• Refine Query
  • Source
  • Publication year
  • to
  • Language
  • 64
  • 33
  • 6
  • 3
  • 3
  • 1
  • Tagged with
  • 127
  • 127
  • 74
  • 71
  • 69
  • 47
  • 46
  • 28
  • 25
  • 22
  • 17
  • 15
  • 14
  • 12
  • 12
  • About
  • The Global ETD Search service is a free service for researchers to find electronic theses and dissertations. This service is provided by the Networked Digital Library of Theses and Dissertations.
    Our metadata is collected from universities around the world. If you manage a university/consortium/country archive and want to be added, details can be found on the NDLTD website.
71

Die representasie van Kwasi/Aquasi : 'n ondersoek na die voortsetting al dan nie van die koloniale diskoers in De zwarte met het witte hart deur Arthur Japin

Faasen, Petro 03 1900 (has links)
Thesis (MA)--Stellenbosch University, 2003. / ENGLISH ABSTRACT: The term 'representation' is often used to refer to the possibility of a link between literature and reality. The word also suggests the reiteration of an event and is used in literary studies to indicate that a representation should be read as the author's interpretation of events and thus as a mediated rendition thereof. This study focuses on the representation of a black character who lived in the 19th Century by a white author from the zo" Century, Arthur Japin, in his novel, De zwarte met het witte hart (1997). This novel, based on historical events, is a rendering of the lives of two Ashanti princes who were taken to the Netherlands in 1837 as guarantee to an agreement between the king of the Ashanti and the Netherlands. This study therefore looks at the way in which Japin interpreted and represented the available information in his novel. This study furthermore focuses on ways in which this novel, written in what may be termed a postcolonial era could be read as a continuation of the colonial discourse in the 21st Century. This is demonstrated by identifying and examining the characteristics of colonial discourse, postcolonial discourse, the historic novel and the didactic novel, as well as ways in which these genres deal with representation. The study refers to the work of literary and social theoreticians such as Edward Said, Frantz Fanon, Homi Bhabha, Gayatri Spivak, Linda Hutcheon and Maaike Meijer. The study indicates that this novel can partially be read as a continuation of the colonial discourse. The results of this study also indicates that an uncritical reading of the novel De zwarte met het witte hart could lead to a continuation of the colonial discourse in the 21st Century. The role and responsibility of the reader in the interpretation and the subversion of the colonial discourse could therefore be further investigated. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Die term 'representasie' word dikwels gebruik om die moontlikheid van 'n verband tussen die letterkunde en die werklikheid aan te dui. Die woord suggereer die herhaling van 'n gegewe en word in die letterkunde gebruik om aan te dui dat die representasie wat gelees word, die outeur se interpretasie en dus bemiddelde weergawe van gebeure is. Hierdie ondersoek fokus op die representasie van 'n swart hoofkarakter uit die 19de eeu deur 'n blanke outeur in die 20ste eeu soos dit in die roman, De zwarte met het witte hart (1997) deur Arthur Japin, weergegee word. Hierdie roman, gebaseer op historiese gegewens, handeloor die lewens van twee Ashanti prinse wat in 1837 as onderpand vir 'n ooreenkoms tussen Nederland en die Ashantynse koning na Nederland geneem is en die gevolge wat dit vir hulle ingehou het. Daar word dus in dié ondersoek gekyk na die manier waarop Japin die gegewens tot sy beskikking geïnterpreteer en in die roman weergegee het. Verder fokus die ondersoek op die manier waarop hierdie roman, geskryf in wat as 'n postkoloniale era gesien kan word, moontlik as 'n voortsetting van die koloniale diskoers in die 21ste eeu gelees kan word. Dit word gedoen deur kenmerke van die koloniale diskoers, die postkoloniale diskoers, die historiese roman en die tendensroman te identifiseer en ondersoek, saam met die wyses waarop hierdie genres met representasie omgaan. Daar word verwys na die werk van letterkundige en sosiale teoretici soos Edward Said, Frantz Fanon, Homi Bhabha, Gayatri Spivak, Linda Hutcheon en Maaike Meijer. Uit die ondersoek blyk dat hierdie roman gedeeltelik as 'n voortsetting van die koloniale diskoers gelees kan word. Die resultate van hierdie ondersoek dui ook aan dat 'n onkritiese lees van die roman De zwarte met het witte hart kan lei tot die voortsetting van die koloniale diskoers in die 21ste eeu. Die rol en die verantwoordelikheid van die leser in die interpretasie en ondermyning van die koloniale diskoers kan dus verder ondersoek word.
72

