• Refine Query
  • Source
  • Publication year
  • to
  • Language
  • 68
  • 56
  • 22
  • 13
  • 3
  • Tagged with
  • 170
  • 170
  • 152
  • 81
  • 66
  • 64
  • 45
  • 43
  • 40
  • 40
  • 37
  • 36
  • 31
  • 20
  • 18
  • About
  • The Global ETD Search service is a free service for researchers to find electronic theses and dissertations. This service is provided by the Networked Digital Library of Theses and Dissertations.
    Our metadata is collected from universities around the world. If you manage a university/consortium/country archive and want to be added, details can be found on the NDLTD website.
71

Fantasieliteratuur in die multikulturele Afrikaans klaskamer.

Gumbi, Thembi Gloria. January 1999 (has links)
In hierdie mini-skripsie word daar na fantasieliteratuur in die multikulturele Afrikaans klaskamer gekyk. Die aard van fantasieliteratuur, naamlik die fabel, sprokie, volksverhaal, mite, legende en toekomsfiksie word omskryf. Die studie poog ook om die ooreenkomste wat bestaan tussen fantasieliteratuur in Engels, Afrikaans, Zoeloe en SeSotho uit te wys en om aan te dui wat die implikasie van hierdie ooreenkomste binne die multikulturele Afrikaanse klas is. SUMMARY This mini-thesis focuses on the study of Fantasy literature in the multicultural Afrikaans classroom. Different genres, ego fable , myth, folktale, fairytale, legend and science fiction will be looked at. The study will also try to look at the similarities present in the fantasy literature of English, Afrikaans, Zulu and seSotho and the implications thereof in the multicultural Afrikaans class. / Thesis (M.A.) - University of Natal, Durban, 1999.
72

Houding teenoor Afrikaans, 'n meningsopname onder Afrikaanse tieners in KwaZulu-Natalse skole.

Maartens, Catharina Elizabeth. January 1997 (has links)
Abstract not available. / Thesis (M.A.)-University of Natal, Pietermaritzburg, 1997.
73

'n Genealogiese en kultuurhistoriese studie van die Coreejes-familie in Suid-Afrika : 1800-2000

