• Refine Query
  • Source
  • Publication year
  • to
  • Language
  • 191
  • 134
  • 5
  • 3
  • 1
  • Tagged with
  • 340
  • 340
  • 340
  • 252
  • 192
  • 157
  • 133
  • 120
  • 84
  • 83
  • 81
  • 60
  • 55
  • 54
  • 51
  • About
  • The Global ETD Search service is a free service for researchers to find electronic theses and dissertations. This service is provided by the Networked Digital Library of Theses and Dissertations.
    Our metadata is collected from universities around the world. If you manage a university/consortium/country archive and want to be added, details can be found on the NDLTD website.
181

Neo-liberalisme, ekonomiese groei, ongelykheid en armoedeverligting in Suid-Afrika : 'n evaluering

Du Toit, Frouwien Reina 04 1900 (has links)
Thesis (MA)--University of Stellenbosch, 2004. / ENGLISH ABSTRACT: The goal of this thesis was to evaluate the success of neo-liberalism in South Africa, with specific reference to the capacity of the policy to eradicate poverty and reduce inequality. The dispute about the aptness of nee-liberalism in South Africa also relates to the broader debate concerning the success of neo-liberalism in creating economic growth to the benefit of all members of society. A qualitative analysis of the research and diverging opinions with regards to neo-liberalism was used to derive an objective framework for the evaluation of economic policy. This framework was then used as the basis of an evaluation of the success of neo-liberalism in South Africa. It was found that neo-liberalism is generally successful in the generation of economic growth with the capacity to address poverty, and that the implementation of neo-liberal policies does not necessarily lead to an increase in inequality. It was, however, also proven that there are specific cases in which neo-liberalism is not successful. It was therefore argued that the continuation of neo-liberal policies in South Africa cannot be justified on the grounds of the success of the policy in the global context. Seeing as the success of the policy seems to be context specific, it was argued that evaluations of the policy should have the same context specific basis. Since South Africa's political transition ID 1994, neo-liberalism has gradually been established as the foundation of economic policy. The success of neo-liberalism in South Africa was therefore evaluated through an analysis of the changes in the levels of poverty and inequality in the country since this transition. It was found that very little progress has been made in the reduction of inequality, that poverty has increased and that South Africa's Human Development Index (as an indication of the success of development policy) has decreased since 1994. It was therefore concluded that neo-liberalism in South-Africa is not successful, and that it is thus necessary to identify an alternative framework for the eradication of poverty and reduction of inequality in the country. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Die doel van hierdie tesis was om die sukses van neo-liberalisme in die verligting van armoede en vermindering van ongelykheid in Suid-Afrika te bepaal. Die debat oor die wenslikheid van neo-liberalisme in Suid-Afrika skakelook in by die breër debat rakende die sukses van neo-liberalisme in die generering van ekonomiese groei tot voordeel van alle lede van die samelewing. Daar is daarom gepoog om deur 'n kwalitatiewe analise van die navorsing en verskillende standpunte oor die onderwerp 'n objektiewe raamwerk vir die evaluering van ekonomiese beleid af te lei. Hierdie raamwerk is gebruik as basis vir 'n evaluering van neo-liberalisme in Suid-Afrika. Daar is bevind dat neo-liberalisme oor die algemeen suksesvol is in die generering van ekonomiese groei ter verligting van armoede, en dat die implementering van neo-liberale ekonomiese beleidsmaatreëls nie noodwendig gepaard gaan met groter ongelykheid nie. Daar is egter ook bewys gelewer van spesifieke gevalle waar neo-liberalisme onsuksesvol is. Daarom word daar geredeneer dat die voortsetting van neo-liberalisme in Suid-Afrika nie op grond van die sukses van die beleid in die globale konteks gemotiveer kan word nie. Die sukses van die beleid blyk konteks-spesifiek te wees, en die evaluering daarvan behoort dus dieselfde konteks-spesifieke basis te hê. Neo-liberalisme is sedert die politieke oorgang in Suid-Afrika in 1994 geleidelik gevestig as die basis van ekonomiese beleid. Die sukses van neo-liberalisme in Suid-Afrika is dus geëvalueer deur 'n analise van die veranderinge in vlakke van armoede en ongelykheid sedert hierdie oorgang. Daar is bevind dat daar min vordering gemaak is met die vermindering van ongelykheid, dat vlakke van armoede verhoog het, en dat Suid-Afrika se Menslike Ontwikkelingsindeks (as aanduiding van sukses van ontwikkelingsbeleid) sedert 1994 afgeneem het. Daar is dus tot die gevolgtrekking gekom dat neo-liberalisme in Suid-Afrika rue suksesvol is nie, en dat dit nodig is om 'n alternatiewe raamwerk vir die verligting van armoede en vermindering van ongelykheid in die land te identifiseer.
182

