• Refine Query
  • Source
  • Publication year
  • to
  • Language
  • 16
  • 7
  • 5
  • Tagged with
  • 37
  • 19
  • 18
  • 18
  • 12
  • 10
  • 10
  • 9
  • 7
  • 5
  • 4
  • 3
  • 3
  • 3
  • 3
  • About
  • The Global ETD Search service is a free service for researchers to find electronic theses and dissertations. This service is provided by the Networked Digital Library of Theses and Dissertations.
    Our metadata is collected from universities around the world. If you manage a university/consortium/country archive and want to be added, details can be found on the NDLTD website.
31

Coercive agrarian work in South Africa, 1948 - 1965 : 'farm labour scandals'?

Muller, Cornelis Hermanus 09 December 2011 (has links)
This dissertation puts into historical context allegations of farm labour abuse during the period 1948 to 1960 on the eastern Transvaal Highveld. It not only gives an exposition of these events, but importantly analyses these allegations of abuse in the context of the South African government’s intervention into farm labour for this period. The dissertation, however, first gives an overview of the government’s policies of regulating and providing farmers with black labour in the period 1910 to 1948. It deals specifically with the dubious measures introduced and coercive actions taken by the National Party government after 1948 to provide farmers with “cheap and plentiful labour”. The reactions to the accusations of abuse by the South African government, the farmers, the conservative, liberal and leftist press, and other independent bodies, such as the churches, Black Sash and the South African Institute of Race Relations, are also explored. The reaction of the African National Congress and the Potato Boycott launched in 1959 by this organisation in response to the mistreatment of farm labourers, also receives specific attention. It concludes with a discussion of how the farm labour scandals and the reaction during the 1950s and more specifically the Potato Boycott of 1959 are still relevant today by considering the contested nature of the commemoration of this event in 2009 AFRIKAANS : Hierdie verhandeling plaas bewerings van die misbruik van plaasarbeid gedurende die periode 1948 tot 1960 op die oostelike Transvaalse Hoëveld in historiese konteks. Dit bied nie net ‘n uiteensetting van hierdie gebeure nie, maar ontleed dié bewerings van mishandeling teen die agtergrond van die Suid-Afrikaanse regering se ingryping ten opsigte van plaasarbeid vir dié tydperk. Die verhandeling bied ten eerste ‘n oorsig van die regering se beleid van die regulering en voorsiening van swart arbeid aan boere gedurende die periode 1910 tot 1948. Dit handel spesifiek oor die twyfelagtige dwangmaatreëls wat deur die Nasionale Partyregering na 1948 geïmplementeer is om boere van “goedkoop en voldoende arbeid” te voorsien. Die reaksies op die bewerings van mishandeling deur die Suid-Afrikaanse regering, die boere, die konserwatiewe, liberale en linkse pers, as ook ander selfstandige instansies, soos die kerke, Black Sash en die Suid-Afrikaanse Instituut van Rasseverhoudinge word ook ondersoek. Die reaksie van die African National Congress en die aartappelboikot wat deur die organisasie in 1959 van stapel gestuur is in reaksie op die mishandeling van plaaswerkers, work ook ontleed. Die studie sluit af met ‘n bespreking van hoe die plaasarbeidskandale, die reaksie in die 1950s en meer spesifiek die aartappelboikot van 1959, steeds vandag relevant is teen die agtergrond van die omstrede herdenking van die gebeurtenis in 2009. / Dissertation (MHCS)--University of Pretoria, 2011. / Historical and Heritage Studies / unrestricted
32

Grondbeginsels vir die ontwerp van opvoedkundige rekenaarspeletjies vir die klaskamer (Afrikaans)

