• Refine Query
  • Source
  • Publication year
  • to
  • Language
  • 59
  • 22
  • 20
  • 3
  • 1
  • 1
  • Tagged with
  • 168
  • 118
  • 114
  • 94
  • 42
  • 38
  • 31
  • 30
  • 24
  • 17
  • 15
  • 14
  • 14
  • 14
  • 14
  • About
  • The Global ETD Search service is a free service for researchers to find electronic theses and dissertations. This service is provided by the Networked Digital Library of Theses and Dissertations.
    Our metadata is collected from universities around the world. If you manage a university/consortium/country archive and want to be added, details can be found on the NDLTD website.
31

Herposisionering/vernuwing in die Suid-Afrikaanse vrouetydskrifmark, met spesifieke verwysing na innoverende inhoud

Townsend, Stephanie 12 1900 (has links)
Thesis (MPhil)--Stellenbosch University, 2004. / ENGLISH ABSTRACT: This project was undertaken in order to investigate the phenomenon of repositioning/rejuvenation in the South African women magazine industry, rooi rose and SARIE in particular. These two women magazines, already in a mature phase and seemingly showing very little difference in identity, have been constantly competing with one another for many years. One of the goals of the study is to determine whether the manner in which repositioning is applied would be a sustainable solution and/or whether, considering the saturated market in SA, this would be the sole solution. Hypothetically speaking, the recipe for success may be embedded in new or innovative information and information to support the adopting process of the reader. The Diffusion of Innovation theory is used as the theoretical platform. A content analysis of rooi rose and SARIE for the period July 2002 to December 2003 has been conducted and applied to seven categories. The data has been scientifically analysed using the Student’s t-test. It emerged from the quantitative study that no correlation could be found between innovative content and content supporting the adopting process, and the fluctuation of the ABC figures during that time period. By no means is this an indication that innovative content does not play an important role in the editorial mix, only that SARIE’s better performance since its repositioning should be attributed to other factors. The two magazines are almost similar in terms of positioning, content and target market. For this reason, the role that publicity plays at the launch of each monthly issue should not be underestimated. The Afrikaans women magazine market shows meagre growth that points publishers into other directions such as the expats market, for future growth and survival. Finally, the general interest women magazine should seriously consider her own role in providing innovative information for her reader in order to counter the strong upcoming niche magazine market, which seems to have taken over this very important function of providing innovative information and content supporting the adoption process. In the meantime, change as the only constant means that repositioning or rejuvenation is a given factor in the game of survival. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Hierdie ondersoek is onderneem om die verskynsel van herposisionering/vernuwing en die wyse waarop dit toegepas word in die Suid-Afrikaanse vrouetydskrifmark te ondersoek, met spesifieke verwysing na rooi rose en SARIE. Die twee genoemde vrouetydskrifte is reeds in hul volwasse stadium, is in konstante mededinging met mekaar en blyk op die oog af dieselfde identiteit te hê. Die vraag of die wyse waarop herposisionering toegepas is, inderdaad ’n volhoubare oplossing is, of die enigste oplossing in die lig van ’n moontlike versadigde mark, is een van die doelwitte van die studie. ’n Hipotetiese stelling is gemaak dat die resep vir sukses moontlik in vernuwende inhoud lê, en in inhoud wat die daaropvolgende besluitnemingsproses van die leser ondersteun. Die Diffusie van Innoveringsteorie is as teoretiese vertrekpunt gebruik. ’n Inhoudsanalise van rooi rose en SARIE is oor die tydperk Julie 2002 tot Desember 2003 gedoen en toegepas in sewe kategorieë. Die data is met behulp van die Student se t-toets wetenskaplik geanaliseer. Op grond van die resultate van hierdie kwantitatiewe ondersoek is bevind dat vernuwende inhoud en inhoud wat die besluitnemingsproses ondersteun, geen korrelasie getoon het met die styging en daling van die ABC-syfers nie. Dit beteken geensins dat vernuwende inhoud nie ’n belangrike deel van die inhoudsvermenging uitmaak nie, bloot dat SARIE se sukses sedert herposisionering dus toe te skryf is aan ander faktore. Die twee tydskrifte stem grootliks ooreen in terme van posisionering, inhoud en teikenmark. Daarom is die rol wat publisiteit speel ten tye van die bekendstelling van ’n nuwe uitgawe van groot belang. Die Afrikaanse vrouetydskrifmark toon nie veel meer groei nie, wat beteken dat die twee tydskrifte ander opsies soos onder meer die “expats”-mark moet ondersoek. Ten slotte sal die algemene vrouetydskrif ernstiger moet besin oor haar rol in die aanbieding van innoverende inhoud en inhoud wat die besluitnemingsproses ondersteun as sy die opkomende nistydskrifmark, wat op die oog af hierdie funksie oorgeneem het, wil trotseer. In die tussentyd sal tydskrifte vir lief daarmee moet neem dat gereelde herposisionering/vernuwing noodsaaklik is vir oorlewing.
32

'n Ontleding van houdinge teenoor die M.Com-Ondernemingsbestuurkursus van die Randse Afrikaanse Universiteit

