• Refine Query
  • Source
  • Publication year
  • to
  • Language
  • 16
  • 14
  • 5
  • 1
  • Tagged with
  • 36
  • 36
  • 25
  • 25
  • 18
  • 17
  • 16
  • 15
  • 14
  • 8
  • 6
  • 5
  • 4
  • 4
  • 4
  • About
  • The Global ETD Search service is a free service for researchers to find electronic theses and dissertations. This service is provided by the Networked Digital Library of Theses and Dissertations.
    Our metadata is collected from universities around the world. If you manage a university/consortium/country archive and want to be added, details can be found on the NDLTD website.
31

Die effek van die afstudering van MBA-studente op owerheidsbefondsing

Cilliers, Johann J. 12 1900 (has links)
Thesis (MBA)--Stellenbosch University, 2001. / ENGLISH ABSTRACT: The theme of this study is an investigation of the financing issues of Universities, with specific reference to the Graduate School of Business of the University of Stellenbosch. The goal of the study is to determine what influence the successful or non-successful completion of studies at the Management School have on the subsidies that the University of Stellenbosch, and therefor the Business School, receive from the state. The following critical factors influence the University's revenue from subsidies. Firstly, time plays a role. It is a fact that when a student is successful in obtaining a degree within the minimum period or longer, or not al all, this directly influences the funding of the University, and therefor also that of the specific department, because each cost unit at University and Faculty level is directly influenced by the number of enrolled students who successfully complete their credits. The principles of the subsidising of instruction inputs and outputs causes that it is more important for the university that students attain their specific credits and therefor their degrees in the minimum prescribed period of time, rather than eventually attaining their degrees. If a student enroll for a number of credits in a specific year, but he does not attain those credits that year, it means that the university will effectively only receive half of the normal subsidy amount, because subsidy will not be calculated for the next year for success. The second factor is the demographic profile of students. Because of the entry of previously disadvantaged communities, and their bigger demand and need for training, there will in future be more and more pressure on the funding principles and the subsidies that universities receive from the government. This will force universities to find ways to support students, and encourage them to attain their degrees within the prescribed time frame, without compromising standards. The third factor is that the central government does not pay the subsidies that it should pay in terms of the so-called subsidy formula. These factors make it imperative that enrolled students should attain their degrees as soon as possible. This study focuses therefor on the so-called subsidy formula and how the success ratio of MBA-students impact on the financing of current expenditure of the Business School of the University of Stellenbosch. In order to make recommendations on which actions the Business School needs to take in the light of successful completion of studies, the following work method was followed. Various personnel of the Administrative Department of the University of Stellenbosch (US), as well as the Business School of the University of Stellenbosch (USB), was interviewed to determine how the formula is used within the framework of the University, as well as to obtain information and statistics on the study patterns of students of the USB. A study was conducted of previous, the current and future funding formulae. Personal interviews were conducted with people at the Management School of the University of Potchefstroom to compare their MBA-course with that of the USB. The most important finding of this study is that Universities should do everything in their power to ensure that students successfully obtain their course credits within the prescribed minimum period, as the subsidy payable for non-successful students are half of that payable for successful students. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Die tema van hierdie studie is 'n ondersoek na die finansieringsvraagstukke van universiteite, met spesifieke verwysing na die Bestuurskool van die Universiteit van Stellenbosch. Die doelwit van die studie is om te bepaal watter invloed die afstudering of nie-afstudering van studente aan die Bestuurskool (USB) het op die subsidie wat die Universiteit van Stellenbosch, en uiteindelik die Bestuurskool, van die Staat ontvang. Die volgende kritieke faktore beïnvloed die Universiteit se inkomste uit subsidies. Eerstens speel tyd 'n rol. Dit is 'n feit dat indien 'n student suksesvol binne die minimum tydperk of langer afstudeer, of glad nie, dit 'n direkte invloed op die befondsing van die Universteit, en uiteindelik die befondsing van die departement het, omdat elke koste-eenheid op Universiteits- en Fakulteitsvlak direk geraak word deur die getal ingeskrewe studente wat hulle krediete suksesvol voltooi. Die beginsels ten opsigte van die subsidiëring van instruksie-insette en -uitsette veroorsaak dat dit belangriker is vir die universiteit dat studente hulle spesifieke krediete en dus hulle grade binne die voorgeskrewe minimum periode moet behaal, eerder as dat hulle uiteindelik grade moet behaal. Indien 'n student inskryf vir 'n aantal krediete in 'n sekere jaar, maar nie in daardie jaar sy krediete behaal nie, beteken dit dat hy effektief net die helfte van sy normale subsidiebedrag vir die universiteit beteken, aangesien daar vir die volgende jaar nie weer subsidie bereken kan word ten opsigte van sukses nie. Die tweede faktor is die demografiese profiel van studente. Die toetrede van die voorheen agtergeblewe gemeenskappe, en hulle groter eise en behoefte aan opleiding, veroorsaak dat daar in die toekoms meer en meer druk op die befondsingsbeginsels en die subsidie wat universiteite van die staat ontvang, gaan wees. Dit sal universiteite noodsaak om wyses te vind om studente te ondersteun en aan te moedig om hulle grade binne die voorgeskrewe tyd te behaal, sonder om standaarde te verlaag. Die derde faktor is dat die sentrale regering vir die afgelope paar jaar al, nie die volle subsidies betaal wat hy behoort te betaal ingevolge die sogenaamde subsidieformules nie. Hierdie faktore noodsaak dit dat ingeskrewe studente dus so vinnig as moontlik moet afstudeer. Die studie fokus derhalwe op die sogenaamde subsidieformule en hoe die suksesratio van MBA-studente impakteer op die finansiering van lopende uitgawes van die Bestuurskool van die Universiteit van Stellenbosch. Ten einde aanbevelings te maak oor watter optredes die Bestuurskool in die lig van suksesvolle afstudering behoort te neem, is die volgende werkswyse gevolg. Onderhoude is gevoer met verskeie persone verbonde aan die Administratiewe Departement van die Universiteit van Stellenbosch (US), sowel as die Bestuurskool van die Universiteit van Stellenbosch (USB), om te bepaal hoe die formule binne die raamwerk van die Universiteit toegepas word, asook om inligting te opsigte van die afstuderingstendense van studente aan die USB te bekom. Daar is 'n studie gedoen ten opsigte van vorige, die huidige en toekomstige subsidieformules. Die respondent het ook onderhoude gevoer met persone verbonde aan die Bestuurskool van die Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys om vergelykings te tref tussen hulle MBA-program en die van die USB. Die belangrikste bevindings van hierdie studie is dat Universiteite alles in hulle vermoë moet doen om te verseker dat studente hulle kursuskrediete op tyd suksesvol voltooi, aangesien die subsidie betaalbaar ten opsigte van nie suksesvolle studente die helfte beloop van die subsidie wat betaal sal word vir 'n suksesvolle student.
32

