• Refine Query
  • Source
  • Publication year
  • to
  • Language
  • 44
  • 42
  • 10
  • Tagged with
  • 132
  • 88
  • 37
  • 27
  • 22
  • 21
  • 21
  • 20
  • 18
  • 16
  • 16
  • 16
  • 15
  • 15
  • 14
  • About
  • The Global ETD Search service is a free service for researchers to find electronic theses and dissertations. This service is provided by the Networked Digital Library of Theses and Dissertations.
    Our metadata is collected from universities around the world. If you manage a university/consortium/country archive and want to be added, details can be found on the NDLTD website.
121

Emosionele gereedmaking van voorskoolse kinders vir skooltoetrede / The emotional preparation of pre-primary children for school entry

Scholtz, Janine 11 1900 (has links)
Summaries in Afrikaans and English / Hierdie studie spreek die emosionele skoolgereedheid van voorskoolse kinders aan. Die voorskoolse kind met sy basiese emosies vanuit sielkundig opvoedkundige perspektief word in die studie van naderby beskou. Tydens die studie is die basiese emosies volgens Plutchik (1980) wat bepalend vir die emosionele skoolgereedheid van die skooltoetreder is, geidentifiseer. Na aanleiding van nuwe insigte waartoe gekom is, het die navorser 'n eie emosionele skoolgereedheidsevalueringslys volgens Plutchik (1980) se basiese emosies antwerp, wat as 'n maatstaf vir die evaluering van emosionele skoolgereedheid kan dien. 'n Empiriese ondersoek is onderneem om te bepaal of 'n aantal proefpersone volgens n emosionele skoolgereedheidsevalueringslys emosioneel skoolgereed is al dan nie. Emosionele tekorte is vanuit die emosionele skoolgereedheidsevalueringslys geidentifiseer, waarna diagnostiese en terapeutiese tegnieke vir emosionele skoolgereedmaking kortliks bespreek is. Opvoedkundige sielkundiges kan die diagnostiese en terapeutiese tegnieke as hulpmiddel gebruik om emosionele tekorte, wat moontlik 'n blokkasie vir emosionele skoolgereedheid inhou, aan te spreek. / This stidu addresses the emotional school preparedness (readiness) of pre-primary children. The pre-primary child with his basic emotions from a psychological educational perspective is examined more closely in this study. During this study the basic emotions according to Plutchik {1980) that determine the emotional school readiness of the school entrant, were identified. On account of new insights gained, the researcher designed a school readiness evaluation list of her own according to Plutchik's (1980) basic emotions. This list can serve as a guideline for the evaluation of emotional school readiness. An empirical study was undertaken to determine whether a number of experimental subjects {children) were ready for school or not. Emotional deficiencies were identified by means of the emotional school readiness evaluation list, whereafter diagnostic and therapeutic techniques for the emotional preparation of children were briefly discussed. Educational psychologists can use these diagnostic and therapeutic techniques as an aid to address emotional deficiencies, which may impede the emotional school readiness of children. / Educational Studies / M. Ed. (met spesialisering in Voorligting)
122

Aspekte van berekeningsmetodes by die bepaling van verlies aan onderhoud van afhanklike kinders

Grosskopf, Johann Wilhelm 06 1900 (has links)
Text in Afrikaans, abstract in Afrikaans and English / Different methods of calculation of the loss of support of minor children, are investigated. According to one method (A), one first has to establish that the deceased's income was not all absorbed for his/her own maintenance. Only if there is surplus income available, it can be inferred that the deceased contributed towards the maintenance of the minor children and that the children have suffered a loss. According to another method (B) both parents' income are added and then divided between the family members. The minor child's loss of support is an amount which represent his/her share in the deceased's own income - a child automatically suffers a loss according to this method, in the event of death of a parent. Method B ought to be applied, because it is consistent with the reciprocal duty of support between spouses and the duty of spouses to maintain children. / Verskillende metodes om die verlies aan onderhoud van afhanklike kinders te bereken word ondersoek. Volgens een benadering (A) moet eers vasgestel word of die oorledene se inkomste nie alles geabsorbeer is vir sy /haar eie onderhoud nie. Slegs indien daar surplusinkomste was, kan aanvaar word dat die oorledene bygedra het tot die onderhoud van die minderjarige kinders en dat die kinders 'n verlies ly. Volgens die ander benadering (B) word beide ouers se inkomste bymekaar getel en dan tussen die gesinslede verdeel. Elke minderjarige kind se verlies aan onderhoud is 'n bedrag wat sy/haar aandeel in die oorlede ouer se afsonderlike inkomste verteenwoordig - 'n kind ly outomaties volgens hierdie metode 'n verlies. Metode B behoort meestal aanwending te vind, aangesien dit in ooreenstemming is met die wederkerige onderhoudsplig tussen gades en die plig van ouers om hul kinders te onderhou. / Private Law / LL. M. (Law)
123

