Spelling suggestions: "subject:"aktiwiteit""
1 |
'n Rekenaar-ondersteunde prosedure vir die diagnostiese assessering van aandagafleibaarheid by Suid-Afrikaanse kinders (Afrikaans)Van Zyl, Antoinette 16 March 2006 (has links)
Please read the abstract in the section 00front of this document / Dissertation (MEd (Orthodidactics))--University of Pretoria, 2007. / Orthopaedic Surgery / unrestricted
|
2 |
Gesinsaanpassing, ouerskapstyle en hanteringstrategiee in gesinne met kinders met 'n aandagtekort/hiperaktiwiteitsversteuring (AT/HV)Tancred, Elise-Marie 03 1900 (has links)
Thesis (MA)--University of Stellenbosch, 2011. / ENGLISH ABSTRACT: Attention Deficit Hyperactivity Disorder (ADHD) is characterised by impulsiveness, an
inability to maintain attention and hyperactive behaviour. The presence of a child with
ADHD is a stressor that has a significant impact on family adaptation.
The purpose of this study was to identify associations between parenting styles, coping
strategies and the adaptation of families with children with ADHD from a family
resilience perspective. Family resilience refers to the ability of a family to re-evaluate
challenging life situations or stressors in such a manner as to develop resilience, so that
the family adapts, recovers and becomes stronger as a result of the experience.
Some 102 South African families with previously diagnosed children with ADHD
between the ages of 5 and 13 years participated in this study. A single cross-sectional
research method was used. Quantitative data was collected by means of a biographical
questionnaire and three self rapporting questionnaires.
The results of this study confirmed existing theories and previous research of a similar
nature. The Pearson correlation coefficient analysis revealed strong positive
correlations between dimensions of the authoritative parenting style (connection,
autonomy granting and regulation) and of re-evaluation and mobilisation (as coping
strategies). The authoritative parenting style also correlates strongly with family
adaptation.
The three dimensions of the authoritarian parenting style (physical coercion, verbal
hostility, and non-reasoning) have a strong negative correlation with family adaptation.
Physical coercion also has a positive correlation with the coping strategy looking for
spiritual support. The coping strategy passivity, in turn, showed a negative correlation
with the authoritarian parenting style. Also the permissive parenting style correlates
negatively with the coping strategy re-evaluation and passivity, while it also correlates
negatively with family adaptation. A regression analysis further revealed medication,
connection and regulation (as dimensions of the authoritative parenting style) as the
best subset predictable variables, with family adaptation as the dependent variable. A
mixed repetitive model with ANOVA-measures was used to identify differences between
parents. Mothers obtained higher scores for connection, autonomy granting and authoritative parenting than fathers. The biographical data generally supported previous
research findings. There was a strong genetic link between parents and children with
ADHD (51% of parents also indicated that they were diagnosed with ADHD), 78% of the
children used medication and 34% of the children had co-morbid conditions.
The findings of this study fill a gap in the literature about the impact of parenting styles
and coping strategies on the adaptation of families with children with ADHD. Further
research is urgently needed to help South African parents of children with ADHD learn
productive coping styles in order to improve family adaptation. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Aandagtekort/Hiperaktiwiteitsversteuring (AT/HV) word gekenmerk deur impulsiwiteit,
aandaggebrek en hiperaktiewe gedrag. Die teenwoordigheid van 'n kind met AT/HV is 'n
stressor wat 'n beduidende impak op gesinsaanpassing het. Die doel van hierdie studie
was om verbande te ondersoek tussen ouerskapstyle, hanteringstrategieë en die
aanpassing van gesinne met kinders met AT/HV vanuit 'n gesinsveerkragtigheidsperspektief. Gesinsveerkragtigheid verwys na 'n gesin se vermoë om uitdagende
lewenssituasies of stressors op só 'n manier te herbeoordeel dat weerstandigheid
gekweek word en dat die gesin aanpas, herstel en versterk word deur die ervaring.
Altesaam 102 Suid-Afrikaanse gesinne met vooraf gediagnoseerde kinders met AT/HV
tussen die ouderdom van 5 en 13 jaar het aan die studie deelgeneem. 'n Eenmalige
dwarssnitopname-navorsingsontwerp is gebruik. Kwantitatiewe data is ingesamel met
behulp van ’n biografiese vraelys en drie selfvoltooiingsvraelyste. Resultate van die
onderhawige ondersoek bevestig bestaande teorieë en soortgelyke vorige navorsing.
Pearson korrellasiekoëffisiëntontledings dui op sterk positiewe korrelasies tussen
dimensies van die gesaghebbende ouerskapstyl (konneksie, outonomie-gewendheid en
regulering) en herbeoordeling en mobilisering (as hanteringstyl). Die gesaghebbende
ouerskapstyl korreleer ook sterk met gesinsaanpassing.