Possible contributors to students’ non-completion of the postgraduate nursing diploma at Stellenbosch University

Essa, Ilhaam 12 1900 (has links)
Research report (MPhil (Curriculum Studies))--University of Stellenbosch, 2010. / Bibliography / ENGLISH ABSTRACT: In this research report I have argued that postgraduate student retention and completion rates in nursing education can be enhanced by attending to the following actions: increased institutional support, initiating students into an ethics of care, and engaging students and lecturers in some form of dialogical communication. In order to ensure that students do not prematurely depart from their programme of study, I have shown that it is not sufficient to offer merely institutional (mostly administrative) support to students, but also cultivating caring and dialogical communication in teaching and learning activities. My argument in defence of caring and dialogical communication is corroborated by an empirical investigation which confirms students’ non-completion and retention in the non-clinical postgraduate nursing education programmes offered by Stellenbosch University’s Nursing Division in 2008. / AFRIKAANSE OPSOMMING: In hierdie navorsingsverslag het ek geargumenteer dat die nagraadse studentebehoud- en voltooiingkoerse in verpleegonderwys versnel kan word deur aandag aan die volgende aksies te skenk: toenemende institusionele ondersteuning, inisi¸ring van ’n etiek van omgee ten opsigte van studente en die betrokkenheid van studente en dosente in ’n vorm van dialogiese kommunikasie. Om te verhoed dat studente nie voortydig die studieprogram verlaat nie, het ek aangedui dat dit nie voldoende is om slegs institusionele (meesal administratiewe) ondersteuning aan studente te verskaf nie, maar ook om ’n kultuur te skep van omgee en dialogiese kommunikasie in onderrig- en leeraktiwiteite. My argument ter stawing van omgee en dialogiese kommunikasie word ondersteun deur ‘n empiriese ondersoek van studente se nie-voltooiings- en retensiekoerse in die nie-kliniese nagraadse onderwysprogramme wat deur Universiteit Stellenbosch se Verpleegkunde-afdeling in 2008 aangebied is.
33

