31 |
’n Ontleding van die die konsep ‘liminaliteit’ soos dit vergestalt word met betrekking tot hoofkarakters in: ’n Ander land deur Karel Schoeman ; Die son kom aan die seekant op deur Jeanette Ferreira ; Lang skaduwees in Afrika deur Connie Luyt en Paul Roux (ongepubliseerd) deur Renée Rautenbach (Afrikaans)Conradie, Renee Elsie 13 July 2011 (has links)
Die doel van die navorsing is om vas te stel of liminale prosesse, drumpeloorgange en transformasie deur die verskuiwing van sosiogeografiese omgewing teweeggebring word. Vir die terreinverkenning van die term liminaliteit word gebruik gemaak van die teorië van antropoloë Arnold van Gennep en Victor Turner en word getoon dat die term liminaliteit al hoe meer vryelik in velde buite die antropologie gebruik word. Die toepasbaarheid van die drie fases (pre-liminaire, liminaire en post-liminaire) van die rites de passage en die heropname in die communitas word met betrekking tot die letterkunde toegelig. Die ondersoek van die konsep liminaliteit word ten opsigte van literêre karakters gedoen aan die hand van die oorsake en dryfvere wat tot liminale prosesse lei, asook die uitwerking van daardie prosesse op die geestelike instelling van die verskillende hoofkarakters in die romans ’n Ander land van Karel Schoeman, Die son kom aan die seekant op van Jeanette Ferreira, Lang skaduwees in Afrika van Connie Luyt en die ongepubliseerde roman Paul Roux van die kandidaat self. Die verskillende elemente (dryfvere, karakterisering, milieus, drumpeloorgange en transformasies) wat tot liminale situasies bydra, word behandel. Daar word tot die gevolgtrekking gekom dat die verskillende elemente dui op die roete wat na die rites de passage toe kan lei. Navorsingsartikels en essays wat die tussenruimtes en oorskryding van grense in verskillende publikasies bespreek, word gebruik om die ondersoek toe te lig. Besprekings van Louise Viljoen (Woordwerk van Breyten Breytenbach), Adéle Nel (Lykdigte en Ruggespraak van Joan Hambidge), Heilna du Plooy (Niggie van Ingrid Winterbach), Dorothea van Zyl (Vaselinetjie van Anoeschka von Meck), Marlies Taljaard (Kleur kom nooit alleen nie van Antjie Krog) is hiervoor aangewend. Daar word ook na ekspat-literatuur soos dié van Laurens van der Post, Breyten Breytenbach en Gérard Rudolf verwys. Dit is ’n vrugbare tegniek om literêre karakters vanuit Van Gennep en Turner se teorieë te ontleed. Soos wat die konsep liminaliteit toenemend gebruik en toegepas word, sal dit ook meer in die literatuur aangewend word, veral in die werk van ekspatskrywers. Wat hierdie bevindings betref, kan ’n mens begin gis oor die Afrikaanse diaspora-letterkunde wat ’n nuwe communitas vir drumpelfigure geskep het. Die gemeenskaplike kreatiewe energie in hierdie liminale sone kan as bewusmaking dien en sodoende verandering teweegbring. ENGLISH : The purpose of the research is to determine whether liminal processes, threshold crossings or transformation can be brought about by the changing of socio-geographical environment. For the exploration of the term liminality the theories of anthropologists Arnold Van Gennep en Victor Turner are used and it is shown that the term is increasingly used in other fields. The applicability of the three phases (preliminaire, liminaire and post-liminaire) of the rites de passage and the reentering of the structural realm, the communitas, is enlightened with the help of literature. The analysis of the concept liminality regarding these literary characters is done by causes and motivations that lead to liminal processes, as well as the effect of those processes on the spiritual/mental inclination of the characters in the novels ’n Ander land by Karel Schoeman, Die son kom aan die seekant op by Jeanette Ferreira, Lang skaduwees in Afrika by Connie Luyt and the candidate’s unpublished novel Paul Roux. Different elements (motivation, characteristics, milieu, thresholds and transformation) that lead to liminal phases, are discussed. It was found that the different elements indicate the route leading to the rites de passage. Applicable essays and articles regarding the liminal phases and transgression of borders in different publications are explored to explain the analysis. Research articles