1 |
Nimsiede en sosiale transformasie : ’n histories-kritiese en affektiewe studie van Psalm 15 / The Nimsides and social transformation : a historical-critical and affective study of Psalm 15)De Lange, Daniel Petrus 11 1900 (has links)
Text in Afrikaans / Die Nimsiede het gedurende die laat 9de en vroeë 8ste eeue oor Israel geregeer. Psalm 15 is waarskynlik gedurende die 8ste eeu, tydens die regering van koning Jerobeam II geskryf. ’n Mondelinge tradisie het in die tyd van die Omriede ontstaan en is gedurende die Nimsiede-periode voortgesit . Psalm 15 reflekteer iets van die sosio-ekonomiese konteks van hierdie tydperk. ’n Analise word gedoen om ’n moontlike verbinding met die regering van die Nimsiede te bevestig. ’n Analise word ook gedoen van die emosies wat in die psalm uitdrukking vind. / Old Testament and Ancient Near Eastern Studies / M. Th. (Old Testament)
|
2 |
Die effektiwiteit van poppeteater in Kenia as sosiale ingrypingsmiddel ten opsigte van tradisie-verwante problemeOosthuizen, Johandrie 03 1900 (has links)
Thesis (MDram (Drama))--Stellenbosch University, 2009. / ENGLISH ABSTRACT: Kenyan culture is deeply rooted in tradition. Many problems arise from the traditional role
and conceptions of the Kenyan woman. These include female genital mutilation, polygamy
and lack of scholastic education. A definite correlation can be found between the problem of
HIV/AIDS and other sexually transmitted infections and certain social traditions as well as the
unscripted prohibition of open conversations about sex and death.
Kenya does not have an indigenous tradition of puppetry, and Community Health and
Awareness Puppeteers (CHAPS) have committed themselves to developing interactive
puppetry to address these tradition- orientated social problems.
Puppetry makes use of three sign systems, namely sound, design and movement. This sign
systems, together with the imagination of the audience, brings life to a lifeless object and
serves as a meaningful vehicle of communication. CHAPS use the inherent qualities of the
puppet. The puppet’s symbolic and double nature demeanor gives this art form exceptional
freedom of speech, which makes it possible discuss sensitive issues. The visual nature of
puppetry and general principals such as exaggeration and simplification make it possible to
convey a message to people irrespective of their literacy level. The absence of television in
rural and impoverished areas in Kenya ensures that people from any age group relate to
puppetry as a visual art form. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Kenia is ‘n baie tradisievaste land. Uit veral die tradisionele posisie van die vrou spruit ‘n
aantal sosiale probleme, onder andere vroulike geslagsskending, poligamie en gebrekkige
skolastiese opvoeding. Die problematiek rondom MIV/VIGS en oordraaglke geslagssiektes
hou verband met sekere tradisionele sosiale gebruike en die ongeskrewe verbod om oor seks
en dood te praat.
Kenia het nie ‘n inheemse poppeteatertradisie nie en Community Health and Awareness
Puppeteers (CHAPS) beywer hulle daarvoor om poppeteater in Kenia te bevorder en
bogenoemde tradisie-verwante sosiale probleme deur middel van interaktiewe poppeteater aan
te spreek.
Poppeteater maak van drie tekensisteme gebruik, naamlik klank, ontwerp en beweging.
Hierdie tekens, tesame met die gehoor se verbeelding, gee ‘n verbeelde lewe aan die
toneelpop as ‘n lewelose voorwerp en dien as betekenisdraende kommunikasiemiddele.