Die outoritêre ouerskapstyl se drie dimensies - fisieke forsering, verbale vyandigheid en
geen verduideliking - het 'n sterk negatiewe statisties beduidende korrelasie met
gesinsaanpassing getoon. Fisieke forsering het ook 'n positiewe korrelasie getoon met
die hanteringstyl soeke na spirituele ondersteuning. Die hanteringstyl passiwiteit het
weer 'n negatiewe korrelasie getoon met die outoritêre ouerskapstyl. Ook die
permissiewe ouerskapstyl het negatiewe korrelasies getoon met die hanteringstyle
herbeoordeling en passiwiteit terwyl dit ook negatief gekorreleer het met
gesinsaanpassing. 'n Regressie-ontleding het medikasie, konneksie en regulering (as
dimensies van die gesaghebbende ouerskapstyl) as die beste substel voorspellerveranderlikes uitgewys met gesinsaanpassing as die afhanklike veranderlike.
'n Gemengde-herhalingsmodel met ANOVA-metings is gebruik om geslagsverskille
tussen ouers te ondersoek. Geslagsverskille tussen ma's en pa's het daarop gedui dat
ma's hoër tellings behaal het vir konneksie, outonomie-gewendheid en die gesaghebbende ouerskapstyl as pa's. Die biografiese data het meestal vorige
navorsingsbevindinge ondersteun. Daar is 'n sterk genetiese band gevind tussen ouers
en kinders met AT/HV (51% van ouers het ook aangedui dat hulle met AT/HV
gediagnoseer is), 78% van die kinders het medikasie gebruik en 34% van die kinders
het ko-morbiede toestande gehad.
Die bevindinge van hierdie ondersoek vul ’n leemte in die literatuur oor die verband
tussen ouerskapstyle en hanteringstrategieë en die aanpassing van gesinne met
kinders met AT/HV. Verdere navorsing word dringend benodig om Suid-Afrikaanse
ouers met kinders met AT/HV te help om 'n goed-georkestreerde ondersteuningsnetwerk te ontwikkel wat ouers, die kinders self, die gesin in sy geheel en hierdie
kinders se funksionering binne skole te kan bystaan.
|
3 |
Invloed van agtergrondmusiek rakende graad 6-leerders se gedragspatroneHendriks, Marna January 2014 (has links)
Die afskaffing van lyfstraf in Suid-Afrikaanse skole het tot groter dissipline probleme onder leerders gelei. Onderwysers raak toenemend gefrustreerd aangesien min praktiese oplossings vir hierdie probleem bestaan. Hierdie studie bestudeer die rol wat agtergrondmusiek in die klaskamer kan speel om die leerling se konsentrasievermoë te verhoog, sy gedrag positief te verander en so die algehele dissipline in die klassituasie te verbeter.
Agtergrondmusiek vorm deel van elke kind se leefwêreld aangesien moderne tegnologie dit maklik maak om musiek oral en altyd te luister. Leerders luister ’n groot gedeelte van elke dag na musiek, ook terwyl hulle huiswerk doen. Daarom was dit nodig om die tipe agtergrondmusiek te vind wat voordelig kan wees vir die leerder in ’n klassituasie.
In hierdie studie is van praktiese aksienavorsing binne ‘n kwalitatiewe navorsingsontwerp gebruik om die ervarings van leerders tydens die aanwending van verskillende tipes agtergrondmusiek in die klaskamer te bepaal. Uit die verband tussen die leerders se gedragspatrone en waarnemings nadat klassieke instrumentale musiek in die klaskamer gespeel is, kan bevind word dat hierdie tipe agtergrondmusiek as potensiële tegniek gebruik kan word om dissipline in die klassituasie te verbeter. The abolition of corporal punishment in South African schools led to greater discipline problems among students. Teachers are becoming increasingly frustrated as few practical solutions to this problem exist. This study examines the role that background music in the classroom can play in the child's ability to concentrate, increasing his positive behavior and so the improvement of discipline in the classroom.
Background music is part of every child's world as modern technology makes listening to music part of everyday living. Learners listen to a large portion of music every day, even while they are doing homework. Therefore it was necessary to study the influence of background music as to what extend it can benefit the student in the classroom.
