• Refine Query
  • Source
  • Publication year
  • to
  • Language
  • 75
  • 65
  • 50
  • 29
  • 14
  • 12
  • 4
  • 4
  • 3
  • Tagged with
  • 309
  • 185
  • 131
  • 103
  • 91
  • 86
  • 59
  • 58
  • 51
  • 43
  • 43
  • 38
  • 35
  • 34
  • 34
  • About
  • The Global ETD Search service is a free service for researchers to find electronic theses and dissertations. This service is provided by the Networked Digital Library of Theses and Dissertations.
    Our metadata is collected from universities around the world. If you manage a university/consortium/country archive and want to be added, details can be found on the NDLTD website.
231

Recht und Religion in der modernen Gesellschaft : soziologische Theorie und Analyse am Beispiel der Rechtsprechung des Bundesverfassungsgerichts in Sachen "Religion" zwischen den Jahren 1983 und 1997 /

Jetzkowitz, Jens, January 1900 (has links)
Thesis (doctoral)--Philipps-Universität, Marburg. / Includes bibliographical references (p. 311-336) and indexes.
232

Le régime paroissial des diocèses de rite latin de l'Inde des origines (XVIe siècle) à nos jours

Coutinho, Fortunato. January 1958 (has links)
Thesis (doctoral)--Universitas Catholica Lovaniensis, 1958.
233

The Cinquecento chapel decorations in S. Maria in Aracoeli in Rome

Heideman, Johanna Elfriede Louise, January 1982 (has links)
Thesis (doctoral)--Rijksuniversiteit te Utrecht, 1982. / In English, with summary in Dutch. Includes bibliographical references and index.
234

Die kerk en die sorggewers van VIGS-weeskinders

Strydom, Marina 01 January 2002 (has links)
Text in Afrikaans / Weens die veeleisende aard van sorggewing aan VIGS-weeskinders, bevind die sorggewers hulle dikwels in 'n posisie waar hulle self sorg en ondersteuning nodig het. Die vraag het begin ontstaan op watter manier hierdie sorggewers ondersteun kan word. Dit het duidelik geword dat die kerk vanuit hul sosiale verantwoordelikheid sorg en ondersteuning aan die sorggewers kan bied. Sorggewers van een instansie wat aan die navorsingsreis deelgeneem het, het inderdaad nie genoeg sorg en ondersteuning van die kerk ontvang nie. Hierdie gebrek aan ondersteuning het 'n direkte invloed op die sorggewers se hantering van sorggewingseise. Sorggewers van die ander twee deelnemende instansies ontvang genoeg ondersteuning van lidmate, en dit maak 'n groot verskil aan hoe sorggewingspanning beleef word. In hierdie studie is daar krities gekyk na wyses waarop die kerk betrokke is en verder kan betrokke raak by die sorggewers van VIGSweeskinders. / Philosophy, Practical and Systematic Theology / M.Th. (Praktiese Teologie)
235

Die gemeenteboumodel van Kenon L Callahan : die prakties- teologiese implikasie vir die gemeenskap van gelowiges in die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika

Meyer, Lukas Johannes. 11 1900 (has links)
Text in Afrikaans / Talle Christelike kerke in Suid- Afrika, onder meer die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika, verkeer tans in 'n krisis. Die lidmaattalle toon 'n drasties dalende tendens, minder kinders word gedoop en minder Iidmate le belydenis van geloof af Hierdie krisis, asook die invloed van die postmodernisme op die hedendaagse mens, word aan die hand van die handelingswetenskaplike benadering ondersoek. Die gemeenteboumodel van Kenon L Callahan word gebruik, en daar word gevra tot watter mate hierdie model op die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika toegepas kan word. Wat sal die prakties- teologiese implikasies daarvan op die gemeenskap van gelowiges in die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika wees? Die resultaat van die studie is dat die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika wel met vrug gebruik kan maak van Callahan se model, met inagneming van die kerk se bestaande struktuur, tradisie en geskiedenis. In die toepassing van die model sal daar nuwe, ongekende eise aan die kerk gestel word. / Numerous christian churches in South Africa, including the Dutch Reformed Church of Africa is currently experiencing a crisis. Membership is declining, less children are baptised While new and unknown demands will be made on the church, new and exciting opportunities will also be met each year, and less members are confirmed. This crisis, together with the influence of the post- modernism, is explored using an operational science approach, and a possible solution to this problem is sought. The church growth model ofK.L. Callahan is used to facilitate this research. The applicability of this model to the Dutch Reformed Church of Africa is explored, together with the practical theological implications thereof on the holy community. The result of the study is that the Dutch Reformed Church of Africa can apply Callahan' s model to great affect, while cognisance should be taken of the church's own structure, tradition and history. / Philosophy, Practical and Systematic Theology / Th. M. (Practical Theology)
236

