451 |
Testing an alternative measure of progress : the case of the Bakgatla-ba- Kgafela NationHamilton, Gillian Kay 03 1900 (has links)
Thesis (MPhil)--Stellenbosch University, 2012. / ENGLISH ABSTRACT: An alternative measure of progress to GDP was evaluated in the Bakgatla-Ba-Kgafela tribe
(in total N = 119) using subjective wellbeing or happiness. The major dimensions of
happiness were assumed to be physical, mental, social, spiritual, educational,
environmental, occupational, and financial wellbeing or income and governance. Amongst
the Bakgatla, correlation testing identified two clusters or core sub-sets of relationships,
based on the strength of relationships, which appear to work in parallel to one another, with
divergent outcomes of either increased happiness or income. The first cluster is related to
traditional economic rationality and consists of Education Level, Income and Employment
Security. The second cluster, more closely related to principles of sustainable development,
consists of Social Wellbeing, Environmental Wellbeing and Happiness. An insignificant
correlation between Income and Happiness exists.
A multiple regression analysis was conducted with Happiness as the dependent variable and
the major wellbeing dimensions as the independent variables (R² = .286). Statistically
significant Standardized Beta’s calculated in the regression analysis are Social wellbeing
(0.464), Educational level (-0.226), Governance (0.205) and Physical wellbeing (0.194).
Although a cause-and-effect relationship can’t be assumed, the supposition is that ceteris
paribus:
• Happy people tend to have higher levels of social wellbeing or social capital;
• The more educated people are, the less happy they are;
• The more trust people have in public institutions and the state, the happier they are;
and
• Happy people tend to be healthier.
Therefore, holding all other explanatory variables constant, it can be assumed that income
has no bearing on subjective wellbeing. Therefore we reject the Null Hypothesis that the
Bakgatla’s progress is purely determined by their annual per capita income.
The relationship between income and subjective wellbeing for the Bakgatla follows global
patterns - an initial increase in happiness as income increases is pronounced but ‘flattens’
somewhat as a higher level of income is reached and diminishes as very high levels of
income are achieved. The critical turning point where income has a diminishing rate of return
on satisfaction is around R20 000 per annum per person. This corroborates the human
needs theories which proposes that a hierarchy of needs for human beings exist and until
the basic needs are met, higher needs cannot be met.
The present findings have implications for the Bakgatla: in order to increase happiness and
promote development, the Bakgatla should focus on four key aspects: meeting basic needs;
increasing social capital; increasing trust in the Tribal Authorities; and improving physical
health. In addition, education and environmental wellbeing should also be focal points but
changes need to be made to the education curriculum so that there is a strong focus on
sustainable development. An important policy implication that the Bakgatla need to consider,
is balancing the needs of the current generation with the needs of future generations.
Economic growth or income may bring a certain amount of happiness; environmental
destruction, crime and human health implications may outweigh these benefits and
happiness in both the current and future generations. / AFRIKAANSE OPSOMMING: In hierdie studie is subjektiewe welstand of geluk as alternatief vir bruto binnelandse produk
(BBP) as vooruitgangsmaatstaf by die Bakgatla-Ba-Kgafela-stam (altesaam N = 119)
ondersoek. Die veronderstelde hoofaspekte van geluk wat in die studie getoets is, is fisiese
welstand, geesteswelstand, maatskaplike welstand, spirituele welstand, opvoedkundige
welstand, omgewingswelstand, beroepswelstand, finansiële welstand of inkomste, en
bestuur. Korrelasietoetse onder die Bakgatla het twee beduidende groepe of kernsubstelle
verwantskappe uitgewys, welke groepe oënskynlik gelyklopend funksioneer, met
uiteenlopende dog nieverwante uitkomste van hetsy verhoogde geluk of verhoogde
inkomste. Die eerste groep hou verband met tradisionele ekonomiese rasionaliteit, en
bestaan uit onderrigvlak, inkomste en werksekerheid. Die tweede groep, wat eerder met
beginsels van volhoubare ontwikkeling saamhang, bestaan uit maatskaplike welstand,
omgewingswelstand en geluk. Die studie toon onbeduidende verband tussen inkomste en
geluk.
Meervoudige regressieontleding is met geluk as afhanklike veranderlike en die
hoofwelstandsaspekte as onafhanklike veranderlikes uitgevoer (R² = 0,286). Statisties
beduidende gestandaardiseerde betakoëffisiënte wat in die regressieontleding bereken is, is
maatskaplike welstand (0,464), opvoedingsvlak (-0,226), bestuur (0,205) en fisiese welstand
(0,194). Hoewel oorsaak-en-gevolg-verwantskap nie aanvaar kan word nie, word daar
vermoed dat, met alle ander faktore gelyk:
• gelukkige mense geneig is om hoër vlakke van maatskaplike welstand of
maatskaplike kapitaal te geniet;
• hoe meer opgevoed mense is, hoe ongelukkiger is hulle;
• hoe meer vertroue mense in openbare instellings en die staat het, hoe gelukkiger is
hulle; en
• gelukkige mense geneig is om gesonder te wees.
Indien alle ander verklarende veranderlikes konstant gehou word, word daar dus aanvaar
dat inkomste geen verband met subjektiewe welstand toon nie. Daarom word die
nulhipotese dat die Bakgatla se vooruitgang alleenlik deur hul jaarlikse inkomste per capita
bepaal word, verwerp.
Die verwantskap tussen inkomste en subjektiewe welstand vir die Bakgatla volg
internasionale patrone: Aanvanklik neem geluk duidelik toe namate inkomste verhoog, plat
dan effens af namate hoër inkomstevlak bereik word, en verminder aansienlik wanneer
baie hoë inkomstevlakke bereik word. Die kritiese draaipunt waar inkomste verlaagde
opbrengskoers op tevredenheid toon, is sowat R20 000 per jaar per persoon. Dít staaf die
menslikebehoefte-teorie wat aan die hand doen dat mense oor hiërargie van behoeftes
beskik en dat daar eers in basiese behoeftes voorsien moet word voordat behoeftes hoër op
in die hiërargie aan die beurt kan kom.
Hierdie bevindinge het bepaalde implikasies vir die Bakgatla: Ten einde geluk te verhoog en
ontwikkeling aan te moedig, behoort die Bakgatla op vier kernaspekte te konsentreer,
naamlik voorsiening in basiese behoeftes, die vermeerdering van maatskaplike kapitaal, die
verhoging van vertroue in die stamowerhede, en verbetering van liggaamlike gesondheid.
Voorts behoort opvoedkundige en omgewingswelstand ook fokuspunte te wees, maar moet
die onderrigkurrikulum aangepas word om sterker klem op volhoubare ontwikkeling te plaas.
Belangrike beleidsimplikasie wat die Bakgatla moet oorweeg, is om ewewig te vind
tussen die behoeftes van die huidige geslag en die behoeftes van toekomstige geslagte.
Ekonomiese groei of inkomste kan inderdaad sekere hoeveelheid geluk skep. Tog kan
omgewingsvernietiging, misdaad en swak menslike gesondheid hierdie voordele en geluk in
sowel die huidige as toekomstige geslagte oorskadu.