Vervalle state, hulpbronoorloë en vredemaking : die gevalle Sierra Leone

Van Schalkwyk, Denver Christopher 12 1900 (has links)
Thesis (MA)--Stellenbosch University, 2003. / ENGLISH ABSTRACT: This thesis explores the issue of collapsed states with reference to William Reno's (2001) theory. Since the end of the Cold War we find in many places that the state itself has collapsed. According to this thesis state collapse refers to a situation where the structure, authority, laws and political order have fallen apart. The phenomenon of collapsed states is historic and worldwide, but nowhere are there more examples than in contemporary Africa. Sierra Leone is an example of a collapsed state in Africa. The state in Sierra Leone was after the commencement of the conflict in 1991 not capable of performing the duties which are required of a state when a state wants to be called a state. Governments in collapsed states lack the capacity to make binding, effective decisions. As a basic institution, the state loses its sovereignty as the most central institution in the society. Resource wars are nowadays a characteristic of collapsed states like Sierra Leone. Resources are used by key figures in the resource wars to enrich themselves. They also exploit the resources to finance their actions and propaganda. Diamonds was the resource which was exploited commercially by the 'government' and Foday Sankoh, a rebel/insurgent, as well as Charles Taylor, a warlord. The resource war was one of the reasons why the state in Sierra Leone collapsed further. It had lead to the total collapse of the state in Sierra Leone. With the commencement of the conflict in Sierra Leone, the issue of peacemaking came to the fore in Sierra Leone. The conflict in Sierra Leone was an intrastate conflict. The primary goal of the United Nations (UN) is to maintain international security and peace. Intrastate conflicts do not form part of the UN's traditional mandate regarding peacemaking. The UN thus had no basic framework of how to get involved in the intrastate conflict in Sierra Leone. The UN only became involved in 1999 in the form of UNAMSIL. Before the intervention of the UN, the 'government' of Sierra Leone turned to Private Military Companies (PMC's) in the form of Executive Outcomes and Sandline International. The problem with the intervention of PMC's in a conflict is that they are not sanctioned by international organisations like the UN. As a regional initiative, ECOWAS in the form of ECOMOG, also became involved in Sierra Leone. The intervention of both ECOMOG and PMC's in Sierra Leone failed to produce peace or the restoration of the state. Only the UN achieved peacemaking and the holding of an election. The conclusion of this thesis is that Sierra Leone fits in the theory of Reno (2001 ) re collapsed states. Sierra Leone is a typical example of a collapsed state and it also illustrates the validity of the concept. This however does not mean that Sierra Leone will be a collapsed state forever. There is the possibility that Sierra Leone can make a transition from a collapsed state to a stronger state to a more stable and functional state. It need, however, be noted that all conclusions in this thesis are of a preliminary nature. The conclusions will therefore be subject to further confirmation by later studies. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Hierdie tesis verken die kwessie van vervalle state met verwysing na William Reno (2001) se teorie. Sedert veral die einde van die Koue Oorlog vind ons die tendens dat verskeie state verval het. In hierdie tesis verwys die konsep van 'n vervalle staat na 'n situasie waar die struktuur, gesag, politieke orde en wette uitmekaar geval het. Die verskynsel van vervalle state is histories en kom wêreldwyd voor. Kontemporêre Afrika verskaf egter die meeste voorbeelde van vervalle state. Sierra Leone is 'n voorbeeld van so 'n vervalle staat. Na die aanvang van die konflik in 1991 was die staat in Sierra Leone nie meer daartoe instaat om die funksies te verrig wat van 'n staat vereis word indien so 'n staat as 'n staat geag wil word nie. Die 'regering' in 'n vervalle staat beskik nie meer oor die kapasiteit om bindende, effektiewe besluite te neem nie. Die staat, as 'n basiese instelling, verloor sy soewereiniteit as die sentrale instelling in die samelewing. Die verval van 'n staat word toenemend met die uitbreek van 'n konflik- in hierdie geval 'n- hulpbronoorlog gekenmerk. Hulpbronne word deur die sleutelfigure, wat betrokke is in die hulpbronoorlog in die vervalle staat, gebruik om hulself te verryk. Hierdie hulpbronne word ook gebruik om die sleutelfigure se aksies en propaganda te finansier. Diamante is as hulpbron in Sierra Leone deur die 'regering' en Foday Sankoh, 'n rebellinsurgent, asook Charles Taylor, 'n oorlogsbaron, kommersieël uitgebuit. Die burgeroorlog met sy talle fasette, het tot die totale verval van die staat aanleiding gegee. Die kwessie van vredemaak het met die uitbreek van die konflik in Sierra Leone na vore getree. Die konflik in Sierra Leone was 'n intrastaatkonflik. Die primêre doel van die Verenigde Nasies (VN) is om internasionale vrede en sekuriteit te handhaaf. Intrastaatkonflikte as sulks maak nie deel uit van die tradisionele opdrag van die VN betreffende vredemaak nie. Die VN het gevolglik nie oor 'n basiese raamwerk beskik van hoe om by die intrastaatkonflik in Sierra Leone betrokke te raak nie. Die VN het eers in 1999 in die vorm van UNAMSIL in Sierra Leone betrokke geraak. Voor die intervensie van die VN het die 'regering' van Sierra Leone hom tot Private Militêre Bystand (PMB) in die vorm van 'Executive Outcomes' en 'Sandline International' gewend. Die problematiek insake PMB is dat dit nie deur internasioale organisasies soos die VN gesanksioneer word nie. As 'n regionale inisiatief het ECOWAS ook in die vorm van ECOMOG by die intrastaatkonflik in Sierra Leone betrokke geraak. In hierdie tesis sal daar gemeld word dat beide ECOMOG en PMB, met die uitsondering van die VN, se pogings vir vredemaak in Sierra Leone gefaal het. Die slotsom waartoe hierdie tesis kom is dat Sierra Leone inpas by Reno (2001) se teorie insake die verskynsel van vervalle state. Sierra Leone is 'n tipiese voorbeeld van 'n vervalle staat en dit illustreer die geldigheid van die konsep. Dit beteken egter nie dat Sierra Leone permanent 'n vervalle staat hoef te wees nie. Die moontlikheid bestaan wel dat Sierra Leone die oorgang vanaf 'n vervalle staat na 'n stabieler, meer funksionele staat kan maak. Dit dien egter gemeld te word dat alle afleidings in hierdie tesis as voorlopig van aard beskou kan word. Hierdie afleidings is onderhewig aan verdere bevestiging of weerlegging deur latere studies.
183

Prenegotiation in South Africa (1985-1993) : a phaseological analysis of the transitional negotiations

Kruger, Botha W.(Botha Willem) January 1998 (has links)
Thesis (MA) -- Stellenbosch University, 1998. / ENGLISH ABSTRACT: The perception exists that the South African transitional negotiations were initiated by events during 1990. This study challenges such a perception and argues that prior to formal contact there existed a crucial period of informal bargaining. This period, known as prenegotiation, saw members of the National Party government and the African National Congress (ANC) attempt to communicate in order to gauge the possibility of a negotiated settlement. By utilising a phaseological approach to bargaining/negotiation, this study analyses the transition in order to ascertain the structure and functions of South African prenegotiation. The following three negotiation phases are identified: bargaining about bargaining, preliminary bargaining and substantive bargaining. Both of the first two phases are regarded as part of prenegotiation. This study argues that the first phase started as early as 1985 under conditions of immense secrecy and stayed that way until its conclusion in 1990. Three different avenues of communication were established during this time. The first avenue existed between government officials and the imprisoned Nelson Mandela. Regular meetings were held in an attempt to create an understanding of what was needed to normalise South African politics. The second avenue operated mostly on international soil, through intermediaries, and became an indirect channel of communication between exiled ANC officials and officials in the government's National Intelligence Service. The third avenue consisted of independent efforts by extra-governmental role-players to establish communication with the exiled ANC leadership. All three avenues impacted differently on the negotiation process, yet all are regarded as part of the bargaining about bargaining phase. The second phase was initiated by F.W. de Klerk's opening of parliament speech in 1990. In this phase new negotiators came to the fore and it signified an ongoing attempt by the government and the ANC to establish a contract zone for substantive bargaining. Prominent agreements included the Groote Schuur Minute, the Pretoria Minute, the D.F. Malan Accord and the National Peace Accord. The establishment of a multi-party negotiating forum, Codesa, ended preliminary bargaining, but only temporarily. After deadlock occurred in May 1992 it became necessary to revert back to prenegotiation issues before further progress could be made. The bilateral discussions that ensued between the government and the ANC saw the most prominent bargaining relationships of the transition develop, notably between Roelf Meyer and Cyril Ramaphosa, and between Nelson Mandela and F.W. de Klerk. With the signing of the Record of Understanding and the establishment of the Multi-P~ Negotiating Process ·m1993, ~ ,--· .. . ~ ~-- prenegotiation came to an end. In focussing primarily on prenegotiation, this study attempts both to refine existing prenegotiation theory and to identify possible recommendations for other deeply divided societies. For the success of a negotiation process it is an imperative that lasting good faith and a workable contract zone are established prior to any form of substantive bargaining. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Die opvatting bestaan dat die Suid-Afrikaanse oorgangsonderhandelinge geinisieer is deur gebeurtenisse tydens 1990. Hierdie stuC.:ie betwis so 'n opvatting en argumenteer dat 'n noodsaaklike tydperk van informele onderhandeling voor formele kontak bestaan het. Gedurende die voorafgaande tydperk, wat bekend staan as vooronderhandeling, het lede van die Nasionale Party regering en die African National Congress (ANC) gepoog om kommunikasiekanale daar te stel en sodoende die moontlikheid van 'n onderhandelde skikking te ondersoek. Deur van 'n fase-benadering tot onderhandeling gebruik te maak, analiseer hierdie studie die oorgangstydperk met die doel om die struktuur en funksies van Suid-Afrikaanse vooronderhandelinge te bepaal. Die volgende drie onderhandelingsfases word onderskei: onderhande/ing oor onderhandeling, voorlopige onderhande/ing, en substantiewe onderhandeling. Beide fases een en twee word beskou as deel van vooronderhandeling. Volgens hierdie studie het die eerste fuse so vroeg as 1985 onder uiters geheime omstandighede begin, en het dit so voortgeduur tot met die finalisering daarvan in 1990. Drie verskillende kommunikasiewee het ontstaan gedurende hierdie tydperk. Die eerste weg was tussen regeringsamptenare en die gevange Nelson Mandela. Gereelde ontmoetings is gehou in 'n poging om 'n verstandhouding te kweek oor wat nodig sou wees om Suid-Afrikaanse politiek te normaliseer. Die tweede weg het meestal op internasionale grondgebied afgespeel deur middel van tussengangers, en het 'n indirekte kommunikasiekanaal tussen uitgeweke ANC lede en amptenare van die regering se Nasionale Intelligensie Diens bewerkstellig. Die derde weg het bestaan uit ona:thanklike pogings deur rolspelers buite die regering om kominunikasie te bewerkstellig met die uitgeweke ANC-leierskap. Alhoewel die wee op verskillende vlakke die onderhandelingsproses beiinvloed het, word al drie as deel van die eerste fase beskou. Die tweede fase is ingelei deur F. W. de Klerk se parlementere openingstoespraak in 1990. In hierdie fase het nuwe onderhandelaars na vore getree en dit is gekenmerk deur 'n deurlopende poging van die regering en die ANC om 'n kontraksone vir substantiewe onderhandeling te skep. Prominente skikkings het ingesluit die Groote Schuur Minuut, die Pretoria Minuut, die D.F. Malan Verdrag, en die Nasionale Vredesverdrag. Die totstandkoming van 'n veelparty-onderhandelingsforum, Codesa, het die einde van voorlopige onderhandeling aangedu~ alhoewel slegs tydelik. Na 'n dooiepunt bereik is in Mei 1992 het dit noodsaaklik geword om terug te keer na voorlopige onderhandeling. Die daaropvolgende bilaterale ontmoetings tussen die regering en die ANC is gekenmerk deur die ontwikkeling van prominente onderhandelingsverhoudings, veral tussen RoelfMeyer en Cyril Ramaphosa, en tussen Nelson Mandela en F.W. de Klerk. Met die ondertekening van die Rekord van Verstandhouding en die totstandkoming van die Veelparty-onderhandelingsproses in 1993, het vooronderhandeling tot 'n einde gekom. Deur hoofsaaklik op vooronderhandeling te fokus, probeer hierdie studie om beide bestaande vooronderhandelingsteorie te verfyn, asook moontlike riglyne vir ander diepverdeelde samelewings te identifiseer. Vir 'n onderhandelingsproses om suksesvol te wees is dit noodsaaklik dat blywende goedertrou en 'n werkbare kontraksone tot stand gebring word voor die aanvang van enige vorm van substantiewe onderhandeling. / Centre for Science Development (HSRC, South Africa)
184

