• Refine Query
  • Source
  • Publication year
  • to
  • Language
  • 3
  • Tagged with
  • 9
  • 9
  • 7
  • 6
  • 6
  • 4
  • 3
  • 3
  • 3
  • 3
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • About
  • The Global ETD Search service is a free service for researchers to find electronic theses and dissertations. This service is provided by the Networked Digital Library of Theses and Dissertations.
    Our metadata is collected from universities around the world. If you manage a university/consortium/country archive and want to be added, details can be found on the NDLTD website.
1

Generaal Ben Viljoen, 1868-1917 (Afrikaans)

Meijer, Jan Willem 10 November 2010 (has links)
AFRIKAANS: Benjamin Johannes Viljoen is in 1868 in die Oos-Kaapse grensgebied gebore. In sy jeug is sy karakter en lewensuitkyk in die tradisie van die grenspionier gevorm. Jonggetroud het hy in 1889 na Krugersdorp in die ZAR verhuis. Hy het 'n rol in die openbare lewe as joernalis, politikus en veldkornet begin speel. Hy was betrokke by die oprigting van "De Volksvereeniging" en die Krugerdorpse Vrywil¬ligerkorps. As 'n aanvanklike aanhanger van Joubert, het hy Kruger later ondersteun. In 1899 is Viljoen as lid van die Tweede Volksraad verkies. In dieselfde tyd is hy ook tot Spesiale Kommandant van Johannesburg benoem. Met die mobilisasie voor die uitbreek van die Tweede Anglo-Boereoorlog het hy in September 1899 met sy kommando na die Natalse grens vertrek, waar hy aan die gevegte by Elands¬laagte en Vaalkrans deelgeneem het. In Mei 1900 is Viljoen met sy kommando na Johannesburg oorgeplaas. by Donkerhoek in Junie 1900 is hy tydens die reorganisasie van die tot generaal benoem. Hy moes die agterhoede van die terugvallende beskerm. Na die ontbinding van die strydmag in September 1900 het aantal burgers deur Oos-Transvaal na Pietersburg gelei. Na die slag Boeremagte kommando's hy 'n groot As Assistent-Kommandant-Generaal was Viljoen gedurende die guerrillafase van die oorlog vir die gebied noord van die Delagoaspoorlyn tussen Pretoria en Mosambiek verantwoordelik. In April 1901 het hy ternouernood aan 'n groot¬skaalse dryfjag deur die Britte ontkom. In Januarie 1902 is hy in 'n hinderlaag naby Lydenburg gevange geneem en na St. Helena verban. Na die oorlog het Viljoen na Suid-Afrika teruggekeer. Vanweë 'n verskeidenheid redes het hy nie kans gesien om daar 'n nuwe bestaan te maak nie. Na sy deel¬name aan die Boerevertoning in St. Louis in die VSA in 1904, het hy 'n aandeel gehad in die vestiging van 'n Boerekolonie in Mexiko. Na 'n jaar het hy hom in Nieu-Mexiko gevestig waar hy in 1917 oorlede is. Viljoen het sy hele lewe 'n grenspionier gebly, wat veral in sy individualisme gemanifesteer het. Hy was flambojant van geaardheid, romanties, behulpsaam en lojaal. Sy lewenslot het egter té hoë eise aan sy leierskap gestel. Sy individualisme het hom belemmer om in 'n grotere georganiseerde eenheid te funksio¬neer. Viljoen was die skrywer van 'n aantal boeke oor die Anglo-Boereoorlog en die Suid-Afrikaanse geskiedenis. ENGLISH: Benjamin Johannes Viljoen was born in the East-Cape border district in 1868. His character and outlook on life were formed in the tradition of the moving frontier. Shortly after his marriage he went to Krugersdorp (Transvaal) in 1889. He played a role in public life as a journalist, politician and fieldcornet. He took part in the establishing of the political organisation "De Volksvereeni¬ging" and a military volunteer corps at Krugersdorp. Initially a follower of Joubert, he became a Kruger supporter afterwards. In 1899 Viljoen was elected to the Second Volksraad. At the same time he was appointed Special Commander of Johannesburg. In September 1899 he led his commando to the Natal border, where he took part in the battles at Elandslaagte and Vaalkrans in the first months of the Anglo Boer War. During May 1900 Viljoen and his men were transferred to Johannesburg. After the battle of Diamond Hill in June 1900, Viljoen was appointed as general during the reorganisation of the Boer army. He had to protect the rear of the retreating Boer forces. After the resolving of the Boer army in September 1900, Viljoen led a great number of his men to Pietersburg. During the guerrilla war Viljoen was Assistant Commander in Chief and respons¬ible for the territory north of the Delagoa railway between Pretoria and Mozam¬bique. In April 1901 he barely escaped a huge British round-up. Viljoen was ambushed near Lydenburg in January 1902 and eventually banished to St. Helena. After the war Viljoen returned to South Africa but, owing to various reasons, he did not see his way in building a new life there. Viljoen took part in the Boer War display in St. Louis (USA) in 1904 and eventually he went to Mexico where he participated in the establishing of a Boer Settlement. After a year he went to New Mexico where he died in 1917. His whole life Viljoen was a frontiersman. This became clear especially in his individualism. He was flamboyant, romantic, helpful and loyal. His destiny however overrated his ability as a leader. His individualism hampered him to co-operate in a bigger organized unity. / Thesis (DPhil)--University of Pretoria, 2010. / Jurisprudence / unrestricted
2

