• Refine Query
  • Source
  • Publication year
  • to
  • Language
  • 191
  • 134
  • 5
  • 3
  • 1
  • Tagged with
  • 340
  • 340
  • 340
  • 252
  • 192
  • 157
  • 133
  • 120
  • 84
  • 83
  • 81
  • 60
  • 55
  • 54
  • 51
  • About
  • The Global ETD Search service is a free service for researchers to find electronic theses and dissertations. This service is provided by the Networked Digital Library of Theses and Dissertations.
    Our metadata is collected from universities around the world. If you manage a university/consortium/country archive and want to be added, details can be found on the NDLTD website.
171

Can Canada still be considered a middle power? Zimbabwe and Canada's declining global role

Bothwell, Alice 03 1900 (has links)
Thesis (MA)--University of Stellenbosch, 2011. / ENGLISH ABSTRACT: Canada between 1945 and 2010 has been classified as a prominent "middle power." At the same time its relative standing among nations has been declining and it has less regard in the world than it once did. Middle power theory seeks to classify those nations who in the wake of the Second World War were neither great powers nor non- great powers. The idea of middlepowermanship greatly appealed to Canadians and they undertook initiatives to separate themselves from the non-great powers. Canada is often seen as the exemplary case for observing middle power status. Through the post war era and the Cold War Canada was both economically and politically powerful. By getting involved in a plethora of multi-lateral bodies such as the United Nations and the Commonwealth while promoting peacekeeping and mediation, Canada was able to exert its growing influence on the world order. Throughout this time Canada worked hard to build its reputation as a mediator and specialized in ending quarrels. This is true of Canada’s involvement in the Commonwealth in the 1960s and 1970s with regard to the Rhodesian question. On two separate occasions it was the Canadian contingents that prevented the Commonwealth from dissipating. This further bolstered Canada’s rise to prominence in the world order. Over the years, as Canada took on more initiatives resources became very thinly spread. With an economic slow down and new commitments to national policies (universal healthcare and pensions) the Canadian budget was rearranged and priorities changed. No longer were there the same resources available to middle power initiatives or the military. This has greatly impacted Canada’s ability to participate in international projects. Recently, Canada’s position in the world has come into question, asking whether or not it truly is still a middle power. By looking at various traditional middle power elements including the economy, peacekeeping, official development assistance and involvement in multilateral bodies it can be seen that Canada’s prominence is waning. Using the case study of Zimbabwean/ Canadian relations through the 20th and 21st centuries, the decline of Canada’s middle power performance can be traced. Combining these different themes with hard and soft power theory it is clear to see that Canada no longer holds the same position of middle power it once did. It also shows that Canadians are holding onto an image of Canada, which is dated, and it is time to redefine Canada’s position within the world order. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Tussen 1945 en 2010 is Kanada geklassifiseer as ’n prominente “middelmag.” Terselfdertyd het Kanada se relatiewe posisie ten opsigte van ander nasies begin afneem en minder aansien in die wêreld geniet as voorheen. Die middelmag-teorie poog om daardie nasies te klassifiseer wat na die Tweede Wêreldoorlog nóg grootmagte, nóg kleinmagte was. Die Kanadese was aangetrokke tot die idee van middelmagskap en hulle het inisiatiewe onderneem om hulself van ander nie-grootmagte te onderskei. Kanada word dikwels gesien as die toonbeeld van die middelmag rol. Gedurende die post-oorlog era, asook tydens die Koue Oorlog was Kanada beide ekonomies en polities invloedryk. Deur betrokke te raak in multi-laterale instellings soos die Verenigde Nasies en die Statebond, en terselfdertyd vredeskepping en bemiddeling te bevorder, kon Kanada sy groeiende invloed op die wêreld orde uitoefen. Gedurende hierdie tyd het Kanada hard gewerk om sy reputasie as bemiddelaar gestand te doen en te spesialiseer in die beëindiging van dispute. Laasgenoemde word veral waargeneem in Kanada se betrokkenheid in die Statebond met betrekking tot die Rhodesië-vraagstuk in die 1960s en 1970s. Op twee verskillende geleenthede was dit die Kanadese invloed wat verhoed het dat die Statebond ontbind. Dit het gesorg dat Kanada se prestige en prominensie in die wêreld orde toegeneem het. Oor die jare het Kanada meer inisiatiewe aangegaan en het die hulpbronne verminder. Dit, tesame met ’n stadige groeiende ekonomie en nuwe nasionale verpligtinge soos universele gesondheidsorg en pensioenfonds moes die Kanadese begroting herrangskik word en prioriteite moes verander. Daar was nie meer dieselfde hulpbronne beskikbaar vir middelmag- inisiatiewe of die weermag nie. Dit het grootliks Kanada se vermoë beïnvloed om aan internasionale inisiatiewe deel te neem. Onlangs het Kanada se posisie in die wêreld onder die loep gekom, en dit word bevraagteken of Kanada nog werklik ’n middelmag is. Deur te kyk na verskillende tradisionele middelmagelemente soos die ekonomie, vredeskepping, amptelike ontwikkelingsbystand en die betrokkenheid in die multilaterale organisasies, word dit waargeneem dat Kanada se prominensie afneem. Deur gebruik te maak van die gevallestudie van die Zimbabwe/Kanada-verhoudinge deur die 20ste en 21ste eeu, kan die afname van Kanada se middelmag-funksie waargeneem word. Met die kombinering van reeds genoemde temas met die teorieë van harde en sagte mag, kan dit duidelik gesien word dat Kanada nie meer dieselfde posisie van middelmag beklee wat dit eens gehad het nie. Verder wys dit dat die Kanadese aan ’n beeld van Kanada vasklou wat ouderwets is, en dat dit tyd is om Kanada se posisie te herdefinieer in die huidige wêreld orde.
172