Contemporary and past dynamics in Japan’s relationship with sub-Saharan Africa : the role of aid

Mlombo, Abraham 12 1900 (has links)
Thesis (MA)--Stellenbosch University, 2012. / Includes bibliography / ENGLISH ABSTRACT: The Japanese-African aid relationship has evolved since World War Two. The majority of studies on Japan’s role in Africa have focused on the economic aspect, while Japan’s aid relationship with Africa remains a relatively underexplored area of enquiry. This thesis aims to contribute to the study of Japanese-African relations by focusing on the role of aid in Japan’s involvement with the continent. The research question focuses on the evolution of Japan’s aid relationship with sub-Saharan Africa and the factors that have shaped this relationship. The study is qualitative and exploratory in nature and makes use mostly of secondary sources. Theoretically, the study analyses the aid relationship with reference to three sources of motivation for the provision of aid, namely economic, political and moral rationales. The findings of this study highlight the fact that, before 1990, Japan’s aid relationship with Africa was motivated by all three rationales. From an economic perspective, aid served as security for resources from Africa especially after the oil crisis of 1973. From a political perspective, Japan’s aid relationship served a number of objectives that changed over time. The study highlights these changes, suggesting that, from a political perspective, Japan’s aid in respect of Africa initially served to play a critical role in the Western camp in its anti-communist struggle on the continent. It was also used to curb criticism directed at Japan by African countries for its pro-Pretoria policy. After 1990, Japan’s aid relationship with Africa from political perspective served Japan’s ambition to be recognised as a political power, most importantly to receive the support from Africa that would allow Japan to secure a permanent seat on the United Nations (UN) Security Council. From an economic perspective, it served to secure strategic natural resources for Japan that would sustain its growing economy and help to achieve its ambition of attaining global economic supremacy. From a moral perspective, the aid relationship served to promote a development path for Africa similar to that experienced in Japan’s Asian neighbourhood. Japan’s aid relationship with sub-Saharan Africa can be explained from a realist perspective, since the country’s national interests played a key role in the distribution of aid in this region. It has been important for Japan to maintain its momentum regarding global economic prominence and influence and for it to try to secure a permanent seat on the UN Security Council. By distributing aid to Africa, it has hoped to improve its chances of achieving its economic ambition and importantly its elevation to the Security Council. The study thus suggests that political ambitions have been the primary motivating factor in the distribution of aid in sub-Saharan Africa. The areas for further investigation, as highlighted by the findings of this study, are as follows: Japan’s aid relationship with Africa remains a relatively new area of inquiry and more research could therefore be done given the available data. The study also highlights the political perspective as the primary motivating factor for Japan’s aid relationship with Africa. This served Japan’s ambitions of being recognised as a global political player that would find its greatest expression in securing a permanent seat on the UN Security Council with the assistance of African nations. Future studies could investigate whether Japan has managed to achieve its global political ambition and whether African countries played a significant role in this process. Finally, future studies could study the effectiveness of the TICAD process and whether Japan’s non-Western approach to development remains a popular model. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Die hulpverhouding tussen Japan en Afrika het sedert die Tweede Wêreldoorlog ontvou. Die studie van Japan se rol in Afrika het tot dusver grootliks op die ekonomiese aspek gekonsentreer, terwyl Japan se hulpverlening aan Afrika’n betreklik onderontginde studieveld bly. Hierdie tesis wil tot die studie van Japan-Afrika-betrekkinge bydra deur op Japan se hulpverlening aan die vasteland te konsentreer. Die navorsingsvraag handel oor die ontwikkeling van Japan se hulpverhouding met Afrika suid van die Sahara, en die faktore wat hierdie verhouding gevorm het. Die studiemetodologie is kwalitatief en verkennend, en maak hoofsaaklik van sekondêre bronne gebruik. Wat teorie betref, ontleed die studie die hulpverhouding aan die hand van drie motiverings vir hulpverlening, naamlik ekonomiese, politieke en morele beweegredes. Die studieresultate toon dat Japan se hulpverhouding met Afrika voor 1990 deur ál drie bogenoemde beweegredes aangevuur is. Uit ’n ekonomiese hoek het hulp as sekuriteit vir hulpbronne uit Afrika gedien, veral ná die oliekrisis van 1973. Uit ’n politieke hoek het Japan se hulpverhouding met Afrika ’n aantal oogmerke help bevorder wat mettertyd verander het. Die studie beklemtoon hierdie veranderinge, en doen aan die hand dat, wat politiek betref, Japan se hulpverlening aan Afrika aanvanklik belangrik was in die Westerse kamp se stryd teen kommunisme op die Afrikavasteland. Dit is ook gebruik om Afrika-kritiek op Japan se pro-Pretoria-beleid te smoor. Ná 1990 het die hulpverhouding met Afrika Japan op politieke gebied help naam maak en veral Afrikasteun help werf om ’n permanente setel vir Japan in die Veiligheidsraad te bekom. Uit ’n ekonomiese hoek het dit as waarborg gedien vir strategiese natuurlike hulpbronne wat Japan se groeiende ekonomie kon ondersteun en tot sy strewe na wêreldwye ekonomiese heerskappy kon bydra. Uit ’n morele perspektief wou Japan Afrika ’n soortgelyke ontwikkelingsroete as dié van Japan se Asiatiese bure laat inslaan. Japan se hulpverhouding met Afrika suid van die Sahara kan aan die hand van die realistiese perspektief verklaar word, aangesien die land se nasionale belange ’n kernrol in die verspreiding van hulp na hierdie streek gespeel het. Vir Japan was dit belangrik om sy stukrag in die strewe na wêreldwye ekonomiese statuur en invloed te behou en ’n permanente setel in die Veiligheidsraad te probeer bekom. Deur hulp aan Afrika te verleen, het Japan gehoop om sy kanse op sukses in sy ekonomiese strewes en veral ook sy verheffing tot die Veiligheidsraad te verbeter. Die studie gee dus te kenne dat politieke ambisies die hoofbeweegrede was vir hulpverlening aan Afrika suid van die Sahara. Gebiede vir verdere navorsing wat uit die bevindinge van hierdie studie spruit, is soos volg: Japan se hulpverhouding met Afrika bly ’n betreklik nuwe studieveld met min beskikbare data, dus is verdere navorsing daaroor nodig. Meer bepaald beklemtoon die studie die politieke perspektief as hoofbeweegrede vir Japan se hulpverhouding met Afrika: Dit het Japan as internasionale politieke speler help vestig, en Afrikalande sou Japan uiteindelik help om die gesogte permanente setel in die Veiligheidsraad te bekom. Toekomstige studies kan verken of Japan in sy internasionale politieke strewe geslaag het en watter rol Afrikalande daarin gespeel het. Laastens kan verdere studies ook ondersoek instel na die TIKAO-proses en of Japan se nie-Westerse benadering tot ontwikkeling ’n gewilde model bly.
185

