Spelling suggestions: "subject:"verwerwing""
1 |
Onderwyseresse se verwagtinge van tweede of addisionele taal graad R-leerders se kommunikasievaardighede in 'n bepaalde geografiese area van Bloemfontein (Afrikaans)Harmse, Ottilie Henriette 16 April 2007 (has links)
Abstract in Afrikaans Onderwyseresse is dikwels onseker oor die wyse waarop hulle tweede of addisionele taal graad R-leerders behoort te onderrig. Gevolglik stel hulle dieselfde kommunikasie-eise en op dieselfde wyse aan tweede taal leerders as aan moedertaalleerders. `n Groot aantal Suid-Afrikaanse graad R-leerders se basiese interaktiewe taalvaardighede in Engels as onderrigtaal, is dikwels nie op peil aan die einde van graad R nie, omdat hulle nie Engels magtig is by toetrede tot graad R nie. Gevolglik kan hierdie leerders se kognitiewe akademiese taalvaardighede nie toereikend ontwikkel in Engels nie en beskik hulle nie aan die einde van graad R oor doeltreffende kommunikasievaardighede vir skool-gereedheid nie. Vir die doel van hierdie studie is daar spesifiek gefokus op graad R-onderwyseresse asook op leerders se kommunikasievaardighede vir skoolgereedheid. `n Transformerend-opeenvolgende ontwerp bestaande uit `n gemengde metodiek van kwalitatiewe en kwantitatiewe benaderings in drie fases is vir die uitvoer van die studie geselekteer. Fase een het bestaan uit `n literatuurstudie, vir fase twee is graad R-onderwyseresse as deelnemers geselekteer en by fase drie is data van fases een en twee met mekaar vergelyk. Data-insameling het deur middel van vraelyste, `n onderhoudskedule vir semi-gestruktureerde onderhoude, en `n skedule vir die fokusgroepbespreking geskied. `n Omvattende ontwikkelingsgebaseerde lys voorvereistes van kommunikasievaardighede (die lys), is in die literatuur vir spraak-taalpatologie geïdentifiseer asook kommunikasievaardighede wat deur die amptelike graad R-kurrikulum geïmpliseer word. Resultate van fase twee het getoon dat graad R-onderwyseresse nie al die kommunikasievaardighede van graad R-leerders in ooreenstemming met die lys vereis het nie. Volgens fase drie se bevindinge het die onderwyseresse meer kommunikasievaardighede van leerders verwag as wat deur die graad R-kurrikulum geïmpliseer word. Die kliniese waarde van die studie is geleë in die feit dat riglyne verskaf word vir interaksie tussen graad R-onderwysers en leerders vir die fasilitering van taalontwikkeling by die leerders. Die navorsingsbevindinge beaam vorige bevindinge dat graad R-onderwysers kan baat by addisionele opleiding oor spraak-taalontwikkeling en kommunikasievaardighede vir skoolgereedheid. Hierdie addisionele opleiding kan gesamentlik volgens die model van samewerkende dienslewering deur die onderwysers en die spraak-taalterapeut beplan word. Die navorsingsresultate kan aangewend word as uitgangspunt vir toekomstige navorsing oor die problematiek wat deur hierdie navorsing geïdentifiseer is. Op grond van die gevolgtrekkings is kliniese implikasies en aanbevelings vir toekomstige navorsing geïdentifiseer. Die data wat tydens die navorsing ingesamel is, word as betekenisvol beskou vir die ontwikkeling van `n aanvullende program vir onderwysers om jong kinders se taalontwikkeling te fasiliteer. / Dissertation (Master of Communication Pathology)--University of Pretoria, 2007. / Speech-Language Pathology and Audiology / unrestricted
|
2 |
Invloed van denkontwikkeling op die aanleer van Afrikaans as tweede taal by hoërskoolleerders / The influence that thought development has on high school students when learning Afrikaans as a second languageNoke, Daisy Deseré 11 1900 (has links)
Text in Afrikaans / Die doel van die ondersoek sentreer rondom die verband tussen denkontwikkeling (‘n kognitiewe veranderlike) en prestasie in Afrikaans as tweede taal. Denkont-wikkeling is egter nie die enigste kognitiewe veranderlike wat prestasie in ‘n taal kan beïnvloed nie. Verbale begrip en geheue is ook as vername kognitiewe verander-likes geïdentifiseer.