and essays focusing on the phases leading to the rites de passage used for this analysis are those by Louise Viljoen (Woordwerk of Breyten Breytenbach), Adéle Nel (Lykdigte en Ruggespraak of Joan Hambidge), Heilna du Plooy (Niggie by Ingrid Winterbach), Dorothea van Zyl (Vaselinetjie by Anoeschka von Meck) and Marlies Taljaard (Kleur kom nooit alleen nie by Antjie Krog). Reference is also made to the ex-pat literature of Laurens van der Post, Breyten Breytenbach and Gérard Rudolf. Applying Van Gennep and Turner’s theories for the analysis of literary characters is fruitful. As the concept liminality is used and applied increasingly, it will become more relevant in literature, especially in the work of expat writers. Regarding the findings, one can speculate about the ‘diaspora’ literature in Afrikaans that created a new communitas for threshold figures. The communal creative energy in this liminal zone can be effective as to an awakening that can bring about change. / Dissertation (MA)--University of Pretoria, 2010. / Afrikaans / unrestricted
|
32 |
Koloniale en postkoloniale ontmoetings : representasie en identiteit in die romans Eilande (Dan Sleigh) en Pelican Bay (Nelleke Noordervliet)Roux, Marie 12 1900 (has links)
Thesis (MA (Afrikaans and Dutch))—University of Stellenbosch, 2007. / This study investigates the way in which the representation of history and of the
"other" coheres with the construction of the identity of the characters in Eilande
(2002) by Dan Sleigh and Pelican Bay (2002) by Nelleke Noordervliet. Initially the
research contextualises the authors and their novels by means of a short
biographical introduction on the two authors and their different oeuvre’s, as well as
an outline of the reception history of the two chosen postcolonial novels. The
theoretical background which follows, gives a review on postcolonial literature in
general and, more specific, in the Netherlands and South Africa respectively.
Different perspectives on representation of the history and the representation of the
"other" are provided, with specific attention to the relationship between hybridity,
syncretism and identity.
These theoretical insights form the basis for the analysis of the two novels, where
the relationships and differences between these two postcolonial texts are
highlighted. The conclusion is that Eilande and Pelican Bay could be seen as, firstly
postcolonial, as both novels provide criticism on the colonial order in different ways
and, secondly, were published during a period which followed the colonial era.
Hybridity is an important term in this study, with reference to the forming of
identity of some of the prominent characters. The conclusion is that the term
dynamic cultural hybridity could be used in discussions about postcolonial mixed
identities. Although both novels use techniques to give a voice to voiceless marginal
subjects, shortcomings in their portrayal as fully-fledged characters do, however,
exist. Both novels also have as an ultimate objective to prove that it is impossible
to know history and the "other" and that no one truth exists. The motif of islands
which appears frequently in both novels is related to aspects like identity, exile and
alienation. In conclusion it is not only apparent how strongly the different
characters in the novels are formed by their socio-historical contexts, but also from
the approach of the authors in their contemporary criticism on oppressing systems
like the VOC and/or slavery.
|
33 |
Digdebute teen die milleniumwending : 'n polisistemiese ondersoekAdendorff, Elbie Maria 12 1900 (has links)
Thesis (MA (Afrikaans and Dutch))--University of Stellenbosch, 2003. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Die doelstelling met hierdie studie is om die verskyning en ontvangs van Afrikaanse dig-debuutbundels teen die millenniumwending met behulp van die polisisteemteorie te bestudeer. Dié teorie behels dat die literatuur as 'n sisteem tussen ander sisteme in die samelewing beskryf word. In hierdie geval word die sisteemgrens tot die Afrikaanse poësie beperk. Die resepsies van die ses debuutbundels wat in 1999–2000 verskyn het en wat vir die Ingrid Jonker-prys in aanmerking geneem is, word ondersoek.