Developing a conceptual model for transformation at the South African Military Academy : the Ubuntu approach

Theletsane, Kula Ishmael 12 1900 (has links)
Thesis (MMil)--University of Stellenbosch, 2007. / ENGLISH ABSTRACT: The initial conceptual framework for transformation proposes the context (why), the content (what), and the process (how) as three dimensions of transformation that are always present. A distinction is made between external and internal triggers of transformation, and information is provided on the challenges posed by, among others, the knowledge society, globalisation, and changing market conditions that require companies to become learning organisations staffed by empowered knowledge workers. Literature study on transformation clearly shows that transformation brings about change. There are different models on transformation and this shows that there are different approaches to transformation. Ubuntu should be introduced as a way forward for the South African Military Academy (SAMA) to deal with transformation issues. Ubuntu is more concern about the wellbeing of the people and their morale during and after transformation has been implemented. Subsequently, a conceptual model for transformation is proposed in which generic elements of the “why”, “what”, and “how” dimensions are included. The SAMA model is developed to fit the scope of a conceptual model, and to be in line with what is generally proposed in the literature for organisations that want to transform in order to become market leaders and enhance long-term goals. Conclusions drawn from the ongoing SAMA transformation process are that its aims and principles are not in line with what appears to be required in creating an innovative learning organisation. With regard to the “how” of transformation, it is found that improvement is still needed to the processes to change attitudes, mindsets, and styles on the part of managers as well as employees that might inhibit empowerment and stifle creativity and innovation. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Die aanvanklike konseptuele raamwerk vir transformasie stel die konteks (waarom), die inhoud (wat) en die proses (hoe) voor as drie dimensies van transformasie wat altyd teenwoordig is. Daar word ‘n onderskeid getref tussen eksterne en interne aanleidende oorsake van transformasie, en inligting word voorsien oor die uitdagings wat voortspruit uit, onder andere, die kennissamelewing, globalisering, en veranderende marktoestande wat vereis dat maatskappye leerorganisasies word met ‘n personeel van bemagtigde kenniswerkers. Uit ‘n literatuurstudie oor transformasie is dit duidelik dat transformasie verandering teweegbring. Daar is verskillende modelle van transformasie en dit toon dat daar uiteenlopende benaderings tot transformasie bestaan. Ubuntu moet ingestel word as ‘n manier waarop die Suid-Afrikaanse Militêre Akademie (SAMA) voortaan transformasie kan hanteer. Ubuntu is meer besorg oor die welstand van die mense en hulle moreel terwyl en nadat transformasie geïmplementeer is. Daar word dus ‘n transformasiemodel voorgestel waarin generiese elemente van die “waarom”-, “wat”- en “hoe”-dimensie ingesluit word. Die SAMA-model word ontwikkel om dieselfde omvang te hê as ‘n konseptuele model, en om ooreen te stem met wat algemeen in die literatuur voorgestel word vir organisasies wat wil transformeer om sodoende markleiers te word en langtermyndoelwitte te bevorder. Gevolgtrekkings wat voortspruit uit die voortgesette SAMA-transformasieproses is dat die doelwitte en beginsels nie ooreenstem met wat skynbaar vereis word om ‘n vernuwende leerorganisasie te skep nie. Ten opsigte van die “hoe” van transformasie, word bevind dat verbetering nodig is voor die prosesse verandering gaan meebring aan houdings, ingesteldhede en styl, by bestuurders sowel as werknemers, wat tans nog bemagtiging beperk en kreatiwiteit en vernuwing onderdruk.
34