Oiling Development? A critical analysis of Norway's petroleum assistance to Angola

Martinsen, Mari 03 1900 (has links)
Thesis (MA)--University of Stellenbosch, 2011. / ENGLISH ABSTRACT: African affairs have traditionally not occupied a central place in Norway’s official foreign policy, and relations with countries in West Africa have been limited. However, in recent years, resource-rich countries such as Angola – Africa’s largest oil producer – have become the focus of Norwegian strategic interests. Private and public investments are increasing rapidly, paralleling a larger focus on aid. Today, Angola is a core country within Norway’s most prominent petroleum-related assistant programme, Oil for Development (OfD). This thesis will aim to contribute, by means of a critical political economy analysis, to a better understanding of Norway’s role in Angola through OfD. Specifically, this study aims to question who and what structures Norway really is aiding in Angola. Such an objective will be achieved by firstly using critical theory to demonstrate Norway’s role as a traditional middle power – through which Norway seeks to export an altruistic perception of a ‘do-good- image’ – is underpinned by a deeper national self-interest. Secondly, the thesis questions the theoretical foundation of OfD, and, thirdly, it attempts to identify whom the OfD programme is aiding. Ultimately, the thesis questions whether Norway is promoting sustainable development in Angola, or whether, instead, it is contributing to maintaining a status quo, from which Norway as a middle power continues to benefit. The study illustrates that Norway, as a middle power, has neither the capacity nor the national self-interest to achieve fundamental change in Angola. Norway’s commitment to the good governance agenda, and the belief in solutions offered by the resource curse thesis, is tackling the symptoms of Angola’s underdevelopment, rather than its root causes. OfD adopts a state-centric approach, which accepts the political economy structures in Angola, and gives limited attention to global structures and civil society. The thesis offers an alternative analysis, which illustrates how OfD is masking a neo-liberal development approach by incorporating Norwegian business interests and development goals in the same programme. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Afrika sake het tradisioneel nie 'n sentrale plek in Noorweë se amptelike buitelandse beleid beklee nie, en verhoudings met die westelike deel van die Afrika-kontinent is beperk. Tydens die afgelope jare het olie-ryk lande, soos Angola, egter die fokus van Noorweegse strategiese belange geword. Angola is vandag 'n kern land binne Noorweë se mees prominente petroleum-verwante hulpverleningsprogram, Oil for Development (OfD). Hierdie tesis het ten doel om, deur middel van 'n kritiese politieke ekonomie ontleding, by te dra tot ’n beter begrip van Noorweë se rol in Angola deur die OfD. Spesifiek bevraagteken hierdie studie aan wie en watter strukture in Angola Noorweë hulp verleen. Dit sal gedoen word deur eerstens gebruik te maak van kritiese teorie om te demonstreer dat Noorweë se rol as 'n tradisionele middelmoondheid – waardeur Noorweë poog om 'n altruïstiese persepsie van die staat uit te dra – onderskryf word deur 'n dieper nasionale selfbelang. Tweedens sal hierdie studie die teoretiese begronding van OfD bevraagteken, en derdens poog om te identifiseer wie deur die OfD program ondersteun word. Laastens sal die tesis bevraagteken of Noorweë volhoubare ontwikkeling in Angola bevorder, en eerder bydra tot die instandhouding van die status quo, waaruit Noorweë as 'n middelmoondheid voordeel trek. Die studie sal illustreer dat Noorweë, as ‘n middelmoondheid, nie die kapasiteit of die nasionale selfbelang het om fundamentele verandering in Angola te weeg te bring nie. Norweë se ondersteuning van die ‘good governance’ agenda, en oplossings wat deur die sogenaamde ‘hulpbronvloek’ tesis aangebied word, spreek die simptome van Angola se onder-ontwikkeldheid aan, eerder as die kernoorsake. OfD funksioneer op grond van ‘n staat-sentriese benadering, wat die politieke ekonomiese strukture in Angola aanvaar, en beperkte aandag aan globale strukture en die burgerlike samelewing gee. Hierdie tesis bied ‘n alternatiewe analise, wat wys hoe OfD eintlik ‘n neoliberale ontwikkelingsbenadering volg wat Noorweegse besigheids- en ontwikkelingsdoelwitte in dieselfde program inkorporeer.
173

Barack Obama : a new precedent in foreign policy?