Binne die polisisteemverband word 'n studie onderneem na die marginalisering van die Afrikaanse poësie; dít terwyl die poësie as sodanig reeds 'n gemarginaliseerde genre is. Dié marginalisering is grootliks die gevolg van ekonomiese oorwegings – hoofstroomuitgewers dink twee maal daaroor voordat hulle 'n digbundel uitgee, veral 'n debuutdigbundel. Terwyl die poësie in die orale vorm toenemend gewild blyk te wees, is daar nie veel publikasie-moontlikhede vir debuutdigters nie. Hierdie toestand gaan veral die opkomende digters nadelig tref.
In hoofstuk 1 word 'n uiteensetting van die studie gegee. Die stand van sake in die Afrikaan-se poësiesisteem teen die millenniumwending word voorlopig beskryf. Die doel van die navorsing, die afbakening van die studie-objek en die hoofstukindeling van die tesis word uiteengesit.
Hoofstuk 2 bied 'n uiteensetting van die polisisteemteorie, wat gegrond is op die werk van die Russiese Formaliste. Verder word aandag bestee aan 'n omskrywing van die poli-sisteem, die struktuur van die polisisteem en die toepassingsmoontlikhede van die teorie.
'n Teoretiese oorsig van kanonisering in die literatuur word in hoofstuk 3 onderneem. In dié hoofstuk word die verskillende definisies van die konsep kanon gegee, die verskillende soorte kanons en die proses van kanonvorming word bespreek. Laastens word die invloede van kanonisering vermeld.
Die Afrikaanse literêre veld is die fokuspunt in hoofstuk 4, waar die poësie as gemargina-liseerde genre, die voorkoms van die Afrikaanse poësieveld, die Ingrid Jonker-prys en die rol van die uitgewer bespreek word. Die vraag na die afwesigheid van die "nuwe stemme" in die letterkunde word ook ondersoek. Die toekoms van die Afrikaanse poësie word verder onder die soeklig geplaas.
In hoofstuk 5 word 'n studie onderneem van die resepsies van die ses debuutbundels van 1999–2000. Die resensent as kritikus en die taak van resensente word eerstens ondersoek. Kwalitatiewe en kwantitatiewe ondersoeke word onderneem ten einde na te gaan welke van die debutante moontlik die kanondrempel kan oorsteek.
In die slothoofstuk, hoofstuk 6, word die bevindinge van die ondersoek saamgevat ten einde die gesprek oor die Afrikaanse poësie verder te voer. Verdere moontlike navorsingsterreine word uitgestippel. / ENGLISH ABSTRACT: The aim of this study is to examine the publication and reception of first volumes of poetry at the end of the twentieth century by means of the polysystem theory. This theory maintains that literature should be considered as a system within other systems in society. In this case the systemic boundary is limited to Afrikaans poetry. The reception of six first volumes of poetry that appeared between 1999 and 2000 and were taken into account for the Ingrid Jonker Prize is investigated.
A study is made of the reception of Afrikaans poetry within the polysystemic context and in the light of the fact that poetry is already a marginalised genre. This marginalisation is largely the result of economic pressures – mainstream publishers think twice before publishing a volume of poetry, especially a first volume. While poetry, particularly oral poetry, seems to be increasingly popular, there are few publishing opportunities for new poets. This situation is going to affect especially upcoming poets negatively.
Chapter 1 gives an outline of the study. The state of affairs in the Afrikaans poetry system at the end of the twentieth century is described briefly. The aim of the research, the delimitation of the field of study, and the organisation of the chapters of the thesis are set out.
Chapter 2 offers an explanation of polysystems theory, which has its foundations in Russian Formalism. The chapter also describes the structure of a polysystem and discusses the possible applications of the theory.
Chapter 3 presents a theoretical overview of the process of canonisation in literature. Different definitions of the concept of the canon are given and the process and effects of canonisation are considered.