Coetzer, P.D. 10 February 2014 (has links)
M.Com. ( Business Management) / Daar is tans In nasionale gewaarwording dat daar In toenemende behoefte bestaan vir mensllke hulpbronontwikkeling wat bestuursopleiding Insluit. Die kritiese rol van bestuur in die bepaling van 'n organisasie se sukses, word allerwee aanvaar. Opleiding en ontwikkeling van bestuurders is een metode om uiteindelik die doeltreffendheid van In organisasie te verseker. Genoemde bestuursopleiding kan plaasvind 'deur' middel van interne indiensopleiding, ad hoc opleidingskursusse deur nie-tersiere instellings sowel as opleidingskursusse deur tersiere instellings. Erkende bestuurskursusse aan sodanige tersiere instelllngs is onder andere Magistergraad in Bedryfsleiding, Magistergraad in Bedryfsadministrasie en Magistergraad in Ondernemingsbestuur. Die afkorting MBA word hedendaags gebruik om te verwys na In Magistergraad in bestuurswese. Vir doeleindes van hierdie studie sal die begrippe bestuurskursus en bestuursopleiding sowel as die afkorting MBA verwys na In Magistergraad in bestuurswese. Hierdie studie fokus op bestuursopleiding as deel van menslike hulpbronontwikkeling.
33

Ingrid Jonker : 'n psigologiese analise

Van der Merwe, Lucas Martinus January 1978 (has links)
In hierdie studie word gepoog om met behulp van die werktuie, deur die Sielkunde ontwikkel, 'n analise van Ingrid Jonker (1933-1965) te maak en sodoende meer oor die "kuns van menswees" te wete te kom. Dit geskied aan die hand van 'n ondersoek na haar lewe en werk, wat so gevoer word dat groter begrip vir die medemens in die algemeen en vir die skeppendbegaafde persoon in die besonder, daaruit voortspruit. In die inleiding tot die eerste hoofstuk word die probleemstelling uiteengesit. Daarna word daar op die wisselwerking tussen die Letterkunde en die Sielkunde ingegaan en aangetoon hoedat wedersydse bevrugting dikwels langs hierdie weg, wat oor baie jare strek, plaasgevind het. Vervolgens word die wyse waarop kuns deur sommige ondersoekers aan 'n psigopatologiese verskynsel gelykgestel word, krities ondersoek. Verskille word aangetoon en sowel die oorsprong van, as die gevare verbonde aan so 'n gelykstelling word blootgelê. Hierna word die verwantskap tussen skepper en skepping en die verskillende vorms wat dit mag aanneem, uiteengesit en ondersoek. Vervolgens word aangetoon waarom Ingrid Jonker tot onderwerp van studie gekies is. Die plek wat sy in die Afrikaanse Letterkunde inneem, haar invloed op ander kunstenaars, die omstandighede wat haar lewe gekenmerk het, die invloed van die era waarin sy geleef het en ander faktore, wat die keuse beinvloed het, word uiteengesit. In die laaste afdeling van hierdie hoofstuk word die wyse waarop daar in die analise te werk gegaan is, verantwoord. Die teoretiese raamwerk vir die studie word uiteengesit en daaruit blyk dat die analise beskou word as 'n poging tot doeltreffende begrip van 'n persoon wat nie in die hier-en-nou situasie aanwesig is nie. Hierdie sogenaamde "analise in absentia" is dan geskoei op die lees van daardie psigoterapeutiese pogings wat op empatiese begrip van die medemens gebaseer is. Besondere klem word gelê op die feit dat die sielkundige die terrein van die Kuns as sielkundige betree en dat kunskritiek en kunswaardering hoegenaamd nie aan die orde kom nie. Die analise is derhalwe uitsluitlik daarop afgestem om tot 'n ryker begrip van Ingrid Jonker se lewe te lei, om haar werk op so 'n wyse te ontsluit dat die mens daaragter vir sover moontlik kenbaar word en om idees wat andersins nie verband met mekaar sou hou nie en gedrag wat andersins onverklaarbaar sou wees, tot 'n sinvolle geheel saam te snoer. Om hiertoe te kan kom, word die begrippe waarvan daar gebruik gemaak word, onderskei en sowel die metodes wat gevolg as die beginsels wat toegepas word, uiteengesit. In die laaste instansie kom die wyse waarop daar in ander soortgelyke ondersoeke te werk gegaan is en die mate van ooreenkoms wat dit met hierdie studie vertoon, aan die orde. Ingrid Jonker se lewensloop word volledig in die eerste gedeelte van hoofstuk twee uiteengesit. Hierna word 'n aantal van haar werke wat sowel gedigte as sketse, kortverhale en 'n drama insluit, in chronologiese volgorde gerangskik en in ses afdelings, verteenwoordigend van verskillende tydperke in haar lewe, aangebied en ontleed. Aan die einde van elke afdeling word die belangrikste temas wat daarin voorkom, saamgevat. Ten slotte word 'n oorkoepelende uiteensetting van al die verskillende temas gegee. Sommige van die werke wat ontleed word is vry-algemeen bekend en is ook in haar gepubliseerde bundels opgeneem. Ander kom slegs in jeug- en populêre tydskrifte voor. In hoofstuk drie word die nuwe begrip vir die kunstenares as mens, waartoe daar uit die beskrywing van haar lewe en die ontleding van haar werk gekom is, opnuut saamgestel. Eers word sommige van haar persoonlikheidseienskappe beskryf, daarna word 'n uiteensetting van die verskillende gevoelens en behoeftes wat sy ervaar het, gegee. Dit word opgevolg deur 'n beskrywing van die houdings en gedrag wat sy openbaar het. In die laaste instansie word die aanpassingsprobleme wat sy ondervind het en die beskerrnings- en aanpassingsmeganisrnes waarvan sy gebruik gernaak het, weergegee. Omdat soveel wanopvattinge oor haar geestestoestand wêreldin gestuur is, word in die volgende afdeling hieraan aandag gegee. Die laaste afdeling van die hoofstuk word gewy aan 'n uiteensetting van die gevolgtrekkings, waartoe daar voortspruitend uit hierdie studie, geraak is. In hoofstuk vier kom die implikasies wat hierdie studie vir die Sielkunde inhou en die raakpunte tussen haar lewe en die werk van 'n psigoterapeut, aan die orde. Eerstens word die voorveronderstellings waarop die studie gebaseer is, herbevestig en daarna word aangetoon watter insigte dit opgelewer het. So beklemtoon dit, byvoorbeeld, dat die mens nie net in afsondering van sy medemens beskou en behandel kan word nie. Daar word dus aangetoon hoedat sy nie anders as teen die agtergrond van die gesinsdinamiek, waarvan sy deel gevorm het, begryp kon word nie en hoedat hierdie verbondenheid in die terapeutiese hulp wat sy ontvang het, ingeweef kon word. In dieselfde trant word aangetoon hoedat die tyd waarin sy geleef het en die samelewing waarvan sy deel gevorm het, 'n ewe belangrike invloed op haar uitgeoefen het. Haar vermoë om intens by 'n situasie betrokke te wees en tegelykertyd objektief daarteenoor te staan, kom as derde raakpunt met die werk van 'n psigoterapeut aan die orde. In die laaste instansie word aangetoon hoedat die Sielkunde, soos trouens ook elke ander dissipline, binne perke lê en hoedat dit, in 'n ondersoek van hierdie aard, nie alle antwoorde verskaf nie. / Thesis (DPhil)--University of Pretoria, 1978. / gm2013 / Psychology / unrestricted
34

