• Refine Query
  • Source
  • Publication year
  • to
  • Language
  • 57
  • 38
  • 11
  • 6
  • 4
  • 2
  • 2
  • Tagged with
  • 147
  • 131
  • 107
  • 86
  • 78
  • 73
  • 50
  • 49
  • 47
  • 34
  • 32
  • 31
  • 28
  • 28
  • 26
  • About
  • The Global ETD Search service is a free service for researchers to find electronic theses and dissertations. This service is provided by the Networked Digital Library of Theses and Dissertations.
    Our metadata is collected from universities around the world. If you manage a university/consortium/country archive and want to be added, details can be found on the NDLTD website.
141

Die funksionering van die algemene priesterskap van gelowiges binne die Nederduitse Gereformeerde kerk : 'n teories en 'n ekklesiologies model

Cloete, Gert Johannes January 1900 (has links)
Text in Afrikaans / Summaries in English and Afrikaans / eeue is dit in die kerk verwaarloos omdat die kerk dikwels staatskerk was en gemeentelede vanwee die ampshieragie in die kerk as minderwaardig beskou is en gevolglik passief geraak het. Selfs na die Hervorming het gemeentestrukture nie so verander dat gemeentelede aangemoedig is om God se priesters in die wereld te wees nie. In die Ned Geref Kerk is dit ook die geval. Tot en met die eerste demokratiese verkiesing in Suid-Afrika in 1994, was daar 'n intieme band tussen die kerk en die staat en tot nou toe nog, is dit 'n kerk met 'n baie sterk ampshierargie. Die gevolg is dat gelowiges nie deur die tipiese gemeentestruktuur in die kerk aangemoedig word om God se priesters in die wereld te wees nie, maar eerder om die gemeente te konserveer en te bewaar. Suid-Afrika met sy lae produktiwiteitsyfer en buitengewone hoe misdaadsyfer sou vandag baie beter daaraan toe gewees het as getowiges binne die Ned Geref Kerk oor die jare heen deur die gemeentestruktuur aangemoedig is om as God se verteenwoordigers in die samelewing op te tree.wereld op te tree, is dit nodig dat gemeentes vanuit die perspektief van die algemene priesterskap van die gelowige, nuut gestruktureer word. Hiervoor is 'n teorie en 'n ekklesiologiese model vir die algemene priesterskap van die gelowige nodig. In hierdie studie word nie net alleen so 'n teorie en model ontwikkel nie, maar word ook aangedui hoe hierdie model reeds binne 'n gemeente in die Ned Geref Kerk toegepas is. maak om op die wereld in plaas van op die konservering en bewaring van die gemeente te fokus. Die studie word afgesluit met die hoop dat gemeentes krities sal reflekteer oor die algemene priesterskap van gelowiges en sal oorweeg om te herstruktureer sodat iets van die algemene priesterskap van die gelowige in die toekoms tot sy reg sal kom. / The general priesthood of the believer is emphasised in the Bible. But the church has neglected it through the ages because the church often was a state church and church members were regarded as inferior and became passive due to the official hierarchy in the church. extent as to encourage church members to function as God's priests in the world. This is also the case in the Dutch Reformed Church. Up to the first democratic election in South Africa in 1994 there was an intimate bond between this church and the state, and to this day the Dutch Reformed Church has a very strong official hierarchy. Consequently the typical congregational structure of the church does not encourage church members to function as God's priests in the world but rather to conserve and preserve the congregation. South Africa, with its low rate of productivity and exceptionally high crime rate, would have been much better off today if the congregational structures had over the years encouraged believers in the Dutch Reformed Church to act as God's representatives in society. Should congregations wish to encourage their members to act as God's priests in the world, it will be necessary to restructure themselves from the perspective of the general priesthood of believers. Such theory and model are developed in this study. It is also shown how such a model has already been applied in a congregation of the Dutch Reformed Church. The study divides the ministerial responsibility of the believer into two categories, namely internal and external responsibility. This division enables congregations to focus on the world in stead of the conservation and preservation of the congregation as such. The study is concluded in the hope that congregations will take a critical look at the general priesthood of believers and will consider restructuring themselves so that individual believers will embrace their general priesthood in future. / D.Th.(Practical Theology)
142

