• Refine Query
  • Source
  • Publication year
  • to
  • Language
  • 12
  • 4
  • Tagged with
  • 18
  • 18
  • 16
  • 14
  • 12
  • 10
  • 8
  • 8
  • 8
  • 8
  • 8
  • 8
  • 8
  • 6
  • 6
  • About
  • The Global ETD Search service is a free service for researchers to find electronic theses and dissertations. This service is provided by the Networked Digital Library of Theses and Dissertations.
    Our metadata is collected from universities around the world. If you manage a university/consortium/country archive and want to be added, details can be found on the NDLTD website.
11

Psigometriese ondersoek na psigologiese optimaliteit

Visser, Chrisna 06 1900 (has links)
Text in Afrikaans / Hierdie ondersoek handel oor die psigometriese verwantskappe tussen verskeie konseptualiserings van psigologiese optimaliteit. Die konsepte selfaktualisering (vanuit 'n humanistiese raamwerk), gevoel van koherensie en aangeleerde vernuftigheid (vanuit 'n behavioristiese en salutogenesis paradigma) is vir die doeleindes van hierdie ondersoek gekies. Die gekose meetinstrumente, naamlik die Persoonlike Orientasievraelys vir selfaktualisering, die Lewensorientasievraelys vir gevoel van koherensie en die Selfkontroleskedule vir aangeleerde vernuftigheid, is op 'n steekproef van 200 middelvlakbestuurders in 'n semi-staatsdiensorganisasie afgeneem. Pearsonkorrelasiekoeffisiente is bereken en 'n faktorontleding is gedoen. Daar is verskeie beduidende korrelasies verkry tussen die subskale van die Persoonlike Orientasievraelys en die Lewensorientasievraelys, maar slegs enkele beduidende korrelasies tussen die Persoonlike Orientasievraelys en die Selfkontroleskedule. Die Lewensorientasievraelys en die Selfkontroleskedule het egter beduidend gekorreleer. Die faktorontleding het getoon dat selfaktualisering aan die een kant, en gevoel van koherensie en aangeleerde vernuftigheid aan die ander kant as twee verskillende konstrukte van psigologiese optimaliteit beskou kan word. / The relationships between various conceptualisations of psychological optimisation are investigated. The concepts of self-actualisation (from a humanistic paradigm), sense of coherence and learned resourcefulness (from a salutogenesis paradigm) are relevant. The measuring instruments were the Personal Orientation Inventory (POl), the Orientation to Life Questionnaire (OLQ) and the Self Control Schedule (SCS). They were administered by means of random sampling of 200 middle level managers in a semi-government organisation. Pearson correlation coefficients were calculated and a factor analysis was done. Several significant correlations were obtained between the subscales of the POl and the OLQ, but limited correlations were found between the POl and the SCS. However, significant correlations between the OLQ and the SCS were apparent. The factor analysis demonstrated that self-actualisation on the one hand and sense of coherence as well as learned resourcefulness on the other hand may be regarded as two seperate constructs of psychological optimisation. / Industrial and Organisational Psychology / Thesis (M.Com.)--Universiteit van Suid Afrika, 1994.
12

Bevordering van selfaktualisering by milieu-geremde leerders binne 'n multikulturele onderwyssisteem / The promotion of selfactualisation of milieu disadvantaged learners with a multi-cultural education system

