• Refine Query
  • Source
  • Publication year
  • to
  • Language
  • 23
  • 9
  • 2
  • 1
  • 1
  • Tagged with
  • 47
  • 30
  • 24
  • 21
  • 21
  • 14
  • 13
  • 11
  • 9
  • 8
  • 6
  • 6
  • 4
  • 4
  • 4
  • About
  • The Global ETD Search service is a free service for researchers to find electronic theses and dissertations. This service is provided by the Networked Digital Library of Theses and Dissertations.
    Our metadata is collected from universities around the world. If you manage a university/consortium/country archive and want to be added, details can be found on the NDLTD website.
41

Afrikanisering en universiteitsonderwys : 'n histories-opvoedkundige deurskouing en evaluering

Coetzee, Susanna Abigaêl 06 1900 (has links)
Text in Afrikaans / Afrikanisering en universiteitsonderwys: 'n histories-opvoedkundige deurskouing en evaluering In hierdie studie is 'n beskrywing van en verklaring vir die ontstaan, ontwikkeling en betekenis van die begrip afrikanisering gegee. Daar is bevind dat die begrip afrikanisering 'n emosiebelaaide en polities sensitiewe begrip is wat saam met verbandhoudende begrippe soos Afrika-persoonlikheid, Negritude, Afrosentrisme, Ethiopianisme, lokalisering en swartbewussyn 'n ge"integreerde deel vorm van die strewe om nie net politieke onafhanklikheid vir Afrika-kolonies en Afrikane te verkry en te handhaaf nie, maar om hierdie onafhanklikheid ook op sosio-ekonomiese en kulturele gebiede te verseker. Die standpunte van verskeie pleitbesorgers van afrikanisering is ontleed en na aanleiding daarvan is 'n vergelyking tussen vroeere afrikaniseringspogings in Brits Wes-Afrika en die in Suid-Afrika getref. Nadat 'n aantal implikasies van afrikanisering vir Suid-Afrikaanse universiteite aangedui is, is enkele toekomsperspektiewe rakende die afrikanisering van universiteite in Suid-Afrika geformuleer. / Africanisation and university education: an historical-educational explication and evaluation In this study a description of and explanation for the origin, development and meaning of the concept africanisation is given. It can be concluded that the concept africanisation is emotive and politically sensitive and together with related concepts such as African personality, Negritude, Afrocentrism, Ethiopianism, localisation and Black consciousness it forms an integrated part of the aspiration not only to gain and maintain political independence for African colonies and Africans, but also to secure this identity in the socio-economic and cultural fields. The views of various advocates/proponents of africanisation were analysed and based on this analysis a comparison between the earlier africanisation attempts in British West Africa and those in South Africa was drawn. After some implications of africanisation for South African universities were indicated, a number of future perspectives with regard to the africanisation of universities in South Africa were formulated. / Educational Studies / D. Ed. (Historiese Opvoedkunde)
42

Relevansie van kultuurgebonde onderwys vir die verwesenliking van behoorlike volwassewording : 'n studie in tydsperspektief