Coetzee, Andre Francois 03 1900 (has links)
Thesis (MA)--University of Stellenbosch, 2011. / ENGLISH ABSTRACT: This thesis aims to measure President Barack Obama’s level of presidential agency in foreign policy, in order to determine whether he will be able to achieve his ambitious goal of renewing US leadership in foreign affairs. To do so, this thesis will make use of a two-level analysis: The primary level of analysis will focus on the office of the president, and the constitutionally determined formal powers it confers on the president. It will also study the constraints placed on the president by the powers conferred on other branches of government, as well as the institutional and societal context in which the president must function. The second level of analysis will focus on the president as an individual, and the role that a number of personality traits and informal powers play in presidential agency. The central hypothesis of this thesis is that while all presidents are exposed to roughly the same set of institutional constraints, an individual president’s level of agency depends on their utilisation of a number of informal powers. In order to measure this hypothesis, a five-point framework will be developed by abstracting from the existing literature on informal powers. This framework will consist of five criteria believed to be a prerequisite for a high degree of presidential agency: (1) a favourable disposition to foreign affairs; (2) the ability to provide strong leadership in policy formulation; (3) a command over Pennsylvania Avenue politics; (4) the utilisation of the role of public opinion maker; (5) and the utilisation of the role of global statesmen. While Obama will be shown to do well against the framework, his lack of tangible accomplishments will be shown to stem from the magnitude of the challenges he faces; the larger foreign policy context in which he came to office; and the deep-seated distrust of the motives underlying US foreign policy in certain regions. Furthermore, the time constraints he faces, and the impact of the election cycle, will be identified as a limit to the pace of implementation and the extent of the changes he is able to make. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Die doel van hierdie tesis is om President Barack Obama se vlak van presidensiële agentskap in buitelandse beleid te meet om te bepaal of hy sy ambisieuse doelwit om die VSA se leierskap in buitelandse sake te hernu, sal bereik. ’n Tweevlakkige analise sal vir hierdie doel aangewend word. Die analise sal op ’n primêre vlak fokus op die president as ampsdraer, en die formele magte wat deur die grondwet aan hom toegeken word. Dit sal ook die beperkinge wat op die president geplaas word as gevolg van die magte wat aan die ander takke van die regering toegeken word, bestudeer. Verder sal die institusionele en maatskaplike konteks waarin die president moet fuksioneer in ag geneem word. Die tweede vlak van analise sal op die president as individu fokus, en die rol wat sekere informele magte en persoonlikheidseienskappe in presidensiële agentskap speel. Die sentrale hipotese van hierdie tesis, is dat alhoewel alle presidente deur dieselfde institusionele beperkinge geaffekteer word, ’n spesifieke president se vlak van agentskap afhang van sy gebruik van informele magte. Hierdie hipotese sal gemeet woord deur ’n vyfpuntraamwerk te ontwikkel wat gebruik maak van die bestaande literatuur op presidensiële agentskap. Dié raamwerk bestaan uit vyf kriteria wat benodig word om ’n hoë vlak van agentskap te handhaaf: (1) ’n positiewe gesindheid teenoor buitelandse sake; (2) die vermoë om sterk leierskap in die beleidsformuleringsproses uit te oefen; (3) meesterskap oor Pennsyvanie Avenue politiek; (4) die gebruik van die rol van openbare ’n opinie maker; (5) en die gebruik van die rol van ’n globale staatsman. Die tesis sal wys dat alhoewel Obama suksesvol is wanneer hy teen die raamwerk gemeet word, sy tekort aan prestasies toegeskryf kan word aan die omvang van die probleme wat hy moet oplos; die groter buitelandse konteks waarin hy verkies is; en die wantroue in die VSA se onderliggende motiewe in sekere streke. Verder sal die tydsbeperkinge op sy presidentskap en die impak van die verkiesingsiklus geïdentifiseer word as ’n bepreking op die spoed waarteen hy veranderinge kan implementeer.
174

The impact of the private security industry on peace-building efforts in Africa : an assessment of Executive Outcomes, MPRI and DynCorp