Affektiewe veranderlikes soos motivering, selfkonsep en angs, kan ook met prestasie in Afrikaans as tweede taal in verband gebring word.
‘n Empiriese ondersoek is uitgevoer waarby 174 hoërskoolleerders betrek is. Kognitiewe en affektiewe veranderlikes, asook leerstyl, is gemeet.
Uit die empiriese ondersoek blyk dit dat selfkonsep, geheue, verbale begrip en motivering as die vernaamste veranderlikes beskou kan word wat met prestasie in Afrikaans as tweede taal verband hou. Denkontwikkeling is nie as ‘n vername faktor geïdentifiseer nie.
Die bevindinge in die literatuurstudie en die empiriese ondersoek is bespreek om ouers en onderwysers van riglyne te voorsien om prestasie in Afrikaans te verhoog. / The aim of the research focusses on the relationship between thought development (a cognitive variable) and achievement in Afrikaans as a second language. Besides thought development, verbal understanding and memory recollection are also identified as distinctive cognitive variables.
Affective variables such as motivation, self-concept and anxiety could also relate to performance in Afrikaans as a second language.
Empirical research was conducted amongst 174 High School learners. Cognitive variables, affective variables and learning styles were measured.
Resulting from the empirical research, it appears that self-concept, memory recollection, verbal comprehension and motivation are the main variables that impact on the performance of Afrikaans as a second language. Thought process development was not identified as a main factor.
Results from the literature study and the empirical research are discussed in order to assist parents and teachers with guidelines to increase achievement in Afrikaans as a second language. / Psychology of Education / M. Ed. (Sielkundige Opvoedkunde)
|
3 |
Woordeskataanleer in die onderrig van Afrikaans as addisionele taal (Afrikaans)Phaladi, Tswaledi John 25 September 2008 (has links)
Die verhandeling ondersoek die taalbeheersing van studente wat Afrikaans as tweede addisionele taal neem en meer spesifiek, die woordeskatkennis van die ondersoekgroep, naamlik swart addisioneletaalleerders in die Limpopo-provinsie in Graad 11 en 12. Dit is duidelik dat een van die probleme wat aanleerders het, ‘n gebrekkige woordeskat is. Dit beïnvloed hulle begrip van Afrikaans sowel as hulle produksie (skriftelik en ook mondeling). Een van die redes hiervoor is dat daar nie op ‘n sistematiese manier aandag gegee word aan óf woordeskatverwerwing (of –aanleer) óf die onderrig van woordeskat in die kurrikulum en sillabus nie. Hierdie navorsing se doelwitte is om die stand van die woordeskatkennis van Graad 11- en 12-leerders te bepaal en tweedens om met behulp van insigte oor die aanleer en/of verwerwing van leksikonitems die sukses van bepaalde strategieë te bepaal. Navorsingsvrae is die volgende: Wat is die stand van woordeskatonderrig vandag wêreldwyd? Wat is die stand van woordeskatonderrig in die Suid-Afrikaanse sillabus? Hoe goed is Graad 11 en 12 leerderders se kennis van die Afrikaanse woordeskat? Wat is Graad11- en 12 leerders se houding teenoor Afrikaans? Hoe kan mens hierdie houding(s) verklaar? Watter rol speel (intrinsieke) motivering en houdings teenoor Afrikaans? Watter metodes en tegnieke kan gebruik word om leerders se woordeskat te verbeter? / Dissertation (MA (Afrikaans))--University of Pretoria, 2008. / Afrikaans / unrestricted
|
4 |
Invloed van denkontwikkeling op die aanleer van Afrikaans as tweede taal by hoërskoolleerders / The influence that thought development has on high school students when learning Afrikaans as a second languageNoke, Daisy Deseré 11 1900 (has links)
Text in Afrikaans / Die doel van die ondersoek sentreer rondom die verband tussen denkontwikkeling (‘n kognitiewe veranderlike) en prestasie in Afrikaans as tweede taal. Denkont-wikkeling is egter nie die enigste kognitiewe veranderlike wat prestasie in ‘n taal kan beïnvloed nie. Verbale begrip en geheue is ook as vername kognitiewe verander-likes geïdentifiseer.