Experiences of practitioners in early childhood development centres in impoverished and marginalised predominantly white communities

Knafo, Tilana 12 1900 (has links)
Poverty is a global concern and the implementation of a quality early childhood development (ECD) programme is one of the most powerful ways of breaking the poverty cycle. Although research has been done regarding ECD centres in impoverished, marginalised and predominantly black communities (informal settlements), there is little, if any, similar research regarding predominantly white settlements. The purpose of this narrative study is to explore and understand the experiences of ECD practitioners regarding their work in impoverished and marginalised predominantly white communities. I, therefore, conducted this study from a social constructivist paradigm. The participants constructed their realities based on their lived experiences and interaction with others. The experiences of the participants were also influenced by their entire ecological system – their everyday experiences in their work and lives, as well as more distal influences for example South-Africa’s socio-political dispensation and cultural influences. Consequently the study was framed within the Ecological Systems Theory of Bronfenbrenner. I collected data through narrative interviews with two participants (ECD practitioners), and through field notes from observations, documents, photographs and artefacts. From the coded data, four main themes emerged – social and personal experiences, experiences concerning place, experiences with camp leadership and experiences concerning support infrastructure. These themes will be useful to determine the kind of support that practitioners need to ensure the quality of ECD programmes to support the optimal development of the children. / Armoede is ʼn globale probleem en kwaliteit kleinkinderontwikkelingsprogramme (KKO-programme) is een van die kragtigste maniere om die armoede-siklus te verbreek. Alhoewel daar navorsing omtrent KKO-sentra in verarmde en gemarginaliseerde oorwegend swart gemeenskappe (informele nedersettings) gedoen is bestaan daar min, indien enige, soortgelyke navorsing in oorwegend blanke nedersettings. Die doel van hierdie narratiewe studie is om die ervarings van KKOpraktisyns in hulle werk in verarmde en gemarginaliseerde oorwegend blanke nedersettings te ondersoek en te verstaan. Daarom het ek hierdie studie vanuit ‘n sosiaal-konstruktivistiese paradigma uitgevoer. Die deelnemers het hulle realiteite geskep gebaseer op hulle geleefde ervarings en interaksies met ander. Die ervarings van die deelnemers is ook beïnvloed deur hulle hele ekostelsel – hulle daaglikse ervarings in hulle werk en lewens, asook verwyderde stelsels van invloed soos Suid-Afrika se sosio-politieke bedeling en kulturele invloede. Gevolglik is hierdie studie geformuleer binne die Ekologiese Sisteemteorie van Bronfenbrenner as raamwerk. Ek het data versamel deur narratiewe onderhoude te voer met twee deelnemers (KKO-praktisyns), en deur veldnotas van waarnemings, dokumente, foto’s en artefakte. Uit die gekodeerde data het vier hooftemas navore gekom – sosiale en persoonlike ervarings, ervarings met betrekking tot plek, ervarings met kampleierskap en ervarings rakende ondersteuningsinfrastruktuur. Hierdie temas sal bruikbaar wees om die soort ondersteuning te bepaal wat praktisyns benodig om ʼn kwaliteit KKOprogram te verseker om sodoende die optimale ontwikkeling van die kinders te ondersteun. / Early Childhood Education / M. Ed. (Socio-Education)
124

Emosionele en spirituele intelligensie in huweliksaanpassing : jong volwassenes met voorskoolse kinders (Afrikaans)