Coreejes Roberts, Anna Petronella 03 1900 (has links)
Thesis (MA)--University of Stellenbosch, 2001. / 204 Leaves printed single pages, preliminary pages and numberd pages 1-123..Includes bibliography and list of symbols and abbreviation.Appendix A pages A1-A 22, Appendix B pages B1-B21, Appendix C family photo’s pages C1-C18, Appendix D inventory pages D1-D4, Appendix E question list pages E1-E2.Photo’s digitized at 330 dpi color PDF format (OCR),using ,KODAK i 1220 PLUS scanner and the rest digitized at 600 dpi grayscale to pdf format (OCR), using a Bizhub 250 Konica Minolta Scanner.Digitized, Ivan Jacobs on request of Niel Hendriksz 1Augustus 2011. / ENGLISH ABSTRACT: This study deals with the Coreejes family over the past 200 years. Genealogical and cultural historical research methods were used to conduct this research. Anthonio(y) Coreejes, ancestor of the Coreejes family, came from Livomo, Tuscany (Italy) and settled in the district of Stellenbosch. He was a wine farmer and a cooper. On the 26th of October 1800 he married Anna Magdalena Delport, daughter of Gerhardus Ignatius De1port and Maria Susanna Odendaal. Four children were born out of this marriage: two daughters and two sons. The Coreejes family was a very small family, who in the 19th century made a living by cultivating agricultural products and trading with them. In the 20th century, various wars such as the Anglo-Boer War and the two world wars, had an influence on the day to day life of this family. After World War II life changed dramatically, a fact which was interalia reflected in name giving customs. The tradition of naming amongst Afrikaans speaking people, had become less important in this family and previous naming traditions gave way to more indirect name giving, thereby indicating people's creativity and adaptability. The social importance of names is discussed and this is merely one aspect of the philosophy ofa group ofpeople. People have been conducting genealogical research for many centuries. In South Africa it is a popular pastime, however the female line of descendants are seldom researched. The purpose of this research is to give a complete picture of the Coreejes family, including the male and female descendants since 1800. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Hierdie studie is 'n familiegeskiedenis van die Coreejes-familie oor die afgelope 200 jaar wat deur middel van genealogiese en kultuurhistoriese navorsingsmetodes opgestel is. Die stamvader Anthonio(y) Coreejes het voor 1800 van Livomo, Toskane (Italie) gekom en hom in die distrik van Stellenbosch gevestig. Hy was 'n wynboer en kuipmaker. Op 26 Oktober 1800 is hy met Anna Magdalena Delport, 'n dogter van Gerhardus Ignatius Delport en Maria Susanna Odendaal, getroud. Uit die huwelik is vier kinders gebore: twee dogters en twee seuns. Die Coreejes-familie is 'n baie klein familie wat in die 19de eeu hoofsaaklik 'n lewe uit die verbouing van landbouprodukte gemaak het en handel met die produkte gedryfhet. In die 20ste eeu was daar verskeie oorloe, onder meer die Anglo-Boereoorlog en die twee wereldoorloe, wat 'n invloed op die familie gehad het. Na die Tweede Wereldoorlog het baie veranderinge in die samelewing ingetree, wat ondermeer weerspieel word in naamgewinggebruike. Vemoeming, soos dit deur baie jare heen gebruik was onder Afrikaanssprekers, het in die Coreejes-familie al minder belangrik geword. Ander vorme van vemoeming wat minder direk was, het die plek ingeneem van tradisionele gebruike. Dit dui op die mens se kreatiwiteit en aanpasbaarheid. Name as sosiale gegewe word hier bespreek. Dit is maar net een aspek waardeur 'n groep mense se lewensbeskouing tot uiting kom. Genealogiese navorsing word al baie eeue lank ondemeem. In Suid-Afrika is dit 'n populere studieveld, maar daar word seide navorsing oor die vroulike afstammelinge van 'n stamvader gedoen. Hierdie studie poog om as voorbeeld van genealogiese navorsing 'n meer volledige beeld van die Coreejes-familie daar te stel deur ook die vroulike lyne so ver as moontlik na te speur.
74

Die ontwerp van 'n ordeningstelsel en vindmiddel vir 'n kultuurhistoriese navorsingsentrum