“Ek het 'n roeping” : vrouepredikante se toelating in die Nederduitse Gereformeerde Kerk : 'n kerkhistoriese en prakties-teologiese studie (Afrikaans)

Buchner, Elsje Petronella 27 August 2008 (has links)
In hierdie navorsing word die toelating van vrouepredikante in die Nederduitse Gereformeerde Kerk vanuit ’n kerkhistoriese en prakties-teologiese hoek bestudeer. Die navorsingswaardes wat in die sosiaal-konstruksionisme geld, naamlik dat sodanige navorsing ’n deelnemende en verhalende proses is, dat die invloed van diskoerse bestudeer word en dat die belangrikheid van taal in ag geneem word, is in die navorsing verreken. Vanuit ’n post-fundamentele teologiese posisionering is van ’n paar van die bewegings in ’n postfundamentele prakties-teologiese metodologie gebruik gemaak om na die belewing van agt vroueproponente en -predikante deur die loop van die proses van toelating, én daarna, te luister en saam met hulle te interpreteer. Daar is van die volgende bewegings gebruik gemaak: Die beskrywing van die verskillende kontekste waarteen die roepingsverhale en loopbane van vrouepredikante afgespeel het; die aanhoor en beskrywing van die kontekstuele ervarings van die betrokke vroue; die interpretasie van en betekenisgewing aan die verhale in samewerking met die vroue wat as medenavorsers geag word en die beskrywing van en refleksie oor die ervaring van God se teenwoordigheid in hulle roepingsverhale en bedieninge as proponente en predikante. Hierdie postfundamentele prakties-teologiese metodologie is inherent narratief van aard en sluit ook nou aan by die denklyne wat in die sosiaal-konstruksionisme geld. Deur hierdie metodologie is daar probeer om ’n bydrae te lewer tot die ontwikkeling en uitbou van mondelinge geskiedenis. Die beskrywing van vroue se verhale is terselfdertyd ook vrouegeskiedenis wat poog om vroue meer hoor- en sigbaar in algemene geskiedenis, maar spesifiek ook kerkgeskiedenis te maak. Die metodologie pas ook binne ’n meer postmoderne benadering tot geskiedenis in. Aan die hand hiervan is die breër landkaart en historiese konteks waarteen die roepingsverhale van vrouepredikante en kerklike vergaderings oor ’n tydperk van bykans 107 jaar afgespeel is, in breë trekke en deur middel van tydlyne beskryf. Die ontwikkeling en uitbouing van die volksmoederdiskoers oor die dieselfde tydperk is van nader beskou. Daar is verder gekyk na die invloed wat die breër konteks en die volksmoederdiskoers op vroue gedurende die twintigste eeu gehad het, hoe vroue oor die algemeen hulleself in bepaalde vroueruimtes soos vroue-organisasies uitgeleef het en of Afrikanervroue se stemme in die openbaar gehoor is al dan nie. Teen hierdie agtergrond is die verloop van die kerklike debat oor die toelating van vroue tot die besondere ampte, naamlik diakens, ouderlinge en vrouepredikante, beskryf. Hierdie debat kan in drie tydperke opgedeel word. Die eerste tydperk wat van 1966-1978 strek kan as ’n tyd van nadenke beskryf word. Vanaf 1982 tot 1990 is die debat deur ’n sterk verskil in Skrifbeskouing gekenmerk. Die laaste tydperk wat vanaf 1991 tot 2007 strek, beskryf hoe die praktyk stadig pos gevat het en hoe die gesprek uiteindelik na gendersake uitgebrei het. Die vroueproponente en -predikante se roepingsverhale, hulle belewenis van God in die pad wat hulle moes loop en eerste treë in die bediening is weer deurgaans teen die agtergrond van die breër landkaart, volksmoederdiskoers en die NG Kerk se verskillende sinodes aangehoor, beskryf en in samewerking met hulle geïnterpreteer. Bykomend tot die groep persoonlike verhale is twee verhale van vroue wat reeds voor 1950 teologie studeer het en nie meer vandag leef nie, opgeteken. In al die gesprekke het die belangrikheid van vrouepredikante se roepingsverhale, hulle positiewe en negatiewe belewenisse in die kerk, die impak van oorwegend manlike kerktaal op vroue, die gemis en impak van rolmodelle, die frustrasies rondom proponentskap en hulle belewing van God onder andere na vore gekom. Dit is ook opmerklik dat vrouepredikante oor die algemeen nie aktief aan die debat deelgeneem nie en dat die meeste van die medenavorsers in hierdie studie ’n bepaalde stuk ongemak met gendersake en feminisme beleef. Hulle laat net soos in die volksmoederdiskoers die praatwerk aan ander oor. / Thesis (DD)--University of Pretoria, 2008. / Church History and Church Policy / unrestricted
143