Sosiale aanpassings van studente met gestremdhede aan die Stellenbosch Universiteit

Koch, Christa 12 1900 (has links)
Bibliography / Thesis (MEdPsych (Educational Psychology))--University of Stellenbosch, 2010. / ENGLISH ABSTRACT: The year 1994 is seen as a significant year in South Africa. The new democratic dispensation contributed to the education system, including higher education, by presenting it with new demands and challenges. Higher education institutions have been encouraged to include individuals representing groups that have been excluded on the grounds of age, gender and disabilities. Inclusive education is encouraged with the ultimate goal of attaining inclusion in society as a whole. Inclusion is the overarching concept that addresses the right to acceptance and belonging in society of all learners, adults, children with disabilities and people without disabilities. The primary aim of this study was to obtain an in-depth understanding of how students with disabilities adapt socially at Stellenbosch University. The study was based upon the assumption that it is important to hear the voices of students with disabilities before any recommendations in terms of involving students with disabilities in social opportunities can be made to the role players. The study was conducted by means of qualitative research, and the methods of data collection consisted of individual and focus group interviews as well as document analysis. The research findings can be described as follows: Students with disabilities experience both internal and external support and barrier factors and processes that impact on their social adaptation. Internal support and barrier factors and processes include emotional, behavioural, belief, personality and cognitive aspects. External support and barrier factors and processes include the support network, the faculty and department, the university at large and the social system. Four overarching themes emerged from the data of the participants: communication, attitude and awareness, inclusion and self-advocacy. The findings of the study have important implications for all role players. Recommendations are made with the aim of improving the campus climate so that an inclusive environment can be created together with an environment where all students at Stellenbosch University can adapt socially; enjoy equal opportunities and full participation, and where they experience no discrimination. / AFRIKAANSE OPSOMMING: In Suid-Afrika word 1994 beskou as 'n waterskeidingsjaar. Die nuwe demokratiese bestel het daartoe bygedra dat die onderwyssektor, insluitend hoëronderwys, aan talle nuwe eise en uitdagings blootgestel is. Hoëronderwysinstansies is aangemoedig om groepe wat tradisioneel op grond van ras, ouderdom, geslag en gestremdheid uitgesluit was te ondersteun en te akkommodeer. Inklusiewe onderwys word aangemoedig met die uiteindelike doel dat inklusie in die samelewing bereik word. Inklusie is die oorkoepelende konsep wat alle leerders, volwassenes, kinders, mense met gestremdhede en mense sonder gestremdhede se reg tot aanvaarding en hulle gevoel dat hulle in die samelewing tuishoort ("have a sense of belonging") aanspreek. Die doel van die studie was om diepgaande kennis te verkry van studente met gestremdhede se ervarings van sosiale aanpassing aan die Universiteit Stellenbosch. Die ondersoek is gebaseer op die aanname dat alhoewel daar voorstelle aan rolspelers gemaak kan word ten opsigte van strategieë om studente met gestremdhede meer by sosiale geleenthede op kampus te betrek, dit belangrik is om allereers na die stemme van die studente met gestremdhede self te luister. Die studie is aan die hand van 'n kwalitatiewe metodologie onderneem en data is hoofsaaklik deur middel van individuele en fokusgroeponderhoude asook dokumentanalise, gegenereer. Die navorsingsbevindinge het betekenisvolle insigte oor die ervarings van studente met gestremdhede se sosiale aanpassing opgelewer en kan soos volg opgesom word: Studente met gestremdhede ervaar beide interne en eksterne ondersteunings- en belemmerende faktore en prosesse wat 'n uitwerking het op hul sosiale aanpassing. Interne faktore en prosesse behels emosionele, gedrags-, oortuigings-, persoonlikheids- en kognitiewe aspekte. Eksterne faktore en prosesse sluit onder meer die ondersteuningsnetwerk, die fakulteite en departemente, die universiteit in die geheel, asook die sosiale stelsel in. Die vier oorkoepelende temas sluit kommunikasie, houdings en bewustheid, inklusie en self-voorspraak van die studente met gestremdhede se behoeftes in. Die bevindinge van die studie hou belangrike implikasies in vir alle rolspelers. Aanbevelings word gemaak met die doel om die kampusklimaat te verbeter sodat 'n ware inklusiewe omgewing geskep kan word – 'n omgewing waarin alle studente gelyke geleenthede en volle deelname kan geniet, geen diskriminasie ervaar nie en waar hulle ook as studente aan die Universiteit Stellenbosch sosiaal kan
35

