• Refine Query
  • Source
  • Publication year
  • to
  • Language
  • 75
  • 17
  • 14
  • 2
  • 1
  • 1
  • Tagged with
  • 111
  • 111
  • 111
  • 36
  • 31
  • 25
  • 17
  • 16
  • 15
  • 15
  • 15
  • 14
  • 14
  • 12
  • 11
  • About
  • The Global ETD Search service is a free service for researchers to find electronic theses and dissertations. This service is provided by the Networked Digital Library of Theses and Dissertations.
    Our metadata is collected from universities around the world. If you manage a university/consortium/country archive and want to be added, details can be found on the NDLTD website.
71

Essene sectarianism as a Judaic alternative to Pharisaism and Sadduceanism

Botha, P. D. (Pieter Daniël) 03 1900 (has links)
Thesis (MPhil)--Stellenbosch University, 2003. / ENGLISH ABSTRACT: Essenism is, according to the data being discussed in this thesis, closely associated with the Dead Sea Scrolls material and had alienated itself from Second Temple Judaism as manifested through both Pharisaism and Sadduceanism. The problem that presents itself is the fact that Essenism is sometimes seen, with Pharisaism and Sadduceanism, as one of the three major trends within Second Temple Judaism, albeit schismatic in origin and nature. With Sadduceanism deriving its authority from the Temple and written Torah, and with Pharisaism its authority from both the written Torah as well as the oral tradition of the Sages, this thesis attempts to determine the criteria to be applied to cults of the Second Temple period in order for them to be classified as being Judaic. This is done in order to be able to establish what, in their own minds, set the Essenes apart from the other two prominent groups. That their motivation for exclusiveness must have been very strong becomes clear through the fact that, in their writings, the Essenes did not see themselves as just another group within Judaism, but as the only true and legitimate group. The ultimate aims of this thesis therefore are, firstly to find out exactly what constituted mainstream Second Temple Judaism according to certain historical and religious factors as well as Judaic ha/achic interpretation. Secondly, the thesis attempts to ascertain if Essenism met the determined criteria to be regarded as part of mainstream Judaism, and if not, if it can be regarded as sectarian Judaism, or as a separate religion altogether. In view of all the abovementioned criteria discussed, the probable conclusion would be that the sectarians from Qumran never thought of themselves as anything other than Jews within the ha/achic tradition, even though it may have been a ha/acha that may in certain respects have radically deviated from that of their fellow Jews. They can therefore rightly be regarded as part of the Judaic tradition of the Second Temple period. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Essenisme is, volgens die data bespreek in hierdie tesis, nou geassosiëer met die materiaal van die Dooie See Rolle, en die eksponente daarvan het hulself vervreem van Tweede Tempel Judaïsme soos gemanifesteer deur beide Fariseïsme en Sadduseïsme. Die probleem wat homself voordoen, is dat Essenisme, saam met Fariseïsme en Sadduseïsme, somtyds gesien word as een van die drie hoofstrominge binne Tweede Tempel Judaïsme, alhoewelskismaties van aard. Met Sadduseïsme wat sy outoriteit aan die Tempel en geskrewe Tora ontleen, en Fariseïsme sy gesag van beide die geskrewe Tora en die mondelinge tradisie van die Wyses, probeer hierdie tesis die kriteria bepaal wat toegepas kan word op kultusse van die Tweede Tempel tydperk, om sodoende as Judaïsties geklassifiseer te kan word, al dan nie. Dit word gedoen om vas te stel wat, in hul eie oë, die Esseners onderskei het van die ander twee prominente groepe. Uit hul geskrifte kan 'n mens aflei dat die Esseners se dryfveer vir eksklusiwiteit baie sterk moes gewees het, aangesien hulle hulself nie net as nog 'n verdere groep binne die Judaïsme gesien het nie, maar in der waarheid as die enigste ware en legitieme groep. Die uiteindelike doel van hierdie tesis is dus eerstens, om vas te stel presies wat verstaan kan word as Tweede Tempel Judaïsme, aan die hand van sekere historiese en religieuse faktore, asook ha/aehiese interpretasie. Tweedens, probeer dit vasstelof Essenisme aan die vasgestelde kriteria voldoen het om as deel van die hoofstroom Judaïsme gesien te kan word, en indien nie, of dit gesien kan word as sektariese Judaïsme, of as 'n heeltemal aparte godsdiens. In die lig van al die bogemelde bespreekte kriteria, sal die waarskynlike gevolgtrekking wees dat die sektelede van Qumran hulself nooit gesien het as enigiets anders as Jode binne die ha/aehiese tradisie nie, alhoewel dit 'n ha/aeha was wat in sekere opsigte radikaal verskil het van die van hul mede-Jode. Hulle kan gevolglik met reg gesien word as deel van die Judaïstiese tradisie van die Tweede Tempel tydperk.
72

