Spelling suggestions: "subject:"are"" "subject:"care""
1 |
Simbool en ritueel as instrumente vir geloofsvormingHanekom, Abraham Rochelle 12 1900 (has links)
Thesis (DTh)--University of Stellenbosch, 1995. / ENGLISH ABSTRACT: A number of theories aimed at more effective ways of religious education have seen the
light in recent years. They are all characterized by a holistic approach which emphasises
the fact that we should try to utilise more than just the cognitive and verbal potential of
man. This study does not merely accept this view but would also like to go further and
look for practical means to implement these ideas. The central hypothesis of the study is
that symbols and rituals are eminently suitable instruments if one opts for a holistic
approach towards religious education.
Various shifts which have recently occurred in modern society are highlighted in the
study. These include a new outlook on life, new behavioural patterns, new ways of
communication and new theories on communication. The complexity of our society is
described because it has a major influence on the functioning of symbols and rituals.
Secondly, symbols and rituals are defined and their functioning is described. Issues like
the interplay between symbol and ritual and society, the way in which order and identity
are given to society by symbols and rituals, the way in which symbols and rituals
communicate without the use of a multitude of words, the pastoral function that symbols
and rituals can fulfil and the gradual disappearance of symbols and rituals from our
society are discussed. Attention is also paid to the concepts "liminality" and
"commullitas", as described by the anthropologist Victor Turner. These two concepts are
central to the understanding of the way in which rituals function.
Thirdly, symbols and rituals are viewed from a Biblical and theological angle. The study
shows that man was created as a symbol, but also underlines the importance of seeing
man's body and soul as a unity. This has special implications for the manner in which we
ritualize. It is also pointed out that symbols and rituals have played a major role in
worship since the earliest times. The important role which kerugmatic and cultic acts, as
well as the sacraments have played and can still play in the life of a believer is also
described.
Fourthly, the study concludes that symbols and rituals can indeed play a vital role in the
process of religious education and the deepening and expansion of faith. The argument is
supported in a deductive manner by the insights of people like H. Westerhoff, P. Babin,
C.R. Foster, S. McLean and others. It is stressed that symbols and rituals should be used
in a nuanced manner.
Finally a number of proposals are made as to how these principles could be implemented
in practice, together with some suggestions for further study. We believe that this should
stimulate both the utilisation of symbols and rituals and further discussion and research in
this regard. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Daar het die afgelope aantal jare 'n hele aantal teoriee rakende die effektiewe oordrag
van geloofsinhoude die lig gesien. Die teoriee word feitlik deurgaans gekenmerk deur 'n
holistiese benadering wat beklemtoon dat meer as die kognitiewe en verbale potensiaal
van die mens benut behoort te word. Hierdie studie sluit daarby aan, maar soek verder na
praktiese instrumente vir geloofsvorming wat aan hierdie vereiste sal voldoen. Die
sentrale hipotese van die studie is dat simbole en rituele by uitnemendheid geskik is om
geloofsinhoude op 'n holistiese wyse oor te dra en so mee te werk aan 'n proses van
geloofsvorming.
Daar word in die studie gewys op skuiwe wat die afgelope aantal jare binne die moderne
samelewing plaasgevind het en die mens se gedrag, lewens- en wereldbeskouing, asook
kommunikasie en teoriee ten opsigte van kommunikasie daadwerklik beinvloed het. Die
kompleksiteit van die samelewing word uitgelig omdat dit sowel positiewe as negatiewe
implikasies vir die funksionering van simbole en rituele het.
Tweedens word simbole en rituele gedefinieer en die funksionering daarvan beskryf
Sake soos die wisselwerking tussen simbole en ritue1e en die gemeenskap, die wyse
waarop simbole en rituele orde en identiteit aan die gemeenskap gee, die wyse waarop
simbole en rituele sonder 'n omhaal van woorde kommunikeer, die pastorale funksies wat
deur simbole en ritue1e vervul kan word en die wyse waarop simbole en rituele algaande
uit die samelewing verdwyn het, word bespreek. Aandag word ook aan die begrippe
"liminaliteit" en "communitas" gegee. Daar word veral aangesluit by die werk van die
antropoloog Victor Turner. Hierdie twee begrippe word as wesenlik vir die verstaan van
die funksionering van rituele beskou.
Derdens word simbole en rituele deur 'n teologiese en Bybelse bril beskou. Ten aanvang
word daarop gewys dat daar aan die mens die kwaliteit gegee is om as lewende simbool
te funksioneer. Vervolgens word aangetoon hoe be1angrik dit is om die liggaamlikheid
van die mens ernstig op te neem en daarna hoedat simbole en rituele vanaf die Bybelse
tye 'n sentrale rol gespeel het in die aanbiddingswereld van gelowiges. Die besondere rol
wat kerugmatiese en kultiese handelinge, asook die sakramente, in die geloofslewe van
mense gespeel het en steeds speel, word bespreek.
Vierdens word die gevolgtrekking gemaak dat simbole en rituele inderdaad 'n belangrike
rol kan speel in die proses van geloofsvorming. Die argument word verder op
deduktiewe wyse ondersteun deur insigte van persone soos J.H. Westerhoff, P. Babin, R.
Osmer, C.R. Foster, S. McLean e.a. Daar word veral gewys op die belangrikheid van 'n
genuanseerde gebruik van simbole en rituele.