Democratic citizenship education and the university in a cosmopolitan world

Pieterse, Helette Mari 12 1900 (has links)
Thesis (MEd (Education Policy Studies))--University of Stellenbosch, 2010. / ENGLISH ABSTRACT: This thesis explores the role and responsibility of the university in educating students to be democratic citizens in a cosmopolitan world, with specific reference to South African higher education, and Stellenbosch University in particular. Recent changes in the world, such as globalisation and the rise of the knowledge economy, has brought into question the role of the university, and some argue that the university in the 21st century is no more than another bureaucratic corporation with its business being providing the necessary knowledge and skills for students to become adequately equipped professionals. However, this thesis argues that universities in the 21st century do not only have the responsibility of training students to be competent professionals, but also of equipping them with the necessary skills to be responsible citizens in a democratic society. In this thesis, a theoretical framework is constructed in order to better understand the concept of democratic citizenship for a cosmopolitan world, and what such an education would entail, where after the South African Higher Education landscape is explored to gain an understanding of the institutional landscape and legislative and policy framework within which South African universities are situated. The final part of the thesis focuses on Stellenbosch University and the extent to which democratic citizenship education for a cosmopolitan world is encouraged and supported at an institutional level. The ultimate conclusion that Stellenbosch University is committed to the education of students towards democratic citizenship for a cosmopolitan world, at least as far as policy and planning documents are concerned, however raises further questions - amongst others about the transformation of the institutional culture. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Hierdie tesis ondersoek die rol en verantwoordelikheid van die universiteit in die opvoeding van studente tot demokratiese burgerskap in 'n kosmopolitiese wêreld, met spesifieke verwysing na Suid-Afrikaanse hoër onderwys en meer bepaald studente aan die Universiteit Stellenbosch. Onlangse wêreldwye tendense soos globalisering en die opkoms van 'n kennis-ekonomie plaas noodwendig die rol van die universiteit onder die soeklig. Daar is diegene wat argumenteer dat die universiteit van die 21ste eeu niks anders is as nog 'n burokratiese korporatiewe instelling nie. Die besigheid van so 'n instelling, word geargumenteer, is die voorsiening van die nodige kennis en vaardighede ten einde studente voldoende toe te rus as professionele persone. Daarteenoor is die argument van hierdie tesis dat universiteite in die 21ste eeu nie net die verantwoordelikheid het om studente op te lei tot bevoegde professionele persone nie, maar ook om hulle toe te rus met die nodige vaardighede om verantwoordelike burgers te wees in 'n demokratiese samelewing. 'n Teoretiese raamwerk is ontwikkel ten einde die konsep 'demokratiese burgerskap' in 'n kosmopolitiese wêreld en wat dit behels, beter toe te lig. Vervolgens is die Suid Afrikaanse hoëronderwyslandskap ondersoek ten einde 'n begrip te verkry van die institusionele landskap sowel as die wetgewende en beleidsraamwerke waarbinne Suid-Afrikaanse universiteite hul bevind. Ten slotte fokus die tesis op die Universiteit Stellenbosch en die mate waartoe die instelling opvoeding tot demokratiese burgerskap vir 'n kosmopolitiese wêreld op 'n institusionele vlak aanmoedig en ondersteun. Die uiteindelike gevolgtrekking dat die Universiteit Stellenbosch wel verbind is tot die opleiding van studente tot demokratiese burgerskap in 'n kosmopolitiese wêreld, ten minste soos vervat in beleids- en beplanningsdokumente, lei egter tot verdere vrae oor onder meer die transformasie van die institusionele kultuur.
36