Holager, Emma 03 1900 (has links)
Thesis (MA)--University of Stellenbosch, 2011. / ENGLISH ABSTRACT: The emergence and rapid growth of the private security industry in the 1990s followed from the downsizing of the armed forces in the aftermath of the Cold War and the development of new security threats which increased demand for military manpower and expertise. This has led to a redefinition of security strategies and the restructuring of armed forces by Western governments, which has resulted in the elimination of non-core activities from the functions of many armed forces. Recently it has been argued that the private security industry can challenge what previously was believed to be a primary responsibility of states, namely to take on peacebuilding initiatives and support to other peace operations. This study seeks to assess the impact of the private security industry in peacebuilding efforts in African conflicts. The study suggests that the private security industry have taken on a much stronger role in conflicts world wide since the 1990s, and that its activities have significantly changed. Companies such as MPRI and DynCorp have managed to keep close contact with their home governments, which arguably has been a crucial factor to their growing business. Furthermore, the private security industry have sought to distance itself from the negative connotations associated with mercenaries and the activities of companies such as Executive Outcomes in the 1990s, by avoiding operations involving elements of direct combat. This has been illustrated through the extensive case study of the activities of three private military and security companies: Executive Outcomes, MPRI and DynCorp. Furthermore, this thesis has confirmed an increased presence of the United States on the African continent post-9/11, illustrated by the presence of American-based private military and security companies which arguably are being used as proxies for US foreign policy purposes. Furthermore, this study has discussed the various implications the private security industry has on the traditional notion of the state’s monopoly on the legitimate use of force. This thesis has argued that the legitimate use to exercise violence is in the process of devolution from governments to other actors, which the extensive growth of the private security industry illustrates. Additionally, it has been argued that the privatisation of military and security services can harm the reliable delivery of essential services in conflict. Furthermore, the findings of this thesis has highlighted the dilemma that many countries do not want stricter regulation or elimination of the private security industry for the reason that these companies are viewed as valuable assets in fulfilling foreign policy objectives that for various reasons cannot be fulfilled by national armies. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Die opkoms en vinnige groei van die privaatsekuriteitsbedryf in die 1990s was die gevolg van die afskaling van gewapende magte in die nasleep van die Koue Oorlog en die ontwikkeling van nuwe sekuriteitsbedreigings, wat die aanvraag na militêre arbeidskragte en kundigheid verhoog het. Dit het aanleiding gegee tot ’n herdefiniëring van sekuriteitstrategieë en die herstrukturering van gewapende magte deur Westerse regerings, met die gevolg dat niekernaktiwiteite van die funksies van talle gewapende magte uitgesluit is. Daar is onlangs aangevoer dat die privaatsekuriteitsbedryf aanspraak kan maak op ’n funksie wat voorheen as die primêre verantwoordelikheid van regerings beskou is, naamlik om vredesinisiatiewe en steun aan ander vredesverrigtinge te onderneem. Die doel van hierdie studie was om die impak van die privaatsekuriteitsbedryf in vredesinisiatiewe in Afrika-konflikte te assesseer. Daar word aan die hand gedoen dat die privaatsekuriteitsbedryf sedert die 1990’s ’n baie groter rol in wêreldwye konflikte gespeel het, en dat die aktiwiteite van hierdie bedryf aanmerklik verander het. Maatskappye soos MPRI en DynCorp was suksesvol daarin om nabye kontak met hul tuisregerings te behou, wat stellig ’n deurslaggewende faktor in hul groeiende besighede was. Voorts het die privaatsekuriteitsbedryf gepoog om hom te distansieer van die negatiewe konnotasies wat met huursoldate en die aktiwiteite van maatskappye soos Executive Outcomes in die 1990’s geassosieer is deur bedrywighede wat elemente van direkte stryd inhou, te vermy. Hierdie poging is geïllustreer deur die omvattende gevallestudie van die aktiwiteite van drie privaat militêre en sekuriteitsmaatskappye: EO, MPRI en DynCorp. Die bevindinge van die studie bevestig voorts die Verenigde State van Amerika (VSA) se toenemende teenwoordigheid op die Afrika-vasteland ná 9/11, wat duidelik blyk uit die teenwoordigheid van Amerikaansgebaseerde privaat militêre en sekuriteitsmaatskappye wat stellig as volmag gebruik word vir die VSA se buitelandsebeleidsdoelstellings. Die verskeie implikasies van die privaatsekuriteitsbedryf vir die tradisionele siening van die regerings se monopolie ten opsigte van die wettige gebruik van magte word ook in die studie bespreek. Daar word aangevoer dat die wettige gebruik van geweld in die proses van devolusie is vanaf regerings na ander rolspelers, wat deur die omvattende groei van die privaatsekuriteitsbedryf bevestig word. Daar word verder ook beweer dat die privatisering van militêre en sekuriteitsdienste die betroubare lewering van noodsaaklike dienste tydens konflik kan benadeel. Die studie se bevindinge werp ook lig op die dilemma dat talle lande strenger regulering of uitskakeling van die privaatsekuriteitsbedryf teëstaan omdat hierdie maatskappye beskou word as waardevolle bates in die bereiking van buitelandsebeleidsdoelwitte, wat vir verskeie redes nie deur nasionale leërs bereik kan word nie.
175

Debt relief for economics or debt relief for the people? : a critical analysis of the heavily indebted poor countries initiative