Die geskiedenis van die orrel in Suid-Afrika en die ontwikkeling van die koraalvoorspel as 'n genre met 'n omvattende katalogus

Van Schoor, Janandi Jacomien January 2014 (has links)
This study is unique as the basic research acknowledges the chorale prelude as a genre in South Africa. The compilation of a catalogue of organ chorale preludes by South African composers is also a first and important contribution to the knowledge of this genre. The history of the organ in South Africa is an integral part of this study and offers a background and context for the research on this specific category of music. Knowledge of the contributions to this genre in South Africa is however limited because the available literature on these topics is dated. Due to the restricted publishing opportunities in South Africa, works are unpublished or informally published and not re-printed or even published in other countries. All available literature was thoroughly researched whereafter there was a need to extrapolate the unsatisfactory data with the primary research. Many composers and organ specialists were approached and different library collections were consulted. The church plays a key role in the history of the organ in South Africa, and this results in the fact that most organ repertoire, by South African composers, is liturgical (church) music. Unfortunately, knowledge of early compositions is unknown and the first documented chorale preludes date from the late 19th and early 20th century. It is only since the middle of the 20th century that South African composers have been actively contributing to the genre reaching a climax during 2010 and 2011 when two volumes of chorale preludes were published by the Suider-Afrikaanse Kerkorrelistevereniging (SAKOV). 1170 Chorale preludes by 78 composers are catalogued with a chronological discussion of the key works, with reference to different styles and forms, as a well-developed genre. / Dissertation (MMus)--University of Pretoria, 2014. / Music / unrestricted
35

Johannes Gysbertus Van Reenen - sy aandeel in die Kaapse geskiedenis tot 1806

Wagenaar, Gerard January 1976 (has links)
No abstract available. / Dissertation (MA)--University of Pretoria, 1976. / gm2014 / Anthropology and Archaeology / Unrestricted
36

Purchasing governance and control for the Rand Afrikaans University.