Alternatiewe sieninge van man-wees

Cloete, Gert Johannes 01 January 2002 (has links)
Thesis in Afrikaans with summaries in Afrikaans and English. / Sosiale diskoerse kan moontlik 'n bepalende invloed op 'n individu se manier van lewe he. Hierdie studie bring enersyds, deur van die narratiewe gespreksbenadering gebruik te maak, 'n aantal diskoerse na vore wat op vyf wit Afrikaanssprekende mans in die Ned Geref Gemeente Vereeniging-Oos se manier van lewe 'n invloed gehad het of nog het. Die diskoerse wat deur die studie navore gebring word is: (a) 'n man is as broodwinner die primere versorger in die gesin; (b) 'n man is doelgerig en op sukses gefokus; (c) 'n man is dominant en aggressief; (d) 'n man fokus nie op emosies en verhoudings nie en (e) 'n man verander nie maklik nie. Andersyds toon die studie ook dat mans ten spyte van die sosiale diskoerse wat moontlik 'n invloed op hul lewens kon he, self alternatiewe wyses van manwees kon ontwikkel en dus nie noodwendig dlenooreenkomstig die sosiale diskoerse hoef te leef nie. / Social discourses may have a decisive influence on an individual's way of life. By means of a narrative conversational approach, this study introduces a number of discourses that had or still have an influence on five white Afrikaans-speaking men in the Dutch Reformed Congregation Vereeniging-East. The discourses are: (a) a man is as breadwinner the primary provider for the family; (b) a man is goal~oriented and focused on success; (c) a man is dominant and aggressive; (d) a man does not value emotions and relationships and (e) a man does not change easily. On the other hand the study indicates that men are able to develop alternative ways of being men in spite of social discourses influencing them. / Philosophy, Practical and Systematic Theology / M.Th. (Pastoral Therapy)
144

Caring with women married to Dutch Reformed clergymen: narratives of pain, survival and hope

Swart, Chené 30 November 2003 (has links)
The purpose of this research journey was twofold: (1) to investigate the ways in which the lives of women married to clergymen have been influenced by their position in the Dutch Reformed Church and (2) to collaboratively present ways of caring and supporting these women living within this reality. Discourse analysis explored the taken-for-granted truths and power relationships that inform these women's daily lives. Fifteen women embarked on this feminist narrative participatory action research journey, not only to tell their stories but also to negotiate for change in current practices as well as their own contexts. This research journey challenges the institutional structure of the Church through narratives of hope, survival and pain, as storied in a book (Lamentations and Butterflies, 2003), that were collaboratively constructed by the women living these realities. This book and research journey offers a deeper understanding of the experience of being a clergyman's wife in the Dutch Reformed Church. / Practical Theology / M.Th. (Practical Theology)
145