Abendanon, Lucille 03 1900 (has links)
Thesis (MA)--Stellenbosch University, 2003. / ENGLISH ABSTRACT: The HIPC Initiative offers qualifying heavily indebted poor countries the opportunity to renege on their debt obligations in return for an emphatic commitment to poverty reduction and reform. This dissertation assesses the effectiveness of the HIPC Initiative in light of the fact that one third of the world's population continues to live on an average of US$1 per day. In evaluating the HIPC Initiative one simple question is posed: taking into consideration the abject poverty experienced by over a billion people in the developing world, and the urgency with which it must be addressed, is the HIPC Initiative extensive enough, deep enough or broad enough to effectively challenge worldwide poverty? Using quantitative and qualitative research methods, the dissertation investigates this question by examining the divergent points of view offered by the World Bank and IMF on the one hand, and NGOs on the other as they comment on the most hotly debated issues surrounding the effectiveness of the HIPC Initiative. The analysis leads us to an evaluation of the following issues: establishing debt sustainability to qualify for HIPC relief; the issue of conditionality and the use of poverty reduction strategy papers; funding the HIPC Initiative; the likelihood of HIPCs escaping the debt trap after HIPC relief; and finally, how the HIPC Initiative is contributing to attaining the Millennium Development Goals is evaluated. After probing the stances of the World Bank and IMF, and the contrasting views of NGOs the conclusions indicate that the HIPC Initiative is neither extensive, deep nor broad enough to effectively challenge poverty, or to provide indebted poor countries with a lasting escape from the burden of unsustainable debt. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Die Heavily Indebted Poor Countries (HIPC) Inisiatief bied aan arm lande met 'n groot skuldlas, wat kwalifiseer vir hulp, die geleentheid om hul skuldverpligtings af te las in ruil vir 'n definitiewe verbintenis tot armoede-vermindering en -hervorming. Hierdie verhandeling evalueer die doeltreffendheid van die HIPC Inisiatief teen die agtergrond van die feit dat een derde van die wêreld se bevolking op 'n gemiddelde van een Amerikaanse Dollar per dag oorleef. Hierdie evaluering van die HIPC Inisiatief stel 'n eenvoudige vraag: Is die HIPC Inisiatief voldoende en uitgebreid genoeg om die uitdaging van wêreldwye armoede aan te spreek indien 'n mens die uiterste armoede van meer as 'n biljoen mense in ontwikkelende gebiede in ag neem, sowel as die dringendheid waarmee dit aangespreek moet word? Deur van kwantitatiewe en kwalitatiewe navorsingsmetodes gebruik te maak, ondersoek die verhandeling hierdie vraag deur uiteenlopende gesigspunte van die Wêreldbank en die Internasionale Monitêre Fonds (IMF) aan die een kant, en Nie- Regerings Orginisasies (NRO's) s'n aan die ander kant, te ondersoek aan die hand van hul kommentaar op die belangrikste kwessies oor die doeltreffendheid van die HIPC Inisiatief. Hierdie ontleding lei tot 'n evaluering van die volgende kwessies: bepaling van lande se potensiaal om met terugbetalings vol te hou ten einde vir hulp deur die HIPC te kwalifiseer; die kwessie van voorwaardelikheid en die gebruik van armoedeverligtingstrategieë; befondsing van die HIPC Inisiatief; die moontlikheid dat die HIPC's die skuldstrikke na toepassing van HIPC-bystand sal ontsnap; en laastens, hoe die HIPC Inisiatief se bydrae tot die bereiking van die Millenium Ontwikkelingsdoelwitte geëvalueer word. Die standpunte van die Wêreld Bank en die IMF sowel as die teengestelde sienings van die NRO's word ondersoek. Die gevolgtrekking toon dat dat die HIPC Insiatief nie uitgebreid, diep of breed genoeg is om armoede doeltreffend hok te slaan nie, of om skuldlastige arm lande te help om finaal van hul skuldlas te ontsnap nie.
176