Voogt, Thea Louisa 06 May 2008 (has links)
Hierdie proefskrif is in twee dele verdeel. Die doel van hierdie proefskrif is die bestudering van aankope beheer en die daarstelling van beheer oor die aankopefunksie van die Randse Afrikaanse Universiteit. Die Randse Afrikaanse Universiteit bevind homself in ‘n maalkolk van verandering waarbinne die Regering ‘n belangrike rol speel in rigtinggewing en die beheer van hoëronderwysinstellings. Alhoewel die Regering nog nie betrokke geraak het by die mikro bestuur van hoëronderwysinstellings nie, het hierdie studie bewys gelewer dat daar wel gronde is vir groter inmenging in die finansiële bestuur van universiteite en technikons. Van die metodes wat die Regering kan gebruik om beter korporatiewe beheer e n finansiële bestuur te bewerkstellig is onder andere vinnige intervensie by die vind van wanadministrasie, ‘n duidelike definisie van die vertroue -verantwoordelikheidsposisie tussen hoëronderwysinstellings en die Regering, die toepassing van publieke -sektor finansiële wetgewing, sowel as korporatiewe beheerbeginsels wat spesifiek vir die publieke sektor geskryf is. Al hierdie stappe het ten doel om meer effektiewe finansiële beheer in hoëronderwysinstellings te vestig. Hierdie studie het bewys dat nie alle universiteite en technikons in die besonder goeie finansiële posisie is waarin die Randse Afrikaanse Universiteit hom bevind nie. Ten einde net beter finansiële beheermaatreëls te vestig by die Randse Afrikaanse Universiteit het hierdie proefskrif verder gegaan om in detail beheer daar te stel oor aankope. Die resultate van hierdie proefskrif sluit in die skryf van ‘n eenvormige aankopebeleid, prosedurehandleiding en standaard dokumente wat in die tender - en aankopeproses gebruik gaan word. Purchasing governance and control for the Rand Afrikaans University Die proefskrif sluit ook spesifieke reëls in ten opsigte van die toepassing van voorkeurverkrygingsbeginsels. Hierdie voorkeurbehandeling word toegespits op voorheen benadeeldes sowel as klein, medium, mikro en baie klein ondernemings. Die voorkeurbehandeling wat voorgestel word is in baie opsigte meer progressief as die reëls wat deur die Regering toegepas word en is ‘n refleksie van die wyer transformasie wat binne die Randse Afrikaanse Universiteit plaasgevind het. Voorkeurbehandeling word egter net toegespits op tansaksies wat na die tenderkomitee verwys word. Opsigself is hierdie voorkeurbehandelingsmeganismes nie genoegsaam om blywende aankopehervorming aan die Randse Afrikaanse Universiteit te weeg te bring nie. Die proefskrif maak dit duidelik dat daar normalisering moet kom in die besigheidsverhouding tussen die universiteit en verskaffers. Die metode wat voorgestel word om hierdie doelwit te bereik, is die daarstelling van ‘n omvattende goedgekeurde verskafferslys wat die demografie van die Suid-Afrikaans e samelewing weerspieël. Aangesien die beleid en prosedures wat in hierdie proefskrif voorgestel word tot ‘n groot mate afhanklik is van die mense wat die proses dryf, sluit deel A van die studie af met ‘n etiese kode vir aankopepersoneel. Deel B van die proefskrif sit die beleid, prosedures, reglemente en standaard dokumente uiteen wat ontwikkel is en wat inderdaad al ‘n geruime tyd in werking is by die Randse Afrikaanse Universiteit. / Dr. G. Els
37

Voordeel toerekening in die Suid-Afrikaanse Reg (Afrikaans)