Smith, Anna Magrietha 16 May 2010 (has links)
AFRIKAANS: In hierdie navorsing is die huwelik met voorskoolse kinders in Suid-Afrika aan die begin van die een-en-twintigste eeu ondersoek. Hierdie huweliksfase, met sy vele uitdagings en huwelikstake, word beskou as die fase met die laagste huweliksaanpassing en die hoogste voorkoms van egskeiding. Die sin en betekenis van hierdie uitdagings (spirituele intelligensie of SQ), sowel as die emosionele belewenis, verstaan en hantering hiervan (emosionele intelligensie of EQ), asook die rol wat dit in huweliksaanpassing speel, is ondersoek. Eerstens is ’n vraelys ontwikkel wat SQ-eienskappe kan meet (MMV-SQ-vraelys), naamlik: (i) die vind van sin en betekenis in ’n gegewe situasie, (ii) motiveringsbronne van gedrag, en (iii) die waardes wat uitgeleef word. Data van 198 respondente het gedui op betroubaarheid van subskale wat wissel van 0.47 tot 0.80. Bevredigende konstrukgeldigheid is verkry deur die verhouding tussen die subskale van die SQ-vraelys en waardeskaal te ondersoek (r het gevarieer van 0.15; p ≤ 0.05 tot 0.54; p ≤ 0.01). Sowel kwantitatiewe as kwalitatiewe navorsing is vervolgens gebruik. In die kwantitatiewe navorsing is die MMV-SQ-vraelys, die huweliks-aanpassingsvraelys van Spanier (Dyadic Adjustment Scale), asook die SSRI (Schutte Self-Report Inventory) op 84 deelnemers toegepas. Die deelnemers het 84 getroude persone, waaronder 34 egpare ingesluit. Die verband tussen huweliksaanpassing en EQ is ondersoek deur korrelasies te bereken tussen die subskale van die DAS en SSRI. Dit het geblyk dat ʼn optimistiese gemoedstemming ʼn verband toon met al die subskale van huweliksaanpassing. Die herkenning van die eie en die huweliksmaat se gevoelens, sosiale vaardighede, en die toepassing van emosies blyk verband te hou met hoër huwelikstevredenheid asook huwelikskonsensus. Sosiale vaardighede het ook ʼn verband getoon met affeksionele uitdrukking. EQ het egter nie ’n sterk verband met huwelikskohesie getoon nie. Die verband tussen die subskale van die DAS is vervolgens vergelyk met dié van die MMV-SQ-vraelys. Betekenisvolle korrelasies tussen enkele skale van huweliksaanpassing en SQ het voorgekom, veral wat die motiveringskaal betref: egpaarlede wie se gedrag deur die motiveringsbron bemeestering gemotiveer word, blyk ʼn hoër mate van huweliksaanpassing te hê, terwyl die negatiewe motiveringsbronne, waaronder selfgesentreerdheid, drange en vrees, ’n negatiewe verband met huweliksaanpassing toon. Min verbande is egter gevind tussen huweliksaanpassing, en sin en betekenis (wel tussen meditatiewe bewustheid en huwelikskonsensus, asook tussen empatiese aanvaarding en openheid, en affeksionele ekspressie). Geen verbande is ten opsigte van waardes gevind nie. Verskille tussen mans en vroue se EQ en SQ is ook ondersoek, maar geen groot verskille is verkry nie. Deur ’n meervoudige regressie is enkele verdere biografiese veranderlikes geïdentifiseer wat ʼn verband met huweliksaanpassing toon. In die kwalitatiewe navorsing is verskeie aspekte ondersoek en bespreek: die rolverdeling ten opsigte van kinderopvoeding en huistake, die balans tussen beroep en gesin, persoonlike tevredenheid (SQ) in die huwelik, asook die begrip en hantering van gevoelens (EQ). Die waarde van hierdie navorsing lê veral in die grondleggingswerk van die SQ-vraelys, asook bruikbare inligting ten opsigte van die huwelik met voorskoolse kinders in Suid-Afrika. Leiding aan egpare in die hantering van gevoelens (EQ), asook insig in hulle motiveringsbronne (SQ) behoort dus hulle huweliksaanpassing te verhoog. ENGLISH: In this research, the South-African marriage with preschool children was investigated. This phase of marriage, full of challenges and marital tasks, is regarded showing the lowest degree of marital adjustment and the highest incidence of divorce. The meaning, (spiritual intelligence or SQ), emotional experience, understanding and dealing with these challenges (emotional intelligence or EQ), as well as the relation to marital adjustment, were investigated. Firstly, a questionnaire was developed that could measure the characteristics of SQ, namely: (i) finding purpose and meaning in a given situation, (ii) motivations of behaviour, and (iii) values. Data from 198 respondents indicated the reliability of the subscales, which vary from 0.47 to 0.80. Satisfactory construct validity was obtained by researching the relation between the subscales of the SQ questionnaire and the value scale (r varied from 0.15; p ≤ 0.05 to 0.54; p ≤ 0.01). Next, both qualitative and quantitative research were utilised. In the quantitative research, the MMV SQ questionnaire, the marital adjustment questionnaire of Spanier (Dyadic Adjustment Scale), as well as the SSRI (Schutte Self-Report Inventory) were completed by the respondents. The respondents were 84 married individuals, including 34 couples. The relationship between marital adjustment and EQ was investigated by calculating correlations between the subscales of the DAS and SSRI. It transpired that an optimistic frame of mind showed a correlation with all the subscales of marital adjustment. It also appeared that the recognition of the own and the spouse’s feelings, social skills, and the application of emotions were related to increased marital satisfaction as well as marital consensus. Social skills also displayed a correlation with affectional expression. EQ, however, did not show a strong correlation with marital cohesion. Next, the relation between the subscales of the DAS was compared to that of the MMV-SQ questionnaire. Meaningful correlations between some scales of marital adjustment and SQ occurred, in particular with regard to the motivational scale: couples whose behaviour are motivated by mastering, appear to display a higher degree of marital adjustment, while the negative sources of motivation like self-centredness, craving and fears, display a negative correlation with marital adjustment. Few correlations were found between marital adjustment and purpose and meaning (between meditative awareness and marital consensus; between empathetic acceptance and openness, and affectional expression). No correlation was found with regard to values. Differences between the EQ and SQ of men and women were also investigated, but no major differences were observed. By means of multiple regressions it was indicated that some biographic variables did show a correlation with marital adjustment. Valuable information was obtained in the qualitative research regarding the couple’s roles in child-raising and domestic chores, the balance between career and family, personal satisfaction (SQ) in the marriage, as well as the understanding and handling of feelings (EQ). The value of this research lies in the foundational work of the SQ questionnaire in particular, as well as useful information with regard to South African marriages with preschool children. Guiding couples in their dealing with feelings (EQ), as well as providing an insight into the sources of motivation (SQ), should therefore enhance their marital adjustment. / Thesis (PhD)--University of Pretoria, 2010. / Psychology / unrestricted
125

