• Refine Query
  • Source
  • Publication year
  • to
  • Language
  • 2
  • 2
  • 2
  • Tagged with
  • 13
  • 11
  • 6
  • 4
  • 4
  • 4
  • 4
  • 4
  • 3
  • 3
  • 3
  • 3
  • 3
  • 2
  • 2
  • About
  • The Global ETD Search service is a free service for researchers to find electronic theses and dissertations. This service is provided by the Networked Digital Library of Theses and Dissertations.
    Our metadata is collected from universities around the world. If you manage a university/consortium/country archive and want to be added, details can be found on the NDLTD website.
11

The influence of the theology of John Chrysostom on the writings of John Henry Newman

Wadsworth, Andrew Raymond 02 1900 (has links)
Summaries and keywords in English and Afrikaans / John Henry Newman maak in sy outobiografiese geskrifte 'n aantal belangrike verwysings na sy toewyding aan Johannes Chrysostomos. Is dit bloot 'n kwessie van vroomheid, of dui dit op 'n dieper verband met die punt dat Newman in sy eie teologiese begrip, geestelike insig en pastorale praktyk deur Chrysostomos beïnvloed word? Hierdie proefskrif poog om te toon dat die besonderse voorbereiding van Newman vir die lees van die Kerkvaders, en in besonder, sy omvattende begrip van Grieks, hom van jongs af tot 'n verdieping in die patristiese denke georiënteer het, 'n feit wat hoofsaaklik deur sy Briewe en Dagboeke getoon word. Die aanhaling van Chrysostomos as 'n teologiese gesag, in Newman se leerstellige geskrifte en in sy gepubliseerde prediking, word toenemend duidelik en demonstreer wat beskou kan word as teologiese eienskappe wat die twee teoloë gemeen het. In Newman se geestelike begeleiding, veral in sy geestelike bystand en begeleiding van vroue, blyk daar 'n korrelasie te wees met raad wat Chrysostomos in soortgelyke omstandighede gegee het. In hierdie studie word dit ondersoek in 'n vergelyking van die briewe van Chrysostomos aan Olympias, en die korrespondensie van Newman met Maria Giberne. Behalwe enkele teologiese ooreenkomste en invloede, eksplisiet sowel as implisiet, is daar bewyse dat Newman iemand baie soortgelyk aan homself in Chrysostomos gesien het: 'n diep teologiese denker wat as gevolg van sy prediking prominent geword het en aansienlike institusionele weerstand op 'n diep persoonlike manier weerstaan het, en ‘n aansienlike mate van verlies as gevolg van sy oortuiging gely het, en tog onbelemmerd in sy getrouheid aan wat hy as sy missie verstaan het, gebly het, as priester,teoloog, leraar en predikant. / John Henry Newman makes a number of significant references in his autobiographical writings to his devotion to John Chrysostom. Is this simply a matter of piety, or does it reveal a deeper connection to the point that Newman is influenced in his own theological understanding, spiritual insight, and pastoral practice by Chrysostom? This thesis attempts to demonstrate that Newman’s very particular preparation for reading the Fathers, and in particular, his comprehensive grasp of Greek, orientated him, from an early age, towards an immersion in Patristic thought, a fact largely demonstrated by his Letters and Diaries. Citation of Chrysostom as a theological authority, in Newman’s doctrinal writings, and in his published preaching, becomes increasingly evident, and demonstrates what might be considered theological characteristics the two theologians hold in common. In Newman’s spiritual direction, particularly in his spiritual accompaniment and guidance of women, there appears to be a correlation with advice given by Chrysostom in similar circumstances; in the present study this is treated in a comparison of the letters of Chrysostom to Olympias, and Newman’s correspondence with Maria Giberne. Beyond any theological similarities, and influences both explicit and implicit, there is evidence that Newman saw in Chrysostom someone very similar to himself: a profound theological thinker, who rose to prominence as a result of his preaching, and who met with serious institutional opposition expressed in a deeply personal way, suffered a considerable amount of loss as a result of holding to his convictions, and yet remained undeterred in his fidelity to what he understood to be his mission, as a priest, a theologian, a teacher and a pastor. / New Testament / D. Litt. et Phil. (Biblical Studies)
12

“Ek het 'n roeping” : vrouepredikante se toelating in die Nederduitse Gereformeerde Kerk : 'n kerkhistoriese en prakties-teologiese studie (Afrikaans)