Foreign aid and NGO-state relations in South Africa : post-1994 developments

Rammutle, Radithebe 04 1900 (has links)
Thesis (MA)--University of Stellenbosch, 2003. / ENGLISH ABSTRACT: This study investigates the impact of foreign aid on the relations between Non- Governmental Organisations (NGOs) and the state in South Africa since 1994. There are three different ways in which NGOs can interact with the state and public policy: viz. they can support and help to implement policies, attempt to reform policies, or oppose them. During apartheid, the nature of NGO-state relations was characterised by political confrontation and distrust. NGOs primarily served as organisations of opposition to the state's exclusivist and dehumanising policies. Many NGOs, however, also provided developmental and social services to communities who were neglected by the apartheid state. After the first democratic election in 1994, the role of NGOs underwent a significant process of change. Various factors contributed to this change. This study, however, primarily focuses on the role of foreign aid and its effect on NGO activities in South Africa, post-1994. This study relied on secondary data sources (both qualitative and quantitative) available in the area of NGO state relations. The study also focused on two major donor agencies in South Africa: European Union (EU) and United States Agency for International Development (USAID). Analysis of data reveals that, since 1994 much of the funding that was previously directly channeled to civil society now goes to the state, which distributes it to targetted NGOs. As a result many NOOs have collapsed because of a shortage of financial resources to sustain their work. Secondly, since 1994 the rationale and purpose behind international donor policies has been to advance the New Policy Agenda (NPA), which is aimed at promoting free market-orientated reforms and the consolidation of liberal democracy. As a result, foreign aid donors have endorsed the liberal economic policies, which are set out in the government's macroeconomic strategy, viz. Growth, Employment, and Redistribution (GEAR). Thus, both government and donors have prioritised NGOs who are involved in service delivery rather than those that are likely to challenge and oppose liberal market policies. They have also shown preference to NGOs that are more concerned with the norms and practices of procedural democracy as opposed to those that are concerned with issues of participatory and social democracy. This has resulted in constraining the overtly political and advocacy role, which characterised NGOs during the apartheid era. International donors, via government disbursement institutions such as the National Development Agency (NDA), have also constrained the work of NGOs by insisting on numerous managerial related requirements that have been made conditional for the receiving of financial support. Many small, informal, rural community based organisation that lack the required administrative capacity have, as a result, been facing serious financial crises. Subsequently, NGO-state relations, since 1994, have become less adversarial and confrontational. Most NGOs, complement and support the state's social services delivery programmes and also serve as organisations which help shape the norms and practices of procedural democracy. The study concludes, that the persistent inequality, poverty and unemployment which is associated with the GEAR macroeconomic policy and endorsed by international donor agencies, will lead to the resurgence of advocacy NGOs. Furthermore, in order to resuscitate their role and to ensure their vitality as organisations, which promote participatory democracy, it is essential to focus on strategies, which can effectively challenge the current funding environment to NGOs. These include, building the administrative capacity of both the NDA and NGOs, ensuring NDA independence, and ensuring recognition by funding institutions of the importance of advocacy NGOs in the consolidation of economic democracy. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Hierdie studie ondersoek die impak van buitelandse hulp op die verhoudinge tussen Nie-Regeringsorganisasies (NRO'S) en die staat sedert 1994. Daar is drie verskillende wyses waarop NRO's interaksie kan bewerkstellig met die staat en met openbare beleid, naamlik, hulle kan help om beleid te implementeer, hulle kan help om beleid te verander, of hulle kan beleid teenstaan. Tydens apartheid, is die aard van NRO - staat verhoudings gekenmerk deur konfrontasie en wantroue. Die NRO's het primêr gedien as organisasies van opposrsie teen die staat se eksklusiwistiese en onmenslikingsbeleid. Talle NRO's het egter ook ontwikkelings- en sosiale dienste voorsien aan gemeenskappe wat afgeskeep is deur die apartheidstaat. Na die eerste demokratiese verkiesing in 1994, het die rol van NRO's 'n beduidende proses van verandering ondergaan. 'n Verskeidenheid faktore het bygedra tot hierdie verandering. Hierdie studie fokus egter primêr op die rol van buitelandse hulp en die uitwerking daarvan op NRO's se aktiwiteite in Suid-Afrika na 1994. Hierdie studie het staatgemaak op sekondêre bronne (kwalitatief sowel as kwantitatief) in die gebied van NRO's - staat verhoudinge. Die studie fokus ook op twee belangrike donateur agentskappe in Suid-Afrika: die Europese Unie (EU) en die Verenigde State Agentskap vir Internasionale Ontwikkeling (VSAlO). 'n Analise van die data toon aan dat, sedert 1994, heelwat van die befondsing wat voorheen direk gekanaliseer is aan die openbare gemeenskap, nou na die staat gaan, wat dit versprei na geteikende NRO's. Gevolglik het talle NRO's ineengestort vanweë 'n tekort aan finansiële bronne om hulle werk vol te hou. Tweedens, sedert 1994 was dit die rasionaal en doelstelling van internasionale donateurskapsbeleid om die Nuwe Beleid Agenda (NBA) te bevorder, wat as doelstelling het die bevordering van vrye mark-georiënteerde hervormings en die konsolidasie van 'n liberale demokrasie. Gevolglik het buitelandse hulp donateurs liberale ekonomiese beleidvorming onderskryfwat uiteengesit word in die regering se makro-ekonomiese strategie, nl. Groei, Werkverskaffing en Herverdeling (GEAR). Dus het sowel die regering as donateurs prioriteit gegee aan NRO's wat betrokke is in dienslewering, eerder as dié wat geneig is om liberale markbeleid teen te staan. Hulle het ook voorkeur gegee aan NRO's wat meer besorg is oor die norme en praktyke van 'n prosedurele demokrasie in teenstelling met dié wat besorgd is oor die vraagstukke van 'n deelnemende en sosiale demokrasie. Dit het die resultaat gehad dat die openlike politiese en kampvegtersrol wat kenmerkend van die NRO's was gedurende die apartheidsera, beperk is. Internasionale donateurs het, Vla regerings-instellings soos die Nasionale Ontwikkelingsagentskap (NOA), ook die werk van NRO's beperk deur die aandrang op talle bestuursverwante vereistes wat as voorwaarde gestel is vir die ontvangs van finansiële ondersteuning. Talle klein, informele landelike gemeenskaps-gebaseerde organisasies wat die vereiste administratiewe kapasiteit kort, het gevolglik ernstige finansiële krisisse begin ondervind. Daaropvolgend, het NRO-staat verhoudinge sedert 1994 minder konfronterend begin raak. Die meeste NRO's ondersteun die staat se diensleweringsprogramme en dien ook as organisasies wat help om die norme en praktyke van 'n prosedurale demokrasie te vorm. Die studie kom tot die gevolgtrekking dat die voortdurende ongelykheid, armoede en werkloosheid wat geassosieer word met die makro-ekonomiese beleid van die regering se program vir Groei, Werkskepping en Herverdeling (GEAR) sal lei tot In nuwe opkoms van kampvegter NRO's. Voorts, ten einde hulle rol te stimuleer en hulle lewenskragtigheid as organisasies te verseker, kan ons die huidige befondsingsomgewing van NRO's doeltreffend uitdaag. Dit sluit in die bou van die administratiewe kapasiteit van beide die NOA en NRO's, die versekering van NOA onafhanklikheid, en die versekering van die erkenning deur befondsingsinstellings van die belangrikheid van kampvegter NRO's in die konsolidasie van 'n ekonomiese demokrasie.
177