Liebenberg, Barend Frederik 11 1900 (has links)
Summaries in English and Afrikaans / In die verlede het matrikulante van Tswanaskole in die Noord-Kaap oor die algemeen nie goeie uitslae verkry nte. Politieke onstabiliteit wat tot klasboikotte aanleiding gegee het, was as een van die hoofredes aangevoer. Die hoofoorsaak van hierdie navorsing is om die rol van kultuur wat tot swak prestasie lei, te bepaal. Met behulp van literatuurstudie is bepaal dat daar 'n noue verband tussen onderwys/opvoeding, volwassenheid en kultuur bestaan. Geen mens kan volwassenheid bereik sonder opvoeding nie en verskillende kulture het verskillende kriteria vir volwassenheid. Die skole in Suid-Mrika is oop vir alle rassegroepe en die gevolg is dat 'n verskeidenheid van kultuurgroepe in een klaskamer onderrig ontvang. Om kontlik en misverstande in die klaskamersituasie te voorkom, kan van multikulturele onderwys gebruik gemaak word. Met die empiriese ondersoek is deur middel van vraelyste en onderhoude probeer vasstel watter kultuuraspekte 'n rol speel in die swak akademiese prestasies onder Tswana-matrikulante. Die medium van onderrig is 'n probleem in 'n multikulturele land waar dit soms, tot nadeel van die kind, onprakties is om moedertaalonderrig toe te pas. Wat Engels as medium van onderrig betref, is dit problematies vir baie Tswanas in die Noord-Kaap wat voorskools min met Engels in kontak kom. Wat die kultuur-historiese aspekte betref, is die Tswanas trots op hulself en wil graag kontak maak met ander kultuurgroepe en meer van hulle leer. Sosiaal-ekonomies woon baie Tswanas as uitgebreide gesinne in klein huise. Onderwysers sal professioneel moet optree in die uitvoering van hulle pligte. Leerlinge sal verantwoordelikheid moet erken vir hulle dade en saam sal beide onderwysers en leerlinge moet bou aan die skep van 'n leerkultuur by die skool. / Matriculants from Tswana schools in the Northern Cape generally have been achieving poor results. Political instability leading to class boycots has been regarded as one of the main reasons. The main reason for this research is to determine the role played by culture in the achievement of poor results. A literature survey has indicated that there is a close interrelationship between education/ upbringing, adulthood and culture. A human being cannot reach adulthood without education and different cultures have different criteria for maturity. Schools in South Africa are open to all race groups which results in a variety of cultural groups receiving education in the same classroom. To avoid misunderstandings and conflicts in the classroom, multicultural education may be used. With the empirical investigation by means of questionnaires and interviews an attempt is made to determine which cultural aspects play a role in the poor academic results achieved by Tswana matriculants. The medium of instruction is a problem in a multi-cultural country where it is sometimes impractical to apply mother tongue education. As far as English as medium of instruction is concerned, it is problematic for many Tswanas in the Northern Cape as they are seldom exposed to it during their pre-school years. As far as the cultural-historical aspects are concerned, the Tswana is a proud people who gladly make contact with and want to learn from other cultures. Socio-economically many Tswanas live as e..'Ctended families in small dwellings. Educators will have to act professionaly in the execution of their duties. Pupils will have to accept responsibility for their actions and build, with the teachers, a cultUre of learning at every school. / Educational Studies / D. Ed. (Historiese Opvoedkunde)
43

44

45

Die Britse owerheid en die burgerlike bevolking van Heidelberg, Transvaal, gedurende die Anglo-Boereoorlog (Afrikaans)

