• Refine Query
  • Source
  • Publication year
  • to
  • Language
  • 61
  • 53
  • 38
  • 23
  • 2
  • Tagged with
  • 177
  • 177
  • 126
  • 122
  • 107
  • 35
  • 32
  • 26
  • 25
  • 23
  • 23
  • 22
  • 20
  • 15
  • 13
  • About
  • The Global ETD Search service is a free service for researchers to find electronic theses and dissertations. This service is provided by the Networked Digital Library of Theses and Dissertations.
    Our metadata is collected from universities around the world. If you manage a university/consortium/country archive and want to be added, details can be found on the NDLTD website.
141

Die invloed van 'n historiese ontwikkelingspatroon op hedendaagse wetgewing en grondhervorming : die wet op landelike gebiede (Wet 9 van 1987) en sy historiese probleme

Boonzaaier, Igor Quinton 12 1900 (has links)
Thesis (MA)--Stellenbosch University, 2001. / ENGLISH ABSTRACT: Nobody can deny the need which prevails among black South Africans of gaining access to land. In South Africa, just like elsewhere, the land issue plays an equally important role to economic and political issues. However, the land issue is much more emotional, and has the potential to unleash forces which could impact negatively on the economy and the political situation. Bearing this in mind, the ANC-government placed the issue of land reform on the national agenda after assuming power in 1994. Within the broad framework of the program provision is made for previously disadvantaged people to be given access to agricultural land. However, the focus on new entrants to the agricultural sector diverts the attention somewhat from the fact that there are people and groupings who were also disadvantaged under apartheid, but who have had a degree of access to land. This study focuses on the 23 so-called Rural Areas which are scattered over four provinces (Western Cape, Northern Cape, Eastern Cape and the Free State) and which are administered in terms of the Rural Areas Act, Act 9 of 1987. Since the study is no more than an overview, a synopsis is given of contributing factors which relate to the origins of each of the areas. Of importance is the role which was played by missionary societies and others in establishing these communities. The mam focus of the study is the manner in which the Rural Areas were administered. Reference is made to relevant legislation since 1909, and specifically to Act 9 of 1987. The importance thereof lies in the fact that the existence and continued application of the Act has particular constitutional implications. Furthermore, the Minster of Land Affairs, who is responsible for the implementation of the land reform program, is the (unwilling) trustee of these areas. Apart from the fact that trusteeship recalls paternalism of years gone by, the South African reality also necessitated reflection on the existence of Act 9. The rest of the study discusses the consultation process undertaken by the department of Land Affairs with the communities concerned, and the writing of legislation to replace Act 9. The Transformation of Certain Rural Areas Act, Act 94 of 1998, will replace Act 9 when certain conditions mentioned therein, have been met. The Act will end trusteeship and ensure that the communities receive ownership of their land. This will be a movement towards the ideal of the land reform process of giving access to land to all inhabitants of the country. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Niemand kan die behoefte aan toegang tot grond ontken wat onder swart Suid- Afrikaners heers nie. Nes elders, speel die grondkwessie in Suid-Afrika 'n ewe belangrike rol as ekonomiese en politieke kwessies. Die grondkwessie is egter baie meer emosioneel, met die potensiaal om kragte los te laat wat nadelig op die ekonomie en politiek kan inwerk. Gedagtig hieraan het die ANC-regering na bewindsaanvaarding in 1994 grondhervorming op die nasionale agenda geplaas deur 'n grondhervormingsprogram van stapel te stuur. Binne die breë raamwerk van die program is onder andere ruimte geskep vir die verlening van toegang tot landbougrond aan voorheen benadeeldes. Dié klem op "nuwe toetreders" tot landbou trek egter 'n mens se aandag af van die feit dat daar ander persone en groeperinge bestaan wat ook deur apartheid benadeel is, maar wat wel 'n mate van toegang tot grond gehad het. Hiedie studie fokus op die 23 sogenaamde Landelike Gebiede wat oor vier provinsies (Wes-Kaap, Noord-Kaap, Oos-Kaap en Vrystaat) van die land versprei is, en wat ingevolge die Wet op Landelike Gebiede, Wet 9 van 1987, geadministreer word. Weens die oorsigtelike aard van die studie word slegs 'n sinopsis gegee van bydraende faktore wat relevant is tot die spesifieke ontstaansgeskiedenis van elk van die gebiede. Veral van belang hier is die rol wat sendinggenootskappe en andere gespeel het in die totstandkoming van gemeenskappe. Daar word in hoofsaak gekyk na die manier waarop die Landelike Gebiede met verloop van tyd geadministreer is. Hier word verwys na die relevante wetgewing sedert 1909, met spesifieke verwysing na Wet 9 van 1987. Die belang hiervan lê in die feit dat die voortbestaan en voortgesette toepassing van die Wet bepaalde grondwetlike implikasies inhou. Daarmee saam die feit dat die Minister van Grondsake, wat verantwoordelik IS vir die implementering van die grondhervormingsprogram, die (onwillige) trustee is van die Landelike Gebiede. Benewens die feit dat trusteeskap sterk herinner aan die paternalisme van die verlede, het die nuwe Suid-Afrikaanse werklikheid vereis dat herbesin word oor die voortbestaan van Wet 9. Die res van die studie bespreek die konsultasieproses van die departement van Grondsake met die betrokke gemeenskappe, en die skryf van wetgewing om Wet 9 te vervang. Die Wet op die Transformasie van Sekere Landelike Gebiede, Wet 94 van 1998 sal Wet 9 vervang wanneer aan sekere vereistes voldoen word. Die Wet het ten doelom trusteeskap te beëindig en te verseker dat die betrokke gemeenskappe seggenskap oor hul grond verkry. Sodoende sal nader beweeg word aan die ideaal van die grondhervormingsproses, naamlik die verskaffing van vrye toegang tot grond aan alle inwoners van die land.
142