Ekermans, Brönnhilde 12 1900 (has links)
Thesis (MA)--Stellenbosch University, 2000. / ENGLISH ABSTRACT: A research centre for cultural history is an important key to the study of cultural heritage. The Research Centre for Cultural History at the University of Stellenbosch is at present (2000), as far as could be ascertained, the only centre of its kind in South Africa, although the conservation of certain aspects of cultural heritage is also practised by a number of related institutions. There is a need for a system of arrangement and finding aids through which the contents of these institutions and specifically research centres for cultural history can be made accessible to researchers. In this study a system is proposed in answer to the above mentioned deficiency. It is based on a thesaurus in which the most important themes of cultural history are identified and assigned to a number of main categories. The system consists of a set of guidelines, rather than a prescribed framework and it should therefore be appliable to ail cultures in South Africa as well as cultural groups and institutions outside the South African context. A variety of media found in research centres for cultural history are identified. The contents of the Research Centre for Cultural History at the University of Stellenbosch serve as an important model in this regard. It is suggested that the different media are housed separately in the centre and that there is a code assigned to each by which they can be identified in the integrated finding aid. It was found that the proposed system could be applied to research centres for cultural history and related institutions in a variety of ways. It provides the .researcher with an image of the structure and nature of cultural history. It can also be used as a tool in the research and collection of oral history and the structuring of research projects. Other applications of the system will be revealed by usage. / AFRIKAANSE OPSOMMING: 'n Sentrum vir kultuurhistoriese navorsing is 'n belangrike sleutel tot die bestudering van 'n kultuurerfenis. Die Sentrum vir Kultuurhistoriese Navorsing aan die Universiteit van Stellenbosch is tans (2000), sover vasgestel kon word, die enigste sentrum van sy soort in Suid-Afrika, hoewel die bewaring van sekere aspekte van die kultuurerfenis ook in 'n mate deur verwante instansies bedryf word. Daar is 'n behoefte aan 'n volledig uitgewerkte ordeningstelsel en vindmiddel waardeur die inhoud van sulke instansies en spesifiek kultuurhistoriese navorsingsentrums toeganklik gemaak kan word. In hierdie studie word 'n stelsel voorgestel waardeur bogenoemde leemte gevul kan word. Die basis van die stelsel is 'n tesourus waarin die belangrikste temas van kultuurgeskiedenis uiteengesit en in 'n aantal hoofkategorieë verdeel word. Die stelsel is 'n stel riglyne eerder as 'n rigiede raarnwerk en behoort dus toepasbaar te wees op alle kulture in Suid-Afrika sowel as kultuurgroepe en instansies buite die Suid-Afrikaanse konteks. 'n Verskeidenheid brontipes wat in 'n sentrum vir kultuurhistoriese navorsing gevind sou kon word, word geïdentifiseer. Die inhoud van die Sentrum vir Kultuurhistoriese Navorsing aan die Universiteit van Stellenbosch dien as 'n belangrike voorbeeld. Daar word voorgestel dat die brontipes in die bergproses van mekaar geskei word en dat daar 'n kode aan elkeen toegeken word om hulle in die geïntegreerde vindmiddel van mekaar te onderskei. Daar is gevind dat die voorgestelde stelsel op 'n verskeidenheid van maniere in sentrums vir kultuurhistoriese navorsing en verwante instansies toegepas kan word. Dit verskaf aan die navorser 'n beeld van die struktuur en aard van die vakdissipline. Verder kan dit as 'n belangrike stuk navorsingsgereedskap vir die insameling van mondelinge oorlewering en die strukturering van veldwerkprojekte dien. Ander toepassings daarvan sal deur die praktyk blootgelê word.
75

Die aanwending en integrasie van pikturale en geskrewe bronne vir 'n kultuurhistoriese evaluering van geselekteerde temas van die Wellington-omgewing, 1657-1900