De Bruyn, Carina Elizabeth 06 1900 (has links)
Summaries in Afrikaans and English / The promotion of multi-cultural education and the upliftment of milieu disadvantaged children are closely related to each other, and is presently an important issue in the South African educational system. Poor knowledge of milieu disadvantaged children and multi-cultural education result in the loss of valuable learner potential and the non-fulfilment of the education policy. In this study, the promotion of self-actualisation of milieu disadvantaged children within a multi-cultural education system is discussed from a psychological-educational perspective. Attention is given to the problems and issues that play a defining role in the implementation of such an educational system. The influence of the environment en the development and functioning of milieu disadvantaged learners is investigated further. Qualitative research is done to identify the developmental areas where most problems occur. Finally, recommendations are made to the government, teachers and parents that ~an serve as guidelines to promote the selfactualisation of these learners. / Die bevordering van multikulturele onderwys en die opheffing van die milieu-geremde leerder hou nou verband met mekaar, en is tans 'n belangrike vraagstuk in die Suid-Afrikaanse onderwyssisteem. Gebrekkige kennis van milieu-geremdheid en multikulturele onderwys veroorsaak dat leerderpotensiaal verlore gaan en die onderwysbeleid nie uitgevoer word nie .. In hierdie studie word die bevordering van selfaktualisering van milieu-geremde leerders binne 'n multikulturele onderwyssisteem vanuit 'n opvoedkundig-sielkundige perspektief bespreek. Aandag word geskenk aan die problema en faktore wat 'n bepalende rol by die suksesvolle implementering van 'n multikulturele onderwyssisteem speel. Die invloed van die omgewing op die ontwikkeling en funksionering van milieu-geremde leerders word verder ondersoek. Kwalitatiewe navorsing is gedoen om die ontwikkelingsareas waar die meeste problema ervaar word, te identifiseer. Laastens word aanbevelings aan die regering, onderwysers en ouers gemaak wat as riglyne kan dien om die selfaktualisering van hierdie leerders te bevorder. / Educational Studies / M. Ed. (met spesialisering in Voorligting)
13

Selfaktualisering as voorspeller van bestuursukses

Geldenhuys, Diederik Joachim 11 1900 (has links)
Text in Afrikaans / Hierdie navorsing handel oor selfaktualisering as voorspeller van bestuursukses. In die literatuuroorsig is bestuursukses as afhanklike veranderlike en selfaktualisering as onafhanklike veranderlike binne die humanistiese paradigma gekonseptualiseer en geoperasionaliseer. Die persoonlikheidskenmerke verwant aan die veranderlikes is bepaal en geintegreer. Die empiriese ondersoek is binne die funksionalistiese paradigma aangebied. Die gekose meetinstrumente, naamlik die Bestuursvaardigheidsinventaris vir die meet van bestuursukses en die Persoonlike Orientasie-inventaris vir die meet van selfaktualisering is op 'n ewekansige steekproef van 51 middelvlakbestuurders afgeneem. Die betroubaarheid van die Bestuursvaardigheids- inventaris is met behulp van die "Cronbach Alpha Coeffisient"- metode bepaal. Om te bepaal of selfaktualisering 'n voorspeller van bestuursukses is, is stapsgewyse regressieontledings gedoen. Die resultate dui daarop dat die ondersteuningsratio (innerlike orientasie) bestuursukses beduidend voorspel, sowel as 12 van die 18 kenmerke eie aan bestuursukses onderskeidelik. / This research deals with self-actualization as predictor of management success. In the literature review, management success as the dependent variable and self-actualization as independent variable, is conceptualized and operationalized within the humanistic paradigm. The personality chracteristics inhirent in the variables were determined and integrated. The empirical investigation is presented within the functionalistic paradigm. The chosen measuring instruments, namely the Management Skills Inventory for the measurement of management success and the Personal Orientation Inventory for the measurement of self-actualization were administrated by means of random sampling to 51 middle level managers. The reliability qf the Management Skills Inventory was determined by means of the "Cronbach Alpha CoEHfisient"- method. To determine if selfactualization is a predictor of Management Success, stepwise regression analysis was done. The results indicate that the support ratio (inner directedness) predicts management success significantly, as well as 12 of the 18 personality characteristics inherent in management success, respectively. / Psychology / M.A. (Industrial Psychology)
14

Persoonlikheid, selfaktualisering en toesighouersvaardigheid as voorspellers van toesighouersukses / Personality, self-actualisation and supervisory skill as predictors of supervisor success