CHAPS benut die inherente eienskappe van die toneelpop. Die toneelpop se simboliese en
dubbele aard gee aan die kunsvorm ‘n uitsonderlike vryheid van spraak wat dit moontlik
maak om oor sensitiewe kwessies te praat. Die visuele aard van die poppeteater en
spelbeginsels soos oordrywing en vereenvoudiging maak die kunsvorm toeganklik vir mense
van enige geletterdheidsvlak. In die afwesigheid van televisie in die landelike en armoedige
stedelike gebiede in Kenia, vind poppeteater as nuwigheid en visueelgerigte kunsvorm
aanklank by enige ouderdomsgroep.
|
3 |
Geloofsvorming in tradisioneel Afrikaans-christelike skole : 'n prakties-teologiese evaluering van die rol van onderwysers, Jeugwerkers en liturgiese elemente teenwoordig in die skoolkonteksVan der Merwe, Gert Jacobus Petrus Johannes January 2013 (has links)
In hierdie studie word aandag gegee aan die invloed wat onderwysers, jeugwerkers en
Liturgiese elemente teenwoordig in die skoolkonteks, op die geloofsvorming van
kinders in Tradisioneel Afrikaans-Christelike skole uitoefen.
Die kerk staan voor krisis wat vir jare reeds aan die kom is. Die kerk is nie meer die
middelpunt van die samelewing nie en mense sien nie meer die kerk as noodsaaklike
sosiale en geestelike bemiddelaar nie. Dit het tot gevolg dat al hoe minder mense kerk
toe gaan met potensieël katastrofiese gevolge. Die kerk kan egter nie op sy louere rus
nie, want ons het opdrag om die goeie nuus aan almal te verkondig om sodoende
die Koninkryk van God te laat kom in mense se lewens en in die samelewing.
Geloofsvorming vind tradisioneel plaas binne die veilige ruimte van die ouerhuis. Die
realiteit is dat vele kinders nie meer geloofswaarhede by hul ouers leer nie en ook nie
aan voorbeeldige Christelike lewenswyse blootgestel word nie.
Om die leemte aan te spreek, behoort die kerk in vennootskap met die skool te staan
om kinders bloot te stel aan konteks wat geloofvorming bevorder en fasiliteer. Die
skoolkonteks bied geleentheid vir die kerk om kinders in hul vormingsjare te bereik,
wat die beste tyd is om lewensveranderende lewenswater aan hulle te bring. Kinders
het eksistensiële behoefte daaraan om blootstelling aan geloofsvormende stimuli te
ontvang. Skoolkonteks, waarin voorbeeldige volwassenes en doeltreffende
liturgiese elemente teenwoordig is, blyk van groot waarde te wees om die behoefte
van kinders aan te spreek en die geleentheid vir kerk en samelewing te bied om
noemenswaardige positiewe impak op die individu en die samelewing as geheel te
voltrek. / Dissertation (MTh)--University of Pretoria, 2013. / gm2014 / Practical Theology / unrestricted
|
4 |
A contextual history of South African ceramics of the twentieth and twenty-first centuries / Kontekstuele geskiedenis van Suid-Afrikaanse keramiekkuns van die twintigste en een-en-twintigste eeu / Isizinda somlando weseramiki kwikhulu leminyaka lamashumi amabili kanye namashumi amabili nanye eNingizimu AfrikaWatt, Ronald 08 1900 (has links)
Text in English with summaries and keywords in English, Afrikaans and Zulu / Presented in two volumes. Volume 2 contains colour photographs / Bibliography: (volume 1: leaves 181-219) / The history of South African ceramics of the twentieth and twenty-first centuries
tends to be presented in a compartmentalised manner in that it focuses on the
leading exponents within genres and is limited to an investigation of the contexts
that have an immediate bearing on their oeuvres. The result is a fragmented (and
sometimes biased) view of the role players, circumstances, influences and
incentives that have come to define South African ceramics.
The thesis introduces key contributors who have hitherto been considered in
relation to crafts and fine art but whose work with ceramic materials places them
firmly within the ambit of South African ceramics. It also positions and evaluates
the roles of the formal and informal twentieth-century educational and training
agencies that, within the constraints of imposed political dogma, produced
ceramists who successfully challenged staid Western aesthetics. Particular
attention is given to how the black “traditional potters” exercised agency in
negotiating a contemporary (as opposed to an ethnographic) presence in which
they referenced the forms, meanings and values of “traditional pottery” to meet
the expectations of the collector’s market.