Buchner, Elsje Petronella 27 August 2008 (has links)
In hierdie navorsing word die toelating van vrouepredikante in die Nederduitse Gereformeerde Kerk vanuit ’n kerkhistoriese en prakties-teologiese hoek bestudeer. Die navorsingswaardes wat in die sosiaal-konstruksionisme geld, naamlik dat sodanige navorsing ’n deelnemende en verhalende proses is, dat die invloed van diskoerse bestudeer word en dat die belangrikheid van taal in ag geneem word, is in die navorsing verreken. Vanuit ’n post-fundamentele teologiese posisionering is van ’n paar van die bewegings in ’n postfundamentele prakties-teologiese metodologie gebruik gemaak om na die belewing van agt vroueproponente en -predikante deur die loop van die proses van toelating, én daarna, te luister en saam met hulle te interpreteer. Daar is van die volgende bewegings gebruik gemaak: Die beskrywing van die verskillende kontekste waarteen die roepingsverhale en loopbane van vrouepredikante afgespeel het; die aanhoor en beskrywing van die kontekstuele ervarings van die betrokke vroue; die interpretasie van en betekenisgewing aan die verhale in samewerking met die vroue wat as medenavorsers geag word en die beskrywing van en refleksie oor die ervaring van God se teenwoordigheid in hulle roepingsverhale en bedieninge as proponente en predikante. Hierdie postfundamentele prakties-teologiese metodologie is inherent narratief van aard en sluit ook nou aan by die denklyne wat in die sosiaal-konstruksionisme geld. Deur hierdie metodologie is daar probeer om ’n bydrae te lewer tot die ontwikkeling en uitbou van mondelinge geskiedenis. Die beskrywing van vroue se verhale is terselfdertyd ook vrouegeskiedenis wat poog om vroue meer hoor- en sigbaar in algemene geskiedenis, maar spesifiek ook kerkgeskiedenis te maak. Die metodologie pas ook binne ’n meer postmoderne benadering tot geskiedenis in. Aan die hand hiervan is die breër landkaart en historiese konteks waarteen die roepingsverhale van vrouepredikante en kerklike vergaderings oor ’n tydperk van bykans 107 jaar afgespeel is, in breë trekke en deur middel van tydlyne beskryf. Die ontwikkeling en uitbouing van die volksmoederdiskoers oor die dieselfde tydperk is van nader beskou. Daar is verder gekyk na die invloed wat die breër konteks en die volksmoederdiskoers op vroue gedurende die twintigste eeu gehad het, hoe vroue oor die algemeen hulleself in bepaalde vroueruimtes soos vroue-organisasies uitgeleef het en of Afrikanervroue se stemme in die openbaar gehoor is al dan nie. Teen hierdie agtergrond is die verloop van die kerklike debat oor die toelating van vroue tot die besondere ampte, naamlik diakens, ouderlinge en vrouepredikante, beskryf. Hierdie debat kan in drie tydperke opgedeel word. Die eerste tydperk wat van 1966-1978 strek kan as ’n tyd van nadenke beskryf word. Vanaf 1982 tot 1990 is die debat deur ’n sterk verskil in Skrifbeskouing gekenmerk. Die laaste tydperk wat vanaf 1991 tot 2007 strek, beskryf hoe die praktyk stadig pos gevat het en hoe die gesprek uiteindelik na gendersake uitgebrei het. Die vroueproponente en -predikante se roepingsverhale, hulle belewenis van God in die pad wat hulle moes loop en eerste treë in die bediening is weer deurgaans teen die agtergrond van die breër landkaart, volksmoederdiskoers en die NG Kerk se verskillende sinodes aangehoor, beskryf en in samewerking met hulle geïnterpreteer. Bykomend tot die groep persoonlike verhale is twee verhale van vroue wat reeds voor 1950 teologie studeer het en nie meer vandag leef nie, opgeteken. In al die gesprekke het die belangrikheid van vrouepredikante se roepingsverhale, hulle positiewe en negatiewe belewenisse in die kerk, die impak van oorwegend manlike kerktaal op vroue, die gemis en impak van rolmodelle, die frustrasies rondom proponentskap en hulle belewing van God onder andere na vore gekom. Dit is ook opmerklik dat vrouepredikante oor die algemeen nie aktief aan die debat deelgeneem nie en dat die meeste van die medenavorsers in hierdie studie ’n bepaalde stuk ongemak met gendersake en feminisme beleef. Hulle laat net soos in die volksmoederdiskoers die praatwerk aan ander oor. / Thesis (DD)--University of Pretoria, 2008. / Church History and Church Policy / unrestricted
13