Chapter 4 focuses on Afrikaans literature, including discussion of poetry as a marginalised genre, the future of Afrikaans poetry, the Ingrid Jonker Prize, and the role of the publisher. The issue of the absence of "new voices" in literature is also investigated, as well as the future of Afrikaans poetry.
Chapter 5 examines the reception of six first volumes of poetry between 1999 and 2000. The reviewer as literary critic and the function of reviewing are considered first. Qualitative and quantitative studies are undertaken in order to determine which of the first volumes might be incorporated into the canon.
Chapter 6 draws together the findings of the investigation in order to extend the discussion on Afrikaans poetry. Possible areas of research are suggested.
|
34 |
Subjekvorming deur literatuuronderrig aan universiteite in Suid-Afrika sedert 1994 / Gerda DullaartDullaart, Anna Gertruida January 2002 (has links)
Hierdie studie ondersoek die beroepsgeleenthede vir literatuurgraduandi in postapartheid Suid-Afrika.
Die subjekvorming van literatuurstudente en -dosente word ondersoek deur
ideologie-kritiese analises van akademiese en politieke diskoers.
Uit die analises blyk 'n kloof tussen die wêreld van werk en die akademiese ivoortoring, tussen
brood en boeke. Dit blyk dat diskoers uit die beroepswêreld nie die ivoortoring deurdring en die
literêr-akademiese diskoers insemineer nie. Die kloof word toegeskryf aan akademiese
magsverhoudings wat subjekvorming reguleer, en aan die ideologiese prosesse waarmee
literatore gemarginaliseer word in die "regte wêreld".
As 'n eerste stap ondersoek die studie die akademie as 'n kerngesin en pas Luce lrigaray se
feministiese psigoanalise toe op die verhouding tussen dosente en studente. Die gevolgtrekking
is dat literatuurdosente die ekonomiese potensiaal van literatuurgraduandi uitsluit, om so hulle eie
subjek nisse as houers van simboliese kapitaal vol te staan.
Subjekvorming is 'n beweging vanaf die (akademiese) kerngesin in die wyer wêreld in. Daarom
ondersoek die studie in 'n tweede stap hoe literatuurgraduandi se subjekvorming plaasvind in die
drie ideologiese staatsapparate (ISA's) van Althusser (ekonomie, onderwys en politiek). Hieruit
spruit insigte oor identiteitsvorming in die spanningsvelde tussen kapitalisme, postkolonialisme,
neokolonialisasie en globalisasie.
Dit blyk dat literatuurgraduandi goed kan vaar in ruwe nuwe ekonomiese terreine soos
ontwikkelingswerk, omgewingsonderwys, kennisbestuur en elektroniese joernalistiek. Hulle is
egter nie bewus van hierdie beroepsgeleenthede nie, as gevolg van die kloof tussen brood en
boeke. Om die kloof te oorbrug, beveel die studie in 'n derde stap aan dat
literatuuronderrigdoelstellings eksplisiet vertaal moet word tot beroepsvaardighede.
Om literatuurdosente te help om doelstellings te formuleer wat begeerlik is op die arbeidsmark, is
'n interaktiewe rekenaarprogram ontwikkel as deel van die studie. Dit is beskikbaar op die internet
by http://www.smartt.co.za/wizz/wizz.htm
Literatuurdosente kan die kloof ook oorbrug deur studente te bemagtig deur middel van die
dialogiese onderrigmetode, soos ontwikkel deur bevrydinspedagoog Paulo Freire. Verder kan
dosente die magsverhoudings van die akademie dekonstrueer en as radikale dosent onderrig
bied in dissent en diskursiewe vaardighede.