The thesis posits that the ceramists’ quest to claim an identity (or an
“indigeneity”) in the turbulent political era of the later twentieth century has
parallels with the intent and outcomes of African Modernism. African
Modernism, which arose in postcolonial countries, sought to challenge Western
binaries of art, craft, identity and presence and typically made use of hybridity to
that end. The same presence of hybridity is evident in twentieth-century South
African ceramics, which must be read as an engagement with a multi-cultural
society within which the ceramists sought to position themselves. The thesis
illustrates the progression of hybrid features from an initially crude and superficial
referencing of indigenous and African material culture to subjective translations
of that culture that are presented in innovative approaches. This theme is further
explored in relation to South African ceramics of the twenty-first century, and
evidence suggests that some of the ceramists’ oeuvres can now be considered
transcultural and even transnational.
The thesis, which is by its nature an enquiry that presents new or reassessed
evidence is neither a fully inclusive nor an absolutist revision of the history of
ceramics. / Die geskiedenis van Suid-Afrikaanse keramiekkuns van die twintigste en een-entwintigste eeu is geneig om op ʼn onderverdeelde wyse voorgehou te word, omdat
dit op die hoofeksponente in genres fokus en beperk is tot ʼn ondersoek na die
kontekste wat ʼn direkte uitwerking op hul oeuvres het. Die resultaat is ʼn
gefragmenteerde (en soms bevooroordeelde) beskouing van die rolspelers,
omstandighede, invloede en aansporings wat Suid-Afrikaanse keramiekkuns
definieer.
Die tesis stel sleutelbydraers bekend wat tot dusver met handwerk en beeldende
kuns verbind is, maar wie se werk met keramiekmateriale hulle sonder twyfel
binne die sfeer van Suid-Afrikaanse keramiekkuns plaas. Daarbenewens
posisioneer en evalueer die tesis die rolle van die formele en informele twintigsteeeuse opvoeding- en opleidingsagentskappe wat, binne die beperkings van
voorgeskrewe politieke dogma, keramiste opgelewer het wat oninspirerende
Westerse estetika suksesvol betwis het. Aandag word veral geskenk aan hoe die
swart “tradisionele pottebakkers” bemiddeling uitgeoefen het in die
verwesenliking van ʼn kontemporêre (teenoor ʼn etnografiese) teenwoordigheid
waarin hulle verwys het na die vorme, betekenisse en waardes van “tradisionele
pottebakkery” om aan die verwagtinge van die versamelaarsmark te voldoen.
Die tesis voer aan dat daar parallelle bestaan tussen die keramis se soeke om op ʼn
(inheemse) identiteit te kan aanspraak maak in die onstuimige politieke era van
die latere twintigste eeu, en die oogmerke en uitkomste van Afrika-modernisme.
Afrika-modernisme het in na-koloniale lande ontstaan en het beoog om Westerse
binêre pare van kuns, handwerk, identiteit en teenwoordigheid te betwis; om hierdie doel te bereik is hibridisme gewoonlik gebruik. Dieselfde teenwoordigheid
van hibridisme kan gesien word in Suid-Afrikaanse keramiekkuns van die
twintigste eeu, wat beskou moet word as ʼn gemoeidheid met ʼn multikulturele
samelewing waarin die keramiste hulself probeer posisioneer. Die tesis illustreer
die vooruitgang van hibriede eienskappe, van ʼn aanvanklik onafgewerkte en
oppervlakkige verwysing na inheemse en Afrika- materiële kultuur, na
subjektiewe interpretasies van daardie kultuur wat in innoverende benaderings
voorgehou word. Hierdie tema word verder ondersoek in verband met SuidAfrikaanse keramiekkuns van die een-en-twintigste eeu, en bewyse dui daarop dat
sommige van die keramiste se oeuvres nou as transkultureel en selfs as
transnasionaal beskou kan word.
Die tesis, wat in wese ʼn ondersoek is wat nuwe of hersiende bewyse voorhou, is
nóg ʼn ten volle inklusiewe nóg ʼn absolutistiese hersiening van die geskiedenis
van keramiekkuns. / Umlando weseramiki yaseNingizimu Afrika kwikhulu leminyaka lamashumi
amabili namashumi amabili nanye uvamise ukwethulwa ngendlela ehlukaniswe
ngezigaba ngokuthi igxile phezu kwezingcweti ezihola phambili ngaphakathi
komkhakha wezinhlobo kanti lokhu kugxile kuphela kuphenyo lwezizinda
ezinomthintela osheshayo phezu kwemisebenzi yonke yalezo zingcweti.