Bykomende navorsing word vir die toekoms aanbeveel.
|
452 |
The new urbanism and new ruralism frameworks as potential tools for sustainable rural development in South AfricaLouw, Michael Paul 03 1900 (has links)
Thesis (MPhil)--Stellenbosch University, 2012. / ENGLISH ABSTRACT: Sustainable rural development is currently one of the priority items for the South
African government. Agricultural advancement, high rates of unemployment,
widespread poverty, a lack of access to employment opportunities, transport,
education and other services, skewed land ownership patterns that are partly due to
Apartheid policies, a lack of access to land and numerous social and health‐related
issues are just some of the problems that rural communities are currently faced with.
This study focuses mainly on the spatial planning aspects of rural development and it
explores the possibilities of adaptating strategies from the New Urbanism and New
Ruralism movements, together with a number of tools typically associated with
sustainable rural development, for use in the South African context.
Through the study of available literature on the subject, personal interviews and
practical experience, a range of strategies have been investigated and a selected
number have been identified that may be applicable to the local context. A number
of case studies are assessed, which include a new model being implemented at
Crossways Farm Village in the Eastern Cape which combines elements from the
above‐mentioned approaches. From some of the results achieved to date it seems
that the implementation of these particular spatial planning models, combined with
models like the biosphere concept that focuses on biodiversity, together with a
range of additional socio‐economic strategies, may contribute to the promotion of
sustainable rural development in South Africa. It is hoped that this study shows the
potential and challenges of these spatial planning models as a tool for sustainable
rural development, and that it may lead to further study on the subject. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Volhoubare landelike ontwikkeling is tans een van die prioriteitsitems vir die Suid‐
Afrikaanse regering. Landboukundige vooruitgang, hoë vlakke van werkloosheid, wyd
verspreide armoede, ‘n tekort aan toegang tot werksgeleenthede, vervoer,
onderwys en ander dienste, verwronge patrone van grondbesit wat deels toegeskryf
kan word aan Apartheidsbeleide, ‘n tekort aan toegang tot grond en talle sosiale‐ en
gesondheidskwessies is net ‘n paar van die probleme waarmee landelike
gemeenskappe tans gekonfronteer is. Hierdie studie fokus hoofsaaklik op die
ruimtelike beplanningsaspekte van landelike ontwikkeling en dit ondersoek die
moontlikhede om strategië van die New Urbanism en New Ruralism bewegings,
tesame met ‘n aantal werktuie wat tipies met volhoubare landelike ontwikkeling
geassosieër word, te gebruik in die Suid‐Afrikaanse konteks.
Deur die studie van die beskikbare literatuur oor die onderwerp, persoonlike
onderhoude en praktiese ondervinding, word ‘n reeks strategië ondersoek en ‘n
uitgekose aantal word geidentifiseer wat moontlik van toepassing kan wees op die
plaaslike konteks. Daar word verwys na ‘n aantal gevallestudies, wat ook ‘n nuwe
model insluit wat tans op Crossways Farm Village in die Oos‐Kaap geimplementeer
word, wat elemente van die bogenoemde benaderings kombineer. Van sommige van
die resultate wat tot op hede verkry is, blyk dit dat die implementering van hierdie
spesifieke ruimtelike beplanningsmodelle, gekombineer met modelle soos die
biosfeer konsep wat fokus op biodiversiteit, tesame met ‘n reeks addisionele sosioekonomiese
strategië, moontlik mag bydra tot die bevordering van volhoubare
landelike ontwikkeling in Suid‐Afrika. Daar word gehoop dat hierdie studie die
potensiaal en die uitdagings wys van hierdie ruimtelike beplanningsmodelle as ‘n
werktuig vir volhoubare landelike ontwikkeling en dat dit mag lei tot verdere studie
oor die onderwerp.
|
453 |
The retention of scarce skills : the case of City of Cape Town Municipality - an analysisLepheana , Nothemba Griselds 03 1900 (has links)
Thesis (MPA)--Stellenbosch University, 2012. / ENGLISH ABSTRACT: The scarce skills phenomenon has become a cause for concern and priority for both public and private sectors as discussed in various research studies. Both these sectors have a quest to retain these scarce skills by making use of their limited resources.
In the light of the above context, this study focuses on the analysis of the retention of scarce skills within the City of Cape Town Municipality, with the primary objective of ascertaining the effectiveness of its retention strategy on retaining civil engineers. For purposes of this research, a case study design was used to answer the study question. The sample consisted of 30 percent of the present and past civil engineers, from junior to senior levels. This sample also included employees from the human resource department of the municipality. Content analysis was used to analyse data which was gathered through focus groups, exit and personal interviews.
The literature investigation explored reasons why employees were leaving their organisations. The study further traced various thoughts and debates related to challenges and strategies associated with scarce skills retention. From the literature review it became evident that although the retention approaches and strategies vary from one organisation to another, they share common traits. However there is no one cap fits all.
Results indicate that the majority of respondents expressed satisfaction about all pre-determined themes of the study. These themes were based on aspects related to remuneration and benefits, job satisfaction and working conditions, climate and culture, leadership and career development. Areas of dissatisfaction were raised under common themes which emerged during the study. These themes included, amongst others, outsourcing of major projects, bureaucracy, political environment and human resource policies and procedures.
Based on the findings of the study, the research concludes with recommendations applicable to the municipality and also provides those relevant for further study. Due to the technical composition of the sample, the results of the study cannot be inferred to all occupational groups within the organisation. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Die skaarsheid van vaardighede het „n kommerwekkende verskynsel geword vir private en publieke sektore. Dit is die taak van albei sektore om skaars vaardighede te behou, deur gebruik te maak van hul beperkte bronne.
In die lig van bostaande stellings, fokus hierdie studie op die analise van skaars vaardighede binne die Kaapstadse Munisipaliteit, met die primêre doel om die effektiwiteit van sy behoudstrategie vir die behoud van siviele ingenieurs te bepaal. „n Gevallestudie-ontwerp was gebruik vir hierdie ondersoek, om die studievraagstuk te beantwoord. Die ondersoekgroep het bestaan uit „n samestelling van 30 persent van huidige en voormalige siviele ingenieurs, vanaf junior tot senior vlakke. Die ondersoekgroep het ook werkers binne die departement van personeelbestuur in die munisipaliteit ingesluit. Inhoudsanalise was gebruik om data te analiseer wat deur fokusgroepe, uitgang en persoonlike onderhoude ingesamel is.
Die literêre ondersoek het die redes waarom werkers hul organisasies verlaat, verken. Die studie weerspieël verder denke wat verband hou met die uitdagings en strategieë wat met die behoud van skaars vaardighede geassosieer word. Die literêre ondersoek het bewys dat behoudstrategieë onderling eienskappe deel, alhoewel die strategieë van een organisasie van diè van „n ander in geheel verskil. Daar is egter geen jas wat by almal pas nie.