Hanekom, Anton Nel 01 1900 (has links)
Text in Afrikaans / Hierdie verhandeling fokus op persoonlikheid. selfaktualisering en toesighouersvaardighede. as voorspellers van toesighouersukses. Persoonlikheid en selfaktualisering word vanuit die dimensionele en humanistiese persoonlikheidsteoriee en toesighouersvaardighede vanuit die bestuurpsigologie beskryf. 'n Psigometriese toetsbattery is saamgestel uit drie instrumente wat onderskeidelik persoonlikheid (16 PF Vraelys), selfaktualisering (Persoonlike Orientasie-inventaris) en toesighouersvaardigheid (Posmandjie) evalueer. Vir die doel van hierdie navorsing, is toesighouersukses (volgens prestasiebeoordeling), die afhanklike veranderlike terwyl persoonlikheid. selfaktualisering en toesighouersvaardigheid die onafhanklike veranderlikes is. Die psigometriese toetsbattery is gebruik om te bepaal of daar 'n verband bestaan tussen: a) persoonlikheid. selfaktualisering en toesighouersvaardigheid onderling b) persoonlikheid. selfaktualisering en toesighouersvaardigheid. en prestasie c) persoonlikheid, selfaktualisering en toesighouersvaardigheid gesamentlik, en prestasie deur die formulering van statistiese kombinasies. Die resultate is weergegee en die nulhipoteses aanvaar of verwerp waarna die resultate bespreek is. Hierna is die gevolgtrekking geformuleer dat die gekombineerde statistiese kombinasies of gedeeltes van die drie psigometriese instrumente saam gebruik kan word om toesighouersukses te voorspel. / This dissertation focuses on personality. self-actualisation and supervisory skills as predictors of supervisor success. The dimensional and humanistic personality theories were used to describe personality and self-actualisation while supervisory skills were explained in the context of management psychology. A psychometric battery was compiled consisting of three instruments to evaluate personality (16 PF Questionnaire). self-actualisation (Personality Orientation Questionnaire). and supervisory skills (In-basket Exercise) respectively. In this research supervisory success is the dependent variable. and personality, self-actualisation and supervisory skills the independent variables. The psychometric battery were used to determines if any correlation exists between: a) personality, self-actualisation and supervisory skills b) personality, self-actualisation and supervisory skills. and performance. c) personality, self-actualisation and supervisory skills combined and performance through the formulation of statistical combinations. The results were provided. interpreted and discussed. The conclusion was reached that the statictical combination or parts of the three psychometric instruments combined could be used to predict supervisory success. / Industrial and Organisational Psychology / M. Com. (Bedryfsielkunde)
15

