Spelling suggestions: "subject:"dissertations -- daw"" "subject:"dissertations -- caw""
1 |
The role of implicit contract terms as a determinant of contractual consequencesBailly, Chantal 12 1900 (has links)
Thesis (LLM)--University of Stellenbosch, 2005. / ENGLISH ABSTRACT: It is clear that the classical concept of contract suffers from weaknesses because it takes
too little account of social and economic changes that have occurred in our highly
competitive global climate. More particularly, it fails to acknowledge implicit
dimensions of contract.
The classical contract theory was designed for transactions rather than to regulate
relations. In view of the relational contract theory, contracts are agreements, often
developed gradually, over a period of time and last over a period of time, perhaps
indefinitely.
As illustrated, with a discussion of the various theories attempting to qualify the classical
law, the development of the relational contract theory and the need for implicit
dimensions is in line with changes in business, market transactions and the economic and
social environment of today.
The relational contract is gradual and emphasises the relationship between the parties.
Focus is placed on their understandings, party practices, customs and expectations as
opposed to formal doctrines and principles.
Characteristically, relational contracts are often incomplete in their specifications, thus
leaving room for the creation of expectations and understandings inter partes. These
expectations and understandings along with co-operation, rationality and trust are the
implicit dimensions, which reflect the shared interest the parties have in their transaction.
The ways in which these implicit dimensions can be recognised, developed and applied to
contracts, particularly in the South African context is considered in light of our law's
treatment of the implication of terms into contracts. It was found that considerations of
reasonable expectations and policy do playa role in our law, albeit not to such an extent
as to meet the demands of the relational contract theory and the recognition of implicit
dimensions. Existing contract principles are also evaluated in the light of the relational contract and
implicit dimensions.
It is not suggested that classical contract law doctrines are to be dispensed with but that a
shift of focus should occur, from the traditional focus on the ''paper'' deal to focusing on
the ''real'' deal, between the parties.
It is concluded that a principle of good faith would be a suitable starting point to give
cognisance to implicit dimensions and to regulate relational contracts. In recognising a
principle of good faith, the courts will be able to better respond to the expectations of the
parties. A principle of good faith is recommended as being advantageous towards
developing a pre-contractual duty of disclosure and encouraging more co-operative
thinking and dealing in both legal doctrine and contracting practice. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Dit is vandag duidelik dat die klassieke kontraksmodel aan swakhede ly omrede dié model nie
genoegsaam rekening hou met sosiale en ekonomiese veranderinge mons
hoogskompeterende wêreldklimaat nie. Meer bepaald, neem die model nie die implisiete
aspekte van kontrakte in ag nie.
Die klassieke teorie is meer gepas vir eenmalige transakies tussen kontraktante en nie soseer
gebruik vir die regulering van deurlopende kontraksverhoudinge nie. In terme van die
verhoudingskontrakteorie ("relational contract theory") word kontrakte beskou as
ooreenkomstes wat geleidelik, oor 'n lang tydperk kan duur, miskien selfs vir 'n onbepaalde
tydperk.
Soos gei1lustreer, is daar verskeie teoriëe wat poog om die bestaande klassieke benadering aan
te pas. Die ontwikkeling van die verhoudingskontrakteorie en die implisiete aspekte van
kontrakte korreleer met veranderinge in internasionale handel en die ekonomiese en sosiale
omgewing van vandag.
Die verhoudingskontrakteorie beklemtoon die verhouding tussen die partye, hul praktyke en
gewoontes en verwagtinge en is nie net slegs op formele beginsels gebaseer nie.
'n Eienskap van hierdie kontraktstipe is dat hulle dikwels nie poog om die verhouding van die
partye volledig te reguleer nie. Sodoende word ruimte gelaat vir die ontwikkeling van
verwagtinge en implisiete verwagtinge tussen die partye.
Hierdie verwagtinge en verstandhoudings te same met die beginsels van samewerking,
redelikheid en onderlinge vertroue, is die implisiete aspekte wat die gemeenskaplike belang
wat partye in hul verhouding het, weerspieël.
Maniere om hierdie implisiete aspekte te herken, te ontwikkel en toe te pas, veral in die Suid-
Afrikaanse konteks, is oorweeg in die lig van ons reg se benadering tot die inlees van
onuitgesproke bedinge in kontrakte. Alhoewel daar bevind is dat redelike verwagtinge en
beleid wel 'n rol speel, is dit onvoldoende in die lig van die eise van die
verhoudingskontrakteorie en die behoefte aan implisiete aspekte.
Bestaande kontraksbeginsels is ook geëvalueer in die lig van die verhoudingsgebaseerde
kontrak en implisiete aspekte. Daar word nie gesuggereer dat klassieke beginsels van die hand gewys moet word nie. Eerder
dan die tradisionele fokus op die "paper deal" moet die fokus op die"real deal" wees.
Ten slotte word die behoefte aan die erkenning van 'n beginsel van goeie trou uitgelig.
Breedweg sal howe beter kan reaggeer op partye se verwagtinge en verstandhoudinge en dié
beginsel word ook aanbeveel met die oog op die behoefte aan samwerking tussen partye en
die ontwikkeling van 'n voor-openbaarmakingsplig.
|
2 |
Testeervryheid in die Suid-Afrikaanse reg in die lig van 'n handves van regteDu Toit, Francois 12 1900 (has links)
Thesis (LLD)--University of Stellenbosch, 2000. / ENGLISH ABSTRACT: Freedom of testation is one of the underlying principles of the South African law of testate
succession. South African testators may therefore dispose of their assets by way of will in
any manner they deem fit. This freedom is however not absolute and is indeed restricted in
accordance with certain social and economic considerations - some of the restrictions on free
testamentary disposition originated at common law while others are couched in the form of
statute. The boni mores or legal convictions of the community is one of the socially founded
mechanisms which operate to limit freedom of testation in South African law. The South
African legislature as well as the South African courts have however been somewhat remiss
in attending to (and rejuvinating) the legal position regarding the restriction of freedom of
testation in terms of the boni mores. The need for legal development in this area is all the
more acute in view of South Africa's new constitutional dispensation - the interpretation and
application of South Africa's final Constitution has rendered the influence of constitutional
rights and principles on private law (and therefore also on freedom of testation) a pertinent
legal issue.