Umphumela ukhombisa umbono owehlukene (kanti ngesinye isikhathi umbono
owencike kwingxenye eyodwa) wabadlalindima, wezimo, wemithelela kanye
neziphembeleli ezichaza iseramiki eNingizimu Afrika.
Ithesisi yethula abagaleli abasemqoka ukufika manje okudala benakiwe mayelana
nemisebenzi yobuciko kanye nemisetshenzana yobuciko obuncane kodwa
imisebenzi yayo yomatheriyali weseramiki ibabeka ngaphakathi komkhakha
wezeseramiki eNingizimu Afrika. Lokhu kuphinde futhi kuhlole izindima
zezinhlaka zemfundo nezoqeqesho ezihlelekile nezingahlelekile, lezo
ngaphaklathi kwezihibhe zohlelo olumatasa lwepolitiki, lukhiqize osolwazi
bezeseramiki abaphonsele inselele ngempumelelo osolwazi bezobuhle
beNtshonalanga. Kugxilwe kakhulu kwindlela ababumbi bendabuko abamnyama
“traditional potters” abasebenzisa ngayo ubummeli uma bexoxisana ukubonakala
emsebenzini wesikhathi samanje (njengoba lokhu kuphambene ne-ethinigrafi)
lapho baye bariferensa izindlela, izincazelo kanye nezinga lobugugu bobuciko
bendabuko bokubumba ukufeza izinhloso ezilindelwe zemakethe yabaqoqi
bomsebenzi wobuciko.
Ithesisi iyasho ukuthi impokophelo yosolwazi bezeseramiki yokuzitholela uphawu oluchaza ubunjalo babo (or an “indigeneity”) esikhathini esibucayi sezepolitiki
sekhulu leminyaka yamashumi amabili inezimpawu ezifanayo ngenhloso kanye
nemiphumela yohlelo lwesimanjemanje sase-Afrika African Modernism. Uhlelo
lwe-African Modernism, oluqhamuka kumazwe avele ngemuva kombuso
wobukoloni, luphonsela inselele yezinhlelo zobuciko, yesithombe sobuciko kanye
nobukhona bobuciko kanti ikakhulukazi bukhandwe ngobuciko bokuhlanganisa
izinhlobo (hybridity) ezahlukile. Ubukhona bohlelo lokusebenzisa izinhlaka
ezahlukile lwe-hybridity lubonakala kwimisebenzi yeseramiki yesenshuwari
yamashumi amabili yaseNingizimu Afrika, okufanele ifundwe njengomsebenzi
ohlanganiswe ndawonye nomphakathi wamasiko amaningi, kanti ngalo msebenzi
ababumbi beseramiki bafuna ukuziphakamisa ngawo. Ithesisi ikhombisa
intuthuko yezimpawu wumsebenzi oyingxubevange (hybrid) ovela kwindlela
yokureferensa eluhlaza neyobuciko bamaqhinga bosiko lwendabuko lomatheriyeli
wase-Afrika ukuphawula ngemisebenzi ehunyushiwe yalolo siko eyethulwe
ngezindlela ezinamaqhinga amasha. Lesi sihloko siqhubekela phambili
nokuhlolwa mayelana nohlelo lweseramiki eNingizimu Afrika kwisenshuwari
yamashumi amabili, kanti ubufakazi buyasho ukuthi eminye imisebenzi yosolwazi
bobuciko beseramiki ingathathwa njengemisebenzi ekhombisa ukushintsha
amasiko kanye nokushintsha kwesizwe.