Gendering conflict resolution in the Democratic Republic of the Congo

Van Schalkwyk, Gina 03 1900 (has links)
Thesis (MA)--Stellenbosch University, 2003. / ENGLISH ABSTRACT: This research report documents the results of a study that aims at investigating the potential contribution of a gender perspective towards conflict resolution. In this regard, the Democratic Republic of the Congo (DRC) is used as a case in point. The study takes the form of an exploratory and descriptive study and extensive use is made of both primary and secondary sources of data. By arguing that a gender perspective on conflict will elucidate the way in which women are affected differently by conflict it logically follows that women should be permitted to assume their rightful positions in attempts at transforming conflict. The application of a gender perspective furthermore urges a revision of conflict resolution towards conflict management and transformation as the appropriate ways of bringing an end to war. This implies that the emphasis is shifted from a search for political solutions towards conflict prevention and early warning as the most effective ways of pre-empting violent conflict and the breakdown of peace-processes aimed at resolving violent conflicts. In the search for an appropriate role for women in conflict management, the study revisits a number of frameworks for the full and equal participation of women in conflict management at the international, regional and subregional levels of analysis. These frameworks are then applied to the situation in the DRC and some practical courses of action are proposed. While the study concludes that there is a clearly defined need for exposing the gender bias in the analysis and resolution of violent conflict, it notes that the patriarchal nature of the DRC and the international system will in many instances hamper progress towards the achievement of a non-patriarchal and nongendered peaceful social world order. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Hierdie navorsingsverslag dokumenteer die uitkomste van 'n studie wat daarna streef om die potensiële bydrae van vroue tot konflik resolusie te ondersoek. Tot hierdie end word die Demokratiese Republiek van die Kongo as 'n gevalstudie gebruik. Die navorsings ontwerp is eksploratories en beskrywend en daar word ekstensief gebruik gemaak van beide primêre en sekondêre bronne van data. Deur aan te voer dat 'n gender perspektief op konflik die wyse waarop vroue verskillend geraak word deur konflik beklemtoon, volg dit logies hierop dat vroue toegelaat behoort te word om hul regmatig plek in te neem ten tyde van pogings tot konflik transformasie. Die toepassing van 'n gender perspektief dwing verder ook 'n hersiening van konflik resolusie en beskou konflik bestuur en transformasie as die gepaste maniere om oorlog tot 'n einde te bring. Dit bring mee dat daar 'n verskuiwing van klem plaasvind - vanaf 'n soeke na politieke oplossings na konflik voorkoming en vroeë/tydige waarskuwing as die mees effektiewe instrumente om geweldadige konflik en die ineenstorting van vredesprosesse te voorkom. In die soeke na die gepaste rol vir vroue in konflik bestuur, herondersoek die studie 'n aantal raamwerke vir die volledige en gelyke deelname van vroue in konflik bestuur op die internasionale, regionale en sub-regionale vlakke van analise. Hierdie raamwerke word dan toegepas op die situasie in the DRK, en praktiese riglyne word voorgehou. Hoewel die studie vind dat daar 'n duidelike gedefinieerde behoefte bestaan om die gender vooroordeel in die analisie en resolusie van konflik te openbaar, word dit ook aanvaar dat die patriargale aard van die DRK en die internasionale sisteem in die meeste gevalle ware vooruitgang in die daarstelling van 'n nie-patriargale, gelykregtige, vreedsame sosiale wêreldorde sal kniehalter.
178

Investigating women's participation in protest politics between 1991 and 2001

Wildschut, Angelique Colleen 12 1900 (has links)
Thesis (MPhil)--Stellenbosch University, 2003. / ENGLISH ABSTRACT: The involvement of women in both conventional and unconventional forms of political participation in South Africa has over the past 10 years, and often at present, been experienced as problematic and limited. Exacerbating the problem of limited access and information, the study of, and literature about, women's participation in unconventional forms of politics have also been limited. It is the aim of this study to contribute to our knowledge in this area. This study investigates women's participation in unconventional politics between 1991 and 2001. This period is specifically important, as it makes possible the examination of trends in women's political participation before and after the democratic transition in 1994. This makes it possible for us to speculate about the influence of transition on women's political participation. I propose and evaluate two mam hypotheses in which I; firstly, expect women's participation in protest politics to decrease between 1991 and 2001, and secondly, expect to find women's levels of participation in protest to be consistently lower than that of their male counterparts. The complex set of variables influencing women's participation is evaluated according to the socialization and structural approaches, which offer different assumptions about the reasons for the trends in women's participation. In conclusion, I offer the main findings of my research, as well as suggesting possible areas still to be investigated within the field, as deduced from the questions arising out of my analysis in this project. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Die betrokkenheid van vroue in beide konvensionele en onkonvensionele vorme van politieke deelname in Suid Afrika, was oor die laaste 10 jaar, en is steeds ervaar as problematies en beperk. Wat die probleem vererger, is die beperkte toegang tot informasie, die studie van, en literatuur oor, vroue se deelname in onkonvensionele vorme van politiek. Dit is in die strewe na die oorkoming van hierdie leemtes, dat hierdie werk aangepak word. Hierdie werk ondersoek vroue se deelname in onkonvensionele politiek tussen 1991 en 2001. Hierdie periode is spesifiek belangrik, omdat dit die demokratiese transisie na 1994 insluit, en om neigings in vroulike deelname voor en na 1994 te bestudeer. Dit maak dit moontlik om oor die invloed van die transisie op vroue se politieke deelname te spekuleer. Ek stel, en evalueer twee hoof hipoteses waarin ek; eerstens, verwag dat vroue se deelname in protes politiek sal verminder tussen 1991 en 2001, en tweedens, verwag ek om te vind dat vroue se vlakke van deelname in protes, deurentyd laer sal wees as die van mans. Die komplekse stel veranderlikes wat vroue se deelname beinvloed, word geevalueer in terme van die sosialisering- en strukturele benaderings, wat verskillende voorstelle oor die motivering van die geobserveerde neigings in vroue se deelname oplewer. Ten slotte, bied ek die hoof bevindinge van my navorsing aan, so wel as voorstelle ten opsigte van moontlike areas vir verder ondersoek binne die veld.
179