Resultate toon dat die meerderheid van respondente tevredenheid toon met alle voorafbepaalde studietemas. Hierdie temas is gebaseer op aspekte wat verband hou met besoldiging en voordele, werktevredenheid en werksomstandighede, klimaat en kultuur, leierskap en beroepsontwikkeling. Areas van ontevredenheid is geïdentifiseer onder algemene temas wat tydens die studie opgekom het. Hierdie temas sluit in, onder andere, eksterne bronontginning vir groot projekte, burokrasie, politieke konteks, asook beleid en prosedures van menslike hulpbronne. Ter afsluiting: voorstelle word gemaak wat gebaseer is op die resultate van die ondersoek, wat van toepassing is op die munisipaliteit en voorsien dit wat relevant is vir verdere studie. Die resultate van die ondersoek kan nie op alle werksgroepe binne die organisasie van toepassing wees nie, weens die tegniese samestalling van die ondersoekgroep.
|
454 |
An evaluation of the performance of the Department of Agriculture in Limpopo Province in improving the livelihood of smallholder farmers during the period 1994-2004, with special reference to the Vhembe DistrictSitholimela, Silas Ndwakhulu 03 1900 (has links)
Thesis (MPA)--University of Stellenbosch, 2007. / ENGLISH ABSTRACT: This research work focuses on the role that the Department of Agriculture has played in
the improvement of the livelihood of smallholder farmers in the Vhembe District,
Limpopo Province, for the period 1994 to 2004. The research endeavours to determine
what was done to improve the livelihood of smallholder farmers, and the extent to which
smallholder farmers were developed. It determines the stage of development smallholder
farmers are in after a decade of democracy. The study considers various variables that
could be responsible for the good or bad performance of the Department of Agriculture in
the Vhembe District.
The Vhembe District was chosen because it consists of varied ecological and climatic
regions, making it possible for various farming enterprises to flourish in one area. The
research links the role played by the Department of Agriculture with the level of
development of smallholder farmers in the District. It investigates the support that the
Department of Agriculture provided through various strategic programmes, such as the
Comprehensive Agricultural Support Programme, the Revitalisation of Smallholder
Irrigation Schemes, training and development, and poverty-alleviation programmes,
aimed at kick-starting micro-enterprises.
The research identifies areas where the Department did not meet the expectations of the
smallholder farmers regarding support. It outlines possible reasons for good and poor
performance of the Department of Agriculture and its extension officers in the four local
municipalities of the Vhembe District, namely Makhado, Musina, Mutale and Thulamela.
This is based on data gathered through focus group discussions with various groups of
farmers and extension officers.
The research reveals that the budget allocation for agricultural development has never
been enough to address the pressing and varied needs of smallholder farmers in the
Vhembe District. The conclusion is reached that the support provided by the Department
of Agriculture to improve the livelihood of smallholder farmers was inadequate. Another conclusion is that smallholder farmers are heavily reliant on the Department for almost
all their farming needs. This dependency has led to many smallholder farmers not being
able to creatively initiate any action that would ultimately empower them to become selfreliant.
However, the research shows that a small percentage of farmers have realised the
need to become independent in order to avoid lifelong dependency on the Department of
Agriculture.
The researcher concludes that, after a decade of democracy, there is still a great need for
the Department’s support in order to improve the livelihood of smallholder farmers.
There is also a need to conduct a skills audit, which will help the Department to place
officials according to their areas of expertise, and to capacitate officials who may be
lacking some skills through various capacity-building programmes. The research revealed
that there may be officials who are morally corrupt in their behaviour and conduct. This
has resulted in inefficiency and poor service delivery to farmers. On the other hand there
are officials who perform exceptionally well and whose behaviour is beyond reproach.
The researcher concludes that these exceptional performers should be recognised and
rewarded for their good performance, while those with unsatisfactory performance should
be dealt with according to the disciplinary code and procedures of the public service.
The need is identified to channel resources to smallholder farmers who will utilise them
effectively. This would promote self-sufficiency in the long term. In channelling these
resources, the Department should also consider the promises made, with the view to fulfil
them as far as possible.
The researcher concludes that in order for smallholder farmers to realise their potential
they have to change their lives through agriculture. They need to become more organised
in order to speak with one voice. They also need to participate in secondary agriculture,
where they are able to access more markets, not only as producers but as agro-processors
as well. With appropriate and consistent support by the Department of Agriculture in the Vhembe
District, smallholder farmers’ livelihood could be improved, which will lead to economic
development of the local municipality, the district, the province and ultimately South
Africa as a whole. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Hierdie navorsingstudie fokus op die rol wat die Departement Landbou gespeel het in die
verbetering van die lewensbestaan van kleinboere in die Vhembe-distrik, Limpopo, vir
die tydperk 1994 tot 2004. Die navorsing poog om te bepaal wat gedoen is om die
lewensbestaan van kleinboere te verbeter, en in watter mate daar tot die ontwikkeling van
kleinboere bygedra is. Daar word ook bepaal in watter ontwikkelingsfase kleinboere hulle
ná ’n dekade van demokrasie bevind. Die studie ondersoek verskeie veranderlikes wat vir
die goeie of swak prestasie van die Departement Landbou in die Vhembe-distrik
verantwoordelik kan wees.
Die Vhembe-distrik is gekies omdat dit uit verskillende ekologiese en klimaatstreke
bestaan, wat verskeie boerdery-ondernemings in staat stel om in een gebied te gedy. Die
navorsing veronderstel ’n verband tussen die rol van die Departement Landbou en die
ontwikkelingsvlak van kleinboere in die distrik. Dit ondersoek die steun wat die
Departement Landbou deur middel van verskeie strategiese programme gebied het, soos
die Program vir Omvattende Landbou-ondersteuning, die Opknapping van Kleinboerbesproeiingskemas,
opleiding en ontwikkeling, en programme vir die verligting van
armoede, wat daarop gemik is om stukrag aan mikro-ondernemings te verleen.
Die navorsing identifiseer gebiede waarop die Departement Landbou nie aan kleinboere
se verwagtinge ten opsigte van steun voldoen het nie. Dit verskaf moontlike redes vir die
goeie of swak prestasie van die Departement en sy voorligtingsbeamptes in die Vhembedistrik
se vier plaaslike munisipaliteite, naamlik Makhado, Musina, Mutale en Thulamela.
Dit is gegrond op data wat deur middel van fokusgroep-besprekings met verskeie groepe
boere en voorligtingsbeamptes verkry is.
Die navorsing toon dat die begrotingstoewysing vir landbou-ontwikkeling nog nooit
genoeg was om aan die dringende en verskillende behoeftes van kleinboere in die
Vhembe-distrik te voldoen nie. Die navorser maak die gevolgtrekking dat die steun van
die Departement Landbou nie voldoende was om die lewensbestaan van kleinboere te verbeter nie. ’n Verdere gevolgtrekking is dat kleinboere vir byna al hulle boerderybehoeftes
van die departement afhanklik is. Hierdie afhanklikheid lei daartoe dat menige
kleinboere nie in staat is om enige kreatiewe optrede te inisieer wat hulle eindelik sal
bemagtig om selfstandig te word nie. Die navorsing toon egter dat ’n klein persentasie
boere besef het dat hulle onafhanklik moet word om lewenslange afhanklikheid van die
Departement Landbou te vermy.