Pretorius, Willem Jacobus 01 July 2008 (has links)
Op 23 Junie 1900 het die Britse troepe Heidelberg beset. Die rustige bestaan het vir spanning onder die burgerlikes en agterdog teenoor die Britse militêre owerheid plek gemaak. Inwoners soos ds. A.J. Louw, wat geweier het om die Eed van Neutraliteit te teken, is onverwyld uit die dorp verban. Vroue soos Issie Kriegler en Cassie O’Reilly, wat met hulle uitgesprokenheid die gramskap van die Britte ontketen het, is saam met hulle gesinne na die konsentrasiekamp by Merebank in Natal gestuur. Aangesien die beëindiging van die oorlog vir die Britse owerheid belangrik was, het distrikskommissaris J.M. Vallentin Heidelbergse wapenneerlêers gebruik om die burgers tot oorgawe te oorreed en voorstelle vir die bereiking van vrede aan die hand te doen. As deel van die verskroeide aarde-beleid is Boerevroue en kinders wat sonder heenkome was, na die blanke konsentrasiekamp op Heidelberg geneem, waar hulle getalle mettertyd tot ongeveer 2 000 aangegroei het. Die Heidelbergse kampowerhede het die aankomelinge van tente voorsien terwyl higiëniese maatreëls en mediese dienste vir liggaamlike welsyn ingestel is. Siektes het uitgebreek. Die pogings van die Britse medici om die sterftesyfer met Westerse medikasie en voorskrifte vir beter voeding aan kinders te verlaag, het allesbehalwe seepglad verloop onder meer vanweë die Boerevroue se wantroue in hulle. Voor die Anglo-Boereoorlog was die gemeentelike lewe besonder aktief. Met die Britse oorname het eredienste, bediening van die doop en katkisasie in die susterskerke op Heidelberg op 'n gereelde grondslag voortgegaan. Godsdiensoefening in die konsentrasiekamp is ook nie agterweë gelaat nie. Fasiliteite is vir die gemeentelike aktiwiteite van die drie susterskerke beskikbaar gestel. Ook het die Britse kerke op Heidelberg, die St. Ninian’s Anglican Church en die Wesleyan Methodist Church, ‘n bloeitydperk beleef, terwyl die Berlynse Sendinggenootskap sy werksaamhede gestaak het. Teen 1902 is die kampinwoners toegelaat om dienste in hulle gemeentes op die dorp by te woon. Onderwys het met die Britse besetting ‘n nuwe tydvak betree. Die kampskool het saam met die skoolgeldheffende skole en die “free schools” op die dorp daartoe bygedra om die grondslag vir ‘n Britse onderwysstelsel in Transvaal te lê. Ingevoerde Britse onderwysers het nuwe wêrelde vir die kampkinders ontsluit, wat hulle tot verdere intellektuele ontwikkeling sou aanspoor. Die kampskole, waarby ook volwassenes gebaat het, was ‘n ligpunt in die bestaan van die konsentrasiekampe. Tot onlangs was min oor die swart konsentrasiekampe in die Heidelbergdistrik bekend. Toestande in hierdie kampe het na hulle oorname deur die Departement van Naturellevlugtelinge in Junie 1901 verbeter. Swartes is deur die leër en privaat huishoudings in diens geneem. Sommige was selfversorgend deurdat hulle mielies en ander gewasse produseer het. Die swart kamp op Heidelberg se sterftesyfer was laag. Dit is waarskynlik aan die goeie werk van die mediese offisier, ene Stewart, te danke. Hervestiging van blanke en swart kampinwoners het na afloop van die oorlog in Mei 1902 gevolg. Met Britse hulp en danksy rantsoene wat aan hulle uitgereik is, kon hulle huiswaarts keer. Dit blyk dat Heidelberg se blanke konsentrasiekamp relatief goed bestuur is en vanweë sy lae sterftesyfer onder die beter kampe tel. / Thesis (DPhil (History))--University of Pretoria, 2008. / Historical and Heritage Studies / unrestricted
46

Kultuurtekste oor verstedeliking : ’n vergelyking van Afrikaner- en swart verstedeliking in literêre tekste (Afrikaans)

Van Niekerk, Jacomien (Jacomina) 03 August 2009 (has links)
