Spelling suggestions: "subject:"fundamentalmente""
11 |
Die Menschenrechtskammer für Bosnien-HerzegowinaKüttler, Elisabeth. January 2003 (has links)
Thesis--Juristische Fakultät, Georg-August-Universität zu Göttingen, Wintersemester 2001/02--Vid. p. 5. / Includes bibliographical references.
|
12 |
De vaststelling van de reikwijdte van de rechten van de mens een bespreking aan de hand van de rechterlijke praktijk naar aanleiding van de artikelen 8 lid 1 en 6 lid 1 (eerste zin) ECRM en de artikelen 1, 6 lid 1, 7 leden 1 en 3 en artikel 9 lid 1 Grondwet /Staal, Claudia Johanna. January 1995 (has links)
Proefschrift Rijksuniversiteit Limburg, Maastricht. / Met lit. opg., reg. en een samenvatting in het Engels.
|
13 |
The strict liability principle and the human rights of the athlete in doping casesSoek, JanWillem. January 2006 (has links)
Proefschrift Erasmus Universiteit Rotterdam. / Omslagtitel. Bibliogr.: p. 357-368. - Met een samenvatting in het Nederlands.
|
14 |
Wort Gottes als Auftrag; zur Theologie von Rudolf Bultmann, Gerhard Ebeling und Wolfhart Pannenberg.Goebel, Hans Theodor, January 1900 (has links)
Originally presented as the author's thesis, Bonn, under title: Der Auftrag des Wortes Gottes an Verkündigung und Theologie der Kirche. / Bibliography: p. [291]-296.
|
15 |
Constitutionele interpretatie een rechtsvergelijkend onderzoek naar de vaststelling van de reikwijdte van het recht op persoonlijkheid /Janssen, H.L. January 1900 (has links)
Proefschrift Universiteit Maastricht. / Met lit. opg., reg. - Met samenvatting in het Engels. Bibliogr.: p. 459-474.
|
16 |
Die grondwetlikheid van staats- en administratiefregtelike beperkings op mediavryheid in Suid-Afrika / Jean-Sherie SerfonteinSerfontein, Jean-Sherie January 2015 (has links)
'n Onafhanklike, ondersoekende en verantwoordelike media word beskou as een
van die belangrikste rolspelers waarvan die behoud van die demokrasie in Suid-
Afrika afhanklik is. Die regte en vryhede van die media geniet grondwetlike
erkenning en beskerming. As fundamentele regte en onontbeerlike komponente van
mediavryheid, waarborg die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, 1996 aan
elkeen die reg op vryheid van uitdrukking (artikel 16) en die reg op toegang tot
inligting (artikel 32). Die grondwetlike beskerming van mediavryheid bemagtig die
media om (i) openbare aangeleenthede in belang van die publiek aan te spreek, (ii)
die staat tot deursigtigheid, openheid en verantwoording op te roep en (iii) as
teenwig teen magsmisbruik en wanpraktyke aan regeringskant op te tree.
Die reg op mediavryheid is egter nie absoluut afdwingbaar nie en kan gevolglik in die
toepassing daarvan beperk word. Die staat beskik oor die gesag om dié reg aan
beperkings onderhewig te stel ten einde ander individuele fundamentele regte te
beskerm of belangrike openbare belange te dien. Sodanige staatsoptrede is egter
slegs moontlik indien dit, weens die oppergesag van die Grondwet (artikel 2), in
ooreenstemming met die grondwetlike bepalings geskied.
Desnieteenstaande word die media, ondanks die belangrike rol wat hulle ter behoud
van die demokrasie in Suid-Afrika vervul en die grondwetlike erkenning en
beskerming wat aan mediavryheid verleen word, voortdurend onder groot druk
geplaas. Die meeste druk kom van die staat se kant. Die aanname en beoogde
implementering van die Protection of State Information Bill, 2010 dien as mees
resente voorbeeld hiervan. Staats- en administratiefregtelike beperkings op
mediavryheid sal, indien die Wetsontwerp gepromulgeer word, aan die orde van die
dag wees. Aangesien die voorgenome beperkings op grond van hulle potensiële
ongrondwetlikheid wyd gekritiseer word, is dit die vernaamste doel van hierdie studie
om die grondwetlike grense waarbinne die staat mediavryheid mag beperk, te omlyn
en ondersoek in te stel na die trefwydte en grondwetlikheid van die staat se gesag
om beperkings op mediavryheid te plaas.