Genl S G (Manie) Maritz se aandeel aan die rebellie van 1914 -1915

Britz, Jurgens Johannes January 1979 (has links)
Toe die Rebel1ie in 1914 uitbreek, was Salomon Gerhardus (Manie) Maritz op 38-jarige ouderdorn die jongste van alle eertydse Boere-generaals uit die Anglo-Boereoorlog (1899- 1902). Irnmer rusteloos van geaardheid, daarby voortvarend en impulsief, sou die daaropvolgende gebeure hom opnuut, soos 14 jaar te vore, in die vuurproef plaas. Na die Vrede van Vereeniging het Maritz geweier om Britse onderdaan te word en wyk uit na Angola en Europa. In 1912, ses jaar na sy terugkeer, word hy rnajoor in die pasgestigte Unie-Verdedigingsmag. Tydens sy militêre op1eiding in Bloemfontein besluit hy en mede-wapenbroer Jan Kemp om die eerste die beste geleentheid te benut om die republikeinse onafhanklikheid te herwin. In 1913 kontak hy die Duitse owerheid om vas te stel of hulle ingeval van 'n opstand hom van wapens en ammunisie sou voorsien maar dit was nie 'n forrnele ooreenkorns nie. Tydens 'n offisiersvergadering te Pretoria (14 Augustus 1914) lê hy sy beplande staatsgreep vir 15 September 1915 aan Beyers voor en versoek hom om aan die hoof daarvan te staan. Oortuig dat Beyers hom ondersteun, kom hy met die Duitsers tot 'n vergelyk en reel vir Beyers op 15 September 'n afspraak met dr. T. Seitz, die Duitse goewerneur, om finale reëlings te tref. Die bedanking van Beyrs (14 september) en die dood van de la Rey (15 September) wat self met rnedewete van Kemp 'n staatsgreep beplan het, dwing Maritz om ander planne te beraam. Omdat hy hierna kontak met die leiers van die protesbeweging in Transvaal verloor het, was Maritz op homself aangewys. Sy voortdurende briefwisseling met genl. Smuts, met majoor B. Enslin as tussenganger het horn oortuig dat Smuts hom oor die grens wou dwing. Op 23 September 1914 het hy van Smuts opdrag ontvang om Duits-Suidwes-Afrika binne te val maar hy weier en vra sy ontslag. Smuts vertraag die ontslag en stuur ondertussen troepe-versterkings na Upington Hierop het Maritz 'n finale ooreenkoms waarin die onafhanklikheid van Suid-Afrika geproklarneer is, met die Duitsers gesluit en op 9 Oktober 1914 te Van Rooisvlei gerebelleer. Omdat die regering nie op sy versoek om met genls. Beyers, Hertzog, de Wet, Kemp en Muller te onderhandel, reageer het nie, beset hy Keimoes en Kakamas. Na vergeefse onderhandelings met genls. Smuts en Brits om bloedvergieting te voorkom, trek hy sy troepe op Kakamas saam, proklameer die "" Republi.ek van Suid-Afrika", trek die swaard en val Keimoes (22 Oktober) aan. Omring deur reqeringstroepe onttrek hy hom na Jerusalem in Duitswes-Afrika; terwyl 'n deel van sy mag op Kakamas (24 Oktober) deur regeringstroepe aangeval is. Op 29 November sluit genl. Kemp by hom aan en na finale onderhandelings met die Duitsers te Keetmanshoop (6 Desember 1914) val hulle Kaapland binne. Tydens die gevegte van Nous (22 Desember), Langklip (14 Januarie 1915), Lutzputs (18 Januarie 1915) verslaan hulle die regeringstroepe maar word self te Upington (24 Januarie 1915) verslaan en na uitgerekte onderhandelings tot oorgawe gedwing. Maritz self het nie oorgegee nie maar weer eens uitqewyk na Duits-Suidwes-Afrika, Angola, Portugal, Spanje en Duitsland. In 1923 bet hy na Suid-Afrika teruggekeer en hom vrywilliglik oorgegee. In 1924 is hy aan hoogverraad skuldig bevind en tot drie jaar tronkstraf sender hardepad gevonnis, maar is na drie maande losgelaat nadat die Naionale Party onder leiding van genl. Hertzog 'n verkiesingsoorwinning oar die Suid-Afrikaanse Party van genl. Smuts behaal het. / Dissertation (MA)--University of Pretoria, 1979. / gm2014 / Historical and Heritage Studies / Unrestricted
3