AFRIKAANS : Verstedeliking is ’n verskynsel wat sowel Afrikaners as swart mense in die twintigste eeu in Suid-Afrika geaffekteer het. In sommige opsigte was die traumatiese effek van hierdie gebeure vergelykbaar vir die twee groepe, maar in andere was dit ’n heel ander werklikheid vir Afrikaners om die platteland vir die stad te verruil as vir swart mense. Daar bestaan weinig studies wat ’n gesamentlike blik op die verstedeliking van die twee groepe werp. Hierdie studie doen juis dit deur die representasie in literêre tekste van die stad en die stadslewe deur Afrikaners en swart mense te ondersoek. Die welbekende stad/plattelandopposisie word verken, maar met die klem op die stad soos wat dit in literêre tekste gerepresenteer word. Die term “cultuurtekst” word in hierdie bestudering van representasie aangewend. Die term word deur Maaike Meijer gebruik vir die verskynsel waar bepaalde wyses van representasie rondom ’n onderwerp voortdurend herhaal. Die cultuurtekst is dus ’n denkbeeldige ‘teks’ wat bestaan uit verstarde kodes van representasie (of kulturele skemas, soos wat sy dit ook noem) wat steeds weer in individuele tekste herhaal word. Die doel van die studie is om die bestaan van kultuurtekste oor die verstedeliking van Afrikaners en swart mense aan te toon. Literêre tekste in Afrikaans word bestudeer om ’n stel kulturele skemas te identifiseer wat oor ’n verskeidenheid tekste aangetref word, wat aandui dat ’n kultuurteks oor Afrikanerverstedeliking in hierdie tekste herhaal word. Dieselfde werkwyse word betreffende swart verstedeliking gevolg: Engelse en Zulutekste word bestudeer om bewys te lewer van ’n kultuurteks oor verstedeliking. Laastens word hierdie kultuurtekste oor verstedeliking met mekaar vergelyk, aangesien bepaalde feite rondom Afrikaner/swart verstedeliking pas duidelik word wanneer ’n vergelykende benadering gevolg word. Deur hierdie vergelyking word gevolgtrekkings ENGLISH : Urbanization is a phenomenon that affected both Afrikaners and black people in twentieth century South Africa. In some respects the traumatic effect of these events are comparable for the two groups, but in others the experience of leaving the country for the city was a very different reality for Afrikaners and black people. Few studies have taken a simultaneous look at the urbanization undergone by the two groups. This study does this by investigating the representation in literary texts of the city and city life as experienced by black people and Afrikaners. The well-known opposition of city/country is explored, but with the emphasis on the city as it is represented in literary texts. In studying this representation, the term “cultuurtekst” (cultural text) is employed. The term is used by Maaike Meijer to describe the phenomenon of certain ways of representation around a specific topic being constantly repeated. The cultuurtekst is thus an imaginary ‘text’ consisting of fixed codes of representation (cultural schemes, as she also calls them) that we find being echoed anew in individual texts. The aim of the study is to prove the existence of such a cultuurtekst pertaining to the urbanization of both black people and Afrikaners. In order to achieve this, literary texts in Afrikaans are studied to identify a set of cultural schemes that are found across a variety of texts, thus indicating that a cultuurtekst about Afrikaner urbanization is being repeated in these texts. The same procedure is followed concerning black urbanization: English and Zulu texts are studied to establish evidence of a cultuurtekst about urbanization. Finally, these cultural texts about urbanization are compared with one another, seeing that certain facts about Afrikaner/black urbanization only become truly clear when a comparative approach is followed. From this comparison conclusions are drawn about the similar and different experiences of urbanization and city life for Afrikaners and black people. Copyright / Dissertation (MA)--University of Pretoria, 2009. / Afrikaans / unrestricted
47