'n Ondersoek na die bewarenswaardigheid van die Elandsvlei-gebouekompleks

Van Zyl, Annemarie 04 1900 (has links)
Thesis (MA)--Stellenbosch University, 2003. / ENGLISH ABSTRACT: The farm Elandsvlei, situated approximately halfway between the towns Ceres and Calvinia in the Ceres-Karoo, was originally the eighteenth-century pioneer farm Elandsdrift. The farm initially had a number of owners in quick succession, after which Barend Lubbe received it as loan farm. His family grew rapidly and his son Frans eventually received Elandsdrift. Frans' daughter Johanna Adriana married Jacobus Petrus Hough, the son of a poor tailor who came to the Cape as a soldier of the DEIC and became a free burgher some years later. This was the first in a series of marriages between Lubbe women and Hough men and the result was that Elandsdrift, later to become Elandsvlei, became Hough property. Elandsvlei became an important centre for the community of the Ceres-Karoo. Among other things, the farm had a school and even a postal agency. The buildings on pioneer farms during the eighteenth century were generally very simple and primitive due to the circumstances under which the farmers were scraping together a living. A century later the situation has changed and the farmers were becoming more settled. Approximately in the period between 1830 and 1890 a number of interesting buildings were erected on Elandsvlei. Some of these were built with gracious Cape Dutch gables from the outset while others had gables added on at a later stage, so that the farm currently boasts a unique collection of buildings in the Cape Dutch style. The most important buildings were documented as part of this study by means of description, architectural drawings and photographs. Some buildings on the farm have already disappeared completely while others are in various stages of decay, mostly due to the fact that they are not utilised any more. It is essential that measures be taken immediately to save these buildings. Complete restoration is not called for seeing that, especially in the current financial climate, it is a problem to secure the necessary finances. The farm is already running a successful tourism business and it will be possible to incorporate the restored buildings into this business in a meaningful way. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Die plaas Elandsvlei, geleë halfpad tussen Ceres en Calvinia in die Ceres-Karoo, het sy ontstaan in die middel van die agtiende eeu gehad as die pioniersplaas Elandsdrift. Na 'n aantal eienaars mekaar redelik vinnig opgevolg het, het Barend Lubbe die plaas as leningsplaas ontvang. Sy familie het snel uitgebrei en sy seun Frans het Elandsdrift ontvang. Frans se dogter Johanna Adriana is getroud met Jacobus Petrus Hough, die seun van 'n arm kleremaker wat as soldaat van die vac na die Kaap gekom het en slegs 'n paar jaar later vryburger geword het. Dit was die eerste van 'n reeks huwelike tussen Lubbe-vroue en Hough-mans, en die uiteinde was dat Elandsdrift, later Elandsvlei, in Hough-besit oorgegaan het. Elandsvlei het mettertyd 'n belangrike gemeenskapsentrum in die Ceres-Karoo geword en daar was selfs 'n skool en posagentskap op die plaas. Die geboue op die pioniersplase gedurende die agtiende eeu was oor die algemeen baie eenvoudig en primitief weens die omstandighede waaronder die pionierboere 'n bestaan moes maak. 'n Eeu later het die situasie egter verander en die boere was al meer gevestig. In die periode tussen ongeveer 1830 en 1890 is daar 'n aantal besondere geboue op Elandsvlei opgerig. Sommige geboue is van meet af aan met sierlike Kaaps-Hollandse gewels gebou terwyl ander later gewels bygekry het, sodat daar tans 'n unieke versameling geboue in die Kaaps-Hollandse styl op die plaas staan. Die belangrikste geboue is deur middel van hierdie studie so volledig moontlik gedokumenteer deur beskrywings, argitekstekeninge en foto's. 'n Aantal van die geboue op die plaas het alreeds vergaan en andere is in verskeie stadia van verval, hoofsaaklik as gevolg van die feit dat dit nie meer benut word nie. Dit is noodsaaklik dat opknappingswerk onmiddellik aangepak word om die geboue te red. Volledige restourasie is nie nodig nie aangesien dit veral in die huidige tydsgewrig problematies is om die nodige fmansies te bekom. Daar bestaan alreeds 'n toerismebedryf op die plaas en dit sal moontlik wees om die opgeknapte geboue sinvol by die bestaande bedryf in te sluit.
143

