in two small Karoo towns. The main argument of
the thesis is that the availability of and access to water has played influential roles in the
development of Williston and Prince Albert. The ambitions of this thesis are three-fold:
firstly, the approach is socio-environmental history and therefore it provides insight into the
environmental as well as the social history of the resource in each region. It consciously
reflects on the notion of power and explores the manner in which access to water was
racialised by authorities in each town. Secondly, this thesis provides insight into the
technological and legislative water supply and development of sanitation at both settlements,
which is outlined in a broader national development to contextualise the local trajectories.
Thirdly, through personal narratives it offers an ethnographic analysis of mind-sets such as
fatalism and hopefulness in the face of extreme climatic conditions are examined. The
experiences of the socially marginalised and underrepresented are intended to challenge the
whiggish celebration of anthropogenic ascendancy over nature in the historiography. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Hierdie studie ondersoek die geskiedenis van water in twee klein Karoo dorpies. The hoof
argument van die tesis is dat die beskikbaarheid van en toegang tot water bepalende rolle
gespeel het in die ontwikkeling van Williston en Prins Albeit. Die doelstellings van hierdie
tesis is drievoudig: eerstens, is die benadering sosio-omgewingsgeskiedenis en verskaf dit dus
insig oor die omgewings- sowel as die sosiale geskiedenis van hierdie natuurlike hulpbron in
elke streek. Hierdie werk weerspieel doelbewus die idee van mag en ondersoek die wyse
waarop toegang tot water deur die dorpsowerhede rasbevooroordeeld was. Tweedens, verskaf
hierdie tesis insig oor die water toevoer en die ontwikkeling van sanitere geriewe in beide
nedersettings, waama die plaaslike ontwikkeling gesien word binne ' n breer nasionale
konteks. Derdens word daar deur middel van persoonlike vertellings gekyk na die opkoms
van etnografiese ingesteldhede soos fatalisme en hoop wanneer uiterste klimaatstoestande in
die gesig gestaar word. Die ervannge van die sosiaal gemarginaliseerde en die
onderverteenwoordigde groepe word uitgelig ten einde die liberate viering van
antropogeniese dorninasie oor die natuur uit te daag.
|
149 |
Representing history through film with reference to the documentary film Captor and Captive : perspectives on a 1978 Border War incidentJooste, Rina 12 1900 (has links)
Thesis (MA)-- Stellenbosch University, 2013. / ENGLISH ABSTRACT: This dissertation is supplementing a documentary film entitled Captor and Captive – the
story of Danger Ashipala and Johan van der Mescht (2010), referred to as Captor and
Captive, with a duration of 52-minutes. The film follows the story of two soldiers caught
up in the disorganized machine of war. Johan van der Mescht, a South African Defence
Force (SADF) soldier was captured in 1978 by Danger Ashipala, a South West Africa
People’s Organisation (SWAPO) guerilla fighting for Namibian independence. Van der
Mescht was held as a prisoner of war (POW) in Angola before being exchanged for a
Russian spy, Aleksei Koslov, at Checkpoint Charlie in Berlin in 1982.
The main focus of the dissertation is to provide an analysis of representing history
through film, with reference to Captor and Captive. It explores the manner in which
history can be represented through the medium of film and add value to historical text, as
well as historical text adding value to film, and how the two mediums can supplement
each other. In this instance, Captor and Captive was produced first and the research
conducted was used to inform the dissertation. It briefly discusses the history of
documentary film within South Africa; the reality of producing documentary films
reflecting on Captor and Captive and the theoretical principles involved in the craft of
documentary filmmaking.
The dissertation further provides details of the capture of Van der Mescht and his
experience as a POW in Angola, against the backdrop of the Border War that waged
between 1966 and 1989 in South West Africa (SWA) and Angola. The political
landscape and various forces at work within southern Africa during the period of Van der
Mescht’s capture are discussed. It also provides detail of the role of Van der Mescht’s
captor Ashipala, and the liberation movement SWAPO. With independence in 1990,
South West Africa became Namibia and will be referred to as such for the purpose of the
dissertation. Mention will be made of other POWs during the Border War, providing a
brief comparative analysis of their respective experiences. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Die verhandeling is aanvullend tot die dokumentêre rolprent Captor and Captive – the
story of Danger Ashipala and Johan van der Mescht (2010). Die rolprent het ‘n 52-
minute speeltyd, en daar word daarna verwys as Captor and Captive. Dit handel oor twee
soldate wat vasgevang is in die chaos van oorlog. Johan van der Mescht, lid van die Suid
Afrikaanse Weermag, is in 1978 gevange geneem deur Danger Ashipala, lid van die
Namibiese bevrydingsorganisasie SWAPO. Van der Mescht is as ‘n krygsgevangene in
Angola aangehou, en 1982 uitgeruil vir ‘n Russiese spioen, Aleksei Koslov. Die
uitruiling het by Checkpoint Charlie in Berlyn plaasgevind.
Die verhandeling gee hoofsaaklik ‘n uiteensetting van die manier waarop geskiedenis
aangebied word deur die visuele rolprentmedium, met verwysing na Captor and Captive.