Ani and its semantic domain in the Psalms

Rhode, Rubin Frank 12 1900 (has links)
Thesis (MA)--Stellenbosch University, 1991. / ENGLISH ABSTRACT: One of the most vexing questions in the exegetical research on the Psalms has been the establishing of the identity of the suppliant who refers to himself as the cani. Many scholars have endeavoured to study the meaning and significance of this word, but it is still not satisfactorily resolved. The weakness of these studies can be traced back to two factors: (1) an exaggerated over-confidence in the etymological method of analysis, and (2) the implementation of inadequate and incomplete semantic methods. This investigation starts out with the hypothesis that the meaning of cani must be determined in terms of both its macro and micro leve~. Thus, the meaning of this designation will be established synchronically, as well as in terms of an associative field. In this way the semantic field of cani can be .demarcated in light of its immediate lexical, as well as its wider associative field. A close reading of the Psalms in which cani appears, reveals that a triangular relationship is depicted between certain actants. The drama tis personae occupying the following roles in this triangle are: (1) Yahweh asjudge and saviour, (2) the cani as suppliant and victim, and (3) .the antagonist as oppressor and blasphemer. In order to establish the identity of the cani it was necessary to investigate its synonyms and antonyms within this complex triangular structure. Within such a semantic framework it has been determined that the stereotype translation equivalent "poor" is both inadequate and misleading. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Een van die mees kwellende vrae in die moderne Psalmeksegese is die raaisel aangaande die identiteit van die cani. Baie geleerdes het gepoog om die betekenis van hierdie woord te bepaal, maar tot nou toe is die prableem nog nie bevredigend opgelos nie as gevolg van: (1) te swaar klem wat op die etimologie van die woord geplaas is, of (2) onvoldoende semantiese metodes wat gebruik is in die ondersoek van hierdie term. Hierdie studie gaan uit van die hipotese dat die betekenis van cani op beide makro- en mikrovlak vasgestel moet word. Die betekenis moet sinkronies sowel as in terme van 'n assosiatiewe veld bepaal word. Op hierdie wyse kan die semantiese veld afgebaken word op grand van die onmiddellike leksikale sowel as die wyere assosiatiewe veld. Verder is daar ook vasgestel dat in die Psalms waarin cani voorkom, daar gewoonlik sprake is van 'n driehoeksverhouding. Die dramatis personae is: (1) Jahwe as rigter en redder, (2) die cani as aangeklaagde/smekeling en slagoffer en (3) die antagonis as onderdrukker en aanklaerllasteraar. Om die identiteit van die cani vas te stel, was dit nodig om die sinonieme sowel as die antonieme van hierdie term binne so 'n driehoekige struktuur te ondersoek. Binne so 'n semantiese raamwerk is vasgestel dat die stereotipe vertalingsekwivalent "arm" beide onvoldoende en misleidend is.
73

Semantics, world view and Bible translation : an integrated analysis of a selection of Hebrew lexical items referring to negative moral behaviour in the book of Isaiah