Affektiewe veranderlikes soos motivering, selfkonsep en angs, kan ook met prestasie in Afrikaans as tweede taal in verband gebring word.
‘n Empiriese ondersoek is uitgevoer waarby 174 hoërskoolleerders betrek is. Kognitiewe en affektiewe veranderlikes, asook leerstyl, is gemeet.
Uit die empiriese ondersoek blyk dit dat selfkonsep, geheue, verbale begrip en motivering as die vernaamste veranderlikes beskou kan word wat met prestasie in Afrikaans as tweede taal verband hou. Denkontwikkeling is nie as ‘n vername faktor geïdentifiseer nie.
Die bevindinge in die literatuurstudie en die empiriese ondersoek is bespreek om ouers en onderwysers van riglyne te voorsien om prestasie in Afrikaans te verhoog. / The aim of the research focusses on the relationship between thought development (a cognitive variable) and achievement in Afrikaans as a second language. Besides thought development, verbal understanding and memory recollection are also identified as distinctive cognitive variables.
Affective variables such as motivation, self-concept and anxiety could also relate to performance in Afrikaans as a second language.
Empirical research was conducted amongst 174 High School learners. Cognitive variables, affective variables and learning styles were measured.
Resulting from the empirical research, it appears that self-concept, memory recollection, verbal comprehension and motivation are the main variables that impact on the performance of Afrikaans as a second language. Thought process development was not identified as a main factor.
Results from the literature study and the empirical research are discussed in order to assist parents and teachers with guidelines to increase achievement in Afrikaans as a second language. / Psychology of Education / M. Ed. (Sielkundige Opvoedkunde)
|
5 |
Taalverryking van senior kleuters in milieubenadeelde gemeenskappe : 'n ouerprogram / Language enrichment of senior toddlers in environmentally deprived communities : a parental programmeNaudé, Hendrina 08 1900 (has links)
Hierdie studie fokus op die taalontwikkeling en -verryking van senior kleuters in
milieubenadeelde gemeenskappe. Die ondersoekgroep is 'n A:fiikaanssprekende Kleurling- en
Griekwagemeenskap. Dit blyk dat die ouers in hierdie gemeenskap sekere leemtes openbaar ten
aansien van bulle taalopvoedingsgedrag, wat resulteer in taalervaringsagterstande by die senior
kleuters.
Taalontwikkeling en -verryking is in wese "a socially mediated process" en blootstelling aan
stimulerende taalervaringe bevorder begrip van taalgebruik binne die sosiale konteks. Die
ontoereikende taalvoorbeeld binne die gesinne en gemeenskap resulteer in ontoereikende
taalontwikkeling en -verwerwing en die senior kleuters openbaar bulle arme, ongedifferensieerde
taalwereld in taaltekorte ten opsigte van taalbebeer, taalstyl en taalkode. Die senior kleuters se
konsepvorming is gebrekkig en in bulle taalaanwending is bulle eerder beskrywend en
konkreet-gebonde as analities en abstrak.