Smit, Susanna Elizabeth January 1900 (has links)
Thesis (MA)-- Stellenbosch University, 2001. / ENGLISH ABSTRACT: In this study pictorial Africana are used to sketch a socio-historical image of certain aspects of Wellington (previously known as Waggonmakers Valley) during the period 1657 to 1900. Together with written sources such as letters, diaries and travel diaries, the pictorial sources (in this case paintings, pictures and maps) are considered primary sources. Although the inhabitants of Waggonmakers Valley and later Wellington clearly developed an own identity, Wellington cannot be viewed in isolation. The town and region are placed in the broader context of the Drakenstein Valley and the Western Cape. The establishment and development of the town are placed within the prevalent political and economic climate of that time. Historical highlights of the town's history are given in short. A list of artists, pictorial works and place of conservation where these pictorial works are being conserved was compiled. It was attempted to determine the artists' connection with the Drakenstein Valley, Waggonmakers Valley and Wellington in each discussion. In the discussion of the territory (bodem) the Waggonmakers Valley is placed in the context of the Drakenstein Valley. In this discussion the discovery and settlement of the valley are considered, as well as the naming of the Drakenstein Valley, Waggonmakers Valley and Wellington. The appearance of the valley, mountains, hills, as well as the vegetation, animal life and bird life are discussed. The influence of the Berg River and other rivers on the inhabitants' lives is included in the discussion, as well as relevant folk-tales and popular beliefs. Where applicable, various uses for plants (e.g. medicinal) in these people's daily lives are discussed. In the discussion of the church the following aspects are considered: the beginning of missionary work in the Waggonmakers Valley, the secession of the church and the subsequent establishment of Wellington, as well as some religious aspects such as the "Wederdoper" Sect and the big revival of 1860. Festivals, sports and recreation depict the social activities of the Wellington people up to the end of the nineteenth century. In the discussion of the architecture, aspects such as political, economic and social influences on building style as well as building materials and building methods were taken into account. To illustrate: the opening of the Wellington railway line and the opening of Bainskloof Pass influenced the architecture of the town and region. Influencing factors on the lay-out of the town as well as the meaning of BainskloofPass for Wellington were considered. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Pikturale Africana word in hierdie studie as 'n bron aangewend om 'n kultuurhistoriese beeld met betrekking tot sekere aspekte van Wellington, voorheen bekend as Wagenmakersvallei, gedurende die periode 1657 tot 1900, te skets. Die pikturale bronne is saam met die geskrewe bronne, wat briewe, dagboeke en reisjoernale insluit, as primere bronne beskou. Die pikturale bronne verwys in hierdie geval na skilderye, tekeninge, prente en kaarte. Alhoewel die inwoners van die Wagenmakersvallei en later Wellington duidelik 'n eie identiteit ontwikkel het, kan Wellington nie in isolasie gesien word nie. Die dorp en omgewing word binne die groter geheel van die Drakensteinvallei en Wes-Kaap geplaas. Die ontstaan en groei van die dorp is binne die heersende politieke en ekonomiese klimaat van die tyd geplaas. Historiese hoogtepunte in die dorp se geskiedenis is kortliks aangedui. 'n Lys van kunstenaars en pikturale werke, asook die plek van bewaring van hierdie pikturale bronne, is saamgestel. Daar is gepoog om die kunstenaars se verband met die Drakensteinvallei, Wagenmakersvallei en Wellington in elke bespreking vas te stel. In die bespreking van die bodem word die Wagenmakersvallei binne die konteks van die Drakensteinvallei geplaas. Daar word in die bespreking gekyk na die ontdekking en vestiging van die vallei, sowel as die naamgewing van die Drakensteinvallei, Wagenmakersvallei en Wellington. Die voorkoms van die vallei, berge, heuwels, sowel as die plantegroei, dier- en voellewe word bespreek. Die invloed van die Bergrivier en ander riviere op die lewens van die mense word in die bespreking ingesluit, sowel as relevante volksvertellings en volksgelowe. Die gebruik van plante vir medisinale en ander gebruike in die daaglikse lewe van die mense, is waar toepaslik bespreek. In die bespreking van die kerk is daar gekyk na die ontstaan van sendingwerk in die Wagenmakersvallei, die afstigting van die kerk, die gevolglike ontstaan van Wellington en enkele geestelike aspekte soos die Wederdopersekte en die groot herlewing van 1860. Feesvieringe, sport en ontspanning skets die sosiale bedrywighede van die Wellingtonners tot die einde van die negentiende eeu. Aspekte soos politieke, ekonomiese en maatskaplike invloede wat boustyle beinvloed het, sowel as boumateriaal en -metodes, is in ag geneem in die bespreking van die argitektuur. Ter illustrasie: die opening van die spoorlyn tot by Wellington en die opening van Bainskloofpas het 'n invloed gehad op die argitektuur van die dorp en omgewing. Daar is gekyk na faktore wat die dorpsuitleg beinvloed het, asook die betekenis van Bainskloofpas vir Wellington.
76

Die ontstaan van 'n Westerse militere tradisie aan die Kaap tot 1795

Grobbelaar, Paul Marais 03 1900 (has links)
Thesis (MA)--Stellenbosch University, 1994.
77

Die herkoms en ontwikkeling van die Afrikaanse volksdans

Burden, Matilda 12 1900 (has links)
Proefskrif (MA)-- Stellenbosch University, 1985. / No abstract available
78