Die eerste operasionele optrede van die Unieverdedigingsmag - Januarie 1914 (Afrikaans)

Geyer, Rene 31 August 2010 (has links)
In Januarie 1914 het ‘n algehele industriële staking in die Unie van Suid-Afrika (SA) uitgebreek en die Unieverdedigingsmag (UVM) sou vir die eerste keer operasioneel aangewend word om die staking te onderdruk. Die Staande mag van die UVM was nog nie gereed om die staking op hul eie te onderdruk nie en gevolglik is die kommando’s van die Burgermagreserwes opgekommandeer vir diens. Probleme is dus destyds met die samestelling en organisasie van die UVM, as gevolg van die intergrasie van die verskillende militêre kulture, ondervind. Die Unieregering het op baie van die gewone burgers wat in die Anglo-Boereoorlog (ABO) in kommando’s geveg het, se ondersteuning en deelname om die staking te onderdruk, staatgemaak. Die tradisionele kommandostelsel van die voormalige Boererepublieke sou dus vlugtig tydens die 1914-staking herleef. Die Afrikaner het as gevolg van verskeie redes op kommando gegaan om die staking te help onderdruk. Die groeiende gees van nasionalisme onder die Afrikaner kon ook tydens die staking waargeneem word en sou tesame met die suksesvolle aanwending van die kommando’s tydens Januarie 1914 bydra tot die Rebellie later die jaar. Die politieke, ekonomiese en sosio-maatskaplike omstandighede van destyds het tot die nywerheidstaking van Januarie 1914 bygedra. Die rol wat die vakbonde en mynbedryf in die tydperk voor die Eerste Wêreldoorlog gespeel het, het ook bygedra tot die staking. Die ervaringe en omstandighede van die kommandolede tydens ontplooiing in Januarie 1914 is ‘n belangrike aspek van die sosiale militêre geskiedskrywing in SA. Onderwerpe soos, mobilisasie, voorrade, vervoer, dissipline, asook demobilisasie en kompensasie werp dus lig op die ervaringe en omstandighede van gewone burgers op kommandodiens tydens die staking. Die aanwending van die kommando’s tydens die 1914-staking het uiteenlopende reaksies van die verskillende groepe in die gemeenskap tot gevolg gehad. Die betrokkenheid van ander rolspelers, soos swart mense en vrouens, tydens die staking was gering, dog belangrik vir die Suid-Afrikaanse geskiedenis. Copyright / Dissertation (MHCS)--University of Pretoria, 2010. / Historical and Heritage Studies / unrestricted
4

Nonnie de la Rey 1856-1923 (Afrikaans)

Rowan, Zelda 12 October 2004 (has links)
In her lifetime Jacoba Elizabeth (Nonnie) de la Rey, née Greeff (1856-1923) was widely known not only for being the wife of the eminent General Koos de la Rey, but also for her exceptional tenacity during the Second Anglo-Boer War (1899-1902). From December 1900 to the conclusion of the war in May 1902 she and her children lived a nomadic life. Nonnie's experiences were recorded in her memoirs, Mijne omzwervingen en beproevingen gedurende den oorlog, which were published in Amsterdam in 1903. Shortly thereafter – also in 1903 – the English edition, A Woman's Wanderings and Trials During the Anglo-Boer War, as translated by Lucy Hotz, was published in Londen. The 18 months that Nonnie spent wandering through the country probably constitute the most important phase of her life, but she experienced a great deal more, which she recorded in another memoir. Her childhood and pioneer's life are well documented. At the age of eighteen Nonnie met Jacobus Herculaas de la Rey; they were married on 24 October 1876 and settled in the vicinity of Lichtenburg. The period from 1880 to 1899 constitute a kaleidoscope of events in Nonnie's life, for example the First Anglo-Boer War (1880-1881), the loss of Nonnie's father and mother, and a move to the farm Elandsfontein. The South African War broke out in 1899. Nonnie's life during the war years can be divided into two phases, namely the period when she lived in Lichtenburg (October 1899 to November 1900), and the period characterised as her wandering years (December 1900 to May 1902). Events in Nonnie de la Rey's life from 1902 to 1923 include their official visit to Europe, the restoration of Elandsfontein, Union (1910) and Koos de la Rey's political involvement, the Rebellion of 1914 and the death of Koos de la Rey. In her final years Nonnie was involved with various organisations. She was an eminent presence in her community, being revered as a “volksmoeder” by her compatriots. She died in 1923. / Dissertation (MHCS)--University of Pretoria, 2005. / Historical and Heritage Studies / unrestricted
5