Die navorser kom tot die gevolgtrekking dat, ná ’n dekade van demokrasie, daar steeds ’n
groot behoefte aan steun van die departement ten opsigte van die verbetering van
kleinboere se lewensbestaan is. Daar is ook ’n behoefte aan ’n vaardighede-oudit wat die
departement sal help om amptenare na gelang van hulle kundigheidsgebied te plaas, en
om deur verskeie kapasiteitsbou-programme daardie amptenare wat sekere vaardighede
kortkom, op te bou. Die navorsing het onthul dat daar moontlik amptenare is wat moreel
korrup in gedrag en optrede is. Dit het ondoeltreffendheid en swak dienslewering aan
boere tot gevolg. Tog is daar amptenare wat besonder goed presteer en wie se gedrag bo
verdenking is. Die navorser is van mening dat hierdie goeie presteerders erkenning moet
ontvang en vir hulle goeie prestasie beloon moet word, en dat diegene wat ontoereikend
presteer ingevolge die staatsdiens se dissiplinêre kode en prosedures hanteer moet word.
Daar is ’n behoefte om hulpbronne te kanaliseer na kleinboere wat doeltreffend daarvan
gebruik sal maak. Dit sal op die lang termyn selfvoorsiening bevorder. In hierdie opsig
moet die departement poog om die beloftes wat hulle gemaak het, so ver moontlik na te
kom.
Die navorser kom tot die gevolgtrekking dat, vir kleinboere om hulle potensiaal te
verwesenlik, hulle hul lewens deur landbou moet verander. Hulle moet beter georganiseer
wees sodat hulle uit een mond kan praat. Hulle moet ook by sekondêre landbou betrokke
raak waar hulle toegang tot Met die gepaste en konsekwente steun van die Departement Landbou in die Vhembedistrik
kan die lewensbestaan van kleinboere verbeter word, wat ekonomiese
ontwikkeling van die plaaslike munisipaliteit, die distrik, die provinsie en eindelik Suid-
Afrika as geheel tot gevolg sal hê.
|
455 |
Assessing community participation for sustainable development : the Galanefhi water supply projectHaile Gebremedhin, Solomon 04 1900 (has links)
Thesis (MPA)--University of Stellenbosch, 2004. / ENGLISH ABSTRACT: In the past, development projects were not successful, because development was guided by
top-down strategy that excluded the main beneficiaries from the process of development. The
creative initiative, local knowledge, and inputs of communities were not considered as a
development resource. Hence, development programmes were not participatory, and could
not solve social problems, rather they contributed to poverty and dependency. This condition
gave rise to new thinking that unless communities participate in development efforts, no
social transformation can be achieved. Moreover, the scarcity of resources in developing
countries called for the mobilization of all stakeholders' resources in the cause of
development action. As a result, community participation emerged as a new paradigm of
development. Development has become a humanizing process; projects are people-driven;
and communities are the subjects of development projects. Nevertheless, in order for
community participation to meet the challenges of development, this has to be a
multidimensional approach that integrates the building blocks of development.
Against this background, in the context of water supply, the experience of developing
countries indicates that the effectiveness of water supply projects is improved when
communities participate in all phases of water supply projects. Moreover, community owned
and managed water supply projects are better constructed, cost effective, and successful than
government subsidized projects. Nevertheless, the role of government in enabling and
supporting is essential.
The study is an evaluation research, which aims to assess whether community participation is
in place, and whether the delivery of water supply is enhanced as a result of community
participation. The study area is in Galanefhi, a sub-region in Eritrea. At eleven villages in the
sub-region, water supply projects that were constructed in the past twelve years are assessed
to evaluate if community participation is in place and its effect on the water supply system.
During the course of this study, interviews were conducted with 221 respondents of both
sexes from the age of 28 years using open and closed-ended questionnaires. In addition,
discussions were conducted with community representatives and government officials on
issues of community participation and safe water delivery.
Findings of the study indicate that the level of community participation differs within the
villages and from one phase of the project to another. There is more community participation
in implementation and less in planning. Decision-making is dominated by the water committees and local officials. The major missing ingredient is the level of capacity building.
Communities' capacity to manage and operate the water supply system is limited. The
institutional and administrative frameworks of the villages regarding water supply is weak.
The regional and sub-region authorities' capacity that implements and oversees water supply
projects is not strong. Communication between the grassroots and central authorities is not
good. This is aggravated by natural conditions like climate and environment, and by the lack
of skilled human resources, financial drawbacks, and lack of coordination. Nevertheless,
overall assessment shows that water supply projects that enjoy more community participation
are more successful and sustainable and more capable of meeting communities' expectations.
Therefore, sustainable clean and adequate water delivery can be achieved through community
participation in collaboration with all stakeholders. The recommendations which are provided
give some insights on how to implement community participation as a strategy on the ground. / AFRIKAANSE OPSOMMING: In die verlede was ontwikkelingsprojekte dikwels onsuksesvolomdat ontwikkeling oorheers
is deur die bo-na-onder ("top-down") strategie wat die hoof voordeeltrekkers uitgesluit het uit
die proses van ontwikkeling. Die skeppende inisiatief, plaaslike kennis en die insette van die
gemeenskappe is nie as 'n hulpbron beskou nie. Dus was die ontwikkelingsprogramme nie
deelhebbend van aard nie en kon hulle nie sosiale probleme oplos nie. Dit het eerder bygedra
tot armoede en afhanklikheid. Hierdie toestand het gelei tot 'n nuwe denkrigting, naamlik dat,
tensy gemeenskappe deelneem aan ontwikkelingspogings, geen sosiale transformasie sal
plaasvind nie. Weens die skaarsheid van hulpbronne in ontwikkelende lande is die
mobilisasaie van al die deelhebbers se hulpbronne nodig vir ontwikkelingsaksie. Gevolglik
het gemeenskapsdeelname te vore getree as die nuwe paradigma van ontwikkeling.
Ontwikkeling is meer op die mens gerig; projekte word deur die mens gedryf; en
gemeenskappe IS die onderwerp van die ontwikkelingsprojekte. Nietemin, as
gemeenskapsdeelname die uitdagings van ontwikkeling te bowe wil kom, moet daar 'n
multidimensionele benadering wees wat die boustene van ontwikkeling integreer.
Teen hierdie agtergrond, en in die konteks van watervoorsiening, het die ondervindings in
ontwikkelende lande aangedui dat die effektiwiteit van watervoorsieningsprojekte verbeter as
die gemeenskap deelneem aan al die fases van die projek. Ook is watervoorsieningsprojekte
wat deur die gemeenskap besit en bestuur word, beter gebou, meer koste-effektief, en meer
suksesvol as projekte wat deur die regering subsideer is. Nietemin is die rol van die regering
onontbeerlik waar dit die projekte moontlik maak en ondersteun.
Hierdie studie is evaluasie-navorsing wat ten doel het om vas te stel tot watter mate
gemeenskapdeelname bestaan en of die voorsiening van water verbeter het as gevolg van die
deelname. Die studiegebied is in Galanefhi, 'n substeek van Eritrea. Daar is by elf dorpies in
hierdie streek tydens die laaste twaalf jaar watervoorsieningspunte opgerig. Hierdie projekte
is evalueer om vas te stel hoeveel gemeenskapdeelname daar was en die effek daarvan op die
watervoorsiening. Tydens die studie is onderhoude gevoer met 221 respondente, mans en
vrouens, bo 28. Daar is gebruik gemaak van vraelyste. Ook is daar besprekings gevoer met
verteenwoordigers van gemeenskappe en regeringsamptenare oor kwessies soos
gemeenskapsdeelname en die voorsiening van veilige drinkwater.