In view of the above-mentioned considerations, this work entails a general study of freedom
of testation with specific reference to the application of a constitutionally founded boni morescriterion
on the restriction of free testamentary disposition. This study proceeds with due
cognisance of relevant juridical, social and economic considerations which provide a basis for
both freedom of testation and its limitation. In this regard a historical perspective is obtained
at the outset through an analysis of the approach to freedom of testation in Roman and
Roman-Dutch law. The position with regard to South African law is thereafter investigated.
The "traditional" approach to freedom of testation (and its restriction) is examined first,
whereafter the possible impact of relevant provisions of the South African Bill of Rights on
free testamentary disposition is considered from a theoretical perspective. A comparative
study then follows. In this regard the approach to freedom of testation in both common law
and continental or civil law legal systems is investigated. English and Australian law are
considered as examples of the former while Dutch, Belgian and German law are considered
as examples of the latter. The investigation into all the legal systems mentioned above has a dual focus. On the one
hand the support which is rendered to freedom of testation in each legal system is considered.
This support is readily founded on the acknowledgement in each system of private ownership
and hence private succession, the latter which in turn acknowledges testamentary freedom.
Other elements of the law of testate succession which render support to freedom of testation
in each system are also examined. The restriction of free testamentary disposition in each
legal system is investigated on the other hand. This investigation is principally focused on
the impact of the boni mores, legal convictions of the community, public interest, public
policy (the last-mentioned consideration is of particular importance in common law legal
systems) and the good morals (particularly relevant in civil law legal systems) on the
restriction of freedom of testation.
Proposals for a future approach to the restriction of freedom of testation in South African law
in accordance with a constitutionally founded boni mores-criterion are advanced in the closing
chapter. The principal proposal in this regard is couched in the form of a new statutory
provision which would best address the legal problem under discussion. This proposal is then
illustrated with reference to practical examples. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Testeervryheid vorm een van die grondslae van die Suid-Afrikaanse testate erfreg. Suid-
Afrikaanse testateurs kan dientengevolge na goeddunke by wyse van testament oor hul bates
beskik. Hierdie vryheid is egter nie absoluut nie en word ooreenkomstig bepaalde sosiale en
ekonomiese oorwegings beperk - sommige beperkings is gemeenregtelik van aard terwyl
andere in wetgewing beslag kry. Die boni mores of regsgevoel van die gemeenskap is een
van die sosiaal-gefundeerde meganismes aan die hand waarvan testeervryheid in die Suid-
Afrikaanse reg beperk word. Sowel die Suid-Afrikaanse wetgewer as die Suid-Afrikaanse
howe het egter in onlangse tye in gebreke gebly om die regsposisie ten opsigte van die
beperking van testeervryheid ingevolge die boni mores te vernuwe. Regsontwikkeling op
hierdie gebied is des te meer noodsaaklik in die lig van Suid-Afrika se nuwe grondwetlike
bedeling - die invloed van grondwetlike regte en beginsels op die privaatreg (en derhalwe ook
op testeervryheid) word geredelik deur die interpretasie en toepassing van Suid-Afrika se
finale Grondwet aan die orde gestel.
In die lig van bogenoemde oorwegings word 'n studie van testeervryheid in die algemeen en
die aanwending van 'n grondwetlik-gefundeerde boni mores-maatstaf ter beperking van
testeervryheid in die besonder in hierdie werk onderneem. Die studie geskied deurgaans aan
die hand van tersaaklike juridiese, sosiale en ekonomiese oorwegings wat sowel testeervryheid
as die beperking van dié vryheid fundeer. In hierdie verband word 'n historiese perspektief
ter aanvang verkry deurdat die benadering tot testeervryheid in die Romeinse en Romeins-
Hollandse reg ontleed word. Die posisie in die Suid-Afrikaanse reg word daarna op
tweeledige wyse ondersoek. Die "tradisionele" benadering tot testeervryheid (en die
beperking daarvan) word enersyds onder die loep geneem waarna 'n teoretiese perspektief op
die moontlike invloed van tersaaklike bepalings van die Suid-Afrikaanse Handves van Regte
op testeervryheid andersyds verkry word. 'n Regsvergelykende studie word daarna
onderneem. In hierdie verband word die benadering tot testeervryheid in sowel "common
law"- as kontinentale of "civil law "-regstelsels beskou. Die Engelse en Australiese reg word
as voorbeelde van eersgenoemde ontleed terwyl die Nederlandse, Belgiese en Duitse reg as
voorbeelde van laasgenoemde beskou word. Die fokus van die ondersoek na al die regstelsels hierbo vermeld, val enersyds op die
onderskraging wat in elke regstelsel aan testeervryheid verleen word. Sodanige onderskraging
spruit geredelik uit die erkenning in die onderskeie regstelsels van private eiendomsreg en
derhalwe private erfopvolging, laasgenoemde wat weer op die erkenning van testeervryheid
dui. Ook ander elemente van die testate erfreg wat in elke van die genoemde regstelsels ter
onderskraging van testeervryheid funksioneer, word beskou. Die beperking van
testeervryheid in elk van die regstelsels word andersyds ondersoek. Die fokus val in hierdie
verband veralop die invloed van die boni mores, regsgevoel van die gemeenskap, openbare
belang, openbare beleid (laasgenoemde veral relevant in "common law"-regstelsels) en die
goeie sedes (veral relevant in kontinentale regstelsels) op die beperking van testeervryheid.
In die slothoofstuk word voorstelle omtrent 'n toekomstige benadering tot die beperking van
testeervryheid in die Suid-Afrikaanse reg aan die hand van 'n grondwetlik-gefundeerde boni
mores-maatstaf gemaak. Die vernaamste voorstel in hierdie verband vind beslag in 'n nuwe
statutêre bepaling wat die onderhawige regsprobleem ten beste sal aanspreek. Hierdie
voorstel word ten slotte aan die hand van praktiese voorbeelde toegelig.
|
3 |
An assessment of constitutional guarantees of religious rights and freedoms in South AfricaGildenhuys, J. L. 03 1900 (has links)
Thesis (LLD)--University of Stellenbosch, 2002. / ENGLISH ABSTRACT: The central issue which is considered in this thesis is the meaning of the constitutional
guarantees of religious rights and freedoms in South Africa. In other words, it is concerned
with the functions of the state, through its laws or conduct, in respect of religion and with its
relationship towards the institutional church or religious community.