Die ondermynende potensiaal van die huis en die huishoudelike, met spesifieke verwysing na die liggaam en kos in Klaaglied vir Koos en Erf deur Lettie Viljoen, en Louoond deur Jeanne Goosen

Burger, Barbara 03 1900 (has links)
Thesis (MA)--Stellenbosch University, 2013. / ENGLISH ABSTRACT: Traditionally the body has been neglected within Western philosophical thought. In this tradition man is seen as a dualist organism whose mind is more highly valued than his or her body. Since the start of the twentieth century, especially, there has also been Western thinkers who deconstruct the traditional, opposisional view of the mind and body. Most of these thinkers are men, and they argue from a male perspective. The deconstruction of the opposition between mind and body is, however, also useful for feminism, as the woman was traditionally seen as more bodily, and less rational, than the man. This view of woman can be used to support arguments that her place is within the home, where she should look after the bodily and emotional needs of her husband and children. First and second wave feminists criticised above-mentioned traditional view of women by arguing that the woman is just as rational as the man. Other feminists make use of the 'male' criticism of the body-mind opposition by arguing that traditionally female attributes and activities are not less valuable than male ones. In this thesis it is argued that the novellas Klaaglied vir Koos, Erf and Louoond should be read against this background as feminist texts in which the traditionally female space of the kitchen is celebrated as a space in which the female subject can create art and develop a perspective on the outside world. Focusing on the body and on traditionally female values (such as the domestic space) have implications for, amongst others, epistemology, ethical thought and literary theory. The way these implications are developed in the three novellas are explored in this thesis. Domestic spaces are not only celebrated in these texts, they are also represented as problematical, limited spaces which isolate the protagonists of the novellas and withhold them from the potential of political solidarity. The novellas are therefore treated in this thesis as complex texts in which the literary focus on domestic space, female embodiment and man‘s relationship with food is both celebrated and problematised. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Tradisioneel is die liggaam afgeskeep in die Westerse filosofie. Binne hierdie tradisie is die mens beskou as ‘n dualistiese organisme wie se verstand meer waardevol is as sy of haar liggaam. Veral sedert die begin van die twintigste eeu is daar ook Westerse denkers wat die tradisionele, opposisionele siening van die liggaam en die verstand dekonstrueer. Die meeste van hierdie denkers is mans en neem slegs die manlike perspektief in ag. Die dekonstruksie van die opposisie tussen liggaam en verstand is egter ook nuttig vir die feminisme, omdat die vrou tradisioneel gesien is as meer liggaamlik en minder rasioneel as die man. Hierdie tradisionele siening van die vrou kan gebruik word om te argumenteer dat haar plek in die huishoudelike ruimte is, waar sy kan omsien na die liggaamlike en emosionele behoeftes van haar man en kinders. Eerste- en tweedegolf-feministe het bogenoemde tradisionele opvattings veral gekritiseer deur te argumenteer dat die vrou net so rasioneel soos die man is. Latere feministe bou egter voort op 'manlike‘ kritiek teen die opposisie tussen liggaam en verstand deur te argumenteer dat tradisioneel vroulike eienskappe en aktiwiteite nie minder waardevol is as sogenaamde manlike eienskappe nie. In hierdie tesis word geargumenteer dat die novelles Klaaglied vir Koos en Erf deur Lettie Viljoen en Louoond deur Jeanne Goosen teen hierdie agtergrond gelees kan word as feministiese tekste waarin die tradisioneel vroulike ruimte van die kombuis gevier word as ‘n ruimte waarin die vroulike subjek ‘n perspektief op die buitewêreld kan ontwikkel en kuns kan skep. ʼn Fokus op die liggaam en op tradisioneel vroulike elemente (soos die huishoudelike ruimte) behels implikasies vir onder andere die epistemologie, etiese denke en literêre teorie. Hierdie implikasies word verken soos wat hulle na vore kom in die drie novelles. In die novelles word die huishoudelike ruimte egter ook uitgebeeld as ʼn problematiese, beperkende ruimte wat die hoofkarakters van die novelles afsny van die buitewêreld en van die moontlikheid van politieke solidariteit. Daar word geargumenteer dat die novelles dus komplekse tekste is waarin literatuur wat fokus op die huishoudelike ruimte, vroulike liggaamlikheid en die mens se verhouding met kos sowel gevier en geproblematiseer kan word.
73