Die gebruik van liggaamsportrette deur opvoeders in die vervulling van hulle pastorale rol (Afrikaans)

McCallaghan, Malize 19 November 2007 (has links)
The objective of this qualitative study was to explore the extent to which body maps could be implemented by educators as part of the fulfilment of their pastoral role. I approached the study from a constructivistinterpretivist perspective underpinned by action research principles. I implemented an instrumental case study as research design and selected a primary school located in an informal settlement community in the Nelson Mandela Metropole. Ten female educators at this school, three other members of a research team and I took part in the process of data generation. Having acquired baseline information during the first field visit, a fellow researcher and I implemented an intervention during which the techniques of body mapping and making memory boxes (the study focus of my fellow researcher) were introduced to the participants. We then requested them to apply the two techniques (as part of a research assignment) before we undertook a second field visit. At the second visit, we attempted to explore the participants' experiences during the application of the techniques. Throughout the study I relied on focus group discussions, observation, critical self-reflection, auditive methods, visual methods, photos, a reflective research journal and field notes as data collection and capture methods. I analysed and interpreted raw data thematically. Baseline information indicated that educators were quite clear about the theoretical nature of the pastoral role, yet the practical application of this role presented a challenge. Data generated after the intervention indicates how educators understood and used the body mapping technique. This theme was refined into subthemes dealing with implementation modes, application contexts and application outcomes of the body mapping technique. The second main theme indicated the applicability of body maps in the classroom context as part of the pastoral role. This theme comprises subthemes relating to general curricula, practical considerations, alternative uses and application modes, pastoral responsibilities that were facilitated (and not) by participants' use of the body mapping technique. Research findings therefore seem to indicate that the body mapping technique could be used by educators in fulfilling their pastoral role. / Dissertation (MEd (Educational Psychology))--University of Pretoria, 2007. / Educational Psychology / MEd / unrestricted
126