'n Geskiedenis van die kerklied in die Nederduitse Gereformeerde Kerk

Fourie, Francois Paul. 01 1900 (has links)
Text in Afrikaans / Die lied en musiekinstrumente speel 'n baie belangrike rol in die Bybel. Die Moseslied (Eks 15) word in die Psalms aangehaal en kulmineer in die 11 nuwe 11 lied van Openbaring - die lied van die "nuwe" hemel en die 11 nuwe 11 aarde wat verlostes saam sal sing. Die brandende vraag wat "reg" of hoegenaamd standpunt ingeneem moet perspektief (die Woord van God) "verkeerd" is en of daar word, word uit 'n Bybelse beantwoord, gegrond op die beginsel van die Reformasie: ecclessia reformata semper reformandum. Die geskiedenis van die lied van die vroee kerk tot by die Ref ormasie word kursories behandel. Die lied wat in die geskiedenis uit die mond van die gelowige, die lidmaat gehaal is en aan die priesters oorgelaat is, word deur Luther weer teruggeplaas in die mond van die gelowige. Dit blyk dat Calvyn, tsv die Ref ormasie slagspreuk, in sommige aspekte van sy beskouing van die kerklied, steeds 'n Roomse standpunt bly handhaaf en net tot by die vroee kerk "gereformeer" het. Slegs sgn "heilige" liedere, direk uit die Bybel, musiek sender instrumentale begeleiding, kon gebruik word. Saam met ons voorsate, wat van oa Nederland gekom het, het ons liederebundels gekom. Van Riebeeck het met die Datheense Psalter (die amptelike Nederlandse kerklied) wat later deur die 1805- "Evangelische Gezangen" aangevul is, geland. Agv die "cuius regio eius religio"-beginsel het die Hollandse kerklied voorkeur bo Lutherse ea kerkliedere gekry. Die 1805-"Evangelische Gezangen", alhoewel dit hartlik verwelkom is, het gelei tot misnoee in Colesberg en later in Rustenburg, wat op sy beurt gelei het tot kerkskeuring. Die "Evangelische Gezangen" was ook, naas die Bybel en die Psalmboek die metgesel van die Trekkers, kommandolede (Anglo-Boereoorlog) en die krygsgevangenes in die konsentrasie- en krygsgevangenekampe. In die kampe was daar baie tyd vir die sing en skep van gewyde liedere. Nie-goedgekeurde bundels en die vertaling van die Bybel in Afrikaans (1933) het aanleiding gegee dat liederebundels hersien moes word. Die 1937 (Totius-beryming), die 1944 Gesangboek, die 76/78-Psalmboek en die 1978 Gesangboek was die resultaat. 'n Dualistiese standpunt, dat sekere liedere geskik is vir kerkgebruik en ander slegs vir buite-kerkgebruik (die 1984- Jeugsangbundel) het aanleiding gegee tot die publikasie van SOM en Jeugsangbundel 2, 1993. Huidig gebruik talle gemeentes 'eie' bundels tsv sinodale besluite dat slegs SOM en JSB2 naas die Psalm- en Gesangboek gebruik mag word. Die verskyning van die Proefsangbundel 1998 (IKSA) lei 'n nuwe fase van die kerklied in SA in as die Ned Herv Kerk ook begin om "nuwe" liedere op die proef te stel. Vos, Strydom, Huisamen, Konig, Kloppers, ea het in resente jare evaluerings oor die kerklied gedoen. Die "ou", die "nuwe" en die kontemporere kerklied (veral met verwysing na die NG Kerk) m6et almal plek kry in die musiekskat van die 21ste eeu. / The hymn and musical instruments play a cardinal role in the Bible. The Song of Moses (Ex 15) is used in Psalms and in Revelation 15:3. The question with regards to what is acceptable and unacceptable and whether it is at all imperative to take a defendant stance, is clarified from a Biblical point of view. It is based on the Reformation-principle: ecclesia reformata semper reformandum. The History of the 'Song' Hymn in the early church up to the Reformation is shortly mentioned. The "songs" (Hymns) of the believer were in the course of history transferred to the priests and were only in the Reformation once again bestowed on the believer by Luther. It would appear that Calvin, despite the slogans of the Reformation continued to postulate a Catholic point of view with regard to the Hymns and that the Reformation was restricted to the early church. Only socalled holy songs, direct from the Bible and songs without instruments/accompaniment could be usedo The collection of 'songs' (Hymns) of the Dutch Reformed Church is an inheritance from the Netherlands. It was Van Riebeeck who brought in the ''Datheense Psalter'' . Later, the 1805 - "Evangelishe Gezangen" were added to it. Owing to the cuius regio eius religio-principle, the Dutch Church Hymn was given preverance. Although heartily welcomed, the "1805-Evangelische Gezangen" lead to a split in the Church. The "Evangelische Gezangen" (Hymns), and the Psalmbook were used by the 'Trekkers' , the 'Kommando' s' , (Anglo Boer war) and in the Consentration and prisoners of war camps. In the camps was ample time for singing and composing new sacred songs. 'Non-approved' song books and the translation of the Bible in Afrikaans (1933) gave rise to the birth of various Hymn and Psalter books. Youth Praise and Worship books were also published. The Dutch Reformed Church opinion that certain songs in the formal Church inappropriate and should gatherings. struggles with the dualistic are suitable for worshipping service while other are only be used at informal / Theology / D.Th. (Theology)
146