Gender-ambivalensie : aspekte van beliggaming, performatiwiteit en ondermyning in Ek stamel ek sterwe van Eben Venter

Haupt, Marlies 04 1900 (has links)
Thesis (MA)--Stellenbosch University, 2014. / ENGLISH ABSTRACT: In this thesis the potential of Eben Venter’s novel Ek stamel ek sterwe (1996) as a subversive text is investigated. The primary goal is to illustrate how Eben Venter depicts the stigmatisation of homosexuality, aids and death, but more specifically the death of a homosexual individual who has aids, in society. The secondary goal is to investigate the ways in which Venter depicts the impact that the heteronormative ideal has on homosexual individuals by means of the regulation of norms. Judith Butler’s theorisation of sex, gender, identity and performativity is used as a lens with which Ek stamel ek sterwe is read. The finding is that Ek stamel ek sterwe is a novel with subversive potential and the implications that this has is discussed. / AFRIKAANSE OPSOMMING: In hierdie tesis word die potensiaal van Eben Venter se roman Ek stamel ek sterwe (1996) as ’n ondermynende teks ondersoek met as primêre doel om die wyse na te gaan waarop Eben Venter die stigmatisering van homoseksualiteit, vigs en die dood, maar ook spesifiek die dood van ’n homoseksuele individu en ’n vigslyer, in die samelewing uitbeeld. Die sekondêre doel is om ondersoek in te stel na die maniere waarop Venter met die roman die impak van die heteronormatiewe ideaal se regulering van norme op veral homoseksuele individue uitwys. Judith Butler se teoretisering oor geslag, gender, identiteit en performatiwiteit, sowel as die ondermyning van heteronormatiewe norme, word as lens gebruik waarmee Ek stamel ek sterwe gelees kan word. Daar word uiteindelik tot die gevolgtrekking gekom dat Ek stamel ek sterwe wel as ’n ondermynende teks beskou kan word en die implikasies hiervan word bespreek.
74

Bitterkomix : teks, konteks, interteks, en die literere strokies van Conrad Botes en Anton Kannemeyer