De Villiers, Jan Adriaan 21 July 2008 (has links)
Computer games have not only invaded the lives of children, but the lives of adults as well. Increasingly, computer games have become a part of popular culture. Initially computer games were considered to be a waste of time, time that could have been better spent doing more worthwhile activities such as studying and physical exercise. Recently, however, attitudes towards computer games have changed; teachers, parents and researchers have started to regard computer games as a possible educational resource. During this new information age it is possible that the children who are part of the Net generation have started to think and process information differently, and that they may have different educational needs. Some researchers think that computer games may serve as an educational tool to support their learning. This literature survey provides an overview of current literature on computer games and education. The review examines the aspects of computer games that support learning, such as motivational factors, social interaction and learning through doing. Further, the review studies the negative aspects that prevent games from being accepted as an educational tool such as the violence portrayed, game addiction, negative stereotyping and asocial behaviour. The Net generation is also examined. The review looks at their characteristics, thinking patterns, skills and their expectations of education. The review then serves as a basis to provide some guidelines for the selection and usage of computer games in the classroom. / Dissertation (MEd (Computer-Integrated Education))--University of Pretoria, 2007. / Science, Mathematics and Technology Education / unrestricted
33

Die monargale tydvak in die geskiedenis van Israel

Theron, Jacques 08 1900 (has links)
Text in Afrikaans / Hierdie verhandeling dek oor die algemeen die groter geheel van die Monargale Tydvak in die geskiedenis van Israel en Juda. Daar word egter meer spesifiek gefokus op die koningskap van Josia, `n merkwaardige koning van Juda, en sy godsdienstige hervormings wat van stapel gestuur is na aanleiding van die vonds van die wetboek in die Tempel. Die verhaal van Josia word geskets teen die agtergrond van die politieke klimaat in die antieke Nabye Ooste voor- en tydens sy koningskap. Aandag word dus gegee aan ander nasies en die invloed wat hulle op Juda gehad het. Daar word ook gekyk na daardie profete wat moontlik `n invloed op Josia kon gehad het, hetsy profete wat aktief was tydens sy koningskap of in die jare onmiddellik daarvoor. Laastens word ook na die Deuteronomistiese Geskiedenis gekyk ten einde die moontlike verband daarvan met Josia en sy hervormings te bepaal / This dissertation covers, in generaL the topic of the Monarchial Period in the history of Israel. More specific attention is given to Josiah. a remarkable king of Judah, and his program of religious refonn, that was set in motion with the discovery of the Book of the Law in the Temple. The story of Josiah is told against the background of the political climate in the ancient Near East prior to and also during Josiah's reign. Other nations and their influence on Judah is carefully considered in this regard. Attention is also given to those prophets that could possibly have influenced Josiah. Some of these prophets were active during Josiah's reign and others in the years preceding his reign. Lastly the Deuteronomistic History is considered to determine the possible links to Josiah and his refonn program / Old Testament / M.Th. (Old Testament)
34

Die monargale tydvak in die geskiedenis van Israel

Theron, Jacques 08 1900 (has links)
Text in Afrikaans / Hierdie verhandeling dek oor die algemeen die groter geheel van die Monargale Tydvak in die geskiedenis van Israel en Juda. Daar word egter meer spesifiek gefokus op die koningskap van Josia, `n merkwaardige koning van Juda, en sy godsdienstige hervormings wat van stapel gestuur is na aanleiding van die vonds van die wetboek in die Tempel. Die verhaal van Josia word geskets teen die agtergrond van die politieke klimaat in die antieke Nabye Ooste voor- en tydens sy koningskap. Aandag word dus gegee aan ander nasies en die invloed wat hulle op Juda gehad het. Daar word ook gekyk na daardie profete wat moontlik `n invloed op Josia kon gehad het, hetsy profete wat aktief was tydens sy koningskap of in die jare onmiddellik daarvoor. Laastens word ook na die Deuteronomistiese Geskiedenis gekyk ten einde die moontlike verband daarvan met Josia en sy hervormings te bepaal / This dissertation covers, in generaL the topic of the Monarchial Period in the history of Israel. More specific attention is given to Josiah. a remarkable king of Judah, and his program of religious refonn, that was set in motion with the discovery of the Book of the Law in the Temple. The story of Josiah is told against the background of the political climate in the ancient Near East prior to and also during Josiah's reign. Other nations and their influence on Judah is carefully considered in this regard. Attention is also given to those prophets that could possibly have influenced Josiah. Some of these prophets were active during Josiah's reign and others in the years preceding his reign. Lastly the Deuteronomistic History is considered to determine the possible links to Josiah and his refonn program / Biblical and Ancient Studies / M.Th. (Old Testament)
35