It is argued that religious freedom is, in fact, a bundle of rights and freedoms. The "essential
rights and freedoms of religion" which constitute this "bundle" are identified in the context of
the historical development of religious rights. It is shown that religious rights theories have
developed in the West which include concepts of freedom of conscience, the right to freely
exercise religion, accommodation of pluralism of a confessional and institutional nature,
equality of all religions before the law, nondiscrimination on the grounds offaith, institutional
separation of church and state and some separation of state (or law) and religion.
It is maintained that no single principle could by itself guarantee religious freedom and that
these rights and freedoms are mutually. supportive of and mutually subservient to the highest
goal of guaranteeing religious freedom. These essential rights and freedoms are therefore
treated as constituting minimum standards for the protection of religious freedom and it is
argued that religious freedom as protected in the South African Constitution should be
interpreted to incorporate these multiple principles.
It is shown that, prior to the promulgation of the interim Constitution the essential rights and
freedoms of religion were not adequately protected in South Africa and that the constitutional
entrenchment of these essential religious rights was necessitated by various factors in the
preconstitutional South African society.
The position with regard to religious rights and freedoms in post-Constitutional South Africa
is considered by briefly sketching the broader constitutional context and by assessing the
constitutional clauses protecting religious rights to determine whether the essential rights are
protected. The religious rights provisions in the Constitution are analysed in detail in order to
determine how they should be interpreted and implemented to ensure adequate protection of
the essential rights and freedoms of religion in South Africa. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Die sentrale vraagstuk wat in hierdie proefskrif ondersoek word is die betekenis van
godsdiensregte en vryhede wat in die Grondwet verskans word. Dit ondersoek die funksie van
die staat, hetsy deur wetgewing of staatsoptrede, ten opsigte van godsdiens en ten opsigte van
kerke of godsdiensgroepe.
Daar word geargumenteer dat godsdiensregte inderdaad uit 'n aantal regte, oftewel, 'n bondel
regte, bestaan. Die essensiële regte en vryhede van godsdiens wat hierdie bondelopmaak word
geïdentifiseer met verwysing na die historiese ontwikkeling van godsdiensregte. Teorieë van
godsdiensregte het in die Weste ontwikkel wat die volgende essensiële regte en vryhede
insluit: vryheid van gewete, die reg om godsdiens vrylik te beoefen, akkommodasie van
pluralisme, gelykheid van alle godsdienste en nie-diskriminasie op grond van godsdiens,
institusionele skeiding van kerk en staat en gedeeltelike skeiding van staat en godsdiens.
Die argument lui verder dat 'n enkele beginsel nie opsigself godsdiensvryheid kan waarborg
nie en dat hierdie regte en vryhede mekaar wedersyds ondersteun en tesame die doel van
godsdiensvryheid dien. Die essensiële regte en vryhede van godsdiens word daarom behandel
as minimum standaarde vir die beskerming van godsdiensvryheid en daar word 'n saak
uitgemaak dat godsdiensvryheid in die Suid-Afrikaanse Grondwet geïnterpreteer behoort te
word as synde hierdie veelvuldige beginsels in te sluit.
Die proefskriftoon dat die essensiele regte en vryhede nie voor die inwerkingtreding van die
interim Grondwet in Suid-Afrika genoegsame beskerming geniet het nie en dat die
konstitusionele verskansing daarvan deur verskeie faktore in die pre-konstitusionele Suid-
Afrika genoodsaak is.
Die posisie na die inwerkingtreding van die Grondwet word geëvalueer deur kortliks die breë
grondwetlike konteks te skets en vas te stelof die artikels in die Grondwet wat met godsdiens
handel, inderdaad die essensiele regte en vryhede van godsdiens beskerm. Hierdie artikels
word in diepte geanaliseer ten einde te bepaal hoe hulle geïnterpreteer en geïmplementeer
behoort te word ten einde die essensiele godsdiensregte en vryhede genoegsaam te beskerm.
|
4 |
The meaning of public purpose and public interest in Section 25 of the ConstitutionNginase, Xolisa Human 12 1900 (has links)
Thesis (LLM (Mercantile Law))--University of Stellenbosch, 2009. / ENGLISH ABSTRACT: This thesis discusses the meaning of public purpose and public interest in s 25 of the
Final Constitution. The main question that is asked is: how does ‘public purpose’
differ from ‘public interest’, and what impact did the Final Constitution have on the
interpretation and application of the public purpose requirement in expropriation law
in South Africa? This question is investigated by looking at how the courts have dealt
with the public purpose requirement, both before and during the first years of the
constitutional era in South African law, and also with reference to foreign law.
The thesis shows that the position has not changed that much yet because the
interpretation of this requirement has not received much attention in constitutional
case law. The main focus is to show that the reason for the interpretation problems
surrounding this requirement is the apparent conflict between the formulation of the
public purpose requirement in the Final Constitution and in the current Expropriation
Act of 1975. It is pointed out that the efforts that were made to resolve the problem
failed because the Expropriation Bill 2008 was withdrawn. Consequently, it is still
unclear how the public purpose requirement has been changed by s 25(2) of the
Constitution, which authorises expropriation for a public purpose or in the public
interest. This apparent lack of clarity is discussed and analysed with specific
reference to the different types of third party transfers that are possible in
expropriation law.