Deneys Reitz (1882 – 1944) : krygsman, avonturier en politikus (Afrikaans)

Calitz, Gerhard Johann 31 May 2009 (has links)
Afrikaans Deneys Reitz, die derde van president F.W. Reitz se vyf oorlewende seuns, is op 2 April 1882 te midde van die politieke en ekonomiese ontwaking van die Vrystaat in Bloemfontein gebore. Hy het op die ouderdom van 17 by die Boeremagte aangesluit en doen hier die ondervindinge op wat hy later in sy eerste boek, Commando: A Boer journal of the Boer war, weergee. Met die sluit van vrede weier hy om die eed van getrouheid teenoor Brittanje af te lê en wend hom na Madagaskar waar hy onder meer as ‘n transportryer werk. Hy keer in 1903, op aandrang van Isie Smuts, na Suid-Afrika terug, kwalifiseer as ‘n prokureur en open ‘n prokureurspraktyk in die Noordoos-Vrystaatse dorp Heilbron. Gedurende die 1914-rebellie skaar hy homself aan die Botha-Smuts regering se kant en voer hy die Heilbronkommando aan teen die rebelle. Tydens die Eerste Wêreldoorlog sluit hy hom aanvanklik by Botha en Smuts in Duits-Suidwes-Afrika aan en daarna by die Britse leër in Brittanje. Hy spandeer die meeste van die Eerste Wêreldoorlog in die loopgrawe aan die Wesfront in Frankryk en vorder tot die rang van kolonel in bevel van ‘n bataljon van die First Royal Scots Fusiliers. Met sy terugkeer na Suid-Afrika in 1920 wend hy hom tot die politiek en as lid van die Suid-Afrikaanse Party verteenwoordig hy eers Bloemfontein-Suid (1920) en later Port Elizabeth. Vanaf 1929 verteenwoordig hy Barberton. Hy dien aanvanklik in die parlement as Minister van Lande, waar hy onder meer betrokke raak by wetgewing i.v.m. die totstandkoming van die Krugerwildtuin. Hy dien ook as Minister van Lande in die koalisie kabinet van J.B.M. Hertzog (1933) en daarna as Minister van Landbou en Bosbou (1935), Minister van Mynwese (1938), Minister van Naturellesake (1939) en as adjunkpremier in Smuts se Oorlogskabinet (1939-1943). Vir die periode van 1924 tot 1933 dien hy as deel van die amptelike opposisie, terwyl hy hoofsaaklik as ‘n prokureur in Johannesburg werk. In dié periode het hy ook uitgebreide private- en sakereise na onder meer Noord- en Suid-Rhodesië, die Belgiese Kongo en die Kaokoveld in Suidwes-Afrika onderneem. Sy bekendheid het hy grootliks verwerf uit die publikasie van sy herinneringe van die Anglo Boereoorlog, gepubliseer as Commando in 1929. Dit is erken as ‘n boek van uitstaande gehalte en word beskou as ‘n klassieke werk oor die Anglo-Boereoorlog. Die res van sy lewe, vanaf 1902 tot 1940, het hy in die boeke Trekking on en No outspan beskryf. Deneys Reitz was getroud met Leila Agnes Buissine Reitz (13/12/1887 – 29/12/1959). Sy was Suid-Afrika se eerste vroulike parlementslid en het Parktown verteenwoordig. Leila was veral by maatskaplike werk betrokke en het spesifiek op kinders en kindermisdadigers gefokus. Deneys en Leila het twee seuns gehad - Jan en Michael. Weens swak gesondheid word Reitz in 1943 as Hoë Kommissaris in Londen aangestel, waar hy in 1944 sterf. English Deneys Reitz, the third of president F.W. Reitz’s five living sons, was born in Bloemfontein on 2 April 1882 during the political and economical awakening of the Orange Free State. As a boy of seventeen he joined the Boer forces in the Anglo-Boer War, gaining the experience he set down in his first book, Commando: A Boer journal of the Boer war. After the peace he was an irreconcilable and lived as a transport rider in Madagascar, returning to South Africa in 1903 after prompting by Isie Smuts. He qualified as an attorney and practiced in the town of Heilbron in the north-east Free State. During the 1914 rebellion he commanded the Heilbron Commando against the rebels in support of the Botha-Smuts government. During World War I he first joined Botha and Smuts in German South West Africa and then in German East Africa, where after he enlisted with the British Army. He spent most of the First World War in the trenches in France, where he rose to command a battalion of the First Royal Scots Fusiliers. Upon his return to South Africa he entered Parliament in 1920 as a member of the South African Party, representing first Bloemfontein South (1920) and later Port Elizabeth. He represented Barberton from 1929. He initially held the portfolios of Lands (1923-24), becoming involved in developing legislation for the establishment of the Kruger National Park. He also served as Minister of Lands in the coalition government of J.B.M. Hertzog (1933), Minister of Agriculture and Forestry (1935), Minister of Mines (1938), Minister of Native Affairs (1939) and as deputy premier in Smuts’ War Cabinet (1939-1943). Reitz was a member of the formal opposition from 1924 to 1933, while also working as an attorney in Johannesburg. In this period he travelled extensively in both his private and official capacities to North and South Rhodesia, the Belgian Congo and the Kaokoveld in South West Africa. His real claim to fame, however, arises from his memoirs of the Anglo-Boer War, which he published under the title of Commando in 1929. This was immediately recognised as a work of outstanding quality and has become a South African classic on the Anglo Boer War. Later he wrote Trekking on and No outspan, continuing the story of his career. Deneys Reitz was married to Leila Agnes Buissine Reitz (13/12/1887 – 29/12/1959), the first South African women elected to parliament. She was member for Parktown. Leila, who was involved in welfare work, focused on children and delinquents. Deneys and Leila had two sons of their own - Jan en Michael. Due to ill health Reitz was appointed Union High Commissioner in London in 1943, where he later passed away. / Thesis (DPhil)--University of Pretoria, 2009. / Historical and Heritage Studies / unrestricted
6