Sarah Goldblatt : letterkundige administratrise van C.J. Langenhoven

Van Zyl, Leonie 04 1900 (has links)
Thesis (MA)--Stellenbosch University, 2003. / ENGLISH ABSTRACT: In 1932 the well-known Afrikaans writer and politician, C.J. Langenhoven, died in Oudtshoorn in his home, Arbeidsgenot. In his testament he appointed Sarah Goldblatt as the person responsible for the administration of his literary works. Sarah, a Jewish woman, immigrated to the Cape together with her family in 1897. The aim of this research was to find the possible reasons why Langenhoven chose an English speaking Jewish woman as his administrator. Jews were not accepted with open arms into the South African community, especially not Jews from Eastern Europe, the area where Sarah and her family came from. Anti-semitic feelings amongst the Afriaans population were especially strong during the thirties and forties. It was during this time, in 1932, that Sarah received the job as administrator. The period of research stretches from 1889 to 1975, from Sarah's birth to her death. A look is taken at the changing South African attitude towards Jews during Sarah's life. The role and position of the Afrikanerwomen during this time is also investigated. Oudtshoorn, the town in which Langenhoven lived and where the friendship between him and Sarah started, will also be put under the spotlight. Many Jews settled in this town and played an active part in the Oudtshoorn community. Not only the South African attitude towards Jews and women will be discussed, but also Langenhoven's and Sarah's personal perspectives on these subjects. Both their friendship and work relationship will be discussed. Their philosophy of life and their relationship will cast light on the reasons why Langenhoven finally decided to appoint Sarah as the administrator of his literary works. Sarah's greatest achievements were directly involved with Langenhoven. Opinions differ about the influence Sarah had on the way the South African community saw Langenhoven. The work as administrator for the literary works was not all Sarah did. Therefore a review on Sarah's contribution to the Afrikaans language and culture is also provided. / AFRIKAANSE OPSOMMING: In 1932 is die bekende Afrikaanse skrywer en politikus, C.J. Langenhoven, op Oudtshoorn in sy huis Arbeidsgenot oorlewe. In sy testament het hy vir Sarah Goldblatt as administratrise van sy letterkundige nalatenskap aangewys. Sarah, 'n Joodse vrou, het in 1897 saam met haar gesin na die Kaap geïmmigreer en die in die studie word ondersoek ingestel na die redes waarom Langenhoven hierdie vrou as sy administratrise aangewys het. Suid-Afrika het nie altyd die Jode met ope arms ontvang nie, veral nie Jode vanuit Oos-Europa, die gebied waarvan Sarah en haar gesin afkomstig was, nie. Spesifiek gedurende die dertiger- en veertigerjare was daar 'n sterk antisemitiese gevoelonder Afrikanergeledere teenwoordig. Dit was juis in 1932 wat Sarah die taak as administratrise opgelê is. Die tydperk waarna daar gekyk word is breedweg vanaf 1889 tot 1975, Sarah se lewensjare. Op hierdie manier word daar na die veranderende Suid- Afrikaanse houding teenoor Jode gekyk gedurende Sarah se lewe. Daar word ook na die rol en posisie van die Afrikanervrou gekyk om dieselfde rede gekyk. Oudtshoorn, die dorp waarop Langenhoven homself gevestig het en waar sy en Sarah se vriendskap begin het word onder die soeklik geplaas. 'n Groot getal Jode het hulleself in die dorp gevestig en hulle het 'n daadwerklike impak op die Oudtshoornse gemeenskap uitgeoefen. Hierdie ondersoek is nodig om te sien waarom dit so vreemd was vir In Joodse vrou en In Afrikaner man, om so In spesiale vriendskap te kon deel. Nie alleen die Suid-Afrikaanse houding teenoor die Jood en die vrou word ondersoek nie, maar daar word ook na Langenhoven en Sarah se onderskeie houdings teenoor die sake gekyk. Beide hulle werks- en vriendskapsverhouding word ondersoek. Altwee se lewensuitkyk en hulle verhouding werp lig op die redes waarom Langenhoven uiteindelik sou besluit om Sarah as sy administratrise aan te stel. Sarah se grootste werk hou verband met Langenhoven. Opinies verskiloor die uitwerking wat sy op sy nagedagtenis gehad het. Haar werk as administratrise was egter nie al wat Sarah verrig het nie. 'n Oorsig oor Sarah se bydraes tot die Afrikaner taal en kultuur word dus ook blootgelê.
144

Die kerklike werksaamhede van Abraham Faure

Heyns, H. A 12 1900 (has links)
Thesis (MA) -- Stellenbosch University, 1946. / No Abstract Availble
145

Die geskiedenis van die wingerdkultuur in Suid-Afrika tydens die eerste eeu 1652-1752

Janse van Rensburg, Jacobus Ignatius 03 1900 (has links)
Thesis (MA)--Stellenbosch University, 1930. / VOORWOORD: Gedurende die voltooiing van hierdie ondersoek het dit al hoe meer geblyk dat werke oor die geskiedenis van die Wingerdkultuur in Suit-Afrika maar baie skaar is: enkele artiekels het in verskillende blaaie en boeke hulle verskyning gemaak, maar sulke stukkies is blykbaar bloot bedoel gewees om in die verbeaan 'n bietjie interessante leesstof aan te bied. Van 'n grondige ondersoek vandie saak kan daar op hirdie stadium dus nog geen sprake wees nie. Nogtans is so 'n studie van belang daar die wingerdkultuur - naas die koringbou - sedert die vestiging vandie volksplanting aan die Kaap 'n geensins geringe rol in die landbou-bedrywighede gespeel nie.
146