Deur die omvang van staatsgesag in die algemeen en in besonder rakende die
beperking van mediavryheid, aan die hand van die relevante grondwetlike voorskrifte
te ondersoek, is bevind dat alle staatsoptrede streng deur die Grondwet gereguleer
word. Alhoewel die reg op mediavryheid vatbaar is vir regulering en beperking, is tot
die slotsom gekom dat die Grondwet ingevolge artikels 33 en 36 duidelike grense vir
die beperking daarvan deur die staat stel.
Alle uitvoerende en administratiewe staatsorgane wat kragtens wetgewing en uit
hoofde van die diskresionêre bevoegdhede wat aan hulle verleen word, die reg op
mediavryheid beperk, moet aan die vereistes vir regverdige administratiewe optrede
voldoen. Bygevolg moet alle administratiewe besluite en handelinge wat die reg op
mediavryheid beperk, regmatig, redelik en prosedureel billik wees en met die
verskaffing van voldoende skriftelike redes gepaard gaan. Sowel staatsregtelike as
administratiefregtelike beperkings op mediavryheid moet voldoen aan die vereistes
wat die algemene beperkingsklousule vir die grondwetlike beperking van
fundamentele regte stel. Enige beperking van die reg op mediavryheid moet dus
kragtens 'n algemeen geldende regsvoorskrif geskied en moet, met in agneming van
die artikel 36-sleutelfaktore, as redelik en regverdigbaar binne 'n oop en
demokratiese samelewing gebaseer op menswaardigheid, gelykheid en vryheid
plaasvind. Enige staats- en administratiefregtelike beperkings op mediavryheid wat
nie aan hierdie grondwetlike vereistes voldoen nie, is gevolglik ongrondwetlik.
Nadat die bepalings ter beperking van mediavryheid deur die Protection of State
Information Bill, 2010 krities ontleed is, is bevind dat dit nie daarin sal slaag om die
grondwetlike toets te slaag nie. / LLM, North-West University, Potchefstroom Campus, 2015
|
17 |

18 |
Chronosisteemverwante faktore wat gelei het tot bende–betrokkenheid in 'n landelike gebied in die Wes–Kaap / Swanepoel L.Swanepoel, Lizanne January 2011 (has links)
Twee navorsingsvrae word deur hierdie studie beantwoord, naamlik “Wat is die
Chronosisteemverwante faktore wat gelei het tot bende–betrokkenheid in ’n landelike
gebied in die Wes–Kaap vanuit die perspektief van oud–bendelede?” en “Watter
riglyne kan daar gestel word ter voorkoming van bende–betrokkenheid by jonger
kinders in Sir Lowry’s Pass Village, gebaseer op die chronosisteemverwante faktore
wat geïdentifiseer word?” ’n Gevallestudie–ontwerp is gevolg waar retrospektiewe
beskrywings van oorsaaklike faktore deur oud–bendelede lig gewerp het op aspekte
wat relevant is in die voorkoming van bende–betrokkenheid by jonger kinders in ’n
kwesbare landelike gebied, naamlik Sir Lowry’s Pass Village in die Wes–Kaap.
Chronosisteemverwante faktore wat gelei het tot bende–betrokkenheid in ’n landelike
gebied in die Wes–Kaap, naamlik Sir Lowry’s Pass Village, moet vasgestel word
aangesien dit ’n kettingreaksie tot gevolg het. Sir Lowry’s Pass Village is ’n
gevaarsone vir kinders wat bende–betrokkenheid betref. Indien die faktore vasgestel
kan word, kan dit as ’n riglyn vir die bekamping van bende–betrokkenheid dien.
Hierdie studie poog om riglyne daar te stel gebaseer op die bevindinge sodat kinders teen bende–betrokkenheid beskerm kan word. / Thesis (M.A. (Psychology))--North-West University, Potchefstroom Campus, 2012.