Beperkings op testeervryheid / Jodi Siecker

Siecker, Jodi January 2014 (has links)
In hierdie navorsingsverslag word gefokus op die beperkings wat geplaas word op die testeervryheid van ʼn persoon in die breë sin. Die beginsel van testeervryheid is die grondslag van die Suid-Afrikaanse testate erfopvolging. Die Suid-Afrikaanse opvatting van testeervryheid is tans van so ʼn aard dat dit ʼn testateur toelaat om sy of haar boedelbates te bemaak volgens sy of haar goeddunke, onderworpe aan ʼn paar statutêre en gemeenregtelike uitsonderings. By die bepaling of ʼn spesifieke klousule in ʼn testament vervat kan word, sal sodanige klousule eerstens teen die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika getoets moet word om te bepaal of sodanige klousule moontlik op ʼn grondwetlik verskanste reg inbreuk maak. Verdere statutêre beperkings sluit onder meer die reg om oor onroerende eiendom te beskik wat gereël word deur die Wet op die Opheffing of Wysiging van Beperkinge op Onroerende Goed, die reg van ʼn minderjarige kind om onderhoud te eis van die boedel, die Wet op Onderhoud van Langslewende Gades en die Wet op Pensioenfondse in. Testeervryheid word direk gekoppel aan elke persoon se fundamentele regte wat in die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika gewaarborg word. Die beginsel van testeervryheid is in verskeie sake aangespreek en word hierdie sake vervolgens bespreek. Die tipe huweliksgoederebedeling ingevolge waarvan ʼn huwelik gesluit word is ʼn verdere beperking op die mate waartoe ʼn testateur vrylik oor sy of haar bates kan beskik. Die invloed van huwelike binne en buite gemeenskap van goedere op testeervryheid en die Wet op Onderhoud van Langslewende Gades word ontleed, sowel as die onderhoudsverpligting wat ontstaan vanuit die huwelik tussen gades en teenoor minderjarige kinders. Maatskaplike sekuriteit word gereël in terme van artikel 27 van die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika en is artikel 37C van die Pensioenfondswet geïnkorporeer wat verseker dat ʼn persoon se pensioenvoordele moet voorsien aan die onderhoudsbehoeftes van afhanklikes van die lid. Die werking van artikel 37C en die invloed daarvan op testeervryheid word bespreek. Die laaste beperking wat hanteer word is beperkings ten opsigte van bemakings van onroerende eiendom. Hierdie bemakings word beperk deur die werking van die Wet op die Opheffing of Wysiging van Beperkinge op Onroerende Goed asook die Wet op die Onderverdeling van Landbougrond. Die navorsingsverslag doen gevolglik ʼn in diepte ondersoek na die beperkings wat ontstaan op testeervryheid, die relevansie en werking daarvan en word daar bepaal of die beperkings as billik geag kan word of nie. / LLM (Estate Law), North-West University, Potchefstroom Campus, 2015
127

128

Die gebruik van kreatiwiteit in spelterapie met seksueel-misbruikte kinders / The utilization of creativity in play therapy with sexually abused children