Daar is gevind dat die vlak van deelname verskil van dorpie tot dorpie en van een fase van die
projek tot die volgende. Daar is meer gemeenskapsdeelname in implementasie en minder in
beplanning. Besluitneming word oorheers deur waterkomitees en plaaslike amptenare. Daar is me 'n hoë vlak van vermoë-bou me. Die vermoë van die gemeenskap om die
watervoorsieningsisteem te bestuur is beperk en die administratiewe raamwerk van die
dorpies betreffende watervoorsiening is swak. Die vermoë van die owerhede op streek- en
substreekvlak, asook die kommunikasie tussen die sentrale owerhede en die gewone inwoners
is nie na wense nie. Hierdie toestande word vererger deur die klimaat en die
omgewingsfaktore, die gebrek aan geskoolde werkers, finansiële probleme en die gebrek aan
koërdinasie, Nietemin is daar in die algemeen vasgestel dat die watervoorsieningsprojekte
waar daar meer gemeenskapsdeelname was, meer suksesvol is, en beter aan die gemeenskap
se verwagtinge voldoen. Die waterpunte word ook langer in 'n goeie werkende toestand
gehou.
Dus kan die voorsiening van genoeg skoon water bereik word deur die deelname van die
gemeenskap en die samewerking van al diegene wat belang het by die projek. Aan die einde
van die studie word daar aanbeveel hoe om gemeenskapsdeelname op grondvlak te
implementeer.
|
456 |
Training and development needs assessment for previously disadvantaged managers in the income and cash directorate, City of Cape TownWilliams, Beresford Duncan 04 1900 (has links)
Theses (MPA)--University of Stellenbosch, 2004. / ENGLISH ABSTRACT: This study sets out to identify the training and development needs of the black middle
managers in the Income and Cash Directorate of the City of Cape Town using Hague's
Model of Training Needs Analysis (Hague, 1973). This model is predicated on the
creation of a collaborative relationship between the line manager, the employee and the
training consultant. Their primary task is to examine issues of job descriptions, key.
performance areas based on the job descriptions, workplace performance standards,
sources of skills, performance gaps and their causes, as well as training solutions and
non-training solutions.
The study argues that there is a need to adopt a planned and systematic approach (i.e.
Hague's Model) to the identification of the training and development needs of the black
middle managers in the Income and Cash Directorate of the City of Cape Town. The
study has four objectives: the first is to present a conceptual framework of the study by
examining the existing literature on the analysis of training needs for managers in
organisations; the second is to provide some background to the Income and Cash
Directorate; the third objective is to adopt and apply Hague's Model of Training Needs
Analysis (Hague, 1973) in the Income and Cash Directorate; and the fourth objective is to
formulate a training and development strategy to be designed and implemented in order
to address the training and development needs of the black middle managers in the
Income and Cash Directorate. The study concludes, inter alia, that the lack of a systematic and planned approach to the
identification of the training and development needs of black middle managers in the
Income and Cash Directorate should be addressed by the adoption and application of
Hague's Model of Training Needs Analysis (Hague, 1973), considering the fact that it
makes provision for the collective determination of the training and development needs
of black middle managers.
The study then recommends the adoption Hague's Model of Training Needs Analysis
(Hague, 1973) in the Income and Cash Directorate of the City of Cape Town.
However, the following factors and issues should be taken into account in order to ensure
the effective implementation of Hague's Model of Training Needs Analysis (Hague,
1973) in the organisation: finalising the job descriptions; developing specific and
measurable performance standards; managing the performance of the managers;
reviewing the training and development plan on a periodic basis; implementing the
induction and mentorship systems; and implementing a management development
programme. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Hierdie studie IS gemoeid met die identifisering van die opleidings- en
ontwikkelingsbehoeftes van die swart middelbestuurders in die Inkomste- en
Kontantdirektoraat van die Stad Kaapstad en is gebaseer op gebruikmaking van Hague se
model (Hague, 1973) vir die analisering van opleidingsbehoeftes. Hierdie model bevestig
die skepping van 'n verhouding van samewerking tussen die lynbestuurder, die
werkgewer en die opleidingskonsultant. Hulle primêre taak is om die kwessies rakende
posbeskrywing, sleutelwerksgebiede gebaseer op posbeskrywings,
werkverrigtingstandaarde, bronne vir vaardigheidsopleiding, werkverrigtingsgapings en
hulle oorsake, asook opleidingsoplossings en nie-opleidingsoplossings te ondersoek.
Die studie argumenteer dat daar 'n behoefte bestaan vir die aanvaarding en toepassing
van 'n sistematies- beplande benadering ( te wete die Hague-model) tot identifisering van
die opleidings- en ontwikkelingsbehoeftes van die swart middelbestuurders in die
Inkomste- en Kontant-direktoraat van die Stad Kaapstad. Die studiedoelwitte is
viervoudig: die eerste is daarstelling van 'n konseptuele raamwerk aan die hand van die
bestudering van bestaande literatuur oor die analise van opleidingsbehoeftes vir
bestuurders in organisasies; die tweede is die verskaffing van agtergrondsinligting oor die
Inkomste- en Kontantdirektoraat; die derde is die aanvaarding en toepassing van die
Hague-model vir die analisering van opleidingsbehoeftes in die Inkomste- en
Kontantdirektoraat; en die vierde is die aanbeveling dat 'n opleidings- en ontwikkelingstrategie vir aanspreking van die opleidings- en ontwikkelingsbehoeftes van
swart middelbestuurders in die Inkomste- en Kontantdirektoraat ontwikkel en
geïmplementeer word.
Die studie kom tot die slotsom dat die gebrek aan 'n sistematies-beplande benadering tot
die identifisering van opleidings- en ontwikkelingsbehoeftes van die swart
middelbestuurders in die Inkomste- en Kontantdirektoraat aangespreek behoort te word
deur die aanname en toepassing van die Hague-model (Hague, 1973) vir
opleidingsbehoefte-analise aangesien dit voorsiening maak vir kollektiewe vasstelling
van die swart middelbestuurders se opleidings- en ontwikkelingsbeshoeftes.
Die aanvaarding van die Hague-model vir die analisering van opleidingsbehoeftes in die
Inkomste- en Kontantdirektoraat van die Stad Kaapstad word dan ook aanbeveel.