Selfaktualiseringsbenadering tot bestuursukses binne 'n finansiële instelling

Esterhuizen, Petrus Michael 11 1900 (has links)
Hierdie proefskrif handel oor 'n selfaktualiseringsbenadering tot bestuursukses binne 'n finansiele instelling. Die stand punt word gehuldig dat bestuurders wat reeds hoer vlakke van selfaktualisering bereik het oor die persoonlikheidskenmerke (intrapersoonlike, interpersoonlike en werkskenmerke) beskik wat tot bestuursukses lei. Hierdie standpunt, wat gegrond is op die uitgangspunte van die humanistiese benadering, is nog nie in finansiele instellings nagevors nie. Die volgende literatuurdoelstellings is in hierdie navorsing bereik: 'n Ge"integreerde beskouing van die vernaamste humanistiese persoonlikheidsteoriee, wat dien as metateoretiese raamwerk vir hierdie navorsing, is daargestel. - Die konsep selfaktualisering is omskryf en die persoonlikheidskenmerke van die selfaktualiserende persoon is ge"identifiseer. - Die konsep bestuursukses is omskryf en die persoonlikheidskenmerke van die suksesvolle bestuurder is ge"identifiseer. - Meetbare bestuursukseskriteria asook meetinstrumente vir die meet daarvan is ge"identifiseer. 'n Psigometriese toetsbattery is saamgestel uit die Algemene Gesondheidsvraelys, Verstandelike-helderheidstoets, Sestien-persoonlikheidsfaktorvraelys, Persoonlikeorienteringsvraelys, Rottervraelys, RGN Gevallestudietegniek-enbesluitnemingsvraelys en die Biografiese vraelys. Hierdie meetinstrumente is as klassifikasieveranderlikes gebruik om die meetbare komponente van die konstruk selfaktualisering by bestuurders van 'n finansiele instelling te meet. Besuursukses, as kriteriumveranderlike, is met die prestasiebestuurevaluering- en werknemer -effektiwiteitsvraelys gemeet. Uit die statistiese analise (meervoudigeregressie-analise) blyk dit dat 15 klassifikasieveranderlikes met bestuursukses verband hou. Die meervoudige korrelasie R (aangepas vir getal gevalle en getal klassifikasieveranderlikes) is gelyk aan 0,54. Daar is dus in hierdie navorsing 'n verband gevind tussen die konsepte selfaktualisering en bestuursukses soos gemeet by bestuurders van 'n finansiele instelling. Verskeie klassifikasieveranderlikes toon 'n paraboliese verband met bestuursukses. Dit dui daarop dat 'n relatiewe aanwesigheid of sterkte van spesifieke persoonlikheidskenmerke noodsaaklik is vir bestuursukses. lndien 'n sekere optimale punt egter oorskry word, het dit 'n nadelige effek op bestuursukses. Die gevolgtrekking word gemaak dat die evalueringstegnieke en psigometriese instrumente wat in hierdie navorsing gebruik is en wat 'n verband (reglynig of parabolies) met bestuursukses getoon het, binne die finansiele instelling gebruik kan word om bestuurders met bestuurspotensiaal te identifiseer. Aanbevelings is ten opsigte van die gebruikswaarde van die konsep selfaktualisering vir die praktyk en vir verdere navorsing geformuleer. / This thesis examines the self-actualisation approach to management success within a financial institution. The premise is that managers who have already reached high levels of self-actualisation possess the personality traits (intrapersonal, interpersonal and work traits) that lead to management success. This premise, which is based on the points of view of the humanistic approach, has not yet been researched in a financial institution. The following literature objectives were achieved in this research: - An integrated view of the major humanistic personality theories, which serve as metatheoretic framework for this research, has been compiled. - The concept of self-actualisation has been defined and the personality traits of the self-actualising person identified. - The concept of management success has been defined and the personality traits of the successful manager identified. - Measurable management success criteria as well as measuring instruments for measuring these criteria have been identified. A psychometric test battery has been compiled from the General Health Questionnaire, Mental Alertness Test, Sixteen Personality Factor Questionnaire, Personal Orientation Questionnaire, Rotter Questionnaire, HSRC Case Study Technique and Decision-making Questionnaire and the Biographical Questionnaire. These measuring instruments were used as classification variables to measure the measurable components of the selj-actualisation construct among managers of a financial institution. Management success, as a criterion variable, was measured using the performance management evaluation and employee effectiveness questionnaires. From the statistical analysis (multiple-regression analysis) it is evident that 15 classification variables relate to management success. The multiple correlation R (adjusted for number of cases and number of classification variables) equals 0,54. A relation has therefore been found in this research between the concepts of selfactualisation and management success as measured in managers of a financial institution. Several classification variables show a parabolic relation to management success. This indicates that a relative presence or strength of specific personality traits is essential for management success. However, when a certain optimal point is exceeded, this has a detrimental effect on management success. The conclusion is reached that the evaluation techniques and psychometric instruments used in this research, which showed a relation (whether rectilineal or parabolic) with management success, may be employed at a financial institution to identify managers with management potential. Recommendations in respect of the usefulness of the self-actualisation concept for the practical environment and for future research were formulated. / Industrial and Organisational Psychology / DCom (Bedryfsielkunde)
16

Die verband tussen fisiese fiksheid en psigiese welsyn van die werknemer

Blignaut, Linda Joyce January 1900 (has links)
Al hoe meer organisasies in Suid-Afrika gaan tans deur 'n herstruktureringsfase wat meebring dat die totale werksmilieu verander. Die werknemer verkeer onder druk om aan die nuwe eise in die wereld van werk te voldoen. Druk om te presteer en werksuitset te !ewer mag disfunksionele stres en antler psigiese probleme meebring. Organisasies speel 'n belangrike rol in die dinamiese groeiproses van die individuele werknemer en raak toenemend bewus van die werknemer se fisiese en psigiese gesondheid. Talle organisasies het reeds korporatiewe gimnasiums opgerig en sommige bied subsidiering van lidmaatskap aan gesondheidsklubs aan hul werknemers. Sekere mediese skemas begin self gesondheidsplanne ontwerp met behulp van gesondheidsklubs om die gesondheid van die werknemer te bevorder. / M.A. (Bedryfsielkunde)
17

Invloed van ʼn pendelhuwelik op die jong kind in die gesin / The influence of a commuter marriage on the young child in the family