Dit blyk dat die ouers nie bulle senior kleuters kognitief toereikend stimuleer nie, en dat
uitbreiding van taalkode nie toereikend gefasilieer word nie, omdat die ouers onkundig is
omtrent die benutting van toevallige leersituasies, en nie potensiele leergeleenthede skep of
ontgin nie. Kognitiewe stimulasie verwys na die vaslegging van sekere konsepte en uitbreiding
van taalkode verwys na die vaardigheid om juis daardie konsepte te kan omskryf, verklaar of
mee te deel. 'n Uitgebreide taalkode is dus die resultaat van gereelde blootstelling aan 'n wye
verskeidenheid stimulerende ervaringe. Hierdie ervaringsraamwerk word later die kleuter se
venrysingsraamwerk wat by gebruik om inligting te berhaal, versoeke te formuleer, voorwerpe
te benoem en gebeure akkuraat te beskryf 'n Uitgebreide taalkode is dus noodsaaklik vir latere
suksesvolle leer, omdat dit die leerder in staat stel om nuwe inligting te analiseer, te sinteseer en
te globaliseer.
Die implikasie vir die antwerp van 'n ouerprogram is dat die ouers nie net begelei moet word ten
aansien van die taalverryking van die senior kleuters nie, maar ook eksplisiet daartoe begelei te
word om potensieel-stimulerende leersituasies te skep. / This study focuses on the language development and -enrichment of senior toddlers in
environmentally deprived communities. The research group is an Afrikaans speaking Colouredand
Griqua community. It is evident that parents in this community reveal certain deficiencies
pertaining to their language-teaching behaviour, resulting in linguistic experiential backlogs in
their senior toddlers.
Language development and -enrichment is in essence a socially mediated process and exposure
to stimulating language experiences enhances comprehension of colloquial usage within the
social context. The inadequate linguistic example set by both the family and the community
results in inadequate language development and -enrichment and the senior toddlers reveal their
impoverished, undifferentiated world of language in deficiencies pertaining to mastery of
language, style of language and code of language. The senior toddlers' conceptualization is
deficient and in their language usage they are rather descriptive and concrete-bound than analytic
and abstract.
It is evident that the parents do not adequately stimulate their senior toddlers' cognitive abilities,
and a code of language is not adequately facilitated, because the parents do not know how to
derive profit from incidental learning situations and are ignorant pertaining to the creation and
utilization of potential learning opportunities. Stimulation of cognition refers to the mastery and
fixation.. of certain concepts, while broadening of a code of language refers to the. ability to
describe, to explain, to interpret or to communicate the meaning of these concepts. A broadened
and expanded code of language is thus the result of regular exposure to a wide range of
stimulating experiences. This experiential framework later becomes the toddler's referential
framework which he uses to repeat information, to formulate requests, to name objects and to
accurately describe events. A broadened and expanded code of language is thus essential for
later successful learning, because it enables the learner to analyze, to synthesize and to globalize
new information.
The implication for the draft of a parental programme is that parents should not .only be
accompanied pertaining to the enrichment of their senior toddlers' language development, but
that parents in this deprived environment also explicitly be educated to create potential
stimulating learning situations at home. / Psychology of Education / D. Ed. (Sielkudige Opvoedkunde)
|
6 |

7 |
Teachers' understanding and use of digital play for language acquisition in Grade RVan der Westhuizen, Leonie Magdalena 11 1900 (has links)