Comparative case law from Australia, Germany, the United Kingdom, the United
States of America and the European Convention on Human Rights is considered to
show how other jurisdictions deal with the public purpose requirement in their own
constitutions or expropriation legislation, with particular emphasis on how they solve
problems surrounding third party transfers. In the final chapter it is proposed that the
Expropriation Bill should be reintroduced to bring the formulation of the public
purpose requirement in the Act in line with s 25(2) and that expropriation for transfer
to third parties could be in order if it serves a legitimate public purpose or the public
interest (e g because the third party provides a public utility or for land reform), but
that expropriation for economic development should be reviewed strictly to ensure
that it serves a more direct and clear public interest than just stimulating the
economy or creating jobs. / AFRIKAANS OPSOMMING: Hierdie tesis bespreek die betekenis van openbare doel en openbare belang in a 25
van die Finale Grondwet. Die belangrikste vraag is: hoe verskil ‘openbare doel’ van
‘openbare belang’, en watter impak het die Finale Grondwet op die interpretasie en
toepassing van die openbare doel-vereiste in die Suid-Afrikaanse onteieningsreg
gehad? Die vraag word ondersoek met verwysing na die howe se hantering van die
openbare doel-vereiste voor en gedurende die eerste jare van die nuwe grondwetlike
bedeling, asook met verwysing na buitelandse reg.
Die tesis toon aan dat die posisie nog min verander het omdat die interpretasie van
die vereiste in die grondwetlike regspraak nog nie veel aandag gekry het nie. Daar
word aangetoon dat interpretasieprobleme rondom hierdie vereiste ontstaan as
gevolg van die oënskynlike teenstrydigheid tussen die formulering van die openbare
doel-vereiste in die Finale Grondwet en in die huidige Onteieningswet van 1975.
Daar word geargumenteer dat pogings om die probleem op te los gefaal het omdat
die Onteieningswetsontwerp 2008 teruggetrek is. Dit is daarom steeds onduidelik
hoe die openbare doel-vereiste deur a 25(2) van die Grondwet, wat onteiening vir ‘n
openbare doel of in die openbare belang toelaat, verander is. Hierdie oënskynlike
gebrek aan sekerheid word bespreek met verwysing na die verskillende gevalle
waarin eiendom onteien en dan aan derde partye oorgedra word.
Regsvergelykende regspraak van Australië, Duitsland, die Verenigde Koninkryk, die
Verenigde State van Amerika en die Europese Konvensie op Mensregte word
oorweeg om te wys hoe ander regstelsels die openbare doel-vereiste in hulle
grondwette of onteieningswetgewing interpreteer, spesifiek ten aansien van die
oordrag van eiendom aan derde partye. In die laaste hoofstuk word aan die hand
gedoen dat die Onteieningswetsontwerp weer ter tafel geneem moet word om die
bewoording van die openbare doel-vereiste in die Onteieningswet in
ooreenstemming met a 25(2) te bring. Daar word ook aan die hand gedoen dat
onteiening vir oordrag aan derde partye in orde kan wees as dit ‘n geldige openbare
doel of die openbare belang dien (bv omdat die derde party ‘n openbare diens lewer
of in belang van grondhervorming), maar dat onteiening vir ekonomiese ontwikkeling
streng hersien moet word om te verseker dat dit ‘n meer direkte en duidelike
openbare belang dien as bloot om die ekonomie te stimuleer of om werk te skep.
|
5 |
Comparison of post-employment restraints in South Africa, England and GermanyGuhl, Christian Andreas 12 1900 (has links)
Thesis (LLM)--University of Stellenbosch, 2003. / ENGLISH ABSTRACT: This dissertation deals with restraints in post-employment cases in England, South Africa and
Germany. The attempt was made to compare the restraint of trade doctrine that was developed
in England and is still used in the common law countries, on one the hand, and the German
restraint of trade rules on the other.
Therefore the development of the restraint of trade doctrine in England is described, as well as
the modifications of the restraint of trade doctrine in South Africa. Also it is given an overview
of the German restraint of trade rules.
As far as the English and South African law is concerned, the historical developments and
applicable principles of the restraint of trade doctrine are emphasised, whereas the main aim in
the German part is to give an overview about the codified restraint of trade rules.
While comparing the common law doctrine and the German restraint of trade law it is
emphasised that in the common law countries the reasonableness and public interest plays an
important role, whereas in German restraint of trade law, on the other hand, the payment of
compensation is an important matter. / AFRIKAANSE OPSOMMING: geen opsomming
|
6 |
An assessment of the South African law governing breach of contract : a consideration of the relationship between the classification of breach and the resultant remediesVenter, Cindy Michelle 04 1900 (has links)
Thesis (LLM)--University of Stellenbosch, 2005. / ENGLISH ABSTRACT: The South African system of breach of contract recognizes several distinct forms of
breach. each encompassing its own set of requirements. Before one is able to
determine the outcome and accordingly the rights of each contracting party in respect
of an alleged breach of contract. the factual situation must be fitted into one of the
recognized forms of breach. This has resulted in a highly complex system of breach
of contract and resultant remedies.
The existence of a direct relationship between the form of breach present in a factual
situation and the remedies available to the innocent party is a fundamental premise of
South African law and one that is often accepted without much investigation. This
thesis investigates the extent of this interdependence and to establish whether this
intricate system is necessary from a practical and a theoretical point of view.
To this end. the thesis examines the less complex system of breach of contract as
embodied in the United Nations Convention on Contracts for the International Sale of
Goods C·CISG'·) which has been widely adopted in international trade. and which has
provided a template for the reformation of various national systems of law. This study
concludes that the South African approach to breach of contract and remedies is in
need of reform. and that a unitary concept of breach could provide a basis for both a
simplification and modernization of our law. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Die Suid-Afrikaanse Kontraktereg erken verskeie verskyningsvorms van
kontrakbreuk, elk met sy eie besondere vereistes. Ten einde die uitkoms van
probleemsituasies waarin kontrakbreuk beweer word te bepaal en derhalwe die regte
van die betrokkenes uit te kristalliseer. moet die feitestelonder die een of ander vorm
van kontrakbreuk tuisgebring te word. Hierdie benadering het 'n besonder komplekse
stelsel van kontrakbreuk en remedies tot gevolg.
'n Fundamentele uitgangspunt van die Suid-Afrikaanse stelsel is dat daar Il direkte
korrelasie bestaan tussen die tipe van kontrakbreuk wat in 'n bepaalde geval
teenwoordig is en die remedies waarop die onskuldige party kan staatmaak. Hierdie
siening, wat meerendeel sonder bevraagtekening aanvaar word, vorm die fokuspunt
van hierdie ondersoek. Die oogmerk is om die praktiese nuttigheid en teoretiese
houbaarheid van die benadering vas te stel.