Meier, Jakobus 21 January 2009 (has links)
AFRIKAANS: Die doel van die proefskrif is ‘n ondersoek van die verskynsel van voordeel-toerekening en die ontwikkeling van ‘n betroubare voordeeltoerekeningsleer. Gevolglik word ‘n ondersoek na die bestaan, die klassifikasie en die grondslag van die toerekenbaarheid van voordele teenoor die skadevergoedingsaanspraak gedoen. Hiermee saam word ook ‘n ondersoek na sekere vergelykbare aspekte in die Engelse, Nederlandse en Australiese reg onderneem. Voordeeltoerekening verwys in die breë na daardie beoordelingsproses waarby gunstige newewerkings, as gevolg van die skadestigtende gebeurtenis, ten aansien van moontlike inagneming daarvan by die bepaling van skadevergoeding beoordeel word. ‘n Voordeel kan gesien word as ‘n gunstige newewerking as gevolg van ‘n skade- of voordeelstigtende gebeurtenis wat die benadeelde se vermoë vermeerder of meebring dat die vermoë nie verder verminder nie. Daar kan vandag geredelik aanvaar word dat daar geen enkele teorie is om voordeeltoerekening te verklaar nie. By bepaling van skadevergoeding behoort daar altyd vir die bestaan van verrekenbare voordele getoets te word. As vertrekpunt moet die voordeel 'n feitelike kousale verband met die skadestigtende gebeurtenis vertoon. Sou die voordeel nie in hierdie feitelike kousale verband staan nie, is die gevolg daarvan dat die voordeel as res inter alios acta of as kollateraal beskou kan word. Voordele wat wel aan die feitelike kousaliteitstoets voldoen, word nie summier verreken nie. Hierdie voordele word aan 'n verdere norm beoordeel. Die toerekeningsnorm word in die algemeen in beginsels van openbare beleid gevind. Openbare beleid is uiteraard 'n vae begrip waaraan ‘n meer konkrete inhoud en betekenis verleen moet word. Openbare beleid kan gesien word as verteenwoordigend van elemente soos redelikheid, billikheid en regverdigheid. Hierdie elemente moet teen die agtergrond van die bestaan van die behoeftes van die eiser, die verweerder, die bron van die voordeel en die gemeenskap se belange toegepas word. Hiervolgens kan voordele toegereken word, indien die vereistes van redelikheid, billikheid en regverdigheid dit dikteer. Dit is nodig om die voordeeltoerekeningsleer van 'n vaste teoretiese fondament te voorsien ten einde aan die voordeeltoerekeningsleer betekenis en praktiese werking te verleen. In die praktyk het die teoretiese onderbou en die aard van die verskillende voordele meegebring dat kasuïstiese voordeelklasse ontstaan het. Hierdie voordeelklasse kan volgens die aard en die kenmerke daarvan weer in voordeelgroepe toegedeel word. Elke voordeelgroep besit sy eiesoortige teoretiese kenmerke waaraan die voordeel getoets kan word vir kategorisering en die moontlike toerekening daarvan teenoor die skadevergoedingsaanspraak. Vyf voordeelgroeperings kan vir doeleindes van voordeeltoerekening onderskei word. Eerstens is daar pseudovoordele. Hierdie voordele is nie egte toerekenbare voordele nie maar is deel van die skadeberekeningsproses. Tweedens is daar kwantifiseringsvoordele wat ook nie egte voordeeltoerekeningsvoordele is nie maar algemene faktore of elemente behorende tot die skadevergoedingsreg ten einde skade meer akkuraat te bereken. As sodanig vorm hierdie faktore ook deel van die skadeberekeningsmaatstaf. Derdens word aanpassingsvoordele as egte voordeel-toerekeningsvoordele onderskei. Dit is voordele waarmee die voorlopige skade-vergoedingsbedrag aangepas word, ten einde die finale skadevergoedingsbedrag te kan bereken. Vierdens word skadebeperkingsvoordele geïdentifiseer. Dit is voordele wat na die skadestigtende gebeurtenis ontstaan en wat meebring dat die omvang van die skade beperk word. Hierdie voordele kan of aanpassingsvoordele of voordele behorende tot die korrekte skadeberekeningsmaatstaf wees. Vyfdens word kollaterale voordele onderskei. Dit is voordele wat na oorweging van 'n moontlike toerekening, nie tot die skadevergoeding toegereken word nie. Hierdie groepering is 'n blote resultaat van die nie-toerekening van die voordeel. Hierdie groeperings neem nie die plek van die reeds geïdentifiseerde voordeel-klasse in nie maar bestaan oorhoofs daartoe. Ten einde die hedendaagse diversiteit van voordele binne die raamwerk van 'n voordeeltoerekeningsleer te kan akkommodeer, is dit noodsaaklik om voordele te kategoriseer. ’n Voordeel kan dualisties gekategoriseer word na aanleiding van die individuele aard of karakter van die spesifieke voordeel en ook na die oorhoofse groepering daarvan. Hierdie kategorisering het tot gevolg dat voordeelklasse ontwikkel het na aanleiding van die soortgelyke aard van die voordele. Daar kan aan die voordeelklasse 'n eiesoortige identiteit gegee word wat 'n bepaalde klas van 'n ander klas kan onderskei. Uit die klassifikasie van voordele word riglyne aan die praktyk verskaf wat as beoordelingsmaatstaf kan dien, waaraan voordele ten opsigte van die toereken-baarheid daarvan in die sfeer van die skadevergoedingsaanspraak beoordeel kan word. So word erkenning aan die behoefte en die bestaan van 'n selfstandige voordeeltoerekeningsleer verleen. ENGLISH: The purpose of this doctoral dissertation is the examination of the phenomena of collateral benefits and the development of a reliable collateral benefit doctrine. Hence the inquiry into the existence, the classification and the basis for accounting of benefits against a claim for damages. Simultaneously an investigation is also undertaken regarding certain comparable issues in the English, Dutch and Australian legal systems. Collateral benefits in a wide sense refer to an evaluating process whereby the positive side-effects, caused by a damage-causing event, are being evaluated in respect of a possible deduction thereof against a claim for damages. A benefit can be seen as a positive side-effect as result of a damage or benefit-causing event which produces an increase of the injured person’s patrimony or is the cause that there is no further reduction in the value of the person’s patrimony. It can readily be accepted these days that there is no single norm or theory that adequately defines the doctrine of collateral benefits. It is therefore necessary, whenever damages are to be determined to test for the presence of accountable benefits. As point of departure the benefit must have a factual causal nexus between the benefit and the damage-causing event. The benefit can be regarded as being res inter alios acta or as collateral if it does not comply with the requirements of factual causation. Benefits which do comply with factual causation are not set off forthwith. These benefits must be evaluated against a further norm. The accounting norm is generally to be found in principles of public policy. Public policy is naturally a vague concept which requires a more concrete content and meaning. Public policy can be seen as comprising elements such as reasonableness, equity and justice. These elements must be applied against the backdrop of the needs of the plaintiff, the defendant, the source of the benefit and the interests of the community at large. Benefits can therefore be set off if the requirements of reasonableness, equity and justice are met. It is necessary to support the doctrine of collateral benefits with a sound theoretical basis with a view of giving the doctrine content and practical functionality. The theoretical basis and the nature of the various benefits resulted in practicable casuistic classes of benefits. These benefit classes can, according to their nature and characteristics, be divided in benefit groupings. Each benefit group has its own theoretical features whereby the benefit can be tested for categorizing and the possible set off against a claim for damages. Five groups of benefits can be distinguished for purposes of benefit accounting. The first are pseudo-benefits and are not real accountable benefits but are part of the process of establishing the actual damage. Secondly, there are quantifying benefits which are also not proper accounting benefits but general factors or elements which generally belong to the area of the law of damages and which are relevant in quantifying damage more accurately. These factors also form part of the measure of quantifying damage. Thirdly, it is possible to distinguish adjustment benefits as real accounting benefits. These are the benefits that adjust the provisional amount of damages with a view to calculating the final amount. Mitigating benefits can, fourthly, be distinguished. These benefits originate after the damage-causing event and limit the damage. These benefits can either be adjusting benefits or benefits allied to the applicable measure of damage. Then, fifthly, there are collateral benefits. These are those benefits that, after due consideration of a possible set off, are not accounted against damages. This group is a mere result of the non-accounting of the benefits. These groupings do not replace the classes already identified but are present in a superior position. It is necessary to categorize benefits to accommodate the diversity of them at the present time within the framework of the doctrine of collateral benefits. A benefit can be categorised dualistically in terms of the basis of the individual nature or character of the specific benefit as well as to its overhead grouping. This classification arranges the various classes of benefits on the basis of their similarity regarding the nature of the benefits. Each benefit class can be given a distinctive identity which distinguishes it from the other classes. Due to the classification of benefits a guideline can be provided to the legal practice that can be used as a measure to evaluate benefits for accounting against a claim for damages. On this basis acknowledgement is furnished for the requirements and existence of an independant collateral benefits doctrine. / Thesis (LLD)--University of Pretoria, 2009. / Private Law / unrestricted
38