Dissent en diskursiewe vaardighede is ook kosbaar op die arbeidsmark, en aktiveer
literatuurdosente en -studente se vryheid en verantwoordelikheid om hulle eie subjek nisse te
bepaal en etiese plekke in te neem as kritiese en revolusionêre intellektueles. / Thesis (Ph.D. (Applied Language and Literary Studies))--Potchefstroom University for Christian Higher Education, 2002
|
35 |
Subjekvorming deur literatuuronderrig aan universiteite in Suid-Afrika sedert 1994 / Gerda DullaartDullaart, Anna Gertruida January 2002 (has links)
Hierdie studie ondersoek die beroepsgeleenthede vir literatuurgraduandi in postapartheid Suid-Afrika.
Die subjekvorming van literatuurstudente en -dosente word ondersoek deur
ideologie-kritiese analises van akademiese en politieke diskoers.
Uit die analises blyk 'n kloof tussen die wêreld van werk en die akademiese ivoortoring, tussen
brood en boeke. Dit blyk dat diskoers uit die beroepswêreld nie die ivoortoring deurdring en die
literêr-akademiese diskoers insemineer nie. Die kloof word toegeskryf aan akademiese
magsverhoudings wat subjekvorming reguleer, en aan die ideologiese prosesse waarmee
literatore gemarginaliseer word in die "regte wêreld".
As 'n eerste stap ondersoek die studie die akademie as 'n kerngesin en pas Luce lrigaray se
feministiese psigoanalise toe op die verhouding tussen dosente en studente. Die gevolgtrekking
is dat literatuurdosente die ekonomiese potensiaal van literatuurgraduandi uitsluit, om so hulle eie
subjek nisse as houers van simboliese kapitaal vol te staan.
Subjekvorming is 'n beweging vanaf die (akademiese) kerngesin in die wyer wêreld in. Daarom
ondersoek die studie in 'n tweede stap hoe literatuurgraduandi se subjekvorming plaasvind in die
drie ideologiese staatsapparate (ISA's) van Althusser (ekonomie, onderwys en politiek). Hieruit
spruit insigte oor identiteitsvorming in die spanningsvelde tussen kapitalisme, postkolonialisme,
neokolonialisasie en globalisasie.
Dit blyk dat literatuurgraduandi goed kan vaar in ruwe nuwe ekonomiese terreine soos
ontwikkelingswerk, omgewingsonderwys, kennisbestuur en elektroniese joernalistiek. Hulle is
egter nie bewus van hierdie beroepsgeleenthede nie, as gevolg van die kloof tussen brood en
boeke. Om die kloof te oorbrug, beveel die studie in 'n derde stap aan dat
literatuuronderrigdoelstellings eksplisiet vertaal moet word tot beroepsvaardighede.
Om literatuurdosente te help om doelstellings te formuleer wat begeerlik is op die arbeidsmark, is
'n interaktiewe rekenaarprogram ontwikkel as deel van die studie. Dit is beskikbaar op die internet
by http://www.smartt.co.za/wizz/wizz.htm
Literatuurdosente kan die kloof ook oorbrug deur studente te bemagtig deur middel van die
dialogiese onderrigmetode, soos ontwikkel deur bevrydinspedagoog Paulo Freire. Verder kan
dosente die magsverhoudings van die akademie dekonstrueer en as radikale dosent onderrig
bied in dissent en diskursiewe vaardighede.
Dissent en diskursiewe vaardighede is ook kosbaar op die arbeidsmark, en aktiveer
literatuurdosente en -studente se vryheid en verantwoordelikheid om hulle eie subjek nisse te
bepaal en etiese plekke in te neem as kritiese en revolusionêre intellektueles. / Thesis (Ph.D. (Applied Language and Literary Studies))--Potchefstroom University for Christian Higher Education, 2002
|
36 |
Sing, O barren one a study in comparative Midrash /Callaway, Mary. January 1900 (has links)
Thesis (Ph. D.)--Columbia University, 1979. / Includes bibliographical references (p. [143]-156) and index.
|
37 |
Sing, O barren one a study in comparative Midrash /Callaway, Mary. January 1900 (has links)
Thesis (Ph. D.)--Columbia University, 1979. / Includes bibliographical references (p. [143]-156) and index.