As 'n vergelykingspunt neem die tesis die vereenvoudigde sisteem van kontrakbreuk
beliggaam in die Verenigde Nasies se Konvensie aangaande die Internasionale
Koopkontrak ("CISG"). Hierdie verordening geniet wye erkenning in die
Internasionale Handel en het alreeds die grondslag gevorm van verskeie inisiatiewe
vir die hervonning van Il aantal nasionale regstelsels. Die gevolgtrekking is dat die
Suid-A frikaanse benadering tot kontrakbreuk en die remedies daarvoor hervorming
benodig en dat die opvatting van 'n sg uniforme kontrakbreuk as 'n basis kan dien vir
die vereenvoudiging en modernisering van ons reg.
|
7 |
Vereniging van die koopreg : kontraksluiting in 'n historiese, regsvergelykende en internasionale perspektiefBruwer, Elizabeth 12 1900 (has links)
Thesis (LLM)--University of Stellenbosch, 2000. / ENGLISH ABSTRACT: International trade has increased tremendously in the last few decades. When parties
to a contract find themselves in different countries and each has its own legal
background, specific problems originate in connection with formation of the contract,
its execution, the breach thereof and so forth. The predominant theme of this work is
the question of how a diversity of legal rules should be approached in an international
context. The focus is on contract formation, and the rules of offer and acceptance are
therefore examined.
As a result of diverse legal cultures, different legal systems often have contradicting
rules pertaining to contract formation, which can lead to a variety of problems if the
contracting parties are not aware of the inconsistencies. According to international
private law's choice of law-rules, such a contract should be governed by the rules of
the legal system with which it has the closest connection. Connecting factors can be
for instance the domicile of particular persons at various times, the situs of property,
or the place where a juristic act was performed. One specific legal system will
therefore rule the contract.
There is however another possibility: that of a uniform substantive law. This
involves the unification of different legal rules into one set of rules to be applied to
contracts which are concluded in an international context.
Taking into account that many of the rules and doctrines applicable to contract law
have a common philosophical origin, the necessity of a convergence of these rules
may be questioned. However, most of the rules ended up being different in different
legal systems, and parties to an international transaction will probably not have the
same idea about questions such as the possibility to revoke an offer before acceptance,
or the precise moment of formation of the contract. A comparative study of the rules
of offer and acceptance illustrates this point. International efforts to unify the law in this regard are explored, in order to assess the
possibility of a uniform substantive law of contracts. Some of the international
instruments seem to be able to find a middle way between conflicting rules, although
it may not always be the best way to solve the problem. It is argued that harmony is
not necessarily advanced by a codification of existing rules, and that a common legal
culture which can lead to the incremental development of harmonious legal principles
may be an alternative solution for the problem of incompatible national legal systems
in an international context. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Internasionale handel het die afgelope paar dekades geweldig toegeneem. Wanneer
kontraktante hulle in verskillende lande bevind, elke party met sy eie regsagtergrond,
ontstaan eiesoortige probleme in verband met kontraksluiting, die uitvoering daarvan,
kontrakbreuk, en dies meer. Die oorheersende tema van hierdie werk is die vraag na
die hantering van 'n verskeidenheid regsreëls betrokke in 'n internasionale konteks.
Die fokus is op kontraksluiting, en die reëls aangaande aanbod en aanname word
derhalwe ondersoek.
As gevolg van die bestaan van uiteenlopende regskulture het verskillende regstelsels
dikwels teenstrydige reëls met betrekking tot kontraksluiting. Dit kan natuurlik
problematies wees, veral indien die partye tot die kontrak nie bewus is van die
teenstrydighede nie. Ooreenkomstig die choice of law-reëls van internasionale
privaatreg, word so 'n kontrak beheers deur die regstelsel waarmee dit die nouste
verbintenis het. Faktore wat dui op so 'n band kan byvoorbeeld die domisilie van
bepaalde persone op verskillende tye, die situs van eiendom, of die plek waar 'n
regshandeling verrig is wees. Een spesifieke regstelsel sal dus van toepassing wees
op die kontrak.
Daar is egter ook 'n ander moontlikheid: dié van 'n eenvormige substantiewe reg.
Dit behels die vereniging van verskillende regsreëls ten einde een stel reëls daar te stel
wat toegepas word op internasionale kontrakte.
lndien in ag geneem word dat heelparty reëls en leerstukke in die kontraktereg 'n
gemeenskaplike filosofiese oorsprong het, is die noodsaaklikheid van 'n vereniging
van die reëls nie 'n gegewe nie. Die meeste van dié reëls het egter verskillend
uitgekristalliseer in verskillende regstelsels, en partye tot 'n internasionale transaksie
sal heel waarskynlik nie dieselfde opinie hê oor kwessies soos die moontlikheid om 'n
aanbod voor aanname daarvan te herroep, of die presiese oomblik van totstandkoming van 'n kontrak nie. 'n Vergelykende studie van die reëls van aanbod en aanname
illustreer die punt.
Internasionale pogings om die reg in die verband te verenig word ondersoek, ten einde
die moontlikheid van 'n eenvormige substantiewe reg van toepassing op kontrakte te
beoordeel. Sekere van die internasionale instrumente blyk 'n middeweg tussen
uiteenlopende reëls te vind, alhoewel dit nie noodwendig die beste manier is om die
probleem voorhande op te los nie. Daar word geargumenteer dat harmonie nie
noodwendig bevorder word deur 'n kodifikasie van bestaande reëls nie, en dat 'n
gemeenskaplike regskultuur wat tot die geleidelike ontwikkeling van eenvormige
regsbeginsels kan lei, 'n alternatiewe oplossing vir die probleem van onversoenbare
nasionale regstelsels in 'n internasionale konteks kan wees.
|
8 |
Fundamental change of circumstances and the principle of 'causa finalis'Von Alvensleben, Philipp Carl 12 1900 (has links)
Thesis (LLM)--Stellenbosch University, 2001. / ENGLISH ABSTRACT: On the basis of a comparative analysis of the case law in Germany, England and South Africa
dealing with fundamental change of circumstances, it is submitted that the underlying
principle of this problem area is the idea of frustration of the contractual purpose (causa
finalis). The problem of fundamental change of circumstances is directly connected with
basic issues of legal theory such as the dichotomy between legal certainty and substantive
justice, the role and limits of interpretation, the concretisation of principles, the adjudication
of interests and the problem of value-judgements in the law which are of immediate influence
on the understanding of the problem by judges and legal commentators. A broad perspective
on the topic is necessarily indicated hereby.