Daar word egter 'n aantal faktore en kwessies wat in aanmerking geneem moet word om
effektiewe implementering van die Hague-model vir opleidingsanalise in die organisasie
te verseker, uitgewys, te wete, finalisering van die posbeskrywings; die ontwikkeling van
spesifieke en meetbare werkverrigtingstandaarde; besturing van die bestuurders se
werkverrigting; periodieke hersiening van die opleidings- en ontwikkelingsplan;
implementering van die inlywings- en mentorskapsisteem; en die implementering van 'n
bestuursontwikkelingsprogram.
|
457 |
Evaluation of the youth development programme at Swartland MunicipalitySogwagwa, Manelisi 12 1900 (has links)
Thesis (MPA (Public Management and Planning))--University of Stellenbosch, 2010. / ENGLISH ABSTRACT:
Swartland Municipality is situated in the West Coast of the Western Cape Province
as one of the thirty municipalities in the province. Swartland Municipality, like other
municipalities, is faced with socio-economic challenges such as crime,
unemployment and low levels of education. although the unemployment rate is not so
high when compared with some of the municipalities in the province, Swartland
amongst other challenges is faced with the problem of access to tertiary education.
As a result the agricultural sector dominates as the main economic activity.
As part of the effort to address some of its socio-economic challenges, Swartland
Municipality’s Youth Development programme was established in partnership with
Umsobomvu Youth Fund and named Youth Advisory Centre (YAC). It was
established mainly to uplift the living conditions of youth in Swartland by assisting
them with career guidance advice, CV writing, and to start own businesses. To
achieve this two officials were employed, one as Career Guidance Advisor, and the
other one as an Outreach Officer. These two officials had the same duties but the
Outreach Officer was appointed mainly to bring services to Swartland areas which
are far from where the Youth Advisory Centre is located.
However, to ensure that the programme achieves its goals, programme evaluation
has to be carried out. Programme evaluation assists in determining the programme’s
shortcomings and the areas that need improvement. In this study programme
evaluation has been carried out to determine if what is planned gets implemented,
and the extent to which programme plans are achieved. In doing so, the researcher
used the YAC’s plans, reports, Swartland Municipality annual reports and held semistructured
interviews with two senior officials of Swartland Municipality who are
involved in the YAC and with the two appointed YAC officials mentioned above.
These data collection instruments provided the researcher with the information on
what the YAC planned and what it achieved from July 2006 to April 2009. The
researcher analysed this data and found that not all YAC plans and reports were
available and some contradictions existed in targets between YAC plans, the
Memorandum of Agreement (MOA) between Swartland Municipality and
Umsobomvu, and Swartland Municipality’s Annual reports. Despite these findings, it
was found that the YAC plans correspond with the YAC results reported; therefore
the YAC has been implementing its plans. Although the YAC did not meet all of its
targets, the difference between the planned outputs and achieve outputs was not big.
On the basis of these findings, the researcher recommended that there should be an
integrated planning process to set up YAC’s performance standards and the YAC
has to improve its performance in most of its key outputs, especially in supporting the
youth in business development and opportunities. / AFRIKAANSE OPSOMMING:
Swartland Munisipaliteit is aan die Weskus van die Wes-Kaap Provinsie as een van
die dertig munisipaliteite in die provinsie. Soos ander munisipaliteite, staar Swartland
Munisipaliteit sosio-ekonomiese uitdagings soos misdaad, werkloosheid en lae
vlakke van opvoeding in die gesig. Swartland staar, onder andere, die uitdaging van
toegang tot tersiêre opvoeding in die gesig, alhoewel die werkloosheidsyfer nie so
hoog is as dit met dié van ander munisipaliteite in die provinsie vergelyk word nie.
Gebrek aan toegang tot tersiêre opvoeding veroorsaak dat die landbousektor
oorheers as die hoof ekonomiese aktiwiteit wat die meeste van die mense in die
Swartland gebied in diens neem.
Swartland munisipaliteit se Jeugontwikkelingsprogram is in samewerking met die
Umsobomvu Jeugfonds as deel van die inisiatief om van die sosio-ekonomiese
uitdagings aan te spreek gestig en die Jeug Raadgewende Sentrum (JRS) het tot
stand gekom. Dit is hoofsaaklike gestig om die lewensomstandighede van die jeug in
Swartland te verbeter deur hulle by te staan met loopbaanvoorligting, die skryf van
CV’s en om hul eie besighede op die been te bring. Twee beamptes is aangestel om
hierdie doelwit te bereik, een as Loopbaan Voorligting Raadgewer en die ander as
Uitreikbeampte. Hierdie twee beamptes het dieselfde pligte, maar die uitreikbeampte
is hoofsaaklik aangestel om dienste wat ver vanaf die Jeug Raadgewende Sentrum
geleë is, nader aan die Swartland areas te bring.
’n Evaluasie moet uitgevoer word om te verseker dat die program sy doelwitte bereik.
Programevaluering het ten doel om die program se tekortkominge en die areas vir
verbetering te bepaal. Programevaluasie is in hierdie studie uitgevoer om te bepaal
of dit wat beplan is, geïmplementeer word, en in watter mate die program planne
verwesenlik word. Die navorser het gebruik gemaak van JRS planne, verslae en
Swartland Munisipaliteit se jaarverslae. Semi-gestruktureede onderhoude is met
twee senior beamptes van die Swartland Munisipaliteit wat by die JRS betrokke is,
en die bogenoemde aangestelde JRS beamptes gevoer.
Hierdie data insameling instrumente het aan die navorser die inligting gegee oor wat
die JRS beplan en wat dit vanaf July 2006 Tot April 2009 vermag het. Die navorser
het hierdie data ontleed en gevind dat nie alle JRS planne en verslae beskikbaar was
nie. Daar was ook teenstrydighede in doelwitte tussen JRS planne, die Oorenkoms
Memorandum tussen Swartland Munisipaliteit en Umsobomvu en Swartland
Munisipaliteit se Jaarverslae. Ten spyte van hierdie bevindings is daar bevind dat die JRS planne met die JRS resultate soos gerapporteer in die verslae ooreenstem, dus
het die JRS hul planne geïmplementeer. Die JRS het egter nie al die doelwitte bereik
nie, maar die verskil tussne die beplande en werklike uitsette was nie groot nie.
In die lig van hierdie bevindings stel die navorser voor dat daar geïntegreerde
beplanning moet wees om die JRS se prestasie standaarde op te trek, en die JRS
moet hul prestasie in die meeste van die sleutel uitsette verbeter, veral in die
ondersteuning van die jeug in besigheidsontwikkeling en geleenthede.
|
458 |
The role of the councillor and the official in the decision-making process of the municipalityDu Preez, Pierre Johann 12 1900 (has links)
Thesis (MPA)--Stellenbosch University, 2000. / ENGLISH ABSTRACT: Local government is a sphere of government which consists of municipalities and
its executive and legislative authority is vested in the respective municipal
councils. The council is responsible for exercising its powers and functions on
behalf of the community it represents and it makes decisions in that regard.
A municipality as an organisation which is comprised of two main components:
on the one hand, the council as a body of elected representatives and, on the other,
officials who have been employed by the council. Whilst it is generally accepted
that it is the function of the council to determine policy and of the officials to
execute the determined policy, it is accepted that in .practice there is a degree of
interfacing between these two functions. It is further accepted that, although there
is a clear distinction between the roles of councillor and official, it is possible that
there may be a degree of misconception about their respective roles.
The purpose of this study was to determine whether councillors and officials have
misconceptions about their roles in the decision-making processes of the
municipality and whether such misconceptions have a negative impact on service
delivery.