Integrated marketing communication and the role of public relations therein : a case study of RAU

Niemann, Ilse 05 September 2012 (has links)
M.A. / This study determines the role of public relations as a marketing communication function in RAU's integrated marketing communication approach. The research topic was selected for numerous reasons. Firstly, dramatic changes have occurred in the tertiary educational domain, which causes universities to adapt their marketing communication approaches. Based on these environmental changes, the Public Relations Division at RAU commissioned the study on the research topic, which is the second consideration for the study. The debate on integrated marketing communication shows, in the third place, that this approach is increasingly important. On closer investigation there is a definite need for a thorough literature review with an authentic integrated marketing communication approach, driven by the integrated organizational functioning and processes. From a public relations perspective, on closer investigation, there is a need for the direct empirical examination of the role of public relations as a contributing function of integrated marketing communication in order to narrow the gap between literature and empirical evidence. To achieve the research objectives, an extensive literature study had to be undertaken. Integraled marketing communication had to be researched in depth, to achieve a thorough understanding of the philosophy of integrated marketing communication. Hence, the contextualization of integrated marketing communication was examined to understand how the concept is applied within an organizational setting. Following from this, it was established that the integrated marketing communication programme can be seen as the advanced application of integrated marketing communication within the organizational context. The role of public relations as a marketing communication function was then explored within this integrated marketing communication approach. It was established that a shift towards a more marketing:oriented approach to public relations was increasing, thus the importance of marketing public relations. The study was enhanced by two phases of research conducted within RAU to meet the objectives of the study. The first, quantitative phase determined the extent to which RAU's communication activities is integrated. The measuring instrument used is the integrated marketing communication mini-audit scale. It is essential to note that all organizations are integrated to a certain extent (Duncan & Moriarty, 1997:14). Therefore, this study did not focus on establishing whether RAU as an organization is integrated. In the second, qualitative research phase, the role of public relations as a marketing communication function within RAU's integrated marketing communication approach was determined. The issue that became apparent throughout this study was that integrated marketing communication in any organizational context is of strategic importance for the "unity of effort" of the greater well-being of the organization. It was found in this research project that there are fundamental concerns for RAU regarding integrated marketing communication, and that public relations is practised on a technical, traditional level. The results of this study are primarily based on three key findings: firstly, the lack of core competency within the Division of Public Relations, secondly, the lack of cross-functional planning and operations within this department, and thirdly, a lack of interactivity with stakeholders. It is put forward that RAU should concentrate on the basic requirements and infrastructure necessary to utilize integrated marketing communication and that marketing public relations should be an integral part of the functioning of RAU as a tertiary educational institution.
39