Lobbying disability in South Africa, 1994-2001 : a description of the activities of the disabled people South Africa (DPSA) in the policy-making process

Tire, Thabo Dennis 12 1900 (has links)
Thesis (MPhil)--Stellenbosch University, 2003. / ENGLISH ABSTRACT: This research assignment is a detailed descriptive investigation of the lobbying role played by the Disabled People South Africa (DPSA) in the post-apartheid era in South Africa. The period under investigation is 1994-2001. The focus is on the DPSA as a lobbyist attempting to influence policy in favour of the disabled people in South Africa. In doing this, the study gives an overview of the three important concepts in this study, namely policy-making, disability and lobbying. The three concepts are analysed and looked at particularly from a South Africa perspective. The study utilises different methods of data collection. Disabled people have a history of being exposed to discrimination. After 1994 South Africa had a Constitution that outlawed such a practice against disabled people. South Africa in its democracy has new policies that are different from the ones that were governing the country during the apartheid era. The DPSA, as an umbrella body representing the disabled, now has to play a more effective role regarding the advocating for its members. Hence this study is conducted during the 1994-2001 period. The study mainly focuses on what and how the DPSA has tried to influence lobbying policy-making in favour of the disabled. The conclusion of the study is that the DPSA has achieved success directly and indirectly. The DPSA has managed to playa significant role in the improvement of the lives of disabled people in South Africa. However, it is recommended that the DPSA should make more efforts in addition to what has been done up to this far. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Hierdie navorsingsopdrag is 'n gedetailleerde beskrywende studie van die rol wat die werwing van steun deur die Gestremde Mense van Suid Afrika (DPSA) in die postapartheid era 1994-2001 in Suid-Afrika speel. Die fokus is op die DPSA as 'n steunwerwer om die beleid te beïnvloed ten gunste van gestremde mense in Suid-Afrika. Deur dit te doen gee hierdie studie 'n oorsig van drie belangrike konsepte, naamlik beleidvorming, gestremdheid en steunwerwing. Hierdie drie konsepte is spesifiek vanuit 'n Suid-Afrikaanse perspektief ontleed. Die studie gebruik verskillende metodes om data te versamel. Gestremde mense het 'n geskiedenis van blootstelling aan diskriminasie. Na 1994 het Suid-Afrika 'n grondwet wat diskriminasie teen gestremde mense onwettig verklaar het. 'n Demokratiese Suid-Afrika het nuwe beleide wat verskillend is van dié wat die land tydens die apartheid era gehad het. Die DPSA, as 'n sambreelorganisasie, verteenwoordigend van gestremdes, moes nou 'n meer effektiewe rol speel in die verdediging van sy lede. Die studie fokus hoofsaaklik op die voordele wat die DPSA gekry het ten gunste van die gestremdes. Die gevolgtrekking van die studie is dat die DPSA direkte en indirekte suksesse behaal het. Die DPSA het dit reggekry om 'n belangrike rol te speel in die verbetering van die lewe van gestremdes in Suid-Afrika. Daar is nietemin voorgestel dat die DPSA meer pogings moet aanwend, addisioneel tot dit wat reeds gedoen is.
180

The World Trade Organisation : international trade, dispute settlement & the environment

Greyling, Minette Ilse 03 1900 (has links)
Thesis (MA)--Stellenbosch University, 2003. / ENGLISH ABSTRACT: The norms governing international trade on the one hand, and sustainable development on the other, have both different origins and objectives. This is the central problem that will be addressed in this research assignment, by analysing the structure, functioning and future of the World Trade Organisation Dispute Settlement Mechanism (DSM). Though there has been a significant shift from politics to legality, the dispute settlement system is still far from perfect. When looking at recent environmental trade disputes, the stress placed on the system is revealed. •• The focus is on the impact of environmental disputes on the nature and functioning of the DSM, and how these disputes have contributed to the development of international trade law, and the concept of sustainable development. These will all contribute to a greater understanding of the interaction of the World Trade Organisation and the multilateral trading system, and the future role the WTO should play on the agenda for sustainable development. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Die norme wat enersyds internasionale handel, en andersyds volhoubare ontwikkeling beheer, het uiteenlopende oorspronge en doelstellings. Hierdie is die sentrale probleem wat deur hierdie navorsingsverslag aangespreek word, te wete deur die struktuur, funksionering en toekoms van die Wereldhandelsorganisasie (WHO) Dispute Settlement Mechanism (DSM) te analiseer. Hierdie dispuutskikkingstelsel is nog steeds nie volmaak nie, ten spyte daarvan dat daar reeds 'n betekenisvolle verskuiwing van politiek tot wetlikheid plaasgevind het. As daar na onlangse omgewingshandelsdispute gekyk word, kom die druk wat op die stelsel geplaas word, duidelik na vore. Die fokus word dus met hierdie navorsingsverslag geplaas op die impak wat omgewingsdispute op die aard en funksionering van die DSM het, en hoe die dispute bygedra het tot die ontwikkeling van internasional handelswette asook op die konsep van volhoubare ontwikkeling. Hierdie fokus behoort by te dra tot 'n groter begrip tot die interaksie tussen die Wereldhandelsorganisasie (WHO) en die multilaterale handelstelsels, asook op die toekomstige rol wat die WHO behoort te speel met betrekking tot die agenda vir volhoubare ontwikkeling.

Page generated in 0.1007 seconds