Van Steenbergen, Gerrit Jan 12 1900 (has links)
Thesis (PhD)--Stellenbosch University, 2002. / Tot op hede is die studie van die semantiek tot 'n groot mate bëinvloed deur die taalkundige perspektiefvan die navorser. Dit het dikwels gelei tot resultate wat skeefgetrek is deur die voorveronderstellings van die navorser. Sommige aspekte van betekenis wat van primêre belang is vir die semantiese beskrywing van bepaalde taalkundige konstruksies is in die proses nie genoegsaam, of glad nie, aan die orde gestel nie. Semantiek as 'n interdissiplinêre wetenskap het 'n komplekse karakter aangesien taalkunde, antropologie, kognitiewe sielkunde en, afhangend van die doel van 'n bepaalde semantiese analise, ander verwante dissiplines daarin 'n rol kan speel. Om die rede is daar 'n behoefte aan 'n omvattende benadering in terme waarvan die verskillende faktore verreken kan word. In die semantiese analise van Bybel-Hebreeuse konstruksiesvorm die kulturele agtergrond van leksikale items 'n integrale deel van die semantiese inhoud van hierdie items. In die lig van die beduidende historiese en kulturele verskille tussen die konteks(te) van die Ou Testament en die konteks(te) van hedendaagse lesers is dit dus belangrik om die kulturele dimensie van 'n semantiese analise van Bybels-Hebreeuse leksikale items sistematies aan die orde te stel. So 'n benadering is van groot belang vir Bybelvertaling wat by uitstek 'n proses van interkulturele kommunikasie is. Bybelvertalers het 'n behoefte aan analitiese instrumente wat al die fasette van die semantiese inhoud van Bybels-Hebreeuse lekseme verdiskonteer. Die doel van hierdie studie is om 'n semantiese model te ontwerp wat vir die doel gebruik kan word. Die vertrekpunt van die studie is die teorie van komponensiële analise. Die geskiedenis en ontwikkeling van die model word krities bespreek. Die moontlikhede wat hierdie teorie bied vir 'n meer omvattende model word ondersoek. Besondere aandag word gegee aan die nut wat hierdie benadering het as heuristiese instrument vir die semantiese analises. Die komponensiële analise van betekenis word op hierdie manier geïdentifiseer as 'n benadering wat nie te gou afgeskiet moet word as synde te eng strukturalisties nie. Inteendeel, dit kan ook as 'n buigsame instrument ontwikkel word wat nie net betekenisrelasies in terme van dichotomieë kan beskryf nie. Dit kan ook gebruik word om 'n wye verskeidenheid semantiese verhoudings te analiseer wat insigte van die kognitiewe taalkunde insluit. Daar is verder bevind dat die konsep "semantiese universalium" wat 'n belangrike komponent is van sommige benaderings tot leksikale semantiek weinig waarde het vir 'n semantiese analise wat 'n bydrae wil maak tot vertaling as interkulturele kommunikasie. Die universele kategorieë is meestal so generies dat hulle weinig bydrae tot die beskrywing van die fyner nuanses van lekseme wat tot dieselfde semantiese veld behoort. Daar moet eerder gepoog word om in soverre dit moontlik is 'n instument te ontwikkel wat taal en kultuur spesifiek is. Die kategorieë en kriteria vir die semantiese analise moet verder aan die hand van die brontaal en - kultuur self ontwikkel word. Die navorser moet baie versigtig wees dat sy ofhaar eie teoretiese voorveronderstellings nie op die ondersoek-instrument afgedruk word nie. In die ondersoek is gevind dat die kulturele dimensie van die leksikale items nie genoegsaam verreken kan word, sonder om die wêreldbeeld te analiseer wat ten grondslag lê van die tekste waarin die leksikale items voorkom nie. Vir die doel is 'n analitiese modelontwikkel. Hierdie buigsame model gebruik 'n stel veranderlikes om die tipiese wêreldbeeld te identifiseer wat ten grondslag lê van 'n bepaalde korpus van tekste. Nadat die onderliggende wêreldbeeld van die boek van Jesaja beskryf is, word die leksikale items in hierdie boek, wat behoort tot die semantiese veld "negatiewe morele gedrag" geanaliseer. Op grond van die resultate word 'n aantal aanbevelings gemaak oor die wyse waarop hierdie items in 'n Hebreeuse leksikon beskryf kan word. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Tot op hede is die studie van die semantiek tot 'n groot mate bëinvloed deur die taalkundige perspektief van die navorser. Dit het dikwels gelei tot resultate wat skeefgetrek is deur die voorveronderstellings van die navorser. Sommige aspekte van betekenis wat van primêre belang is vir die semantiese beskrywing van bepaalde taalkundige konstruksies is in die proses nie genoegsaam, of glad nie, aan die orde gestel nie. Semantiek as 'n interdissiplinêre wetenskap het 'n komplekse karakter aangesien taalkunde, antropologie, kognitiewe sielkunde en, afhangend van die doel van 'n bepaalde semantiese analise, ander verwante dissiplines daarin 'n rol kan speel. Om die rede is daar 'n behoefte aan 'n omvattende benadering in terme waarvan die verskillende faktore verreken kan word. In die semantiese analise van Bybel-Hebreeuse konstruksies vorm die kulturele agtergrond van leksikale items 'n integrale deel van die semantiese inhoud van hierdie items. In die lig van die beduidende historiese en kulturele verskille tussen die konteks(te) van die Ou Testament en die konteks(te) van hedendaagse lesers is dit dus belangrik om die kulturele dimensie van 'n semantiese analise van Bybels-Hebreeuse leksikale items sistematies aan die orde te stel. So 'n benadering is van groot belang vir Bybelvertaling wat by uitstek 'n proses van interkulturele kommunikasie is. Bybelvertalers het 'n behoefte aan analitiese instrumente wat al die fasette van die semantiese inhoud van Bybels-Hebreeuse lekseme verdiskonteer. Die doel van hierdie studie is om 'n semantiese model te ontwerp wat vir die doel gebruik kan word. Die vertrekpunt van die studie is die teorie van komponensiële analise. Die geskiedenis en ontwikkeling van die model word krities bespreek. Die moontlikhede wat hierdie teorie bied vir 'n meer omvattende model word ondersoek. Besondere aandag word gegee aan die nut wat hierdie benadering het as heuristiese instrument vir die semantiese analises. Die komponensiële analise van betekenis word op hierdie manier geïdentifiseer as 'n benadering wat nie te gou afgeskiet moet word as synde te eng strukturalisties nie. Inteendeel, dit kan ook as 'n buigsame instrument ontwikkel word wat nie net betekenisrelasies in terme van dichotomieë kan beskryf nie. Dit kan ook gebruik word om 'n wye verskeidenheid semantiese verhoudings te analiseer wat insigte van die kognitiewe taalkunde insluit. Daar is verder bevind dat die konsep "semantiese universalium" wat 'n belangrike komponent is van sommige benaderings tot leksikale semantiek weinig waarde het vir 'n semantiese analise wat 'n bydrae wil maak tot vertaling as interkulturele kommunikasie. Die universele kategorieë is meestal so generies dat hulle weinig bydrae tot die beskrywing van die fyner nuanses van lekseme wat tot dieselfde semantiese veld behoort. Daar moet eerder gepoog word om in soverre dit moontlik is 'n instument te ontwikkel wat taal en kultuur spesifiek is. Die kategorieë en kriteria vir die semantiese analise moet verder aan die hand van die brontaal en - kultuur self ontwikkel word. Die navorser moet baie versigtig wees dat sy of haar eie teoretiese voorveronderstellings nie op die ondersoek-instrument afgedruk word nie. In die ondersoek is gevind dat die kulturele dimensie van die leksikale items nie genoegsaam verreken kan word, sonder om die wêreldbeeld te analiseer wat ten grondslag lê van die tekste waarin die leksikale items voorkom nie. Vir die doel is 'n analitiese model ontwikkel. Hierdie buigsame model gebruik 'n stel veranderlikes om die tipiese wêreldbeeld te identifiseer wat ten grondslag lê van 'n bepaalde korpus van tekste. Nadat die onderliggende wêreldbeeld van die boek van Jesaja beskryf is, word die leksikale items in hierdie boek, wat behoort tot die semantiese veld "negatiewe morele gedrag" geanaliseer. Op grond van die resultate word 'n aantal aanbevelings gemaak oor die wyse waarop hierdie items in 'n Hebreeuse leksikon beskryf kan word.
74