Van der Westhuizen, Hedwig Ruth 10 1900 (has links)
Afrikaans text / Kreatiwiteit is die sentrale tema van hierdie navorsing. Die doel van die navorsing was om die relevansie en waarde van kreatiwiteit in spelterapie met seksueel-misbruikte kinders in die multi-kulturele konteks van Suid-Afrika, te ondersoek en te beskryf. Die navorsing is vanuit „n konstruktivistiese epistemologiese fundering en „n eksistensieel-fenomologiese paradigma gedoen, deur uitgebreide teoretiese en empiriese navorsing. Die teoretiese navorsingproses het eerstens op die holistiese impak van seksuele misbruik op kinders, te midde van hul spesifieke verhoudings- en omgewingskonteks gefokus. Dit het duidelik geword dat seksuele misbruik ernstige trauma by kinders veroorsaak, wat alle modaliteite van die kinders affekteer. Die voorkoms van komplekse posttraumtiese stresversteuring, vanweë langdurige seksuele misbruik, is teoreties beskryf en ook empiries bevestig. „n Sintese van gestalt-, persoonsgesentreerde en logoterapeutiese teorieë, is deur die navorser ontwikkel om die traumatiese nagevolge van die seksuele misbruik kreatief aan te spreek in spelterapie. Die verband tussen en vervlegting van kreatiwiteit en spelterapie is ondersoek en beskryf. Ook die bemagtigende waarde van kreatiwiteit om die kompleksiteit van hierdie kinders se trauma te hanteer is teoreties én empiries nagevors. Die oënskynlik teenstrydige prosesse van kreatiwiteit as „n intuïtiewe, artisitieke, én logiese, kognitiewe proses is ondersoek, om die waarde daarvan vir die navorsingsdoel te bepaal. Die aard en waarde van kreatiewe aktiwiteite en die uitdagings wat gestel word aan die terapeute om kreatief te werk te gaan om die komplekse proses van seksueel-misbruikte kinders aan te spreek, is verder teoreties en empiries nagevors en beskryf. Die noodsaaklikheid van die ondersteunende sisteme vir die kind en terapeut, in belang van „n suksesvolle afloop van terapie, is ook ondersoek, beskryf en beklemtoon.In die empiriese navorsingsproses is veelvuldige gevallestudies, met behulp van vyf deelnemende veldnavorsers gedoen, waar elkeen „n terapeutiese proses gevolg het, volgens riglyne en onder leiding van die navorser, met „n seksueel-misbruikte kind. Die benutting en waarde van kreatiwiteit is ondersoek, beskryf en geëvalueer in die samelopende proses van die navorser met elke deelnemende navorser en kind binne die diverse kulturele konteks in Suid-Afrika. Die teoretiese raamwerk van die navorser en die riglyn vir kreatiewe spelterapie met seksueel-misbruikte kinders is sodoende getoets, verfyn en afgerond as hulpmiddel in die breër Suid-Afrikaanse konteks. Die navorsingsbevinding was dat kreatiwiteit onontbeerlik is in spelterapie met kinders wat seksueel misbruik is in „n multi-kulturele konteks soos Suid-Afrika. / Creativity is the central concept of this research. The goal of the research was to explore the value of creativity in play therapy with sexually abused children in the multi-cultural South-African context. The research was done from a constructivistic epistemological foundation and existential-phenomological paradigms. Extensive theoretical research was supported and substantiated by empirical research. The theoretical research process focused on the holistic impact of sexual abuse on children in and as part of their specific context (field). It became clear that sexual abuse implies severe trauma for the child, and affects all of their modalities, and their functioning in their field. The impact of severe and ongoing sexual abuse on children, as complex post-traumatic stress disorder, was described to clarify their therapeutic needs. A synthesis of gestalt-, person-centred- and logotherapy to address the traumatic after-effects of sexually abused children creatively in play therapy, was developed and described and motivated in the research paper. The concept of creativity was defined and extensively explored an applied in the context of therapy with sexually abused children. Creativity as a cognitive process, a problem solving process, and an artistic process is explored and applied in this context. The value of creative activities, the challenges of being a creative therapist, the supportive role of the supervisor and the systems in society, was explored and described. The empirical research process was done in a participatory way in the form of a multiple case study. Five therapists followed a therapeutic process, according to the guideline, guidance and supervision of the researcher, with a child who had been severely sexually abused. The results from the research confirmed the value and necessity of creativity in dealing with the severe trauma of sexually abused children and bridging gaps in a multi-cultural setting. The theoretical framework of the researcher and a guideline for creative therapy with sexually abused children was tested in the empirical research process, and could be refined and finalised. It was concluded that the use of creativity is crucial in play therapy with sexually abused children in a multi-cultural context, such as South Africa. / Social Work / D. Diac. (Spelterapie)
129