The thesis therefore starts off with an account of the role of purpose (causa finalis) in the
history of legal philosophy, with a focus on developments in Germany. The continuing
relevance of Aristotelian-Thomistic legal thinking is emphasized. The German and English
case law dealing with fundamental change of circumstances is analyzed in an analogous
manner. An account of the history and development of the doctrines dealing specifically with
fundamental change of circumstances is given: the clausuIa rebus sic stantibus of the ius
commune, the doctrine of WegJall der Geschaftsgrundlage in Germany and the doctrine of
frustration of contract and common mistake in England. The crucial elements of the approach
of the courts are restated. The positions of the two most influential German legal authors
involved on opposite sides of the debate concerning the doctrine of WegJall der
Geschaftsgrundlage are discussed. At the end of the discussion of English case law, the
approach of the English courts is compared with that of their German counterparts, providing
a basis for the development of the author's understanding of the concept causafinalis.
Notwithstanding the fact that South African law does not recognize a doctrine dealing
specifically with fundamental change of circumstances, and in spite of dicta to the effect that
the English doctrine of frustration of contract is not part of South African law, it is submitted
that the doctrine of frustration of contract has nevertheless strongly influenced the South
African law of supervening impossibility and supposition, and has arguably become part and
parcel of it. Likewise, cases of frustration of the contractual purpose due to a fundamental
change of circumstances have been dealt with by means of other doctrinal devices such as
common mistake. It is submitted, finally, that the famous and controversial issue of the role
of causa in South African law should be reconsidered, since it may contribute to the
understanding of the notion of contract, and assist in overcoming the current doctrinal crisis
of the theory of contract. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Aan die hand van 'n vergelykende analise van die regspraak in Duitsland, Engeland en Suid-
Afrika betreffende fundamentele verandering van omstandighede, word ter oorweging gegee
dat die beginselonderliggend aan hierdie probleemgebied te vind is in die gedagte van
verydeling van die kontraksoogmerk. Die probleem van fundamentele verandering van
omstandighede staan in onmiddellike verband met basiese vrae van die regsteorie, onder
andere die teenstelling tussen regsekerheid en substantiewe geregtigheid, die rol en perke van
uitleg, die konkretisering van beginsels, die opweging van belange en die probleem van
waarde-oordele in juridiese verband wat almal inspeel op die hantering van die probleem deur
regters en kommentatore. Met die oog hierop is 'n breë invalshoek op die ondersoekveld
gebiedend.
Die ondersoek neem derhalwe as vertrekpunt 'n oorsig oor die rol van oogmerk (causa
finalis) in die geskiedenis van die regsfilosofie met 'n besondere klem op ontwikkelinge in
Duitsland. Die deurlopende belang van Aristoteliaans- Thomistiese denkwyses word
beklemtoon. Die Duitse en Engelse regspraak betreffende fundamentele verandering van
omstandighede word op 'n eenvormige grondslag ontleed. 'n Oorsig van die geskiedenis van
leerstukke wat spesifiek verband hou met fundamentele verandering van omstandighede word
aangepak, te wete die sg clausuia rebus sic stantibus van die ius commune en die leerstuk van
Wegfall der Geschafstgrundlage in Duitsland en die leerstuk van frustration of contract en
common mistake in Engeland. Die kemaspek van die benadering van die howe word
uitgespel. Die botsende standpunte van twee van die mees invloedryke Duitse denkers in die
teoretiese debat bied 'n breë konseptueie raamwerk vir die uiteindelike vergelyking van die
Engelse regspraak met die van die Duitse howe en die ontwikkeling van 'n eie standpunt
aangaande die begrip causafinalis.
Die Suid-Afrikaanse reg erken nie 10 soveel woorde dat veranderende omstandighede as
sodanig die bestaan van 'n kontrak raak nie, en in die besonder word die Engelsregtelike
leerstuk van frustration of contract in vele regterlike dicta verwerp. Die ondersoek na die
Suid-Afrikaanse respraak lei egter tot die gevolgtrekking dat die Suid-Afrikaanse reg
aangaande onmoontlikwording van prestasie en die veronderstelling inderdaad in wesenlike
opsigte deur die leerstuk van frustration beïnvloed is. Verydeling van die kontraksoogmerk
ten gevolge van veranderende omstandighede geniet ook juridiese erkenning deur middel van
. ander juridiese meganismes soos die leerstuk van gemeenskaplike dwaling. Die slotsom van
die behandeling van die Suid-Afrikaanse reg is dat die berugte en omstrede rol van causa in
die Suid-Afrikaanse Kontraktereg herwaardering verg.
|
9 |
The consequences of contracts concluded by unassisted minors : a comparative evaluationWatt, Ilze Jr 12 1900 (has links)
Thesis (LLM)--Stellenbosch University, 2012. / Includes bibliography / ENGLISH ABSTRACT: It is a general principle of the law of South Africa that an unassisted contract of a
minor is unenforceable against the minor. Although it binds the other party, the minor
is not bound. The minor will only be bound if the contract is enforced by his guardian,
or if the contract is ratified by the child after attaining majority. This implies that the
other party is in a rather unfortunate position, since the effectiveness of the contract
will remain uncertain until the guardian of the minor decides to enforce or repudiate
the contract, or until the minor ratifies it after attaining majority. The other party may
not resile from the contract during this interim period.
Should it be established that the contract has failed, the question arises to what
extent the parties are obliged to return performances made in purported fulfilment of
the contract. In terms of the law of South Africa, the prevailing view is that these claims are based
on unjustified enrichment. However, the extent of these claims differs. In principle,
both parties’ liability will be limited to the amount remaining in its estate, according to
the defence of loss of enrichment. But the application of the defence is subject to an
exception that does not apply equally to the parties. Had the other party known or
should the other party have known that the enrichment was sine causa, yet
continued to part with it, he will be held liable for the full enrichment. However, this
exception does not apply to the enrichment liability of minors. In other words,
whether the minor knew or should have known that the enrichment was sine causa,
he would still be allowed to raise the defence of loss of enrichment. Furthermore, the
rules applicable to minors’ enrichment liability applies to all minors, and no scope is
left to consider the specific circumstances of each minor.