Die geskiedenis van wynbou en wynhandel in die Kaapkolonie, 1753-1795

Jooste, G. J. (Gideon Jacobus) 12 1900 (has links)
Thesis (MA) -- Stellenbosch University, 1973. / See item for full text.
147

'n Ondersoek na die bewarenswaardigheid van die Kaaps-Hollandse herlewingstyl-geboue in George

Stander, Okert Petrus Jakobus 03 1900 (has links)
Thesis (MA)--University of Stellenbosch, 2011. / ENGLISH ABSTRACT: George is considered the capital of the Southern Cape and is situated in the Western Cape Province of South Africa. It has a very mild climate and the region receives above average rainfall. Centuries ago several Khoi tribes were present in this area and the first Europeans settled here around the middle of the 18th century. After the foundation of the town of George in 1811 more people moved to this region. Khoi, and later coloured people, lived at the Pacaltsdorp Mission station. Initially the town developed very slowly and it was only after 1920 that growth accelerated. With regard to architecture, the Cape Dutch Revival style started appearing since 1900, but it was only from 1920 onwards that many new buildings were erected in this style. Up untill then architecture reflected the successive styles current during the 19th century. However very few of these buildings survived in George. The Cape Dutch architectural style that was used until the late 19th century in the rural areas, was the first indigenous South African style that revived. This revival was initiated by sir Herbert Baker, and after 1910 it was applied increasingly by other architects. Several characteristics of the Cape Dutch style were incorporated in the Revival Style, but the eclectic approach of the style resulted in a variety of styles being represented. In other towns of the Southern Cape and Little Karroo the same trends appeared, putting the architecture of George in perspective. In South Africa the theories on conservation are not applied satisfactorily. In George specifically there are no attempts by local authorities to conserve the architectural heritage systematically and judiciously. Some local conservation bodies have attempted to create awareness, but had little success. As the Cape Dutch Revival style is the oldest style of which a number of buildings are still in existence, it is from a conservational point of view of the utmost importance that they are being cared for in a circumspect way. / AFRIKAANSE OPSOMMING: George word beskou as die hoofstad van die Suid-Kaap en is geleë in die Wes-Kaap Provinsie van Suid-Afrika. Die klimaat is gematigd en die streek kry 'n bogemiddelde reënval. Verskeie Khoi-stamme is reeds eeue gelede in hierdie streek aangetref en die blanke vestiging het rondom die middel van die 18de eeu begin. Na die stigting van George in 1811 het meer mense daarheen getrek. Van die bruin gemeenskap het by die sendingstasie in Pacaltsdorp saamgetrek. Die dorp het aanvanklik baie stadig gegroei en eers sedert 1920 het die ontwikkeling vinniger toegeneem. Sedert 1900 het die Kaaps-Hollandse Herlewingstyl in die argitektuur posgevat, maar dit was veral na 1920 dat baie van die nuwe geboue in die styl opgerig is. Tot op daardie stadium is daar gebou in die opeenvolgende style wat in die 19de eeu kontemporêr was. Van hierdie geboue het baie min in George oorgebly. Die Kaaps-Hollandse boustyl wat tot in die laat 19de eeu nog op die platteland toegepas is, was die eerste Suid-Afrikaanse inheemse styl wat herleef het. Die herlewing is in die 1890's geïnisieer deur sir Herbert Baker, en na 1910 is dit toenemend deur ander argitekte aangewend. Verskeie kenmerke van die Kaaps-Hollandse styl is in die Herlewingstyl opgeneem, maar die eklektiese benadering by laasgenoemde het tot gevolg gehad dat 'n groot verskeidenheid style daarin verteenwoordig word. Ander dorpe in die Suid-Kaap en Klein-Karoo het dieselfde tendense geopenbaar, wat die argitektuur van George in perspektief plaas. Die teorie van bewaring word in Suid-Afrika nog nie goed toegepas op erfenis nie. In George spesifiek is daar van owerheidsweë geen pogings om die geboue-erfenis sistematies en oordeelkundig te bewaar nie. Enkele bewaringsorganisasies wend pogings tot bewusmaking aan, maar het nog min sukses gehad. Omdat die Kaaps-Hollandse Herlewingstyl die oudste styl is waarvan daar nog 'n groep geboue in George behoue gebly het, is dit noodsaaklik dat daar uit 'n bewaringsoogpunt in die toekoms met groot omsigtigheid daarna omgesien word.
148