The research was initiated by a study of decision making in general, followed by a
study of decision making in local government in order to establish a basis for the
field of study. Oostenberg Municipality was then analysed, with specific reference
to its decision-making systems as well as its macro-organisational structure. A
questionnaire was sent to the top structure of the council as well as the top management structure of the municipality; the views of these respondents were
used to determine whether there were any misconceptions about their roles.
The study found that the councillor study group presented a 30.56% degree of
misconception about their role as councillors in the decision-making process of
the municipality, and in the case of the top management structure there was a
29.86% degree of misconception. The study further established that this degree of
misconception impacted negatively on service delivery.
In VIew of the above, it is recommended that councillors be subjected to
appropriate training, that the political party caucuses be accommodated in the
formal decision-making process of the municipality, and that members of the top
management structure be subjected to dedicated training on their role in the
decision-making processes of the municipality. It is also recommended that the
top management structure of the municipality should be in possession of
appropriate academic qualifications. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Plaaslike Regering is 'n sfeer van regering wat uit munisipaliteite bestaan en ten opsigte
waarvan sy uitvoerende en wetgewende gesag in sy munisipale raad gesetel is. Die raad
is namens die gemeenskap wat hy verteenwoordig vir die uitoefening van sy magte en
funksies verantwoordelik en neem hy besluite in daardie verband.
'n Munisipaliteit as 'n organisasie bestaan uit twee komponente, te wete die raad as 'n
liggaam van verkose verteenwoordigers aan die een kant, en aan die ander kant,
amptenare wat deur die raad in diens geneem is. Terwyl dit algemeen aanvaar word dat
dit die raad se funksie is om beleid te bepaal en dit die amptenare se funksie is om die
uitvoering aan die gestelde beleid te gee, word daar ook aanvaar dat daar in die praktyk,
'n mate van interfase tussen hierdie twee funksies bestaan. Dit word voorts aanvaar dat
terwyl daar 'n duidelike onderskeid tussen die onderskeie rolle van raadslid en amptenaar
is, dit moontlik is dat daar 'n mate van wanbegrip van hul onderskeie rolle bestaan.
Die doel van hierdie studie was om te bepaal of raadslede en amptenare wanbegrip van
hul onderskeie rolle in die besluitnemingsproses van die munisipaliteit ervaar en of
sodanige wanbegrip 'n negatiewe impak op dienslewering het.
Om as basis vir die studieveld te dien is algemene besluitneming eerstens bestudeer,
gevolg deur 'n studie van besluitneming in plaaslike regering. 'n Ontleding van
Oostenberg munisipaliteit met spesifieke verwysing na sy besluitnemingsprosesse en
makro-organisatoriese struktuur is daarna uitgevoer. 'n Vraelys met as respondente die
topstruktuur van die raad sowel as die top bestuurstruktuur van die munisipaliteit was
aangewend om te bepaal of daar 'n mate van wanbegrip van onderskeie rolle bestaan. Die studie het bevind dat die raadslid studiegroep 'n graad van wanbegrip van 30.56%
ten opsigte van sy rol as raadslid in die besluitnemingsproses van die munisipaliteit toon,
en in die geval van die top bestuurstruktuur, is 'n graad van wanbegrip van 29.86%
aangetoon. Die studie het verder bevind dat die bepaalde graad van wanbegrip, negatief
op dienslewering impakteer.
Met inagneming van die voorafgaande is daar aanbeveel dat raadslede aan toepaslike
opleiding blootgestel word, die akkommodering van die politieke party koukusse in die
formele besluitnemingsprosesse van die munisipaliteit, sowel as die toepaslike opleiding
van die lede van die top bestuurstruktuur van die munisipaliteit ten opsigte van hul rol in
die besluitnemingsprosesse van die munisipaliteit. Daar is ook aanbeveel dat die lede van
die top bestuurstruktuur van die munisipaliteit oor toepaslike akademiese kwalifikasies
behoort te beskik.
|
459 |
Poverty alleviation through community development : the case of PRO PRIDE-EthiopiaAtfaye, Haile 12 1900 (has links)
Thesis (MPA)--Stellenbosch University, 2001. / ENGLISH ABSTRACT: Misunderstanding of poverty and lack of sound poverty alleviating strategy, among
others, are problems of some of the few NGOs existing in Ethiopia. There is a
problem of understanding their roles in relation to the State and other stakeholders.
The principles they apply in their intervention are other problems. These are the issues
that were researched in the PRO PRIDE case study.
The legitimacy of PRO PRIDE as a poverty-alleviating programme in view of global
and Ethiopian poverty and the consequent policy focuses is justified.
The principles of PRO PRIDE - community participation, gender equity, intersectoral
collaboration, appropriate technology, focus on prevention, participatory
management, cost effectiveness and sustainability of programmes - are sound
principles. Reviewing the practices of PRO PRIDE as guided by the aforementioned
principles it is understood that the community development principles - human
orientation, public participation, empowerment, ownership, release, social learning,
adaptiveness and simplicity - are commendably achieved.
PRO PRIDE well dealt with understanding poverty and its interwoven nature. Issues
such as the deprivation trap that the poor are entangled in; the general explanation of
poverty that are given by different authors; vicious cycles of poverty and social,
economic and political causes of poverty which are operating at local, national and
international levels; and the rural-urban dynamics that work in exacerbating the urban
poverty are covered in its socio-economic study. The study of the programme areas
shows that they depict a dismal picture as a result of the operation of these poverty
dynamics.
Regarding the integrated rural-urban poverty alleviation strategy, the State has made
favourable policies and itself dwelled on rural poverty due to lack of financial
capacity to cover both rural and urban areas. The State's rural focus is accepted to
impact on the urban poverty through changing the migration pattern. PRO PRIDE is
operating in the urban setting to connect the nexus - the rural-urban strategy. PRO
PRIDE is operating with an integrated urban development strategy encompassing
income generation, basic education, primary health care, HIV IAIDS prevention and
control and environmental sanitation. Through integrating these areas of intervention
PRO PRIDE is improving the quality of life, promoting sustainable urban economic growth, creating income and employment generating opportunities, giving people
access to resources and opportunities, improving the distribution of income and
welfare, and applying sound developmental principles.
The functioning of PRO PRIDE is proven to be in a well compliance with the
requirement for organisations alike. It is functioning in collaboration and participation
with the popular sector - the people themselves and their community leaders. It
operates with the agreement of the State bodies such as FRDCB and with other line
bureaus such as Health, Education, Environmental Development, and Labour and
Social Affairs. It collaborates with donors the major being ActionAid - Ethiopia
(AAE). Internal components of PRO PRIDE such as the Board and the staff as well as
its organisational development influence its operation. All the programmes and the
projects are managed through PRO PRIDE's interaction with its internal and external
stakeho lders.
PRO PRIDE as an agent of development has played as a catalyst to initiate
development, focused on empowerment and using the people's latent potential,
materialised capacity building and facilitation. These are basically the requirements
that the current NGOs should fulfill, which PRO PRIDE commendably did.
The study has indicated that although PRO PRIDE is an organisation of overall
success, there are some areas of future focus both by the State and PRO PRIDE.