Caring with women married to Dutch Reformed clergymen: narratives of pain, survival and hope

Swart, Chené 30 November 2003 (has links)
The purpose of this research journey was twofold: (1) to investigate the ways in which the lives of women married to clergymen have been influenced by their position in the Dutch Reformed Church and (2) to collaboratively present ways of caring and supporting these women living within this reality. Discourse analysis explored the taken-for-granted truths and power relationships that inform these women's daily lives. Fifteen women embarked on this feminist narrative participatory action research journey, not only to tell their stories but also to negotiate for change in current practices as well as their own contexts. This research journey challenges the institutional structure of the Church through narratives of hope, survival and pain, as storied in a book (Lamentations and Butterflies, 2003), that were collaboratively constructed by the women living these realities. This book and research journey offers a deeper understanding of the experience of being a clergyman's wife in the Dutch Reformed Church. / Philosophy, Practical and Systematic Theology / M.Th. (Practical Theology)
147

'n Geskiedenis van die kerklied in die Nederduitse Gereformeerde Kerk

Fourie, Francois Paul 01 1900 (has links)
Text in Afrikaans / Die lied en musiekinstrumente speel 'n baie belangrike rol in die Bybel. Die Moseslied (Eks 15) word in die Psalms aangehaal en kulmineer in die 11 nuwe 11 lied van Openbaring - die lied van die "nuwe" hemel en die 11 nuwe 11 aarde wat verlostes saam sal sing. Die brandende vraag wat "reg" of hoegenaamd standpunt ingeneem moet perspektief (die Woord van God) "verkeerd" is en of daar word, word uit 'n Bybelse beantwoord, gegrond op die beginsel van die Reformasie: ecclessia reformata semper reformandum. Die geskiedenis van die lied van die vroee kerk tot by die Ref ormasie word kursories behandel. Die lied wat in die geskiedenis uit die mond van die gelowige, die lidmaat gehaal is en aan die priesters oorgelaat is, word deur Luther weer teruggeplaas in die mond van die gelowige. Dit blyk dat Calvyn, tsv die Ref ormasie slagspreuk, in sommige aspekte van sy beskouing van die kerklied, steeds 'n Roomse standpunt bly handhaaf en net tot by die vroee kerk "gereformeer" het. Slegs sgn "heilige" liedere, direk uit die Bybel, musiek sender instrumentale begeleiding, kon gebruik word. Saam met ons voorsate, wat van oa Nederland gekom het, het ons liederebundels gekom. Van Riebeeck het met die Datheense Psalter (die amptelike Nederlandse kerklied) wat later deur die 1805- "Evangelische Gezangen" aangevul is, geland. Agv die "cuius regio eius religio"-beginsel het die Hollandse kerklied voorkeur bo Lutherse ea kerkliedere gekry. Die 1805-"Evangelische Gezangen", alhoewel dit hartlik verwelkom is, het gelei tot misnoee in Colesberg en later in Rustenburg, wat op sy beurt gelei het tot kerkskeuring. Die "Evangelische Gezangen" was ook, naas die Bybel en die Psalmboek die metgesel van die Trekkers, kommandolede (Anglo-Boereoorlog) en die krygsgevangenes in die konsentrasie- en krygsgevangenekampe. In die kampe was daar baie tyd vir die sing en skep van gewyde liedere. Nie-goedgekeurde bundels en die vertaling van die Bybel in Afrikaans (1933) het aanleiding gegee dat liederebundels hersien moes word. Die 1937 (Totius-beryming), die 1944 Gesangboek, die 76/78-Psalmboek en die 1978 Gesangboek was die resultaat. 