It is accepted that there are two competing principles relating to minors’ unassisted
contracts. On the one hand, the law must protect the minor from his immaturity and
lack of experience. On the other hand, the law must protect the interests of the other
party. It will be seen throughout this study that the determination of how to balance
these competing principles is not an easy task. The key aim of this thesis is to investigate the principles governing the unwinding of
unassisted minors’ contracts in South Africa. A comparison will be made with the principles applied in other legal systems, in order to identify similarities and
differences in the approaches and, to establish what underlies the differences in the
various approaches.
Germany, England and Scotland have been chosen for comparison for various
reasons. First, they share some historical roots, and they represent three major legal
traditions, namely the civil law, common law and mixed legal systems, of which
South Africa also forms part. Secondly, both England and Scotland have
experienced recent legislative reform in this regard, which implies that their
respective legal systems should be in line with modern tendencies, and
consequently they may provide a valuable framework for possible reform in South
Africa. In Germany, although mainly regulated by rather older legislation, there have
been interesting developments in the determination of consequences of failed
contracts. Hellwege has argued that the unwinding of all contracts should be treated similarly,
regardless of the unwinding factor. He has also suggested that in order to prevent
the accumulation of risk on one party, and to ensure that the risk is placed on the
person who is in control of the object, the defence of loss of enrichment should not
be available to any party. His reasoning and suggestions is dealt with in more detail
in this thesis.
This study argues that the current strict approach applied under South African law
regarding minors’ unassisted contracts needs to be re-considered. The current
approach is dated and is not in line with modern tendencies and legislation. No
proper consideration is given to minors’ development into adulthood or personal
circumstances of the parties. It is submitted that in the process of re-consideration,
some form of acknowledgement must be given to minors’ development towards
mature adults. It is submitted that this would be possible by introducing a more
flexible approach to regulate the enforceability and unwinding of minors’ unassisted
contracts. / AFRIKAANSE OPSOMMING Dit is ‘n algemene beginsel van die Suid-Afrikaanse reg dat ‘n kontrak aangegaan
deur ‘n minderjarige sonder die nodige bystand van sy ouer of voog onafdwingbaar
is teenoor die minderjarige. Die minderjarige sal slegs gebonde wees indien die
kontrak afgedwing word deur sy voog, of indien die minderjarige self die kontrak
ratifiseer nadat hy meerderjarig word. Dit impliseer dat die ander party in ‘n
ongunstige posisie is, aangesien die werking van die kontrak onseker is totdat die
voog besluit om die kontrak af te dwing of te repudieer, of totdat die minderjarige dit
ratifiseer nadat hy meerderjarig word. Gedurende hierdie interim periode mag die
ander party nie terugtree uit hierdie kontrak nie.
Sou dit bepaal word dat die kontrak misluk het, ontstaan die vraag tot watter mate
die partye verplig word om prestasies wat reeds gemaak is, terug te gee. In terme van die Suid-Afrikaanse reg is die meerderheidsopinie dat hierdie eise
gebaseer is op onregverdige verryking, maar die omvang van die partye se eise
verskil. In beginsel is beide partye se aanspreeklikheid beperk tot die bedrag wat
steeds in sy boedel beskikbaar is, weens die beskikbaarheid van die verweer van
verlies van verryking. Maar die toepassing van die verweer is onderworpe aan ‘n
uitsondering wat nie op beide partye geld nie. Indien die ander party geweet het of
moes geweet het dat die verryking sine causa was, maar steeds afstand gedoen het
van die verryking, sal hy aanspreeklik gehou word vir die volle verryking. Hierdie reel
is egter nie van toepassing op die minderjarige se verrykingsaanspreeklikheid nie.
Met ander woorde, indien die minderjarige geweet het of moes geweet het dat die
verryking sine causa was, en steeds afstand gedoen het van die verryking, sal hy
steeds die verweer van verlies van verryking kan opper. Bowendien, die reels van
toepassing op minderjariges se verrykingsaanspreeklikheid is van toepassing op alle
minderjariges, en geen ruimte word gelaat om die spesifieke omstandighede van
elke minderjarige in ag te neem nie. Wanneer ons kontrakte aangegaan deur minderjariges sonder die nodige bystand,
oorweeg, word dit algemeen aanvaar dat daar twee kompeterende beginsels van
belang is. Aan die een kant moet die reg die minderjarige beskerm teen sy
onvolwassenheid en gebrek aan ondervinding. Aan die ander kant moet die reg ook
die belange van die ander party beskerm. Dit sal deurlopend in hierdie studie gesien word dat die behoorlike balansering van hierdie twee beginsels nie ‘n maklike taak is
nie.
Die hoofdoel van hierdie tesis is om die beginsels wat die afdwingbaarheid en
ontbinding van minderjariges se kontrakte in Suid-Afrika, wat aangegaan is sonder
die nodige bystand van ‘n voog, te ondersoek. ‘n Vergelyking sal getref word met die
beginsels wat in ander regstelsels toegepas word, om sodoende die ooreenkomste
en verskille te identifiseer, asook om te bepaal wat hierdie verskille onderlê.
Duitsland, Engeland en Skotland is gekies as vergelykende jurisdiksies vir verskeie
redes, naamlik hulle historiese gebondenheid en die feit dat hulle drie groot
regstradisies (die kontinentale regstelsel, die gemenereg en die gemengde
regstelsel) verteenwoordig. Bowendien het beide Engeland en Skotland onlangse
wetgewende hervorming ondergaan in hierdie sfeer van die reg, wat impliseer dat
hierdie regstelsels waarskynlik in lyn sal wees met moderne tendense. Gevolglik kan
hulle ‘n waardevolle raamwerk skep waarbinne moontlike hervorming in Suid-Afrika
mag plaasvind. Alhoewel Duitsland grotendeels nog deur ouer wetgewing gereguleer
word, het dit ook ‘n reeks interessante verwikkelinge ondergaan in die bepaling van
die gevolge van kontrakte wat misluk het. Hellwege argumenteer dat die ontbinding van alle kontrakte dieselfde hanteer moet
word, ongeag die onderliggende ontbindende faktor. Hy stel ook voor dat om te
verhoed dat die risiko op slegs een party geplaas word, en om te verseker dat dit
eerder gedra word deur daardie party wat beheer het oor die voorwerp, die verweer
van verlies van verryking nie vir enige party beskikbaar moet wees nie. Sy
redenering en voorstelle word in meer besonderhede in hierdie studie bespreek.