De Villiers, Heilletje Maria Margaretha 10 1900 (has links)
Text in Afrikaans / Pendelhuwelike is aan die toeneem en het verskeie invloede op die jong kind in die gesin. Die primêre doel van die studie was om emosionele en sosiale intelligensie as basis te gebruik om die invloed van ʼn pendelhuwelik op ʼn jong kind tussen 7 en 11 jaar te bepaal. ʼn Gemengde navorsingsontwerp is as empiriese ondersoek gedoen. Vyf deelnemers het deelgeneem in drie sessies elk. Die data-insamelingsinstrumente was: waarneming en veldnotas; projeksiemedia; ʼn vraelys, en ʼn semi-gestruktureerde onderhoud met elk van die betrokke moeders. Die meting van emosionele en sosiale ontwikkeling met behulp van die vraelys toon dat, ongeag van die afwesigheid van die deelnemers se vaders, en die konflikte, vrese en behoeftes wat hulle ervaar volgens die projeksiemedia, die deelnemers se emosionele en sosiale ontwikkeling oorwegend gemiddeld tot hoog is. Die uitkomste bied hopelik ʼn insiggewende bydrae hoe pendelhuwelike vyf jong kinders se emosionele en sosiale ontwikkeling beïnvloed het. / Commuter marriages are increasing and have various influences on the young child in the family. The primary aim of this study was to determine the influences of a commuter marriage on a young child between 7 and 11 years, using emotional and social intelligence as a basis. A mixed method empirical research design was used. Three sessions were conducted with five participants individually to obtain data through: observations and field notes, projection media, a questionnaire, and a semi-structured interview with each mother. The measurement of emotional and social development through the use of the questionnaire shows that, despite the absence of the participants’ fathers, and the conflicts, fears and needs they experienced according to the projection media, the participants’ emotional and social development are predominantly average to high. The study hopefully provides a significant contribution to the understanding of how commuter marriages influenced five young children’s emotional and social development. / Psychology of Education / M. Ed. (Voorligting)
18

Invloed van ʼn pendelhuwelik op die jong kind in die gesin / The influence of a commuter marriage on the young child in the family

De Villiers, Heilletje Maria Margaretha 10 1900 (has links)
Text in Afrikaans / Pendelhuwelike is aan die toeneem en het verskeie invloede op die jong kind in die gesin. Die primêre doel van die studie was om emosionele en sosiale intelligensie as basis te gebruik om die invloed van ʼn pendelhuwelik op ʼn jong kind tussen 7 en 11 jaar te bepaal. ʼn Gemengde navorsingsontwerp is as empiriese ondersoek gedoen. Vyf deelnemers het deelgeneem in drie sessies elk. Die data-insamelingsinstrumente was: waarneming en veldnotas; projeksiemedia; ʼn vraelys, en ʼn semi-gestruktureerde onderhoud met elk van die betrokke moeders. Die meting van emosionele en sosiale ontwikkeling met behulp van die vraelys toon dat, ongeag van die afwesigheid van die deelnemers se vaders, en die konflikte, vrese en behoeftes wat hulle ervaar volgens die projeksiemedia, die deelnemers se emosionele en sosiale ontwikkeling oorwegend gemiddeld tot hoog is. Die uitkomste bied hopelik ʼn insiggewende bydrae hoe pendelhuwelike vyf jong kinders se emosionele en sosiale ontwikkeling beïnvloed het. / Commuter marriages are increasing and have various influences on the young child in the family. The primary aim of this study was to determine the influences of a commuter marriage on a young child between 7 and 11 years, using emotional and social intelligence as a basis. A mixed method empirical research design was used. Three sessions were conducted with five participants individually to obtain data through: observations and field notes, projection media, a questionnaire, and a semi-structured interview with each mother. The measurement of emotional and social development through the use of the questionnaire shows that, despite the absence of the participants’ fathers, and the conflicts, fears and needs they experienced according to the projection media, the participants’ emotional and social development are predominantly average to high. The study hopefully provides a significant contribution to the understanding of how commuter marriages influenced five young children’s emotional and social development. / Psychology of Education / M. Ed. (Voorligting)

Page generated in 0.5564 seconds