Machadodorp tot en met dorpstigting in 1904 (Afrikaans)

Jooste, Cecilia Petronella 13 November 2008 (has links)
Die verhandeling begin met 'n beknopte oorsig oor die plek en aard van plaaslike geskiedenis in Westerse en Suid-Afrikaanse historiografie. Machadodorp se geografiese ligging, sowel as fisiese faktore soos geografie en klimaat was bepalend tydens die vroeë vestigingsgeskiedenis. Uit argeologiese navorsing wat in die groter streek gedoen is, is vasgestel dat Steentydperkmense, Ystertydperkmense en swart gemeenskappe soos die Koni, Pedi en Swazi van die vroegste inwoners van die gebied was. Gedurende die laaste helfte van die negentiende eeu het die eerste wit setlaars die gebied binnegekom. Die bou van die hoofspoorlyn, die Oosterlijn, na die Portugese hawe Delagoabaai was belangrik vir die behoud van die politieke en ekonomiese onafhanklikheid van die ZAR. Die geskiedenis van die opmeet, bou en ontwikkeling van hierdie spoorlyn en die ontstaansgeskiedenis van Machadodorp is nou verweef. Aanvanklik was albei nedersettings, Machadodorp en Carolina, deel van die Lydenburglanddrosdistrik. Toe Carolina in 1893 tot onafhanklike landdrosdistrik geproklameer is, moes die ZAR-regering uitsluitsel gee tot watter distrik Machadodorp sou hoort. Die uiteindelike besluit dat dit deel van die Lydenburg-landdrosdistrik moes bly, sou vir Machadodorp en omgewing langdurende administratiewe gevolge inhou. Die Anglo-Boereoorlog was die mees ingrypende gebeurtenis in Machadodorp se geskiedenis voor 1904. Nadat Pretoria, die hoofstad van die ZAR, deur die Britse magte beset is, het Machadodorp die tydelike regeringsetel van die ZAR geword (5 Junie 1900 tot 27 Augustus 1900). Die Britse troepe het Machadodorp op 28 Augustus 1900 beset en op 1 September 1900 het lord Roberts, die opperbevelhebber van die Britse troepe in suider-Afrika, die Transvaal as deel van die Britse ryk geproklameer. Britse troepe was op die dorp tot na die vredesluiting in 1902. Die verhandeling word afgesluit met 'n bespreking van die administratiewe proses waarvolgens Machadodorp tot dorp geproklameer is. Hierdie proses, wat deur die uitbreek van die oorlog onderbreek is, is tydens die koloniale tydperk voltooi. Op 30 Desember 1904 is Machadodorp tot dorp geproklameer en het die eerste fase in die dorp se ontwikkelingsgeskiedenis tot 'n einde gekom. ENGLISH : The dissertation begins with a brief review of the nature and status of local history in Western and South African historiography. The geographic location of Machadodorp as well as physical factors, such as geology and climate, determined early settlement patterns. From archaeological research in the area it was determined that the earliest inhabitants of the greater Machadodorp area were Stone Age people, Iron Age people and black communities, such as the Koni, Pedi and Swazi. During the last half of the nineteenth century the first whites settled in the region of Machadodorp. To retain their political and economic independence the ZAR had to obtain a non- British route to the outside world. This idea could only be realized if a railway line, the Oosterlijn, was built to the Portuguese harbour of Delgoa Bay. There is a very close link between the surveying, planning, building and development of this railway line and the history of the establishment of Machadodorp. Initially, the two settlements, Machadodorp and Carolina were part of the Lydenburg magisterial district. When Carolina was proclaimed an independent magisterial district in 1893, the ZAR government had to make a decision regarding the district to which Machadodorp would belong. The eventual decision that Machadodorp should remain part of the Lydenburg magisterial district resulted in long term administrative consequences for the Machadodorp area. The Anglo Boer War was the most influential event in the history of Machadodorp prior to 1904. After Pretoria, the capital of the ZAR was occupied by the British forces Machadodorp became the temporary seat of the ZAR government (5 June 1900 – 27 August 1900). On 28 August 1900 the town was occupied by the British troops and on 1 September 1900 Lord Roberts, Commander-in-chief of the British troops in Southern Africa, proclaimed the Transvaal as part of the British Empire. The British troops remained in Machadodorp until after the peace negotiations in 1902. The dissertation concludes with a discussion of the process by which Machadodorp was proclaimed a town. This process which started before the outbreak of the war was disrupted by the war and was only completed after the war. On 30 December 1904 Machadodorp was proclaimed a town, whereby the first phase in Machadodorp’s developmental history was concluded. / Dissertation (MA)--University of Pretoria, 2011. / Historical and Heritage Studies / unrestricted
36