Recommendations are made as to what both parties should do in their future focuses. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Wanopvattings oor armoede en die gebrek aan gesonde strategieë vir die verligting
van armoede, onder andere, is swakhede van sommige van die paar bestaande NGO's
in Ethiopië. Verder ondervind hulle ook probleme om hulle rol met betrekking tot die
Staat en ander deelhouers te verstaan; ook die beginsels wat hulle by intervensie
beoefen, is problematies. Hierdie is die kwessies wat deur die PRO PRIDE
gevallestudie ondersoek word.
Die legitimiteit van PRO PRIDE as 'n armoede-verligtende program, gesien in die lig
van die globale en Ethiopiese armoede en die voortspruitende beleidsfokusse, word
geregverdig.
Die beginsels van PRO PRIDE - gemeenskapsdeelname, geslagsgelykheid,
intersektorale samewerking, geskikte tegnologie, fokus op voorkoming, deelnemende
bestuur, koste-effektiwiteit en die volhoubaarheid van programme - is gesonde
beginsels. Oorweging van die praktyke van PRO PRIDE aan die hand van
voorgenoemde beginsels toon dat die beginsels van gemeenskapsontwikkeling -
menslike oriëntasie, openbare deelname, bemagtiging, eienaarskap, bevryding, sosiale
leer, aanpasbaarheid en eenvoudigheid - noemenswaardig verwesenlik is.
PRO PRIDE het goed daarin geslaag om armoede en die verweefde aard daarvan te
verstaan. Kwessies soos die ontberingsvalstrik waarin die armes vasgevang is; die
algemene verklarings vir armoede deur verskillende skrywers; die bose kringloop van
armoede en die sosiale, ekonomiese en politieke oorsake van armoede, aangetref op
plaaslike, nasionale en internasionale vlakke; asook die landelik-stedelike dinamika
wat meewerk tot die verergering van stedelike armoede word gedek in die sosio-ekonomiese
studie. Die bestudering van die programareas verbeeld 'n droewige
prentjie te wyte aan die operering van hierdie armoede- dinamiek.
Betreffende die geïntegreerde landelik-stedelike armoede-verligtingstrategie, het die
Staat gunstige beleide gemaak en oorheersend gefokus op landelike armoede vanweë
'n gebrek aan finansiële kapasiteit vir die aanspreking van die probleem in beide
landelike en stedelike gebiede. Die Staat se landelike fokus is aanneemlik gevind vir
die impak wat dit op stedelike armoede kon hê deur verandering van die migrasiepatroon.
PRO PRIDE opereer vanuit 'n stedelike omgewing om die verbinding, landelik-stedelike strategie, te bewerkstellig. Dit opereer binne 'n geïntegreerde
stedelike ontwikkelingstrategie behelsende inkomstegenerering, basiese opvoeding,
primêre gesondheidsorg, VIGS-voorkoming en -beheer, asook omgewingsanitasie.
Deur integrering van hierdie tussenkomsgebiede verbeter PRO PRIDE
lewenskwaliteit, bevorder dit volhoubare stedelike ekonomiese groei, genereer dit
inkomste- en indiensnemingsgeleenthede, maak dit hulpbronne en geleenthede
toeganklik vir mense, verbeter dit die distribusie van inkomste en welvaart en pas dit
gesonde ontwikkelingsbeginsels toe.
Die funksionering van PRO PRIDE is bewys te voldoen aan die vereistes gestel vir
ooreenstemmende organisasies. Dit funksioneer met die samewerking en deelname
van die volksektor - die mense en hulle gemeenskapsleiers. Dit opereer met die
instemming van Staatsorgane soos FRDCB en ander lynstaatsinstansies soos dié van
Gesondheid, Opvoeding, Omgewingsontwikkeling en Arbeid en Sosiale
Aangeleenthede. PRO PRIDE werk ook saam met donateurs van wie die vernaamste
ActionAid-Ethiopië (AAE) is. Interne komponente soos die Raad en personeel, asook
die organisatoriese ontwikkeling van PRO PRIDE beïnvloed die operering daarvan.
Alle programme en projekte word bestuur deur PRO PRIDE se interaksie met sy
interne en eksterne deelhouers. PRO PRIDE as 'n ontwikkelingsagent het as 'n
katalisator opgetree om ontwikkeling te inisieer, het gefokus op bemagtiging en
gebruik van die mense se latente potensiaal en het kapasiteitsbou en fasilitering
bewerkstellig. Hierdie basiese vereistes waaraan NGO's behoort te voldoen is
noemenswaardig deur PRO PRIDE gerealiseer.
Die studie het getoon dat hoewel PRO PRIDE in die geheel geslaag het as
organisasie, daar tog sommige gebiede is wat toekomstige aandag van beide die Staat
en PRO PRIDE verdien. Aanbevelings word gemaak oor wat beide partye in hul
toekomstige fokus behoort te onderneem.
|
460 |
The impact of beneficiary listing on housing project implementationMbogo, Rachel Muthoni 12 1900 (has links)
Thesis (MPA)--Stellenbosch University, 2001. / ENGLISH ABSTRACT: There exists a concern about the low rate of providing low-cost houses in South
Africa. The premise of the research study is that in the presence of a growing
shortage of houses characterised by unplanned squatter settlements, activities for
identifying housing beneficiaries should be planned and executed in ways that do not
adversely influence the implementation schedules for housing projects. Project
management as a discipline provides skills and techniques that are utilised in housing
project management. The tendency for housing project implementers to view
efficiency in quantitative terms is challenged by pressures from the institutional
environment that demand attention to qualitative aspects of housing projects.
The research study addresses beneficiary listing as an influential process in the
implementation of housing projects. The study is presented in related topics. They
are, project management, the institutional environment of the beneficiary listing
process, a case study of the Snake Valley Housing Project near Stellenbosch,
measurement, observations, and findings. The study concludes with
recommendations for the adoption of structure related mechanisms that influence
planning, managing and control of housing project activities. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Kommer bestaan oor die vlakke van lae-koste behuisingslewering in Suid-Afrika. Die
premise van hierdie studie is dat in die groeiende tekort aan huise en ook
onbeplande informele nedersettings, aktiwiteite vir die identifisering van behuising
begunstigdes, beplan en uitgevoer behoort te word op so 'n wyse dat dit nie die
implementering skedules van behuisingsprojekte negatief beinvloed nie. 'n Tendens
by behuisingsprojek implementeerders om effektiwiteit in kwantitatiewe terme te
bejeën word hiermee uitgedaag vanuit die institusionele omgewing wat toenemend
vereis dat aandag ook gewy moet word aan die kwalitatiewe aspekte van
behuisingsprojekte.
Hierdie studie fokus op die proses van behuisingswaglysting en hoe dit die
implementering van behuisingsprojekte beinvloed. Die studie word aangebied deur
die volgende verbandhoudende aspekte naamlik projekbestuur, die institusionele
omgewing van die behuising waglystingsproses, 'n gevalstudie van die Snake Valley
Behuisingsprojek naby Stellenbosch, waarnemings en bevindinge. Die studie eindig
met aanbevelings vir die aanvaarding van bepaalde meganismes wat die beplanning,
bestuur en beheer van behuising projekaktiwiteite kan beinvloed.
|
Page generated in 0.1256 seconds