The pain of exclusion: towards a theological ethic of inclusion for a faith-based independent girls school in South Africa / Pyn van uitsluiting: op weg na ’n teologiese etiek van insluiting vir ’n geloofsgebaseerde, onafhanklike meisiesskool in Suid-Afrika / Intlungu yokubukulwa: imizamo esebenzisa inqobo yezelizwi yokudibanisa, kwisikolo samantombazana esisekelwe elukholweni emzantsi afrika

Springer, Clodagh A. L. 11 1900 (has links)
Abstracts in English, Afrikaans and Zulu / In this study, social exclusion in an independent, faith-based girl’s school in South Africa was investigated. Bullying is widely recognised as being unacceptable and is addressed by many schools in the form of anti-bullying policies. However, on ongoing basis, girls are being socially excluded from relationships and because this behaviour is often so subtle, it is neither recognised as a form of bullying nor is it being addressed within schools. Theologians argue that educational institutions ought to evaluate the ethical dimension of knowledge construction and that a focus on moral norms, values and virtues need to be a fundamental part of such communities, so that the well-being of its members is fostered. Unless problems such as social exclusion are understood from a theological-ethical perspective, it is unlikely that there will be a permanent change in girls’ behaviour. Changing societies that accommodate bullying requires changes in perspectives, attitudes and behaviour, and schools can make a significant contribution in providing a community in which every child feels accepted and is afforded dignity. This study offers a theoretical-ethical perspective of social exclusion and draws on insights from the fields of theological ethics, sociology, psychology and anthropology. The reasons why girls are socially excluded, the girls’ and the school’s systemic patterns of behaviour and what educators can do to develop an inclusive community are identified. To determine to what extent the theory was supported, alumnae were asked to complete the questionnaires and be interviewed. Some staff members also completed questionnaires and agreed to be interviewed. The findings of the empirical research indicated that the theoretical research was largely supported. Some interesting observations emerged from the questionnaires and interviews that expanded the understanding of social exclusion. One important finding was that the girls who are being excluded from social relationships feel that they are to blame and that they somehow deserve to be excluded. They experience strong feelings of shame as well as loss of self-esteem. This prevents them from discussing or reporting the problem and therefore the structures that are in place for such reporting are not effective. Another important finding was that there is a disconnection between the girls and the staff regarding the effectiveness of current interventions. Therefore, based on the theoretical research and the findings of the empirical data, this dissertation makes recommendations for establishing a community that promotes the well-being and dignity of all. / In hierdie studie is ondersoek ingestel na sosiale uitsluiting in ’n onafhanklike, geloofsgebaseerde meisieskool in Suid-Afrika. Treitering word wyd as onaanvaarbaar erken en word deur baie skole in die vorm van anti-treiterbeleide aangeroer. Dit is egter so dat baie meisies voortdurend op sosiale vlak uit verhoudings gesluit word en omdat hierdie gedrag so subtiel is, word dit nie as ’n vorm van treitering erken nie en dit word ook nie in skole aangespreek nie. Teoloё voer aan dat opvoedkundige instellings die etiese dimensie van kenniskonstruksie behoort te evalueer en dat ’n fokus op morele norme, waardes en deugde noodwendig ’n fundamentele deel van sodanige gemeenskappe behoort te wees sodat die welsyn van gemeenskapslede bevorder kan word. Tensy probleme soos sosiale uitsluiting vanuit ’n teologies-etiese perspektief hanteer gaan word, is dit onwaarskynlik dat daar enige permanente verandering in die meisies se gedrag sal wees. Om samelewings wat treitering akkommodeer te verander, vereis verandering in perspektiewe, houdings en gedrag en skole kan ’n aansienlike bydrae lewer om ’n gemeenskap te vestig waarin elke kind aanvaarding en waardigheid ervaar. Hierdie studie bied ’n teoreties-etiese perspektief ten opsigte