“Ek het 'n roeping” : vrouepredikante se toelating in die Nederduitse Gereformeerde Kerk : 'n kerkhistoriese en prakties-teologiese studie (Afrikaans)

Buchner, Elsje Petronella 27 August 2008 (has links)
In hierdie navorsing word die toelating van vrouepredikante in die Nederduitse Gereformeerde Kerk vanuit ’n kerkhistoriese en prakties-teologiese hoek bestudeer. Die navorsingswaardes wat in die sosiaal-konstruksionisme geld, naamlik dat sodanige navorsing ’n deelnemende en verhalende proses is, dat die invloed van diskoerse bestudeer word en dat die belangrikheid van taal in ag geneem word, is in die navorsing verreken. Vanuit ’n post-fundamentele teologiese posisionering is van ’n paar van die bewegings in ’n postfundamentele prakties-teologiese metodologie gebruik gemaak om na die belewing van agt vroueproponente en -predikante deur die loop van die proses van toelating, én daarna, te luister en saam met hulle te interpreteer. Daar is van die volgende bewegings gebruik gemaak: Die beskrywing van die verskillende kontekste waarteen die roepingsverhale en loopbane van vrouepredikante afgespeel het; die aanhoor en beskrywing van die kontekstuele ervarings van die betrokke vroue; die interpretasie van en betekenisgewing aan die verhale in samewerking met die vroue wat as medenavorsers geag word en die beskrywing van en refleksie oor die ervaring van God se teenwoordigheid in hulle roepingsverhale en bedieninge as proponente en predikante. Hierdie postfundamentele prakties-teologiese metodologie is inherent narratief van aard en sluit ook nou aan by die denklyne wat in die sosiaal-konstruksionisme geld. Deur hierdie metodologie is daar probeer om ’n bydrae te lewer tot die ontwikkeling en uitbou van mondelinge geskiedenis. Die beskrywing van vroue se verhale is terselfdertyd ook vrouegeskiedenis wat poog om vroue meer hoor- en sigbaar in algemene geskiedenis, maar spesifiek ook kerkgeskiedenis te maak. Die metodologie pas ook binne ’n meer postmoderne benadering tot geskiedenis in. Aan die hand hiervan is die breër landkaart en historiese konteks waarteen die roepingsverhale van vrouepredikante en kerklike vergaderings oor ’n tydperk van bykans 107 jaar afgespeel is, in breë trekke en deur middel van tydlyne beskryf. Die ontwikkeling en uitbouing van die volksmoederdiskoers oor die dieselfde tydperk is van nader beskou. Daar is verder gekyk na die invloed wat die breër konteks en die volksmoederdiskoers op vroue gedurende die twintigste eeu gehad het, hoe vroue oor die algemeen hulleself in bepaalde vroueruimtes soos vroue-organisasies uitgeleef het en of Afrikanervroue se stemme in die openbaar gehoor is al dan nie. Teen hierdie agtergrond is die verloop van die kerklike debat oor die toelating van vroue tot die besondere ampte, naamlik diakens, ouderlinge en vrouepredikante, beskryf. Hierdie debat kan in drie tydperke opgedeel word. Die eerste tydperk wat van 1966-1978 strek kan as ’n tyd van nadenke beskryf word. Vanaf 1982 tot 1990 is die debat deur ’n sterk verskil in Skrifbeskouing gekenmerk. Die laaste tydperk wat vanaf 1991 tot 2007 strek, beskryf hoe die praktyk stadig pos gevat het en hoe die gesprek uiteindelik na gendersake uitgebrei het. Die vroueproponente en -predikante se roepingsverhale, hulle belewenis van God in die pad wat hulle moes loop en eerste treë in die bediening is weer deurgaans teen die agtergrond van die breër landkaart, volksmoederdiskoers en die NG Kerk se verskillende sinodes aangehoor, beskryf en in samewerking met hulle geïnterpreteer. Bykomend tot die groep persoonlike verhale is twee verhale van vroue wat reeds voor 1950 teologie studeer het en nie meer vandag leef nie, opgeteken. In al die gesprekke het die belangrikheid van vrouepredikante se roepingsverhale, hulle positiewe en negatiewe belewenisse in die kerk, die impak van oorwegend manlike kerktaal op vroue, die gemis en impak van rolmodelle, die frustrasies rondom proponentskap en hulle belewing van God onder andere na vore gekom. Dit is ook opmerklik dat vrouepredikante oor die algemeen nie aktief aan die debat deelgeneem nie en dat die meeste van die medenavorsers in hierdie studie ’n bepaalde stuk ongemak met gendersake en feminisme beleef. Hulle laat net soos in die volksmoederdiskoers die praatwerk aan ander oor. / Thesis (DD)--University of Pretoria, 2008. / Church History and Church Policy / unrestricted
37