A socio-environmental history of water in the Karoo c.1762-2012, with specific focus on Prince Albert and Williston

Kruger, Nina 03 1900 (has links)
Thesis (MA)--Stellenbosch University, 2013. / ENGLISH ABSTRACT: This study examines the history of water in two small Karoo towns. The main argument of the thesis is that the availability of and access to water has played influential roles in the development of Williston and Prince Albert. The ambitions of this thesis are three-fold: firstly, the approach is socio-environmental history and therefore it provides insight into the environmental as well as the social history of the resource in each region. It consciously reflects on the notion of power and explores the manner in which access to water was racialised by authorities in each town. Secondly, this thesis provides insight into the technological and legislative water supply and development of sanitation at both settlements, which is outlined in a broader national development to contextualise the local trajectories. Thirdly, through personal narratives it offers an ethnographic analysis of mind-sets such as fatalism and hopefulness in the face of extreme climatic conditions are examined. The experiences of the socially marginalised and underrepresented are intended to challenge the whiggish celebration of anthropogenic ascendancy over nature in the historiography. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Hierdie studie ondersoek die geskiedenis van water in twee klein Karoo dorpies. The hoof argument van die tesis is dat die beskikbaarheid van en toegang tot water bepalende rolle gespeel het in die ontwikkeling van Williston en Prins Albeit. Die doelstellings van hierdie tesis is drievoudig: eerstens, is die benadering sosio-omgewingsgeskiedenis en verskaf dit dus insig oor die omgewings- sowel as die sosiale geskiedenis van hierdie natuurlike hulpbron in elke streek. Hierdie werk weerspieel doelbewus die idee van mag en ondersoek die wyse waarop toegang tot water deur die dorpsowerhede rasbevooroordeeld was. Tweedens, verskaf hierdie tesis insig oor die water toevoer en die ontwikkeling van sanitere geriewe in beide nedersettings, waama die plaaslike ontwikkeling gesien word binne ' n breer nasionale konteks. Derdens word daar deur middel van persoonlike vertellings gekyk na die opkoms van etnografiese ingesteldhede soos fatalisme en hoop wanneer uiterste klimaatstoestande in die gesig gestaar word. Die ervannge van die sosiaal gemarginaliseerde en die onderverteenwoordigde groepe word uitgelig ten einde die liberate viering van antropogeniese dorninasie oor die natuur uit te daag.
149

Representing history through film with reference to the documentary film Captor and Captive : perspectives on a 1978 Border War incident