Lidmaatskap van die Nederduitse Gereformeerde Kerk prakties-teologies verken

Lazenby, Martin John. 06 1900 (has links)
Text in Afrikaans / In this study certain dt3ficiencies in connection with administrating church membership are being identified by using statistical information from "Kerkspieel Ill". The cause for these deficiencies can not simply be found in only one or even two factors. It constitutes in several factors some of which are easier to evaluate than others. The fact that it is not easy to measure a cause, does not mean that it should be avoided. Therefore, the practice concerning church membership is being examined in an exploring manner as it is an indispensable organisational matter. It is being approached from two dimensions: first the ecclesiology of the church is studied from a systematic-theological and practical-theological viewpoint with the purpose to determine whether that which the Dutch Reformed Church confesses as church clogma is indeed theologically acceptable. Then, with the ecclesiology as background, the structural phenomenon af church membership is investigated to see in what way the current practice in connection with church membership is conducive or perhaps destructive to the practice of the ecclesiology of the church. After identifying certain descrepancies between the church law and regulations and the E!Cclesiological confession on the one hand, and the church law and regulations and the current practice of membership on the other hand, a new practice for membership is designed. The aim of this new practice is to unite the church's ecclesiological confession and its practice on membership in a closer relationship to each other with the goal to lead members of the church to a fuller understanding of the meaning of their membership. This better understanding will serve as motivation for a more dedicated service to God in honor of his Name. The expectation is that other. renewing projects such as liturgical renewal, will be more effective if it is condu·cted in an atmosphere where members have a better understanding of their membership. / In hierdie studie word vanuit statistiese gegewens soos veral in Kerkspieel Ill opgeteken, sekere lee1mtes wat verband hou met lidmaatskap in die kerk ge'identifiseer. Die oorsake vir die leemtes is sekerlik nie simplisties in slegs een of selfs twee faktore te vind nie. Dit hou verband met 'n verskeidenheid van faktore waarvan sommige makliker meetbaar is as ander. Die feit dat 'n saak nie maklik meetbaar is nie, beteken nie dat dit vermy moet word nie. Daarom word hier verkennend gekyk na die hantering van kerklike lidmaatskap as onontbeerlike organisatoriese aangeleentheid. Dit word van twee kante benader: eerstens word gekyk na die kerk se ekklesiologie vanuit 'n sistematies- en prakties-teologiese perspektief met die doel om vas te stel of dit wat in die Ned Geref Kerk oor die kerk geleer word teologies versoenbaar is. Teen hierdie ekklesiologiese agtergrond word die strukturele verskynsel van lidmaatskap bekyk om uiteindelik na te gaan in watter mate die huidige praxis in VE!rband met lidmaatskap bevorderlik of dalk afbrekend inwerl< op die praxis van die ekklesiologie. Nadat bepaalde diskrepansies tussen die kerkordelike bepalinge en die ekklesiologiese belydenis aan die een kant asook tussen die kerkordelike bepalinge en die huidige praxis van lidmaatskap aan die anderkant aangetoon is, word 'n nuwe praxis vir kerklike lidmaatskap aan die hand gedoen. Die bedoeling is om die kerk se ekklesiologiese belydenis en die betekenis van kerklike lidmaatskap nader aan mekaar te bring sodat die lidmate van die kerk daartoe gelei kan wor:d om al beter te verstaan waarom dit in lidmaatskap eintlik gaan en deur hierdie beter begrip daartoe gemotiveer te word om met groter toewyding die Here tot sy eer te dien. Die verwagting is dat ander kerkvernuwende projekte soos oa die vernuwing van die erediens meer effektief sal wees indien dit geskied waar lidmate ' / Philosophy, Practical and Systematic Theology / D.Th. (Practical Theology)
237