Machadodorp tot en met dorpstigting in 1904 (Afrikaans)

Jooste, Cecilia Petronella 13 November 2008 (has links)
Die verhandeling begin met 'n beknopte oorsig oor die plek en aard van plaaslike geskiedenis in Westerse en Suid-Afrikaanse historiografie. Machadodorp se geografiese ligging, sowel as fisiese faktore soos geografie en klimaat was bepalend tydens die vroeë vestigingsgeskiedenis. Uit argeologiese navorsing wat in die groter streek gedoen is, is vasgestel dat Steentydperkmense, Ystertydperkmense en swart gemeenskappe soos die Koni, Pedi en Swazi van die vroegste inwoners van die gebied was. Gedurende die laaste helfte van die negentiende eeu het die eerste wit setlaars die gebied binnegekom. Die bou van die hoofspoorlyn, die Oosterlijn, na die Portugese hawe Delagoabaai was belangrik vir die behoud van die politieke en ekonomiese onafhanklikheid van die ZAR. Die geskiedenis van die opmeet, bou en ontwikkeling van hierdie spoorlyn en die ontstaansgeskiedenis van Machadodorp is nou verweef. Aanvanklik was albei nedersettings, Machadodorp en Carolina, deel van die Lydenburglanddrosdistrik. Toe Carolina in 1893 tot onafhanklike landdrosdistrik geproklameer is, moes die ZAR-regering uitsluitsel gee tot watter distrik Machadodorp sou hoort. Die uiteindelike besluit dat dit deel van die Lydenburg-landdrosdistrik moes bly, sou vir Machadodorp en omgewing langdurende administratiewe gevolge inhou. Die Anglo-Boereoorlog was die mees ingrypende gebeurtenis in Machadodorp se geskiedenis voor 1904. Nadat Pretoria, die hoofstad van die ZAR, deur die Britse magte beset is, het Machadodorp die tydelike regeringsetel van die ZAR geword (5 Junie 1900 tot 27 Augustus 1900). Die Britse troepe het Machadodorp op 28 Augustus 1900 beset en op 1 September 1900 het lord Roberts, die opperbevelhebber van die Britse troepe in suider-Afrika, die Transvaal as deel van die Britse ryk geproklameer. Britse troepe was op die dorp tot na die vredesluiting in 1902. Die verhandeling word afgesluit met 'n bespreking van die administratiewe proses waarvolgens Machadodorp tot dorp geproklameer is. Hierdie proses, wat deur die uitbreek van die oorlog onderbreek is, is tydens die koloniale tydperk voltooi. Op 30 Desember 1904 is Machadodorp tot dorp geproklameer en het die eerste fase in die dorp se ontwikkelingsgeskiedenis tot 'n einde gekom. ENGLISH : The dissertation begins with a brief review of the nature and status of local history in Western and South African historiography. The geographic location of Machadodorp as well as physical factors, such as geology and climate, determined early settlement patterns. From archaeological research in the area it was determined that the earliest inhabitants of the greater Machadodorp area were Stone Age people, Iron Age people and black communities, such as the Koni, Pedi and Swazi. During the last half of the nineteenth century the first whites settled in the region of Machadodorp. To retain their political and economic independence the ZAR had to obtain a non- British route to the outside world. This idea could only be realized if a railway line, the Oosterlijn, was built to the Portuguese harbour of Delgoa Bay. There is a very close link between the surveying, planning, building and development of this railway line and the history of the establishment of Machadodorp. Initially, the two settlements, Machadodorp and Carolina were part of the Lydenburg magisterial district. When Carolina was proclaimed an independent magisterial district in 1893, the ZAR government had to make a decision regarding the district to which Machadodorp would belong. The eventual decision that Machadodorp should remain part of the Lydenburg magisterial district resulted in long term administrative consequences for the Machadodorp area. The Anglo Boer War was the most influential event in the history of Machadodorp prior to 1904. After Pretoria, the capital of the ZAR was occupied by the British forces Machadodorp became the temporary seat of the ZAR government (5 June 1900 – 27 August 1900). On 28 August 1900 the town was occupied by the British troops and on 1 September 1900 Lord Roberts, Commander-in-chief of the British troops in Southern Africa, proclaimed the Transvaal as part of the British Empire. The British troops remained in Machadodorp until after the peace negotiations in 1902. The dissertation concludes with a discussion of the process by which Machadodorp was proclaimed a town. This process which started before the outbreak of the war was disrupted by the war and was only completed after the war. On 30 December 1904 Machadodorp was proclaimed a town, whereby the first phase in Machadodorp’s developmental history was concluded. / Dissertation (MA)--University of Pretoria, 2011. / Historical and Heritage Studies / unrestricted
7