A contextual history of South African ceramics of the twentieth and twenty-first centuries / Kontekstuele geskiedenis van Suid-Afrikaanse keramiekkuns van die twintigste en een-en-twintigste eeu / Isizinda somlando weseramiki kwikhulu leminyaka lamashumi amabili kanye namashumi amabili nanye eNingizimu Afrika

Watt, Ronald 08 1900 (has links)
Text in English with summaries and keywords in English, Afrikaans and Zulu / Presented in two volumes. Volume 2 contains colour photographs / Bibliography: (volume 1: leaves 181-219) / The history of South African ceramics of the twentieth and twenty-first centuries tends to be presented in a compartmentalised manner in that it focuses on the leading exponents within genres and is limited to an investigation of the contexts that have an immediate bearing on their oeuvres. The result is a fragmented (and sometimes biased) view of the role players, circumstances, influences and incentives that have come to define South African ceramics. The thesis introduces key contributors who have hitherto been considered in relation to crafts and fine art but whose work with ceramic materials places them firmly within the ambit of South African ceramics. It also positions and evaluates the roles of the formal and informal twentieth-century educational and training agencies that, within the constraints of imposed political dogma, produced ceramists who successfully challenged staid Western aesthetics. Particular attention is given to how the black “traditional potters” exercised agency in negotiating a contemporary (as opposed to an ethnographic) presence in which they referenced the forms, meanings and values of “traditional pottery” to meet the expectations of the collector’s market. The thesis posits that the ceramists’ quest to claim an identity (or an “indigeneity”) in the turbulent political era of the later twentieth century has parallels with the intent and outcomes of African Modernism. African Modernism, which arose in postcolonial countries, sought to challenge Western binaries of art, craft, identity and presence and typically made use of hybridity to that end. The same presence of hybridity is evident in twentieth-century South African ceramics, which must be read as an engagement with a multi-cultural society within which the ceramists sought to position themselves. The thesis illustrates the progression of hybrid features from an initially crude and superficial referencing of indigenous and African material culture to subjective translations of that culture that are presented in innovative approaches. This theme is further explored in relation to South African ceramics of the twenty-first century, and evidence suggests that some of the ceramists’ oeuvres can now be considered transcultural and even transnational. The thesis, which is by its nature an enquiry that presents new or reassessed evidence is neither a fully inclusive nor an