Kernkapasiteite van die predikant as missionale leier in die vorming van ʼn missionale gemeentekultuur

Cordier, Gert Stefanus January 2014 (has links)
Die doelwit met hierdie navorsing is die identifisering van die kernkapasiteite waaroor ʼn predikant as missionale leier binne ʼn hoofstroomgemeente moet beskik ten einde die gemeente suksesvol te kan begelei in die vorming van ʼn missionale gemeentekultuur en bedieningspraktyk. Die navorsing word gedoen binne die konteks van die groot paradigmatiese skuiwe in die missiologie sedert die middel van die vorige eeu, soos dit deur Leslie Newbigin geïnisieer, deur David Bosch aangevul en versterk, en deur die Gospel and Our Culture Network verder gevoer en uitgewerk word. Die missio Dei vorm die vertrekpunt vir ʼn missionale ekklesiologie. Sending is nie ʼn aktiwiteit van die kerk nie, maar die handeling van God Drie-enig. Die funksie van die kerk is deelname aan die missio Dei in die wêreld en ganse skepping. Missionale leierskap setel nie in ʼn individu of amp nie, maar ontvang sy gesag van God en is gegee aan die geloofsgemeenskap. Sodanige leierskap vervul ʼn funksie radikaal verskillend van die tradisionele of kontemporêre definisie van leierskap. Missionale leierskap is in wese geloofsonderskeidend en geloofsvormend van aard en vorm binne die geloofsgemeenskap die kennis, vaardighede, houdinge en gewoontes ten einde die geloofsgemeenskap individueel en korporatief te bemagtig vir die onderskeiding van en deelname aan die missio Dei binne die daaglikse konteks waarbinne God die gemeente roep, vorm en stuur. Vanuit die rol wat histories en ampshalwe aan die predikant in ʼn hoofstroomgemeente toegeken word, vervul die predikant ʼn sleutelfunksie ten einde die gemeente suksesvol te kan begelei in die proses van aanpassende verandering en missionale gemeentevorming. ʼn Kwalitatief empiriese ondersoek by gemeentes binne die Suider-Afrikaanse Vennootskap vir Gestuurde Gemeentes (SAVGG) ondersoek die kernkapasiteite wat vir die predikant as missionale leier nodig is. Die ondersoek onderskei vier verskillende rolle vir die predikant as missionale leier: die predikant as apostel of gestuurde; die predikant as teoloog en taalskepper; die predikant as fasiliteerder en begeleier van die proses van aanpassende kultuurverandering; en die predikant as geestelike begeleier en mentor. Die navorsing onderskei voorts die verskillende kapasiteite (kennis, vaardighede houdinge, en gewoontes) wat kernbelangrik is vir die predikant vir die vervulling van hierdie viervoudige rol op weg na missionale gemeentevorming. / Thesis (PhD)--University of Pretoria, 2014. / gm2014 / Science of Religion and Missiology / unrestricted
238

Die Nederduitse Gereformeerde kerk en die owerheid oor apartheid : 1948- 1991 - 'n kerkhistoriese studie