Teachers tend to use traditional teaching methods, even though young learners are more digitally oriented. The purpose of this study was to analyse teachers' understanding and practices in grade R classes to clarify their use of digital play for language acquisition. The participants consisted of eight grade R teachers at one selected primary school in an urban area that had access to digital technology. Bronfenbrenner's ecological systems theory as a theoretical framework informed this study. This qualitative single case study generated data from teacher participants and their interaction with the learners. The data generation included semi-structured individual interviews, focus group interviews, and non-participant observations. Analyses to answer the research questions were conducted by means of thematic analysis. The main finding was that grade R teachers have some knowledge and understanding of digital play and they are willing to try new games, but they feel they need to know more about digital technology and the use of digital games for language acquisition. Recommendations include the need for the development of more digital games relevant to language acquisition and for teachers to adopt relevant pedagogies to benefit from available digital games. A similar study in a rural area and a comparison between this study and such a study will then be useful in determining teachers' understanding and use of digital play for language acquisition. / Onderwysers is geneig om tradisionele onderrigmetodes te gebruik, selfs al is jong leerders meer digitaal georiënteerd. Die doel van hierdie studie was om onderwysers se begrip en praktyke in graad R-klasse te ontleed, om hul gebruik van digitale spel vir taalverwerwing duidelik te maak. Die deelnemers het bestaan uit agt graad R-onderwysers by een uitgesoekte laerskool in ʼn stedelike gebied, met toegang tot digitale tegnologie. Hierdie studie is geïnspireer deur Bronfenbrenner se ekologiese stelselteorie as ʼn teoretiese raamwerk. Hierdie kwalitatiewe enkelgevallestudie het data van onderwyser-deelnemers en hul interaksie met die leerders gegenereer. Die datagenerering het halfgestruktureerde individuele onderhoude, fokusgroeponderhoude en niedeelnemer-waarnemings ingesluit. Die vernaamste gevolgtrekking was dat graad R-onderwysers oor ʼn mate van kennis en begrip van digitale spel beskik en dat hulle bereid is om nuwe speletjies te probeer, maar hulle voel hulle behoort meer te weet van digitale tegnologie en die gebruik van digitale speletjies vir taalverwerwing. Aanbevelings sluit in: die behoefte aan die ontwikkeling van meer digitale speletjies wat op taalverwerwing betrekking het; en dat onderwysers tersaaklike pedagogieë moet inspan om uit die beskikbare digitale speletjies voordeel te trek. ʼn Soortgelyke studie in ʼn landelike gebied en ʼn vergelyking tussen hierdie studie en so ʼn studie sal dan nuttig wees om onderwysers se begrip en gebruik van digitale spel vir taalverwerwing te bepaal. / Barutiši ba na le go šomiša mekgwa ya sekgale ya go ruta, le ge e le gore baithuti ba baswa ba na le tsebo ya theknolotši. Morero wa nyakišišo ye e be e le go sekaseka mašomelo le kwešišo ya barutiši ka diphapošing tša kreiti R go hlalosa tšhomišo ya bona ya papadi ya ditšitale ya go ithuta polelo. Bakgathatema ba bopilwe ke barutiši ba seswai ba kreiti R sekolong se se kgethilwego sa poraemari ka nagasetoropong seo se nago le theknolotši ya ditšitale. Teori ya mekgwa ya ekolotši ya Bronfenbrenner bjalo ka foreimiweke ya teori e thekgile nyakišišo ye. Kheisesetati ye e tee ya khwalithethifi e tšweleditše datha go tšwa go bakgathatema ba e lego barutiši le kopano ya bona le baithuti. Tšweletšo ya datha e akareditše dipoledišano tša motho o tee ka o tee tša go beakanywa seripa, dipoledišano tša go nepiša sehlopha, le ditlhokomelo tša ba go se kgathe tema. Ditshekatsheko go araba dipotšišo tša dinyakišišo di dirilwe ka go šomiša tshekatsheko ya thematiki. Kutullo ye kgolo e bile gore barutiši ba kreiti R ba na le tsebo le kwešišo ye nyane ya papadi ya ditšitale le gore ba rata go leka dipapadi tše diswa, eupša ba kwa ba nyaka go tseba tše ntši ka ga theknolotši ya ditšitale le tšhomišo ya dipapadi tša ditšitale tša go ithuta polelo. Ditšhišinyo di akaretša nyakego ya tlhabollo ya dipapadi tša ditšitale tše ntši tša maleba go ithuteng polelo le gore baithuti ba amogela serutiši sa maleba gore ba holege dipapading tša ditšitale. Nyakišišo ye bjalo nagamagaeng le papišo gare ga nyakišišo ye le nyakišišo ye bjalo gona e tla ba le mohola taetšong ya kwešišo ya barutiši le tšhomišo ya papadi ya ditšitale ya go ithuta polelo. / Curriculum and Instructional Studies / M. Ed. (Curriculum Studies)
|
Page generated in 0.0721 seconds