van sosiale uitsluiting en steun op insigte uit velde soos sosiologie, sielkunde en antropologie. Die studie identifiseer redes waarom meisies sosiaal uitgesluit word, die meisies sowel as die skool se sistemiese gedragspatrone, en wat opvoeders kan doen om ’n inklusiewe gemeenskap te ontwikkel. Om te bepaal tot watter mate die teorie ondersteun word, is oudleerders gevra om vraelyste te voltooi en om aan onderhoude deel te neem. Sommige personeellede het ook vraelyste voltooi en tot onderhoude ingestem. Die bevindinge van die empiriese navorsing het getoon dat die teoretiese navorsing grotendeels ondersteun word. ’n Paar interessante waarnemings het uit die vraelyste en onderhoude geblyk. Hierdie waarnemings het die verstaan van sosiale uitsluiting heelwat verbreed. Een belangrike bevinding is dat meisies wat van sosiale verhoudings uitgesluit word, voel dat hulle die blaam daarvoor moet dra en dat hulle om een of ander rede verdien om uitgesluit te word. Hulle ervaar sterk gevoelens van skaamte sowel as verlies aan selfwaarde. Dit weerhou hulle daarvan om die probleem te bespreek of te rapporteer en daarom is sodanige rapporteringstrukture nie doeltreffend nie. ’n Ander belangrike bevinding is dat daar nie ’n uniforme begrip is tussen die meisies en die personeel ten opsigte van die doeltreffendheid van huidige intervensies nie. Daarom, gebaseer op die teoretiese navorsing en die bevindinge van die empiriese data, maak hierdie dissertasie aanbevelings ten opsigte van die skep van ’n gemeenskap wat die welstand en waardigheid van almal bevorder. / Kwesi sifundo kuphandwe ngokubukulwa kwisikolo samantombazana esizimeleyo nesisekelwe elukholweni eMzantsi Afrika. Ububhovubhovu buthathwa jikelele njengento engamkelekanga kwaye kuyaliwa nabo kwizikolo ezininzi ngokusebenzisa imigaqo nkqubo yokulwa ububhovubhovu. Noxa kunjalo, kuyaqhubeka ukubukulwa kwamantombazana kubudlelwane obuthile. Ngenxa yokuba lo mkhwa usenzeka mayana kakhulu, awuqondwa njengobubhovubhovu kwaye akukho nto yenziwayo ezikolweni. Iingcali zakwaLizwi zithi amaziko emfundo kufuneka ayivavanye inkalo yolwazi lwesimilo esinyulu, agxininise kwiinqobo zokuziphatha, nezexabiso lobuntu ekufuneka zibe yinxalenye esisiseko kwabahlala kula maziko, ukwenzela ukuba baphatheke kakuhle bonke abahlala apho. Ukuba iingxaki ezifana nokubukulwa aziqondwa ngokwenkalo yezokholo nobunyulu, mhlawumbi akungekhe kubekho umahluko ekuziphatheni kwamantombazana. Ukuguqula uluntu olwamkela ububhovubhovu kufuna ukutshintshwa kweembono, izimvo nokuziphatha kwaye ke izikolo zingafaka igxalaba kakhulu ekumiseleni imiphakathi apho wonke umntwana eziva amkelekile, aphatheke ngesidima. Esi sifundo siveza inkalo yokucinga esekelwe kwingcingane yobunyulu yokubukulwa, kwaye ithabathela kwizimvo zezifundo zobunyulu bezokholo, ezentlalo, ezobume bomphefumlo nengqondo, nezeengcambu zoluntu nezizwe. Izizathu zokubukulwa kwamantombazana ekuhlaleni, imigaqo nkqubo yezikolo nokunokwenziwa ziititshala ekuphuhliseni imiphakathi edibanisayo yimiba echongiweyo. Ukuze kubonwe ukuba ingaba le ngcingane inenkxaso engakanani na, kwacelwa abafundi bakudala beli ziko ukuba baphendule uluhlu lwemibuzo, bavume nokudlana indlebe nabaphandi. Bakhona nabanye abasebenzi beziko abaluphendulayo uluhlu lwemibuzo, bavuma nokudlana indlebe nabaphandi. Okwafunyaniswayo kuphando olusekelwe kubungqina babonisa ukuba ngokwenene, ingcingane yophando yayinenkxaso kakhulu. Kwavela amanqaku anomdla kwiimpendulo zemibuzo nodliwano ndlebe, kwaye oko kwalwandisa ulwazi malunga nokubukulwa eluntwini lwendawo. Okunye okubalulekileyo phakathi kwezinto ezafunyaniswayo yaba kukuba amantombazana abukulwayo kubudlelwane nabanye babeziva ngathi banetyala, kwaye bafanele ukubukulwa. La mantombazana ayeziva engathi asehlazweni kwaye ayengazixabisanga. Le nto yenza ukuba angayixeli le mpatho, angafuni nokuba kuxoxwe ngayo. Ngoko ke imiqathango ebekelwe ukuxela lo mkhwa ayisebenzi. Kwaphinda kwafunyaniswa ukuba kukho ukungadibani phakathi kwamantombazana nabasebenzi malunga nempumelelo yemiqathango yokuwakhusela. Ngoko ke, ngokukhokelwa luphando lwengcingane nobungqina obufunyaniswe kuphando, le ngxelo yophando inika iingcebiso zokuseka umphakathi okhuthaza ukuphatheka kakuhle nangesidima komntu wonke. / Philosophy, Practical and Systematic Theology / M. Th. (Theological Ethics)

Page generated in 0.0603 seconds