Tolmay, Barry John January 1994 (has links)
Die historiese wortels van apartheid is vasgele in die tydperk tussen 1652 en 1948. Die Ned. Geref. Kerk het vanaf die dertigerjare van die twintigste eeu die regering versoek om apartheid statuter uit te bou. Met die bewindsverandering in 1948 het 'n nuwe fase van meer as veertig jaar in Suid-Afrika aangebreek. Gedurende hierdie tydperk vind ons 'n hegte band tussen die owerheid en die Ned. Geref. Kerk. Die Ned. Geref. Kerk het in 1948 apartheid vanu it die Skri f geregverd i g en het sy profetiese getuienis daarmee sterk onder verdenking gebring. Die statutere implementering van apartheid het hierna gevolg. Die Ned. Geref. Kerk en die owerheid het hulle standpunte gegrond op die beginsel van voogdyskap. Hiervolgens was blankes die voogde van nie-blankes wat hulle tot mondigheid moet begelei. Na republiekwording is die tuislandbeleid ontwikkel sodat swartmense onafhanklikheid kon verkry. In die praktyk het swartes afhanklik en ondergeskik aan blankes gebly. In 1974 verskyn Ras, Volk en Nasie as amptelike beleidsdokument van die Ned. Geref. Kerk. Die Skriftuurlike begronding verdwyn en apartheid word om praktiese redes onderskryf. Die onluste van 1976 het 'n fase van kritiese evaluering van apartheid ingelei. Die regering het begin om toegewings oor apartheid te maak. As gevolg van die diep kloof tussen politieke oortuigings van Ned Geref. Kerklidmate was die vroee tagtigerjare 'n fase vol huiwering vir die Ned. Geref. Kerk oor apartheid. Die besluit tydens die Algemene Sinode van 1986 dat die Ned. Geref. Kerk "oop" is, was in beginsel 'n sprong weg van apartheid soos gereflekteer in die nuwe beleidsdokument, Kerk en Samelewing. In die fase tussen 1986 en 1991 vind die besliste ontstrengeling van apartheid plaas. Die Ned. Geref. Kerk en die owerheid het dus saam apartheid geimplementeer en saam daarvan weg beweeg. Die Ned. Geref. Kerk het met sy ondersteuning van apartheid en hegte band met die owerheid meegewerk om sy baie "bevoorregte" posisie ten opsigte van die owerheid ongedaan te maak. 'n Era is afgesluit en in die nuwe Suid-Afrika is daar nou 'n nuwe owerheid met nuwe vennote. Indien die Ned. Geref. Kerk nuwe geleenthede aangryp, kan sy Skriftuurlike opdrag, met 'n duidelike profetiese stem, 66k teenoor die owerheid, gehoor word. Die alternatief is 'n eensame pad ... / Thesis (DD)--University of Pretoria, 1994. / gm2014 / Practical Theology / Unrestricted
239

Die rol van die Kerk ten aansien van herstellende geregtigheid in die Suid-Afrikaanse strafregstelsel : 'n teologies-etiese perspektief (Afrikaans)