Jooste, Rina 12 1900 (has links)
Thesis (MA)-- Stellenbosch University, 2013. / ENGLISH ABSTRACT: This dissertation is supplementing a documentary film entitled Captor and Captive – the story of Danger Ashipala and Johan van der Mescht (2010), referred to as Captor and Captive, with a duration of 52-minutes. The film follows the story of two soldiers caught up in the disorganized machine of war. Johan van der Mescht, a South African Defence Force (SADF) soldier was captured in 1978 by Danger Ashipala, a South West Africa People’s Organisation (SWAPO) guerilla fighting for Namibian independence. Van der Mescht was held as a prisoner of war (POW) in Angola before being exchanged for a Russian spy, Aleksei Koslov, at Checkpoint Charlie in Berlin in 1982. The main focus of the dissertation is to provide an analysis of representing history through film, with reference to Captor and Captive. It explores the manner in which history can be represented through the medium of film and add value to historical text, as well as historical text adding value to film, and how the two mediums can supplement each other. In this instance, Captor and Captive was produced first and the research conducted was used to inform the dissertation. It briefly discusses the history of documentary film within South Africa; the reality of producing documentary films reflecting on Captor and Captive and the theoretical principles involved in the craft of documentary filmmaking. The dissertation further provides details of the capture of Van der Mescht and his experience as a POW in Angola, against the backdrop of the Border War that waged between 1966 and 1989 in South West Africa (SWA) and Angola. The political landscape and various forces at work within southern Africa during the period of Van der Mescht’s capture are discussed. It also provides detail of the role of Van der Mescht’s captor Ashipala, and the liberation movement SWAPO. With independence in 1990, South West Africa became Namibia and will be referred to as such for the purpose of the dissertation. Mention will be made of other POWs during the Border War, providing a brief comparative analysis of their respective experiences. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Die verhandeling is aanvullend tot die dokumentêre rolprent Captor and Captive – the story of Danger Ashipala and Johan van der Mescht (2010). Die rolprent het ‘n 52- minute speeltyd, en daar word daarna verwys as Captor and Captive. Dit handel oor twee soldate wat vasgevang is in die chaos van oorlog. Johan van der Mescht, lid van die Suid Afrikaanse Weermag, is in 1978 gevange geneem deur Danger Ashipala, lid van die Namibiese bevrydingsorganisasie SWAPO. Van der Mescht is as ‘n krygsgevangene in Angola aangehou, en 1982 uitgeruil vir ‘n Russiese spioen, Aleksei Koslov. Die uitruiling het by Checkpoint Charlie in Berlyn plaasgevind. Die verhandeling gee hoofsaaklik ‘n uiteensetting van die manier waarop geskiedenis aangebied word deur die visuele rolprentmedium, met verwysing na Captor and Captive. Die wyse waarop ‘n rolprent waarde kan toevoeg tot historiese teks, en hoe historiese teks op sy beurt weer waarde kan toevoeg tot ‘n rolprent word ondersoek, asook die wyse waarop die twee mediums mekaar kan aanvul. Captor and Captive is vervaardig voor die verhandeling aangepak is, en die navorsing is gebruik ter aanvulling van die verhandeling. Verder word die agtergrond en geskiedenis van dokumentêre rolprente in Suid Afrika kortliks bespreek; die realiteite rondom die vervaardiging van dokumentêre rolprente, met verwysing na Captor and Captive, en teoretiese aspekte betrokke by die vervaardiging daarvan. Die verhandeling verskaf inligting omtrent die gevangeneming van Van der Mescht en sy ondervinding as ‘n krygsgevangene in Angola. Dit word geskets teen die agtergrond van die Grensoorlog (1966 tot 1989) in Suidwes Afrika en Angola. Die politieke omgewing en groeperinge binne Suider Afrika gedurende Van der Mescht se gevangenisskap word bespreek. Verder word inligting oor Ashipala, wat verantwoordelik was vir Van der Mescht se gevangeneming bespreek. Die bevrydingsorganisasie SWAPO, waarvan hy ‘n lid was, word ook bespreek. Suidwes Afrika verander sy naam met onafhanklikheidswording in 1990 na Namibiё, en vir die doel van die verhandeling word daar na Namibiё verwys. Daar word melding gemaak van ander krygsgevangenes gedurende die tydperk van die Grensoorlog, en ‘n vergelyking tussen die ondervindinge van die onderskeie krygsgevangenes word kortliks ondersoek.
150