Transgressive space and body in Chimamanda Adichie’s Americanah and Trevor Noah’s Born a Crime

Adeyelure Omotola Temitayo 01 1900 (has links)
Text in English with abstracts and keywords in English, Afrikaans and Zulu / Beyond the African boundaries, the black body is marked with an othered identity that often leaves its bearer open to discrimination. Being black is considered a transgression because, presumably, it constitutes deviance from a particular skin pigmentation, spatial norm and cultural practice. This dissertation examines the depiction of people of colour, particularly blacks, as transgressive bodies and invaders of space. From a postcolonial perspective, it investigates the racial implications of blackness by reason of migration. This study draws on a critical analysis of Chimamanda Ngozi Adichie’s Americanah (2013) and Trevor Noah’s Born a Crime (2016) to investigate the intersection of identity, race and spatial zones as thematic concerns in both texts. I contend that despite the fact that race is a social construct, it continually has an impact on the individual living of blacks in the space they inhabit or where they exist. They are burdened by the negativities generated by their colour, consequently perceiving themselves as deviants from the norm. Unlike Adichie’s other novels, the theme of migration is more profound in Americanah to reflect the intense consequences of race for African migrants in the western world. Therefore, I seek to establish that the stereotyping of Africans owing to their racial and cultural differences forces them to alter their identity in order to be recognised and accepted. In the same regard, the study projects Trevor Noah’s holistic representation of displacement both within self and community. More insightful is the writer’s engagement of body politics as a propeller for socio-economic issues. These issues explored in both texts ultimately present a (re)imagining of people of colour within the othered zones. / Buite die Afrikagrense word die swart liggaam gemerk met 'n gemarginaliseerde (“anderste”) identiteit wat die draer dikwels ooplaat vir diskriminasie. Swartwees word as 'n oortreding beskou, want dit is vermoedelik 'n afwyking van 'n bepaalde velpigmentasie, ruimtelike norm en kulturele praktyk. Hierdie verhandeling ondersoek die uitbeelding van mense van kleur, veral swart mense, as oortredende liggame en indringers van die ruimte. Vanuit 'n postkoloniale perspektief ondersoek dit die rasse-implikasies van swartheid as gevolg van migrasie. Hierdie studie neem as uitgangspunt die kritiese analise van Chimamanda Ngozi Adichie se Americanah (2013) en Trevor Noah se Born a Crime (2016) om die interseksie van identiteit, ras en ruimtelike sones as tematiek in albei tekste te ondersoek. Ek beweer dat, ondanks die feit dat ras 'n sosiale konstruk is, dit voortdurend 'n impak het op die individuele leefwyse van swart mense in die ruimte waarin hulle woon of waar hulle bestaan. Gevolglik word hulle belemmer deur negatiewe aspekte wat deur hul kleur gegenereer word, en hulself gevolglik as afwykers van die norm beskou. Anders as haar ander romans, is Adichie se migrasieprobleme meer diepgaande in Americanah om die intense gevolge van rassekwessies vir Afrika-migrante in die Westerse wêreld te weerspieël. Daarom wil ek vasstel dat die stereotipering van Afrikane weens hul rasse- en kulturele verskille hulle dwing om hul identiteit te verander om erken en aanvaar te word. In dieselfde verband projekteer die studie Trevor Noah se holistiese voorstelling van verplasing binne die self en die gemeenskap. Meer insiggewend is die skrywer se betrokkenheid by liggaamspolitiek as 'n voorstuwer vir sosio-ekonomiese kwessies. Hierdie kwessies, wat in albei tekste ondersoek word, bied uiteindelik 'n (her)verbeelding van mense van kleur binne die “ander” sones. / Nangaphandle kwemingcele ye-Afrika, imizimba yabantu abamnyama imakwe ngobuzazisi babanye, lokhu okuvama ukushiya lowo walowo mzimba omnyama esesimweni sokubandlululwa. Ukuba mnyama kuthathwa njengento eyisono neyeqe umngcele omukelekile ngoba, kuvanyiswe ukuthathwa njengokwehlukile kwibala elithile lesikhumba, indawo evamile kanye nezinkambiso zamasiko. Le dissertation ihlola ukuthathwa kwabantu abanebala, ikakhulukazi elimnyama, njengemizimba ewukweqa okuhle nokwamukelekile kanye neyabahlasela indawo. Ukusuka kwimibono yenkathi engemuva kobukoloni, iphenya ngemiphumela yombono webala elimnyama ngenxa yokuya kwamanye amazwe. Ucwaningo luthathela kuhlaziyo olunzulu lwemibhalo kaChinamanda Ngozi Adichie ye-Americanah (2013) kanye ne-Trevor Noah’s Born a Crime (2016) ukuphenya ngokuxhumana kobuzazisi, ukubuka izinto ngeso lebala kanye nezindawo njengezinto eziyizihloko zemibhalo. Ngibeka elokuthi noma udaba lwebala kuyinto eyenziwe ngabantu, kodwa inomphumela kumuntu ophila njengomuntu omnyama, ohlala endaweni ahlala kuyo noma lapho akhona. Ngenxa yalokho-ke, bathwele umthwalo omubi ngenxa yebala labo, ngalokho bazibona njengabahlukile kokujwayelekile nokufanele. Ngokwehluka namanye amanoveli, ukukhathazeka ngokuya kwamanye amazwe kubonakala kakhulu kwi-Americanah ukubheka kanzulu ngemiphumela ejulile yokubuka izinto ngokwebala kubantu ababuya eAfrika abaya kumazwe asentshonalanga. Ngakho ke, ngifuna ukuqaphela indlela abantu abangama-Afrika ababonwa ngayo ngendlela ethile embi nemi ndawonye (stereotyping) ngenxa yomehluko wabo ngokubona izinto ngokwebala kanye nomehluko ngokwezamasiko, ukushintsha ubuzazi babo ukuze bamukelwe nokumukeleka. Ngale ndlela, ucwaningo lubhekisa kwindlela ephelele kaTrevor Noah, yokuzibona eqhelilee nokwehluka ngobuyena ngaphakathi kuye kanye nasemphakathini. Ngokubona izinto ngeso elijulile ngokubheka ezepolitiki kombhali njengesisunduzi kwizinto ezibhekene nabantu kanye nezomnotho. Lezi zinto zicwaninga ngokombhalo kanye nokubeka kabusha ngombono nendlela entsha abantu bebala, emkhakheni wabanye. / Afrikaans and Theory of Literature / M.A. (Theory of Literature)

Page generated in 0.0325 seconds