Paulo Freire se benadering tot leer en onderrig as teenvoeter vir die kultuur van geweld teen vroue en kinders in Suid-Afrika / Paulo Freire’s approach to learning and teaching as an antidote against the culture of violence against women and children in South Africa

Kloppers, Daniel Frederik 09 1900 (has links)
Die Brasiliaanse opvoedkundige Paulo Freire word as een van die belangrikste opvoeders van die twintigste eeu beskou. Sy benadering tot volwasse onderrig is op verskeie terreine toegepas maar nooit direk as teenvoeter vir geweld teen vroue en kinders aangewend nie. Die doel van hierdie studie was om vas te stel op welke wyse Paulo Freire se benadering tot leer en onderrig in volwasse basiese onderrig as teenvoeter kan dien vir die kultuur van geweld teen vroue en kinders in Suid-Afrika. Die studie bestaan uit ’n analitiese literatuurstudie en ’n kwalitatiewe studie met elf deelnemers. Ten einde die navorsingsvraag te beantwoord neem die studie ‘n aanvang met ’n literatuurstudie oor die redes vir geweld teen vroue en kinders. Daarna val die fokus op volwasse basiese onderrig [VBO], volwasse leer en die knelpunte in VBO in Suid-Afrika. In die volgende hoofstuk word die literatuur ten opsigte van Freire se werk en sy benadering tot volwasse onderrig bespreek. Kernelemente van sy benadering word getabuleer waarna kritiek op en die belang van sy benadering, sowel as die toepassing daarvan, in Afrika en Suid-Afrika bespreek word. In die kwalitatiewe empiriese studie word die resultate van die vrae in die onderhoudsgids met betrekking tot geweld en VBO bespreek waarna die resultatate in die laaste hoofstuk in die lig van die literatuurstudie geanaliseer word. Nadat die data beoordeel is, word aanbeveel dat, hoewel kennis geneem moet word van die uitdagings in VBO en Freire se benadering, die benadering steeds as ’n middel in basiese volwasse onderrig gebruik kan word om geweld die hoof te bied. ’n Praktiese voorstel vir teengeweldonderrig word gemaak met behulp van ’n teengeweldlesplan vir VBO. Die navorsing sluit af met beperkings van die studie en voorstelle vir optrede. / The Brazilian educator Paulo Freire is considered to be one of the most important educators of the twentieth century. His approach to adult education has been applied to various fields, but never directly to prevent violence against women and children. The purpose of this study was to ascertain how Freire’s approach to learning and teaching can be used as an antidote against violence against women and children in South Africa. The study consists of an analytical literature review and qualitative study with eleven participants. To answer the research question, the study commences with a literature study on the reasons for violence against women and children. Therafter the focus shifts to the adult basic education, adult learning and the restraints in adult basic education in South Africa. In the next chapter Freire’s work and his approach to adult education is dis-cussed. Key elements to his approach is tabled whereafter critique on and the im-portance of his approach, as well as its application in South Africa, is discussed. In the qualitative empirical study the results of the questions in the interview guide with regard to violence and adult basic education is discussed, whereafter the results are analised in the final chapter in view of the literature study. After the consideration of the data, it is recommended that cognisance must be taken of the challenges to adult basic education and Freire’s approachwhich can still be utilised as a medium in adult basic education to combat violence. A practical proposal for antiviolence education is made through a antiviolence lesson plan for ABE. The research concludes with limitations and recommendations. / ABET and Youth Development / M. Ed. (Adult Education)
130

Die gebruik van kreatiwiteit in spelterapie met seksueel-misbruikte kinders / The utilization of creativity in play therapy with sexually abused children