Bydrae van Erich Mayer tot die vestiging van 'n estetiese bewussyn en die bevordering van 'n kunsidentiteit in Suid-Afrika tot aan die einde van die 1930's

Basson, Eunice L. 30 June 2003 (has links)
Text in Afrikaans / This thesis entitled The contribution of Erich Mayer towards the establishment of an aesthetic consciousness and the promotion of an art identity in South Africa to the end of the 1930s, is a study of the ideas, ideals and contributions of the German-Jewish artist Erich Mayer concerning the establishment of a national art identity in South Africa. Mayer was born in Germany in 1876. Because of ill health he came to South Africa, where he settled in 1898 and developed an affinity with the Afrikaner pioneers in the rural areas. This natural connection with the Afrikaner pioneers was the main motivation behind his participation in the Anglo-Boer War. With his sound European background and training at various art academies in Berlin and Stuttgart, he soon realised that a knowledge of European art history or any awareness of an aesthetic consciousness concerning the fine and applied arts was sadly lacking within the general South African community and more specifically amongst the early Afrikaners. As a student, Mayer developed a keen interest in traditional German arts and crafts, which, according to him, contributed to the specific national Germanic character. This interest prompted him to conduct research and document examples of folk art among the Afrikaners as well as other indigenous communities, in an attempt to establish an aesthetic awareness in South Africans, and more specifically among Afrikaners. Mayer was of the opinion that the development and marketing of these cultural objects and artefacts would contribute towards a unique art identity with a strong South African national character. Apart from his interests in the fine and applied arts, Mayer also researched the vernacular architecture, furniture design and household articles of both Afrikaner pioneers and Africans. He travelled widely in South Africa, researching his interests and presented lectures on these themes which he published in newspapers and magazines in an effort to create an awareness of the rich indigenous folk art. / Hierdie proefskrif is 'n studie oor die bydrae van die Duits-Joodse kunstenaar Erich Mayer tot die vestiging van 'n estetiese bewussyn en die bevordering van 'n kunsidentiteit in Suid-Afrika tot aan die einde van die 1930's. Mayer is in 1876 in Duitsland gebore. Weens gesondheidsredes het hy hom in 1898 in Suid-Afrika gevestig waar hy veral met die Boerepioniers op die platteland geidentifiseer het em hom gou tuis gevoel het in die landelike milieu. Hierdie natuurlike toegeneentheid tot die vroee Afrikaners het aanleiding gegee tot sy later deelname aan die Anglo-Boereoorlog. Met sy grondige Europese agtergrond en opleiding aan verskillende kunsakademies in Berlyn en Stuttgart, het Mayer gou besef dat die Suid-Afrikaanse gemeenskap in die algemeen, maar veral die vroee Afrikaners in die besonder, 'n algehele gebrek geopenbaar het aan enige Euopese kunshistoriese kennis of enige estetiese bewussyn oor die beeldende en toegepaste kunste. Mayer is vroeg reeds blootgestel aan en het besonder belanggestel in die kunshandwerk van die Duitsers wat deel uitgemaak het van eeue-oue Duitse tradisies en wat bygedra het tot die unieke nasionale volksaard van die Duitsers. Met hierdie belangstelling het Mayer stelselmatig begin om die unieke kunshandwerk van die Afrikanerpioniers te versamel. Hy het hier 'n geleentheid gesien om via voorbeelde van plaaslike kunshandwerk 'n estetiese bewussyn by die Suid-Afrikaans gemeenskap en meer spesifiek by die Afrikaner aan te wakker. Mayer was van mening dat die sinvolle ontwikkeling en bemarking van hierdie kulturele voorwerpe en ontwerpe daartoe sou kon bydra om 'n eie kunsidentiteit met sterk nasionale karakter in Suid-Afrika tot stand te bring. Wat die beeldende en toegepaste kunste betref, het Mayer 'n wye belangstellingsveld gehad en het hy ook omvattende navorsing oor die inheemse boukuns, meubelontwerpe en kunshandwerkartikels van die vroee Boerepioniers, asook oor die van die inheemse bevolkingsgroepe, onderneem. Hy het die land deurreis op soek na geskikte voorbeelde van kunshandwerkartikels, gereeld lesings aangebied en artikels gepubliseer, die alledaagse Boerelewe op die platteland visueel gedokumenteer en op die manier 'n besondere ryk nalatenskap daargestel. / History / D. Litt et Phil. (Geskiedenis)
8