Van Rooyen, Gert Heldegaard Gerhard 14 March 2012 (has links)
The title of this mini dissertation is: “The role of the church in respect of restorative justice in the South African criminal justice system: a theological ethical perspective”. The purpose of this study is to investigate the concept of restorative justice from a theological ethical perspective and to see how it is applied in the South African criminal justice system so that it can be determined what role the church can play in this regard. In the South African criminal justice system, the focus has been on the perpetrator and how she/he has come into conflict with the state. The fact that in most crimes, victims are affected by the crime, has traditionally not been taken seriously. In this regard the concept of restorative justice can play a vital role. In the second chapter the concept of restorative justice is explained and it is shown what its relationship to retribution is. Various definitions of restorative justice is then given and it is then shown how restorative justice and the concept of ubuntu are interlinked. In Chapter 3, the role of restorative justice in the South African criminal justice system, is discussed. It is shown that restorative justice is already being implemented at various stages of the criminal justice system and also how the Child Justice Act, Act 75 of 2008, has made restorative justice an essential aspect of the child justice system. It then sets out in Chapter 4 the Biblical basis for restorative justice in both the Old and New Testaments and argues that Biblical justice is essentially restorative in nature. It is pointed out that the foundations of Biblical justice are Shalom, Covenant and Torah. On this basis it is then indicated that Biblical justice is an attribute of God, an object of hope and a primary obligation. It leads to a commitment to action and is a relational reality. Because of this relational aspect, it is then indicated how justice is a restorative activity. The Lex Talionis is then discussed and it is shown how retribution and restoration can walk hand in hand as two sides of the same coin. Jesus and Paul’s understanding of Justice is then discussed. In Jesus’s attitude towards forgiveness and the Lex Talionis, it is shown how the restoration of relationships are of primary concern to him. Paul’s view of Justice is then discussed and it is shown that for him Christ’s death is an act of justice which is driven by his love and therefore also restorative in nature. In the last chapter, the role of the Church in Restorative Justice, is discussed. It is shown how churches can support the Restorative Justice movement and mobilize the community to assist in making restorative justice an integral part of the criminal justice system. Finally, suggestions are made as to how churches (and their members) can get involved with victims and perpetrators of crime. Copyright 2011, University of Pretoria. All rights reserved. The copyright in this work vests in the University of Pretoria. No part of this work may be reproduced or transmitted in any form or by any means, without the prior written permission of the University of Pretoria. Please cite as follows: Van Rooyen, GHG 2011, Die rol van die Kerk ten aansien van herstellende geregtigheid in die Suid-Afrikaanse strafregstelsel : 'n Teologies-etiese perspektief (Afrikaans), MA(Theol) dissertation, University of Pretoria, Pretoria, viewed yymmdd < http://upetd.up.ac.za/thesis/available/etd-03142012-200732 / > C12/4/811/gm / Dissertation (MA(Theol))--University of Pretoria, 2013. / Dogmatics and Christian Ethics / unrestricted
240

Vyf dogters van Eva skilder ‘n engel : die gebruik van terapeutiese kuns in die uitlewing van spirituele identiteit by die jong volwasse vrou (Afrikaans)