Van der Westhuizen, Hedwig Ruth 10 1900 (has links)
Afrikaans text / Kreatiwiteit is die sentrale tema van hierdie navorsing. Die doel van die navorsing was om die relevansie en waarde van kreatiwiteit in spelterapie met seksueel-misbruikte kinders in die multi-kulturele konteks van Suid-Afrika, te ondersoek en te beskryf. Die navorsing is vanuit „n konstruktivistiese epistemologiese fundering en „n eksistensieel-fenomologiese paradigma gedoen, deur uitgebreide teoretiese en empiriese navorsing. Die teoretiese navorsingproses het eerstens op die holistiese impak van seksuele misbruik op kinders, te midde van hul spesifieke verhoudings- en omgewingskonteks gefokus. Dit het duidelik geword dat seksuele misbruik ernstige trauma by kinders veroorsaak, wat alle modaliteite van die kinders affekteer. Die voorkoms van komplekse posttraumtiese stresversteuring, vanweë langdurige seksuele misbruik, is teoreties beskryf en ook empiries bevestig. „n Sintese van gestalt-, persoonsgesentreerde en logoterapeutiese teorieë, is deur die navorser ontwikkel om die traumatiese nagevolge van die seksuele misbruik kreatief aan te spreek in spelterapie. Die verband tussen en vervlegting van kreatiwiteit en spelterapie is ondersoek en beskryf. Ook die bemagtigende waarde van kreatiwiteit om die kompleksiteit van hierdie kinders se trauma te hanteer is teoreties én empiries nagevors. Die oënskynlik teenstrydige prosesse van kreatiwiteit as „n intuïtiewe, artisitieke, én logiese, kognitiewe proses is ondersoek, om die waarde daarvan vir die navorsingsdoel te bepaal. Die aard en waarde van kreatiewe aktiwiteite en die uitdagings wat gestel word aan die terapeute om kreatief te werk te gaan om die komplekse proses van seksueel-misbruikte kinders aan te spreek, is verder teoreties en empiries nagevors en beskryf. Die noodsaaklikheid van die ondersteunende sisteme vir die kind en terapeut, in belang van „n suksesvolle afloop van terapie, is ook ondersoek, beskryf en beklemtoon.In die empiriese navorsingsproses is veelvuldige gevallestudies, met behulp van vyf deelnemende veldnavorsers gedoen, waar elkeen „n terapeutiese proses gevolg het, volgens riglyne en onder leiding van die navorser, met „n seksueel-misbruikte kind. Die benutting en waarde van kreatiwiteit is ondersoek, beskryf en geëvalueer in die samelopende proses van die navorser met elke deelnemende navorser en kind binne die diverse kulturele konteks in Suid-Afrika. Die teoretiese raamwerk van die navorser en die riglyn vir kreatiewe spelterapie met seksueel-misbruikte kinders is sodoende getoets, verfyn en afgerond as hulpmiddel in die breër Suid-Afrikaanse konteks. Die navorsingsbevinding was dat kreatiwiteit onontbeerlik is in spelterapie met kinders wat seksueel misbruik is in „n multi-kulturele konteks soos Suid-Afrika. / Creativity is the central concept of this research. The goal of the research was to explore the value of creativity in play therapy with sexually abused children in the multi-cultural South-African context. The research was done from a constructivistic epistemological foundation and existential-phenomological paradigms. Extensive theoretical research was supported and substantiated by empirical research. The theoretical research process focused on the holistic impact of sexual abuse on children in and as part of their specific context (field). It became clear that sexual abuse implies severe trauma for the child, and affects all of their modalities, and their functioning in their field. The impact of severe and ongoing sexual abuse on children, as complex post-traumatic stress disorder, was described to clarify their therapeutic needs. A synthesis of gestalt-, person-centred- and logotherapy to address the traumatic after-effects of sexually abused children creatively in play therapy, was developed and described and motivated in the research paper. The concept of creativity was defined and extensively explored an applied in the context of therapy with sexually abused children. Creativity as a cognitive process, a problem solving process, and an artistic process is explored and applied in this context. The value of creative activities, the challenges of being a creative therapist, the supportive role of the supervisor and the systems in society, was explored and described. The empirical research process was done in a participatory way in the form of a multiple case study. Five therapists followed a therapeutic process, according to the guideline, guidance and supervision of the researcher, with a child who had been severely sexually abused. The results from the research confirmed the value and necessity of creativity in dealing with the severe trauma of sexually abused children and bridging gaps in a multi-cultural setting. The theoretical framework of the researcher and a guideline for creative therapy with sexually abused children was tested in the empirical research process, and could be refined and finalised. It was concluded that the use of creativity is crucial in play therapy with sexually abused children in a multi-cultural context, such as South Africa. / Social Work / D. Diac. (Spelterapie)

Page generated in 0.0612 seconds