Bydrae van Erich Mayer tot die vestiging van 'n estetiese bewussyn en die bevordering van 'n kunsidentiteit in Suid-Afrika tot aan die einde van die 1930's

Basson, Eunice L. 30 June 2003 (has links)
Text in Afrikaans / This thesis entitled The contribution of Erich Mayer towards the establishment of an aesthetic consciousness and the promotion of an art identity in South Africa to the end of the 1930s, is a study of the ideas, ideals and contributions of the German-Jewish artist Erich Mayer concerning the establishment of a national art identity in South Africa. Mayer was born in Germany in 1876. Because of ill health he came to South Africa, where he settled in 1898 and developed an affinity with the Afrikaner pioneers in the rural areas. This natural connection with the Afrikaner pioneers was the main motivation behind his participation in the Anglo-Boer War. With his sound European background and training at various art academies in Berlin and Stuttgart, he soon realised that a knowledge of European art history or any awareness of an aesthetic consciousness concerning the fine and applied arts was sadly lacking within the general South African community and more specifically amongst the early Afrikaners. As a student, Mayer developed a keen interest in traditional German arts and crafts, which, according to him, contributed to the specific national Germanic character. This interest prompted him to conduct research and document examples of folk art among the Afrikaners as well as other indigenous communities, in an attempt to establish an aesthetic awareness in South Africans, and more specifically among Afrikaners. Mayer was of the opinion that the development and marketing of these cultural objects and artefacts would contribute towards a unique art identity with a strong South African national character. Apart from his interests in the fine and applied arts, Mayer also researched the vernacular architecture, furniture design and household articles of both Afrikaner pioneers and Africans. He travelled widely in South Africa, researching his interests and presented lectures on these themes which he published in newspapers and magazines in an effort to create an awareness of the rich indigenous folk art. / Hierdie proefskrif is 'n studie oor die bydrae van die Duits-Joodse kunstenaar Erich Mayer tot die vestiging van 'n estetiese bewussyn en die bevordering van 'n kunsidentiteit in Suid-Afrika tot aan die einde van die 1930's. Mayer is in 1876 in Duitsland gebore. Weens gesondheidsredes het hy hom in 1898 in Suid-Afrika gevestig waar hy veral met die Boerepioniers op die platteland geidentifiseer het em hom gou tuis gevoel het in die landelike milieu. Hierdie natuurlike toegeneentheid tot die vroee Afrikaners het aanleiding gegee tot sy later deelname aan die Anglo-Boereoorlog. Met sy grondige Europese agtergrond en opleiding aan verskillende kunsakademies in Berlyn en Stuttgart, het Mayer gou besef dat die Suid-Afrikaanse gemeenskap in die algemeen, maar veral die vroee Afrikaners in die besonder, 'n algehele gebrek geopenbaar het aan enige Euopese kunshistoriese kennis of enige estetiese bewussyn oor die beeldende en toegepaste kunste. Mayer is vroeg reeds blootgestel aan en het besonder belanggestel in die kunshandwerk van die Duitsers wat deel uitgemaak het van eeue-oue Duitse tradisies en wat bygedra het tot die unieke nasionale volksaard van die Duitsers. Met hierdie belangstelling het Mayer stelselmatig begin om die unieke kunshandwerk van die Afrikanerpioniers te versamel. Hy het hier 'n geleentheid gesien om via voorbeelde van plaaslike kunshandwerk 'n estetiese bewussyn by die Suid-Afrikaans gemeenskap en meer spesifiek by die Afrikaner aan te wakker. Mayer was van mening dat die sinvolle ontwikkeling en bemarking van hierdie kulturele voorwerpe en ontwerpe daartoe sou kon bydra om 'n eie kunsidentiteit met sterk nasionale karakter in Suid-Afrika tot stand te bring. Wat die beeldende en toegepaste kunste betref, het Mayer 'n wye belangstellingsveld gehad en het hy ook omvattende navorsing oor die inheemse boukuns, meubelontwerpe en kunshandwerkartikels van die vroee Boerepioniers, asook oor die van die inheemse bevolkingsgroepe, onderneem. Hy het die land deurreis op soek na geskikte voorbeelde van kunshandwerkartikels, gereeld lesings aangebied en artikels gepubliseer, die alledaagse Boerelewe op die platteland visueel gedokumenteer en op die manier 'n besondere ryk nalatenskap daargestel. / History / D. Litt et Phil. (Geskiedenis)
9