Hunting and power : class, race and privilege in the Eastern Cape and the Transvaal Lowveld, c. 1880-1905

Gess, David Wolfgang 04 1900 (has links)
Thesis (MA)--Stellenbosch University, 2014. / ENGLISH ABSTRACT: This dissertation examines the identity of hunters, sportsmen and their associated communities in two diverse regions of southern Africa during the last two decades of the nineteenth and the first decade of the twentieth centuries. It argues that this was a critical period during which new patterns of hunting and local tradition were created. In the eastern Cape districts of Albany, Fort Beaufort and Bathurst kudu and buffalo were hunted pursuant to permits granted in terms of the Game Act, 1886. An analysis of the identity of those to whom these permits were granted or refused provides insights into power, connection and influence amongst the English-speaking colonial elite of the region who sought to control the right to hunt “royal game”. It also reveals their interaction with civil servants who exercised the power to grant or withhold the privilege. Kudu were transferred from public to private ownership, through a process of “privatization” and “commodification” on enclosed private land, and there preserved for sporting purposes by the local rural gentry. The survival – and even growth – in numbers of kudu in the region was achieved in these private spaces. Buffalo, on the other hand, were hunted into local extinction notwithstanding their protection as “royal game”. In the north-eastern Transvaal Lowveld wild animals in public ownership were hunted by a wide variety of hunters with competing interests. The identity of the “lost” Lowveld hunters, previously hidden from history, including an important but overlooked component of elite recreational hunters from the eastern Cape, is explored as a window into the history of hunting in the region prior to the establishment of game reserves. Both the identity and networks of these hunters and sportsmen are considered in the context of enduring concerns about race, class, gender and the exercise of power. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Hierdie tesis ondersoek die identiteit van die jagters, sportmanne en die gepaardgaande gemeenskappe in twee verskillende streke van Suider-Afrika gedurende die laaste twee dekades van die negentiende en die eerste dekade van die twintigste eeu. Dit voer aan dat hierdie 'n kritieke tydperk was waartydens nuwe patrone van jag en plaaslike tradisie geskep is. In die Oos-Kaapse distrikte van Albany, Fort Beaufort en Bathurst is die jag op koedoes en buffels toegelaat op grond van permitte toegestaan in terme van die Wild Wet, 1886. Die ontleding van die identiteit van diegene aan wie hierdie permitte toegestaan of geweier was, bied insae oor die uitoefening van mag, verhoudings en invloed onder die Engelssprekende koloniale elite van die streek, wat probeer het om beheer uit te oefen oor die jag van die “koninklike wild”. Dit openbaar ook hul interaksie met staatsamptenare wat hulle magte gebruik het om permitte uit te ruik of te weerhou. Eienaarskap van koedoes was oorgedra vanaf openbare na privaat besit, deur 'n proses van "privatisering " en "kommodifikasie" op geslote private grond, met die verstandhouding dat dit vir sport – doeleindes deur die plaaslike landelike burger gebruik kon word. Die oorlewing – en selfs groei – in die getal koedoes in die streek is behaal in die private besit. Buffels, aan die ander kant, is tot plaaslike uitwissing gejag ondanks hul beskerming as "koninklike wild". In die Noord-Oos Transvaalse Laeveld is wilde diere in openbare besit gejag deur 'n wye verskeidenheid van jagters met mededingende belange. Die identiteit van die "verlore" Laeveld jagters, voorheen verborge in die geskiedenis, wat 'n belangrike maar oor die hoof verwaarloosde komponent van elite rekreasionele jagters van die Oos-Kaap insluit, word ondersoek as 'n venster op die geskiedenis van jag in die streek voor die totstandkoming van wildreservate. Beide die identiteit en netwerke van hierdie jagters en sportmanne word beskou in die konteks van blywende belangstelling met ras, klas, geslag en die uitoefening van mag.

Page generated in 0.0609 seconds