|
38 |
Literatuur uit de Lage Landen in Zweedse vertaling tussen 1995-2019 : Cultuuroverdracht tussen twee perifere talenJonsson, Lisbeth January 2021 (has links)
Deze studie betreft boeken uit de Lage Landen in Zweedse vertaling in de periode 1995-2019. Dit is een voorbeeld van literatuuroverdracht tussen twee perifere talen. Een vergelijking met de overdracht van literatuur uit de Lage Landen naar de centrale talen Engels, Duits en Frans is in de focus. Belangrijke vraagstukken zijn de selectie, de overdracht en de receptie. Het Nederlands is in de bestudeerde periode steeds in de top tien lijst van talen waaruit boeken in het Zweeds zijn vertaald, alhoewel de bijdrage steeds minder dan 1% van alle boeken in Zweedse vertaling is. Een derde van de in totaal 137 boeken zijn door negen gevestigde auteurs geschreven. De selectie bevat vele oudere boeken met gevestigde waarden, terwijl nieuwe contemporaine auteurs nauwelijks zijn vertegenwoordigd. De overdracht heeft verschillende patronen voor Nederlandse en Vlaamse schrijvers. Een derde van de boeken verschijnen in het Zweeds zonder eerder in een van de centrale talen te zijn vertaald. Wat betreft de overige boeken zijn de Nederlandse schrijvers meestal eerst in het Duits en de Vlaamse meestal eerst in het Frans vertaald. Nederlandse schrijvers zijn meestal bij grote en Vlaamse meestal bij kleine Zweedse uitgevers gepubliceerd. De receptie wordt in 245 artikelen in de vier grootste Zweedse dagbladen met kwalitatieve en kwantitatieve methodes geanalyseerd. Eerdere studies van de receptie in de centrale talen hebben specifieke kenmerken als typerend voor literatuur in het Nederlands naar voren gebracht. Zulke uitspraken over typische kenmerken werden hier uiterst zelden gevonden. Uit de resultaten blijkt dat de literatuur als kosmopolitisch en niet als vertegenwoordiger van een nationale cultuur wordt behandeld. . / This study considers books translated from Dutch into Swedish in the period 1995-2019. This is an example of culture transfer between two peripheral languages. The comparison with culture transfer from Dutch to the central languages English, German and French is in the focus. Major issues are the selection, the transfer and the reception. In the period studied, Dutch is consistently on the top ten list of languages from which books are translated into Swedish, although contributing less than 1% of the total number of translated books. Titles from nine established authors constitute a third of a total of 137 books translated from Dutch to Swedish. The selection contains many older books of established value, whereas new contemporary writers scarcely are represented. The transfer shows different patterns for Dutch and Flemish authors. About one third of the books appeared in Swedish without earlier translation into the central languages. Considering the other titles, German is most often the first language of translation for titles by Dutch authors and French for Flemish authors. Titles of Dutch authors are most often published by large Swedish publishers and those of Flemish authors most often by small publishers. The reception is studied in 245 articles from the Swedish four largest daily papers using qualitative and quantitative methods. Earlier studies of the reception in the central languages showed that specific characteristics typically were associated with literature in Dutch. This is most rarely found here. The reception studies indicate that the books are considered as cosmopolitan rather than being representative of a national culture.