A conceptual model for commercialisation at an academic institution

De Abreu, J. M. G. 12 1900 (has links)
Thesis (MBA)--Stellenbosch University, 2005. / ENGLISH ABSTRACT: Constant and aggressive change is a characteristic that has shaped our present day life and occurs at all levels of society. In a new South Africa, an entrepreneurial approach has become a means of survival. Modern day South Africans have been compelled to adopt an innovative and entrepreneurial mindset in order to function optimally. For the higher education sector, this has meant the commercialisation of many aspects of their operations due to yearly cuts in subsidy allocations. Stellenbosch University is not exempt from this and is also affected by these cuts. The goal of this study is therefore to provide an internationally researched conceptual model and process for commercialising academic research at Stellenbosch University. This will require the adoption of an entrepreneurial mindset which views research differently from its traditional mode. By moving away from an academic view of research, new partnerships, opportunities and outcomes become possible, from which new revenue avenues could be opened. The question arises as to what technological innovations are likely to result in commercial success and what route should a university then take to successfully commercialise their research findings? Finding practical answers to these questions could provide a platform from which a university can make accurate and timely decisions with regards to the commercialisation of its academic research. Accurate decision-making is therefore an essential tool in the management of this process. Commercialisation is not viable without first creating an innovative mindset and platform. These cannot be created without first understanding the concept of newness. Consistent newness requires continuous innovation, from which academic entrepreneurship then stems. The successful commercialisation of this entrepreneurship can then be understood by considering the various concepts and basic components involved in commercialisation. A broad look at literature provided the basis for this platform from which a model could then be constructed. In constructing the model, the key components were first identified. Secondly, a brief look at four different commercialsiation models provided an overview of the thought pattems involved in such a process. The synthesis of these components and models culminated in a conceptual model for commercialisation within the Stellenbosch University environment. This model included the tangible and intangible side of commercialisation, incorporating organisational mindset, attitudes and culture. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Konstante en omvattende verandering is 'n kenmerk van die eietydse samelewing en raak alle sosiale vlakke. 'n Entrepreneuriese benadering het in die nuwe Suid-Afrika 'n middel tot oorlewing geword. Eietydse Suid-Afrikaners word genoodsaak om innoverend en ondernemend te wees ten einde optimaal te kan funksioneer. Dit impliseer dat tersiere instellings byvoorbeeld baie van hul bedrywighede moet kommersialiseer, weens toenemende besnoeiings in subsidiering. Die Universiteit van Stellenbosch word insgelyks deur hierdie besnoeiings geraak. Die doel van hierdie studie is die ontwerp van 'n konsepsuele model en proses vir kommersialisering van akademiese navorsing vir die Universiteit van Stellenbosch, gebaseer op internasionale navorsing. Dit vereis 'n entrepreneuriese denkwyse wat navorsing anders benader as in die verlede. Deur weg te beweeg van 'n suiwer akademiese siening van navorsing, word nuwe vennootskappe, geleenthede en uitkomste moontlik, en skep sodoende ook nuwe bronne van inkomste. Tegniese innoverings wat prakties en uitvoerbaar is kan moontlik as platform dien vir hierdie kommersialisering. Dit veronderstel toepaslike besluitneming as noodsaaklike middel in die bestuur van die proses. 'n Nadere deurskouing van konsepte onderliggend aan suksesvolle kommersialisering van entrepreneurskap, tesame met 'n bree oorsig van navorsing in hierdie verband, het die basis gevorm vir die ontwerp van 'n model. Kernkomponente is eerstens identifiseer. Bestaande modelle het tweedens 'n oorsig van denkpatrone oor die ontwerp van so 'n proses gebied. 'n Sintese van hierdie komponente en modelle het kulmineer in 'n konsepsuele model vir kommersialisering binne die Universiteit van Stellenbosch omgewing. Hierdie model sluit die praktiese deel van kommersialisering, sowel as die ontasbare deel, naamlik organisatoriese denkwyses, houdings en kultuur in.

Page generated in 0.088 seconds