This study used practical action research within a qualitative research design. From the relationship between the learner's behaviour and observations after classical instrumental music was played in the classroom, this type of background music can be used as a potential technique to improve discipline in the classroom. / Dissertation (MMus)--University of Pretoria, 2014. / am2014 / Music / unrestricted
|
4 |
Gestaltterapeutiese intervensieplan wat gerig is op die kind met ATHV en sy steunstelselsVerster, Blanche 01 1900 (has links)
Summaries in Afrikaans and English / ADHD is a well-known disorder affecting approximately 8% of children in South Africa. Despite years of research and development re the disorder, it seems that parents and teachers sometimes do not have the ability to handle a child with ADHD. Since a lot of the information is contradictory, confusion exists among parents and teachers who act as the support system of the child with ADHD. ADHD is a serious and destructive disorder and can influence the child’s social functioning negatively. Due to continuous failure, the child with ADHD has a low self-esteem. These aspects are the point of reference for the aim of this study, namely the development and implementation of a Gestalt therapeutic intervention plan aimed at the empowerment of the child with ADHD in the middle childhood years, his supporting systems and the evaluation of the impact thereof.
The empirical data was gathered by a process of intervention research. A combination of the qualitative and quantitative approach was used. During the use of the qualitative method, a quasi-experimental one-group-pretest-posttest design was utilized. During the qualitative phase, the phenomenological perspective was used. An in-depth literature study was done in respect of ADHD, the theoretic basis of ADHD, the child with ADHD in the middle childhood years and the ADHD from a Gestalt therapeutic perspective. This literature study was the starting point for the development of the comprehensive holistic intervention plan.
The intervention plan consists of three programmes: Firstly an empowering program of six sessions aimed at the child in the middle childhood years with ADHD – attention was given to emotional awareness and the dealing with unfinished business. Secondly an empowering programme aimed at the parents consisting of four parental guidance sessions, and thirdly an empowerment programme aimed at the teachers, consisting of two workshops. / AandagTekortHiperaktiwiteitsVersteuring (ATHV) is 'n welbekende versteuring wat ongeveer 8% van SuidAfrikaanse
kinders be'invloed. Ten spyte van jarelange navorsing en die verbetering van begrip vir die
versteuring, blyk dit dat ouers en onderwysers steeds nie altyd oor die vermoe beskik om 'n kind met A THV
te hanteer nie. Aangesien daar baie teenstrydige inligting beskikbaar is, word verwarring geskep by ouers
en onderwysers, wat as die kind met A THV se steunstelsels moet dien. A THV is 'n ernstige en
verwoestende versteuring en kan die kind se maatskaplike funksionering negatief be'invloed. As gevolg van
voortdurende mislukking het die kind met ATHV dikwels 'n lae selfwaarde. Hierdie aspekte het as
uitgangspunt gedien vir die doel van die ondersoek, naamlik die ontwikkeling en implementering van 'n
Gestaltterapeutiese intervensieplan gerig op die bemagtiging van sowel die kind met A THV in die
middelkinderjare, asook sy steunstelsels, en om die impak daarvan te evalueer.
Tydens die ondersoek is 'n proses van intervensienavorsing gevolg wat 'n gekombineerde kwalitatiewe en
kwantitatiewe navorsingsmetode is. In die benutting van die kwalitatiewe metode is 'n kwasie-eksperimentele
een-groep-voortoets-natoetsstrategie benut. By die kwalitatiewe metode is vanuit die fenomenologiese
perspektief gewerk. 'n Diepgaande literatuurstudie is gedoen ten opsigte van ATHV, die teoretiese
begronding van ATHV, die kind met ATHV in die middelkinderjare en ATHV vanuit 'n
Gestaltterapieperspektief. Hierdie literatuurstudie het as basis vir die ontwikkeling van 'n omvattende
holistiese intervensieplan gedien.
Die intervensieplan bestaan uit drie programme. Eerstens 'n bemagtigingsprogram van ses sessies gerig
op die kind met A THV in die middelkinderjare waar die klem geplaas is op emosionele bewuswording en
die hantering van onvoltooidhede. Tweedens 'n bemagtigingsprogram gerig op die ouers tydens vier ouerleidingsessies. Derdens 'n bemagtigingsprogram gerig op die onderwysers bestaande uit twee
werkwinkels.
Gestaltterapie het nie slegs as teoretiese verwysingsraamwerk tydens die ondersoek gedien nie, maar
Gestaltterapeutiesemetodes is ook benut tydens die implementering van die intervensieplan. Resultate
vanuit die empiriese gegewens dui aan dat die ouers en onderwysers se kennis ten opsigte van ATHV
verbeter het, want hulle het hanteringstrategiee aangeleer en begin toepas, en daar was beter begrip
tussen die skool en die ouers waarby die kinders gebaat het. Die kinders se selfwaarde is ook verhoog en
hulle maatskaplike funksionering het verbeter. / Social Work / D. Diac. (Play Therapy)
|
5 |

Page generated in 0.0469 seconds