Regionalism in theory and practice : the transformative potential of civil society in Southern Africa

Zajontz, Alexander Tim 03 1900 (has links)
Thesis (MA)--Stellenbosch University, 2013. / Bibliography / ENGLISH ABSTRACT: This study seeks to analyse regionalism in theory as well as in practice with regard to the Southern African region. Its purpose is thereby twofold: Firstly, this work claims to make a contribution to critical and reflectivist theorising of regionalism. The study of regionalism remains highly dominated by rationalist theories focusing predominantly on states as regionalising actors as well as on formal inter-state frameworks and market-led processes of regional integration. The hegemonic status of these approaches reinforces a specific form of regionalism which is compatible with neoliberal practices in the world economy. In order to reveal shortcomings and normative tenets of conventional theories and to account for the complexity and multidimensionality of regional projects and processes, a combination of theoretical insights from Robert W. Cox’s Critical Theory (CCT) as well as from the New Regionalism(s) Approach (NRA) are proposed as the theoretical framework for the study. The second objective is to bring civil society as a regionalising actor into the debate. Focusing on the highly exclusive and elite-driven regional project pursued by the region’s most comprehensive inter-state framework, the Southern African Development Community (SADC), the study addresses the question, as to what extent civil society at the regional level can act as a transformative force in terms of people-centred socio-economic development and social equity. After introducing crucial meta-theoretical, conceptual and methodological considerations, the major theoretical contributions to the study of regionalism are reviewed critically and a critical/reflectivist approach is proposed as an alternative to mainstream rationalist theorising. In a broad historical overview, the social, political, economic and cultural contexts which characterize the contemporary region of Southern Africa are discussed. Subsequently, four regional civil society organisations, namely the SADC Council of Non-governmental Organisations (CNGO), the Southern African Trade Union’s Co-ordination Council (SATUCC), the Economic Justice Network (EJN) of the Fellowship of Christian Councils in Southern Africa (FOCCISA) and the Southern African People’s Solidarity Network (SAPSN), are scrutinized with the intention to assess their transformative potential within SADC. The research conducted for the study is based on an eclectic employment of a combination of mostly qualitative methods, among them field research interviews, participatory observations as well as the analysis of primary and secondary sources/data. Two important conclusions can be drawn from this work: Firstly, an explicitly anti-reductionist and critical theoretical approach is seen as essential to account for the myriad of multi-level structural as well as agency-related factors influencing regionalism and regionalisation in Southern Africa. Secondly, the impact of regional civil society actors investigated in this study with regard to a more socio-economically inclusive form of regionalism remains limited, because of institutional and structural constraints, limited representativeness and a lack of strategic coordination among civil society organisations. Nevertheless, recent developments within civil society at the regional level also provide some reasons for optimism that a broader societal movement might be evolving which, as a transformative alliance, could challenge SADC’s contemporary approach to regionalism. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Die studie probeer om regionalisme teoreties en empiries te analiseer met as fokus die Suider-Afrikaanse streek. Derhalwe is die navorsingsdoelstelling tweevoudig, eerstens, is die navorsing daarop gemik om ’n bydrae te lewer tot die kritiese en reflektiewe teoretisering van regionalisme. Die bestudering van regionalisme word steeds oorweldigend oorheers deur rasionalistiese teorieë, en fokus primêr op state as die belangrikste streeks-akteurs, asook op formele inter-staat raamwerke en mark-verwante prosesse van streeksintegrasie. Die hegemoniese status van hierdie benaderinge bekragtig ’n spesifieke vorm van regionalisme wat saamhang met neoliberale praktyk in die wêreld-ekonomie. Ten einde die tekortkominge en normatiewe aannames van konvensionele teorieë uit te wys, asook om rekening te gee van die kompleksiteit en multi-dimensionaliteit van streeks-projekte en prosesse, word ’n kombinasie van teoretiese insigte gebruik uit Robert W. Cox se Kritiese Teorie (CCT), asook insigte uit die Nuwe Regionalisme-benadering (NRA) en aan die hand gedoen as teoretiese vertrekpunt vir die studie. Die tweede navorsingsdoelwit is om die burgerlike samelewing as streeks-akteur binne die analise te inkorporeer. Met as empiriese fokus, die hoogs eksklusiewe en elite-gedrewe streeks-projek wat bedryf word deur die mees omvattende inter-staat streeksinstelling, die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG), evalueer en assesseer die studie die vraag tot watter mate die burgerlike samelewing op streeksvlak kan optree as ’n krag vir verandering binne die raamwerk van mensgesentreerde sosio-ekonomiese ontwikkeling en sosiale gelykberegtiging. Na die bekendstelling van ’n aantal meta-teoretiese, konseptuele en metodologiese oorweginge wat van kardinale belang is, word die hoofstroom teoretiese bydraes tot die bestudering van regionalisme krities beskou, en word ’n krities/reflektiewe benadering voorgestel as ’n alternatiewe benadering. Vervolgens word ’n breë historiese oorsig van die sosiale, politieke, ekonomiese en kulturele kontekste wat kenmerkende is van die teenswoordige Suider-Afrikaanse streek gelewer. Hierna word vier burgerlike samelewings-organisasies, naamlik, die SAOG Raad vir Nie-regeringsorganisasies (CNGO), die Suider-Afrikaanse Vakbonde Koördineringsraad (SATUCC), die Ekonomiese Regverdigheidsnetwerk (EJN) van die Gemeenskap van Christelike Rade in Suider-Afrika (FOCCISA) en die Suider-Afrikaanse Mense Solidariteitsnetwerk (SAPSN), onder die loep geneem ten einde hul veranderingspotensiaal binne SAOG te assesseer. Die navorsing wat hiervoor onderneem is, is gegrond binne ’n eklektiese vermenging van hoofsaaklik kwalitatiewe metodes, insluitende veldnavorsing-onderhoude, deelnemende waarneming, asook die analise van primêre en sekondêre bronne en data. Twee belangrike gevolgtrekking word, ten slotte, gemaak. Eerstens, ’n eksplisiete en anti-reduksionistiese, krities-teoretiese benadering word as essensieël beskou om rekenskap te kan gee vir die meervoudige en meervlakkige strukturele asook agent-verwante faktore wat regionalisme en regionalisasie in Suider-Afrika beïnvloed. Tweedens, die impak van die burgerlike samewelings-akteurs waarop hierdie studie gefokus het, om ’n meer sosio-ekonomiese inklusiewe vorm van regionalisme tot stand te bring, is beperk. Die redes hiervoor is van ’n institutionele en strukturele aard, beperkte verteenwoordiging en ’n gebrek aan strategiese koördinering tussen burgelike samelewings-organisasies in die streek. Nietemin, is daar redes vir optimisme wat voortspruit uit onlangse ontwikkelinge binne die streek se burgerlike samelewings organisasies. Hieruit is dit moontlik dat ’n breë sosiale beweging sou kon ontwikkel wat, in die vorm van ’n veranderings-gerigte alliansie, die SAOG se huidige benadering tot regionalisme kan uitdaag.
186

