Spelling suggestions: "subject:"ontwikkelingsfase"" "subject:"ontwikkelingsproses""
1 |
Hoopvol en fiksie vir jong volwassenes (FJV) as selfstandige genre binne die Afrikaanse letterkundeVan der Walt, B.F. January 2012 (has links)
Hierdie mini-verhandeling ondersoek die ontwikkeling van die ouer jeugboek in
Afrikaans, sedert die politieke veranderinge in die negentigerjare. Daar word
aangetoon dat die einde van Apartheid die einde van die veilige voorskryfmark vir die
Afrikaanse jeugboek beteken het. Daar word ook aangetoon dat die ontwikkeling en
die geskiedenis van die Afrikaanse kinder- en jeugboek hand aan hand met die
ontwikkeling van die Afrikaner se politieke geskiedenis geloop het. Daar was 'n verdieping en ontwikkeling in die ouer jeugboek in Afrikaans sedert
1994, waarvan nog nie formeel kennis geneem word nie. Dié boeke word nog
gemaklik in die kinder- en jeugboekkategorie ingedeel, waar baie van hulle nie sonder
meer tuishoort nie. Volwassenelesers neem gewoonlik net van hulle kennis as hierdie
boeke publisiteit weens "omstrede" kwessies ontvang of in ander media soos rolprente
verwerk word. Daar is aangetoon dat die formele klassifikasie van die ouer jeugboek
baie van hierdie boeke van die erkenning en verkoopsyfers wat hulle verdien,
weerhou. Daar is gevolglik steeds 'n gebrekkige belangstelling vanuit akademiese
geledere in die Afrikaanse kinder- en jeugliteratuur.
Ander redes wat die ontwikkeling van die ouer jeugboek in Afrikaans belemmer, soos
die invloed van indirekte sensuur op skrywers en die konserwatiewe kriteria wat deur
voorskryfkomitees vir die Afrikaanse voorgeskrewe boek neergelê word, word
uitgewys. Verder word Afrikaanse kinder- en jeugboekskrywers eers as "ware"
skrywers beskou sodra hulle 'n boek vir volwassenes geskryf het.
Die studie ondersoek voorts die Amerikaanse "young adult" (YA)-genre en daar word
aangetoon aan die hand van 'n ontleding van vyf Afrikaanse jeugromans dat hulle
gemaklik in só 'n genre tuishoort, naamlik fiksie vir jong volwassenes (FJV). Die
voordele van FJV vir ouer kinders word uitgewys en daar word aangetoon dat hierdie
boeke anders bemark moet word en 'n ander staanplek op boekwinkel- en
biblioteekrakke verdien. Hulle hoort nie tussen die prenteboeke vir kleuters nie. / Dissertation (MA)--University of Pretoria, 2012. / gm2014 / Afrikaans / unrestricted
|
2 |
Benutting van groepsterapie vir vroee adolessente dogters met portuurgroep-verhoudingsproblemeUys, Helga Louise 02 1900 (has links)
Text in Afrikaans / Papalia, Olds en Feldman (2008:419) noem dat die woord "adolessensie" van die Latynse woord "adolescere" afkomstig is. Dit beteken "om te groei in volwassenheid". In hierdie geval word adolessensie gesien as ʼn proses eerder as ʼn spesifieke tydperk in ʼn individu se lewe.
Hierdie studie fokus op die adolessent, in die besonder die vroeë adolessente dogter en haar psigo-sosiale ontwikkeling. Spesifieke navorsing word gedoen oor die verhoudingsprobleme wat by die vroeë adolessente dogter gedurende die psigo-sosiale stadium van vroeë adolessensie voorkom, en die moontlikheid van groepsterapie as terapeutiese intervensie.
Die benutting van groepsterapie, in die konteks van vroeë adolessente dogters met portuurgroep-verhoudingsprobleme, het die navorser geïnteresseer, weens haar ondervinding met kinders en spesifiek vroeë adolessente dogters met verhoudingsprobleme. Dogters is meer betrokke by hul verhoudings, hulle is meer uitgesproke in terme van hul emosies en benodig emosionele ondersteuning van hul portuurgroep, meer dikwels as wat seuns doen (Papalia et al. 2008:398). Sue, Sue en Sue (2006:579) skryf die toename in groepsterapie toe aan die feit dat baie sielkundige probleme interpersoonlik en intrapersoonlik van aard is. Verhoudingsprobleme binne groepe word dikwels die beste hanteer binne ʼn groep. / Papalia et al. (2008:419) state that the word "adolescence" comes from the Latin word "adolescere". It means "to grow in maturity". In this case, adolescence is seen as a process rather than as a specific time period in an individual's life.
This study focuses on the adolescent, and in particular the early adolescent girl and her psychosocial development. Specific research is done on the relationship problems that occur during the development of the psychosocial stage of early adolescent girls and possible therapeutic interventions with the problem.