Ithesisi, ngokwemvelo yayo ingumbuzo owethula ubufakazi obusha noma
ubufakazi obubuyekeziwe, le thesis ayiwona umsebenzi oxuba konke futhi
ayikona ukubuyekezwa kwangempela komlando weseramiki. / Art History, Visual Arts and Musicology / D. Phil. (Art)
|
5 |
Uberwindung der Milieufixierung in Freien evangelischen Gemeinden in Deutschland: ein vergleich aktueller ekklesiologischer Entwurfe / Breaking through the fixation of the social milieu of free evangelical churches in Germany: a comparison of current ecclesiological modelsEndlich, Markus January 2020 (has links)
Text in German with summaries in German, English and Afrikaans / Bibliography (pages 133-140) / Die vorliegende Arbeit beschäftigt sich mit der Milieufixierung der Gemeinden des Bundes Freier
evangelischer Gemeinden in Deutschland, ihren möglichen inneren und äußeren Ursachen und deren
Überwindung durch aktuelle oikodomische Entwürfe. Dazu werden zunächst die Auswirkungen der
Milieufixierung anhand der Mitgliederentwicklung und des eingeschränkten Konversionswachstums
sowie des Stagnierens und Eingehens von Gemeinden nachgezeichnet. In einem zweiten Schritt
werden mögliche Ursachen anhand der Geschichte und der spezifischen Ekklesiologie und
Organisationsstruktur Freier evangelischer Gemeinden diskutiert und die sozialen Veränderungen
innerhalb der bundesdeutschen Gesellschaft der letzten Jahrzehnte, insbesondere die Herausbildung
von Milieus, aufgezeigt. Der Hauptteil der Arbeit besteht in der systematischen Analyse und dem
Vergleich von fünf oikodomischen Modellen, die innerhalb des Bundes Freier evangelischer
Gemeinden Anwendung finden. Verglichen wird hier insbesondere die milieuüberwindende Potenz
dieser Entwürfe. Abschließend werden in Form von sechs Thesen mögliche hilfreiche
Schlussfolgerungen für den praktischen Gemeindebau im Bund Freier evangelischer Gemeinden
gezogen. / The study discusses the milieu fixation found in the Free Evangelical Churches in Germany, the
potential internal and external causes of it and asks how milieu fixation might be overcome by current
oikodomic strategies. The effects of milieu fixation are evaluated by looking at membership
development, slow congregation growth owing to lower levels of conversion, and the reasons for
stagnation and decline in congregations. Thereafter the history of specific ecclesiological and
organisational structures of Free Evangelical congregations (FeG), as well as the social changes in
German society in recent decades, are examined and analysed. A specific focus is placed on
identifying possible causes leading to the formation of milieus. The main part of the study consists of
a systematic analysis and comparison of five oikodomic models applied in the Federation FeG,
together with a comparison of potential models for reversing milieu fixation. Finally, six propositions
are laid out to draw a possible conclusion for practically building up the church in the Federation of
Free Evangelical Churches. / Hierdie studie bespreek milieufiksasie wat in die Vrye Evangeliese Kerke in Duitsland aangetref word,
die potensiële interne en eksterne oorsake daarvan, en hoe milieufiksasie deur huidige oikodomiese
strategieë te bowe gekom kan word. Eerstens word die uitwerking van milieufiksasie geëvalueer deur
na lidmaatskapontwikkeling, lae gemeentegroei as gevolg van bekering, en redes vir stagnasie en
afname in gemeentes te kyk. Daarna word die geskiedenis van spesifieke ekklesiologiese en
organisatoriese strukture van Vrye Evangeliese gemeentes (VeG) en die maatskaplike veranderinge
in die Duitse samelewing in onlangse dekades bestudeer en ontleed. ’n Spesifieke fokus word geplaas
op die identifisering van moontlike oorsake wat tot die vorming van milieus aanleiding kon gegee
het. Die belangrikste deel van die studie bestaan uit ’n sistematiese ontleding en vergelyking van vyf
oikodomiese modelle wat in die Federasie van VeG toegepas word, ’n vergelyking van potensiële
modelle om milieufiksasie om te keer. Ten slotte word ses stellings ontleed om tot ’n moontlike
gevolgtrekking vir praktiese kerkbou in die Federasie van Vrye Evangeliese Kerke te kom. / Philosophy, Practical and Systematic Theology / M. Th. (Practical Theology)
|
Page generated in 0.0547 seconds