The reception of Genesis 1-3 in Nguni culture

Gwala, Mzonzima 10 August 2011 (has links)
Thesis (DLitt)--University of Stellenbosch, 2004. / ENGLISH ABSTRACT: This dissertation looks at the reception of Gen. 1-3, one of the most controversial parts in the Hebrew Bible. How was it interpreted by the Nguni speaking communities (e.g. Xhosa, Zulu, siSwazi and siNdebele) taking into consideration their background, culture and religious belief system? The reception approach is followed in the research because of its emphasis on the role of the reader in understanding texts. Sources that are utilized are Nguni Bible translations, selected preached sermons (which the researcher attended himself), Nguni stories and folk tales and reviews undertaken among selected Nguni groups. A close-reading of the texts under discussion is undertaken in order to determine the basic content and issues of interpretation involved. The central concepts of cosmogony as contained in Gen. 1-2 are studied, as well as the story of the Garden of Eden and the concept of the “fall” in Gen. 3. The map of the Nguni language group is described and the culture and belief system of the Nguni speaking communities. Central concepts to this belief system are the worship of ancestors, marriage, circumcision, and among the Swazis the incwala (annual national feast) Legends and folk tales were used as sources for the Nguni belief system. It was determined that the Nguni speaking people worshipped one God in their traditional way, but always through their ancestors as a sign of respect. The role of the missionaries is analyzed by describing the history of the various missionary societies and their influence on the Nguni peoples. A very short discussion is devoted to preached sermons by Nguni pastors in the Seventh-day Adventist Church.Bible translations have always played a very important role among Nguni speakers (both Christians and non-believers). The need for translations using understandable contemporary terms is emphasized. This is the challenge to the Bible societies and Bible translators. Qualitative reviews were undertaken under selected Nguni speaking groups (Xhosa, Zulu, siSwati and siNdebele). Some of the results obtained from these reviews (full transcripts are included) are: (1) that there is a common understanding of the origin of the universe between the Hebrew Bible and the Nguni religious culture. (2) Serpent (Gen. 3): among the Zulus this concept is understood in terms of sexuality, but it can also be linked with the ancestors. (3) Both communities (Hebrew Bible and the Nguni) were tainted with the concept and ideology of patriarchalism. The crucial question in the research was: “what happens when a cosmogonic myth is transferred from one community to another?” In the case of Gen. 1-3 an ancient Hebrew text was transmitted to African cultures via missionaries and Bible translations. Nguni people react differently. Whereas some accept Gen. 1-3 (cosmogonies and the “fall”) as a detailed explanation of how creation and the “fall” came about, others reject it. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Hierdie proefskrif kyk na die resepsie van Gen. 1-3, een van die mees kontroversiële dele in die Hebreeuse Bybel. Hoe word dit geïnterpreteer deur die Ngunisprekende gemeenskappe (Xhosas, Zoeloes, Swazi’s en Ndebele-groepe), met inagneming van hulle agtergrond, kultuur en stelsel van godsdienstige oortuigings? Die resepsiebenadering word in hierdie navorsing gevolg weens die klem op die rol van die leser in hoe tekste verstaan word. Die bronne wat aangewend is, is Ngunibybelvertalings, geselekteerde preke (wat die navorser self bygewoon het), Ngunistories en -volksverhale, en onderhoude wat met geselekteerde Ngunigroepe gevoer is. 'n In-dieptestudie van die betrokke tekste is onderneem ten einde die basiese inhoud en interpretasiekwessies te bepaal. Die sentrale konsep van kosmogonie, soos vervat in Gen. 1- 2, is bestudeer, asook die storie oor die Tuin van Eden en die konsep van die “sondeval” in Gen. 3. Die kaart van die Ngunitaalgroep word beskryf, asook die kultuur en geloofstelsel van die Ngunisprekende gemeenskappe. Sleutelkonsepte in hierdie geloofstelsel is die aanbidding van voorvaders, die huwelik, besnydenis, en onder die Swazi’s, die incwala (jaarlikse nasionale fees). Legendes en volksverhale is gebruik as bronne vir die Ngunigeloofstelsel. Daar is vasgestel dat die Ngunisprekende mense altyd een God aanbid het op hulle tradisionele manier, maar altyd deur voorvaders as 'n teken van respek. Die rol van die sendelinge word ontleed deur die geskiedenis van die verskeie sendinggenootskappe te beskryf, asook hulle invloed op die Ngunimense. 'n Baie kort bespreking word gewy aan preke gelewer deur Ngunipastore in die Sewendedaagse Adventistekerk.Bybelvertalings het nog altyd 'n baie belangrike rol gespeel onder Ngunisprekers (beide Christene en nie-gelowiges). Die behoefte vir vertalings wat verstaanbare, kontemporêre terme gebruik, word beklemtoon. Dít is die uitdaging wat aan die bybelgenootskappe en bybelvertalers gestel word. Kwalitatiewe onderhoude is afgelê onder geselekteerde Ngunisprekende groepe (Xhosas, Zoeloes, Swazi’s en Ndebele-groepe). Resultate wat verkry is van hierdie evaluerings (waarvan volledige transkripsies voorsien word) sluit in: (1) dat daar 'n gemeenskaplike begrip is van die oorsprong van die heelal by die Hebreeuse Bybel en die Ngunigeloofskultuur; (2) dat die konsep van die slang (Gen. 3) onder die Zoeloes in terme van seksualiteit verstaan word, maar dat dit ook met die voorvaders in verband gebring kan word; en (3) dat beide gemeenskappe (Hebreeuse Bybel en die Nguni) tekens dra van die konsep en ideologie van patriargisme. Die kernvraag in die navorsing was: “Wat gebeur wanneer ’n kosmogoniese mite oorgedra word van een gemeenskap na 'n ander?”. In die geval van Gen. 1-3 is 'n ou Hebreeuse teks oorgedra na Afrikakulture via sendelinge en bybelvertalings. Ngunimense reageer verskillend. Waar sommige Gen. 1-3 aanvaar (kosmogonieë en die “sondeval”) as 'n gedetailleerde verduideliking van hoe die skepping en die “sondeval” plaasgevind het, word dit deur ander verwerp.
75