The utilisation of group therapy, in the context of early adolescent girls and peer-relationship problems, interests the researcher, because of her experience with children and specifically early adolescent girls who are prone to peer-relationship problems. Girls are more concerned with their relationships; they are more outspoken in terms of their emotions and seek emotional support from their peers more often than boys do (Papalia et al.2008:398). Sue et al.(2006:579) attributes the increase in group therapy to the fact that many psychological problems are interpersonal and intrapersonal in nature. Relationship problems in groups are often best handled within the group. / Psychology of Education / M. Ed. (Voorligting)
|
3 |

4 |
Sosio-emosionele gesinsfunksionering na ‘n egskeiding: ‘n Ouerskapsprogram vir die gesin met voorskoolse kinders (Afrikaans)Nel, Gezina Elizabeth 19 September 2005 (has links)
This research was aimed at the development, implementation and evaluation of a parenting program for parents with pre-school children, after a divorce, in order to improve the sosio-emotional functioning of the adults, as well as the children. The motivation for this study stemmed from the reality of divorce in many family systems. Intervention research as applied research was utilised. A two-phase research approach was undertaken. A quantitative questionnaire approach as used during phase 1. The following research question was formulated for this phase: What should the content of a parenting program for parents after a divorce with pre-school children be? A needs assessment questionnaire was completed by 20 members of the population and an assessment of child-respondents, was undertaken. This data, complemented the literature study which was undertaken and brought information to the foreground which established the contents of the parenting program. The research question could therefore be answered. A child assessment was undertaken with the children of the parents who would attend the workshop during phase 2, in order to explore the children’s experience of their living environment. The quantitative approach was used in phase 2 as the single system design. The following research hypothesis was formulated for this phase: If parents and their pre-school children attend a parenting program after a divorce, a significant change in their sosio-emotional functioning should realise. Four workshops were implemented, in the following way: Theoretical workshops for the custodial and non-custodial parent respectively and practical workshops for the custodial parent and child and the non-custodial parent and child respectively. A quantitative questionnaire was completed prior to the workshops and thereafter by the 5 family systems involved. This instrument of measurement confirmed the hypotheses. A comparison was done between the literature and the empirical data. Conclusions and recommendations for future research were formulated, as a result of the research study. / Thesis (DPhil (Social Work))--University of Pretoria, 2006. / Social Work and Criminology / unrestricted
|
5 |
Evaluering van skoolbeginners met die oog op effektiewe aanvangsonderrigHeckroodt, Annétia Sophia 06 1900 (has links)
Summaries in Afrikaans and English / Text in Afrikaans / With compulsory education in the New South· Africa, an increase in the number of
school beginners can be expected, together with the probability of large gaps in their
readiness for school.
In £his study, materials have been developed together with a structure for the
organisation of teaching_~!?.r trainers/subject advisers, teachers and pupils, to ensure
effective education for school beginners.
The "Battery for the Assessment of Bridging period Yields" (BABY) has been
developed as a valid, realiable and usable school readiness battery of tests for teachers
as unregistered test users.
The Pre-Test for division into homogeneous ability groups is applied shortly after
entrance to school. The Battery of Diagnostic Tests ensures continuous evaluation of
pupils during the school readiness programme. The Post-Test is applied at the end of
the first term.
In this dynamic interaction between tester and pupil in an instruction-test-instruction
cycle, the pupils' readiness to progress with formal instruction is continuously
evaluated. / Met verpligte onderwys in die Nuwe Suid-Afrika, kan 'n toename in die getal swart
skoolbeginners ve:wag word, asook dat daar in hulle skoolvoorbereiding groot leemtes
kan voorkom.
In die onderhawige studie is hulpmiddels en 'n struktuur vir onderwysorganisasie vir
opleiers/vakadviseurs, onderwyseresse en leerlinge ontwikkel om aan skoolbeginners
effektiewe onderwys te verseker.
Die "Battery for the Assessment of Bridging period Yields" (BABY), 'n geldige,
betroubare en bruikbare skoolgereedheidstoetsbattery vir onderwyseresse as
ongeregistreerde toetsgebruikers, is ontwikkel.
Die Voortoets vtr indeling in homogene bevoegdheidsgroepe word kort na
skooltoetrede toegepas. Die Diagnostiese Toetsbattery verseker deurlopende
evaluering van leerlinge gedurende die skoolgereedmakingsprogram. Die Natoets word
aan die einde van die eerste kwartaal toegepas.
In hierdie dinamiese interaksie tussen toetser en leerling in 'n onderrig-toets-onderrig
siklus, word leerlinge se gereedheid om met formele onderrig voort te gaan,
deurlopend geevalueer. / Psychology og Education / M. Ed. (Psychology of Education)
|
6 |

Page generated in 0.0923 seconds