absolutist revision of the history of ceramics. / Die geskiedenis van Suid-Afrikaanse keramiekkuns van die twintigste en een-entwintigste eeu is geneig om op ʼn onderverdeelde wyse voorgehou te word, omdat dit op die hoofeksponente in genres fokus en beperk is tot ʼn ondersoek na die kontekste wat ʼn direkte uitwerking op hul oeuvres het. Die resultaat is ʼn gefragmenteerde (en soms bevooroordeelde) beskouing van die rolspelers, omstandighede, invloede en aansporings wat Suid-Afrikaanse keramiekkuns definieer. Die tesis stel sleutelbydraers bekend wat tot dusver met handwerk en beeldende kuns verbind is, maar wie se werk met keramiekmateriale hulle sonder twyfel binne die sfeer van Suid-Afrikaanse keramiekkuns plaas. Daarbenewens posisioneer en evalueer die tesis die rolle van die formele en informele twintigsteeeuse opvoeding- en opleidingsagentskappe wat, binne die beperkings van voorgeskrewe politieke dogma, keramiste opgelewer het wat oninspirerende Westerse estetika suksesvol betwis het. Aandag word veral geskenk aan hoe die swart “tradisionele pottebakkers” bemiddeling uitgeoefen het in die verwesenliking van ʼn kontemporêre (teenoor ʼn etnografiese) teenwoordigheid waarin hulle verwys het na die vorme, betekenisse en waardes van “tradisionele pottebakkery” om aan die verwagtinge van die versamelaarsmark te voldoen. Die tesis voer aan dat daar parallelle bestaan tussen die keramis se soeke om op ʼn (inheemse) identiteit te kan aanspraak maak in die onstuimige politieke era van die latere twintigste eeu, en die oogmerke en uitkomste van Afrika-modernisme. Afrika-modernisme het in na-koloniale lande ontstaan en het beoog om Westerse binêre pare van kuns, handwerk, identiteit en teenwoordigheid te betwis; om hierdie doel te bereik is hibridisme gewoonlik gebruik. Dieselfde teenwoordigheid van hibridisme kan gesien word in Suid-Afrikaanse keramiekkuns van die twintigste eeu, wat beskou moet word as ʼn gemoeidheid met ʼn multikulturele samelewing waarin die keramiste hulself probeer posisioneer. Die tesis illustreer die vooruitgang van hibriede eienskappe, van ʼn aanvanklik onafgewerkte en oppervlakkige verwysing na inheemse en Afrika- materiële kultuur, na subjektiewe interpretasies van daardie kultuur wat in innoverende benaderings voorgehou word. Hierdie tema word verder ondersoek in verband met SuidAfrikaanse keramiekkuns van die een-en-twintigste eeu, en bewyse dui daarop dat sommige van die keramiste se oeuvres nou as transkultureel en selfs as transnasionaal beskou kan word. Die tesis, wat in wese ʼn ondersoek is wat nuwe of hersiende bewyse voorhou, is nóg ʼn ten volle inklusiewe nóg ʼn absolutistiese hersiening van die geskiedenis van keramiekkuns. / Umlando weseramiki yaseNingizimu Afrika kwikhulu leminyaka lamashumi amabili namashumi amabili nanye uvamise ukwethulwa ngendlela ehlukaniswe ngezigaba ngokuthi igxile phezu kwezingcweti ezihola phambili ngaphakathi