The Poetics of Aging: Spain and Sicily at the Twilight of Muslim Sovereignty

Carpentieri, Nicola January 2012 (has links)
Aging as a physical, aesthetic and intellectual process gained, after muhdath poetry, a position of prominence in Classical Arabic poetry and poetics. Despite its relevance to the development of subgenres such as that of shayb (white hair) and zuhd (ascetic poetry), Arabic verse on aging received little attention by major contemporary critics. This study focuses on the verses on aging penned by the Andalusian poet Abu Ishaq al-Ilbiri and the Sicilian 'Abd al-Jabbar Ibn Hamdis in the XI and XII centuries, arguing for the creative processes through which these two poets reworked the motif of old age, together with other poetic subgenres, fashioning a 'poetics of aging.' By means of such a poetics, al-Ilbiri and Ibn Hamdis voiced their apprehension for the end of their lives, and at once, for the end of Islam's political supremacy in their homelands. Both al-Ilbiri and Ibn Hamdis, as they aged, became more and more preoccupied with the political decline of Islam in Muslim Spain and Sicily. They addressed the prominent political figures of their times, inciting them to a restore Maghribi Islam to its former glory. At the same time, they devoted a significant part of their overall production to subgenres such as the elegiac and the ascetic, in which they reflected upon their physical decay and advocated a withdrawal from worldly pursuits. My study questions this apparent contrast. It is my contention that al-Ilbiri's and Ibn Hamdis's poetics of aging does not imply of personal withdrawal from public life. Such a poetics should instead be read as part and parcel with their public verses of tahrid (public instigation). In what follows I illustrate how al-Ilbiri and Ibn Hamdis combined verses on physical decline, elegies and ascetic verses, in order to convey their late-life reflections as two first-hand witnesses to the end of Islam's social and political cohesion in the Muslim West. Emerging from these verses is a fascinating combination of a political documentation for later Maghribi Muslim history and a quasi-autobiographical voicing of the anxieties these poets experienced living at both the temporal and spatial margins. / Near Eastern Languages and Civilizations
76

Nature of the Crescent: Humans and the Natural World in Genesis 1-11 and Mesopotamian Mythology

Smith, Bryton A. January 2019 (has links)
No description available.
77

Coptic Papacy and Power in a Changing Post-Mubarak Egypt

Smith, Julianna Kaye 08 August 2013 (has links)
No description available.
78

The Representation of Social Hierarchy in Saudi Women Novelists’ Discourse Between 2004 and 2015

Alatawi, Ahmed Saleem 27 October 2017 (has links)
No description available.
79

Through the Grapevine: Tracing the Origins of Wine

Gorton, Luke 21 August 2014 (has links)
No description available.
80

Chaos, Kingship, Councils, and Couriers: A Reading of Habakkuk 2:1-4 in its Biblical and Near Eastern Context

Haring, James W., III 03 September 2013 (has links)
No description available.

Page generated in 0.1383 seconds