Rheeder, A. O. I. 03 1900 (has links)
Thesis (M.Phil) -- University of Stellenbosch, 2000 / 230 leaves printed single pages,numbered pages 1-230.Includes bibliography.Digitized at 600 dpi grayscale to pdf format (OCR),using an Bizhub 250 Konica Minolta Scanner. / ENGLISH ABSTRACT: Anton Kannemeyer and Conrad Botes have been publishing Bitterkomix,, their comics magazine, for nearly a decade in South Africa. These comics are a structured satyrical attack on the South African and specifically Afrikaans culture. Both artists employ different narrative strategies to convey their sometimes shocking message. The reaction on their writing and drawing shows an unwillingness in certain academic circles to analyse their texts critically. As a result Bitterkomix has drawn very little academic attention. This unwillingness is a product of the modernist approach to the comic as "low" literature. Modernists didn't regard comics as worthy material for critical analyses. The literary paradigm shift towards popular culture, and therefore comics, and the pluralistic reading strategy ofpostmodemism make it possible for an academic approach towards this previously ill-treated art form. This thesis is an attempt to suggest an approach strategy to Bitterkomix as a South African underground comics magazine. As a backdrop the study looks at the development of comics in general, as well as the changes that took place in the traditional approach strategies to the modem comic. It also focusses on selected texts by Kannemeyer and Botes to demonstrate how Bitterlwmix functions as an underground comic in the changing South African society. The writers draw upon methods and strategies used by underground comix artists in the United States during the sixties. Their specific employment of the drawing styles and narrative contents of artists like Robert Crumb, S. Clay Wilson and also the Belgian artist, Herge, makes intertextuality one of the strongest postmodemist aspects of Bitterlwmix. Botes's and Kannemeyer's combined use of intertextuality and other postmodemist metafictional narrative strategies gives Bitterlwmix a literary value that requires an academic approach. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Anton Kannemeyer en Conrad Botes se strokiestydskrif Bitterkomix verskyn reeds bykans 'n dekade in Suid-Afrika. Hulle strokies, wat van 'n akademiese en literere uitgangspunt getuig, is 'n berekende satiriese aanval op die Suid-Afrikaanse samelewing en meer spesifiek die Afrikanerdom. Beide skrywers span 'n verskeidenheid vertelstrategiee in om hulle somtyds skokkende boodskap oor te dra. Die reaksie op hulle skryf- en tekenwerk spreek egter van 'n onvermoe ofonwilligheid by die akademici om die tekste op kritiese wyse te analiseer. Gevolglik het Bilterkomix tot dusver min akademiese aandag gekry. Hierdie onvermoe stam myns insiens moontlik uit 'n modemistiese miskenning van die strokie as kunsvorm. Strokies is as "lae" literatuur gekategoriseer en is volgens modemiste dus nie geskikte materiaal vir 'n diepsinnige bespreking me. Die literere paradigma ten opsigte van populere kultuur en dus strokies het egter intussen verander en die pluralistiese leesstrategie van 'n postrnodemistiese benadering maak dit moontlik om akademiese aandag aan hierdie voorheen miskende kunsvorm te skenk. Die tesis is 'n poging om 'n benaderingswyse voor te stel tot Bitterkomix as Suid-Afrikaanse underground-strokiestydskrif. As agtergrondstudie ondersoek dit die ontstaan en ontwikkeling van die strokie in die algemeen, asook die veranderinge wat plaasgevind het in die tradisionele benaderingswyses tot die modeme strokie. Daama fokus die bespreking op geselekteerde tekste uit die oeuvres van Botes en Kannemeyer om te probeer aantoon hoe Bitterkomix as underground-strokie binne die veranderende Suid-Afrikaanse samelewing funksioneer. Die skrywers gebruik onder andere uitgangspunte en strategiee van die underground-strokie, soos dit veral in die sestigerjare in Arnerika gevind is. Hulle doelbewuste inspeling op beide die tekenstyle en verhaalinhoude van skrywers soos Robert Crumb, S. Clay Wilson asook die Belgiese Herge maak intertekstualiteit een van die sterkste postmodemistiese kenmerke van Bitterkomix. Botes en Kannemeyer se gebruik van intertekstualiteit, metafiksionaliteit, en ander postrnodemistiese vertelstrategiee verleen aan Bitterkomix 'n literere kwaliteit wat om 'n akademiese benaderingswyse vra. / Instituut vir Navorsingsontwikkeling van die Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing
75

Sosio-literêre perspektiewe op die eietydse digkuns van vroue in die Afrikaanse en Nederlandse taalgebiede