Hierdie studie argumenteer dat die huidige streng benadering wat in Suid-Afrika
toegepas word met betrekking tot kontrakte aangegaan deur minderjariges sonder
die nodige bystand van ‘n voog, heroorweeg moet word. Die huidige benadering is
verouderd en is nie lyn met moderne tendense en wetgewing nie. Bowendien word
geen behoorlike oorweging gegee aan minderjariges se ontwikkeling tot
volwassenheid nie, en die partye se persoonlike omstandighede word ook nie in ag
geneem nie. Daar word argumenteer dat in die proses van heroorweging, ‘n mate
van erkenning gegee moet word aan minderjariges se persoonlike ontwikkeling.
Daar word verder argumenteer dat ‘n meer buigsame benadering toegepas moet word ten opsigte van die regulering van die afdwingbaarheid en ontbinding van
hierdie kontrakte.
|
10 |
The Constitutional Property Clause and Immaterial Property InterestsKellerman, Mikhalien 03 1900 (has links)
Thesis (LLD)--University of Stellenbosch, 2011. / ENGLISH ABSTRACT: The question that this dissertation addresses is which immaterial property interests may be
recognised and protected under the constitutional property clause and if so, under which
circumstances. The question originated in the First Certification case 1 where the court held
that the constitutional property clause is wide enough to include property interests that
require protection according to international norms. The traditional immaterial property
interests or intellectual property rights (patents, copyright, designs and trademarks) are
protected as property in private law on a sui generis basis. Since it is generally accepted that
the property concept in constitutional law includes at least property rights protected in private
law, it is relatively unproblematic to include intellectual property rights under the
constitutional property clause. In Laugh It Off v SAB International,2 the Constitutional Court
explicitly balanced the right to a trademark with the right to freedom of expression, which is
accepted as authority that at least trademarks may be recognised and protected as
constitutional property. The other intellectual property rights may most likely be recognised
and protected by analogy. Foreign law as well as international law also indicates that
intellectual property should be recognised and protected as constitutional property. However,
there are other, unconventional immaterial property interests that are not protected as
property in private law. Some are protected in private law, but not as property; others
originate in public law; and yet others are not protected yet at all. In terms of the
Constitution, South African courts may consider foreign law, but must consider international
law. This dissertation determines when these interests may be protected as constitutional
property by reference to foreign cases from German, American, Australian and Irish law;
regional international law, namely European Union cases; and international law. The
conclusion is that unconventional immaterial property interests may generally be protected if
they are vested and acquired in terms of normal law, have patrimonial value and serve the
general purpose of constitutional property protection. Property theories are also useful to
determine when immaterial property interests deserve constitutional protection, although
other theories may be more useful for some of the unconventional interests. The German
scaling approach and the balancing of competing interests is a useful approach for South
African courts to help determine the appropriate level of protection for specific immaterial
property interests without excluding some at the outset. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Die vraag waarmee hierdie verhandeling handel is of belange in immateriële goedere erken
en beskerm kan word in terme van die grondwetlike eiendomsklousule en indien wel, onder
watter omstandighede. Die vraag het sy ontstaan in die First Certification saak,3 waar die
Grondwetlike Hof beslis het dat die eiendomsklousule se omvang wyd genoeg is om belange
in eiendom in te sluit wat volgens internasionale norme beskerming verg. Sekere regte in
immateriële goedere word op ’n sui generis basis in die privaatreg beskerm, naamlik die regte
in tradisionele immaterieelgoederereg kategorieë of intellektuele eiendom (patente, kopiereg,
ontwerpe en handelsmerke). Dit is 'n algemene beginsel van grondwetlike eiendomsreg dat
die konsep van eiendom minstens belange insluit wat as eiendom in die privaatreg beskerm
word. In Laugh It Off v SAB International4 het die Grondwetlike Hof 'n handelsmerkreg
opgeweeg teen die reg op vryheid van uitdrukking en hierdeur implisiet erken dat minstens
handelsmerke en dalk ook ander intellektuele eindemsregte deur die eiendomsklousule erken
en beskerm kan word. Buitelandse reg sowel as internasionale reg dui aan dat intellektuele
eiendom grondwetlike beskerming behoort te ontvang. Buiten hierdie belange is daar ook
immaterieelgoederereg belange wat nie onder eiendomsreg beskerm word in die privaatreg
nie. Sommige van hierdie belange word wel in die privaatreg beskerm, maar dan onder ander
areas van die reg as eiendom; ander het hul oorsprong in die publiekreg; en die res word tans
glad nie beskerm nie. Die Grondwet bepaal dat howe buitelandse reg in ag kan neem en dat
hulle internasionale reg moet oorweeg. Die verhandeling se vraag word beantwoord met
verwysing na sake uit die Duitse, Amerikaanse, Australiese en Ierse grondwetlike reg;
streeks-internasionale reg van die Europese Unie; en internasionale reg. Die onkonvensionele
immaterieelgoederereg belange kan oor die algemeen beskerm word as eiendom indien daar
'n gevestigde reg is, die reg in terme van gewone reg verkry is en die belang die algemene
oogmerke van die grondwetlike klousule bevorder. Die teorieë oor die beskerming van
eiendom is van nut om te bepaal watter belange beskerm kan word, alhoewel sekere
onkonvensionele belange beter geregverdig kan word deur ander tipes teorieë. Die Duitse
metode om belange op te weeg kan van besonderse nut wees vir Suid Afrikaanse howe om te
bepaal watter vlak van beskerming spesifieke belange in immaterieelgoedere behoort te
geniet.
|
Page generated in 0.0954 seconds