'n Genealogiese studie van die Petrus Johannes-tak van die Botes-stam met besondere verwysing na die Weltevrede-plase in die distrik Prins Albert

Botes, Mariana 12 1900 (has links)
Thesis(MA) -- Stellenbosch University, 1988. / No Abstract Available
79

Taal wat stamel, stotter en struikel : Marlene van Niekerk se "Die sneeuslaper" (2010) as mineurletterkunde

Stander, Aletta Sophia 03 1900 (has links)
Thesis (MA)--Stellenbosch University, 2012. / ENGLISH ABSTRACT: The focus of this study will be on the unique way in which language is used in Marlene van Niekerk‟s collection of short stories, Die sneeuslaper (2010). When reading Die sneeuslaper it is impossible not noticing the number of Dutch words, as well as words and phrases from other foreign languages, as Bargoens, Rotwelsch, German, French, Italian, Hebrew, Greek and Maltese. Some of the characters‟ speech, as well as so called sound poems (or nonsense verses) are characterised by a number of newly invented words. However, the meaning of some of these words or phrases remains unclear. Other themes in the four short stories which will be analysed are the so called political responsibility of the artist, as well as music, rhythm and bird-noises. As a theoretical basis of this study, Deleuze and Guattari‟s Kafka Toward a Minor Literature will be used. In Kafka Toward a Minor Literature Deleuze en Guattari formulate their ideas regarding minor literature. They describe a major language as a language of dominance and power, while a minor language is a language without any power. According to them the three characteristics of minor literature are: the minor deterritorializes the major, minor literature is always political, and minor literature always has a collective function. Deleuze and Guattari‟s, as well as Bogue‟s writing regarding the territorialization and deterritorialization of the refrain, is also explored briefly. Deleuze en Guattari‟s theories regarding minor literature is used in this study to read Die sneeuslaper. In the end it is concluded that the unconventional use of language in this short story collection can be associated with the political nature of some of the stories. The unique usage of language in Die sneeuslaper, the way in which Afrikaans is transformed into a language that stammers, stutters and mumbles, can be seen as a subtle form of political protest. Therefore this collection of short stories can be seen as a form of minor literature. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Hierdie studie fokus op die vreemde wyse waarop taal in Marlene van Niekerk se kortverhaalbundel, Die sneeuslaper (2010), aangewend word. Met die lees van Die sneeuslaper is die hoeveelheid Nederlandse woorde, asook enkele woorde en frases uit ander vreemde tale, soos Bargoens, Rotwelsch, Duits, Frans, Italiaans, Hebreeus, Grieks en Maltees, opvallend. Verder is daar in die karakters se spraak, sowel as in klankgedigte (of onsinverse), vele nuutskeppings waarvan die betekenis nie altyd so duidelik blyk nie, teenwoordig. Ander temas wat in die vier verhale figureer en ondersoek sal word is kunstenaarskap, die sogenaamde politieke verantwoordelikheid van die kunstenaar, asook musiek, ritme en voëlgeluide. As teoretiese vertrekpunt vir die studie word Deleuze en Guattari se Kafka Toward a Minor Literature, waarin hul idees oor mineurlettekunde geformuleer word, gebruik. Deleuze en Guattari onderskei tussen ‟n dominante majeurtaal en ‟n mineurtaal wat sonder mag is. Volgens Deleuze en Guattari is daar drie kenmerke van mineurletterkunde, naamlik dat die mineur die majeur deterritorialiseer, dat mineurletterkunde altyd polities is, en laastens dat mineurletterkunde altyd kollektief van aard is. Bykomend word daar ook kortliks gekyk na Deleuze en Guattari, sowel as Bogue, se skrywe oor territorialisering en deterritorialisering in die refrein. Deleuze en Guattari se teorie oor mineurletterkunde word in hierdie studie as ‟n agtergrond gebruik om Die sneeuslaper te lees. Daar word uiteindelik tot die gevolgtrekking gekom dat die onkonvensionele taalgebruik in die kortverhaalbundel wel geassosieer kan word met deterritorialisering en dat dit aansluit by die politieke aard van sommige van die verhale. Die wyse waarop Afrikaans in Die sneeuslaper getransformeer word na ‟n taal wat stamel, stotter en struikel, kan dus as subtiele, politieke protes gesien word en daarom kan dié kortverhaalbundel inderdaad as ‟n vorm van mineurletterkunde beskou word.
80