Bezuidenhout, Zandra 12 1900 (has links)
Thesis (PhD)-- Stellenbosch University, 2005. / ENGLISH ABSTRACT: A study of poetry by six contemporary women in the Afrikaans and Dutch-speaking worlds points toward a multi-focal approach. While texts by poets of a marked diversity are presented as aesthetic objects, the scope of my research has been determined by considerations of gender, language and culture. The central line of investigation concerns the interplay between the poem as an artefact and the changing socio-cultural contexts by which the respective poets have been informed. My dissertation was inspired by Pierre Bourdieu's argument in favour of a fusion between the close reading practices of the New Critics (and in this case, their Dutch counterparts, the Merlinists) and the contextual approach advocated by literature sociologists. Concomitantly the art philosophical standpoint of Marcia Eaton and the views on the écriture féminine or "women's style of writing" held by Helene Cixous are applied to poetry. By incorporating insights from adjacent disciplines and thereby decentering the relative autonomy of the poetic text, I hope to demonstrate how the study of literature could acquire new relevance, either by expanding its own parameters, or by enriching the field of cultural and gender studies. In conclusion I regard the poetry written by contemporary women as a polyphonic discourse voicing women's newly-found position as subjects and challenging notions such as a monolithic "female identity" and the marginalization of "women's poetry". From this perspective, the aesthetic value of the poetic genre is paralleled by its function as a source of knowledge and a cultural agency. / AFRIKAANSE OPSOMMING: 'n Ondersoek na die poësie van ses eietydse vroue in die Afrikaanse en Nederlandse taalgebiede veronderstel reeds 'n multifokale invalshoek. Nie alleen word tekste van uiteenlopende digters as estetiese objekte aan die orde gestel nie, maar staan oorwegings soos geslag, taal en kultuur sentraal by die afbakening van die ondersoeksterrein. Daarby vorm die wisselwerking tussen die gedig as artefak en die veranderende sosio-kulturele konteks die riglyn van die betoog. Pierre Bourdieu se aandrang op 'n fusie tussen die stipleesmetode van die New Critics (in Nederland nagevolg deur die Merlinisten) en die kontekstuele benadering van literatuur wat deur literatuursosioloë voorgestaan word, het as aanset tot hierdie studie gedien. Terselfdertyd word die kunsfilosofiese standpunte van Marcia Eaton en die siening van Héléne Cixous omtrent die écriture féminine ("vroulike skryfwyse") op die poësie betrek. Deur insigte uit naasliggende dissiplines te betrek en die outonomie van die poësieteks te relativeer, wil die ondersoek aantoon dat literatuurstudie 'n nuwe relevansie verkry wanneer die parameters van die vakgebied versit, of kultuur- en genderstudies daardeur verryk word. Uiteindelik beskou ek die digkuns van eietydse vroue as In polifoniese diskoers waarin vroue op uiteenlopende wyses stem gee aan hul nuutverworwe subjekposisie, en wat daarmee die nosie van In monolitiese "vroulike identiteit" en dié van "damespoësie" as afsonderlike en gemarginaliseerde kategorie dekonstrueer. Naas die estetiese waarde daarvan, verkry die poësie uit hierdie perspektief ook In nuts- of instrumentele waarde as 'n alternatiewe bron van kennis en In kultuurskeppende agens.
76

Vertaling en die kindervers : ’n vergelykende studie van Afrikaanse en Franse vertalings