Die komponis Willem Mathlener : ’n katalogus en ’n bespreking van sy komposisies

Van der Walt, Jasper Lorin January 2015 (has links)
The Dutch born organist, conductor, music pedagogue, church musician and composer, Willem Mathlener left a rich inheritance in the field of organ music in South Africa. He was born in 1909 in Delft in the Netherlands and distinguished himself as an organist and conductor in the thirties and forties of the previous century. He answered the calling of the Nederduitsch Reformed Church in South Africa to improve the standard of church music by immigrating to South Africa in 1948 at the age of 39. He settled in Vereeniging as a music teacher and organist from where he started to introduce his ideas about church music to the Nederduitsch Reformed Church and others. This led to the establishment of the Council for Church Music in 1951. Three years later the Church Music School in Krugersdorp was founded. This institution developed to such an extent that the Conservatoire for Music, Pretoria was established in 1960, the institution that Mathlener was mostly associated with. He implemented his beliefs about musical training which was the result of his own training at a European Conservatoire at both these institutions. As the secretary of the Council for Church Music he had a profound influence on the development and promotion of church music in South Africa. He assisted in the compilation of the Psalm and Hymn book of 1978 by supplying a large number of harmonisations for Hymns in this volume. As an organ advisor he designed about 200 organs. Mathlener’s talent as a composer developed naturally through his capacity as church musician and pedagogue. He composed organ music that can be used supplementary to the organist’s task as accompanist. His piano music fills the need for short study pieces for piano tuition. Since the majority of Mathlener’s compositions do not exceed 30 bars he can be considered to be a miniaturist. His choral arrangements show for the most part a diatonic tonality and a contrapuntal texture which blends in with the style of music for liturgical use. A Psalm or Hymn melody forms mainly the basis for his organ music. Mathlener’s large compositional output which comprises 223 choral harmonisations, 175 works for organ, 53 works for piano and 12 vocal works created the need for a system to arrange his compositions in an orderly fashion. Some of his compositions were published in volumes and others are single unpublished works. The catalogue attempts to arrange Mathlener’s compositions in a logical way thus forming a comprehensive picture of the oeuvre of this composer as well as providing a useful reference tool for organists and other interested people. / Dissertation (MA)--University of Pretoria, 2015. / tm2015 / Music / MA / Unrestricted
40

Die kultuurkritiese werk van N P van Wyk Louw as aanleiding tot 'n eie Afrikaanse kultuurbegrip (Afrikaans)