The power of power : regime dynamics and the Southern African power pool

Rothkegel, Lisa 03 1900 (has links)
Thesis (MA)--Stellenbosch University, 2013. / ENGLISH ABSTRACT: Electricity is the key to economic growth and numerous aspects of human development. Africa’s installed generation capacity is dire, alongside it being the biggest funding backlog the power sector. There is however hope with the projection that to date, only 7% of this power potential has been harnessed. The increased acknowledgement of the importance of electricity for states to improve along with the knowledge that the capacity is there, has driven states within Southern Africa, to engage in increased and committed cooperation with one another. Within the greater vision of regional integration of the Regional Economic Communities (RECs) in Africa, energy was one of the first formal cooperative arrangements of the Southern African Development Community (SADC), which is the region this study will be focusing on. The form of electricity cooperation adopted was that of the Southern African Power Pool (SAPP), which is geared at increasing cross-border electricity trade and ensuring secure and reliable supply to its members. The study investigates the formation of an electricity regime within Southern Africa, by using the Southern African Power Pool as a case study. In order to properly assess the development of the SAPP, regime theory will be used. An analytical framework, derived from different studies around regime theory has been constructed. This framework assists in the analysis of the formation and evolution of the SAPP, which facilitates the assessment of the type of regime which has emerged, and guides a sound analysis around the degree of the electricity regimes effectiveness. Given the process of formation and characteristics underlying the SAPP, it has been found that it falls within the category of a negotiated regime. The analytical framework provided clear guidelines in assessing the degree of effectiveness regarding the case study at hand. After an analysis of the historical and organisational functioning of the regime - it can be argued that the SAPP is a stable and effective regime, at least on paper. It however faces various challenges, which have constrained its efficient functioning. It is concluded that members of the regime are committed to the SAPP’s continued development despite the problems identified. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Elektrisiteit is die sleutel tot ekonomiese groei en baie ander aspekte van menslike ontwikkeling. Afrika se geïnstalleerde opwekkingskapasiteit is net so nypend soos die feit dat dit die grootste befondsing agterstand in die kragvoorsiening sektor is. Daar is egter hoop met die projeksie dat, tot op datum, slegs 7% van hierdie kragpotensiaal benut word. Die toenemende erkenning van die belang van elektrisiteit vir state om vooruit te gaan, gepaard met die wete dat die kapasiteit beskikbaar is, het state binne suider Afrika gedryf om hulle tot toenemende en volgehoue samewerking met mekaar te verbind. Binne die groter visie vir streeksintegrasie van die Streek se Ekonomiese Gemeenskappe (SEG) [Regional Economic Communities (REC)] in Afrika, was energie een van die eerste formele korporatiewe akkoorde van die Suider Afrikaanse Ontwikkelings Gemeenskap (SAOG) [Southern African Development Community (SADC)], wat die streek is waarop hierdie studie sal fokus. Die vorm wat elektrisiteit samewerking aangeneem het, was die Suider Afrika Krag Poel (SAKP) [Southern African Power Pool (SAPP)], wat aangepas is om elektrisiteithandel oor grense heen te bevorder en veilige, asook betroubare lewering aan die lede te verseker. Hierdie studie ondersoek die totstandkoming van ’n elektrisiteit ‘regime’ binne suider Afrika deur die SAKP as ’n gevalle studie te gebruik. Om die ontwikkeling van die SAKP behoorlikte asesseer, sal die regime teorie gebruik word. ’n Analitiese raamwerk, wat afgelei is van verskeie studies met betrekking tot regime teorie, is dus saamgestel. Hierdie raamwerk help met die analise van die totstandkoming en evolusie van die SAKP wat die asessering van die tipe regime, wat ontstaan het, vergemaklik en dit rig ook ‘n streng analise met betrekking tot die graad van effektiwiteit van die elektrisiteit regimes. Gegewe die proses van totstankoming en die eienskappe onderliggend aan die SAKP, is daar bevind dat dit binne die kategorie van ’n onderhandelde regime val (negotiated regime). Die analitiese raamwerk het duidelike riglyne voorsien om die effektiwiteitsgraad, met betrekking tot die gevallestudie, te assesseer. Na ’n analise van die historiese en organisatoriese funksionering van die regime – kan mens aanvoer dat die SAKP, ten minste op skrif, ’n stabiele en effektiewe regime is. Dit staar egter verskeie struikelblokke in die gesig, wat die effektiewe funksionering beperk. Daar kan egter afgelei word dat die lede van die regime toegewyd is tot die volgehoue ontwikkeling van die SAKP, ten spyte van die probleme wat geïdentifiseer is.
187