|
39 |
Literatuur en maatskappykritiek : problematisering van seksualiteit in Tom Lanoye se ̀Monstertrilogie'Joubert, Christiaan Johannes 03 1900 (has links)
This dissertation is a report on how Tom Lanoye, a contemporary Flemish
author who explores themes of social relevance, deconstructs the sexual
identity of his characters within the context of a postmodernist culture. The
manifestation of this deconstruction process is described within those
theoretical paradigms of Michel Foucault and Judith Butler that link sexual
identity and social mores. For the purpose of this research Tom Lanoye‘s
‘Monster’ Trilogy was selected. Set against the backdrop of Belgium society
during the late nineties of the twentieth century and highlighting the moral
downfall of the Deschryver patriarchy, Lanoye’s novels address an assortment
of contemporary gender and social political issues in his trilogy. These include
the following: political corruption; incest; homosexuality; racism; the sexual
abuse of minors; the relation between language and identity, volatile childrenparent
relationships; the subversion of gender norms and sexual
transformation. / In hierdie verhandeling word verslag gedoen van die wyse waarop Tom
Lanoye as hedendaagse eksponent van die Vlaamse versetprosa die seksuele
identiteit van sy karakters binne die konteks van 'n postmodernistiese
verwysingsraam dekonstrueer. Die manifestasie van hierdie
dekonstruksieproses word beskryf binne die teoretiese paradigmas met
betrekking tot die verband tussen seksuele identiteit en maatskappy van
Michel Foucault en Judith Butler. Vir die doel van hierdie ondersoek is
Lanoye se 'Monstertrilogie' geselekteer. Gesitueer teen die agtergrond van die
Belgiese maatskappy in die laat negentigerjare van die twintigste eeu en
gefokus op die morele ondergang van die Deschryver-patriargie, sny Lanoye
se trilogie 'n verskeidenheid van aktuele gender-en sosio-politieke kwessies
aan. Hierdie kwessies sluit in: politieke korrupsie; bloedskande;
homoseksualiteit, rassisme; die seksuele misbruik van minderjariges; die
verhouding tussen taal en identiteit; onbestendige ouer-kind-verhoudings; die
ondermyning van gendernorme en die kwessie van seksuele transformasie. / Afrikaans & Theory of Literature / M.A. (Afrikaans)
|
40 |
Implementering van die Transvaalse onderwysdepartement se senior primêre klasmusieksillabus vanaf 1978 tot 1992 / The implementation of the Transvaal education department's senior primary class music syllabus from 1978 to 1992Kok, Cornelia 11 1900 (has links)
Text in Afrikaans / Summaries in Afrikaans and English / The supposition exists that the Transvaal Education Department's Senior Primary Class Music syllabus is not being implemented in all aspects and that this is connected to teacher training. An empirical investigation was launched using three questionnaires and a classroom field study. Two questionnaires, completed by Class Music teachers, were used to assess to what extent the school syllabus was being followed. Teachers also had to provide information about their training in Class Music teaching.
The third questionnaire offered a structured interview with school principals. The actualisation of Class Music, extra curricular music activities, the role of the teacher and teacher training were examined. Lessons for standard two pupils at twenty schools, were presented for an in-depth investigation. The results were tabulated, summarised in bar graphs and interpretations rendered. According to the
findings, recommendations with regard to curriculum, the implementation of the syllabus, and tertiary Class Music training were made. / Daar is vermoed dat die seniorprimere Klasmusieksillabus van die Transvaalse Onderwysdepartement gedeeltelik gelmplementeer word en dat df t verband hou met onderwysersopleiding. In die lig hiervan is 'n empiriese ondersoek geloods deur middel van drie vraelyste en deur veldwerk. In die twee vraelyste wat deur Klasmusiekonderwysers voltooi is, is nagevors in watter mate die
skoolsillabus gelmplementeer word. Verder het die onderwysers hulle Klasmusiekopleiding in hierdie verband aangetoon.
Die derde vraelys vorm die raamwerk vir 'n gestruktureerde onderhoud met skoolhoofde. Die realisering van Klasmusiek, buite-kurrikulere musiekaktiwiteit en die rol van die onderwyser en
onderwysopleiding is nagegaan. In 'n diepte-ondersoek is lesse by twintig skole vir standerdtweeleerlinge aangebied.
Die resultate word in tabelle uiteengesit en in staafdiagramme saamgevat, terwyl waarnemings weergegee word. Op grondhiervan word aanbevelings gemaak oor kurrikulering, sillabusimplementering
en tersiere Klasmusiekopleiding. / Art History, Visual Arts & Musicology / M.Mus
|
Page generated in 0.1107 seconds