Boshoff, Carel Willem Hendrik 19 February 2013 (has links)
Afrikaners beleef tans 'n ingrypende omgewingsverandering. Die demokratisering van die Suid-Afrikaanse staat berus nie aIleen op die formele afskaffing van rasse-apartheid nie, maar hou ook grootskaalse politieke, ekonomiese en sosiale herstrukturering in Afrikaners, wat gedurende die afgelope dekades 'n dominante rol in die Suid-Afrikaanse samelewing gespeel het, wou outonoom bly en hulle eie lewensvorm beskerm deur die land op etniese lyne te verdeel. Deur hulle vryheidstrewe te verbind aan 'n politieke model wat uiteindelik nie die gewensde resultaat gelewer het nie, het die gemeenskap se toekomsverwagting in gedrang gekom. Die gevolglike neiging om Afrikaners se kultuurstrewe eenlynig met apartheid en sosiale ongeregtigheid te identifiseer, eis verder kritiese verantwoording en heroriëntasie van lojale Afrikaners. Hierdie studie wil deel uitmaak van dié gesprek en tot 'n positiewe toekomsverwagting bydra. In die eerste deel word die era tussen republiekwording en grondwetlike hervorming ondersoek en 'n beeld gevorm van die uitgangspunte wat kultuurprosesse in dié tyd ten grondslag gelê het. Dit stel dus die beginpunt vas vanwaar 'n kultuurbegrip onder nuwe omstandighede moet ontwikkel. Die tweede deel stel die kultuurkritiese werk van NP van Wyk Louw aan die orde as 'n inset van buite die huidige tyd en konteks, maar as 'n hoogs aktuele bydrae om oorweeg te word. In die derde deel word daar dan sake uitgelig wat vir die vorming van 'n eie Afrikaanse kultuurbegrip onder ingrypend nuwe omstandighede, bespreek sal moet word. In die eerste deel word 'n pas afgelope stuk geskiedenis ondersoek en aspekte van 'n algemeen aanvaarde kultuurbeeld is afgelei van 'n verskeidenheid lektuur uit die betrokke tyd. Afrikanerkultuur is naamlik beskou as mensbepaald, religieus bepaald, histories bepaald, etnies bepaald en ruimtelik bepaald, sonder dat dit geïntegreerde aard daarvan ontken is. Die kultuurgemeenskap word vervolgens van naderby bekyk en daar word spesifiek aandag gegee aan afgrensing van die gemeenskap, die neiging om binne die breër Suid-Afrikaanse samelewing spesifiek apart te bly, en die kenmerkende verhouding tussen Afrikanerkultuur en struktuur. Die besondere verband wat Afrikaners gelê het tussen kultuur en nasionalisme word ook aan die orde gestel en word ondersoek aan die hand van die struktuur wat in die eerste hoofstuk voorgestel is. Die tweede deel stel Louw se kritiese werk tematies aan die orde. Na 'n algemene biografies en bibliografiese agtergrond, word Louw se oorwoë standpuntinname ten opsigte van sekere grondvrae en vertrekpunte beskou. Sy siening van die Absolute en van tradisie word bespreek, terwyl die posisie wat hy met betrekking tot die gemeenskap inneem, uit verskillende hoeke beskryf word. Sy grondliggende gemeenskapsbeskouing word aan die orde gestel en die ontwikkeling van nasionalisme in sy werke word ondersoek. Die besondere standpunte wat hy inneem ten opsigte van die bestaansreg van 'n volk en sy uitsig op die Suid-Afrikaanse gemeenskap kom ook ter sprake. Ten slotte kom verskillende ideaalbeelde van die mens en gemeenskap wat Louw geskets het aan die beurt, naamlik die aristokratiese idee, die intellektueel en die oop gesprek. Die derde deel wil 'n bydrae lewer tot 'n eie Afrikaanse kultuurbegrip, maar aanvaar as uitgangspunt dat so 'n kultuurbegrip bestaan in die sienings en standpunte van nadenkende deelnemers en dat dit onmoontlik op enige tydstip volledig formuleerbaar sou wees. As bydrae tot hierdie gesprek word sake van belang uitgelig en beoordeel. Die oortuiging word gehandhaaf dat die ondersoekte tyd nie eenvoudig as bron van huidige probleme benader behoort te word nie, maar wil die aktualiteit van die problematiese nie buite rekening laat nie. Met hierdie veronderstelling is die resultate van die eerste deel puntsgewys krities oorweeg en verwagte groeipunte vir verdere gesprek aangetoon. Van Wyk Louw se werk word vervolgens oorweeg vir punte van besondere belang, en veral sy hantering van spanning is waardevol. Spanning funksioneer nie net as huiwerende konfrontasie nie, maar as die bestaan van ongelyksoortige of teenoorstaande sake in mekaar se teenwoordigheid. Ten slotte volg 'n paar kursoriese opmerkings wat voortspruit uit die voorgaande studie en van belang mag wees vir die huidige verantwoording van die Afrikaanse lewe, nou en in die toekoms. ENGLISH : Afrikaners are experiencing a radical change to their environment. The democratization of the South African state not only involves the formal abolishment of racial apartheid, but also large-scale political, economic and social restructuring. Afrikaners, who played a dominant role in South African society during the past few decades, wanted to remain autonomous and protect their own way of life by dividing the country along ethnic boundaries. By linking their striving for freedom to a political model that did not eventually render the desired result, the community's expectations for the future were jeopardized. The subsequent tendency to identify the cultural objective of the Afrikaner singularly with apartheid and social injustice demands further critical accounting and a reorientation from loyal Afrikaners. The study forms part of this discussion and contributes towards a positive expectation of the future. In the first section the era between the establishment of the RSA and constitutional reform is examined to provide an image of the premises on which cultural processes in this period were based. It provides a starting point for the development of a cultural concept under new circumstances. The second part involves the culturally critical work of NP van Wyk Louw as an input from outside the present time and context, but as a highly topical contribution to be considered. In the third section issues are highlighted that will have to be discussed with a view to forming a uniquely Afrikaans cultural concept under radically new circumstances. In the first section a period of recent history is examined and aspects of a generally accepted cultural profile is derived from a variety of literature. Afrikaner culture is viewed as people specific, religiously specific, historically specific, ethnically specific and spatially specific without denying its integrated nature. A closer study is subsequently made of the cultural community, and particular attention is given to the delimitation of the community, its tendency to remain separate, within the broader South African society, and the characteristic relationship between Afrikaner culture and structure. The special relation Afrikaners identify between culture and nationalism is also examined on the basis of the structure provided in the first chapter. In the second section Louw's critical work is discussed thematically. After a general biographical and bibliographical background has been given, Louw's considered standpoint on certain fundamental questions and premises is studied. His views on the Absolute and tradition are discussed, while his position with respect to the community is described from various viewpoints. His basic social views are highlighted and the development of nationalism in his work is studied. His specific standpoints with respect to a nation's right to existence and his views on the South African society are also included. Finally, different ideal images of man and society sketched by Louw are discussed, namely the aristocratic idea, the intellectual and the open discussion. The third section contributes to a uniquely Afrikaans cultural concept, but the premise is that such a concept exists in the views and standpoints of thinking participants and that it could never adequately be formulated. As contribution to this discussion; topical matters are highlighted and assessed. The conviction is that the period under investigation should not be approached simply as a source of present problems, but that the actuality of the problematical should not be ignored. On the basis of this supposition the results of the first section are considered critically point by point and expected growth points are identified for further discussion. Van Wyk Louw's work is subsequently considered for points of specific importance, and his handling of tension is particularly valuable. Tension functions not only as imminent confrontation, but as the existence of dissimilar or opposite issues in one another's presence. Finally, a few cursory remarks are made on the basis of the above study that might be of interest to the present accounting of Afrikaans life, now and in the future. / Dissertation (MA)--University of Pretoria, 1992. / Historical and Heritage Studies / unrestricted

Page generated in 0.0587 seconds