A skopos-based analysis of Breytenbach’s Titus Andronicus

Green, Benjamin Stephen 03 1900 (has links)
Thesis (MPhil)--Stellenbosch University, 2012. / ENGLISH ABSTRACT: Breyten Breytenbach's Afrikaans translation of William Shakespeare's Titus Andronicus is a little known member of the corpus of Afrikaans Shakespeare plays. Published without annotations in South Africa in 1970 and performed in Cape Town in the same year, it has never been performed again and the text has attracted no academic review or led to any subsequent editions. However, situated in 1970 in the heyday of the Apartheid regime, the play's production broke attendance records in Cape Town and was accompanied by substantial public controversy. In this thesis, the author analyses Breytenbach's translation in order to determine whether the translator had an ideological agenda in performing the translation. The analysis is based on a preliminary discussion of culture and ideology in translation, and then uses the Skopostheorie methodology of Hans J. Vermeer (as developed by Christiane Nord) to assess the translation situation and the target text. The target text has been analysed on both a socio-political and microstructural level. The summary outcome of the analysis is that the translator may possibly have tried to promote an anti-Apartheid ideology by translating the play. The outcome is based on several contextual factors such as the socio-political situation in South Africa in which the translated play was published and performed, the translator's stated opposition to the Apartheid system, the choice of Titus Andronicus for translation and production, and to a lesser extent the level of public controversy that accompanied the target text's production in the theatre. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Breyten Breytenbach se Afrikaanse vertaling van William Shakespeare se Titus Andronicus is 'n min bekende eksemplaar van die versameling Shakespeare toneelstukke in Afrikaans. Dit is sonder enige annotasies in 1970 in Suid-Afrika uitgegee, en is dieselfde jaar in Kaapstad opgevoer. Sedertdien is dit nooit weer opgevoer nie, en die teks het geen akademiese kritiek ontlok nie. Die teks is ook nooit weer herdruk nie. Maar in 1970, tydens die toppunt van die Apartheidregime, het hierdie toneelstuk se opvoering bywoningsrekords oortref en dit is deur aansienlike openbare omstredenheid gekenmerk. In dié tesis ontleed die skrywer Breytenbach se vertaling om te bepaal of die vertaler 'n ideologiese agenda in die vertaling van die toneelstuk gehad het. Die ontleding word op 'n voorlopige bespreking van kultuur en ideologie in die vertaalproses gegrond, en maak dan gebruik van die Skopostheorie van Hans J. Vermeer (soos verwerk deur Christiane Nord) om die omstandighede ten tyde van die vertaalproses sowel as die doelteks self te ontleed. Die doelteks is op sowel sosiaalpolitiese as mikrostrukturele vlak ontleed. Die samevattende uitkoms van die ontleding is dat die vertaler moontlik 'n anti-Apartheid ideologie probeer bevorder het deur hierdie toneelstuk te vertaal. Hierdie uitkoms is gegrond op verskeie samehangende faktore, soos die sosiaalpolitiese omstandighede in Suid-Afrika waarin die toneelstuk uitgegee en opgevoer is, die vertaler se vermelde teenkanting teen die Apartheidstelsel, die keuse van Titus Andronicus vir vertaling en opvoering, en tot 'n mindere mate die vlak van openbare omstredenheid wat gepaard gegaan het met die doelteks se opvoering in die teater.

Page generated in 0.0514 seconds