The State, Federalism, non-state actors, and conflict : the Mexican drug war

Crane, Shawn R. 03 1900 (has links)
Thesis (MA)--Stellenbosch University, 2013. / Bibliography / ENGLISH ABSTRACT: This research study analyzes the Mexican drug war’s impact on the state’s federal political system of shared sovereignty. Transnational criminal organizations (TCOs) such as drug cartels have grown in strength due to shifting dynamics of the global drug trade. This growth in power, both in relation to the use of physical force and the influence over Mexican society, has challenged the state’s authority and monopoly of violence. After the inauguration of President Felipe Calderón in 2006, the government launched an all-in offensive, dedicating the entire state system to ridding the country of the drug cartels. Results of the offensive have been mixed and vary from area to area. However, trends indicate that the offensive has caused power vacuums and increased rivalry among the drug cartels. National homicide statistics show the government offensive has distorted the balance of power among the drug cartels, causing increased competition in an already hypercompetitive market. The majority of Mexico’s modern history consists of the era of single-party dominance, where the Institutional Revolutionary Party (PRI) dominated the political system on both vertical and horizontal levels. The recent growth of federal executive power during Calderón’s administration has caused concern about whether the democratic progress made during the last decade could be reversed – returning the country back to former autocratic practices of governance. This reversal also involves the concentration of power in the center. For the last few decades, the country has been decentralizing its political system in accordance to federal principles laid down by its Constitution. The involvement of the military, a federal instrument of security that has in some cases taken over jurisdiction from state and local authorities, has been causing debate on whether the executive power is violating its constitutional limits of power. With this, the primary research question of this study uses theoretical concepts and is formulated thusly: How do violent non-state actors (VNSAs) impact federalism in Mexico? Mexico was chosen as a case study because of its growing struggle against the drug cartels, a sub-branch of non-state actors (NSAs). The Westphalian state order has changed dramatically with globalization, changing realities with regard to the use of physical violence. This is especially the case in reference to VNSAs, where the use of violence maintains an informal system of order. With the rise of the powerful drug cartels, a direct result of the global drug trade that hides in the shadows of globalization, Mexico’s case is not unique. Colombia struggled with a similar scenario during the 1980s and 1990s. However, the security situation in Mexico has proven to be constantly evolving and very intense during a time of political transition. This study shows that the federal executive branch of the Mexican government has not violated its constitutional limits of the use of power, although the Mexican Constitution of 1917 has proven to be vague in reference to the use of the military in peacetime. This vagueness could undermine regional sovereignty and federal principles laid down by the Constitution. The study also indicates that the increasing levels of violence are affecting the functionality of regional governance, as well as freedom of the press. Homicide statistics show that since the government launched its offensive in 2006, there has been a significant increase in assassinations targeting both mayors and journalists. Overall, there is no indication that the drug war has influenced federalism in Mexico. Rather, the drug war has exposed institutional weaknesses, causing increased demand for and investment in professionalizing state institutions. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Hierdie navorsingstudie analiseer die impak van die Meksikaanse dwelmoorlog op Meksiko se federale politieke stelsel van gedeelde soewereiniteit. Transnasionale kriminele organisasies (TKO’s), byvoorbeeld dwelmkartelle, se mag het toegeneem as gevolg van die verskuiwende dinamika in globale dwelmhandel. Die staat se gesag en magsmonopolie word uitgedaag as gevolg van hierdie toename in mag, beide met betrekking tot die owerhede se gebruik van fisieke mag en hul gesag oor die Meksikaanse gemeenskap. Na die inhuldiging van president Felipe Calderón in 2006, het die regering ’n alles insluitende offensief van stapel gestuur om van die land se dwelmkartelle ontslae te probeer raak. Hierdie offensief toon wisselende vordering en die impak daarvan verskil van area tot area. Ten spyte van hierdie mate van vordering, het die offensief egter aanleiding gegee tot magsvakuums en ’n toename in wedywering tussen dwelmkartelle. Nasionale moordsyfers dui daarop dat hierdie regeringsoffensief die magsbalans tussen dwelmkartelle versteur het, wat gelei het tot ’n toename in kompetisie in ’n reeds uiters kompeterende mark. Meksiko se moderne geskiedenis bestaan hoofsaaklik uit ’n era van eenpartydominansie, waar die Institusionele Rewolusionêre Party (Institutional Revolutionary Party, IRP) die politieke stelsel op beide vertikale en horisontale vlak gedomineer het. Die onlangse opkoms van die federale uitvoerende mag tydens die Calderón-administrasie wek kommer dat die vordering wat in die laaste dekade gemaak is ten opsigte van demokratisering van die politieke stelsel, omvergewerp sal word en dat Meksiko die gevaar sal loop om terug te keer na sy voormalige outokratiese en gesentraliseerde regeerpraktyke. Oor die afgelope paar dekades het die land juis pogings aangewend om sy politieke stelsel te desentraliseer na aanleiding van federale beginsels soos neergelê in die grondwet. Die weermag – ’n federale instrument vir sekuriteit – het alreeds op sekere plekke jurisdiksie by staats- en plaaslike owerhede oorgeneem. Dit het gelei tot debatte oor of die uitvoerende mag sy grondwetlike magsbeperkinge oorskry. Na aanleiding van Meksiko se huidige politieke situasie, asook teoretiese konsepte soos die staat, federalisme, nie-staatsakteurs en globale dwelmhandel, word die primêre navorsingsvraag vir hierdie studie soos volg geformuleer: Hoe beïnvloed gewelddadige nie-staatsakteurs federalisme in Meksiko? Om hierdie vraag te beantwoord, word daar gebruik gemaak van sekondêre bronne, (beperkte) insig oor die dwelmkartelle se handelspraktyke en ’n ondersoek na die linguistiese beperkinge op die gebruik van amptelike Meksikaanse regeringspublikasies. Meksiko is as gevallestudie vir hierdie navorsingsprojek gekies vanweë die land se toenemende stryd teen dwelmkartelle, ’n subvertakking van nie-staatsakteurs. Die Westfaalse staatsorde wat eeue lank die wettige gebruik van fisieke geweld beheer het, het dramaties verander met die opkoms van globalisering. Dit is veral die geval by gewelddadige nie-staatsakteurs, waar die gebruik van geweld tans ’n informele stelsel van orde handhaaf. Die opkoms van Meksiko se magtige dwelmkartelle, ’n direkte gevolg van globale dwelmhandel (wat in die skadu van globalisering skuil), is egter nie enig in sy soort nie. Alhoewel Colombië byvoorbeeld in die 1980’s en 1990’s ’n soortgelyke probleem ondervind het, het die sekuriteitstoestand in Meksiko getoon dat dit steeds ontwikkelend van aard en hewig ten tye van politieke oorgang is, wat dit toepaslik vir hierdie studie maak. Die gevolgtrekking waartoe daar in hierdie studie gekom word, is dat die federale uitvoerende tak van die Meksikaanse regering tot dusver nie sy grondwetlike beperkinge ten opsigte van die uitoefening van mag oorskry het nie. Die Meksikaanse grondwet van 1917 is egter vaag oor die weermag se bevoegdheid om gesag af te dwing tydens vredestye. Hierdie vaagheid kan moontlik die streeksoewereiniteit en federale beginsels wat deur die grondwet verskans word, ondermyn. Daar is ook bepaal dat die toenemende geweld sowel die funksionaliteit van die streeksregering as die vryheid van die pers, beïnvloed. Moordsyfers in Meksiko dui daarop dat daar sedert 2006 ’n beduidende toename in sluipmoordaanvalle op burgemeesters en joernaliste was. Alles in ag genome, is daar egter geen aanduiding daarvan dat die dwelmoorlog wel federalisme in Meksiko geraak het nie. Die impak wat dit wel gemaak het, is om institusionele swakheid in die regering te openbaar, wat tot ’n toename in die aanvraag na en investering in die professionalisering van staatsinstellings gelei het.
188

Resource scarcity and social identity in the political conflicts in Burundi

Jengo, Elisabeth Naito 03 1900 (has links)
Thesis (MA)--Stellenbosch University, 2013. / ENGLISH ABSTRACT: Since Burundi gained independence in 1962, this country has experienced periods of mass communal violence. Extensive scholarly research has focused on exploring the factors behind, and the nature of, the conflicts in Burundi from a socio-ethnic perspective. There has, however, been a persistent lack of attention paid to the inextricable relationship between environmental factors; particularly the scarcity of resources, coupled with rapid population growth; and Burundi‘s recent history of internal conflict. Noteworthy explanatory factors, which are often ignored in literature on the environment and conflict, have thus motivated this study. Burundi is an example of this reality because of a highly dependent agricultural economy and a constant growing population. This study used a descriptive analysis, as methodological tool; in order to gain an understanding of Burundi‘s land question - that is, how limited access to land and the constantly increasing population have led to environmental degradation, that served as motivational trigger factors for the violent political conflicts that occurred at various periods between 1965 and 1993 in this country. This study addresses this epistemological gap. In order to explore the nexus between environmental factors, land access, population growth and the political conflicts in Burundi, this study draws and builds upon Jared Diamond‘s (2005) five point framework of potential trigger factors to environmental collapse. Moreover, Diamond‘s (2005) ecocide theory argues that there are eight specific indicators to demonstrate how societies undermine themselves by damaging their own environment; thus resulting in an ecocide. This theory was applied to the two main environmental variables examined in this study. More specifically, this theoretical perspective provided a base for exploring how land issues, population growth, environmental degradation and political change can be understood as important precursors to the violent conflicts in Burundi. What may be surmised by this study; is that there is indeed a positive correlation between these forces, where the values of the independent variables (land access and population growth) are associated with the values of the dependent variable (violent conflict). This correlation, therefore, calls for an acknowledgement of the complexity of the Burundian conflicts and that ethnicity which has dominated contemporary conflict analysis is but one of several social rifts. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Sedert Burundi in 1962 onafhanklikheid verkry het, het hierdie land periodes van massa gewelddadige politieke konflik ervaar. Uitgebreide wetenskaplike navorsing het daarop gefokus om die faktore agter die gebeure, sowel as die aard van die konflik in Burundi vanuit ‘n sosio-etniese perspektief, te ondersoek. Tog word daar steeds gebrekkige aandag geskenk aan die onlosmaaklike verhouding tussen omgewingsfaktore, veral gebrek aan hulpbronne, gepaardgaande met die voortgesette bevolkingsaanwas; asook Burundi se onlangse geskiedenis van interne konflik. Noemenswaardige gapings, wat dikwels in die verklarende literatuur geïgnoreer word, het dus hierdie studie gemotiveer. Burundi is ‘n voorbeeld van hierdie werklikheid omdat die land baie afhanklik van landbou is; as gevolg van die kontstante bevolkingsaanwas in die land. Hierdie navorsing het beskrywende analise as ‘n metodologiese instrument gebruik om insig te kry oor Burundi se grondkwessie – met ander woorde hoe die beperkte toegang tot grond en ‘n toenemende bevolkingsaanwas gelei het tot die agteruitgang van die omgewing. Bostaande faktore het as motiverende sneller faktore gedien, wat aanleiding gegee het tot die gewelddadige politieke konflik, wat gedurende verskillende periodes tussen 1965 en 1993 in hierdie land ontstaan het. Hierdie studie poog dus om hierdie epistomologiese gaping aan te spreek. Ten einde die verband (nexus) tussen omgewingsfaktore, grondbesit, bevolkingsaanwas en die politieke konflikte in Burundi te ondersoek, steun en bou hierdie studie voort op Jared Diamond (2005) se vyfpunt raamwerk van potensiële sneller faktore, wat lei tot omgewings ineenstorting. Verder beweer Diamond (2005) se omgewings uitwissing (ecocide) teorie dat daar agt spesifieke aanduidings is om te demonstreer hoe gemeenskappe hulself ondermyn deur hul eie omgewing te beskadig/vernietig: wat uitloop op omgewings uitwissing (ecocide). Hierdie teorie is aangewend in die twee hoof omgewings veranderlikes, wat in die studie/ navorsing ondersoek is. Hierdie teoretiese perspektief het ook spesifiek ‘n basis voorsien om te ondersoek hoe grondkwessies, bevolkingsaanwas, omgewings agteruitgang en politieke verandering verstaan kan word as belangrike aanwysers van die geweldadige konflik in Burundi. Deur middel van hierdie studie kan ‘n duidelike opsomming gemaak word dat daar inderdaad ‘n positiewe korrelasie tussen hierdie magte voorkom, waar die waardes van die onafhanklike veranderlike (toegang tot grond en bevolkingsgroei) geassosieer word met die waardes van die afhanklike veranderlike (geweldadige konflik). Hierdie korrelasie verg dus ‘n beroep om erkenning te gee aan die kompleksiteit van konflik in Burundi. Hierdie etniese debat, wat tans die oorheersende konflik aanvuur, is maar net een van die verskeie interpretasies van sosiale breekpunte in Burundi is.
189