Die Britse owerheid en die burgerlike bevolking van Heidelberg, Transvaal, gedurende die Anglo-Boereoorlog (Afrikaans)

Pretorius, Willem Jacobus 01 July 2008 (has links)
Op 23 Junie 1900 het die Britse troepe Heidelberg beset. Die rustige bestaan het vir spanning onder die burgerlikes en agterdog teenoor die Britse militêre owerheid plek gemaak. Inwoners soos ds. A.J. Louw, wat geweier het om die Eed van Neutraliteit te teken, is onverwyld uit die dorp verban. Vroue soos Issie Kriegler en Cassie O’Reilly, wat met hulle uitgesprokenheid die gramskap van die Britte ontketen het, is saam met hulle gesinne na die konsentrasiekamp by Merebank in Natal gestuur. Aangesien die beëindiging van die oorlog vir die Britse owerheid belangrik was, het distrikskommissaris J.M. Vallentin Heidelbergse wapenneerlêers gebruik om die burgers tot oorgawe te oorreed en voorstelle vir die bereiking van vrede aan die hand te doen. As deel van die verskroeide aarde-beleid is Boerevroue en kinders wat sonder heenkome was, na die blanke konsentrasiekamp op Heidelberg geneem, waar hulle getalle mettertyd tot ongeveer 2 000 aangegroei het. Die Heidelbergse kampowerhede het die aankomelinge van tente voorsien terwyl higiëniese maatreëls en mediese dienste vir liggaamlike welsyn ingestel is. Siektes het uitgebreek. Die pogings van die Britse medici om die sterftesyfer met Westerse medikasie en voorskrifte vir beter voeding aan kinders te verlaag, het allesbehalwe seepglad verloop onder meer vanweë die Boerevroue se wantroue in hulle. Voor die Anglo-Boereoorlog was die gemeentelike lewe besonder aktief. Met die Britse oorname het eredienste, bediening van die doop en katkisasie in die susterskerke op Heidelberg op 'n gereelde grondslag voortgegaan. Godsdiensoefening in die konsentrasiekamp is ook nie agterweë gelaat nie. Fasiliteite is vir die gemeentelike aktiwiteite van die drie susterskerke beskikbaar gestel. Ook het die Britse kerke op Heidelberg, die St. Ninian’s Anglican Church en die Wesleyan Methodist Church, ‘n bloeitydperk beleef, terwyl die Berlynse Sendinggenootskap sy werksaamhede gestaak het. Teen 1902 is die kampinwoners toegelaat om dienste in hulle gemeentes op die dorp by te woon. Onderwys het met die Britse besetting ‘n nuwe tydvak betree. Die kampskool het saam met die skoolgeldheffende skole en die “free schools” op die dorp daartoe bygedra om die grondslag vir ‘n Britse onderwysstelsel in Transvaal te lê. Ingevoerde Britse onderwysers het nuwe wêrelde vir die kampkinders ontsluit, wat hulle tot verdere intellektuele ontwikkeling sou aanspoor. Die kampskole, waarby ook volwassenes gebaat het, was ‘n ligpunt in die bestaan van die konsentrasiekampe. Tot onlangs was min oor die swart konsentrasiekampe in die Heidelbergdistrik bekend. Toestande in hierdie kampe het na hulle oorname deur die Departement van Naturellevlugtelinge in Junie 1901 verbeter. Swartes is deur die leër en privaat huishoudings in diens geneem. Sommige was selfversorgend deurdat hulle mielies en ander gewasse produseer het. Die swart kamp op Heidelberg se sterftesyfer was laag. Dit is waarskynlik aan die goeie werk van die mediese offisier, ene Stewart, te danke. Hervestiging van blanke en swart kampinwoners het na afloop van die oorlog in Mei 1902 gevolg. Met Britse hulp en danksy rantsoene wat aan hulle uitgereik is, kon hulle huiswaarts keer. Dit blyk dat Heidelberg se blanke konsentrasiekamp relatief goed bestuur is en vanweë sy lae sterftesyfer onder die beter kampe tel. / Thesis (DPhil (History))--University of Pretoria, 2008. / Historical and Heritage Studies / unrestricted

Page generated in 0.0562 seconds