Fouche, Marietjie 12 1900 (has links)
Thesis (PhD)--Stellenbosch University, 2012. / ENGLISH ABSTRACT: Few people realize exactly how complicated the translation of children’s poetry is. Translators do not only have to adhere to the young readers’ desires and satisfy the adult critics, but are constantly confronted with choices concerning the translation of the ‘play-element’ (structure) and the ‘visual element’ (content) of children’s verses, i.e. the translation of cultural elements, figurative language, pun, nonce words, onomatopoeia, alliteration, rhyme and meter. In addition, their translation strategies are continually subjective to and restricted by the visual text (illustrations) in the source texts, which interrelate with the verbal text (verses). In this descriptive, systematic analysis the Afrikaans and French translations of Mother Goose’s nursery rhymes, Dr. Seuss’s rhyming picture books and Roald Dahl’s verse fragments are compared to one another and the source texts in order to identify the various translation strategies and theoretical translation approaches used by the various Afrikaans and French translators, to make concrete observations about the translation of children’s poetry that can be useful for translators, and to establish if it is indeed possible to create translations of children’s verses that remain true to the ‘spirit’ of the original poetic texts, can function as autonomous texts in the target system, and that can supplement the Afrikaans and French children’s literature systems. __________________________________________________________________________ / AFRIKAANSE OPSOMMING: Min mense besef hóé ingewikkeld die vertaling van kinderverse eintlik is. Vertalers moet nie net tegelykertyd aan jong lesers se behoeftes voldoen en volwasse kritici tevrede stel nie, maar word ook deurgaans gekonfronteer met keuses wat betref die vertaling van die spel-element (struktuur) en visuele element (inhoud) van kinderverse, o.a. die vertaling van kultuurgebonde verwysings, beeldspraak, woordspel, neologisme, onomatopee, alliterasie, rym en metrum. Daarbenewens word die vertalers se vertaalstrategieë beïnvloed en beperk omdat die visuele teks (illustrasies) in die brontekste deurgaans met die verbale teks (verse) in gesprek tree. In dié deskriptiewe sisteemondersoek word die Afrikaanse en Franse vertalings van Moeder Gans se kinderrympies, Dr. Seuss se versverhale en Roald Dahl se prosimetriese kinderstories met mekaar en die brontekste vergelyk om die verskillende vertaalstrategieë en teoreties gefundeerde vertaalbenaderings wat deur die onderskeie Afrikaanse en Franse vertalers toegepas is, te identifiseer, konkrete bevindinge oor die vertaling van die kindervers te maak wat vir toekomstige vertalers van praktiese nut kan wees, en te bepaal of dit inderdaad moontlik is om vertalings van kinderverse te skep wat getrou bly aan die ‘gees’ van die oorspronklike gedigtekste, as selfstandige tekste in die doelsisteem kan funksioneer, en die Afrikaanse en Franse kinder- en jeugliteratuursisteme kan aanvul.
77

'n Ondersoek na die armoede-diskoers en die uitings patriargie, bloedskande en apartheid in Triomf van Marlene Van Niekerk.

Hoogbaard, Sherrilyn January 1996 (has links)
'n Ondersoek na die armoede-diskoers en die uitings patriargie, bloedskande en apartheid in Triomf van Marlene Van Niekerk.
78

Fantasieliteratuur in die multikulturele Afrikaans klaskamer.

Gumbi, Thembi Gloria. January 1999 (has links)
In hierdie mini-skripsie word daar na fantasieliteratuur in die multikulturele Afrikaans klaskamer gekyk. Die aard van fantasieliteratuur, naamlik die fabel, sprokie, volksverhaal, mite, legende en toekomsfiksie word omskryf. Die studie poog ook om die ooreenkomste wat bestaan tussen fantasieliteratuur in Engels, Afrikaans, Zoeloe en SeSotho uit te wys en om aan te dui wat die implikasie van hierdie ooreenkomste binne die multikulturele Afrikaanse klas is. SUMMARY This mini-thesis focuses on the study of Fantasy literature in the multicultural Afrikaans classroom. Different genres, ego fable , myth, folktale, fairytale, legend and science fiction will be looked at. The study will also try to look at the similarities present in the fantasy literature of English, Afrikaans, Zulu and seSotho and the implications thereof in the multicultural Afrikaans class. / Thesis (M.A.) - University of Natal, Durban, 1999.
79

'n Ondersoek na die armoede-diskoers en die uitings patriargie, bloedskande en apartheid in Triomf van Marlene Van Niekerk.

Hoogbaard, Sherrilyn January 1996 (has links)
'n Ondersoek na die armoede-diskoers en die uitings patriargie, bloedskande en apartheid in Triomf van Marlene Van Niekerk.
80

Die prosa van die twede afrikaanese beweging ...

Schoonees, P. C. January 1933 (has links)
Proefschrift--Amsterdam. / "Stellinge": ([3] p.) laid in.

Page generated in 0.0866 seconds