The global financial crisis : a crisis of legitimacy for the hegemonic world order and the implications for South Africa

Wilson, Jeffrey G. 03 1900 (has links)
Thesis (MA)--Stellenbosch University, 2013. / ENGLISH ABSTRACT: This study attempts to analyse the global economic system in light of the ongoing financial crisis, which is seen as a symptom of a larger crisis of the legitimacy of the capitalist system. It takes a critical approach based, first and foremost, on the theories of Karl Marx. To broaden this application, it also adopts the perspective of the World Systems and neo-Gramscian schools of thought. The study analyses, and synthesises, the theoretical contributions of these approaches, allowing for the conceptualisation of a World System, based upon the tenets of capitalism, with a hegemon, the United States of America, at its apex. Using the historical materialist method, it traces the genesis and progress of the capitalist model. It analyses the particular style of accumulation which precipitated the current crisis. From there it examines the situation in the semi-periphery, the locus of past socialist revolutions. To this end, it regards the case of South Africa, an intermediary, between the industrialised core and the underdeveloped periphery. It uses Robert Cox‟s assessment of the importance of social forces in maintaining or supplanting a hegemonic project. Although the study finds South African society fraught with contradictions, alternative social movements currently remain unable to produce a coherent emancipatory programme. While the crisis, and other recent events, have illuminated the contradictions inherent to capitalism, despite widespread popular mobilisation, coherent responses from the Left remain deficient. The hegemonic structures and institutions are bereft of the necessary prescriptions for a resolution to the situation, yet in this moment of opportunity, the Left appears unable to articulate and mobilise sufficiently to bring about an emancipatory, counter-hegemonic, movement. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Hierdie studie probeer om die globale ekonomiese stelsel binne die konteks van die voortslepende finansiële krisis Hierdie krisies word beskou as 'n simptoom van 'n meer omvattende krisies onderliggend aan die legitimiteit van die kapitalistiese stelsel. Dit volg in die eerste plek ʼn kritiese benadering gebaseer op die teorieë van Karl Marx. Om hierdie toepassing te verbreed, word daar ook gebruik gemaak van die Wêreldstelsel- en neo-Gramscian denkskole. Die studie analiseer en sintetiseer, die teoretiese bydraes van hierdie benaderings, met inagneming van die konseptualisering van ʼn Wêreldstelsel, gebaseer op die beginsels van kapitalisme, met ʼn hegemoon, die Verenigde State van Amerika, aan sy spits. Met behulp van die historiese materialistiese metode gaan dit die wordingsgeskiedenis en verloop van die kapitalistiese model na. Dit analiseer die besondere vorm van akkumulasie wat grondliggend is aan die huidige krisis. Daarna ondersoek dit die situasie in die semi-periferie, die lokus van vorige sosialistiese revolusies. Met daardie doel voor oë fokus die tesis op die geval van Suid-Afrika, ʼn tussenganger, tussen die geïndustrialiseerde kern en die onderontwikkelde periferie. Daar word bevind dat die die Suid-Afrikaanse samelewing vol teenstrydighede is, maar, nietemin, alternatiewe sosiale bewegings tans nie daartoe in staat is om ʼn koherente emansipatoriese program tot stand te bring nie. Terwyl die krisies en ander gebeure, lig gewerp het op die teenstrydighede inherent aan kapitalisme, ontbreek, desondanks wydverspreide algemene mobilisering, koherente reaksies vanuit die Linksgesinde kamp. Die hegemoniese strukture en instellings ly gebrek aan lewensvatbare voorskrifte vir 'n oplossing en Linksgesindes, nieteenstaande die opportunistiese oomblik, is nie daartoe in staat is om te ʼn emansipatoriese, teen-hegemoniese beweging te artikuleer en te mobiliseer nie.
190