komkhakha wezinhlobo kanti lokhu kugxile kuphela kuphenyo lwezizinda ezinomthintela osheshayo phezu kwemisebenzi yonke yalezo zingcweti. Umphumela ukhombisa umbono owehlukene (kanti ngesinye isikhathi umbono owencike kwingxenye eyodwa) wabadlalindima, wezimo, wemithelela kanye neziphembeleli ezichaza iseramiki eNingizimu Afrika. Ithesisi yethula abagaleli abasemqoka ukufika manje okudala benakiwe mayelana nemisebenzi yobuciko kanye nemisetshenzana yobuciko obuncane kodwa imisebenzi yayo yomatheriyali weseramiki ibabeka ngaphakathi komkhakha wezeseramiki eNingizimu Afrika. Lokhu kuphinde futhi kuhlole izindima zezinhlaka zemfundo nezoqeqesho ezihlelekile nezingahlelekile, lezo ngaphaklathi kwezihibhe zohlelo olumatasa lwepolitiki, lukhiqize osolwazi bezeseramiki abaphonsele inselele ngempumelelo osolwazi bezobuhle beNtshonalanga. Kugxilwe kakhulu kwindlela ababumbi bendabuko abamnyama “traditional potters” abasebenzisa ngayo ubummeli uma bexoxisana ukubonakala emsebenzini wesikhathi samanje (njengoba lokhu kuphambene ne-ethinigrafi) lapho baye bariferensa izindlela, izincazelo kanye nezinga lobugugu bobuciko bendabuko bokubumba ukufeza izinhloso ezilindelwe zemakethe yabaqoqi bomsebenzi wobuciko. Ithesisi iyasho ukuthi impokophelo yosolwazi bezeseramiki yokuzitholela uphawu oluchaza ubunjalo babo (or an “indigeneity”) esikhathini esibucayi sezepolitiki sekhulu leminyaka yamashumi amabili inezimpawu ezifanayo ngenhloso kanye nemiphumela yohlelo lwesimanjemanje sase-Afrika African Modernism. Uhlelo lwe-African Modernism, oluqhamuka kumazwe avele ngemuva kombuso wobukoloni, luphonsela inselele yezinhlelo zobuciko, yesithombe sobuciko kanye nobukhona bobuciko kanti ikakhulukazi bukhandwe ngobuciko bokuhlanganisa izinhlobo (hybridity) ezahlukile. Ubukhona bohlelo lokusebenzisa izinhlaka ezahlukile lwe-hybridity lubonakala kwimisebenzi yeseramiki yesenshuwari yamashumi amabili yaseNingizimu Afrika, okufanele ifundwe njengomsebenzi ohlanganiswe ndawonye nomphakathi wamasiko amaningi, kanti ngalo msebenzi ababumbi beseramiki bafuna ukuziphakamisa ngawo. Ithesisi ikhombisa intuthuko yezimpawu wumsebenzi oyingxubevange (hybrid) ovela kwindlela yokureferensa eluhlaza neyobuciko bamaqhinga bosiko lwendabuko lomatheriyeli wase-Afrika ukuphawula ngemisebenzi ehunyushiwe yalolo siko eyethulwe ngezindlela ezinamaqhinga amasha. Lesi sihloko siqhubekela phambili nokuhlolwa mayelana nohlelo lweseramiki eNingizimu Afrika kwisenshuwari yamashumi amabili, kanti ubufakazi buyasho ukuthi eminye imisebenzi yosolwazi bobuciko beseramiki ingathathwa njengemisebenzi ekhombisa ukushintsha amasiko kanye nokushintsha kwesizwe. Ithesisi, ngokwemvelo yayo ingumbuzo owethula ubufakazi obusha noma ubufakazi obubuyekeziwe, le thesis ayiwona umsebenzi oxuba konke futhi ayikona ukubuyekezwa kwangempela komlando weseramiki. / Art History, Visual Arts and Musicology / D. Phil. (Art)

Page generated in 0.0468 seconds