'n Dualistiese standpunt, dat sekere liedere geskik is vir kerkgebruik en ander slegs vir buite-kerkgebruik (die 1984- Jeugsangbundel) het aanleiding gegee tot die publikasie van SOM en Jeugsangbundel 2, 1993. Huidig gebruik talle gemeentes 'eie' bundels tsv sinodale besluite dat slegs SOM en JSB2 naas die Psalm- en Gesangboek gebruik mag word. Die verskyning van die Proefsangbundel 1998 (IKSA) lei 'n nuwe fase van die kerklied in SA in as die Ned Herv Kerk ook begin om "nuwe" liedere op die proef te stel. Vos, Strydom, Huisamen, Konig, Kloppers, ea het in resente jare evaluerings oor die kerklied gedoen. Die "ou", die "nuwe" en die kontemporere kerklied (veral met verwysing na die NG Kerk) m6et almal plek kry in die musiekskat van die 21ste eeu. / The hymn and musical instruments play a cardinal role in the Bible. The Song of Moses (Ex 15) is used in Psalms and in Revelation 15:3. The question with regards to what is acceptable and unacceptable and whether it is at all imperative to take a defendant stance, is clarified from a Biblical point of view. It is based on the Reformation-principle: ecclesia reformata semper reformandum. The History of the 'Song' Hymn in the early church up to the Reformation is shortly mentioned. The "songs" (Hymns) of the believer were in the course of history transferred to the priests and were only in the Reformation once again bestowed on the believer by Luther. It would appear that Calvin, despite the slogans of the Reformation continued to postulate a Catholic point of view with regard to the Hymns and that the Reformation was restricted to the early church. Only socalled holy songs, direct from the Bible and songs without instruments/accompaniment could be usedo The collection of 'songs' (Hymns) of the Dutch Reformed Church is an inheritance from the Netherlands. It was Van Riebeeck who brought in the ''Datheense Psalter'' . Later, the 1805 - "Evangelishe Gezangen" were added to it. Owing to the cuius regio eius religio-principle, the Dutch Church Hymn was given preverance. Although heartily welcomed, the "1805-Evangelische Gezangen" lead to a split in the Church. The "Evangelische Gezangen" (Hymns), and the Psalmbook were used by the 'Trekkers' , the 'Kommando' s' , (Anglo Boer war) and in the Consentration and prisoners of war camps. In the camps was ample time for singing and composing new sacred songs. 'Non-approved' song books and the translation of the Bible in Afrikaans (1933) gave rise to the birth of various Hymn and Psalter books. Youth Praise and Worship books were also published. The Dutch Reformed Church opinion that certain songs in the formal Church inappropriate and should gatherings. struggles with the dualistic are suitable for worshipping service while other are only be used at informal / Theology / D.Th. (Theology)

Page generated in 0.0396 seconds