Ten slotte word enkele bedieningsvoorstelle en aanbevelings vir verdere navorsing
gemaak wat as stimulering van die bedieningspraktyk behoort te dien.
|
2 |
'n Bestekopname van die Afrikaanse roman 1934-1939 in terugblik vanuit die negentigerjare. / A survey of the Afrikaans novel from the period 1934-1939 from a nineties perspectiveHoward, Elsabé Loïs 11 1900 (has links)
Text in Afrikaans / Hierdie studie is 'n herskepping van die wereld van die Afrikaanse roman van 1934-1939. Al die
romans is bekom en gelees. Die beskikbaarheid van hierdie romans word aangedui. 'n Sketsmatige
beeld van elke roman word gegee, waarin die aard daarvan aangetoon word ten opsigte van die
volgende aspekte: milieu, tema en konflik (moreel, religieus, maatskaplik, polities). Die lotgevalle
van hierdie romans is nagegaan aan die hand van tydgenootlike resepsiegeskiedenis, sowel as die
van die literatuurgeskiedskrywing tot op hede. Hieruit het dit geblyk dat sekere romans aanvanklik
hoog aangeslaan is, maar nie in die kanon opgeneem is nie. Moontlike redes hiervoor word
ondersoek. Na my oordeel verdien Die loutering van Petrus deur Ella Fischer en Die jare daarna
deur Aletta Steyn 'n herbesoek. Albei romans is boeiend en interessant, die karakters "lewe" en dit
wat hul beleef en ervaar, spreek steeds tot die leser van die negentigerjare / This study is a recreation of the world of the Afrikaans novel of 1934-1939. All the novels were
obtained and read. The availability of these novels is indicated. A schematic account of each novel
is given, in which the nature of each is explicated in respect of the following aspects: milieu, theme
and conflict (moral, religious, social and political). The fate of these novels was researched in the
context of their contemporary reception history and that of literary historiography to date. From
the study it appears that certain novels were initially highly acclaimed, but were not included in the
canon. Possible reasons for this are investigated. It is my opinion that Die loutering van Petrus by
Ella Fischer and Die }are daarna by Aletta Steyn need to be re-evaluated. Both novels are
absorbing and interesting, the characters are lifelike and their life experiences are still relevant to
the reader of the nineties / Afrikaans & Theory of Literature / M.A. (Afrikaans)
|
3 |

the reader of the nineties / Afrikaans and Theory of Literature / M.A. (Afrikaans)
|
4 |
Riglyne vir 'n intervensieprogram vir leerders wat deur bendegeweld geteister word / Guidelines for an invention programme for learners who are afflicted by gang violenceJeffries, Victor Vincent 11 1900 (has links)
Text in Afrikaans / In hierdie studie is die aard en gevolge van bendegeweld onder kinders in die vroeë
adolessente jare by bendegeteisterde skole in die Wes-Kaap ondersoek ten einde
terapeutiese riglyne te bepaal vir leerders wat bendegeweld by die skool ervaar. Die
verskynsel van bendegeweld is in die literatuur ondersoek. Die bio-ekologiese teorie van
Urie Bronfenbrenner het as teoretiese grondslag vir die navorsing gedien, welke teorie
die wedersydse invloed wat persone en hul omgewing op mekaar het, beskryf.
Trauma by die vroeë adolessent en drie bestaande modelle vir traumaberading word
bespreek, waarna ’n stel maatstawwe vir ’n traumaberadingsmodel uit die drie modelle
sowel as die literatuur gekies word.
Die empiriese navorsing is deur middel van sowel kwantitatiewe- as kwalitatiewe
navorsingsmetodes gedoen. ’n Fokusgroepbespreking én onderhoude met onderwysers
en skoolhoofde het plaasgevind om diepgaande inligting oor behoeftes ná voorvalle van
bendegeweld te verkry. Twee in-diepte onderhoude is met persone wat kenners op die
gebied van bendes en bendegeweld is, gevoer. Vervolgens is twee vraelyste, een vir
leerders en een vir onderwysers en skoolhoofde, opgestel om vas te stel watter hulp
hulle met betrekking tot ’n trauma-intervensieprogram benodig. Die studie het bevind
dat bendegeweld leerders se akademiese prestasie sowel as hul emosionele en sosiale
funksionering raak, terwyl dit gevoelens van magteloosheid en frustrasie by
onderwysers en skoolhoofde veroorsaak.
Die studie sluit af met ’n verskeidenheid aanbevelings oor die daarstel van terapeutiese
riglyne vir opvoeders om die impak van bendegeweld op leerders by skole in
bendegeteisterde gebiede te hanteer. / This study investigated the nature and effects of gang violence among children in the
early adolescent stage of development at gang-infested schools in the Western Cape in
order to identify therapeutic guidelines for learners who experience gang violence at
school. The phenomenon of gang violence was explored in the literature study. The bioecosystems
theory of Urie Bronfenbrenner was employed as the theoretical basis for the
study, which describes the reciprocal influence between humans and their environment.
Early adolescent trauma and three existing models for trauma counselling are discussed,
followed by the selection of a set of criteria for a trauma counselling model based on the
three models as well as the literature studied.
The empirical research was carried out through both quantitative and qualitative
research methodologies. A focus group discussion as well as interviews with educators
and principals were conducted in order to obtain in-depth information on their needs
after incidents of gang violence. Two in-depth interviews have been conducted with
professionals who are experts in the domain of gangs and gang related violence. This led
to the development of two questionnaires, one for learners and one for educators and
principals, to determine what type of support they need in terms of a trauma intervention
programme. The study found that gang violence severely affects learners’ academic
performance as well as their emotional and social functioning, while it creates feelings
of frustration and powerlessness among teachers and principals.
The study concludes by offering a range of recommendations for the formulation of
therapeutic guidelines for educators to address the effects of gang violence on learners
who attend schools in gang-infested areas. / Psychology of Education / D. Ed. (Psychology of Education)
|
5 |

Page generated in 0.0309 seconds