|
19 |

20 |
Treitering in Suid-Afrikaanse openbare skole en die regs-en onderwysbestuursimplikasies daarvan vir leerderveiligheid (Afrikaans)Wentzel, Jan Andries 22 October 2008 (has links)
Navorsingsresultate toon dat treitering ‘n ernstige probleem is wat wêreldwyd voorkom, ook in Suid-Afrika en dat die getal slagoffers wat daardeur geraak word skrikwekkend hoog is. Die doel van hierdie studie is om die regsimplikasies van treitering van leerders deur mede-leerders in Suid-Afrikaanse openbare skole vir die onderwysbestuur en onderwysreg te ondersoek en te beskryf. Met die term “onderwysbestuur” word verwys na onderwys op nasionale vlak, provinsiale vlak en skolevlak. Die regsimplikasies vir die onderwysreg is hoofsaaklik daarin geleë dat daar nuwe kennis tot die onderwysreg toegevoeg word. Dit is aksiomaties dat regsimplikasies onlosmaaklik verbonde is aan regsreëls. Daar kan slegs sprake wees van regsimplikasies van ‘n aangeleentheid as daar regsreëls is wat die aangeleentheid beheer en rig – in die geval van hierdie studie, die regsreëls wat die bestuur en hantering van treitering in Suid-Afrikaanse openbare skole rig en beheer. Die regsreëls wat die bestuur en hantering van treitering in Suid-Afrikaanse openbare skole rig en beheer, is deel van die Handves, internasionale kinderregte-ooreenkomste, wetgewing, die gemene-reg, deliktereg, die strafreg en regspraak. Om die navorser in staat te stel om die regsreëls in ge-noemde regsbronne te identifiseer, is ‘n deeglike kennis van die fenomeen “treitering” noodsaaklik. Om die regsimplikasies van hierdie regsreëls te bepaal, beteken dat hierdie regsreëls binne die konteks van “treitering” as fenomeen geïnterpreteer moet word. Daar moet dus beskryf word hoe hierdie regsreëls toepassing vind met betrekking tot treitering. Die interpretasie van hierdie regsreëls binne die konteks van treitering geskied deur middel van semi-gestruktureerde onderhoude met geïdentifiseerde respondente wat geïdentifiseer is op grond van hul kennis van spesifieke regsdissiplines en die praktyk soos byvoorbeeld menseregte en kinderregte, die gemenereg, die deliktereg, die strafreg, die onderwysreg asook die regspraktyk en onderwysregspraktyk. Die beskrywing van die regsimplikasies vir die onderwysbestuur en onderwysreg is hoofsaaklik gegrond op die response (bevindinge) van die respondente, maar die regsimplikasies word uitgebrei deur die response van die respondente te verbind aan veelvuldige bronne van informasie. Hierdie aanvullende informasie wat aangewend word vir ryker beskrywing (“thick description”) lei ook die navorser tot die identifisering of beskrywing van verdere implikasies wat nie noodwendig in die respondente se response na vore gekom het nie. Die regsimplikasies van die treitering van leerders deur mede-leerders is omvattend en het implikasies vir die onderwysbestuur op nasionale vlak, provinsiale vlak, distriksvlak en skolevlak en wel ten opsigte van die volgende afdelings van die Suid-Afrikaanse reg: fundamentele regte, wet-gewing, die deliktereg en strafreg. ENGLISH: Research results indicate that bullying is a serious problem worldwide, South Africa included, and that the number of victims affected is alarmingly high. The purpose of this study is to investigate and describe the legal implications that bullying of learners by fellow learners in South African public schools has for education management and education law. “Education management” refers to education at national, provincial and school levels. The legal implications for education law lie mainly in the fact that new information is being added to the body of education law. It is axiomatic that legal implications are inextricably bound to legal rules. One can only speak of legal implications if there are legal rules that control and direct them – in the case of this study it is the legal rules that control and direct the management and operation of bullying in South African public schools. The legal rules that control and direct the management and operation of bullying in South African public schools are part of the Bill of Rights, international children’s rights conventions, legislation, common law, law of delict, case law and criminal law. A thorough knowledge of the phenomenon “bullying” was necessary to enable the researcher to identify the legal rules contained in the legal sources mentioned. In order to determine the legal implications of these legal rules, it was necessary to interpret these legal rules within the context of the phenomenon “bullying”. It was therefore necessary to describe how these legal rules are applied with regard to bullying. The interpretation of these legal rules within the context of bullying was done by means of semi-structured interviews with identified respondents who were identified on grounds of their knowledge of specific law disciplines and practice such as human rights and children’s rights, common law, the law of delict, criminal law, education law and legal practices and education law practices. The description of the legal implications for education management and education law is based mainly on the responses (findings) of the respondents, but the legal implications are extended by linking the responses of the respondents with many other sources of information. This supplementary information, which is used to enrich the description (thick description), also led the researcher to identifying or describing additional implications that were not necessarily evident from the responses of the respondents. The legal implications of the bullying of learners by fellow learners, are comprehensive and have implications for education management at national level, provincial level, district level and school level, especially in terms of the following sections of South African law: fundamental rights, legis-lation, the law of delict and criminal law. / Thesis (PhD)--University of Pretoria, 2008. / Education Management and Policy Studies / unrestricted
|
Page generated in 0.0672 seconds