Strydom, Marina 28 April 2010 (has links)
AFRIKAANS: In die tyd waarin ons leef is daar 'n wêreldwye oplewing in spiritualiteit. Mense raak al meer bewus van die feit dat hulle ook spirituele wesens is. Desnieteenstaande vind baie mense, veral Christene, dit moeilik om hul spiritualiteit uit te leef, aangesien tradisionele geestelike dissiplines nie noodwendig hul behoefte genoegsaam aanspreek nie. In hierdie studie is daar ondersoek ingestel na die gebruik van terapeutiese kuns as geestelike dissipline in die uitlewing van spirituele identiteit by die jong volwasse vrou. Terapeutiese kuns, wat as 'n hibried van tradisionele kunsterapie beskou kan word, het anders as kunsterapie 'n estetiese eindproduk ten doel nie, maar sou ook terapeuties van waarde kon wees. Die effek van 'n estetiese eindproduk op die skepper van die werk kan nie onderskat word nie. Estetika kan 'n belangrike element wees in die ervaring van God. Die estetiese aard van terapeutiese kuns staan daarom in diens van die uitlewing van spirituele identiteit. Dit is juis hierdie blootstelling aan skoonheid en ander estetiese ervarings wat 'n persoon se emosies kan transendeer en blootstel aan die groter, aangrypende realiteit van God. Die teologiese vertrekpunt waarvan hierdie navorsing uitgaan is gegrond in postfundamentele teologie met klem op bemagtigende, profeties-bevrydende, feministies-kontekstuele praktiese teologie. Die werkswyse wat die navorsing onderlê is die narratiewe benadering wat tuiskom binne sosiaal konstruksionisme. Daar word spesifiek gefokus op kwalitatiewe, feministiese, deelnemende navorsingsmetodologie. Die navorsing handel oor die verhaal van die Vyf Dogters van Eva, ek en vier mede-navorsers, wat deur die gebruik van terapeutiese kuns gesoek het na 'n manier om kuns in te span in die uitlewing van ons spirituele identiteit. Die waarde van hierdie navorsing is veral geleë in die feit dat dit gehandel het oor die werklike lewensverhale van vyf vroue en hul belewenis van terapeutiese kuns in die uitlewing van hul spiritualiteit. Die uitkoms van die navorsing is dus allesbehalwe 'n blote hipotese. Dit is "ervaarde werklikheid", wat hopelik ook vir ander van waarde sal kan wees. Alhoewel dit in hierdie studie duidelik word dat kuns en spirituele identiteit allesbehalwe onversoenbare terme is, bestaan daar steeds die persepsie in die kerk dat daar spanning tussen die kerk en kuns bestaan. Om hierdie rede word daar aandag gegee aan die verhaal van kuns in die kerk sedert die vroegste tyd, om sodoende te probeer verstaan waar hierdie spanning vandaan kom. Daar word ook gesoek na nuwe maniere om die verhouding tussen kuns en die kerk te beskou. Die veld van kunsterapie word ondersoek en daar word ondersoek ingestel na die treffende verband tussen kunsterapie en die narratiewe benadering. Daar word ook aandag gegee aan die vrou se unieke belewenis van haar spiritualiteit en geloofsontwikkeling, asook na spirituele identiteit, om sodoende verdere Iig te werp op die potensiele verhouding tussen kuns en geloof. Die belang van die ontwikkeling van 'n unieke simboolsisteem vir elke individu bestaande uit simbool, metafoor en ritueel in die beoefening van kuns as geloofsdissipline geniet ook aandag. ENGLISH: Recently there has been a worldwide revival in spirituality. People increasingly perceive themselves as spiritual beings. Yet lots of people, especially Christians, find it difficult to realise their spirituality. Traditional spiritual disciplines do not address this need sufficiently. In this research the use of therapeutic art as spiritual discipline in the realisation of spirituality in the young adult woman has been investigated. Therapeutic art, which can be seen as a hybrid of traditional art therapy, differs from art therapy in that it aims to achieve an aesthetic end product - yet it can be experienced as therapeutic. Although therapeutic art underlines the importance of aesthetics, it does not undermine the therapeutic process. The effect of an aesthetic end product on its creator can not be under estimated. Therapeutic art enhances the realisation of spiritual identity as its aesthetic quality serves as a means of experiencing God. It is this exposure to beauty and other aesthetic experiences that transcends an individual's emotions and exposes him/her to the greater, poignant reality of God. The theological basis of the research is grounded in postfoundational theology, focusing on empowering, prophetic-liberating, feministic-contextual practical theology. The research method is rooted in the narrative approach as found in social constructionism. Specific emphasis is placed on qualitative, feministic and participatory action research methodology. The research tells the story of the Five Daughters of Eve, myself and four co¬researchers, who use therapeutic art in search of the realisation of our spiritual identity. The research is not aimed at generalising outcomes. The outcome of the research is of specific value, due the fact that the true life stories of five women and their experience of therapeutic art in the realisation of their spirituality is highlighted. The outcome of the research is not only a hypothesis - it is based on 'experienced reality' that aims to serve as a contextual framework for others in search of the realisation of their spiritual identity. Research findings clearly support the fact that art and spiritual identity are not irreconcilable ideas. The relationship between the church and art are often perceived as strenuous. As point of departure, it is attempted to create an understanding for the narrative of the church and art. A common basis of understanding is required to fully comprehend the reason for this tension. As far as the relationship between the church and art is concerned, a search is undertaken towards new ways of understanding. The art therapy field is examined and used as basis for explanation. Research focuses on the connection between art therapy and the narrative approach. The unique experience of women's spirituality and faith development, as well as spiritual identity in relation to the potential relationship between art and faith are exposed. Inquiry is conducted in the importance of a unique system of symbols, consisting of symbol, metaphor and ritual in the pursuit of art as spiritual discipline. / Thesis (PhD)--University of Pretoria, 2010. / Practical Theology / unrestricted

Page generated in 0.2444 seconds