Die wyse waarop ‘n rolprent waarde kan toevoeg tot historiese teks, en hoe historiese
teks op sy beurt weer waarde kan toevoeg tot ‘n rolprent word ondersoek, asook die wyse
waarop die twee mediums mekaar kan aanvul. Captor and Captive is vervaardig voor die
verhandeling aangepak is, en die navorsing is gebruik ter aanvulling van die
verhandeling. Verder word die agtergrond en geskiedenis van dokumentêre rolprente in
Suid Afrika kortliks bespreek; die realiteite rondom die vervaardiging van dokumentêre
rolprente, met verwysing na Captor and Captive, en teoretiese aspekte betrokke by die
vervaardiging daarvan.
Die verhandeling verskaf inligting omtrent die gevangeneming van Van der Mescht en sy
ondervinding as ‘n krygsgevangene in Angola. Dit word geskets teen die agtergrond van
die Grensoorlog (1966 tot 1989) in Suidwes Afrika en Angola. Die politieke omgewing
en groeperinge binne Suider Afrika gedurende Van der Mescht se gevangenisskap word
bespreek. Verder word inligting oor Ashipala, wat verantwoordelik was vir Van der
Mescht se gevangeneming bespreek. Die bevrydingsorganisasie SWAPO, waarvan hy ‘n
lid was, word ook bespreek. Suidwes Afrika verander sy naam met
onafhanklikheidswording in 1990 na Namibiё, en vir die doel van die verhandeling word
daar na Namibiё verwys. Daar word melding gemaak van ander krygsgevangenes
gedurende die tydperk van die Grensoorlog, en ‘n vergelyking tussen die ondervindinge
van die onderskeie krygsgevangenes word kortliks ondersoek.
|
150 |
Hunting and power : class, race and privilege in the Eastern Cape and the Transvaal Lowveld, c. 1880-1905Gess, David Wolfgang 04 1900 (has links)
Thesis (MA)--Stellenbosch University, 2014. / ENGLISH ABSTRACT: This dissertation examines the identity of hunters, sportsmen and their associated communities in
two diverse regions of southern Africa during the last two decades of the nineteenth and the first
decade of the twentieth centuries. It argues that this was a critical period during which new patterns
of hunting and local tradition were created. In the eastern Cape districts of Albany, Fort Beaufort
and Bathurst kudu and buffalo were hunted pursuant to permits granted in terms of the Game Act,
1886. An analysis of the identity of those to whom these permits were granted or refused provides
insights into power, connection and influence amongst the English-speaking colonial elite of the
region who sought to control the right to hunt “royal game”. It also reveals their interaction with
civil servants who exercised the power to grant or withhold the privilege. Kudu were transferred
from public to private ownership, through a process of “privatization” and “commodification” on
enclosed private land, and there preserved for sporting purposes by the local rural gentry. The
survival – and even growth – in numbers of kudu in the region was achieved in these private spaces.
Buffalo, on the other hand, were hunted into local extinction notwithstanding their protection as
“royal game”. In the north-eastern Transvaal Lowveld wild animals in public ownership were
hunted by a wide variety of hunters with competing interests. The identity of the “lost” Lowveld
hunters, previously hidden from history, including an important but overlooked component of elite
recreational hunters from the eastern Cape, is explored as a window into the history of hunting in
the region prior to the establishment of game reserves. Both the identity and networks of these
hunters and sportsmen are considered in the context of enduring concerns about race, class, gender and the exercise of power. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Hierdie tesis ondersoek die identiteit van die jagters, sportmanne en die gepaardgaande
gemeenskappe in twee verskillende streke van Suider-Afrika gedurende die laaste twee dekades van
die negentiende en die eerste dekade van die twintigste eeu. Dit voer aan dat hierdie 'n kritieke
tydperk was waartydens nuwe patrone van jag en plaaslike tradisie geskep is. In die Oos-Kaapse
distrikte van Albany, Fort Beaufort en Bathurst is die jag op koedoes en buffels toegelaat op grond
van permitte toegestaan in terme van die Wild Wet, 1886. Die ontleding van die identiteit van
diegene aan wie hierdie permitte toegestaan of geweier was, bied insae oor die uitoefening van mag,
verhoudings en invloed onder die Engelssprekende koloniale elite van die streek, wat probeer het
om beheer uit te oefen oor die jag van die “koninklike wild”. Dit openbaar ook hul interaksie met
staatsamptenare wat hulle magte gebruik het om permitte uit te ruik of te weerhou. Eienaarskap van
koedoes was oorgedra vanaf openbare na privaat besit, deur 'n proses van "privatisering " en
"kommodifikasie" op geslote private grond, met die verstandhouding dat dit vir sport – doeleindes
deur die plaaslike landelike burger gebruik kon word. Die oorlewing – en selfs groei – in die getal
koedoes in die streek is behaal in die private besit. Buffels, aan die ander kant, is tot plaaslike
uitwissing gejag ondanks hul beskerming as "koninklike wild". In die Noord-Oos Transvaalse
Laeveld is wilde diere in openbare besit gejag deur 'n wye verskeidenheid van jagters met
mededingende belange. Die identiteit van die "verlore" Laeveld jagters, voorheen verborge in die
geskiedenis, wat 'n belangrike maar oor die hoof verwaarloosde komponent van elite rekreasionele
jagters van die Oos-Kaap insluit, word ondersoek as 'n venster op die geskiedenis van jag in die
streek voor die totstandkoming van wildreservate. Beide die identiteit en netwerke van hierdie
jagters en sportmanne word beskou in die konteks van blywende belangstelling met ras, klas, geslag
en die uitoefening van mag.
|
Page generated in 0.0599 seconds