The kingdom of Lesotho : an assessment of problems in democratic consolidation

Monyane, Chelete 12 1900 (has links)
Thesis (DPhil (Political Science))--Stellenbosch University, 2009. / ENGLISH ABSTRACT: The main problem investigated in this study is why a homogeneous nation with a high literacy rate such as Lesotho has had so many breakdowns of democracy since independence in 1966. Lesotho is completely surrounded and economically dependent on South Africa and depends mostly on the external sources of income (migrant remittances, customs revenues and foreign aid). Why has this democracy not consolidated? For the assessment of the consolidation of Lesotho’s democracy, this study adopted the multivariate model of Bratton and Van de Walle. This model uses institutional as well as socio-economic variables. In the application of this model various other authors were used as well. Schedler dealt with the concept of breakdowns, whereas Linz and Stepan emphasised institutions and Przeworski et. al and Leftwich also utilised multivariate models, including socio-economic factors. Upon the attainment of independence, the King became a constitutional monarch within a parliamentary system. The monarchy was from the beginning of independence uncomfortable with this status that granted him limited powers. The democratic regime inaugurated with the 1965 elections lasted only till 1970, when the ruling party under Chief Leabua Jonathan which did not support the monarchy, declared the election results invalid and suspended the constitution after his ruling party lost to the opposition. But Chief Leabua Jonathan was toppled from state power in 1986 by the military. The military ruled for eight years. It was clear that the monarchy (eager for executive powers) and the military became factors in the survival of democracy in Lesotho. Democratic rule was relaunched in 1993. The 1993 and 1998 elections were followed by violent power struggles. This time the constituency-based electoral system served as catalyst for the political crises and was blamed. This is because seats did not reflect electoral support as opposition parties were not adequately represented in parliament. Constitutional reforms followed and in 2002 democratic rule was reintroduced. The 2002 and 2007 elections were conducted under the Mixed Member Proportional (MMP) system, which is a hybrid between constituencyiv based and proportional representation. Despite the electoral reforms, uncertainties still remained as the result of escalating socio-economic problems. This study addresses the ways in which the monarchy, the military, the electoral system and the socio-economic factors contributed to the breakdown of democracy in Lesotho. The original aspect of this study lies in the novel set of questions that have not been asked before. It fills the gap in the literature on the 2007 elections and the workings of the new electoral system by comparing the 2002 and the 2007 elections. Despite the constitutional reforms in 2002, the 2007 elections resulted in the new set of problems. The problem of the Lesotho MMP system is how it has to be operationalised and the lack of understanding among the politicians and electorates on how it works. This situation is exacerbated by the absence of legal and clear guidelines on how the translation of votes into seats– especially for candidates under proportional representation (PR) – has to be undertaken in cases where there are coalitions between parties. This institutional reform of the electoral system has not added any value for the development of democracy as losing parties have refused to adhere to the rules. Apart from the electoral system, some of the other core problems are older and institutional. The monarchy has over the years been at the root of some of the country’s democratic breakdowns. It also had influence in the military. The military instituted a period of authoritarianism and managed the transition to democratic rule in the early 1990s.The monarchy and the military continued to destabilise the post- 1993 democratic governments until 1998, after which the electoral system was reformed. But the problems are not only institutional. Lesotho is a democracy with low per capita income. It also has high levels of inequalities as well as high unemployment. Lesotho also has one of the highest HIV/Aids rates in Southern Africa. The country performs poorly when measured against aspects of the United Nations Human Development Index (HDI) such as life expectancy, mortality rates and standard of living. It is the poorest country, with the lowest HDI of Southern Africa’s “free nations”, according to Freedom House. These socio-economic problems have impacted negatively on the prospects of democratic consolidation. One positive aspect is the high literacy rate of over 80%. But this has not benefited Lesotho’s democracy in any meaningful way as most of its educated people are working in South Africa. The country does not have a sizeable middle class, while civil society, except for churches, is also weak. While the monarchy and military have been successfully depoliticised, Lesotho’s democracy remains unconsolidated because of weaknesses in the electoral system (lack of understanding of its operationalisation) and continuing problems of socio-economic development. Its ethnic homogeneity is not an asset either as other divisions have recurred all the time. The overall conclusion is therefore that although most institutional factors responsible for democratic breakdowns in the past have been overcome, the socioeconomic variables such as poverty, weak civil society, small middle class and socio-economic inequality will hinder consolidation for a long time to come. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Die hoofprobleem wat in hierdie studie ondersoek word, is hoekom ’n homogene nasie met ’n hoë geletterdheidsyfer soos Lesotho, soveel onderbrekings (“breakdowns”) van die demokrasie sedert onafhanklikwording beleef het. Vir die beoordeling van konsolidasie van Lesotho se demokrasie is van ’n model van multivariëteit gebruik gemaak. Dit is gebaseer op die denke van Bratton en Van de Walle wat van sowel institusionele as sosio-ekonomiese veranderlikes gebruik maak. Die konsep van afbreuk (“breakdown”) is van Schedler afkomstig. Linz en Stepan maak uitsluitlik van institusionele veranderlikes gebruik, terwyl Przeworski et. al en Leftwich ook van multi-veranderlikes gebruik maak. Hulle denke het die teoretiese raamwerk van hierdie studie gevorm. Heeltemal omring deur, en afhanklik van Suid-Afrika, word die Koninkryk van Lesotho geteister deur politieke onstabiliteit. Die koning het ’n grondwetlike monargie binne ’n parlementêre stelsel geword. Die monargie was egter sedert die begin van onafhank-likheid ongemaklik hiermee. Die demokratiese regime het in 1965 met verkiesings tot stand gekom. Maar dit het slegs tot 1970 geduur toe die regerende party van Hoofman Leabua Jonathan die verkiesing verloor het, en die grondwet opgeskort het. Hyself is in 1986 in ’n staatsgreep deur die weermag omvergewerp. Dit was toe reeds duidelik dat die monargie en die militêre faktore in die oorlewing van demokrasie in Lesotho geword het. Demokratiese regering is in 1993 heringestel. Die 1993 en 1998 verkiesings het egter weer geweld opgelewer. Nou was die kiesafdeling-gebaseerde kiesstelsel geblameer omdat setels nie met steun vir partye gekorreleer het nie. Grondwetlike hervormings is ingestel waarna demokrasie weer in 2002 heringestel is. Die verkiesings van 2002 en 2007 het onder reëls van ’n hibriede stelsel van proposionele verteenwoordiging sowel as kiesafdelings plaasgevind. Daar was stabiliteit, maar onsekerhede was as gevolg van ingewikkeldhede van die stelsel wat nie opgelos is nie. Die studie ontleed die rol van die monargie, die weermag, die kiesstelsel en vlak van sosio-ekonomiese ontwikkeling in die opeenvolgende demokratiese ineenstortings in Lesotho. Die oorspronklikheid van hierdie studie is dat vrae gestel word wat nog nie voorheen met betrekking tot Lesotho gedoen is nie. Dit vul dus ’n gaping in die literatuur, ook wat die onlangse verkiesings van 2007 betref. Ten spyte van die grondwetlike hervormings van 2002, het die 2007 verkiesings nuwe probleme opgelewer. Die probleem is dat sowel die kiesers as die politici nie altyd verstaan hoe die formules van die hibriede stelsel werk nie. Daar is ook ’n afwesigheid van riglyne oor hoe om stemme in setels om te sit waar kaolisies deelgeneem het. Afgesien van die verkiesingstelsel, is van die ander probleme ouer, maar ook institusioneel van aard. Die monargie soos hierbo gestel, is deel van hierdie probleme. Dit het soos aangedui ook ’n invloed op die militêre gehad. Beide het die demokrasie gedestabiliseer tot ná 1993 en 1998, waarna die nuwe verkiesingstelsel nuwe probleme opgelewer het. Die probleme in Lesotho is egter nie net van ’n institusionele aard nie. Lesotho is ’n arm demokrasie met lae per capita inkome, hoë ongelykhede en werkloosheid, asook van die hoogste HIV/Vigs syfers in Suider Afrika. Lesotho vaar ook swak op die Verenigde Nasies se Menslike Ontwikkelingsindeks. Dit is ook die armste van Freedom House se nasies wat as “vry” geklassifiseer word. ’n Positiewe aspek is die hoë geletterdheidsyfer van 80%. Maar dit het Lesotho oënskynlik nie gehelp om die demokrasie volhoubaar te maak nie. Die land het byvoorbeeld nie ’n beduidende middelklas nie, terwyl die burgerlike samelewing met uitsondering van die kerke, ook swak is. Terwyl die monargie en die militêre deesdae gedepolitiseer is, is die demokrasie nog nie gekonsolideer nie. Die redes hiervoor is die probleme met die kiesstelsel en voortgesette lae ekonomiese ontwikkeling. Etniese homogeniteit is ook skynbaar nie ’n bate nie, want ander verdelings ontstaan deurentyd. Die hoofkonklusie van hierdie studie is dus dat alhoewel Lesotho die institusionele faktore wat vir demokratiese afbreuk in die verlede verantwoordelik was oorkom het, die sosio-ekonomiese veranderlikes soos armoede, swak burgerlike samelewing, klein middelklas en ongelykheid steeds konsolidasie nog vir ’n lang tyd sal belemmer.

Page generated in 0.0891 seconds